Verrigtinge van die eerste sessie van die derde Owambo Wetgewende Raad 13 Mei — 9 Junie 1975


116 96 9MB

Afrikaans Pages [302] Year 1975

Report DMCA / Copyright

DOWNLOAD PDF FILE

Table of contents :
Front Cover
Notule van verrigtinge
MEI 1975:
Verslag deur Hoofminister in verband met
MEI 1975:
MEI 1975:
Begrotingspos van Departement van die Hoof-
MEI 1975:
MEI 1975:
37
39
MEI 1975:
Mosie ter wysiging van Grondwetproklamasie
MEI 1975:
99
Begrotingsrede van Minister van Ekonomiese
Derde lesing van Owambo Begrotingswetsontwerp
Recommend Papers

Verrigtinge van die eerste sessie van die derde Owambo Wetgewende Raad 13 Mei — 9 Junie 1975

  • 0 0 0
  • Like this paper and download? You can publish your own PDF file online for free in a few minutes! Sign Up
File loading please wait...
Citation preview

Swin PG 14 OWAMBO WETGEWENDE RAAD

VERRIGTINGE

WAN

YA

van die NDONG

EERSTE SESSIE MB

MBAL UN

van die

UUDHI DERDE OWAMBO WETGEWENDE RAAD

PNKA

DH

13 Mei

9 Junie 1975

Ongwediva

LIBRARKE YO

THE VER307

CALIFOR OF

OF CALIFOR

THE UBRARYOF

ANGELES OS,

LOF - IBRARY E

UNIVERS THE

LIFORN

R

301

55

UNIVERS THEA

CALIFOR OF

THEUNIVERS//

THEUNIVERSITE

ANGELES LOS CALIFOR OF

THE-LIBRARYOF

LOS ANGELES

MEUBRARYO

ORCALES

YRI OF HERRARY

THE RSIZ UNIVE ANGELES LOS

UNIVERSI THE

OF LIBRARY SHE

ANGELE S S NIO ANGELES JOS

THE UNIVE .// RS 2 UNIVERSIT THE

ALIFORN

LOS ANGELES

R

A CALIFOR OF

CALIFGRA OF

OF LIBRARY HE

UBRARY OF

G CARFORA OF

AE-LIBRARY O NOFCALIFORNIA

UNIVERM HE

過 CALIFORN OF

··LIBRARYOF

THE R

ANGELES COS

THE UNIVER

UNIVERS THE //

LIBRARY OF HE H

OFI CALIFORN

LIBRARY ANGELES SALOS SHE!

LIBRARY HE

CALIFOUF RN

OF THE LIBRARY

-CALOF IFORNEY

THEY UNIVERSIT டி

ANGELES

CALIFOF OR

LOS ANGELES

LIBRARY OF HE-

OF-CAL LFORNLY

THE SHENING

R IFOE CALSD

A CALIFOR OF

ANGELES LOS,

UNIVERSIT THE

SHE UNIVERSI

LIBRARY OF HE

ANGELES LOS

55

THE UNIVERSIT

LIBRARYOF EHE TH

OFA CALIFORNI R

LIBRARY OF

CHE UNIVE ANR

1

OF CALIFORA

LOS ANGEL ES,

CAUFORAZ SOF -

SALOS ANGELE

THE UNIVERS

UBRARYO

,ANGLI AGS ES

GELES,

UN HE

GELES

UNIVERSI THE

OF CALIFORA

HA-LOSANGELES/

THE UNIVERSITY

NOF CALIFORN

CAUR

THE UNIVERSITY

LOF CALIFORN

THE UNIVERSITY -LIBRARYOF

THEUNIVERSA

THE LIBRARYGA HALOS ANGELES)

THEUNIVERSI

} }}។



THE UNIVERSI

CALIFORN

LIBRARYO

OF RY LIBRA THE

UNIVERSITY THE

OF CALIFORNI

UNIVERSA THE

OF CALIFORA

C.-F O YALIFORNIA

HE LIBRARYOF

THE LIBRARYOF

LIBRARYO

LIBRARY

HE LIBRARYOF

THE UNIVERS/

LOS ANGELES

THE UNIVERS//

A∙ NCELES

LOS ANGELES

THE LIBRARYOF

LOS ANGELES

CFLES

THE UNIVERSITY

LOSA

THELIBRARYOF

THE UNIVERSI TY

THE UNIVERSIT

LOS ANGELES

OF CALIFORN

PR

CALIFOOF RN

THE UNIVERSITY

UNIVERSI THE

RE-LIBRARYOF

LAN AOSGELES

ANGELES LOS

LOS ANGELES ANGELES LOS

THE UNIVERSIT

OF CALIFORN

TR

THEUBRARYOF

HE-LIBRARYOF LIG

LOS ANGELEST

H

OF CALIFORNS

THE UNIVERSIT

THE UNIVERSITY

CALIFORN OF

H

-LIBRARY OF

THE LIBRARYOF

ANGELES LOS

THE LIBRARYOF

THE UNIVERSITY

LOS ANGELES

THE UNIVERSITY

LIBRARY HE OF

THE UNIVERSITY

CALIFORNOF IA

THE OF LIBRARY

911

THE // UNIVERS E-LIBRARYO

CALIFORNIA

BRARY OF LOS ANGELES

THEVERSITYUNI

&∙LOS ANGELES OF CALIFORN

OF CALIFORM

ANGE LOS L

OF CALIFORNIA

THE UNIVERSI TY

LOS ANGELES

THE UNIVERSITY

LOS ANGELES

OF CALIFORN

HE LIBRARYOF

HE LIBRARYOF

THEUNIVERSITY

OF CALIFOR

THE UNIVERS

LOS ANGELES

∙LOS ANGELESTI

ANGELES LOS

THE LIBRARYOF

HE LIBRARYOF THE UNIVERSITY

THE LIBRARYOF

H

UNIVE THE

LOS ANGELES

THE UNIVERSI

THE LIBRARYOF

OR CALIFOF

THE LIBRARYOF

CALIFORA

JR

LOS ANGELES,

OF LIBRARY HE

HE-LIBRARYOF THE UNIVERSIT

LOSA



UBR OF ARY

OF CALIFORM

OF CALIFORN

CALIFOR OFN

OF CALIFORNIA

THE UNIVERSIT

UF CALIFORNI

HE LIBRARYOF

THE UNIVERSITY

55

पु

OFI CALIFORN

•LOS ANGELES,

THE UNIVERSI

S

THE UNIVERSITY

-OF-CALIFORN LOS

HE LIBRARYOF

R

LOS ANGELES,

LIBRARY THE OF

CALIFOFRNLY∙. O

THE UNIVERSIT

∙ LOS ANGELES,

NGELTHESE



THEUNIVERSITY

OF HE LIBRARY

OF CALIFORNIA

ANG LOSE

OF CALIFORNIA

COAFL∙

55

5

THE RSITY UNIVE

HR

PAY IL LOCA

.ANG KVOC

OF CALIFOR COL CATH

10

O WA MBO

01

WETGEWENDE

245

RAAD

VERRIGTINGE VAN DIE

EERSTE

SESSIE

VAN

DIE

DERDE

OWAMBO

‫܂ܢ‬

13

MEI

WETGEWENDE

1975

-•

9

RAAD

( 7/ JUNIE 1975

ONGWE DIVA

76881

Ө 1975 Max

INHOUD TOT VERRIGTINGE .

BLADSY . Ledelys .... Notule van verrigtinge

1

-

2

3

-

9

DINSDAG 13 MEI 1975 :

Opening ....

10

Eedaflegging deur nuwe lede

10 10 · 11 · 13

Aankondigings deur Hoofminister Aanwysing van Komitees

10

Mosie nr.1 word bespreek en aanvaar

11

Verslag van Kontroleur en Ouditeur-generaal word ter tafel gelê ..

13

Owambo-begrotingswetsontwerp 1975/76 word ter tafel gelê ...

13

Wysigingswetsontwerp op betaling van voorregte van lede van die Wetgewende Raad word ter tafel gelê ..

14

Wysigingswetsontwerp op betaling en voorregte van die Wetgewende Raad word bespreek •

14

·

15

WOENSDAG 14 MEI 1975 :

16

Notules van 28/2/75 en 13/5/75 word aanvaar ...

ཚད

Derde lesing van wysigingswetsontwerp op betaling en voorregte van lede van die Wetgewende Raad ...

16 18

·

18

·

23

23

-

29

29

-

36

Aankondigings deur Hoofminister

37

1

Begrotingswetsontwerp 1975/76 word voortgesit , begrotingspos nr.1 word aanvaar ....

39

-

Begrotingsrede van Hoofminister vir 1975/76 .. Begrotingswetsontwerp 1975/76 word bespreek ...

Begrotingspos van Departement van die Hoofminister en Finansies word bespreek

377

DONDERDAG 15 MEI 1975 : Notule van 14/5/75 word aanvaar

·

58

99

Begrotingspos nr.6 word bespreek

58 55

41

VRYDAG 16 MEI 1975 : Notule van 15/5/75 word aanvaar

41 41

Kabinetsverteenwoordigers word voorgestel Begrotingspos nr.6 word bespreek

38

59

-

66

-

74

-

59

65

MAANDAG 19 MEI 1975 :

66

Notule van 16/5/75 word aanvaar

ཁ་

Begrotingspos nr.6 word aanvaar .. Begrotingspos nr.4 word bespreek

74 86

( ii )

BLADSY . DINSDAG 20 MEI 1975 : Notule van 19/5/75 word aanvaar Begrotingspos 4 word aanvaar Begrotingspos 7 word bespreek

86 87

100

87

100

- 108

WOENSDAG 21 MEI 1975 : Notule van 20/5/75 word aanvaar Begrotingspos 7 word bespreek Aankondigings deur Hoofminister ... Begrotingspos nr.7 word voortgesit

108 108 - 118 118 - 120 120 - 130

DONDERDAG 22 MEI 1975 :

Begrotingspos 7 word bespreek en aanvaar

131 131 - 134

Begrotingspos 2 word bespreek

134

153

153

- 164

Notule van 21/5/75 word aanvaar

VRYDAG 23 MEI 1975 : Mosie nr.3 word bespreek en aanvaar MAANDAG 26 MEI 1975 : Notules van 22 en 23 Mei word aanvaar Mosie ter wysiging van Grondwetproklamasie word bespreek en aanvaar Begrotingspos 2 word bespreek Mosie van die Hoofminister dat Raad verdaag .

164

165

166

166

- 185

185

WOENSDAG 28 MEI 1975 :

Notule van 26 Mei word aanvaar

186

Departement van Binnelandse Sake word bespreek en aanvaar

186

Wysiging van Ordelys Begrotingsrede van die Minister van Werke ....

192 192 - 203

192

DONDERDAG 29 MEI 1975 :

203

Notule van 28 Mei 1975 word aanvaar

Begrotingsrede van Minister van Ekonomiese Sake word bespreek VRYDAG

204

- 225

30 MEI 1975 :

Notule van 29 Mei word aanvaar Begrotingspos van Ekonomiese Sake word bespreek

225 226

235

235

- 236

MAANDAG 2 JUNIE 1975 : Notule van 30 Mei word gelees en aanvaar ......

( iii ) BLADSY . Verslag deur Hoofminister in verband met besoek te Oshivelo ..

236

Departement van Ekonomiese Sake se begrotingspos word bespreek

236

- 239

Hoofminister doen ' n aankondiging in verband met SWAPO ....

239

· 243

DINSDAG 3 JUNIE 1975 :

244

Notule van 2 Junie word aanvaar Begrotingspos van Ekonomiese Sake word bespreek en aanvaar

244

-- 250

Departement van Werke se begrotingspos word bespreek

250

- 256

WOENSDAG 4 JUNIE 1975 :

256

Notule van 3 Junie word aanvaar Begrotingspos van departement van Werke word bespreek en aanvaar

256

· 270

Derde lesing van Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76

270

- 274

275

274 · 287

MAANDAG 9 JUNIE 1975 : Notule van 4 Junie word aanvaar Mosie nrs . 2 , 5 en 6 word bespreek en aanvaar Verslag van Sessiekomitee word ter tafel gelê Afsluiting en bedankings deur Voorsitter ..... (HUIS VERDAAG VIR ONBEPAALDE TYD )

287

288

1. WETGEWENDE RAAD VAN OWAMBO . AMPTENARE VAN DIE RAAD : HOOFMINISTER : MINISTERS :

Kaptein Fillemon Elifas . Departement van Landbou en Bosbou : Kaptein Josia Taapopi . Departement van Justisie :

Kaptein Jafet Munkundi . Departement van Binnelandse Sake :

Mnr . Frans Aupa Iindogo . Departement van Werke : Hoofman Daniel Shooya . Departement van Ekonomiese Sake : Pastoor Titus Heita . Departement van Onderwys :

Pastoor Cornelius Ndjoba . VOORSITTER :

Gabriel Kautuima .

ONDER-VOORSITTER :

Willipardt Shitatala .

ANDER LEDE :

ONDONGA :

UUKWANYAMA :

Kaptein Fillemon Elifas Hoofman Immanuel Elifas Senior Hoofman Karel Israel Hoofman Tarah Iimbili Pastoor Herman Shongolo Mnr . Johannes Kweyo Mnr . Johannes Nantinda Mnr . Edward Mbango Mnr . Andreas Fillipus Mnr . Israel Jona

Pastoor Cornelius Ndjoba Senior Hoofman Gabriel Kautuima Senior Hoofman Lukas Kalomo Hoofman Vilho Ueyulu Pastoor Peter Kalangula Hoofman Johannes Kalomo Mnr . Paulus Heita Mevr . Kristofina Gabriel Mnr . Immanuel Hihulifua Hoofman Elia Shimanda Haludilu Mnr . Michael Hamu tumbangela

UUKWAMBI :

OMBALANTU :

Senior Hoofman Silas Iipumbu Mnr . Frans Aupa Iindongo Senior Hoofman Wilibard Shitatala Senior Hoofman Jackie Ashipala Hoofman Andreas Iipumbu Hoofman Jason Ambole Mnr . Thomas Nakambonde Mnr . Amutenya Tshimwethereni Mev . Mupekaka Albertina Kweenda Mnr . Kasimia Eelu Mnr . Lukas Keendjele

Pastoor Titus Heita Senior Hoofman Lisias Aluuma Hoofman Kalipi Mundjele Hoofman Petrus Neumbo Mnr . Hoheela Aitana Mnr . Ambrosius Andjamba Mnr . Johannes Andjamba Mnr . Pendukeni Filipus Mnr . Helmut Eita Mnr . Fillemon Aitembu Mnr . Oswald Andowa

2. UUKWALUDHI :

ONGANDJERA :

Kaptein Josia Shikongo Taapopi Mnr . Paulus Shaanika Hoofman Festus Asino Mnr . Paulus Amukoto Mnr . Eliakim David Mnr . Malakia Iitula Mnr . Festus Amukwa Mnr . Ananias Kamanya Mnr . Titus Kaapangelwa Mev . Rakel Amunyela Mnr . Titus Shiwala

Kaptein Jafet Munkundi Pastoor Johannes Kalenga Mnr . Martin Iiyambo Hoofman Simion Matias Mnr . Toivo Shiyagaya Mnr . Vaino Iipinge Kelimwe Mnr . Silas Amandhila Mnr . David Niilo Mnr . Thomas Shikongo Mnr . Aron Shikongo Mnr . Risto Kamati

UUKOLONKADHI - EUNDA : Hoofman Daniel Shooya Mnr . Jesaya Nambundunga Senior Hoofman Willipard Kanyela Mnr . Israel Nakamwe Hoofman Absalom Paulus Hoofman Johannes Amukoto Mnr . Simon Iipinge Mnr . Malakia Lukas Nakumba Mnr . Jeremia Iiyambo Mnr . Shikalepo Shipethethe Mnr . Enok Johannes

3. NOTULE VAN TWEEDE SESSIE VAN DIE TWEEDE WETGEWENDE RAAD DINSDAG

25

JUNIE

1974 .

MINUUT NR.123 :

Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.124 :

Die Sekretaris lees die presensielys . MINUUT NR.125 : Derdelesing Owambo Wysigingswetsontwerp op siviele en krimineleRegsmag van Kapteins en Hoofmanne , Gevolmagtigdes van Kapteins en Hoofmanne , 1974 . MINUUT NR.126 :

Mosie in verband met Owambos wat onwettiglik die grens oorsteek · Bespreking . MINUUT NR.127 :

Afsluiting . NOTULE VAN DERDE SESSIE VAN DIE TWEEDE WETGEWENDE RAAD DINSDAG

13

ΜΕΙ

1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.1 : Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.2 : Eedaflegging van lede Daniel Shooya , Silas Amandhila en Willipardt Kanyele word waargeneem deur die Voorsitter . MINUUT NR.3 : Die Hoofminister kondig met leed aan dat die Voorsitter van die Kavango Wetgewende Raad , Dr. Romanus Kampungu , oorlede is en vra huis om eer te betuig . MINUUT NR.4 :

Aanwysiging van Komitees . Die volgende iede is aangewys : (a ) Werkskomitee : Hoofminister ; Voorsitter van die Wetgewende Raad , Lid Peter Kalangula . (b ) Sessiekomitee oor Reglement van Orde : Josia Taapopi , Silas Iipumbu , Johannes Nantinda , Martin Iyambo . (c ) Sessiekomitee oor openbare rekeninge : Immanuel Hihulifua , Thomas Nakambonde , Johannes Mbokoma , Herman Shongolo , Toivo Shiyagaya . MINUUT NR.5 : Mosie Nr.1 word bespreek en aanvaar . ' Dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van die betaling van ' n pensioen van R240 per jaar aan die weduwee van wyle kaptein

4.

Uushona Shiimi ' MINUUT NR.6 : Verslag van Kontroleur en Ouditeur - Generaal ter tafel gelê . MINUUT NR.7 : Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 ter tafel gelê . MINUUT NR.8 : Wysigingswetsontwerp op Betaling en voorregte van lede van die Wetgewende Raad ter tafel gelê . MINUUT NR.9 : Wysigingswetsontwerp op Betaling en Voorregte van lede van die Wetgewende Raad bespreek en in beginsel aanvaar . MINUUT NR.10 : Vergadering verdaag om 12.15 nm . tot 10 vm . op 14 Mei 1975 . WOENSDAG 14 MEI 1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.11 :

Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.12 : (a ) Notules van verrigtinge op 28 Februarie 1975 gelees en aanvaa (b ) Notules van verrigtinge op 13 Mei 1975 gelees en soos gewysig aanvaar . MINUUT NR.13 : Voorsitter kondig aan dat een verkose lid van die Ondonga kiesafdeling bedank het en dat ' n nominasiehof te Oluno op 16 Mei 1975 sal sit om nominasies te oorweeg . MINUUT NR.14 : Die Wysigingswetsontwerp op betaling en voorregte van lede van die Wetgewende Raad word vir die derde maal gelees en sonder enige wysigings aanvaar . MINUUT NR.15 :

Hoofminister lewer sy begrotingsrede vir die 1975/76 boekjaa MINUUT NR.17 : Derde lesing van Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 . ( a ) Hoofminister lewer sy Departement se begrotingsrede en sy begrotingspos word bespreek . Vergadering verdaag om 4.45 nm tot 10 vm . op 15 Mei 1975 .

DONDERDAG

15

MEI

1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.18 : Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.19 : Notule van verrigtinge op 14 Mei 1975 gelees en aanvaar .

5. MINUUT NR . 20 :

Die Hoofminister kondig aan : ( a ) dat alle lede van die Wetgewende Raad uitgenooi is na toning deur die Weermag by die Lughawe om 2.30 nm . op (b ) dat Wambo's wat die land verlaat het in groot getalle keer en rig ' n waarskuwing tot andersdenkendes om nie verder te mislei en te verwar nie .

' n ver16 Mei . terugdie volk

MINUUT NR . 21 : Die Derde Lesing van Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 word voortgesit en die begrotingspos van die Hoofminister en Finansies word aanvaar . MINUUT NR.22 : Die Voorsitter stel die Kabinets verteenwoordigers te Windhoek Swakopmund en Okahandja aan die Raad voor en meld dat die verteenwoordiger vir Tsumeb nie teenwoordig is nie . MINUUT NR . 23 : Derde Lesing van die Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 word voortgesit . Minister van Justisie lewer sy departement se begrotingsrede en sy begrotingspos word bespreek . Vergadering verdaag om 5 nm . tot 10 vm . op Vrydag 16 Mei 1975 . VRYDAG 16 ΜΕΙ 1975 . Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.24 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.25 : Notule van verrigtinge op 15 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.26 : Derde lesing van die Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 word voortgesit en die begrotingspos van die Minister van Justisie word bespreek . Vergadering verdaag om 12.15 nm . tot 10 vm . op Maandag 19 Mei . MAANDAG

19

MEI

1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.27 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.28 : Notule van verrigtinge op 16 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.29 : Die begrotingspos van die Minister van Justisie word aanvaar . MINUUT NR.30 :

Minister van Onderwys lewer sy departement se begrotingsrede en sy begrotingspos word bespreek . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Dinsdag 20 Mei 1975 .

6. DINSDAG

20

MEI

1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.31 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.32 : Notule van verrigtinge op 19 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.33 : Derde lesing van die Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 word voortgesit . MINUUT NR.34 : Minister van Landbou en Bosbou lewer sy departement se begrotingsrede en sy begrotingspos word bespreek . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Woensdag 21 Mei 1975 . WOENSDAG 21 MEI 1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm. MINUUT NR.35 :

Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.36 : Notule van verrigtinge op 20 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.37 : Die Begrotingspos van die Minister van Landbou en Bosbou word bespreek . MINUUT NR.38 : Hoofminister maak ' n aankondiging na aanleiding van die Eerste Minister van die Republiek van S.A. se toespraak te Windhoek op 20 Mei 1975 . MINUUT NR.39 : Bespreking Begrotingspos nr.7 voortgesit . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Donderdag 22 Mei 1975 . DONDERDAG 22 MEI 1975 . Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.40 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.41 : Notule van verrigtinge op 21 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.42 : Begrotingspos van die departement van Landbou en Bosbou word bespreek en aanvaar . MINUUT NR.43 : Begrotingspos van Binnelandse Sake word bespreek . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Vrydag 23 Mei 1975 .

7. VRYDAG

23

ΜΕΙ

1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm. MINUUT NR.44 :

Voorsitter open met gebed . MINUUT NR ; 45 : Die volgende mosies word bespreek : Nr.3 :

Dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van die hou van samesprekings met alle ander erkende volksleiers in Suidwes -Afrika met die doel om sake van gemeenskaplike belang te bespreek en verder dat die Owambo Kabinet tesame met een lid verkies uit elke Stam die Regering op sodanige konferensie moet verteenwoordig . MINUUT NR.46 : Nr.4 :

Dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van die aanstelling van ' n persoon vir die versameling van en verslagdoening aan die Wetgewende Raad van alle politieke- en Afrika aangeleenthede . Die vergadering verdaag tot 10 vm . op Maandag 26 Mei 1975 . MAANDAG 26 MEI 1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.47 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.48 : Notule van verrigtinge op 22 en 23 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.49 : Die volgende mosie word bespreek en aanvaar : Dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad dit dienstig geag word dat die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid om die Republikeinse Regering te nader met die versoek om die Owambo- Grondwetproklamasie , 1973 ( Proklamasie R104 van 1973 ) te wysig deur die skraping van artikel 18 en die vervanging daarvan deur die volgende artikel : Elke Minister , met inbegrip van die Hoofminister moet , voordat hy sy amp aanvaar , voor die Voorsitter of ondervoorsitter van die Wetgewende Raad ' n eed aflê of plegtige verklaring in die volgende vorm aflê en onderteken . MINUUT NR.50 : Derde lesing van die Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 word voortgesit en die begrotingspos van die Departement van Binnelandse Sake word bespreek . MINUUT NR.51 : ' n Mosie van die Hoofminister dat die Raad verdaag tot 10 vm .... Woensdag 28 Mei 1975 aanvaar . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Woensdag 28 Mei 1975 .

8.

WOENSDAG

28

MEI

1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.52 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.53 : Notule van verrigtinge op 26 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.54 : Begrotingspos van die Departement van Binnelandse Sake word bespreek en aanvaar . MINUUT NR.55 : ' n Mosie van die Hoofminister dat vandag se ordelys so verander moet word dat die Departement van Werke se begrotingspos voor die van die Departement van Ekonomiese Sake behandel word , aanvaar . MINUUT NR.56 : Minister van Werke lewer sy begrotingsrede en sy departement se begrotingspos word bespreek . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Donderdag 29 Mei 1975 . DONDERDAG 29 MEI 1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm. MINUUT NR.57 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.58 : Notule van verrigtinge op 28 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.59 : Minister van Ekonomiese Sake lewer sy begrotingsrede en sy Departement se begrotingspos word bespreek . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Vrydag 30 Mei 1975 . VRYDAG 30 MEI 1975 . Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.60 :

Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.61 : Notule van verrigtinge op 29 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.62 :

Departement van Ekonomiese Sake se begrotingspos word bespreek. Vergadering verdaag tot 10 vm . op Maandag 2 Junie 1975 . MAANDAG 2 JUNIE 1975 . Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.63 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.64 :

9. Notule van verrigtinge op 30 Mei 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.65 : Hoofminister doen verslag in verband met besoek aan Oshivelo . MINUUT NR.66 : Departement van Ekonomiese Sake se begrotingspos word bespreek . MINUUT NR.67 : Hoofminister doen ' n aankondiging in verband met SWAPO se voorgenome oorname en gee die versekering dat sy Rhgering soos altyd wet en orde sal handhaaf . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Dinsdag 3 Junie 1975 .. DINSDAG 3 JUNIE 1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm . MINUUT NR.68 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.69 : Notule van verrigtinge op 2 Junie 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.70 : Departement van Ekonomiese Sake se begrotingspos word aanvaar . MINUUT NR.71 : Departement van Werke se begrotingspos word bespreek . Vergadering verdaag tot 10 vm . op Woensdag 4 Junie 1975 . WOENSDAG 4 JUNIE 1975 .

Die Raad kom byeen om 10 vm. MINUUT NR.72 : Die Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.73 : Notule van verrigtinge op 3 Junie 1975 gelees en aanvaar . MINUUT NR.74 : Departement van Werke se begrotingspos word bespreek en aan-

vaar . MINUUT NR.75 : Derde lesing van die Owambo Begrotingswetsontwerp 1975/76 word bespreek en aanvaar . MINUUT NR.76 : Mosie nr.2 ter tafel gelê en bespreek : Dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van die beter behandeling van mense by veral Oshivelo hek .

Vergadering verdaag tot 10 vm . op Maandag 9 Junie 1975 .

10 . VERRIGTINGE VAN DIE DERDE SESSIE VAN DIE TWEEDE OWAMBO WETGEWENDE RAAD .

DINSDAG

13

MEI

1975 .

MINUUT NR.1 :

Die Voorsitter lees die gebed . VOORSITTER : Agbare lede , ek is baie dankbaar dat ons vanoggend weer bymekaar gekom het , op hierdie dag wat ons gedurende Februarie bepaal het . Dit was eintlik ' n lang tyd wat intussen verbygegaan het en daarom moet ons almal baie dankbaar wees dat ons vanoggend weer hier kon vergader . Ek hoop dat u gesinne gesond is . MINUUT NR.2 : EEDAFLEGGING DEUR NUWE LEDE : VOORSITTER : Agbare lede , ek gaan nou die nuwe lede se name uitlees en ek versoek hulle om asseblief na vore te kom om die eed af te lê . Agbare lid Daniel Shooya , agbare lid Silas Amadhila en agbare lid Willipardt Kanyele . (Lede lê eed af) Ek versoek ook die agbare lid Daniel Shooya om die eed as Minister af te lê . (Lid Daniel Shooya lê die eed af ) Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering vir tien minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR 10 MINUTE ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister om aankondigings te doen indien enige . MINUUT NR.3 : AANKONDIGINGS DEUR HOOFMINISTER : HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , dr . Romanus Kampungu , voorsitter van die Wetgewende Raad van Kavango is verlede week oorlede en ek stel voor dat die Huis uit respek vir ' n oomblik opstaan . Dankie , meneer die Voorsitter . (Die Huis staan vir ' n oomblik in stilte ) MINUUT NR.4 : AANWYSING VAN KOMITEES : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister om die lede van die verskillende komitees aan te wys . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Agbare lede , ek noem hier die name van die Werkskomitee . Die Voorsitter van die Werkskomitee is die Hoofminister en agbare lid Peter Kalangula sal ' n lid van die Komitee wees . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie Werkskomitee deur hierdie Raad aanvaar is . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek noem hier die name van die lede van die Sessiekomitee oor die Reglement van Orde . Die voorsitter van daardie Komitee is agbare Minister Josia Taapopi . Die volgende drie lede is agbare lid

11.

Silas Iipumbu , agbare lid Martin Iyambo en agbare lid Johannes Nantinda . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie Sessiekomitee deur hierdie Raad aanvaar is . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die lede van die Sessiekomitee oor Openbare Rekeninge die volgende moet wees - Die Hoofminister as Voorsitter van daardie Komitee , en die volgende lede is agbare Immanuel Hihulifua , agbare lid Thomas Nakambonde , agbare lid Johannes Mbokoma , agbare lid Herman Shongolo en agbare lid Toivo Shiyagaya . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , verskoon my , Ek kan nie optree as voorsitter dit is nie soos ek gesê het nie . van hierdie Komitee nie , en die Huis moet asseblief kennis daarvan dra . Die agbare lid wat moet optree as voorsitter van hierdie Ek stel voor Komitee mag nie ' n lid van die Kabinet wees nie . dat die agbare lid Immanuel Hihulifua moet optree as voorsitter van hierdie Komitee . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , aangesien daar niemand opgestaan het nie, neem ek aan dat die lede van die Sessiekomitee oor Openbare Rekeninge deur hierdie Raad aanvaar is . MINUUT NR.5 : MOSIE NR.1 WORD BESPREEK EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat mosie nr.1 ter tafel gelê word . LID TOIVO SHIYAGAYA : Mosie van Ngandjera - stamowerheid · dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van die betaling van ' n pensioen van R240 per jaar aan die weduwee van wyle kaptein Uushona Shiimi . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . Dankie meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat die agbare lid wat die voorsteller van hierdie mosie is , sy mosie moet verduidelik . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter en agbare Raad , iedereen in hierdie Huis het wyle Kaptein Uushona Shiima geken . Elkeen het hom geken as kaptein van die Ngandjera - stam en as Hoofraadslid van die Owambo- regering . Hierdie mosie kom van Ngandjerastamowerheid . Volgens die mening van die Ngandjera - stamowerheid behoort hierdie mosie eenparig deur almal aanvaar te word . Die dag toe wyle Kaptein Uushona Shiimi begrawe is , het baie mense van ver gekom om die laaste eer aan hom te bewys . Gewoonlik is dit ook so dat die mense wat ver woon maklik kan vergeet , maar die mense wat naby woon , kan nooit vergeet nie . Ons as lede van die stam

12 . by wie die weduwee en die hele huisgesin agtergelaat is , het glad nie vergeet nie en kan ook nie vergeet nie . Elke dag sien ons die Ons as Ngandjera- mense weduwee en haar kinders , en haar moeder . wat weet toe wyle Kaptein Uushona Shiimi toe hy gesterwe het , was hy nie net die kaptein van Ngandjera - stam nie , maar was hy ook die leier van die hele Owambo . Sy dood het plaasgevind toe hy op pad was vanaf sy huis te Ngandjera na sy werk op Ondangwa . Daarom voel die Ngandjera - stamowerheid dat hierdie agbare Raad moet asseblief besef dat iets deur wyle kaptein Uushona Shiimi agtergelaat is . Ek vertrou dat die agbare Raad asook die lede van die Kabinet dit goed verstaan , want ons almal wat hier sit , is Wambo's . Ons almal dra kennis van die erfstelsel van die Wambo , dat wanneer ' n man dood is , dan bly die weduwee in groot armoede agter , want alles word deur ander mense geërf . Ek voel dat daardie weduwee asseblief deur hierdie Raad gehelp moet word sodat sy en haar kinders ' n gelukkige lewe kan hê . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir die Raad om te bespreek . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ons almal , die Wambovolk asook hierdie agbare Raad van die Wambo- volk voel dat ons nie teen hierdie mosie kan praat nie , en dat ons hierdie mosie moet aanvaar soos dit is , sodat daardie weduwee deur die Raad versorg kan word . Ons almal weet dat wyle kaptein Uushona Shiimi op pad van sy huis af na sy werk toe was toe hy gesterwe het . As ons ' n wyle terugdink sal ons onthou dat daardie weduwee vir wyle Kaptein Uushona Shiimi versorg het toe hy nog gelewe het . Na die dood van haar onthou sy steeds dat haar man gesterwe het terwyl op diens was . Dit kan wees dat daardie weduwee selfs daaraan gedink het dat die Regering niks met haar te doen het nie , en dat sy net alleen agtergelaat is . Ons vra dat sy asseblief deur hierdie Raad gehelp en versorg moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is nog altyd oop vir die Raad om te bespreek . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , hierdie mosie wat ingedien is deur die Ngandjera - stamowerheid raak die hele stam . Die hele Ngandjera- stam sal nooit wyle kaptein Uushona Shiimi vergeet nie . Hulle sien elke dag die weduwee en haar kinders en hulle armoede . Die lede van die Ngandjera- stam dink dat elke lid van hierdie volk dit moet besef dat die weduwee deur die hele volk versorg moet word , want wyle kaptein Uushona Shiimi was nog voor sy troue , ' n leier van Owambo . Dit is verbasend dat iemand , voordat hy getroud is , as ' n leier kon opgetree het , en tot sy dood ' n leier kon wees . Dit is vir die weduwee baie moeilik omdat sy elke dag daaraan dink dat haar man oorlede is terwyl hy ' n leier van die hele volk was . Sy wonder waarom die hele volk nie vir haar sorg nie . Die gedagte is dan dat hierdie Wetgewende Raad daaraan moet dink om die weduwee te versorg , want haar man het die Regering van Owambo vir ' n lang tyd gedien . As sy nie versorg moet word nie , dan weet ons dat wanneer die agbare Ministers wat ons vandag het , eendag sterwe , sal hulle families ook nie versorg word nie .. ' n Agbare Minister word net as ' n groot man beskou terwyl hy lewe , maar na sy afsterwe word daar nooit aan hom gedink as ' n groot man nie .

13 .

goed haar heid tein

Agbare lede , die Ngandjera - stamowerheid voel dat dit nie is dat die weduwee so agtergelaat is en dat daar niks vir gedoen word nie . Na die mening van die Ngandjera- stamowermoet daar ook iets gedoen word vir die graf van wyle KapUushona Shiimi .

Ek versoek die agbare lede van hierdie Raad om asseblief daaraan te dink dat die weduwee versorg word en dat die graf van wyle Kaptein Uushona Shiimi ook na omgesien word . Dit moet skoongemaak word soos dit behoort te wees . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie

mosie is oop vir bespreking .

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , na my mening mag hierEk dink verder dat ' n lang die mosie nie teengestaan word nie . Ek het gehoor bespreking van hierdie mosie nie nodig is nie . dat die vorige sprekers presies dieselfde gedagtes uitgespreek het as die ander voor hom , en ek stel voor dat hierdie mosie so Dankie , meneer die Voorsitter . aanvaar word soos dit is . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die voorsteller van hierdie mosie om repliek te lewer . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , namens die Naandjerastamowerheid bedank ek die Wetgewende Raad dat die agbare Raad saamgestem het met die Ngandjera - stamowerheid oor die mosie wat ingedien is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID RAKEL AMUNYELA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie mosie deur die Raad aanvaar is . MINUUT NR.6 : VERSLAG VAN KONTROLEUR EN OUDITEUR- GENERAAL TER TAFEL GELê : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat die verslag van die Kontroleur en Ouditeur - generaal ter tafel gelê moet word . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek lê ter tafel die verslag van die Kontroleur en Ouditeur - generaal . MINUUT NR.7 : OWAMBO- BEGROTINGSWETSONTWERP 1975/76 WORD TER TAFEL GELê : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat die Begrotingswetsontwerp 1975/76 ter tafel gelê moet word .

HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek lê die Owambo-Begrotingswetsontwerp 1975/76 ter tafel , en versoek dat dit more die 14e Mei , bespreek word . MINUUT NR.8 :

14 .

WYSIGINGSWETSONTWERP OP BETALING EN VOORREGTE VAN LEDE VAN DIE WETGEWENDE RAAD TER TAFEL GELê : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat die Wysigingswetsontwerp op Betaling en Voorregte van Lede van die Wetgewende Raad ter tafel gelê word . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek lê die wysigingswetsontwerp op Betaling en Voorregte van die Lede van die Wetgewende Raad ter tafel , en versoek dat dit onmiddellik bespreek word . MINUUT NR.9 : WYSIGINGSWETSONTWERP OP BETALING EN VOORREGTE VAN LEDE VAN DIE WETGEWENDE RAAD WORD BESPREEK : VOORSITTER : Ek versoek die agbare Hoofminister om iets te sê oor hierdie wysigingswetsontwerp . HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter en agbare lede , as gevolg van die algemene salarisverhogings wat gedurende die afgelope tydperk aan die amptenare van die regeringsdiens toegestaan is en die algemene styging in die lewenskoste is dit vanselfsprekend dat ons nou aandag moet skenk aan ' n hersiening van salarisse en toelaes betaalbaar aan die lede en ampsdraers van hierdie Wetgewende Raad . Om genoemde redes maak ek nou voorsiening in die Wetsontwerp wat ter tafel gelê is vir aansienlike stygings in salarisse en toelaes aan die lede . Artikel 3 van die Hoofwet bepaal dat wanneer ' n lid sonder verskoning afwesig is daar R6 vir elke dag van sy afwesigheid afgetrek moet word van sy toelaes . Lede sal egter nou R8 per dag ontvang en daarom word artikel 3 dan dienooreenkomstig gewysig . Die Wetsontwerp is verder baie duidelik en ek stel voor dat dit in beginsel aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter .

15 .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie Wysigingswetsontwerp is oop vir die Raad om in beginsel te bespreek . Agbare lede , kom ons begin met die bespreking asseblief . Ons gaan die klousules bespreek wanneer ons die hele Wetsontwerp in beginsel bespreek het . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , dit is soos die agbare voorsitter gesê het , dat die Wetsontwerp na die bespreking in beginsel weer klousule per klousule bespreek sal word . Dit is vir ons baie moeilik om iets wat op skrif is te bespreek as dit so skielik aan ons gegee word . Dit is altyd moeilik om iets te bespreek as dit op skrif is en jy het dit nie deeglik bestudeer nie . As dit dan so is dat ons eers moet bespreek en daarna moet gaan lees , dan is dit maar goed so . Ek wil die agbare Hoofminister bedank vir hierdie Wetsontwerp wat handel oor die betaling van die lede van die Wetgewende Raad . Ek sien dit is baie belangrik om eers oor die salarisse van die lede te gesels voordat ons met die ander werk begin . Ek vertrou dat die agbare lede vanjaar baie gewillig sal wees om aan die besprekings deel te neem omdat hulle salarisse so mooi verhoog is en hulle so goed betaal sal word . Die persone wat hier die wet gewysig het , wil nie net die agbare lede geld gee nie , maar wil ook hê dat die agbare lede in hierdie Huis moet werk . Gewoonlik is dit so dat ' n persoon altyd tevrede is wanneer hy sy salaris ontvang , maar dit is baie moeilik om daarvoor te werk , en daarom sê ek moet ons dankbaar wees vir hierdie verhoging en ek waarsku u dat ons asseblief vanjaar hard moet werk in hierdie Huis. Gewoonlik het baie van die lede net hier in die Huis kom sit en niks doen nie , want as u deur die Hansard blaai gaan u sien dat baie van die agbare lede se name nie daar verskyn nie , want hulle het net altyd hier gesit en niks gewerk nie . Dit is miskien as gevolg van die min salaris wat ons in die verlede ontvang het . Nadat hier gepraat is oor die verhoging , het die gesigte van die agbare lede baie helder gelyk . Hulle is almal baie bly , maar hulle het miskien nie verder gedink dat van hulle verwag sal word om hard te werk nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die voorsitter , die paar woorde wat ek hier wou sê is reeds gesê deur die vorige spreker . Die verhoging van die salarisse van die lede het seker gekom omdat die . agbare lede in die verlede hard gewerk het , want geen werkgewer in die wêreld gaan sy werknemer se salaris verhoog as die werknemer sien dat hy nie sy werk doen nie . Want as die werknemer meer betaal word en niks doen nie , dan kan dit as korrupsie beskou word . As die lede van die Raad dan nie hard gaan werk nie , en net hoër salarisse gaan ontvang , dan gaan dit lyk asof die groot salarisse van die lede net omkopery is . Daarom versoek ek hierdie agbare Raad dat ons besprekings vanjaar moet opbouend wees sodat die hele volk kan sien dat ons hierheen gekom het om hard te werk , dat ons hoë salarisse nie as korrupsie beskou kan word nie . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie Wetsontwerp is oop vir bespreking. LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , oor die wetsontwerp wat deur die agbare Hoofminister ingedien is , hoop ek sal al die agbare lede bly wees . Ek vertrou dat niemand gaan opstaan en teen hierdie wetsontwerp praat nie . Ek stel voor dat hierdie Wetsontwerp so aanvaar moet word soos dit is . Dankie , meneer die Voor-

16 . sitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant . LID HELMUT EITA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek versoek dat die derde lesing van hierdie Wetsontwerp moet oorstaan tot môre , die 14e Mei , sodat die agbare lede kans gegun kan word om hieroor te gaan dink . MINUUT NR.10 :

VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot moreoggend om 10 uur . ( DIE HUIS VERDAAG TOT 14/5/75 ) WOENSDAG 14 MEI 1975 .

MINUUT NR.11 : Voorsitter lees die gebed . VOORSITTER : Ek versoek die agbare lede om , wanneer hulle opstaan om te praat , eers hul name te noem en dan hard te praat sodat die tolk kan hoor wat hulle sê . MINUUT NR.12 : NOTULES VAN 28/2/75 en 13/5/75 WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van die verrigtinge op 28 Februarie 1975 te lees . (Sekretaris lees notule ) Agbare lede , ek versoek u om asseblief die voorsitter by te boeg by die Sessiekomitee , eers moet daar wees , voorsitter , en dan die agbare Minister Josia Taapopi . Ek versoek die agbare Hoofminister om aankondigings te doen , indien enige . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskap ontvang nie . Dankie . MINUUT NR.13 : AANKONDIGINGS DEUR VOORSITTER : VOORSITTER : Agbare lede , ek kondig hier aan dat andermaal die setel van ' n verkosie lid van Owambo Wetgewende Raad ten opsigte van die kiesafdeling Ndonga vakant geraak het , so is dit dat ek , Daniel Shooya , in my hoedanigheid as Minister van Binnelandse Sake kragtens die bevoegdheid my verleen by Artikel 8 ( 1 ) ( a ) van Proklamasie R.105 van 1973 hierby : ( a ) Vrydag die sestiende dag van Mei 1975 bepaal as die dag waarop die nominasiehof sitting sal hou om nominasies te ontvang van die kandidate vir die kiesafdeling_tot lid van die Owambo- Wetgewende Raad ten opsigte van die kiesafdeling Ndonga , en ( b ) bepaal dat die nominasiehof sitting sal hou by die stamkantoor Oluno . MINUUT NR.14 : DERDE LESING WYSIGINGSWETSONTWERP OP BETALING EN VOORREGTE VAN LEDE VAN DIE WETGEWENDE RAAD :

VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek u nou om asseblief die wetsontwerp te neem sodat ons dit kan lees , dit is nou die Wysigingswetsontwerp op Betaling en Voorregte van Lede van die Wetgewende Raad . Dit is daardie Wet wat gister aan u oorhandig is . Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die

(Sekretaris lees derde lesing van hierdie wetsontwerp te doen . klousule 1 van Wetsontwerp voor ) Agbare lede , dit is nou oop vir die Raad om te bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , die agbare Raad het die Wysigingswetsontwerp ontvang , met ander woorde die wysigingswetsontwerp wat voorsiening daarvoor maak om ' n wet wat voorheen deur hierdie Raad aanvaar is te wysig , ' n wet waaroor hierdie Huis baie tevrede was . Nou het die Raad weer hierdie Wysigingswetsontwerp ontvang , met ander woorde die Wet word hierdeur verander en dit maak hom nou beter as voorheen . Die rede waarom die Raad niks sê nie , is omdat die Raad niks daaroor wil sê nie . As dit dan so is , dan stel ek voor dat dit so aanvaar moet word . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant asseblief . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : gestaan het aanvaar is , (Sekretaris

Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien niemand opnie , neem ek aan dat hierdie Wetsontwerp deur die Raad en ons gaan voort . lees klousule 2)

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie klousule is nou oop vir die Raad om te bespreek . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , met die ter tafellegging van hierdie Wetsontwerp deur die agbare Hoofminister , het die agbare Hoofminister die rede gegee waarom die salarisse verhoog is . Hy het gesê dat goedere baie duur is en dit is hoekom hy dit goed gedink het om die salarisse te verhoog . Ek sien verder dat die Raad tevrede is met hierdie klousule en ek stel voor dat dit so aanvaar moet word soos dit is . Dankie . VOORSITTER :

Agbare lede , ' n sekondant asseblief .

LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie klousule deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees klousule 3) VOORSITTER : Agbare lede , die klousule is oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat dit so aanvaar word soos dit is .

VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die klousule deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . ( Sekretaris lees die lang VOORSITTER : Agbare lede , bespreek . LID LISIAS ALUUMA : Meneer Soos dit geskryf is en ek

titel ) die aanhef is nou oop vir die Raad om te

die Voorsitter , dit is vir my duidelik stel voor dat dit so aanvaar word . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . Dankie .

18 . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aanvaar is . ( Sekretaris lees die kort titel ) VOORSITTER : Agbare lede , die kort titel is nou oop vir die Raad om te bespreek . LID JESAYA NAMBUNDUNGA : Meneer die Voorsitter , die kort titel is vir my baie duidelik en ek stel voor dat dit so aanvaar word . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID MARTIN IYAMBO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die kort titel deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , as gevolg van die geraas hier buitekant , verdaag ek die vergadering totdat dit reggestel is . ( DIE HUIS VERDAAG ) MINUUT NR.15 : BEGROTINGSREDE VAN HOOFMINISTER VIR 1975/76 BOEKJAAR : VOORSITTER : Ek versoek die agbare Hoofminister om sy begrotingsrede te lewer . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter en agbare lede , groot is my voorreg om vandag as onbetwisde leier verkies deur die volk , van die volk , aan u te kan sê dat ons die weg van Staatkundige ontwikkeling doelgerig en met vaste tred te loop . Van huiwering of terugdeinsing vir probleme van watter aard ookal is daar absoluut geen sprake nie . Nog nooit in die geskiedenis van die Owambo - volk was ons so gereed en bereid om aan te pas by die veranderde wêreldomstandighede nie . My regering is te vinde om , om ' n rondetafel samesprekings te voer met ander gemeenskaplike belang , maar Meneer die Voorsitter en dit wil ek duidelik stel , my regering is nie bereid om oor sake te praat wat die Staatkundige ontwikkeling en selfbeskikking van die Wambo- volk raak nie : ( ' n Mosie tot dien effekte sal ook nog later tydens die sitting ter tafel gelê word ) Hier dink ek veral aan ons huishoudelike sake soos byvoorbeeld ons eie gesagstrukteur wat ons nie met iemand anders sal deel nie . Deur die jare kon die Owambo sy eie voortbestaan handhaaf en het hy sy eie tradisionele gesag beoefen . Hierdie gesag word tans in ' n moderne regering omskep wat voldoen aan die moderne eise en behoeftes van ' n ontwikkelde volk . Ons het ons eie Hoofmanne , en senior hoofmanne , in ons Stamgesag en hulle kan hulself nog altyd handhaaf en nou word die tradisionele verteenwoordigers , tesame met die verkose leiers net gemoderniseer om aan te pas by die veranderde wêreld . Ons volk se ontwikkeling en aanpassing kan wel van buitekant aangemoedig word , maar slegs van binne geskied . Dit is ' n groeiproses wat op inherente groeikrag berus en waaroor die Owambo- volk beskik . Ons self is die draers van ons vooruitgang en het geen V.V.O. of andersdenkenis nodig as stutte nie . En , daarom, meneer die Voorsitter , agbare lede sluit ek aan by die SuidwesAfrika Wetgewende Vergadering se besluit van 22 November 1974 naamlik : geen magte binne of buite Suidwes - Afrika toegelaat sal word om in die proses van toekoms skepping in te meng en die

19 . inwoners in die uitoefening van hul selfbeskikkingsreg te hinder nie . 2. Erken die bestaan binne Suidwes - Afrika van verskillende Bevolkingsgroepe wat elkeen ' n inherente reg het om hier te wees en verder die reg het om hulle verskillende tale tradisies kulterele agtergrond en lewensbekouing te verseker .

3. is van mening dat hierdie groepe in ' n gees van welwillendheid en openhartigheid met mekaar moet beraadslaag met die oogmerk om ' n Staatkundige oplossing te vind wat sal verseker dat hulle in vrede veiligheid en voorspoed in Suidwes - Afrika kan woon en wel op so ' n wyse dat die belange van minderheidsgroepe behoorlik in ag geneem sal word . 4. Ag dit noodsaaklik dat met die oog daarop die verskillende bevolkingsgroepe so gou as moontlik deur middel van hul verteenwoordigende liggame of owerhede hul verteenwoordigers sal aanwys . 5. Rig ' n uitnodiging aan sodanige liggame of owerhede om sodra hulle gereed is saam met die verteenwoordigers van die blankes te beraadslaag oor die wyse waarop die verskillende bevolkingsgroepe van Suidwes - Afrika hul selfbeskikking moet uitoefen .

6. Hervestig die standpunt van die Eerste Minister dat die inwoners van Suidwes - Afrika in hulle poging om ' n aanvaarbare oplossing te vind nie verbind sal wees deur enige bestaande politieke stelsel nie . My regering is bereid om met volwasse regerings saam te werk teneinde oplossings te vind waar nodig . En daarby Meneer die Voorsitter is die Owamboregering vandag in daardie unieke posisie in Afrika om te enige tyd ons selfbeskikkingsreg te kan uitoefen en het nie nodig om die wapens op te neem om dit te kan doen nie . Die voorreg om Owamboland te regeer is die Godgegewe reg van slegs Wambo's en ook net Wambo's met ' n polsende nasionale gevoel vir dit wat ons eie is en wat ten alle koste behou moet word . Die tyd het aangebreek dat die volk kennis neem van die feit dat die anti - Chris met sy bose magte besig is om die volk op subtiele wyse te ondergrawe en ons jeug op valse voorwendsels uit die land te lok . Die tragieste is egter dat daardie bose magte aangehelp word deur geestelikes van ons eie volk . Voorwaar tragies ! U sien dus meneer die Voorsitter , agbare lede daar moet op alle fronte gewerk word en daarom het my departement die nodige reëlings getref om alle stamowerhede in die land te aktiveer teneinde te verseker dat diens van hoogstaande gehalte aan die volk gelewer word . Senior hoofmanne , hoofmanne en Wetgewende Raadslede mag nie net gesag afdwing nie , maar moet ook diens lewer . As u slegs eersgenoemde doen moet u tog nie verbaas wees as die volk van u weg beweeg nie . Baie van u sal seker nog gedurende hierdie sitting vra waarom dit en dat nog nie deur dieregering gedoen is nie en dan moet u nie geaffronteer voel as ek aan u vra maar wat het u as senior hoofman , hoofman of Wetgewende Raadslid self gedoen om die probleem die hoof te bied nie . Modernisering is die verband wat ek gebruik , beteken ook dat die plaaslike stamleiers voortaan daadwerklik sal moet inspring en diens lewer aan ons mense . Meneer die Voorsitter , agbare lede op alle terreine en vlakke het ontwikkeling plaasgevind . As gevolg van vertoë gerig deur die Kabinet was daar ' n aansienlike

20 . loonstyging vir werkers in die Suide en te Ruacana , terwyl die rekordgetal van 38 000 werkers die afgelope jaar in die Suide in diens geplaas is . In ons eie land is 600 enkellopende Wambo's te Ruacana werk verskaf asook van huisvesting voorsien . Ten einde reg en geregtigheid in sy volle sin te laat geskied is ' n Appélraad ingestel vir die verhore van Appélle afkomstig van Stamhowe . Behoorlike beplanning en administrasie is en bly die kern van ontwikkeling . Met hierdie doel voor oë is ' n bevelvoerder aangestel oor die Owambo - Stampolisie en toesig te hou oor die uitrusting , dissipline en koördinering van die Owambo- Polisiemag . Alhoewel ons polisiemag nog in sy embrio stadium is sal hy nog verder uitgebou word . Onderwys is myns insiens die lewens - aar van alle volks - ontwikkeling , want daarsonder kan ' n volk nie staatkundig ontwikkel nie . Dit is dus uiters noodsaaklik Meneer die Voorsitter dat die volk aangemoedig moet word om van die opleidingsfasiliteite gebruik te maak om hulle sodoende beter te bekwaam , want dan alleen sal hulle , hul plek kan volstaan in die ekonomiese lewe . Wat veral baie verblydend is , is dat daar op onderwysgebied vooruitgang is . Die skool vir dowes en blindes is nou gehuisves in die nuwe gebou te Ongwediva . Twee nuwe sekondêre skole is ook die afgelope tyd te Oluno en Okatana ge - open . Goeie vordering is weereens gemaak om die landboubedryf sodanig te ontwikkel dat dit die Owambo- volk van ' n lewensbestaan kan verseker . Landbou-beplanning is ' n langtermyn versekering , dat ' n land sy volk kan voed , sy grond van uitputting kan vrywaar en sy graan sal produseer om sodoende ook die ekonomiese vooruitgang van die land te bevorder . Die daadwerklike voorsiening van watervoorrade gaan onverpoos voort en die regering van Owambo beskik reeds oor sy eie boormasjien . Daar benewens moet volskaalse ondersoek ook ingestel word na geskikte besproeiings grond wat uit die beperkte water ekonomies besproei kan word . Veestapels is vandag die grootste ekonomiese bate van hierdie volk . Hierdie volksbate word ten alle tye beskerm en die afgelope jaar is 49 000 beeste teen die moontlikheid van siektes geënt . Meneer die Voorsitter , ' n mens moet nie alleen dink aan die veestapels en graan nie maar ook aan die beskerming van ons natuur . Vir die doel het Owambo sy eie natuurbewaarders aangestel om toe te sien dat die natuur vir die nageslag behoue bly . Dit kan nie oorbeklemtoon word dat alles moontlik gedoen moet word om ons land te ontwikkel nie . Wanneer ek praat van die land dan bedoel ek nie net die bodem nie maar ook die gemeenskap en hulle belange . Die getal pensionarisse het aansienlik toegeneem vanaf ongeveer 2 700 na ongeveer 4 800. Hierdie toename is grotendeels toe te skryf aan die daadwerklike stappe wat deur die Departement van Gemeenskapsake gedoen word . Graag wil ek ook net noem Meneer die Voorsitter dat die plakkers in die Ruacana gebied in ' n behoorlike erf- en- diensskema waar water en sanitasie voorsien word , hervestig is . Die mense woon nou onder higiëniese toestande , wat nie die geval vroeër was nie . Vir die ontwikkeling van die volk is dit noodsaaklik om op elke gebied te presteer vir die doel en is daar rudimentêre sportgeriewe vir die inwoners van Oshakati en Oluno Owambodorpe daargestel . Ook noem ek graag die goeie vordering wat daar op die gebied van volksregistrasie gemaak is . Die oorgrote meerderheid van ons volk 16 jaar en ouer is nou geregistreer . Om voort te gaan meneer die Voorsitter kan geen land suksesvolle ontwikkeling

21 . te weeg te bring sonder die daarstelling van fasiliteite wat onontbeerlik is vir ontwikkeling nie . Daar word gedink aan verbindingsweë , voorsiening van water en elektrisiteit en die oprigting van skole en klinieke om ' n paar te noem . Vir die doel is ' n bedrag van R4 760 740 wat 41 % van die totale konsepbegroting uitmaak aangevra . Nie alleen het hierdie fasiliteite onverdeelde aandag geniet nie , maar ook is werk voorsien aan Wambo's en vervoerkontrakteurs . Ekonomiese ontwikkeling is een van die hoof kompenente by In ons die opstel van ' n land se nasionale ontwikkelingsplan . eie land is daar reeds baie gedoen om die noodsaaklikheid van gebalanseerde ontwikkeling te weeg te bring , die afgelope jaar is daar reeds verskeie voorleggings aan die Kabinet gedoen vir die vasstelling van handelsure in ons land en die daarstelling van vervaardigheidsnywerhede om net twee aspekte te noem . Die ontgunning van grondstowwe by die Otjiwalunda Soutpanne en op agentskapbasis deur South West Company het teen die einde van 1974 in aanvang geneem en hoewel nog in sy ontkieming stadium sal die regering dit nog verder uitbou . Ten slotte wil ek net graag benadruk dat daar ' n groot verantwoordelikheid op die skouers van hierdie Wetgewende Raad rus , wat nie ligtelik benader moet word nie en ook moet daarteen gewaak word dat daar nie verby die volk beweeg word nie . Graag meneer die Voorsitter , agbare iede , gee ek ' n uiteensetting van die begroting wat later gedurende die sitting aan die Raad voorgelê sal word . Op bladsy 2 van die konsepbegroting sal u opmerk dat ' n bedrag van Rll 604 000 begroot word om uitgawes in hierdie boekjaar te bestry teenoor die bedrag van R7 483 100 van die 1974/ 75 boekjaar . Dit verteenwoordig ' n vermeerdering van 55 % . Hierdie vermeerdering is hoofsaaklik daaraan toe te skryf dat die voorsiening onder begrotingspos Werke meer as verdubbel het , en die voorsiening onder Begrotingsposte Binnelandse Sake , Onderwys en Landbou ook skerp gestyg het . Presentasiegewys is die bedrag Rll 604 000 soos volg aan die verskillende Departemente toegedeel : Hoofminister en Finansies 2,6 % Binnelandse Sake 7,8% Werke 41,9 % 34,5 % Onderwys Ekonomiese Sake 0,1 % Justisie 4,1 % Landbou en Bosbou 9,0% Die Ministers van die onderskeie departemente sal op ' n later stadium die geleentheid gebied word om die voorsienings en geoogde aktiwiteite ten opsigte van hulle begrotingsposte in fynere besonderhede te verduidelik . Daarom wil ek my meer in die besonder bepaal by die proporsionele indeling van die konsepbegroting onder die verskillende bestedings kategorieë waarvan die besonderhede soos volg is : Na beraming word R220 600 benodig BODEMBEPLANNING EN BEWARING : vir die maak van brandpaaie , oprig van heinings , die bou van toegangspaaie en natuurbewaring . Daarbenewens moet ' n volskaalse ondersoek ook ingestel word om te bepaal waar die beste besproeiingsgrond in Owambo is wat ekonomies met die beperkte hoeveelheid beskikbare water besproei kan word . BEVOLKINGSVESTIGING : Onder hierdie kategorie word ' n bedrag van R369 355 benodig . Dit sal hoofsaaklik aangewend word vir die vol-

22 . tooiing van kontrakte vir die oprig van huise , bou van strate en die voorsiening van water , elektrisiteit en sanitasie te Ruacana en Ongha . Verder word ook voorsiening gemaak vir die ontwikkeling van ' n nywerheidsgebied te Oshakati . Die aanvangskoste vir die ontwikkeling van die Regeringshoofsetel te Ongwediva word op R850 000 gestel . WERKVERSKAFFING EN INKOMSTESKEPPING : Hieronder word verstaan die vermeerdering en verbetering van saad Landbou opleiding en voorligting , kweek , aanplant , beskerming en kap van bome , konstruksie en instandhouding van bosboupaaie , proefaanplantings ensovoorts . Vir hierdie doeleindes word R603 820 benodig . ONTWIKKELING VAN MENSPOTENSIAAL : R4 760 740 wat 41 % van die totale konsepbegroting uitmaak , word vir hierdie doel aangevra . Hierdie bedrag sal aangewend word vir die oprigting van primêre en sekondêre skole , die betaling van salarisse van onderwysers , die aankoop van skoolboeke vir leerlinge en die toestaan van studiebeurse aan studente om hulle verder aan universiteite en ander opvoedkundige inrigtings te bekwaam . LEWERING VAN SOSIALE DIENSTE : Om te verseker dat oues van dae , blindes en ander ongeskikte persone nie gebrek ly nie , is ' n spesiale veldtog van stape gestuur om te verseker dat elke sodanige persoon ' n toelae kry om in hulle behoeftes te voorsien . Teen hierdie tyd verlede jaar was daar slegs 2 700 persone wat pensioen ontvang het . Die getal is nou reeds opgestoot na 4 800 . Maatskaplike werksters is ook aangestel . Om hierdie dienste te lewer word R721 650 benodig . OWERHEIDSBEPLANNING EN ADMINISTRASIE : Die vergroting van die Wetgewende Raad van 56 na 77 lede , die verhoging van salarisse van Ministers en lede , asook die verhoging van sessietoelaes , het noodwendig groter uitgawes tot gevolg . Voeg hierby die feit dat hierdie Regeringsdiens die funksie van vervoerverskaffing van die Suidwes -Afrika Administrasie op 1 April 1975 oorgeneem het , dan sal u verstaan waarom daar vanjaar Rl 048 880 benodig word onder hierdie kategorie in vergelyking met die R87 000 van die vorige jaar . Onder hierdie selfde hoof sorteer ook die voorsiening van telefoondienste , regspleging en ekonomiese beplanning . FISIESE INFRASTRUKTUUR : Hiervoor word R1 878 955 benodig , waarvan R500 000 aangewend sal word as aanvangskoste vir die ontwikkeling van die meesterwaterplan van Owambo . Verder word nog swaar masjiene benodig vir die bou en instandhouding van paaie en damme . Instandhouding van Regeringsgeboue en die voorsiening van massa elektrisiteit sorteer ook hieronder . Meneer die Voorsitter en agbare lede , die voorafgaande is in breë trekke waarvoor die bedrag wat aangevra word , aangewend sal word . Tot my spyt moet ek u egter meedeel dat die Rll 604 000 wat na verwagting spandeer sal word , slegs 10,5 % tewete R1 221 200 uit eie bronne voorsien kan word . Die res word deur die Regering van die Republiek van SuidAfrika voorsien . U sal onthou dat ek verlede jaar ook in my begrotingsrede gemeld het dat ons nuwe inkomste -bronne moet soek en vind . Die volk van Owambo sal nou daadwerklik moet begin bydra tot die ontwikkeling van hulle land . Ondersoek word tans ingestel na die volgende : Inkomstebelasting , veeheffings , hondebelastings , wielbelastings op fietse , waens en skotskarre . Hierdie belastings en heffings sal nie gelyktydig op die bevolking afgedwing word nie , maar wetgewing sal mettertyd ingedien word om een of meer hiervan in werking

23 . te stel .

Dankie , meneer die Voorsitter .

MINUUT NR.16 : OWAMBO BEGROTINGSWETSONTWERP 1975/76 WORD BESPREEK : VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingsrede is nou oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , heel eerste bedank ek die agbare Hoofminister vir sy begrotingsrede wat hy so goed uiteengesit het . Hy het vir ons duidelikheid gegee van alles wat in sy Departement gedoen word . Hy het ook vir ons gesê wat sy beleid is aangaande die volke van Suidwes - Afrika . Ek sê ook baie dankie omdat die Hoofminister trots is omdat hy gekies is om die leier van die Wambo- volk te wees . By alle demokratiese regerings vind die verkiesing van die Hoofminister in die Huis plaas , ons het dieselfde met ons Hoofminister in hierdie Huis gedoen . As dit deur die Huis gedoen is , stem al die lede van die volk saam omdat dit deur die Huis gedoen is wat deur die volk gekies is . Dit is baie goed as hy die senior amptenare , senior hoofmanne en hoofmanne beveel om hulle werk behoorlik te doen . Ek sien dit is ' n groot saak . Ons volk sal in vrede ontwikkel . Die Staat wat in vrede ontwikkel is goed en beter as ' n Staat wat met wapen ontwikkel en regeer word . Ek is ook baie dankbaar omdat daar ' n Appelhof ingestel is om die hofsake wat plaaslik gedoen is , te ondersoek . Ek sien die doel van die Hoofminister is om die goedgesindheid van die volk te behou . Verder het hy in sy toespraak gesê dat ons ons werk volgens sy vereistes meot doen . Ja , ek sê baie dankie vir die Hoofminister se toespraak waarin hy ons aangemoedig het . Nogmaals sê ek baie dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingsrede is oop vir die hele Huis om te bespreek . LID WILLIPARDT KANYELE : Meneer die Voorsitter , ek sê baie dankie vir hierdie bespreking , dit is baie goed . Ek neem dit aan as korrek . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , is daar ' n sekondant? LID SILAS IIPUMBU : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer dit . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek sê dankie aan die voorsitter omdat hy gevra het of daar iemand is wat ' n teenvoorstel het . Ek verstaan alles nie baie mooi nie soos byvoorbeeld die opmerking in die agbare Hoofminister se toespraak in verband met honde- en wielbelasting . Ek verstaan hierdie dinge word beoog om die inkomste van die land te vermeerder . Ek verstaan dit , maar ek twyfel of al die Wambo's dit goed sal begryp alvorens daar vir ons mooi verduidelik word waarom en hoe dit gedoen gaan word . Omdat ons volk so arm is , week ek nie of hulle in staat Ons sal wees om vir hulle honde , beeste ensovoorts te betaal nie . belastings is wel baie goedkoop , ons betaal net R2 per maand , maar die blankes wat onder ons is , betaal niks nie . Wanneer ons na die suide gaan , betaal ons iets om daar te Sommige slaap , maar die blankes bly net hier en betaal niks nie . kom vir ' n kort rukkie en andere bly lank en betaal niks nie . Dit is ook duidelik dat hulle salaris baie hoër as ons s'n is , maar Sê nou hulle vind dit moeilik om R2 in die stamfonds te betaal .

24 .

ek het tien beeste waarvoor ek moet betaal , waar sal ek geld kry om vir elke bees te betaal ? Meneer die Voorsitter , ek verstaan dit net nie mooi nie . Dankie . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare lid wat gevra het in verband met die fondse antwoord . Alles wat hier gemeld is in verband met die belasting van honde , wiele ensovoorts , is net as ' n voorbeeld genoem , dit is nie iets wat nou werklikheid gaan word nie . Wanneer dit kom , kom dit nie as geheel nie , dit kom een vir een en sal ook verduidelik word soos in die toespraak uiteengesit is . Wanneer ons dit oorweeg sal dit eers in die Raad bespreek word en nadat dit klaar bespreek is , sal dit na die volk gaan . Sê nou dit is ten opsigte van die beeste wat ' n belasting gehef gaan word , dan sal daar so ' n wet in hierdie Huis aangeneem moet word . In verband met die belasting ten opsigte van die blankes , hulle wat in die suide is , en in Suid- Afrika betaal hulle nie hier fondse nie , omdat hulle nie in twee fondse kan betaal nie . Hulle kan nie hier betaal en daar ook nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop die agbare lid wat hierdie vraag gestel het , nou mooi verstaan wat verduidelik is . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ja , vir my is dit duidelik maar ek verstaan nog net nie waarom die blankes nie hier betaal nie maar wel by die plekke waar hulle nie is nie . Hulle is hier en hulle betaal daar . ' n Mens werk hier en hy kry alles hier maar hy betaal by ' n ander plek . Dit is duidelik dat ons hulp daarvandaan kom , en ons weet die blankes is die mense wat ons land help ontwikkel . Ek kry skaam as dit vir hulle moeilik is om die R2 te betaal wat ons betaal . Baie dankie vir die verduideliking van die agbare Hoofminister . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek is nog by die paraEk wil nog praat oor die toespraak , paragraaf oor belastings . graaf 4. Al het dit net gekom as ' n kennisname moet ons nogtans iets daaroor sê . Dit is baie moeilik vir ' n Wambo as daar aan hom gesê word om vir sy bees , sy hond , ensovoorts iets te betaal . Wat moontlik kan gebeur is om miskien net daardie R2 wat hulle vir die stamfonds gee bietjie te vermeerder , maar om te besluit dat vir ' n hond soveel betaal moet word of vir ' n bees of ' n bok , dit maak die volk seer . Die volk het al baie dinge wat hulle Ek seermaak en ons moet nie meer op hulle skouers plaas nie . wil nie ingaan op alles wat die volk laat huil nie , maar wat hier voor ons is , daarop met ek ingaan . Die volk het alreeds die hek Ek vra om verskoning omdat ek daaroor praat wat hulle seermaak . Hierdie saak versteur ek weet dit val buite die besprekings . die vrede onder die volk . As die volk na ons kyk , ons wat in die Raad is , hulle dink ons praat niks nie , ons sit net hier . As ons nou weer moet kom met ' n belasting op beeste ensovoorts , dan is dit net moeilikheid soek . Ons moet die dinge wat hulle seermaak en nog nie uit die weg geruim is nie , eers uit die weg ruim . Met hierdie saak wil ek afsluit . In verband met 4 , verstaan ek nie waarom die bevolkingsgroepe of stamowerhede hulle verteenwoordigende liggame wat aangewys moet word , dit so gou moontlik gedoen moet word nie . Dankie , meneer die Voorsitter , en ek wil ook weet hoe hulle gekies

25 .

gaan word . VOORSITTER : Ek vra eers die Hoofminister om hierdie verteenwoordigende liggame wat aangewys met word , te verduidelik . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , in die eerste plek wil ek aan hierdie lid wat in verband met die belastings gevra het , verduidelik . Die Kabinet het nie ' n wetsDit is net aan die ontwerp of ' n besluit na die Raad gebring nie . Huis voorgelê sodat die Huis kan weet dat daar so ' n gedagte is oor wat moontlik in die toekoms gedoen kan word . Dit is hierdie Raad wat so iets sal bespreek . Dit is hierdie Raad wat sal moet In verband met besluit . Ek het dit net gebring vir kennisname . die sake by die hek , weet ek nie of ek daarop moet ingaan nie want dit is nie in my toespraak gemeld nie . Omtrent die verteenwoordigende liggame wil ek net aan die agbare lid wat gevra het sê dat oor hierdie saak ons nog besluit , dit wil sê ons sal besluit wie die lede moet wees wat vir hulle stamme of vir hulle mense sal verteenwoordig . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop die agbare lid verstaan wat verduidelik is . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , in verband met die hondebelastings ensovoorts verstaan ek dat dit net in die Huis se midde gelê is , en dit sal later vir bespreking voorgelê word . Dit verstaan ek . Ten opsigte van die verteenwoordigende liggame Ek het ek nie mooi verstaan nie , hoe kan Suidwes die lede aanwys . verstaan dit nie - sal die volk bevredig wees dat hulle verteenwoordigers deur mense van Suidwes - Afrika aangewys word en nie deur hulleself nie? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek vra die agbare Hoofminister om verder te verduidelik . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , dit is nie nodig om hierdie saak nou te bespreek nie , dit sal later bespreek word en behandel word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lid verstaan soos dit nou verduidelik is . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , nou verstaan ek dat dit in ' n sekere mosie is wat later bespreek sal word . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , ek is by die laaste bladsy , ek staan nog by die belastings stil . Hierdie belasting van honde , waens ensovoorts verstaan ek nie mooi nie . Waarom verskyn dit in hierdie begrotingsrede , waarom is dit nie afsonderlik gemeld nie ? Waarom is daar nie ' n ander begrotingsrede daarvoor nie? Die begroting word nou bespreek en as ons dit hier noem sal baie mense daaroor twyfel . Wanneer ons aan die vee dink moet ons besef dat daar nie geld is nie . As ek iets hier noem , sal baie mense verbaas staan . Hoekom het u nie die saailande belas nie? Wanneer sal die saailande belas word? Waar is die geld , waar is die belasting vir saailande ? Waar is die boetes vir die mense wat so baklei? Die gelde wat vir die winkeltjies en kroeë betaal word , waar is daardie geld ? Hoekom is daar nie voorsiening vir daardie dinge nie? In watter hoek verdwyn dit?

Alvorens ons belasting oplê moet ons eers besluit waarvoor Hoekom dek die begroting net die klein ons die fondse benodig . dingetjies ? Ons het mense wat dag en nag werk maar daar word

26 . niks gedoen nie . Die mense wat hierdie begroting opstel weet blykbaar nie mooi waaroor alles gaan nie . Ons het stamsekretarisse maar hoekom verskyn hulle nie op die begroting nie ? Waarom huil ons mense almal ? Ons moet ' n begroting uitwerk vir al die mense wat ons hier verteenwoordig , want hulle salarisse is baie min . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , dit is voorgelê vir bespreking . LID JOHANNES KWEYO : Ons staan nog by die voorstel dat daar 'n Hoewel daar gesê is ons belasting op beeste ingestel moet word . mag dit nie bespreek nie , weet ek nie want wanneer die baard kom moet dit geskeer word . Hierdie Raad moet eers daaraan dink wie Hierdie Raad weet wansoek water wie soek gras vir die beeste . neer ons ry , ry ons met die teerpad , dit is waarvoor ons belasting vir die voertuie betaal . Nou as daar dan vir die beeste betaal moet word , wie sal dan water en gras vir die beeste vind , wie sal dit doen? Ek het baie lank gelede op plase gewerk . In die suide betaal die mense vir hulle beeste omdat daardie beeste uit die put van ' n sekere blanke wat daardie put gegrawe het , drink . Nou verstaan ek nie mooi nie , want dit is ek wat die put grawe , en dit is ek wat die beeste aanjaag na die groen gras . Ek wil ook stilstaan by die belasting op honde . Ons Wambo's het net honde om te blaf , want daaris nou ' n wet wat sê dat daar nie gejag mag word nie . Daar word bepaal dat selfs al word hy gevind met slegs ' n skilpad , gaan hy tronk toe . In Owambo is daar nie myne nie , daar is nie geld nie , waar kan ons dan geld kry? As hierdie Raad dan gaan aanvaar dat daar vir die honde ' n belasting betaal moet word , waar dink hulle gaan ons geld kry . Ek hoop dit is ' n gedagte wat later sal kom . Ons moet weet dat ons honde nie gebruik word om te jag nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie bespreking is nog oop . LID VAINO IIPINGE : Meneer die Voorsitter , dankie dat ek ook geleentheid gekry het om iets te sê . Ek dink ons moet nie aan ons vyande ' n geleentheid gee om ons te blameer vir onnodige laste wat ons op die skouers van ons mense plaas nie . Ons moet daarvoor sorg , want wanneer kinders verwag dat jy vir hulle pap moet gee , mag jy nie vir hulle warm pap gee nie . Oor hierdie saak in verband met beeste , mag ons nie diep op ingaan nie , want dit raak die harte van al die Wambo's . Ek wil nog oor die woorde van die agbare lid Kweyo praat , naamlik waar kry ons gras en water vir ons beeste . Ek het nie beeste gekoop nie , ek het dit van my ouers geërf . Miskien kan ons dink aan fietse omdat fietse gekoop word , en iemand wat ' n fiets gekoop het , behoort geld te hê . Dit kom ook ooreen met die voertuie waarvoor ons belasting betaal . Gewoonlik wanneer ' n saak hier bespreek word , dink die Raad dat die saak alreeds finaal oor besluit is omdat die mense geneig is om alles aan te neem wat voorgelê word . Omdat hierdie saak so groot is , sal hulle net dink dat die lede na die sitting gegaan het om hulle te onderdruk , terwyl hulle verwag het dat daar vir hulle hospitale gebou sal word asook skole vir hulle kinders . Sover , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Agbare meneer die Voorsitter , ek vra asseblief dat die Raad verdaag tot 2 - uur nm . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief?

27 . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting tot 2 - uur nm . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) VOORSITTER : Agbare lede , is daar miskien nog iemand wat iets wil sê oor die begrotingsrede wat ons nou mee besig is ? LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , in verband met dit waarmee ons besig is , verstaan ek nie so mooi nie . Ons moet praat oor die dinge in Owambo maar in verband met hierdie belasting verstaan ek nie so mooi nie . Wanneer ons daar by die stamkantore is , loop ons by die mense rond om te verneem wat hulle verlang . Wanneer ons na die sitting kom dra ons kennis van al die klagtes wat ons daar gekry het , maar hierdie mosie , ek weet nie waar dit vandaan kom nie . Kom dit miskien van die stamowerhede af? Daar is baie klagtes wat hier ingedien behoort te word maar hulle is nog nie hier nie . Sal ons iets oor inkomstebelasting vind by die bespreking van Binnelandse Sake . Al hierdie dinge wat hier genoem is , sal ons vind onder die Departemente wat daarmee handel . Dit is die werk van die agbare Hoofminister om aan elke Departement sy werk te gee . Elkeen wat iets het in verband met veeheffings ensovoorts , moet wag totdat die saak te berde kom . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter en agbare lede , ek sê baie dankie vir wat nou gesê is . Daar was ' n lig nodig vir die agbare lede . Dit het gelyk as of daar in die toespraak van die agbare Hoofminister nie genoeg lig vir hulle was nie . ' n Paar het gedink dat ' n mosie voorgelê was en dat hulle nou besig is met die bespreking daarvan . Dit is reg dat die agbare Hoofminister die gedagte van sy Kabinet aan die Raad voorlê om te sê wat hulle dink . Die agbare Hoofminister moet die Raad voortdurend inlig en sê wat hy beoog . Dit vind ons in die toespraak van die agbare Hoofminister . Dit is moontlik dat die lede nie daarmee mag saamstem nie . Dit is iets wat nog besluit moet word . Dit is dan so dat al die sake wat by kom in verband met Suidwes , dit wil sê die dinge wat ons as ' n volk seermaak , moet oorstaan totdat ons by die mosie kom . Ons sal dit later kry . Hoewel daardie mosie dan nie ooreenstem met ons gedagtes nie moet ons dit eers laat oorstaan en voortgaan met ander sake . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , die begrotingsrede van die agbare Hoofminister was baie duidelik , veral deur lid Kalangula gestel . Die agbare Hoofminister het net gedink wat om te doen om fondse vir hierdie Regering te kry . Behalwe vir ' n klein sakie wat oor belastings handel , en dit is nie groot nie , dit is baie klein , net die laaste paragrafie handel daaroor , is alles mooi duidelik . Al wat hier gevra word , is ' n bron van inkomste vir die Regering . Daar moet nog iets gedoen word in verband met hierdie bron van inkomste , daarna sal ons daaroor kan Hierdie is net ' n gedagte praat , en kyk of dit reg is of nie . wat gestel is . Die agbare Hoofminister het nie gesê dit is ' n besluit nie . As daar iets gedoen gaan word , sal dit die Wetgewende Raad wees wat die saak gaan ondersoek en besluit waar ons die inkomste gaan kry . Die agbare Hoofminister het dit duidelik gestel dat die inkomste wat ons uit eie bronne kry , is net ' n miljoen en ' n paar honderd rand . As die land net een miljoen gee , waar sal die

28 . ander geld gevind word om ons inkomste te vermeerder? Daar moet aan bronne gedink word . Sal die Regering van Owambo altyd gehelp moet word , of sal hy ook in Staat wees om op homself staat ce maak . Ek vra maar net , alhoewel ons gedurig sê dat ons meer klaskamers wil hê , want wat sal dit help as ons gedurig net vra , as daar nie ' n eie bron waar ons vandaan kan kry is nie ? Hierdie is net gedagte wat voorgelê is , maar ons moet ' n eie bron vind . Hierdie ding om net altyd gehelp te word en om net altyd te vra , bring onder die volk ' n siekte sodat hulle naderhand niks op hulle eie wil doen nie maar net hulp wil ontvang . Dit wat jy self doen en wat uit jou sak kom , dit is jou eie . Ek stel nie voor dat daar belasting soos hondebelasting , wielbelasting op fietse , waens en skotskarre moet wees nie , maar ek stel voor , soos die agbare Hoofminister dit gedoen het , dat die Wetgewende Raad moet dink wat gedoen kan word om eie inkomstebronne hier te kry . Die agbare lede moet ook mooi verstaan dat daar ' n verskil is tussen die regering se fondse en die stamfondse . Daar is geld vir die Regering , dit wil sê die wat hier voorgelê is , maar daar is ook geld uit die stamfondse self wat deur die mense betaal word . Die stamfondse word net nie hier genoem nie . Ek wil dit net duidelik stel dat dit wat die agbare Hoofminister se gedagtes was , maar hierdie Huis moet self ook dink wat gedoen kan word om inkomstebronne te vind , soos die een agbare lid hier genoem het in verband met die saailande ensovoorts . Dit is wat hy gedink het en daarom het hy gevra kan ons dit nie doen nie? Dit is nie ' n besluit nie . Iemand kan nog aan iets anders dink . Wanneer hy vra of ons nie dit of dat kan doen nie , is dit nog nie ' n wet nie , dit is nie ' n besluit nie . Dit is net ' n voorstel om daaroor na te dink sodat ons ' n bron kan vind . As ons net hiervoor debatteer en daar eindig , sal dit nie help nie , ons moet die fondse kry. Om damme te grawe , skole te bou , water vir beeste en ander vee te voorsien , het ons meer as R1 miljoen nodig . Die verskillende Regeringsamptenare moet ook hulle salarisse kry , dit is hier in die begroting . Hulle salarisse kan nie uit daardie R1 miljoen betaal word nie . Daar moet iets anders gedoen word . Wanneer ' n mens daaraan ding om gehelp te word , dan moet hy ook daaraan dink om self iets te doen sodat wanneer die tyd aanbreek dat hy nie meer gehelp kan word nie , dan moet hy in staat daartoe wees om homself te help . Die Regering het nie baie geld nie , maar die Regering dink aan moontlike bronne om geld in die hande te kry . Daar kan gedink word dat die toeriste byvoorbeeld iets moet gee , dit is ook ' n bron waaraan gedink kan word . Sê byvoorbeeld ons bou ' n dieretuin sodat die mense wat kom kyk Die agbare iets by die hekke kan gee , dan is dit ook inkomste . Hoofminister het net bronne voorgestel , dit is nie dat hy klaar daaroor besluit het nie , hy het net ' n bron voorgestel waaruit ons geld kan kry . Dit was die enigste wat hy gesê het , sy toespraak was nie lank nie en die belastingvoorstelle was maar net ' n klein puntjie wat uit verband geruk is omdat ' n Wambo niks wil hoor in verband met sy beeste nie . Iemand het genoem dat die blankes wat hier werk ook iets moet gee , maar as ons dink aan die blankes wat in die regering werk , sal ons besef dat hulle baie min is . Daardie belasting wat hulle betaal gaan na die stamfondse waar hulle vandaan kom , dit sal nie ons inkomste vermeerder nie . Ek wou dit net duidelik stel dat toe die agbare Hoofminister voorgestel het , was dit net om die saak voor die Raad te lê sodat die Raad kan

29 . waarvandaan kom die inkomste? dink maar die tema is soos hy is Net ' n miljoen uit ons eie sak uit , en die ander miljoene , waar vandaan kom dit? As die mense wat ons help , sê - ons sal nie ' n Mens moet self meer vir hulle help nie , wat sal ons dan doen? probeer terwyl daar iemand is wat jou help . Wanneer hy nie meer in staat is om te help nie , dan weet jy wat om te doen . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID RAKEL AMUNYELA : Meneer die Voorsitter , dit was die eerste keer dat ek verkies is , en vanaf 10- uur tot 12 - uur het ek goed geluister tot dit verdaag het . Hierdie sitting is groot en belangrik . Ek het gesien dat die gesigte straal van blydskap want daar was woorde wat ' n mens bly gemaak het . Ons agbare Hoofminister het my bly gemaak toe hy gepraat het . Hoewel daar aan die end van sy toeOns wat spraak swaar woorde was wat die agbare lede getref het . gekies is as die leiers van die volk , ook ons vroue is gekies om die volk te lei , ons is gekies om die goeie te laat deurgaan en die slegte te keer . Wanneer ons hier sit , ook ons as dames , luister die volk wat ons sê , want die volk verwag dat ons goed na die volk sal omsien deur die foute teen te staan . Wanneer daar onder die volk ' n tevrede gevoel is en die kinders goeie kos kry en opgevoed word , sal hulle in staat wees om die volk ook met inkomstebronne te help , want hulle verwag dat ons hulle moet bly maak . Wanneer die kinders goeie kos kry is hulle bly en daar is vrede in die huis , maar wanneer kinders honger is , huil hulle net . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , daar is baie gepraat en ek hoop die lede het mooi verstaan . Alhoewel ons baie gepraat het sal dit nie baie help nie , ons moet diep dink wat gedoen kan word . Nou vra ek die agbare Hoofminister om iets te sê oor sy begrotingsrede . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek sê baie dankie dat u my n kans gegee het om iets oor die begrotingsrede te sê . Baie van ons agbare lede het hieroor gepraat en dus lyk dit vir my asof dit vir almal duidelik is . Die moeilikheid het Ek net gekom by die laaste reëls wat te doen het met veeheffings . het dit net as ' n voorstel gestel , want daar is nie ' n volk ter wêreld wat nie sal probeer om nuwe bronne van inkomste te vind nie . Sekerlik moet die Huis daaroor praat , want soos ek reeds gesê het moet die Huis self besluit en probeer uitvind of dit moontlik is of nie . Ten slotte wil ek net vra dat die Huis hierdie saak aanvaar soos dit is . Dankie .

VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief ?

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die begrotingsrede deur die Raad aanvaar is .

MINUUT NR.17 : BEGROTINGSPOS DEPARTEMENT VAN DIE HOOFMINISTER EN FINANSIES WORD BESPREEK : VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die Derde lesing van Ek versoek die agbare Hoofdie Owambo Begrotingswetsontwerp . minister om iets oor hierdie begrotingspos te sê .

30 . Meneer die Voorsitter en HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : agbare lede , die konsepbegroting van my departement toon ' n netto vermeerdering van R122 500 teenoor die voorsiening van verlede jaar . R100 800 hiervan is om voorsiening te maak vir die verhoging van salarisse van lede van hierdie Wetgewende Raad , wat ingevolge Artikel 1 van Wet 9 van 1973 betaalbaar is . Hierdie betalings vorm ' n direkte las teen die Inkomstefonds van Owambo , en aangesien die bedrag dus reeds deur wetgewing goedgekeur is , is geen verdere bespreking deur die Wetgewende Raad nodig nie . Die netto vermeerdering in die deel van my departement se konsepbegroting waaroor die Raad moet besluit is R21 700. Duidelikheidshalwe behandel ek elke subhoof apart .

Subhoof A : Salarisse lone , en toelaes : Toon ' n vermeerdering van R6 230 wat toe te skryf is aan normale salarisverhogings en ' n aanpassing gedurende die 1974/75 boekjaar . Subhoof B : Verblyf- en vervoerkoste : Vermeerdering R17 500 Ministers sal hierdie jaar meer in die gebied rondbeweeg om vergaderings te hou , en daarom is Rl 700 meer voorsien vir motorvervoer en R200 meer vir verblyfkoste . Die Wetgewende Raad se ledetal is met 21 vermeerder , sessietoelaes is van R6 na R8 per dag verhoog . Om voorsiening te maak vir hierdie addisionele uitgawes , is ' n bykomende R15 600 nodig . Subhoof C : Pos , telegraaf en telefoondienste : Vermeerdering van R2 200. My departement maak voorsiening vir die betaling van telefoonoproepe asook die huur en installeringskoste van telefone , vir die hele Regeringsdiens . Die uitbreiding in werksaamhede genoodsaak ' n verwagte bykomende uitgawe van R2 200 . Subhoof D : Drukwerk , advertensies en publikasies : Vermeerdering van R4 000. Die bedrag wat onder hierdie subhoof aangevra word , word hoofsaaklik aangewend vir die druk van die verbatemverslag van die verrigtinge in hierdie Raad . Aangesien daar 21 meer lede in die Raad is as verlede jaar kan daar verwag word dat meer besprekings sal plaasvind wat hoër drukkoste sal meebring . Subhoof E : Diverse uitgawes : Hierdie subhoof toon ' n netto vermindering van R2 030. Die grootste enkele vermindering naamlik R1 950 is daaraan toe te skryf dat daar op die 1974/75 begroting onder item 12 , die bedrag van R2 000 voorsien is vir die oprigting van ' n steen op die graf van wyle kaptein Uushona Shiimi , en ' n gedenkteken op die plek waar hy die lewe gelaat het . Daar word dus net R50 vanjaar onder item 12 voorsien om die item op die begroting te hou . Item 8 , onvoorsiene uitgawes , is met R500 verminder aangesien daar in die vorige jare gevind is , dat uitgawes onder hierdie item minimaal is . U sal merk dat daar vanjaar twee nuwe items onder hierdie subhoof verskyn , naamlik item 13 - gratifikasie aan die weduwee van wyle Kaptein Uushona Shiimi , en item 14 - onthaal deur stedelike verteenwoordigers . Die R240 onder item 13 is om ' n maandelikse toelaag van R20 aan Mev . Shiimi te betaal om te verseker dat sy geen gebrek ly nie . Die onthaal toelae van die stedelike verteenwoordigers is voorheen onder subhoof G voorsien , maar aangesien dit eintlik onder hierdie subhoof tuishoort is dit hierheen oorgeplaas . Hierdie R180 is dus inderwaarheid nie ' n nuwe voorsiening nie . Subhoof F : Finansiële hulp aan stamowerhede bly onveranderd , aangesien die finansiële posisie van die stamowerhede nog gesond is .

31 . Subhoof G: Toelaes , geskenke en verversings aan kapteins , hoofman: Vermindering van R6 200. Die bedrag op die 1974/ ne en gevolg 75 begroting naamlik R23 200 was ongelukkig oorberaam , en dit word nou verminder . Meneer die Voorsitter , dit verduidelik my departement se konsepbegroting . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , ek verdaag die Raad vir 15 minute . (DIE RAAD VERDAAG VIR TEE )

VOORSITTER : Agbare lede , nou sal ons die begrotingspos van die Departement van die Hoofminister en Finansies bespreek . Ons neem subhoof vir subhoof vanaf subhoof A. Ek vra die sekretaris om subhoof vir subhoof te lees . ( Sekretaris lees Subhoof A) VOORSITTER : Agbare lede , dit is nou oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Hoofminister bedank omdat hy die begroting vir hierdie jaar so goed uiteengesit het . Ek het net hier ' n klein vragie , wat ek nie mooi verstaan nie . Dit is vir my moeilik om te verstaan . Hier by die verteenwoordigers van die Kabinet is daar R5 760 , maar ek weet nie hoeveel verteenwoordigers daar is nie . Dankie . VOORSITTER : Agbare lid , ek gee u vraag aan die agbare Hoofminister . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , daar is byvoorbeeld een te Tsumeb , een te Okahandja , een te Windhoek , en een in Walvisbaai . VOORSITTER : Ek hoop die agbare lid het verstaan . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek het mooi verstaan . Ek verlang net dat die getalle in die volgende begroting gemeld moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , die agbare lid wat laaste gepraat het oor bladsy 5 , het gesê hy verstaan nou mooi maar ek staan nog daarby . Ek wil net ' n verduideliking hê - hierdie bedrag vir die verteenwoordigers van die Kabinet , is dit hulle salarisse of is dit net ' n bedrag as daar iemand bykom , sodat sy salaris daaruit betaal kan word? Sê nou daar word nog ' n addisionele verteenwoordiger aangestel , sê byvoorbeeld by Grootfontein sal hierdie bedrag genoeg wees ? Dankie . VOORSITTER : Agbare lid , ek gee u vraag aan die agbare Hoofminister om te antwoord . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , aan die lid wat gevra het , wil ek net verduidelik dat hierdie bedrag net genoeg is vir die verteenwoordigers wat ons op die oomblik As daar nog ' n ander verteenwoordiger aangestel word , sal sy het . salaris deur middel van addisionele begroting reggestel word . Dankie . VOORSITTER : Ek hoop die agbare lid het verstaan soos dit verduidelik is . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek het verstaan maar ek het nog n vraag . Sê nou byvoorbeeld daar kom ' n behoefte

32 . by Seeheim en hulle vra dat daar ' n verteenwoordiger aangestel moet word en ons voel dat dit ook gedoen moet word , waar sal die geld vir sy salaris gevind word ? Sal ons moet wag vir volgende jaar? VOORSITTER : Agbare lid , ek gee u vraag aan die agbare Hoofminister. HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , as daar ' n skielike behoefte kom en ons moet ' n addisionele verteenwoordiger aanstel , dan word die geld wel uit besparings gevind . Dankie . VOORSITTER : Ek hoop die agbare lid verstaan nadat daar so mooi aan hom verduidelik is . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , dankie vir die verduideliking . Laat ons maar voortgaan . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , hierdie begrotingspos is bespreek en ons almal verstaan dit . Ek stel voor dat dit aanvaar word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer dit . VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . ( Sekretaris lees Subhoof b) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie is ook oop vir die Raad om te bespreek . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek merk dat die bedrag vir motorvervoer vermeerder , dit is meer as die vir verlede jaar . Dit het my baie bly gemaak want ek verwag dat daar vanjaar meer voertuie sal wees sodat die voertuie dwarsdeur die land kan reis en daar vergaderings gehou kan word , want in die verlede was daar ook so ' n bedrag gewees maar die voertuie kon nie ver gery het nie . Dit is baie goed want ek sien die vergaderings begin nou vrugte afwerp . Ek wil dit net noem dat by ' n sekere Minister het hierdie vergadering baie vrugte opgelewer . As daar so ' n groot bedrag is , moet daar baie gery word , sodat aan die mense verduidelik kan word wat die probleme van die Regering is . Wanneer hierdie bedrag aangeneem is , moet daar met hierdie vergaderings voortgegaan word . In besonder wil ek die Hoofminister bedank vir die vergaderings wat hy gehou het en omdat hy so baie rond beweeg het . As sy departement baie geld vir vervoer kry , voel ek dit is baie goed , want hy doen baie meer as die ander departemente wat niks doen nie . Miskien sal ons nog daaroor praat wanneer ons by die ander departemente kom , maar dit moet duidelik wees , as hulle hierdie geld kry , moet hulle dit goed gebruik . Die volk verwag dat die Minister hulle moet besoek , sodat hulle met hom kan kennis maak , en aangesien daar geld is moet ons Ministers asseblief rondry . Die Sekretarisse moet ook rondry sodat die mense hulle ook kan leer ken . Ek hoop dat ander ook daaroor sal praat . As dit nie nodig was om daaroor te praat nie , sou ek dit aangeneem het soos dit is , maar nou doen ek dit nie . Dankie .

33. VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek sien die bedrag is vermeerder en ek neem dit aan soos dit is . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID IMMANUEL ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aangeneem is en ons gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof C) VOORSITTER : Agbare lede , dit is oop vir die Raad om te bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , subhoof C is dieselfde vir al die Departemente en het te make met die administratiewe benodigdhede . Elke departement weet hoeveel nodig is vir telegramme en telefoondienste , en dus moet ons aanvaar dat die R22 200 wat hier begroot is , genoeg is vir hierdie jaar . As die mense wat daarmee werk hierdie bedrag aangeneem het , weet ek nie of dit nodig is om die Raad se tyd daarmee te mors nie . As daar nie teenvoorstelle is nie , wil ek dit aanneem soos dit is . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Omdat niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit aangeneem is en ons gaan voort . (Sekretaris lees Subheef D ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nou oop vir die Huis om te bespreek . LID JESAYA NAMBUNDUNGA : Meneer die Voorsitter , oor subhoof D , is daar niks om te bespreek nie , en ek neem dit aan soos dit is . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief ? Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . LID FESTUS ASINO : VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Omdat daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat subhoof D deur die Raad aangeOns gaan voort . neem is . (Sekretaris lees Subhoof E ) : Agbare lede hierdie subhoof is oop vir bespreking .

VOORSITTER :

LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , met betrekking tot subhoof E item 10 - ek onthou verlede jaar het die Raad voorgestel dat aangesien die Owambo Kavango Kerk ' n hulptoelae kry en daar in Owambo ook ander kerke is wat jonk is , moet hierdie kerke ook Dit het nie uit jaloesie gekom nie maar uit ' n hulptoelaag kry . uit liefde , sodat die ander kerk ook in staat daartoe kan wees om is sterretjies hulle werk in Owambo te doen . Ek sien ook daar by, ek weet nie wat dit beteken nie , maar hier het ek ' n verduideliking nodig . VOORSITTER : Agbare lid , ek gee u vraag aan die agbare Hoofminister vir ' n antwoord in verband met wat u verlede jaar gevra het . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ja , dit is waar dat dit verlede jaar so gevra was dat ander kerke ook aansoek doen vir hierdie hulptoelae . Dit was nie gedoen uit

34 . jaloersheid nie maar uit liefde sodat ander kerke ook hulle werk kan voortsit . Hierdie versoek is nie verwerp nie . Wanneer daardie kerke ook aansoek doen vir hierdie hulptoelae sal hulle waarskynlik dit ook kry . Dankie . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lid verstaan het . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek verstaan die antwoord van die agbare Hoofminister . Ek voel dat wanneer hierdie kerke hulptoelae van die Regering kry sonder dat hulle aansoek daarom gedoen het , sal hulle dit met albei hande aanneem en hulle sal voel die Regering het hulle lief . Die Regering is die moeder van Hierdie Huis verteenwoordig die hele volk waarin die kerke dien . die hele volk en wanneer die kerke hulp by die Regering kry dan sal hulle voel hulle is ' n lid van die volk . Dit is presies soos wanneer hierdie Huis een van sy kinders opmerk wat verkeerd doen , en hom ' n klap gee . Daardie kind sal hierdie klap aanneem as komende uit liefde . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof E van 1975/76 het my bly gemaak . Hierdie R2 000 wat vir die weduwee van wyle Kaptein Uushona Shiimi , op sy gesit is . Daardie eerste bedrag wat ek genoem het is vir die grafsteen en dan is daar R240 vir die weduwee van wyle kaptein Uushona Shiimi . Ek stel voor dat hierdie subhoof aanvaar word soos dit is . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID HELMUT EITA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer dit . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aangeneem is . Ons gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof F ) VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , hierdie Subhoof F , Finansiële hulp aan stamowerhede R100 . Ek sien dit is net dieselfde as verlede jaar . Ek neem aan dat dit aanvaar moet word soos dit is . Ek stel voor dat dit aangeneem moet word soos dit is . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief . LID PAULUS AMUKOTO : Meneer die Voorsitter , die Owambo spreekwoord sê → dit is gelukkiger om te gee as om te ontvang . Ek sekondeer dit . Dankie . VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort .

(Sekretaris lees Subhoof G ) VOORSITTER :

Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , in die begrotingsrede van die agbare Hoofminister is daar iets wat ek nie mooi verstaan nie . As u vir ' n persoon iets gegee het en dit dan skielik nie meer gee nie , dit is maklik , maar as jy vir ' n persoon iets Die toelaes gegee het en dit weer terugvat , dan is dit moeilik . aan kapteins en hoofmanne was verlede jaar R23 000 , maar vanjaar is die toelaes aan kapteins en hoofmanne R17 000 . Wanneer mens

35 . iets verkeerd doen word hy beboet sodat die hoofman iets kan kry . Persoonlik sou ek dit ook gedoen het , en miskien meer gevra het . Nou vra ek ' n verduideliking asseblief , alles het opgegaan maar hierdie het verminder . VOORSITTER : Agbare lid , ek gee u vraag aan die agbare Hoofminister . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ja dit is reg dat dit nie aan hom verduidelik is nie . Dit het gebeur dat nadat die kapteins en hoofmanne se salarisse klaar betaal was , het daar nog iets oorgebly , en daardie bedrag wat oorgebly het , is gebruik op ander werk . Daarom is daar ' n kleiner bedrag begroot . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lid verstaan het . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek het verstaan wat die agbare Hoofminister verduidelik het , maar wat my dronkslaan is net dat ek baie hoofmanne teëkom wat kla oor hulle klein salarisse hoewel daar iets oorgebly het . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek het vir hierdie paragraaf gewag en nou het dit gekom . Dit is net jammer dat toe ek ' n vraag gestel het wat oor die verkoop van saailande gehandel Hierdie Departement het my net , ek nie antwoord gekry het nie . nie ' n antwoord gegee nie . Aangesien die salarisse van kapteins en hoofmanne so laag is , is dit die hoofrede waarom daar nie van daardie gewoonte om saailande te verkoop afgesien kan word nie . Wanneer ons kapteins en hoofmanne goeie salarisse kry en nie hierdie klein salarisse wat meer na ' n geskenk as iets anders lyk nie , dan sal hulle in staat wees om nie meer saailande in die wyke te verkoop nie . Meneer die Voorsitter , ek weet hierdie saak is al lank gelede in hierdie Raad bespreek . Hoewel die verkoping van saailande nie genoem is nie , noem ek dit omdat salarisse vir ons kapteins en hoofmanne hier genoem word . Is die tyd nog nie ryp dat ons kapteins en hoofmanne meer salarisse moet kry sodat die inkomste wat uit saailande ensovoorts kom , in die stamfondse gestort kan word nie? Ons kry dan ' n bron van inkomste vir die stamfondse . Hier het ek ' n verduideliking nodig . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid , ' n verduideliking word hier gevra , ek gee dit aan die agbare Hoofminister . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek versoek hierdie lid wat gevra het in verband met saailande , huise en wyke om asseblief weer hierdie vraag met die volgende sitting te vra sodat ons kan kyk of dit moontlik of onmoontlik is . Dankie meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lid verstaan het . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek het verstaan . Ek wil net vra of die agbare Hoofminister verwys het na die volgende of na die sitting waarin ons nou is . Ek het mooi verstaan aangesien die agbare Hoofminister gesê het daar is niks wat my hinder nie , en nou weet ek wat ek gaan doen . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir die Huis om te bespreek .

36 . LID MICHAEL HAMUTUMBANGELA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat ons enige verwysing na hondebelasting ensovoorts skrap , en indien dit gebeur stel ek voor dat ons dit so aanneem . Ek aanvaar dit soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : spreek .

Agbare lede , dit is nog oop vir die Raad om te be-

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , dit is deur die agbare Hoofminister gesê dat daar niks is wat hinder dat die saak hier bespreek word nie . Kan ons nie tydens hierdie sitting ' n mosie indien om hierdie saak nou te bespreek nie ? As ons die saak nou bespreek , is daar hoop voor . As dit eers in die volgende sitting bespreek gaan word , dan beteken dit dat die besluite eers na daardie sitting uitgevoer kan word . My vraag is - is hierdie sitting nie in staat om ' n dringende mosie in te dien en te laat bespreek nie ? Ek vra dit omdat ek dit verlede jaar gesien gebeur het , hoekom kan dit nie vanjaar weer gedoen word nie ? As daar dringende mosies is wat nodig is om ingedien te word , dan moet dit deur die Kabinet gaan , maar aangesien die Kabinet nie ver is nie , hulle is hier , is dit mos nie moeilik om dit aan hulle voor te lê nie . So nie sal dit soos die belastings van honde en katte Katte is nie genoem wees , soos die agbare lid dit gestel het . nie , maar ek bedoel alle troeteldiere . As dit moontlik is , vra ons die agbare Hoofminister of u meneer die Voorsitter vir ons kan sê of dit moontlik is of nie . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , kyk op bladsy waar dit gaan oor mosies van die Regelement van Orde . Dit sal die antwoord wees op wat ge vra is . Dit is op bladsy 15 . (Sekretaris lees die Regelement van orde ) VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede mooi verstaan het . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , vir my is dit verbasend dat hierdie bespreking oor die saailande en die verkoop van wyke by wyse van ' n mosie vir bespreking voorgelê word , want dit word al vir vier jaar bespreek . Ek wil graag weet wat nog gedoen moet word . Mag dit asseblief aan my verduidelik word , want verlede jaar het ons dit ook bespreek en ons weet nie wat daarmee gebeur het nie , en nou word gesê dat dit tydens die volgende sitting by wyse van ' n mosie ingedien moet word . Dit lyk vir my dit word net bespreek en in die laaie gebêre , dit geniet nie aandag nie , en nou word daar gesê daar moet ' n mosie daaroor ingedien word . Wanneer sal dit klaar bespreek word? Of vrees mense dit? As dit vrees is , hoekom word nie uitdruklik gesê dat mense dit vrees nie? Ek versoek ' n verduideliking asseblief . Dankie . VOORSITTER : Agbare lid , ek gee u vraag aan die agbare Hoofminister . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , verlede jaar het ons gesels oor die verhoging van die salarisse van kapteins en hoofmanne , en dit is gedoen . Dankie . LID JOHANNES KWEYO : Meneer die Voorsitter ... VOORSITTER : Geen toestemming nie . sitting tot 10 - uur more - oggend .

Agbare lede , ek verdaag die

(DIE HUIS VERDAAG TOT 15/5/75 )

37 . DONDERDAG

15

MEI

1975 .

MINUUT NR.18 :

Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.19 : NOTULE VAN 14/5/75 WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van die verrigtinge op 14 Mei 1975 te lees . (Sekretaris lees notule ) MINUUT NR.20 : AANKONDIGINGS DEUR HOOFMINISTER : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister om aankondigings te doen , indien enige . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Daar sal ' n vertoning wees deur die Weermag op Vrydag 16e deser . Owambo publiek kan vanaf 2.30 nm . op Vrydag 16 Mei 1975 , dit is more , na die Ondangwalughawe gaan waar die vertoning gelewer sal word . Die Kabinet en Wetgewende Raad moet om 3 nm . by die lughawe aanwesig wees . Twee beeste sal die aand gebraai word . Meneer die Voorsitter , agbare lede , dit is met groot genoë dat ek vanoggend kan aankondig dat groot getalle van ons mense van oorkant die grens teruggekeer het . Hulle het swaar gelewe en hulle lewens was in gevaar . Daar is ook op hulle geskiet en hulle het ter nouernood aan die dood ontkom . Die Wambo- volk ontvang hulle met ope arms terug in hulle land waar vrede en stabiliteit heers . Hulle kan verseker wees dat hulle in boesem van die volk Ek hoop opgeneem sal word indien hulle in vrede teruggekom het . dat die mense wat oor die grens gegaan het , ten spyte van my waarskuwings , nou seker is dat ek tog reg was en in die vervolg ag sal gee op my woorde van waarskuwing en nie sal luister na andersdenkendes nie . Ek was altyd bewus dat die mense wat my volk oorlok se motiewe nie suiwer is nie en nou het my mense dit vir hulle self gesien en ondervind . Sekere organisasies en kerke moet dus nou ophou om my mense te verwar en te mislei , want nou het my mense self gesien hoe dit oorkant die grens gaan waar duisende onskuldige mense doodgeskiet word . Ware vryheid kan slegs in Owambo gevind word en nie elders nie . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , is daar miskien nog iemand wat iets oor die agbare Hoofminister se woorde wil sê ? MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , wat die agbare Hoofminister nou gesê het , is die waarheid . Die agbare Hoofminister het voorheen in die Huis gepraat en gesê dat ons mense wat oorkant die grens gegaan het , kan terugkeer na hulle eie land toe en daar sal nie teen hulle opgetree word nie . Dit is die siening van die Kabinet en van hierdie Huis . Ek persoonlik het ' n paar van die kinders wat teruggekeer het gesien , en self met hulle gepraat . Een van hulle is nie ' n kind nie , maar ' n onderwyser . Met sy terugkoms het daardie onderwyser nie reguit na sy huis teruggegaan nie , maar hy het direk na my toe gekom . Die onderwyser het toe aan my gesê ja meneer , ek het teruggekom want ek het die land onwettig verlaat , maar die oorsaak was die ander mense van ons land wat my mislei het en wat my omgepraat het . Hy het verder gesê dat hy goed gereis het hiervandaan tot by

38 . ' n sekere plek wat genoem word Teixeira de Souza . Hy het gesê die distrik is op die grens van Zaire en Angola . Hy het verder gesê toe ons daar aangekom het , het ons gesien dat daar in die huise geen mense was nie , die mense het hulle huise verlaat en oral waar jy kyk op die grond was net bloed . Een van die dogters het verder gesê dat as jy na die mure van daardie geboue kyk , dan sien jy net koeëlgate en verder dat ongeveer 2 000 mense by dieselfde plek doodgemaak is . Daardie mense op daardie plek het gesê dat die selfregering of die onafhanklikheid wat hulle beoog , beteken dat die Regering uit die hande van die blankes wat op die oomblik daar is geneem moet word , maar voordat dit gebeur , moet hulle mekaar eers doodmaak . Mens wonder nou wie van hulle gaan daardie onafhanklikheid geniet , as hulle hulleself eers doodmaak . Daardie onderwyser van my het verder gesê meneer , ontvang my weer terug , net soos daardie verlore seun waarvan geskryf is in die Bybel . Hy het verder · gesê ek is net soos Jona wat geweier het om die opdrag van die Here uit te voer om na Nineve te gaan , en toe het ek ' n ander pad ingeslaan , en het ek die onderwys verlaat . Hy het verder gesê omdat ek my eie volk baie lief het en nou verder gehoorsaam wil wees , het ek teruggekom net soos ek is . Ek het ' n storie wat ek kan vertel , en ek gaan dit self doen , dit gaan nie goed daar anderkant nie . As jy na hulle kyk , sal jy self bemerk dat daardie mense ' n baie slegte lewe daar anderkant gehad het . Ek kan niks anders doen nie , want dit is die belofte van ons Regering , en ek het hom terug ontvang net soos hy is . Wat ons gesê het is dat diegene wat in vrede terugkeer na sy eie moederland , in vrede ontvang sal word . Dit is wat ons gesê het . Toe ek verder met hulle gepraat het , met daardie mense wat teruggekom het , het ek agter gekom dat hier binne in ons land baie mense is wat die kinders - en nie net kinders alleenlik nie → maar wat baie mense ompraat en mislei en hulle uitlok om uit hul land te gaan na ' n ander land waar hulle net ' n slegte lewe gaan lei . Ek het verder opgemerk dat die kommuniste ook hier in ons land bedrywig is . U kan dit self hier opmerk , hier binne in ons land , want hier is mense wat sê dat dit wat die Regering daar gestel het , nie goed is nie . Daardie mense wat so praat is mense wat besig is om ander mense om te praat en te mislei . Soos ek vanoggend hier staan is ek baie bly want ek het self met my eie oë mense gesien wat teruggekeer het na hulle eie land , en ek het hulle met my eie hand gegroet en met hulle gepraat en hulle in vrede ontvang . Ek as Minister van Onderwys het daardie onderwyser van my met ope hande ontvang en ek kan niks anders teen hom doen nie , en ek sal probeer om sy werk aan hom terug te gee . Daardie kinders wat teruggekom het , wat skole hier verlaat het , sal ek probeer terug op skool kry , selfs al was dit lank dat hulle nie skool bygewoon het nie . Dit maak nie saak nie , ek sal probeer om hulle weer in die skool terug te kry . Dit is dan ons besluit en dit is ons beleid dat enige persoon wat terugkom, wat in vrede terugkom, sal ons met ope hande ontvang en ons sal hom weer hier in ons midde verwelkom . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Ondervoorsitter om na vore te kom sodat hy sy nuwe toga kan ontvang . Ek hoop en vertrou dat die agbare Raad baie tevrede is omdat die Ondervoorsitter ' n nuwe toga gekry het . MINUUT NR.21 :

39 . DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP 1975/76 WORD VOORTGESIT : BEGROTINGSPOS NR.1 WORD AANVAAR :

VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan vanoggend voort met die bespreking van die Begrotingspos van die Departement van die Hoofminister en Finansies . Ons gaan voort met die bespreking van subhoof G. Hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek gaan praat oor item 1 onder hierdie subhoof , wat handel oor die toelaes aan kapteins en hoofmanne . Ek wil net weet , is dit senior hoofmanne of word hier bedoel onder - hoofmanne , met ander woorde die hoofde van wyke? Toe ek ' n kandidaat was , het ek eendag met die hoofde van wyke gesels en hulle het my amper geslaan . Hulle het vrae aan my gestel , onder andere - as ons vir jou stem , gaan jy ons moeilikhede en probleme daar by julle vergadering opper? ' n Paar van hulle het toe gesê ons dien nou lankal as hoofde van wyke , maar tot dusver ontvang ons glad nie salarisse nie . Volgens my eie mening is hierdie hoofmanne wat hier genoem is , senior hoofmanne . Die onder - hoofmanne is steeds in diens , hulle gaan voort om mense te beboet , of saailande te verkoop . Die geld , die koopprys wat hulle ontvang , neem hulle na die senior hoofman . Ons kan vandag na hulle huise gaan en ons sal daar geld vind wat onder- hoofmanne gebring het . Die probleem van daardie onder - hoofmanne is dat hulle geen sent van daardie geld van die senior hoofmanne kry nie . Hy gaan terug na sy huis toe en gaan sy werk voortsit net soos hy gewoonlik doen . Wat dink die agbare Hoofminister van hierdie onder - hoofmanne , met ander woorde wat dink hierdie agbare Raad oor hierdie mense ? Daardie mense se lewe is in gevaar want die mense in hulle wyke is altyd van plan om hulle aan te rand . Omdat hierdie Regering daar is in belang van die volk , moet hierdie Huis ook oor daardie mense dink , sodat hulle ook gehelp kan word . Ek stem saam met een van die sprekers wat gister gesê het dat baie van die sake hier bespreek word maar dit vat lank om dit reg te maak . As iemand vandag huil en verwag dat hy vrygemaak moet word , sal hy eers na twee jaar vrygemaak word . So ' n persoon sal nooit verstaan nie . Daardie onderhoofmanne waarvan ek melding gemaak het , vind dit baie moeilik daar in hulle wyke , want selfs van die hofsake wat hy verhoor , verdien hy niks van nie . As daar dan vir hulle niks gedoen word nie , hoekom moet hierdie senior hoofmanne dan nie ' n gedeelte van daardie geld wat hulle van hulle onder hoofmanne ontvang , aan hulle teruggegee nie? As dit dan onmoontlik is , kan die senior hoofmanne dan nie verplig word om al die boetes of die geld vir die persele in die stamfonds te stort sodat die onder hoofmanne betaal kan word nie ? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het die vrae van die laaste spreker baie goed verstaan . Ons het gister daaroor Ons gepraat en besin of die mense dan nie betaal moet word nie . het baie daaroor gepraat en ons was byna op die end van hierdie bespreking gewees . Die laaste spreker het oor die onder hoofmanne gepraat . Volgens hom praat hy net oor die onder hoofmanne van sy eie stamgebied . Dit lyk asof daar in daardie stamgebied nie onder hoofmanne is nie , maar wel voormanne . Ek noem dit want hy het self gesê dat daardie onder hoofmanne werk net en verdien niks

40 . nie . Dit moet duidelik gestel word dat in sy eie stamgebied is daar onder hoofmanne wat niks verdien nie , maar ek weet in ander stamgebiede verdien die onder hoofmanne baie . As u sê , soos die agbare lid gesê het , dat wanneer die senior hoofmanne die sitting verlaat , gaan hulle geld by hulle huise vind wat die onder hoofmanne daarheen gebring het , dan is dit net daar in sy eie stamgebied waar dit plaasvind . Aangaande die betaling van die hoofmanne , ons het gister daaroor gepraat en die vraag was net - kan dit nie bespoedig word dat hierdie mense betaal word nie? Ons het verneem dat die stamme oor genoeg fondse beskik om die onder hoofmanne te kan betaal . As dit dan so is , dan moet daardie hoofmanne daardie voormanne in Kwambi - stamgebied afgedank word want die senior hoofmanne kan mos die geld direk vanaf die wyk ontvang . As daar dan besluit word dat die boetes en koopprys in die stamfonds gestort moet word , sal dit maklik wees want dan is daardie klomp nie meer daar as voormanne nie . Die enigste vraag wat nou beantwoord moet word , is net -- wanneer sal daardie mense betaal word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , hierdie aangeleentheid dat senior hoofmanne en onder hoofmanne salarisse moet kry word byna elke jaar in hierdie Huis bespreek . Ek onthou daar was ' n gekose komitee wat spesiaal uitgestuur was om in die gebied te gaan om vas te stel wat die gevoel van die hele volk is omtrent die senior hoofmanne en onder hoofmanne . Ek was die Voorsitter van daardie komitee . Ek het self vasgestel dat die onder hoofmanne dit baie moeilik vind om geld in hulle sakke te kry . Daar is ' n verskil wat baie duidelik uitgewys moet word . Jy vind dat in een stamgebied is die onder hoofmanne net soos voormanne , en word al die geld wat hulle in die hande kry in hulle wyke net so na hulle senior hoofmanne geneem maar in die ander stamme is dit weer andersom , en is die geld wat die onder hoofman kry sy eie en sit hy dit in sy eie sak . Ek het self gesien dat in sommige stamgebiede is dit so dat senior hoofmanne en selfs onder hoofmanne vir ' n jaar lank bly sonder dat hy iets kry uit daardie wyk , want as daar nie iemand dood gaan nie , kry hy niks nie . Ek het self gesê , mense gaan nie vandag maklik dood nie , want daar is oral hospitale , en as die mense nie baklei nie , dan kry die onder hoofmanne niks nie . Dit is nie al die mense wat gewillig is om te baklei nie , en selfs die wat baklei of skade aanrig is meestal mense wat baie arm is . Die senior hoofmanne asoof die onder hoofmanne wil in vrede met sy onderdane leef , maar omdat die senior hoofman of onder hoofman niks in sy sak kry nie , sal hy self daaraan dink dat een van sy onderdane gerus kan doodgaan . Hy kan selfs daaraan dink dat ' n paar van sy mense gerus kan baklei . Hierdie gedagtes wat ek nou hier uiter , oor die senior hoofmanne en onder hoofmanne wat dink dat hulle onderdane moet doodgaan , is nie mooi gedagtes nie . Dit is eintlik baie lelik . Wat ek graag wil hê is dat die verslag van die gekose komitee aan die agbare Hoofminister se departement oorhandig moet word sodat wanneer die Kabinet die sitting verlaat , hulle dadelik daardie verslag kan gaan bestudeer . Ek wil dan voorstel dat alle geld wat uit die verkoop van die saailande of boetes verkry word , in die stamfondse gestort moet word . My versoek is dan dat met

41 .

die eerste vergadering van die Kabinet na hierdie sitting , moet daardie verslag bespreek word . Omdat ek vertrou dat dit gedoen sal word , stel ek voor dat hierdie subhoof so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : ' n Sekondant asseblief . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar enige teenvoorstel? LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek wil net ' n versoek rig , nadat die Kabinet daardie verslag bespreek het , en die finale besluit het , moet die lede van die Raad dadelik in kennis gestel word . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : minute .

Agbare lede , ek verdaag hierdie

vergadering vir 15

(DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Aan die agbare lid wat die laaste versoek gerig het , wil ek net sê dat sy versoek aanvaar is . Ons gaan voort . Ek versoek nou dat Begrotingspos 1 , Departement van die Hoofminister en Finansies , gelees word - dat die opsomming daarvan gelees word . ( Sekretaris lees Begrotingspos 1 ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek nou die agbare Hoofminister om repliek te lewer . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek wil nie herhaal wat ek alreeds in my begrotingsrede gesê het nie . Ek wil net die agbare lede bedank om dat hulle so aandagtig geluister en so mooi aan die besprekings van my begrotingspos deelgeneem het , dit wil sê vanaf die eerste tot die laaste item . My beleid is om my volk te lei tot ware politieke onafhanklikheid . Agbare meneer die Voorsitter , ek het die hulp van hierdie Huis sowel as die hele volk nodig om my by te staan ten opsigte van politieke aangeleenthede . Dit is vir my ' n groot eer as hierdie Huis en die hele volk my by staan , dan sal alles goed gaan in ons land . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID SIMION MATIAS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aandat hierdie begrotingspos deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering vir 5 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR 5 MINUTE )

MINUUT NR.22 : KABINETSVERTEENWOORDIGERS

WORD VOORGESTEL :

MINUUT NR.23 : BEGROTINGSDERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP WORD VOORTGESIT POS NR.6 WORD BESPREEK : VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met Begrotingspos nr.6 Ek versoek die Minister van Justisie om sy beop bladsy 34. grotingstoespraak te lewer . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter en agbare lede van

42 . die Wetgewende Raad , soos u weet is die Departement van Justisie onlangs aan my toegewys deur Sy Edele die Hoofminister . Voorheen was die Departement van Ekonomiese Sake my verantwoordelikheid . Ek wens my opvolger by laasgenoemde Departement alle sukses in sy nuwe taak . Ek is seker daarvan dat Sy Edele die Minister Frans Aupa Iidonga wat ' n vooraanstaande besigheidsman in Owambo is en wat derhalwe ' n goeie kennis dra van die ekonomiese toestande in ons land , hom goed van sy moeilike taak sal kwyt . Sy Edele die Hoofminister het alreeds die hoogtepunte van my Departement gedurende die afgelope jaar genoem en ek wil nie Ek hoop om in die jaar my departement verder daarop ingaan nie . Soos u alreeds bewus is , se werksaamhede onverpoos voort te sit . behels dit die beheer oor die toepassing van die gereg , die lewering van agentskapdienste aan al die Departemente van die Regeringsdiens , die werwing en indiensplasing van Wambo werkers binne Owambo en in die Suide , die beheer oor Padverkeer en die oorhoofse beheer oor ons stampolisie . My Departement sal in die komende jaar poog om werkstoestande en lone binne en buite Owambo te verbeter en sal staatmaak op die Departement Ekonomiese Sake om werksgeleenthede binne ons land te vermeerder . Die stampolisie sal uitgerus word met nuwe wapens , sodat hulle taak van die handhawing van Wet en Orde en die steuning van die Stamgesag beter kan behartig . Om hierdie funksies te kan uitvoer benodig my Departement ' n bedrag van R477 000 wat R56 000 meer is as verlede jaar se begroting . Die vermeerdering is hoofsaaklik as gevolg van die hoër salarisse wat betaal moet word en die stygende koste van vervoer . Ek gaan nou oor tot ' n gedetailleerde verduideliking van my begroting : Subhoof A: Oor die algemeen is verhogings te wyte aan normale skaal inkremente . Voorsiening is ook gemaak vir die salaris van die hoof van die Stampolisie . Hierdie is item 1 .

Subhoof A item 2 , tydelik hulp : dit is bevind dat daar verlede jaar vir hierdie item oorbegroot is . Subhoof A items 3 en 4 : Geringe verminderings is gemaak vir afrondingsdoeleindes . Subhoof A item 5 : Vakansiebesparingsbonusse : Die vermeerdering van R6 650 na R10 000 is nodig om voorsiening te maak vir verhoogde bonusse aan amptenare wat hulle normale skaalverhogings ontvang gedurende die loop van die jaar . Subhoof A item 6 : Pensioendraende toelaes : Slegs ' n nominale bedrag word voorsien om hierdie item oop te hou aangesien genoemde toelaes nou by salarisse gekonsolideer is . Subhoof A item 7 Uitbreiding van diensstaat : ' n bykomstige R6 000 word bestem vir die moontlike stigting van n takkantoor te Ruacana en die uitbreiding van die diensstaat van die Verkeersafdeling . Subhoof B item 1 - verblyf : Hierdie item is vermeerder om tred te hou met die nuwe skale van verblyftoelaes . Subhoof B item 2 : Motorvervoer : Voorsiening word gemaak vir die stygende kostes van vervoer . Subhoof D item 3 : publikasies : Die aankoop van ' n behoorlike biblioteek van wetsboeke word be- oog .

43 . Subhoof E item 2 : vergoeding aan aanbringers : Alhoewel geen fondse onder hierdie item die afgelope jaar bestee is nie , word dit gevoel dat , weens onvoorspelbare omstandighede in Owambo , ruim voorsiening in hierdie verband gemaak moet word . Subhoof E item 4 : onvoorsiene uitgawes : Die steeds vinnige toename van ontwikkeling in Owambo bring situasies mee wat net nie maklik vooruit bepaal kan word nie aldus die verhoging onder hierdie item . Subhoof E item 5 : uniforms : Bykomstige bedrag van R600 vir uniform bestem vir die Verkeersafdeling .

Subhoof F item 1 : toelaes aan getuies ens .: Voorsiening word gemaak vir die stygende aantal strafsake in die Magistraatshof . Subhoof G: arbeidsburo uitgawes : ' n bykomstige bedrag van R32 000 word benodig om stygende kostes van vervoer en rantsoene te dek . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingstoespraak is nou oop vir die Raad om te bespreek . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het mooi geluister toe die agbare Minister gesê het dat hy nuut in hierdie departement is en daarom is sy toespraak ook kort . In hierdie toespraak is daar dinge gesê wat daarop wys dat die meeste van die sake eers volgende jaar gedoen sal word . In paragraaf 3 van sy toespraak het die agbare Minister gesê dat hy volgende jaar hard sal werk . Dit beteken dat hierdie jaar net gerus word en dan volgende jaar eers gewerk word . Nou het ons n paar vrae , die agbare Minister het gesê dat hy verantwoordelik is vir die werwing en indiensplasing van Wambo -werkers , polisie en padinspekteurs , ensoEk het verwag voorts . Dit beteken dat sy werk baie groot is . dat werk wat so baie is , gou gedoen sal word en nie sal wag tot volgende jaar nie . Die agbare Minister het die stampolisie genoem . Ek wil hom vra hoeveel keer het hy sy stampolisie ontmoet want ek merk dat daar onder die polisie dinge is wat gedoen behoort te word . Hoeveel keer het hy hulle ontmoet om met hulle te beraadslaag om vir hulle te wys hoe om te werk ? Ek het gehoor van ' n Minister wat net sy Departement gekry het en onmiddellik begin werk het . Die mense wat onder die departement van die agbare Minister val is mense wat ' n groot taak het om onder die mense te verrig . Nogtans wil ek net vra hoeveel keer hy hierdie mense ontmoet het . As hy dit nog nie gedoen het nie , wanneer sal hy dit doen? Hoewel ons nie alles kan vra nie , ek wil net ' n paar noem soos uniforms vir die vervoerbeamptes . Nou wil ek net vra - wat van die stampolisie? Wanneer die verkeerspolisie uniforms kry , wat van ons stampolisie , kry hulle ook uniforms of nie? Ek is baie dankbaar dat hulle nuwe wapens kry , soos hy gemeld het . Dit is baie belangrik om te hoor dat daar gevind was daardie ou wapens nie meer in staat daartoe was om die orde te handhaaf nie , en dat daar nuwe wapens verskaf moet word . Hy het ook melding gemaak van dit wat ons so nou raak , naamlik die werwing en indiensplasing van Wambo -werkers . Miskien kan die Minister vir my sê , toe hy die werk gekry het , hoeveel maal het hy al die werwingskantoor besoek? Of wag hy ook met daardie werk tot volgende jaar wanneer hy sal werk sonder om te rus? Hierdie is wat ek graag wou sê , meneer die Voorsitter . Dit

44 . is net om na ' n paar dingetjies te verwys wat die Minister genoem het . In Afrikaans word gesê - ' n nuwe besem vee skoon . Ek het verwag dat hierdie nuwe Minister iets sal doen om dinge mooi skoon te maak . Hierdie kort toespraak het my laat twyfel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek sien hierdie departement van Justisie se Minister , soos die vorige spreker gepraat het , is bang vir sy departement en daarom wil hy wag tot volgende jaar . Voor is daar ' n som geld wat ons moet goedkeur sodat hy dit kan gebruik . Is dit dan eers vir volgende jaar? Daar is sekere dinge soos die nuwe wapens vir die stampolisie , wat sal ons miskien aanneem . Die begroting as geheel , hoe kan ons dit goedkeur as dit volgende jaar eers gebruik word en nie vanjaar nie? Soos ons hier sit is hier sekere bedrae wat voor ons gelê is vir goedkeuring vir gebruik gedurende volgende jaar . Moet ons dit nie afkeur nie , die Minister het self gesê dit is nie vir hierdie jaar nie , maar wel vir volgende jaar . Agbare Minister ons versoek u asseblief met nederigheid om hierdie woord - vir volgende jaar - te verduidelik . Voordat ek gaan sit , wil ek net iets sê , dat daar gerugte is wat dit noodsaaklik maak dat ons land beskerm moet word , veral daar op die grense is dit bekend dat dit noodsaaklik is dat ons polisie die grense moet bewaak , en nie net bewaak nie , maar dat hulle self bereid moet wees om ons te beskerm . Die stampolisie is nie baie nie , maar hoeveel keer het die agbare Minister hulle na sy kantoor ontbied om met hulle te praat om vir hulle te sê - julle weet die wêreld is so en so , en dan Ons het dit verlede jaar genoem , maar moet julle ook so wees? ons noem dit weer sy polisie gee hulle wapens aan die dames om te dra , want hulle weet nie wat die funksie van vuurwapens is nie . Ek het by sy departement gaan vra waarom hulle nie die polisie oplei nie , maar hy het my as volg geantwoord - Hy het gesê , die hoof van die stampolisie sal dit doen . Ek dink hy het eenmaal vanjaar met hulle gepraat . Ek het weer gevra , die stampolisie , ken hulle hulle werk? Hy het my as volg geantwoord - die polisie is opgelei , sekerlik ken hulle hulle werk . Volgens my mening , die polisie wat by die kapteins en senior hoofmanne werk , ken hulle nie hulle werk nie , want dikwels is hulle afwesig ensovoorts . Hulle ken nie hulle werk nie . Dit word so gedoen op ' n keer is hy by die kantoor van die stam en op ' n keer is hy weer by die kantoor van die senior hoofman . Hy weet nie wat om te doen nie . Dit is noodsaaklik dat die Minister hulle bymekaar moet maak om hulle in te lig in verband met hulle taak . Om na die werwingskantoor te gaan om te kyk hoe dit daar gaan , is deel van sy taak . Dikwels het ons dit al bespreek dat dit met die werwing en inEk het gevra , diensplasing van die Wambo's nie goed gaan nie . wanneer sal daar duidelikheid in verband met die indiensplasing van Wambo-werkers wees , en wanneer sal werwing ook by die stamkantore plaasvind . Ek is soos volg geantwoord - dit is bekend dat dit met die werwing en indiensplasing van Wambo -werkers by die stamkantore nie goed gaan nie , en daarom het die mense gevra om weer by Ondangwa te kom kontrakteer . Dit gaan nou baie sleg daar , soos ek verneem het en self gesien het . Mense wat byvoor-

45 . beeld by C.D.M. wil werk gaan soms tot vyftien keer daarheen om te werk , maar telkens word hy aangesê om eers die volgende dag te kom , maar wanneer hy later kom vind hy dat iemand sy plek geneem het . Daar word die mense geslaan omdat daar nie orde is nie . Aangesien die agbare Minister naby die werwingskantoor werk , het hy seker dikwels daarheen gegaan en aanvaar ek dat die plek al mooi skoon gemaak is . Ons wil asseblief duidelikheid hê in verband met wat hy volgende jaar gaan doen voordat ons hierdie bedrag goedkeur . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID MALAKIA LUKAS : Meneer die Voorsitter , ek het net ' n paar woorde wat in vrae verander kan word . Dit gaan oor die departement Ek vra dat die Departement van Justisie nie tot van Justisie . volgende jaar moet wag nie , maar dat hulle nou moet begin . Daar is ' n uitdrukking in Afrikaans wat sê - tyd is geld . Omdat ons hier is om die dinge in orde te bring , vra ons die departement om dadelik met sy werk te begin . Ons kyk na die moeilikhede by die Ek het baie getuies dat daar mense is wat by werwingskantoor . C.D.M. wil werk , maar nie ' n geleentheid kry om daarheen te gaan Die Minister het sekerlik ook sulke mense gesien en met nie . hulle gesels . Waarom wil die Minister dan tot volgende jaar wag? Dit is waarom ek sê dat hy sommer nou moet begin werk . As dit wag , dan sal dit te laat wees . Ons kan nie tot volgende jaar wag nie . Ons vra dat die werk saam met die tyd moet gaan . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID FESTUS AMUKWA : Meneer die Voorsitter , ek het lank lank gewag vir die Departement van Justisie .. Ek is bekommerd omdat die Minister gesê het dat hy tot volgende jaar gaan wag om sy werk voort te sit . Agbare Minister , ek het iets wat ek wil sê . Dit is jammer dat u melding gemaak het dat u nou eers daardie Departement gekry het . Agbare Minister , weet u dat u departement ' n moeilike departement is ? As u nie dit weet nie , wil ek aan u sê dat u departement ' n moeilike departement is . Agbare Minister , het u al met u polisie gepraat? Het hulle vir u gesê wat hulle werk is? Ken hulle hulle werk goed? Miskien kan u vir my sê of hulle al hulle werk ken . As u nie met hulle gepraat het nie , dan is dit baie jammer . Agbare Minister die volk murmureer omdat die polisie nie hulle pligte ken nie ? Die Wambo spreekwoord sê - ' n nuwe kleed het nie luise nie . Waarom gaan u nie aan met u werk nie , waarom wag tot volgende jaar ? Ons die lede van die volk twyfel oor die werk van u polisie . Toe die polisie in Owambo ingestel is en te Ogongo opgelei was , was ons baie bly omdat ons ons eie polisie gekry het . Daarna het die polisie begin werk en dit lyk nou asof die werk wat hulle doen nie ooreenkomstig die onderrig is wat hulle gekry het nie . Ek vra verskoning omdat ek die polisie hier noem . Dit wil nie sê dat al die polisie nie hulle pligte ken nie , maar daar is heelwat wat nie hulle pligte ken nie . Ons het gedink dat die plig van ' n polisieman is om die volk te beskerm en om vrede te handhaaf en nie om die vrede te versteur nie . Om en orde oorsaak ter het

die waarheid te sê die plig van die polisie is om rus onder die volk te handhaaf en nie om moeilikhede te vernie , maar om moeilikhede teen te werk . Die agbare Minisgesê dat hy nuwe wapens vir sy polisie gaan koop . Dit is

46 . goed dat die stampolisie nuwe wapens kry , maar die volk vrees hierdie wapens , veral ' n geweer want dit is nie meer daar om die volk te verdedig nie , maar om dood te maak . Agbare Minister , het u al hiervan gehoor? Is dit onwaar wat ek hier sê? Ek hoop dat hierdie Huis met my sal saamstem dat die geweer nie meer bedoel is om die volk te beskerm nie , maar om die volk dood te maak . Ons het nie verwag dat die polisie so sou doen nie . Ek weet ook die agbare Minister verwag nie dat gewere van die polisie gebruik moet word om mense dood mee te maak nie . Ek sal dit baie waardeer as die agbare Minister met sy polisie wil praat oor hulle werk . Ek sou ook iets wil sê oor die werwingskantoor by Ondangwa , maar die Minister weet ook wat die moeilikhede is . U weet seker ook wat daar by die werwingskantoor aangaan . As u nie daarvan weet nie , versoek ek u met nederigheid om te gaan kyk . Ten slotte wil ek net sê , agbare Minister , u mag net nie tot volgende jaar wag nie , begin sommer nou . Dankie , meneer die Voorsitter . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Agbare lede , ek versoek die voorsitter om die sitting tot 2- uur nm. te verdaag . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting tot 2- uur nm . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die verteenwoordigers van die Kabinet in die suide om na vore te kom , sodat die Raad hulle kan sien . Die agbare verteenwoordigers is , eerstens mnr . Shipena van Windhoek , dan mnr . Irenius van Swakopmund en Walvisbaai . Mnr . Phineas Gatangolo sal verteenwoordiger in Okahandja word . Een van ons verteenwoordigers , mnr . Hezekiel wat gister hier was , kon nie vanmiddag teenwoordig wees nie . Hy verteenwoordig ons in Tsumeb . Ek hoop dat wanneer die agbare lede in die suide besoek gaan aflê hulle sal weet wie ons Kabinet verteenwoordig . Geagte verteenwoordigers , ek versoek u om na u sitplekke terug te gaan . Agbare lede , ons gaan verder met ons bespreking van die begroting van die Departement van Justisie . MINISTER TITUS HEITA : Met die toestemming van die voorsitter wil ek die vrae beantwoord wat oor hierdie begrotingspos gestel is . Vier sprekers het tot dusver gepraat . Byna almal het oor een of twee sake gepraat . Ek wil nou antwoord in die volgorde waarin die toesprake gekom het . Die eerste spreker was agbare lid Peter Kalangula . Hy het gesê dat ek gesê het ek sal die werk eers volgende jaar voortsit . Ek wil daardie sin in my toespraak so verduidelik . Die begroting is in Maart opgestel want Maart is die laaste maand van die finansiële jaar . Die nuwe jaar begin op die eerste dag van April . Die finansiële jaar is nie dieselfde as die jaar wat op 1 Januarie begin nie . In my toespraak , toe ek gesê het dat ek my werksaamhede volgende jaar gaan voortsit , het ek bedoel met ingang van April , dit wil sê , die April wat reeds verby is . Dit is April 1975 en nie volgende jaar se April nie . Toe ek gelees het , het ek geweet dat dit moeilikheid gaan veroorsaak en daarom het ek net gelees dat ek my werksaamhede onverpoosd gaan voort sit . Ek het gehoop dat my luisteraars , die agbare lede , sal verstaan dat hierdie woorde ' die komende jaar ' net beteken hierdie jaar . Die bandopname wat my stem opgeneem het , as dit aangeskakel word , sal u gehoor het dat ek Ek hoop gesê het - ' ek sal my werksaamhede onverpoosd voortsit ' dat die agbare lede nou verstaan eat die betekenis van hierdie sin is . Dieselfde agbare lid , Kalangula , het gevra of ek my polisie al gesels het . Tot dusver het ek hulle nie bymekaar

47 . gebring nie maar ek het een vir een ingeroep en op sy pligte gewys . Veral in die naam van hulle Hoof , Sersant Nampala . Aangesien ons aan die begin van die jaar is , net een maand het verstryk sal ek voortgaan met die werk van my departement . Dieselfde agbare lid het gepraat oor uniforms vir die polisie . Ek het gepraat van uniforms vir die verkeerspolisie , waarvoor die agbare lid my bedank het . Dieselfde agbare lid het ook gevra wat van die stampolisie wat by Ogongo opgelei is , hulle uniforms ook nie goed is nie . My departement het die uniforms vir daardie polisie bestel . Die tweede agbare lid , Immanuel Hihulifua het oor dieselfde sake gepraat . Dieselfde lid het beweer dat ons met hom oor die pligte van die polisie gesels het , maar meneer die Voorsitter , ek onthou nie dat ek met so ' n agbare lid gepraat het nie . Ek onthou nie so iets nie . Omdat daar baie amptenare in hierdie departement is , het die agbare lid miskien met ' n amptenaar van my departement gepraat . Ek weet niks van so ' n gesprek of sulke antwoorde nie . Die agbare lid Hihulifua het ook gepraat van die werwingskantoor waardeur ons manne na die suide gaan om te gaan werk . Hy wou weet of ek al by daardie kantoor was . Ek was daar en het met die hoofde van daardie kantoor gesels in verband met die probleme by die werwingskantoor in die algemeen . Die agbare lid Hihulifua het gepraat oor die gedagte dat die lede van die volk by hulle stamgebiede gekontrakteer moet word . Dit was daar begin , meneer die Voorsitter , maar dit is gestaak as gevolg van die volgende . Terwyl die amptenare by Mbalantu besig was om arbeiders te werf het die hoofde by Ondangwa voort gegaan met werwing en wanneer die mense van die weste afgekom het , het hulle gevind dat al die plekke as gevolg van die feit dat alle plekke gevul was wanneer die mense hier kom , het hulle self gevra , dat hulle asseblief almal by Ondangwa gekontakteer moet word . Ek hoop dat die agbare lede nou verstaan waarom dit nie meer so gedoen word nie , maar nogtans wil ek dit beklemtoon dat my departement besig is om alles wat sleg is by die werwingskantoor uit die weg te ruim . Agbare lid Malakia Lukas het ook die dinge genoem en omdat ek reeds geantwoord het , glo ek dat hy ook verstaan . Die laaste spreker was agbare lid Amukwa . Hy het gesê dat hy verlang dat die departement sy werk nou moet doen . Die agbare lid het gesê hy vrees die dag wanneer ek my polisie met nuwe wapens gaan voorsien , hy vrees dat daardie moderne wapens gebruik sal word om ons eie mense mee te skiet . Hy het gesê dat die hele Huis saam met hom sal stem omdat die hele Huis weet dat die polisie met sulke wapens die mense die vrees op die lyf sal jaag . hoewel die agbare lid gesê het dat die hele Huis saam met hom stem , ek as Minister van Justisie stem nie met hom saam nie . Waarskynlik kan dit wees dat die agbare lid gehoor het van ' n uitsonderlike geval waarby een polisieman by betrokke was . As een polisieman net ' n flater begaan het , beteken dit nie dat al die polisie se gewere daar is om Wambo's mee dood te skiet nie . Ons het ons polisie hier in Owambo wat goeie werk verrig . Die hele probleem lê net by een polisieman wat ' n fout begaan het en nie by almal nie . Ek verwerp daardie bewering dat die Ek verpolisie se gewere daar is om die Wambo's mee te skiet . werp dit totaal . Meneer die Voorsitter ek hoop alhoewel ek nie elke woord verduidelik het nie , hoop ek dat almal verstaan het wat ek verduidelik het . Meneer die Voorsitter , ek dank u ook vir

48 . wyse waarop u aan elke spreker die geleentheid bied om sy saak te stel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede nou verstaan het . Ons gaan voort met die bespreking van hierdie begrotingspos . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek is nog by die begrotingstoespraak van die Minister van Justisie . Ek stem nie saam met ' n paar dingetjies nie , want soos ek dit sien , werk hierdie departement vinniger as al die ander departemente . Hoewel ons bekommerd was oor die sin wat sê dat hy eers volgende jaar sy werk onverpoosd gaan voortsit , dink ek dit was net ' n verkeerde vertolking . Daar is niemand wat kan sê , ek sal die werk volgende jaar doen , terwyl hy hierdie jaar rus nie . Hoewel die Minister gesê het hy is baie nuut in hierdie departement , voel ek hy het darem al iets vermag . Met die verhoging van die werkers se salarisse , het hierdie departement baie vinnig gewerk . Ek stem saam met die agbare Minister dat die werk deur die mense self geblokkeer word . Ek was daar by Ngandjera , waarheen ek mense geneem het wat werk soek , maar toe ek daar kom was hulle plekke reeds gevul . Al die polisie is nie papbroeke nie , net ' n paar is papbroeke . Ek hoop dat die polisie wat nuwe wapens kry nie die polisie is wat hulle werk verwaarloos het nie , maar die wat hulle werk goed doen . Ons weet daar is swak polisie wie se wapens deur dames gedra word en wie se wapens in hul huise gebêre word , en gebruik dit nie soos hulle moet nie , hulle is die swak polisie . Slegte dade word nie onder die mense uitgeroei nie . Ons ook wat hier sit , is ook nie almal skoon nie . Ek dank die agbare Minister van hierdie departement vir wat hy vir ons gedoen het , maar die amptenare daar by die werwingskantoor is ons probleem , want dit is hulle wat hulle eie mense in die plekke van ander mense sit en nie die departement nie . As u u seun gestuur het om u vee op te pas en die vee gaan in die saailande is dit wat gesê sal word is dit u wat gesê het dat hy moet die vee in die saailande van die mense laat wei ? Omdat daar ' n paar amptenare by die werwingskantoor is , wat omkoopgeld vat , kan dit mos nie gesê word dat die departement sleg is nie . Agbare lede , u het gesê u wil hê dat die volk moet duidelikheid hieroor kry , ek voel dat daar in hierdie begrotingstoespraak lig en helderheid is , maar die swakheid onder die polisie of onder die hoofde by die werwingskantoor behoort nie by hierdie Ek hoop departement tuis nie , dit is die mense self wat sleg is . die agbare Minister van hierdie departement sal sy uiterste bes doen om dit wat sleg is uit die weg te ruim . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om iets te sê oor die begrotingstoespraak van die agbare Minister van Justisie . Voordat ek iets noem in verband met die werwingskantoor wil ek eers iets oor die polisie sê . Die laaste spreker was nie tevrede met die wapens vir die polisie nie , maar ek voel anders oor die saak . Daar is ' n spreekwoord wat sê - ' n voëltjie wat in ' n strik gevang is , besef die gevaar van die strik . Aangaande die toespraak van daardie spreker dink ek dit was hyself wat by die polisie in die moeilikheid was . Ek sê weer dit is nie die polisie wat sleg is nie . Dit is onmoontlik dat die polisie sonder wapens moet wees . Ek het gesê die polisie is soos ' n perd ,

49 . ' n perd wat bang is vir sy ruiter . Wanneer ' n ruiter sy perd na ' n sekere plek neem en hulle kom by water of ' n donga , sal die perd daar deur gaan op sy ruiter se bevel . Miskien het die agbare lid by die polisie in onguns verval . Miskien was daardie polisie deur iemand gelei en toe dink die spreker die polisie het gekom om hom te martel of te arresteer , maar dit is nie die skuld van die polisie nie . Een spreker het gesê hulle moet na die grense gestuur word . Maar hulle is reeds tot sy beskikking en moet net opgedra word om die grense te bewaak . As hy vir hulle sê om iets te doen , dan doen hulle dit . Ek wil net aan daardie agbare lid wat bang is vir die polisie se wapens sê - u hoef nie bang te wees vir die Hulle moet wapens wapens nie , maar die skuld lê by die leiers . hê sodat hulle die orde en vrede kan handhaaf . Ek meen ook die agbare lede van die Raad behoort rewolwers te dra om hulleself te beskerm , want hulle word deur die mense verag . Ander mense begeer om hulle kwaad aan te doen . Dus het hulle vir selfbeskerming iets nodig . Om die werk van die polisie behoorlik te beheer , moet daar polisiekantore in die verskillende stamgebiede wees , sodat elkeen wat klagtes het , daardie klagte na die polisiekantoor kan neem . Daar moet ' n leier wees wat hulle kan help by elke stasie . Elke klaer gaan na die polisie en die leier van die polisie wat by so ' r stasie is , dit is hy wat besluit - jy en jy gaan werk by daardie plek , sodat hulle hulle werk behoorlik kan doen . Hulle moet ook ' n sekere boek teken wanneer hulle na hulle werk terugkeer sodat hulle hulle werk behoorlik kan doen . Daar is baie klagte cor die werk . Ek was by die werwingskantoor , waarheen ek iemand gevat het wat na sy ou werk wil teruggaan , maar hy het nie sy werkkaart gehad nie . Daar is besluit en dit bepaal dat wanneer ' n mens nie voorheen by ' n sekere plek gewerk het nie , alhoewel hy voltooide vorms van daardie werkgewer het , hy nie weer toegelaat sal word om daar te gaan werk nie . Hy moet ' n kaart van daardie werk hê . Baie werkers volg nou ' n ander manier , hulle gaan na die suide en kom ooreen met ' n sekere maatskappy wat dan aan hulle die nodige vorms gee waarmee hulle terugkeer na Owambo . Wanneer hy by die werwingskantoor kom sê die hoofde dat hy nie daarheen kan gaan nie , want hy het nie voorheen daar gewerk nie . Omdat daardie blanke mense nodig het gee hy iets vir die stamfonds . Die mense by die arbeidsburo het my ingelig oor die slinkse wyse waarop party mense optree . Hulle gaan werk soek en sodra hulle dit vind en hulle toegelaat word om die werk te aanvaar dan dros hulle en gaan werk te Walvisbaai of by C.D.M. , terwyl die blanke reeds betaal het en die stamfonds het ook sy vervoer betaal . Daardie blanke man vra dan sy geld terug , omdat die man nie by hom kom werk nie . Die geld wat uit die fonds gekom het om die werknemer se vervoer mee te betaal is nou verlore . Die reëling by die werwingskantoor is dat ' n man wat by Walvisbaai wil gaan werk ' n sekere som geld deponeer wat dan aan die blanke betaal word indien die man sou dros , nou sê die werknemers hulle word beboet . So sê die hoofde daar by die werwingskantoor vir my . Ek wil die Minister van Justisie aanmoedig om asseblief self te gaan kyk wat daar aangaan . Die agbare Minister moet asseblief daardie saak goed ondersoek . Kyk ook wat aanpaslik is vir die Ek dink dit is ook hierdie polisie sodat hulle orde kan handhaaf .

50 . Ek dink die agbare MinisDepartement wat vir die hek moet sorg . ter moet ook daarnatoe gaan om te gaan kyk wat daar aangaan . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , dit is net ' n begrotingstoespraak wat die deur oopmaak tot die werklike begroting van die Departement . Wat bespreek moet word staan in die begroting self . Ek dink die agbare Minister het genoeg gehoor van die polisie se foute en die probleme by die werwingskantoor . Die departement behoort nou te weet hoe om voort te gaan om dit te verbeter . Met betrekking tot die polisie is baie dinge gesê maar hulle is ook maar net mense . Die Bybel sê dat wanneer iemand ' n fout begaan het , moet ons hom help . Ons moet nie hierdie sitting misbruik nie en mense wat hulle nie hier kan kom verdedig uit te skel en sleg te sê nie . Daardie mense sal dink dat die Raad net ' n plek is waar mense in aangeval word . Wat belangrik is , is om iets positiefs te bring sodat ons kan regmaak wat verkeerd is . Die dinge wat verkeerd is moet gemeld word sodat dit uit die weg geruim kan word sonder om iemand uit te skel . Die Raad is nie ' n plek vir persoonlike probleme nie . Hier dien ons die volk . In verband met die stampolisie was die besluit van die Kabinet dat elke senior hoofman sewe polisiemanne kry en die stamkantoor ook . Dit was ' n reëling van die Kabinet . Hierdie Departement het ook daaraan gedink om nog polisie op te lei sodat hulle ook aangestel kan word op die wyse soos deur die Kabinet en die hele Raad bepaal . Die gebruik om hulle uit te skel sal niks help nie , want hulle luister ook na die radio en wanneer hulle oor die radio sleg gesê word , dan word hulle nog swakker in hulle werk . Ander mense wat daarna luister sal ook die polisie uitskel omdat hulle deur die Raad uitgeskel word . Ek stem nie saam dat hulle in die publiek uitgeskel moet word nie . Ek wil net hê dat wanneer daar onder hulle iets verkeerd is moet daardie foute reggemaak word . Dat hulle gestuur is om mense sleg te behandel is nie altyd so nie . Om geleentheid te kry om na die subhoofde en items te loer wil ek voor stel dat die begrotingstoespraak van die agbare Miniser aanvaar word soos dit is . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . ek verdaag die sitting vir 10 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE )

Agbare lede ,

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir die Raad om te bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , as ek dit nie mis het nie , dink ek die departement van Justisie is die regterhand van die agbare Hoofminister . Die departement is daar om toe te sien dat wet en orde gehandhaaf word , dit wil sê ook wat die stamkantore betref . Hiermee bedoel ek nie oor die salarisse van kapteins en hoofmanne nie , maar ek verwys na die pligte van kapteins en hoofmanne , want in die tyd waarin ons lewe is dit nodig dat hierdie mense leiding moet kry sodat hulle hul verantwoordelikheid kan nakom . Is daar tot dusver iets aan hierdie saak gedoen . Miskien sal die departement nou iets gaan doen in verband met die pligte van hierdie mense . Miskien bring dit twyfel by u as ek

51 .

net sê pligte sonder om spesiale pligte te noem . Daar is owerhede wat tydens hulle vergaderings sekere besluite neem , maar daardie besluite word nie gevolg nie . Dit is die soort pligte waarvan ek praat . In die vorige sitting is daar gepraat oor die onbeskofdheid en swak morele lewe van die jeug in Owambo . Daar is gesê dat ons jeug hulle net nie goed gedra soos dit behoort te wees nie . Laat ek asseblief hier iets verduidelik om dit meer verstaanbaar te maak . Dit is ' n skandvlek op ons volk dat hierso baie jong dogters is wat kinders het terwyl daardie kinders sonder vaders is . Het hierdie departement al ooit gemerk dat dit vir die volk ' n skande is? Daar word mosies na hierdie Raad gebring en hier word besluite geneem soos byvoorbeeld in die geval van die erfregstelsel · wanneer ' n man sterwe , dan word die weduwee net so gelaat sonder iets , al het sy tien kinders . Met die vorige sitting was daar ' n paar van ons lede wat baie sleg daaroor gevoel het . Ons het gevoel dat ' n vrou die erfgenaam van die man moet wees . Sy moet alles erf wat hy het . Die versoek wat deur hierdie Raad ingestel was , was net , wanneer die man iets voor sy dood gesê het hoe dit moet geskied . Daar moet ' n wet wees wat bepaal dat dit wat so en so gesê het na sy dood so moet gebeur . Dit was gevra dat hierdie Raad asseblief ' n wet moet opstel om uit voering te gee aan die man se laaste versoek . Nie net dit wat hy aan sy vrou wil gee nie , maar ook dit wat hy aan die lede van sy familie wil gee . Meneer die Voorsitter , ons het verwag dat daar in die Staatskoerant iets sou staan in verband met die saak . Ek wil graag weet wat aangaan aangesien die saak nie in die begrotingstoespraak van die Minister gestel was nie . Ek het dit hier geopper omdat dit verband het met wat die agbare Minister gesê het . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir bespreking . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek wil net iets sê wat voortspruit uit die antwoord van die agbare Minister . Die agbare Minister , toe daar aan hom gevra is in verband met die werwingskantore wat by die stamkantore was , het hy gesê dat daar te veel probleme was , want dikwels is gevind dat persone wat deur die stamsekretarisse gewerf was se plekke reeds gevul is sodra hulle te Ondangwa kom . Hierdie kantore is deur hierdie departement daargestel , en die vraag wat nou ontstaan is of die nuwe beleid dat almal hier gekontrakteer word , moet die goedkeuring van die Minister wegdra . Dit lyk nie of sy departement sorg dra dat daar vrede en orde is nie , veral nie in hierdie saak van indiensneming nie . Die werwingskantoor was in die verlede ook in die Kwanyamagebied en was bestuur deur ' n man wat onder die Wambo's as Kaupa bekend gestaan het . Daardie blanke wat deur die Wambo's Kaupa gedoop was , wanneer hy gesê het dat die werwingskantoor by Kwanyama gehou gaan word , dan was dit daar gehou . Daar het die mense werk gekry . As hy dit in die weste gedoen het dan het daardie mense in die weste ook hul werk gekry . Die departement het wel gemerk dat daar nie meer orde is nie , maar hy bly net stil en probeer nie om die orde te handhaaf nie . Kan die departement nie sy beleid wysig deur te besluit ten opsigte van D.C.M. nie . Neem ons vandag net Kwanyamas in diens en more weer uit die ander stamgebiede ensovoorts ? Wanneer hulle besluit om dit in die weste te doen , dan word net die mense van die weste na C.D.M. gestuur . In verband met die werknemers wat self hul

52 . mense in Owambo kom haal , wil ek net sê dat baie mense vanaf Kolonkadhi per voet na Ondangwa kom. Hulle doen dit want hulle weet dit is die enigste plek waar hulle werk kan kry . Die werkgewer wat na Ondangwa kom moet aangesê word om hulle arbeiders by die stamkantore te gaan haal byvoorbeeld in Kwanyama of elders . My versoek aan die Departement is , wanneer die werkgewers by Ondangwa kom , moet aan hulle gesê word , vandag is dit die mense van die weste se beurt of die in Kwanyama . As dit gebeur sal wet en orde aan die dag gelê word . Wat veroorsaak het dat die mense self na die suide gaan om vorms te kry , was die gebruik om al die vakatures te vul deur mense wat om die buro woon . Dus verDankie . soek ek hierdie departement om die saak te heroorweeg . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , hierdie begrotingstoespraak van die Minister is heeltemal bevredigend . Ons het dit gretig afgewag want onder hierdie departement is daar sake wat die volk direk raak , maar aangesien baie van die sake reeds deur vorige sprekers genoem is , noem ek iets anders . Ek wil vir die Minister vra wanneer hy die saak in verband met die lone van Wambo's binne en buite Owambo gaan regmaak , want dit is ' n algemene klagte onder die mense dat hulle baie minder geld kry as die lede van ander volksgroepe selfs al doen hulle dieselfde werk . Hulle versoek dat die salarisse verhoog word volgens die werk wat hulle doen en nie volgens hul velkleure nie . Vergun my ' n geleentheid om nog iets te noem in verband met die polisie . Dit is al baie genoem , maar die volk kla nog dat die polisie ' n mens Ek voel dit is reg arresteer en dan self as ' n geregshof optree . as daardie polisie deur die hoofman toegelaat word om hof te hou maar as hy nie toegelaat is om dit te doen nie , maat dit die volk baie ongelukkig . Een agbare lid het gesê dat die lede ook rewolwers moet hê want hulle lewens is in gevaar . Dit is waar , die lede het nooit daaraan gedink dat hulle eendag wapens sal moet dra wanneer hulle onder hulle eie mense beweeg nie . Wat die volk ontevrede maak is dat hierdie Huis nie volgens die wil van die volk werk nie . As ons vyande sien dat ons hier goeie werk doen , dan is daar nie ' n geleentheid om kwaad te stook nie , want wanneer hulle kla , wys ek net aan hulle wat die Raad gedoen het , daardie eerlike harde werk . Hierdie departement werk ook met die hofsake maar in sekere stamgebiede is daar hofsake wat nie reg is nie , ek weet nie of dit by al die stamme dieselfde is nie . In verband met die werk in die suide is daar van ons seuns wat vorms in die suide gaan soek het . Wanneer hy met sy vorms terugkom , sal hy nie toegelaat word om deur die werwingskantoor te gaan nie . Mag die Minister van Justisie asseblief probeer om hierdie sake reg te maak . Dit veroorsaak dat mense dink dat Ministers nie hulle werk doen nie . As daar gesê word dat hy nie werk nie , soos ek in een van my toesprake gesê het , sal die mense dink hy word omgekoop . Ons wil hê ons teenstaanders moet die werk sien wat deur hierdie Huis verrig word , sodat hulle skaam kan kry om teen ons te praat . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , voordat ek antwoord

53 . op wat die agbare Minister gesê het , wil ek iets sê oor die toespraak van die agbare lid wat laaste gepraat het . Die agbare lid het gesê die lede van die Raad is bang vir die mense omdat hulle nie hulle werk doen nie . Hy het gesê dit is omdat hierdie Huis Ek verwerp daardie woorde dat nie sy werk behoorlik doen nie . hierdie Huis sy werk nie behoorlik doen nie . As die lede wapens kry om hulleself mee te beskerm , is dit nie omdat hulle nie hulle werk behoorlik verrig nie . As ek lees van ander mense van ander volke wat net so hoog gestel is soos die lede van hierdie Huis , dan merk ek dat sommige van hulle lyfwagte het en ook wapens dra , dit is nie omdat hulle nie hulle werk doen nie . Die mense wat hulle werk behoorlik doen is hulle wat baie vyande het , want die mense hou nie daarvan dat jy jou werk behoorlik doen nie . Dit is Ek wil net al wat ek te sê het . Ek verwerp daardie gedagte . iets noem in verband met die antwoord van die agbare Minister van Justisie . Die agbare Minister het sake mooi verduidelik , hy het gepraat van die komende jaar wat in Wambo vertaal is as aanstaande jaar , terwyl sy begrotingstoespraak in Maart geskrywe is . As dit dan in Maart geskrywe is , dan beteken dit dat die toespraak verouderd is . As dit in Maart geskrywe was , moet die Minister dit weer Ek glo nie dat deurgegaan het alvorens hy dit hier gelewer het . hierdie begrotingstoespraak vir die Minister weggetsteek was vanaf Maart tot nou nie . Alhoewel dit vir my duidelik is , glo ek dit Ons het ook gevra of hy vergaderings met die polisie gehou nie . het en die agbare Minister het geantwoord dat hy nie een vergaOns het dit gevra omdat ons weet dat selfs dering gehou het nie . al is ' n mens geleerd het hy nog gedurig hulp nodig . As daar nie vir hulle vergaderings gehou word nie , kan dit miskien die oorsaak van die foute wees wat hulle begaan het . Die Minister het gesê hy het ' n paar van hulle ontmoet , ' n mens wonder nou net waar het hierdie ontmoeting plaasgevind , in sy kantoor of elders ? Het u hulle een vir een geroep of het hulle self gekom? Die Minister het aan die begin van sy toespraak gesê dat hy die vorige Minister van hierdie Departement alle sukses toewens . Dit beteken dat hy ook die een van die departement waar hy vandaan kom , alle sukses toewens . Toe ons in hierdie Huis gekom het , het ons ' n Minister gesien wat onmiddellik met sy werk in ' n sekere departement begin het . Die agbare Minister Heita se vorige departement behoort nou aan die agbare Minister Iindongo. Minister Iindongo is ' n nuwe man in daardie departement en die agbare Minister Heita is ook ' n nuwe man in sy departement . Toe ons in verband met die vergaderings gevra het , het ons dit gedoen omdat ' n paar Ministers reeds vergaderings gehou het ons het gevra , het u ook vergaderings vir u mense gehou? Omdat daar geen vergaderings met die polisie gehou was nie , wil ek vra , wanneer voorsien u nuwe polisie , omdat die polisie wat u het nie genoeg is nie? Hierdie vrae is net om u op die hoogte te bring omdat u daardie departement nou net gekry het , sodat u kan weet wat die mense van die departement verlang , dinge wat die mense wil hê deur hierdie departement gedoen moet word . As die agbare Minister lank in hierdie departement bly en gewoond raak aan sy werk , sal hy sy werk behoorlik doen . Dan sal hy sy begrotingspos vooraf bestudeer . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die lid wat voor die agbare spreker gepraat het , vra om verskoning vir wat hy gesê het , hy het nie bedoel dat dit hierdie Huis is wat nie sy werk doen nie , maar sekere

54 . departemente .

Hy vra om verskoning vir wat hy gesê het .

MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , ek wil kortliks antwoord op vrae wat deur die vorige sprekers gevra is . Agbare lid Tarah Iimbili het gevra of my Departement ooit daaraan gedink het om die kapteins en hoofmanne met hulle werk te help . Ek wil net noem dat die Departement van Bosbou en Landbou besluit het om mense by Ogongo bymekaar te bring om hulle te help met hulle werk . Daardie is nie my departement nie , maar omdat die agbare lid gevra het of my departement ooit daaraan gedink het om met die hoofmanne en kapteins vergaderings te hou , maak ek melding hiervan . ' n Agbare lid het ook gepraat van die slegte gedrag van ons jeug . Met die begin van die Wetgewende Raad , toe Owambo selfregering gekry het , het ons al stappe gedoen om slegte gedrag van ons jeug te verbeter . Daar was ' n gekose komitee om ondersoek in te stel waarvan ek die voorsitter was . ' n Verslag was uitgebring in verband met hierdie saak . Dit is nie maklik om ' n wet daaroor te maak nie . Ondersoek moet eers ingestel word voordat dit as ' n wet aanvaar kan word . Ons sewe stamowerhede is ook besig , hoewel hulle nie op dieselfde manier werk nie , om hierdie sake te ondersoek , en ons verwag dat die stamowerhede verslag sal doen . Agbare lid Vilho het gepraat oor die werwing van arbeiders en het dit vergelyk met die tyd toe Kaupa hier was . Daardie tyd van Kaupa kan ons nie vergelyk met vandag nie , want Kaupa was self verantwoordelik daarvoor om mense bymekaar te maak en hulle na die werk te stuur . Vandag kom die werkgewers self na Ondangwa en die kontrakte word daar onderteken . Sê nou my departement sê vir daardie werkgewers , wag vir twee of drie dae vir die mense van ander stamme dan wonder ek of daardie werkgewers sal wag . Miskien sal hulle net probeer om van daardie mense te neem wat wel daar wag . Die departement is nie daar om werkgewers onnodig te vertraag nie , maar om hulle te help om arbeiders te kry. Hulle kan nie vir hom sê wag maar ' n paar dae nie . Ook ek , as ek ' n werkgewer was sou nie vir arbeiders gewag het , terwyl andere wel onmiddellik beskikbaar is nie . Agbare lid Nakambonde het gesê dat die salaris gelyk moet wees . Dit word in my toespraak gemeld dat ek die salarisse van Wambo's binne en buite Owambo sal probeer regmaak . Agbare lid Nakambonde het ook gepraat van hofsake wat nie dieselfde in die verskillende stamgebiede is nie . Dit is waar , vonnisse is nie dieselfde nie , want daar is nie ' n geskrewe wet wat boetes bepaal nie . My departement is besig om elke stam se reg op te skryf , sodat ons ' n wet kan maak om alle vonnisse dieselfde te maak . Die agbare lid Kalangula het gesê ons moet hard werk . Hy het die Minister van Justisie met die Minister van Ekonomiese Sake vergelyk . Alle mense is nie eners nie , elkeen se gesig is anders en elkeen het sy eie gedagtes . Een dink vinnig terwyl ' n ander een stadig dink , maar almal is mense en hulle doen hulle werk , een vinnig en een stadig . Al die paaie lei na Rome . Daardie agbare lid het ook gevra hoe ek my polisie gaan vermeerder . Die departement het alreeds beplan om 200 polisie te werf om opgelei te word . Nuwe wapens en nuwe uniforms sal aan ou polisiemanne voorsien word . Alhoewel my departement al lank gelede ingestel is , is ek begerig om my werk onmiddellik te doen , veral hierdie tyd omdat hierdie departement die beskermer van die volk is . Ook in verband met die hek , probeer my departement om dinge by daardie

55 . hek reg te maak omdat dit ' n bron van kommer onder die mense is wat gaan kuier en wat gaan werk . Alhoewel hierdie saak die verantwoordelikheid van ' n ander departement is , in samewerking met die departement , ook hierdie saak regmaak . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede verstaan het wat die Hierdie begrotingspos is nog oop vir Minister verduidelik het . die Raad om te bespreek . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , dit lyk vir my dat die agbare Minister my toespraak nie mooi verstaan het nie . Ek het gesê dat die werkgewers daar moet wag totdat die mense vanaf Kwanyama of die weste af kom . Miskien het ek dit nie duidelik gestel nie . Ek het gesê dat wanneer die werkgewers by Ondangwa kom , dan moet uitdruklik aan hulle verduidelik en gesê word , vandag is dit die beurt van die mense van Kwanyama of dit is die beurt van die mense van die weste , en die werkgewers moet dan daarheen gaan . As dit nie gebeur nie kan die departement nie die probleme by Ondangwa regmaak nie . Die oorsaak dat die werwingskantore na die stamgebiede verplaas was , was die moeilikhede by Ek wil dit ook noem , dit Ondangwa , want daar is baie probleme . is hierdie departement wat die kantore by die stamme gebou het , want die kantoor was voorheen net by Ondangwa gewees . Die departement het besef dat die mense alleenlik tevrede gestel kan word indien daar in elke stamgebied ' n kantoor is . Daar is ' n mooi woord onder ons , en hierdie woord is ontwikkeling . Dit bring my weer by die indiensplasing van Wambowerkers . Toe ons begin het , is ons verteenwoordigers in die suide aan ons voorgestel , mense wat klagtes van ons kinders daar in die suide verstaan en wat daardie klagtes ook ontvang . Glo hierdie departement dat dit goed is as die verteenwoordigers teruggaan en ons mense daar in die suide gaan meedeel dat hulle net soos in die verlede , nog op een plek gekontrakteer sal word? Ek versoek dat daar deur hierdie departement iets gedoen moet word om die indiensneming van Wambo's te verbeter . VOORSITTER : Dit is nog oop vir bespreking . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , ek wil net die agbare lid wat nou gepraat het , antwoord , want hy is bekommerd oor Die departedie indiensplasing van Wambo's en dit is ook reg so . ment van die agbare Hoofminister is besig om by die kantore sewe stamme sekere werk te verrig , en sodra hierdie verbeterings by die stamkantore aangebring is , sal die indiensplasing van Wambo's by hulle eie stamkantoor gedoen kan word . Ons sal dit probeer en miskien sal dit hierdie klagtes uit die weg ruim . Dankie .

VOORSITTER : Ek hoop die agbare lid verstaan . Die begrotingspos is nog oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , in sy antwoord het die agbare Minister gesê dat die Departement van Landbou beoog om vir die kapteins en hoofmanne ' n kursus by Ogongo te hou . Volgens die Miskien gaan die mening is dit nie die antwoord op my vraag nie . departement van Landbou en Bosbou die mense help met hulle vee en lande . Met betrekking tot ons jeug het die agbare Minister geHierdie antantwoord dat die stamowerhede al daarmee begin het . woord het my nog nie enige lig gegee nie , by die stamowerhede word Hierdie boetes word verdie mans wat die meisies onteer beboet . deel . Een deel gaan vir die opvoeding van die kind , maar waarheen

56 . die ander deel gaan weet ek nie . As dit moontlik is , meneer die Voorsitter dink ek die hele boete moet gebruik word om daardie kind op te voed . Al gaan dit as geheel na die kind is dit nie genoeg om die kind mee groot te maak nie . ' n Kind word groot gemaak vanaf die dag dat hy gebore word tot die dat dat hy in staat daartoe is om vir homself te sorg . Ek het gedink die agbare Minister sou sê dat daardie kind deur die pa grootgemaak moet word . Een verdere opmerking oor die erfreg , miskien het die agbare Minister vergeet van daardie besluite van verlede jaar se sitting want hy het my nie geantwoord nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Hierdie begrotingspos is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID SILAS IIPUMBU : Meneer die Voorsitter , ek het nie baie om te sê nie . Ek wil net die Minister van Justisie bedank omdat hy gesê het dat hy die salarisse van die Wambo's wat binne en buite Owambo werk , gaan verbeter . Ek sê baie dankie , want dit is sy plig . Ten tweede het hy gesê dat hy die polisie gaan voorsien van moderne wapens . Daarvoor bedank ek hom ook . Ten derde wil ek net ' n versoek rig dat alvorens ons polisie met nuwe wapens voorsien word , moet dit eers deur die Kabinet en ook die Wetgewende Raad bespreek word . My gedagte is dat daardie wapens nie uit Owambo moet gaan nie maar dat dit net in Owambo versprei moet word en daar moet bly . In Owambo is daar baie jong mense , hierdie wapens kan miskien ook aan sekere jong manne waarop ons kan staatmaak gegee word . Dit is bekend dat daar baie mense is wat met wapens kan werk . Een van die sprekers het gevra dat rewolwers ook aan ons uitgereik moet word , ek stem saam . Dit is nie meer nodig dat iemand vir homself ' n wapen moet koop nie , as daar sulke gewere is kan dit onder die Wambo's versprei word . Dit is net ' n versoek , as dit moontlik is , aan die agbare Minister van hierdie departement . Ek sal dit waardeer as hy dit met sy Sekretaris bespreek sodat daardie wapens vir die Wambo's gegee kan word in plaas daarvan om dit te bêre . By ons is dit die gebruik van ons ou kapteins , as die kaptein ' n geweer by jou neem , gee hy dit vir iemand anders , hy bêre dit nie weg nie . Ek vra dit met my hele hart , want daar is ook kapteins onder ons . Ek hoop hulle sal saam met my stem en so doen . Dankie .

VOORSITTER : Dit is nog oop vir bespreking . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , van my kant wil ek net die Minister van Justisie bedank . Ek het gehoor dat dit sy departement is wat sorg dat die Wambo's binne en buite Owambo in diens geneem word . Ek het ook gehoor hoe dat die Wambo's by Ondangwa en by die ander plekke in diens geneem word . Ek stel voor dat die Minister hierdie saak baie mooi moet bekyk , want hierdie manier waarop die Wambo's in diens geneem word , is verouderd . Kan hierdie manier om die Wambo's te verkoop nie verander word nie . Kan hulle nie permitte kry om werk te gaan soek nie . Die dinge wat al die klagtes veroorsaak is hierdie optrede wat ' n mens sterk aan slawerny laat dink en wat lyk asof die mense verkoop word . Gister is dit genoem dat daar gesoek word na bronne om inkomste te kry . Dus wil ek vra , daardie geld wat betaal word vir elke Wambo wat gaan werk , word dit in ons kas gestort of in die blankes se fondse? As dit in die volk se kas gestort word , dan is dit reg, maar as daardie geld na die blankes toe gaan , dan is dit nie reg nie . Dankie , meneer die Voorsitter .

57 . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID FILLIPUS ANDREAS : Meneer die Voorsitter , ek is nog by die toespraak van die agbare Minister van Justisie . Wat ek wil bespreek kom baie ooreen met wat reeds gesê is . Ek is nou by die werknemers . Hierdie manier om mense te verkoop , is nie ' n goeie saak nie . Daar was ' n paar jaar gelede een manier waar ons vorms moes invul . ' n Blanke ken ' n sekere werker al goed en hy hou baie van hom , maar hy het nie ' n vakature om daardie man in te plaas nie en nou vertel hy vir sy vriend van daardie man . Sy vriend doen aansoek om daardie man te kry en sodra die Wambo by die arbeidsburo kom en die vorms aan die hoofde daar wys dan weier hulle dat hy daar kan gaan werk . Daardie mense , die hoofde by die werwingskantoor sê dit veroorsaak net ' n rondlopery . Dit is nie reg nie , want hierdie man het kennis met daardie blanke gemaak , en wanneer daardie blanke nou ' n ander een in die plek van die een wat hy geken het , kry , dan lei dit tot wrywing . Ek het ook in die suide gewerk , en ek ken hierdie probleme goed , want ek luister na al die klagtes . Hierdie optrede van die hoofde by die kantoor teenoor iemand wat vorms het om by ' n sekere blanke te gaan werk en waar hy nie voorheen gewerk het nie , is nie reg nie , want die mense ken mekaar , daarom het hy vorms van daardie werkgewer gekry . Dit is nie so dat ' n mens net altyd by een plek moet werk nie . Die werk is die gevolg van samewerking en liefde tussen mekaar . Mag die agbare Minister van Justisie asseblief hierdie saak ondersoek . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Dit is nog oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , toe ek hier sit en luister na die vorige sprekers , het ek skielik ' n gedagte gekry . Verlede jaar het ons oor dieselfde begrotingstoespraak gepraat , en ek wil graag weet wat het geword van dit wat ons verlede jaar oor gepraat het? Het ons bespreking aandag geniet of het dit verlore geraak? Sal ons voortdurend daaroor praat? Die mense wat by die huise sit en luister wat ons hier sê , blameer ons vir die probleme by die werwingskantoor en ook by die hek . Ek sien die agbare Minister van die departement van Landbou en Bosbou het ' n boek waarin alles staan wat ons verlede jaar gepraat het . Alles is daar in daardie boek . Ek wil aan die Minister van Justisie vra , hoewel hy ' n nuwe man is , is hy nie ' n nuwe man in die Raad nie , maar hy is ' n nuwe man in die departement . Aangesien hy nie ' n nuwe man is nie behoort hy te weet hoe om sake te ondersoek . Ek wil hom vra wat geword het van wat ons verlede jaar bespreek het en wat in daardie boek geskryf staan , wat het daarmee gebeur? Ons het die hele oggend oor werwing ensovoorts gepraat . Wanneer sal ons hiermee klaarkry ? Wanneer die agbare Minister antwoord moet hy ons meedeel wat geword het van die dinge waaroor ons verlede jaar gepraat het . As ons hierdie dinge praat , dan verwag ons mos antwoorde daarop . Ten slotte wil ek net die agbare Minister versoek om asseblief , voordat ons vanmiddag verdaag vir ons te verduidelik wat geword het van die sake wat ons verlede jaar bespreek het . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID RAKEL AMUNYELA : Meneer die Voorsitter , ek sê baie dankie aan die agbare lede en in besonder aan die agbare Minister van

58 . Justisie . Justisie is ' n belangrike saak . Ek hoop ons sal eerlik wees omdat Justisie eerlik is . Ek is hartseer oor die kontrakwerk in die suide . Ons manne kry swaar en ook ons vroue en dit wil voorkom asof dit die rede is waarom ons gekies is om ook Dit kan gein die Raad te dien . Die suide is ver van hier af . beur dat ' n man vir agt of nege maande werk soek . Hy het geld gehad maar dit is nou klaar . Nou is ek bly , want die agbare MiEk hoop hy nister van Justisie het gesê hy sal onverpoosd werk . sal dit doen . Ons nuwe agbare Minister in Owambo dit is die agbare Hoofminister wat ons verteenwoordig , is ons leier en ons is almal hier in die sitting sonder om te eet en sonder om te drink . Dankie , Ons is bly dat ons ons volk op hierdie wyse kan dien . meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID ALBERTINA KWEENDA : Meneer die Voorsitter , dankie vir die geleentheid wat ek gekry het om oor die departement van Justisie te praat . Ek hoop dat die Minister van Justisie eerlike werk sal doen , want alhoewel hierdie departement die naam Justisie gekry het , Justisie in die Wambo beteken eerlikheid , is daar baie dinge waaroor die mense kla . Baie van sy werk bevredig nie die mense nie . As ons na die hofsake kyk , bevredig dit nie die mense nie , In verwant daar is net hofsake en nie geskrewe regulasies nie . band met die polisie , hulle is ook nie tevrede nie want hulle kry nie genoeg salaris nie . Daar is verskillende dinge in hierdie departement wat ontevredenheid bring . Ek het gehoor die agbare Minister het gesê hy sal probeer om ' n verbetering te weeg te bring en buite Owambo . Meneer die Voorsitter , hier naby ons is daar ' n hek waaroor ons volk baie kla . Dit is die Oshivelo- hek . Baie keer kom die mense vanaf die hek met vele klagtes . Hulle koffers en besittings word deurmekaar gemaak deur die polisie by die hek . Wat die meeste klagtes veroorsaak is dat net sekere mense deursoek word , terwyl ander se goed nie aangeraak word nie . Saam met die volk vra ek die agbare Minister van Justisie om regverdig op te tree . Daar is baie klagtes wat uit die volk kom . VOORSITTER : Verskoon , agbare lid , die tyd is om . More sal u u toespraak kan voortsit . Ek verdaag die sitting tot 10- uur moreoggend . ( DIE HUIS VERDAAG TOT 16/5/75 ) VRYDAG 16 MEI 1975 . MINUUT NR.24 : Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.25 : NOTULE VAN 15/5/75 WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris om die notule van verrigtinge op Donderdag 15 Mei te lees . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Ek vra die agbare Hoofminister of hy enige boodskappe of aankondigings het . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , geen aankondigings nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , wanneer daar ooreengekom is dat ons om

59 . 10 - uur vm . te begin , dan moet ons presies om 10- uur teenwoordig wees . Ek het gemerk dat ons vanmore nie stiptelik begin het nie . Ek weet dit gaan nie te goed met die vervoer nie , maar ons moet ons bes doen . Somtyds is daar voertuie wat weier om te loop , maar ons met tog maar doen wat ons kan , en wanneer ons pouse kry , moet ons op tyd terug wees . Ek versoek ook die agbare lede oor die algemeen om wanneer iemand iets sê , goed te luister sodat ons nie weer wat gevra is of wat verduidelik is , herhaal nie . Wanneer jy merk dat jou vriend iets weggelaat het wat jy wou sê , dan kan jy dit sê . Agbare lede , ons gaan voort met gister se besprekings , dit wil sê Begrotingspos nr.6 . Daar is nog iets wat ek wil noem . Van die agbare lede word verwag om 1.30 nm . by die gastehuis te Oshakati bymekaar te kom sodat hulle die bus kan haal na die lughawe te Ondangwa waar hulle ' n demonstrasie kan gaan sien . As die bus vol is , en almal nie plek gekry het nie , sal die bus weer terugkom om hulle te kom haal . Daar is nog iets - wanneer ons in hierdie Huis praat mag ons nie slegte dinge oor die Huis sê nie . Hierdie Huis is baie belangrik , dit is die Huis van die Regering . As ' n mens nie jou eie Regering eer nie , dan verag jy jouself . So versoek ek al die agbare lede , wanneer u in hierdie Huis praat , dan moet u die Huis eer . Ek wil nie die laaste spreker van gister berispe nie , maar sy het gesê dat die departement van Justisie nie die naam waardig is nie . Die Departement van Justisie is ' n departement van hierdie Regering en ons kan nie sê dat hy nie sy titel waar dit is nie . Ek versoek die agDie Departement van Justisie is altyd eerlik . bare lid om Terskoning te vra . Wanneer ons voortgaan versoek ons die lid om voort te gaan met haar toespraak . Ons bespreking is nog oop vir almal en ek versoek daardie lid om voort te gaan . MINUUT NR.26 : DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT - BEGROTINGS POS NR.6 WORD BESPREEK : LID ALBERTINA KWEENDA : Meneer die Voorsitter , ek vra om verskoning vir die woord wat ek gebruik het , ek trek dit terug . Dit was ' n fout . Agbare meneer die Voorsitter , ek gaan voort met my bespreking van gister . Ek het gepraat oor die hek . Ek versoek die agbare Minister van Justisie om toestande by die hek te verbeter waar ons mense so sleg behandel word . Dit is ons manne en onsself . Daar is altyd klagtes by die hek omdat mense se goed deursoek word . As die voertuie en goed nie meer deursoek word nie , sal dit goed wees . Wanneer daar deursoek word , moet al die voertuie ondersoek word , en nie net ons volk nie . Die volk verwag dat alles in orde moet wees . Daar is ook ' n paar ander dinge waaroor die volk kla , wat die agbare Minister moet verbeter . Ons mense spandeer baie Kan ons geld wanneer hulle ' n prokureur in die suide gaan besoek . nie hulp kry om ook ' n prokureurskool hier in Owambo te kry nie ? Agbare Minister , daar is baie dinge in die departement wat verbeter behoort te word . Daar is nie wette wat aan die mense bekendgemaak is nie , sodat die mense kan weet dat hulle op die of daardie manier moet optree . Daar is nie wette wat hulle moet volg nie . Ons volk verlang na geskrewe wette . As dit moontlik is , gee vir ons sulke wette . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking deur die Huis . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , met die toestemming

60 . van u wil ek ' n paar vrae beantwoord wat gister oorgebly het , en verdere antwoorde gee op die vrae wat vandag gevra is . Meneer die Voorsitter , daar is vrae wat deur die lede gevra is , soos byvoorbeeld deur lid Mbango . Hy het gevra of die Minister van Justisie toestemming kan gee dat die lede van hierdie Huis vir hulle rewolwers kan koop . Die Departement van Justisie kan net die wapens aankoop vir die amptenare van die regering soos byvoorbeeld die polisie . Ten opsigte van persoonlike wapens , moet daar by die polisie aansoek gedoen word . Die antwoord sal dan deur die polisie gegee word . Meneer die Voorsitter , agbare lid Iimbili het gepraat oor die jeug . Daar word sekerlik boetes opgelê vir oortredings deur die jeug en die agbare lid wat ook ' n hoofman is behoort beter te weet . Hierdie agbare lid is een van die Hoofmanne . Ek hoop hy weet waarheen die deel van die boete gaan wat vir die ontering van die meisies betaal moet word . Wanneer ' n wet kom oor die ontering van hierdie meisies sal daar duidelikheid wees waarheen die boete gaan . Dieselfde agbare lid het oor die erfstelsel gekla wat ons weduwees in Owambo so baie moeilikheid gee . Om die testament in orde te kry moet alles duidelik beskryf word waarin hulle verduidelik hoe hulle besittings verdeel moet word wanneer een van hulle doodgaan . Hierdie testament neem hulle na die magistraatskantoor waar dit deur twee getuies onderteken word . Een vorm bly in die magistraat se besit en die ander een hou hulle by hulle . As een van hulle sterf , dan gaan die een wat oorgebly het , na die magistraat en hy sal dan die testament aan hulle verduidelik . As daar nie ' n testament is nie , dan is dit nie maklik vir die magistraat om daarop in te gaan nie . As daar iemand is wat ' n testament wil maak en hy weet nie hoe nie , dan moet hy net na die magistraatskantoor gaan om voorligting daar te kry . Agbare lid Nantinda het gevra of dit nie moontlik is dat Wambo's na die suide kan gaan om self werk daar te gaan soek nie . As dit gedoen word , sal die kantoor wat hier te Ondongwa is in duie stort . Daardie ooreenkoms moet by Ondangwa aangegaan word . Dit moet ingevolge die wet so gedoen word . Dieselfde lid het ook gevra wat gebeur met die geld wat betaal word wanneer ' n mens gaan werk . Die geld word in twee verdeel . ' n Deel van die geld gaan na die stamfonds van die betrokke persoon wat gaan werk , en die ander in ' n sentrale fonds . Sê nou byvoorbeeld ' n persoon dros en iets moet deur die Regering betaal word , dan kom dit uit daardie fonds . Agbare lid Fillipus het ook gevra dat die vorms om werk te gaan soek aan die mense oorhandig moet word om self werk in die suide te gaan soek . Dieselfde antwoord het ek gegee aan ' n ander agbare lid . Agbare lid Hihulifua het ook aan die agbare Minister van Justisie gevra wat gebeur met die mosies wat in hierdie Huis aangeneem is . Hierdie vraag is nie net aan my nie maar aan al die departemente . Die dinge wat hier bespreek word staan in dieselfde boek , waarvan almal nog beskikbaar is . Die agbare lid Kweenda het met haar bespreking voortgegaan . Sy het gepraat oor hofsake wat nie reg is nie , die antwoord is al gegee . Sy het ook gepraat van die salarisse van die polisie , sy het gemeld dat hulle kla . In my begrotingstoespraak het ek gemeld dat die salarisse van die Wambo's wat binne en buite Owambo werk , verbeter gaan word . Die salarisse van die polisie is ook hierby ingesluit . Agbare lid het ook die moeilikhede daar by die hek genoem . Ek het alreeds gesê dat die hek in samewerking met die ander departemente verbeter

61 . word , maar die hek is die Departement van Binnelandse Sake se verantwoordelikheid en nie die Departement van Justisie s'n nie . Meneer die Voorsitter , die agbare lid het ook gepraat oor die jong mense wat na die suide gaan om prokureurs te gaan raadpleeg en het gesê dat hulle hulle geld daar mors . Die saak oor die prokureurs is ' n persoonlike saak , want dit is sy eie geld wat hy daar mors . Dit is jammer want die prokureurs vra baie geld maar iemand wat voel dat hy baie geld het om dat hy baie ryk is , kan maar ' n prokureur gaan soek . Dankie , meneer die Voorsitter . Meneer die Voorsitter , die agbare lede het baie oor die deparEk hoop vanoggend sal hulle nie weer tement van Justisie gepraat . so baie praat nie , sodat ons in staat kan wees om met die begroting voort te gaan . Dan kan hulle die Minister van Justisie met rus laat sodat hy hom nie uitbrand nie , want as hy uitbrand wie sal sy werk doen . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop die agbare lede het gehoor wat die Minister alles verduidelik het . Ek gaan die agbare lede versoek om voort te gaan met ons bespreking . LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , dankie dat ek hierdie geleentheid gekry het . Ek groet die Hoofminister van Owambo en u meneer die Voorsitter , en die agbare lede van die Wetgewende Raad . Ek is nog by die bespreking van die pos van die agbare Minister van Justisie . Onder die agbare lede van die Raad is daar baie lede wat diep dink , maar daar is ook ' n paar wat stadig dink . Al hierdie lede het die klagtes van die volk gehoor . Hulle het hierdie klagtes gehoor welke klagtes nou rus op die skouers van die Minister van Justisie sodat hy kan kyk wat hy daaraan kan doen . Ek praat om die agbare Minister te help om sy verantwoordelikheid te aanvaar . Wanneer die wond op die rug van ' n ander man is , voel jy nie of dit seer is of nie . Dus wens ek hierdie Minister sterkte toe . Hy het sy plig gedoen toe hy sy antwoorde gegee het . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , voordat ek iets sê , wil ek die Voorsitter bedank vir wat hy gesê het naamlik dat sommige dinge nie paslik is om in hierdie Huis te sê nie . Ek wil nie die mense by name noem nie , die wat iets in die verband gesê het . Ek het net ' n vraag gister is hierdie woorde hier gebruik dat mense verkoop word . Hierdie woorde om mense te verkoop is nie reg nie , dit is nie waar nie , ons glo nie dat mense verkoop word nie . Wanneer iets verkoop is , kom dit nie weer terug nie . Daar is nog ' n ander woord wat hier gebruik is , naamlik slawerny . Ons weet daar is nie meer slawerny nie . Ons moet versigtig wees met hierdie woord , want daar bestaan nie meer slawerny nie . Nou gaan In die toekoms moet ons die woorde anders gebruik . ek voort met die antwoorde van die agbare Minister . Toe een van ons agbare lede gevra het waarom die mense nie toegelaat word om self na die suide te gaan om werk te gaan soek nie , het die agbare Minister geantwoord dat dit nie gedoen kan word nie , want as dit toegelaat word sal die werwingskantoor in duie stort . Dus kan mense nie self gaan werk soek nie , want dan sal die kontrakstelsel in duie stort . Wat sal dit help as hierdie ooreenkoms verbreek word? Ons het hierdie gebruik om ' n ooreenkoms tussen die werknemer en die werkgewer aan te gaan . Toe het hy voortgegaan met die vraag oor die prokureurs en gesê dat enigeen wat baie geld het maar na n prokureur kan gaan . Enige persoon wat na die suide wil gaan om self werk te gaan soek en wat geld het vir sy vervoer , waarom

62 . word hy nie toegelaat om te gaan nie ? As hy geld het om te gaan werk soek , waarom kan hy nie gaan nie , is die ooreenkoms al wat hom weghou?

VOORSITTER : Agbare lid , u kan voortgaan wanneer ons teepouse verby is . Ek verdaag die sitting vir 10 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ek wil net afkondig dat agbare lid Iimbili nie teenwoordig is nie , want hy is daar by die nominasie . Agbare lid Kalomo het nie gekom nie , hy het ' n boodskap gestuur dat hy ongelukkig nie kan kom nie , hy is besig by die Huis . Die agbare lid wat moet voortgaan met sy bespreking het weer ander werk gekry sodat hy nie kan voortgaan nie . Ek sal die agbare lid Johannes kans gee om iets te sê aangesien hy opgestaan het om met sy besprekings te begin . LID JOHANNES KWEYO : Meneer die Voorsitter , en al die agbare lede , ek wil ook iets sê oor die departement . Ek wil iets sê oor hierdie departement van Justisie . Met die bespreking van hierdie departement is begin toe hierdie sitting ' n aanvang geneem het . Ek het gesien dat die moeilikhede nie tot ' n einde kom nie , dit bly daar . Soos ek weet , die indiensneming van Wambo's is iets waaroor mense altyd klagtes het . Ek wil net weet , is dit net Owambo wat hierdie probleme het of is dit die hele wêreld ? Ons het baie buurstate en gewoonlik gaan ons Ministers in die ander tuislande kuier . Hoe word daardie mense in diens geneem? Ek kan nie die Hereros hier noem nie , want hulle het nie ' n hek nie . My vraag is , hoe is die Tswanas en Zoeloes se indiensneming . Daar is Sekretarisse wat ons help , miskien het hulle informasie hoe daardie mense in diens geneem word . Een agbare lid hier het Daardie man gepraat van Kaupa wat mense in diens geneem het . het probeer om al die moeilikhede uit die weg te ruim deur een dag by elke stamkantoor werwing te doen . Ons het ook ' n voorbeeld van mnr . Grobler wat altyd van C.D.M. af kom . Hy kom van C.D.M. en gaan na Angola , want hy weet die mense van Angola kan nie hier deurgaan nie . Hy gaan haal hulle daar . Ons wil net kyk hoe die moeilikheid uit die weg geruim kan word . Hierdie manier van indiensneming gee vir ons baie probleme veral op Maandae . As iemand op ' n Maandag na die arbeidsburo gaan sal hy sien dat daar baie probleme is . Hierdie Huis moet asseblief iets doen om die moeilikhede uit die weg te ruim , want die volk kla oor die indiensneming . Daar is al baie gekla oor wat ek hier gesê het . Mense wat van die weste af kom bly tot twee maande daar en hulle vind dit moeilik om kos te kry . Dit is alles omdat hulle nie maklik werk kry nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Dit is nog oop vir bespreking . LID ISRAEL JONA : Meneer die Voorsitter , ek wil net die agbare Minister van Justisie bedank omdat hy beloof het dat hy hierdie jaar onverpoosd gaan werk . Dit beteken dat daar gedurende die afgelope jare nie so hard gewerk was nie . Hyself het in sy toespraak gesê dat hy nou eers die departement ontvang het . Dit beteken dat ons hierdie jaar goeie vrugte van hierdie departement kan verwag , want die agbare Minister het gesê hy sal onverpoosd voortgaan met sy werk . Ek wil net nog iets byvoeg , alhoewel my voorgangers dit alreeds genoem het , dit is in verband met indiensplasing . As ek nie verkeerd is nie , het die agbare Minister gesê dat hy af en toe met die mense by die werwingskantore gaan gesels

63 . het , maar wanneer die werknemers toestemming gegee word om na die werk te gaan , word hulle met kieries wat groot knoppe het , soos diere aangejaag , en hulle word somtyds met daardie kieries geslaan . Ek het een gesien wat geslaan was . Ek weet nie of dit toegelaat word dat mense so geslaan word nie , of doen hulle dit op hulle eie ? Sekere mense wanneer hulle werk gegee word , is soms onkeerbaar omdat hulle so lank daar moes wag . Hierdie is ' n reaksie op die lang wag . Daar is ' n paar van hulle wat suide toe gegaan het om self werk te gaan soek , en wanneer hy met die vorm van sy werkgewer en die tjek om te betaal daar aankom , skeur die hoofde van die werwingskantoor daardie vorms stukkend . Daardie persoon was eerlik , want hy is nie ' n rondloper nie . As hy ' n rondloper was , sou hy net na die suide gegaan het om daar te gaan werk en sou hy nie teruggekom het om hom hier te laat registreer nie . Ek wil net beklemtoon dat hierdie slawerny nie goeie vrugte sal afwerp nie . Ek versoek die agbare Minister om hierdie slanery stop te sit , veral die met die kieries . As dit ' n sambok was , sou dit beter gewees het , want ' n kierie slaan maklik ' n mens se kop stukkend en kan ook ' n oog beskadig . Die slanery moet stopgesit word , totaal stopgesit word . Toe ek ' n kandidaat geword het , het die mense my gevra om iets te doen in verband met die moeilikhede by die werwingskantoor . Hulle het gevra dat daardie moeilikhede uit die weg geruim moet word . Hulle het so baie daaroor gepraat en daar het tot nog toe geen verandering gekom nie . Soos ek na die toespraak van die agbare Minister kyk , hoop ek dat daar verbeterings sal kom want die agbare Minister het gesê dat hy onverpoosd gaan werk . Ek twyfel net omdat hy hier sê - ek dink nie , ek wil nie , want tussen ' n wil en ' n gedagte is daar ' n verskil tussen . Nogtans is ons baie bly want as hy doen wat hy gesê het , sal dit al verbeterings bring . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , persoonlik het ek ook iets oor die Departement van Justisie , maar ek wil daardie dinge beklemtoon waaroor die mense so baie kla . By die indiensplasing van die mense is daar net een ding wat moeilikhede gee , en dit is die loon of vergoeding wat betaal word . Ek weet nie wanneer die salarisse verbeter sal word nie . Ek het ' n blanke daar in die suide ontmoet , daardie blanke is my vriend . Ons het gepraat en hy het gesê dat hy nie mense kry om vir hom te werk nie . Hy sê die Wambo's is Owambo toe . Ek het vir hom gesê daar in die Wambo- dorp is daar baie Namas en Damaras , hoekom gaan hy nie mense daar soek om te werk nie? Hy het vir my gesê - weet jy die Namas is te duur om in diens te neem en hulle doen ook nie hulle werk behoorlik nie . Die Wambo's is goedkoop en hulle is sterk wanneer dit by werk kom . Ek weet nie wat die verskil is tussen ' n Wambo en ' n Nama nie . Ek weet dat ' n Nama ook vyf vingers het net soos ' n Wambo . Ek weet nie waar die verskil is nie . Ek weet as ' n Nama hier in Owambo kom werk en hy werk saam met ' n Wambo , dan is daar ' n verskil in hulle salarisse . Dit noem ons apartheid . Dit is waarvoor ons streef , dat dit uit die weg geruim moet word . Daar is nog ' n ander groot moeilikheid en wel by die paskantoor by Ondangwa . Ek is ' n besigheidsman en gaan gedurende die jaar daarheen want ek het 40 passe of permitte nodig , maar wanneer

64 . hierdie permitte uitgeskryf word word hulle in drievoud uitgeskryf. Soos ek gesê het , is 40 perJy kry een en twee bly in die boek . mitte in een jaar aan my uitgeskryf en saam met dit wat in die boek oorgebly het , sal daar 120 wees . Meneer die Voorsitter , ek dink dit is beter om ' n permit te kry wat vir 6 maande of vir 1 jaar geldig is as om elke dag ' n permit uit te skryf en baie papier te vermors . Miskien kry die Regering hierdie boeke persent . Miskien is die permitte vir ' n maand of vir ' n jaar baie duur . Maar ek voel hoewel die pas VOORSITTER : Agbare lede , wag met die bespreking van die permitte tot ons by die departement van Binnelandse Sake gekom het . Ek versoek u om voort te gaan met die bespreking , maar permitte hoort tuis by Binnelandse Sake . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , omdat my gedagte nou deurmekaar is vra ek om later voort te gaan . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID KALIPI MUNDJELE : Meneer die Voorsitter , ek het geluister na Die agbare die besprekings oor die Departement van Justisie . lede wat oor hierdie departement gepraat het , het die waarheid gepraat . Ek dink elke hoek is deur die vorige sprekers bespreek . Ek staan hier om voor te stel dat hierdie departement se begrotingspos deur die Raad aanvaar word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID OSWALD ANDOWA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar ' n teenvoorstel ? LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , daar is iets wat ek nie mooi gehoor het nie . In hierdie departement is daar iets wat nie vir my duidelik is nie . As ek kyk na hierdie Departement dan sien ek dat hierdie departement mense in diens neem , maar sommige word betaal en andere nie . VOORSITTER : Agbare lid , die toespraak is al aangeneem , die salarisse volg later . Ons gaan voort met die lees van die subhoofde . Ek versoek die Sekretaris om die Subhoofde te lees . (Sekretaris lees Subhoof A) VOORSITTER : Agbare lede , subhoof A is oop vir bespreking . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek wil net iets vra in verband met die verkeersbeampte wat deur die Owambo- regering vergoed word , wat word gedoen met die boete wat betaal word deur die mense wat die verkeerswette oortree het , in watter fonds word dit gestort? Ook die lisensiegeld van die voertuie , waarin word dit gestort ? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , op bladsy 35 by die tikkers was die salaris verlede jaar so gewees en dit is vanjaar nog so , terwyl die getal nog twee is . Word hulle salarisse nie verhoog nie ? Ek sien hier al die werkers se salarisse is verhoog . Wat van die tiksters , het hulle nie goed gewerk nie ? VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , die salarisse

65 . van klerke is nie vir my duidelik nie . Ek sien hier ' n bedrag van R16 000 , maar dit is vir 12 klerke wat hulle eie kos koop , wat hulle eie wonings se huur betaal . Ek voel dit is nie genoeg nie . As ' n mens ' n vrou het en ' n huis en kinders , en hy moet kos uit daardie geld koop , wat sal oorbly? Ek dink hierdie saak is iets wat ondersoek en verander moet word . Hier is ook klerke wat 28 in getal is en saam kry hulle R30 000 , dit is vir my presies soos die eerste geval . Dit is mos die mense wat die boeke skryf wat ons gebruik . As daar nie papier is nie , wat sal ons maak . By hierdie klerke moet daar veranderings kom . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Huis om te bespreek . Laat ons voortgaan . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek het ' n vraag oor item 2 waar gepraat word van tydelike hulp . Wat is dit? Verlede jaar was dit R2 850 en vanjaar is dit net hierdie bedrag . Ek wil betekenis hê en weet waarom hierdie bedrag verminder is . Dankie . LID JACKIE ASHIPALA : Meneer die Voorsitter , by subhoof A is daar 'n woord wat my laat twyfel . Dit sien ek by item 6. Verlede jaar Ek wil verduideliking hê . was dit R10 230 en vanjaar is dit R50 . VOORSITTER : Agbare lede , dit is oop vir bespreking . Ek vra die agbare Minister om te verduidelik wat gevra is . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , ek wil in volgorde ' n Paar van die antwoorde kan gevind word in my die vrae antwoord . begrotingstoespraak . Daar is uitdruklik gesê waarom item 6 verander is . Verlede jaar was die pensioento elaes saam maar vanjaar is dit verkeersboetes en lisenapart . Die vraag oor in watter fonds word siegelde gestort se antwoord is in die begroting van uitgawes op bladsy 46 , maar by ' n ander departement , waar lisensie genoem word . word hier verreken en dit gaan Die boetes vir verkeersoortredi ng in die Owambo Regeringsfonds . Ass ek reg geluister het , was daar ' n vraag , op bladsy 35 , oor die tiksters wat nie verhogings kry nie . Die salaris bly dieselfde want hulle doen tydelike werk . Dit is al vrae wat ek onthou . Die vraag oor die 12 klerke is op bladsye 35 en hulle is nou verminder na nege klerke , 3 word deur die Regering van S.A. betaal . Dankie . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede goed verstaan het . Hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek het gesien dat die agbare Minister alles verduidelik het in verband met hierdie subhoof en ek stel voor dat dit so aanvaar word . Dankie .

VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID RISTO KAMATI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Enige teenvoorstel? Aangesien niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof B ) HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter ek versoek u om die sitting te verdaag tot Maandag . Dankie .

VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting tot Maandag om 10-uur vm. (DIE HUIS VERDAAG TOT MAANDAG 19/5/75 )

66 . MAANDAG

19

ΜΕΙ

1975 .

MINUUT NR.27 : Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.28 : NOTULE VAN 16/5/75 GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van verrigtinge van 16 Mei 1975 te lees . (Sekretaris lees notule ) Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister om aankondigings te doen , indien enige . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskappe ontvang nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek wil net aan u bekendmaak dat drie agbare lede nie vanoggend saam met ons kan vergader nie . Dit is agbare Willibard Kanyele , hy is siek en kon nie kom nie , agbare lid Amutenya Tshemwethereni se broer of se neef is oorlede en hy kan nie vandag hier wees nie , en agbare lid Ananias Kamanya se voertuig het langs die pad gebreek en hy het gaan kyk wat hy daarmee kan doen . MINUUT NR.29 : DERDE LESING BEGROTING SWETSONTWERP VOORT GESIT - BEGROTINGSPOS NR.6 AANVAAR :

VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan vanoggend verder met die beOns gaan spreking van Begrotingspos 6 , Departement Justisie . voort met Subhoof B. Hierdie subhoof is nog altyd oop vir die Raad om te bespreek . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , in subhoof B is daar iets wat my baie bly laat voel en dit is die item oor motorvervoer , want die bedrag wat vir hierdie item begroot is , kom ooreen met die woorde van die agbare Minister , toe hy gesê het dat hy vanjaar baie besig sal wees . Daarom stel ek voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof C ) Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking .

VOORSITTER :

LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat hierdie subhoof so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID VAINO IIPINGE : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en daarom gaan ons voort . (Sekretaris lees Subhoof D ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nou oop vir bespreking .

67 .

LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof het te doen met die behoeftes van die kantoor . Ons sien hier dat hier ' n vermeerdering op verlede jaar is . Ons hoop en vertrou dat die amptenare in die kantoor presies weet wat hulle gedurende die jaar benodig . Daarom stel ek voor hierdie subhoof net so aanvaar word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief ?

LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof E) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID SIMION MATIAS : Meneer die Voorsitter , ek sien dat die bedrag vir hierdie subhoof E vermeerder het , en daarom stel ek voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê voordat daar sekondeer word . Ek gaan oor item 7 praat . Ons almal weet dat daar navorsing moet wees in verband met die inheemse reg . Ons het dit verlede jaar ook bespreek en die bedrag wat verlede jaar voor begroot was , is dieselfde as die bedrag vir vanjaar , daar is geen verskil nie . Ek wil net weet of die bedrag wat vir verlede jaar begroot was , bestee is . As daardie bedrag bestee was , is daar vasgestel of die geld genoeg was? Dit is miskien Ek weet die rede waarom die bedrag van vanjaar dieselfde is . SO ' n navorsingstaak kan nie binne ' n jaar afgehandel word nie . Wat ons net wil weet is hoe daar gevorder is , wat is alles gedoen omtrent die navorsing ? Of is ons vanjaar besig om net weer die bedrag van verlede jaar te aanvaar wat nooit bestee was nie? Dit sal baie goed wees as aan die agbare Huis verduidelik kan word of daar iets gedoen is , en of daar niks gedoen is nie , en of ons vanjaar weer net dieselfde bedrag as die van verlede jaar aanvaar , sodat daar miskien verlede jaar probleme was dat die Departement niks daaraan kon doen nie . As daar verlede jaar dan niks gedoen is nie , aanvaar ons nou net die bedrag sodat hulle vanjaar kan kyk of hulle iets hieromtrent kan doen of wat is die posisie? Ek persoonlik verlang ' n verduideliking hieroor voordat dit gesekondeer word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is steeds oop vir die Raad om te bespreek . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets oor item 7 sê . In die begrotingspos wat ons so pas afgehandel het , is daar gemeld dat daar ' n verbetering sal kom in die salarisse en lone van kapteins en hoofmanne , en daar is verder gesê dat die Kabinet , na die sitting , na daardie salarisse sal kyk . Item 7 handel oor navorsing van die inheemse reg . Ons wil net graag weet wat beteken hierdie woorde - inheemse reg . Baie van die sprekers in hierdie Huis het gesê hulle verlang dat hul wette geskrewe wette moet wees . Ons weet dat hierdie Huis bestaan uit lede wat uit verskillende stamme kom , en ons weet verder dat die gewoontes en gebruike in die verskillende stamme

68 .

nie dieselfde is nie . Ons in hierdie Huis moet ons daarvoor beywer om uniformiteit te bereik met ons wette in Owambo . Wat sê die agbare Minister van hierdie Departement , wanneer sal die wette van Owambo in die verskillende stamme dieselfde wees? Wanneer sal daar een wet gemaak word vir die hele Owambo? Ek het baie vrae om te stel oor hierdie item maar ten eerste wil ek net graag weet wat met hierdie bedrag van verlede jaar gedoen is , en watter wette is daar gemaak ensovoorts . Voordat ons verder gaan , wil ek dit asseblief graag weet . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog altyd oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek wilgraag ' n vraag stel oor item 2 wat handel oor die vergoeding aan aanbringers . Ek wil net graag weet , die aanbringers , wat beteken Hoe moet ' n mens iets rapporteer en aan wie moet hy gaan dit? Ek dink dit is wanneer ek iets aan my seniorhoofman rapporteer? of aan die Departement ensovoorts gaan rapporteer . Ek gaan oor Ek wil graag na item 7 waaroor die vorige sprekers gepraat het . beteken . Hier is gesê weet wat hierdie woorde - inheemse reg navorsing van die inheemse reg . Wat is omtrent die inheemse reg gedoen , is daar enige ondersoek ingestel ? Indien daar ondersoek ingestel is , het die mense wat besig was met die ondersoek miskien al verslag aan die Departement gedoen en gesê dat alles in die gebied goedgaan? Ek weet dat daar ondersoek ingestel is , sou daar vandag nie meer probleme en moeilikhede met hofsake in die gebied wees nie , want as die mense , die amptenare wat belas was met die ondersoek , byvoorbeeld by hoofmanne of kapteins kom wat besig is met hofsake , sou hulle aan hulle gesê het - julle doen nie reg nie , dit moet so en so gedoen word , ensovoorts . Ek wil nie hê ons moet elke jaar hierdie woorde navorsing van die inheemse reg in die begroting sien nie . Ek wil hê daar moet iets gedoen word . Daar moet ondersoek ingestel word . As daar ondersoek ingestel word , sal daar uitgevind word dat daar mense is wat nie hulle pligte nakom nie . Miskien is daar baie probleme in die verskillende stamme omdat die mense wat die probleme moet oplos nie hulle werk verrig het nie . As die amptenare nie hulle werk doen nie , sal daar nie vrede in Owambo heers nie , en sal daar altyd probleme wees . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking deur die Raad . LID AMBROSIUS ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets vra oor item 2 , maar wat ek wou vra , is alreeds deur die vorige spreker gevra . Ek wou ook vra waar gaan hierdie aanbringers rapporteer , en wat gaan hulle rapporteer? Gaan hulle na die hoofmanne of na die Minister of waar gaan hulle rapporteer dat hulle vergoed word uit die bedrag wat hier begroot is . Wat rapporteer hulle eintlik? VOORSITTER : Agbare lede , ek verwys u vrae na die agbare Minister van hierdie Departement vir ' n verduideliking .

69 . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , ten eerste versoek ek die agbare lede om asseblief aandagtig te luister na wat ek hier gaan sê , want die vrae van die agbare lede is almal dieselfde , met ander woorde as ek die vraag van die agbare lid Peter Kalangula beantwoord , dan beteken dit dat ek al die agbare lede wat gevra het se vrae beantwoord het . Voordat ek begin wil ek net sê dat die Voorsitter gesê het dat dit nie nodig is om ' n vraag te herhaal wat alreeds gevra is nie . Die agbare lid Peter Kalangula het in verband met item 7 , Navorsing van die inheemse reg , gevra of die bedrag van verlede jaar gebruik is en of daar iets gedoen is omtrent hierdie item of nie .

Die antwoord is soos volg - daar is in verband met hierdie saak verlede jaar niks gedoen nie , want die Departement het die Universiteit van Stellenbosch versoek om mense te stuur om navorsing in Owambo te kom doen . Die studente van daardie Universiteit moet saam met hulle professor kom , maar hulle het nog nie opgedaag nie , met ander woorde die bedrag van verlede jaar is glad nie gebruik nie , daarom is die bedrag vanjaar weer dieselfde . Die Departement het verder versoek dat daar studente moet kom om die navorsing te kom doen . Miskien sal hulle vanjaar kom . As die studente dan kom , sal hulle oor die hele Owambo gaan om die navorsing te doen . Hulle gaan vasstel wat die verskille is tussen die verskillende gebruik en gewoontes in die verskillende stamme sodat hulle daarna kan probeer om dieselfde wette vir die verskillende stamme te maak . Ek het terselfdertyd die agbare lid Hihulifua beantwoord , want hy het dieselfde vraag gestel . Die agbare lid Thomas Nakambonde het oor item 2 gevra . Hy het gevra aan wie gaan daardie aanbringers rapporteer en wat rapporteer hulle . Dieselfde vraag is ook deur die agbare lid Ambrosius Andjamba gestel , en die antwoord is soos volg : Dit maak nie saak aan wie die aanbringers gaan rapporteer nie , hulle kan byvoorbeeld aan die polisie rapporteer of aan die senior hoofman of aan die Departement maar as die Departement daarvan kennis dra , dan sal so ' n persoon vergoed word uit hierdie bedrag .

Laat my Daar is verder gevra , wat gaan hulle rapporteer . toe om een voorbeeld te noem . Op die grense van ons land is daar terroriste en hulle wil graag ons land aanval . Gestel nou ' n persoon het ' n terroris gesien in Owambo en hy gaan rapporteer dit, dit is een voorbeeld van gevalle wat gerapporteer moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat al die agbare lede wat vrae gevra het , nou verstaan het wat verduidelik is . Hierdie subhoof is nog altyd oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om ' n vraag oor item 7 te stel . Die vraag wat ek wou stel is reeds gevra en die antwoord is reeds gegee . Die antwoord was dat daar versoek is dat die studente van Stellenbosch hierna toe moet kom om die navorsing te doen . Hoewel dit so is wil ek nog iets sê . Ek het gedink hierdie Huis sal homself besig hou om die verskille tussen die verskillende stamwette te ondersoek sodat die Huis net een wet vir die hele Owambo daar sal stel . Hierdie Huis bestaan uit lede van verskillende stamme , en daardie verskillende stamme het ook hulle stamowerhede , en daar is verskillende wette in daar-

70. die verskillende stamme . Ek gaan ' n voorbeeld noem oor die jeug . Daar is jong dogters wat deur seuns swanger gemaak word . Vir hierdie oortreding is daar ' n verskil tussen die vergoeding in die verskillende stamgebiede . Elke stamgebied het sy eie verding . Kan hierdie Huis nie die vergoeding bepaal sodat dieselfde vergoeding oral betaal kan word nie? Sodat die vergoeding wat betaal word in Kwanyama ook dieselfde kan wees in Ndonga en in die res van Owambo . Dieselfde geld ook vir moordsake . Die vergoeding oor moordsake is nie dieselfde in die verskillende stamme in Owambo nie . Kan hierdie Huis dan nie bepaal dat die vergoeding moet wees en dieselfde moet wees vir al die stamgebiede nie? VOORSITTER : Agbare lede , ons verdaag nou . Die agbare lid sal weer kans gegun word om voort te gaan . Ek verdaag die vergadering vir 10 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan aan met Subhoof E. Ek versoek die agbare lid Edward Mbango om sy toespraak voort te sit . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het alreeds gesê dat daar n verskil is in die vergoeding vir moordsake , kan hierdie Huis dan nie die vergoeding aanpas nie? Die volgende vraag gaan oor die polisiekantore in die gebied . Ek het reeds die vraag gestel maar nie antwoord daarop gekry nie . Kan daar nie kantore vir die polisie oral in die gebied gebou word sodat die polisie oral wet en orde kan handhaaf nie? Ons het baie senior hoofmanne gekry wat altyd kla oor die polisie . Die polisie is daar maar hulle word nie behoorlik benut nie . Baie polisie kla dat hulle gebruik word om onwettige werk te doen wat hulle nie mag doen nie . Ons weet dat daar baie moeilikhede en probleme in die gebied is en daardie polisie kan gebruik word om al daardie probleme in die gebied op te los . Die hoofman kon net aan die polisieman gesê het jy gaan die kant toe , en die ander een gaan daardie kant toe , sodat hulle die hele gebied kan bewaak . VOORSITTER : Agbare lid , wat u nou besig is om te sê naamlik dat daar kantore gebou moet word vir die polisie , val nie onder hierdie subhoof nie . As die agbare lid nog verder iets wil sê , bly asseblief by die items onder hierdie subhoof . Die agbare lid word toestemming gegee om verder te gaan met sy toespraak maar hy moet asseblief net praat oor items onder hierdie subhoof . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het niks om verder te sê oor hierdie subhoof nie . Ek wag op ' n antwoord op my vraag naamlik of hierdie Huis nie kan bepaal dat die boetes vir verskillende hofsake dieselfde moet wees nie . Daar is wel sake , baie moeilike sake , wat na verstandige mense gestuur word , maar die vergoeding vir die meisies wat onteer is , is iets wat hierdie Huis self kan regmaak . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n vraag oor item 7 stel , dit handel oor die navorsing . Ons voel hierdie saak is

71 . nie heeltemal reg nie . Aan die een kant lyk die saak vir my goed want die bedrag van vanjaar is meer as die van verlede jaar . Ek Ek glo dat die bedrag hoop dat daar ondersoek ingestel gaan word . vergroot is omdat daar vasgestel is dat daar vanjaar iets gedoen gaan word . Die mense wat dit moes opteken het miskien versuim om hulle pligte na te kom . Ons kan selfs sê dat hulle lui is . As daar dan uitgevind is waarom hulle nie hulle pligte nagekom het nie , en die redes nie goed is nie beskou ons hulle as lui mense . Ek weet dat hierdie saak baie goed is en ek hoop dat hieromtrent iets gedoen sal word . Ek stel voor dat dit so aanvaar word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan om te sekondeer nie . As u my toelaat om iets te sê , wil ek die agbare Minister baie bedank omdat baie goeie antwoorde wat op die vrae gestel is , gegee is . Die antwoord van die agbare Minister oor die vraag wat gestel was oor item 2 , het my ietwat in die duister gelaat , en ek verlang dat daar nog verder verduidelik moet word . Ons ken hierdie volk , ons ken mekaar baie goed . Ons is mense wat maklik kant kies . Gedurende die jaar 1966 was hier in ons land terroriste . Baie van ons Wambo's het die polisie gehaat . Toe die polisie besig was om die terroriste te soek het die Wambo's hulle begin haat , maar daardie haat het nie ontstaan omdat die polisie verkeerd opgetree het nie , maar die fout het by die volk self gelê en veral by die mense wat nie die waarheid praat nie . Daar was mense wat aan die polisie rapporteer het dat by so en so se huis is daar ' n terroris , maar dit was nie die waarheid nie , dit was net omdat daar tussen hom en die persoon wat hy gerapporteer het , rusie was . Ek weet baie goed waarvan ek praat . Daarom sê ek dat die agbare Minister verder moes gesê het dat die persoon wat vergoed sal word , is daardie persoon wat inligting gegee het wat daartoe aanleiding gegee het dat die polisie iemand gearresteer het . As die mense daarvan kennis dra dat daar sulke geld is wat betaal word aan al die aanbringers wat sake gaan rapporteer , sal baie mense kanse vat . Ek kan byvoorbeeld sê dat daardie en daardie persoon so en so gedoen het , terwyl dit nie die waarheid is nie . Die doel is net dat ek vergoed sal word wanneer ek iets gerapporteer het wat werklik is . Daarom versoek ek die Minister as u met my saamstem , om nie die vergoeding aan die aanbringer te betaal voordat daar vasgestel is dat hy die ware feite rapporteer het nie . VOORSITTER :

Agbare lede , die subhoof is nog oop vir bespreking .

LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek gaan praat oor item 7. Oor die antwoord van die agbare Minister , toe hy gesê het dat daar studente van die Universiteit van Stellenbosch sal kom, wil ek ook iets sê . Sal daardie studente van Stellenbosch kom bepaal dat die saailand in Ngandjera- stamgebied of ' n ander gebied een om twee osse moet kos ? Sal daardie studente vir ons kom sê dat as ' n kind ' n wond toegedien is , die boete 50c moet wees . Ek het gedink dat hierdie Huis by magte is om dit te sê of om te bepaal dat die vergoeding vir verskillende sake dieselfde moet wees , sodat wanneer die studente dan opdaag , sal hulle vind dat ons al klaar bepaal het en hulle sal net die wet opstel . Ons

72 . moet die besluite self neem , want dit lyk vir my asof hulle nie gou kom nie . Daar is moordenaars wat gearresteer en na die tronk gestuur word vir twee of drie jare , maar nadat so ' n man uit die tronk ontslaan is , sal hy volgens die stamreg weer beboet word met tien of twaalf osse omdat hy ' n moord gepleeg het . Ek het dieselfde saak verlede jaar ook hier genoem want die beskuldigde was toe vir ' n sekere tydperk in die tronk en daarna is hy weer verder beboet . Is dit dan so dat daar gewag word vir die mense van Stellerbosch om die saak te kom regstel ? Gestel nou ' n bestuurder van ' n voertuig ry iemand dood , terwyl die fout by die persoon wat doodgery is lê , en die bestuurder van die voertuig kom nou voor die hof en hy word skuldig bevind . So ' n beskuldigde moet weer voor die stamhoof gebring word waar hy beboet sal word met drie of vier osse . Kan hierdie verskillende wette wat nie nou reeds vereenselwig word nie , sodat wanneer die mense van Stellenbosch opdaag , hulle net die wet sal kom opstel? Gestel nou onder andere dat die senior hoofmanne deur die Regering betaal gaan word en dat hulle nou nie weer daardie saailande gaan verkoop soos in die verlede nie . As daardie saailand dan verkoop moet word deur die Regering en die geld in die stamfonds gestort word of in die Regeringsfonds , hoeveel sal daardie koopsom wees as daar ' n verskil in verskillende stamgebiede is? Sal ons altyd voortgaan met die verskillende wette in ons land hoewel ons hierdie agbare Huis het wat ingestel is om dit reg te maak? Ek wil net die agbare Minister vra om asseblief vir ons te verduidelik wat die posisie is . Moet ons net wag vir die mense wat van Stellenbosch af kom of het ons self die reg om ons sake reg te stel? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek u asseblief om nie weer u vrae wat u reeds gevra het te herhaal nie . As ' n kans weer aan u gegun word om op te staan , moet u net u vraag duidelik stel as dit nie reeds duidelik was nie maar moet asseblief nie u vraag weer herhaal nie . Ek merk dat op ' n paar vrae wat nou gestel is al beantwoord is deur die agbare Minister van hierdie Departement . Ons moet nie verwag dat die agbare Minister , nadat hy ' n antwoord gegee het , en verduidelik het wat gedoen sal word , dat hy dit more gaan doen nie . Dinge vat tyd om reg te kry . Agbare lede , ons het nou ' n lang tyd oor hierdie subhoof gepraat en dit is alreeds aanvaar . Ek vra vir ' n sekondant asseblief . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof F ) VOORSITTER :

Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking .

MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat hierdie subhoof so aanvaar word soos dit is . Dankie . VOORSITTER :

Agbare lede ,

LID MARTIN IIYAMBO :

' n sekondant asseblief?

Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

73 . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof G) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . Agbare lede , ons moet asseblief hierdie subhoof bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek hoop dat daar ' n agbare lid is wat , soos ek , nie verstaan wat item 3 beteken nie . Dit handel oor trein- en busgelde . Aan ons is alreeds gesê dat die werkgewer self die trein- en busgelde vir sy werkers moet betaal . Dat die werkers nou vir daardie werkgewer gaan werk en die Regering moet die trein- en busgeld betaal is iets wat ek nie verstaan nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , die vorige spreker het gesê dat daar 'n paar van die lede is wat item 3 nie verstaan nie , ek is ook een van hulle . Ons het verlede jaar gepraat oor ' n sekere item wat ook gehandel het oor die trein- en busgelde . Ek onthou dat ons verlede jaar hier gehoor het dat die trein- en busgelde betaal word wanneer drosters na Owambo teruggestuur word . Verder was gesê dat die geld ook betaal word wanneer oues van dae teruggestuur word na Owambo toe , dit wil sê , die wat in die suide oud geword het . Ek wil net van die agbare Minister weet hoeveel mense na Owambo gerepatrieer is en hoeveel oues van dae is teruggestuur . As dit dan so is , moet daar gedink word wat daar gedoen kan word sodat so ' n groot bedrag nie weer aan sulke mense bestee hoef te word nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verwys u vrae na die agbare Minister van hierdie Departement vir ' n verduideliking . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , ek wil dankie sê aan daardie agbare lede wat ' n vraag oor item 3 wat hulle nie verstaan nie , gestel het . Die antwoord kan gevind word op bladsy 46 , B.6 . Dit handel oor die werwingsfooie . Daar is R500 000 begroot onder B.6 . Dit beteken dat ons daardie R500 000 van die werkgewers ontvang het , terwyl item 3 onder subhoof G praat van die geld wat ons uitgee aan vervoer met treine en busse . As u mooi kyk en die uitgawes met die inkomste vergelyk sal u merk dat daar ' n oorskot is .

Die agbare lid het ook gepraat oor oues van dae wat in die suide oud geword het en wat teruggestuur word Owambo toe . Die trein- en busgelde vir daardie oues van dae word deur daardie mense wat hulle terugstuur Owambo toe betaal . Dit is nie my Departement wat daarmee handel nie , dit is die Departement van Binnelandse Sake wat die oues van dae wat teruggestuur word Owambo toe , hanteer . VOORSITTER : Agbare lede , ek vertrou dat die agbare lid nou baie goed verstaan . LID TOIVO SHIYAGAYA : Dankie , meneer die Voorsitter , ek het verstaan . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir bespreking .

74 . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , na my mening is item 3 . n bietjie onduidelik vir die agbare lede . Maar nadat die agbare Minister dit goed verduidelik het , het al die lede goed verstaan . Daarom stel ek voor dat hierdie subhoof aanvaar word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant . LID FILLEMON AITEMBU :

Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ek versoek nou die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die opsomming te lees .

(Sekretaris lees opsomming . ) VOORSITTER : Agbare lede , die opsomming is nou voor die Raad om dit te bespreek . Agbare lede , ek versoek nou die agbare Minister van hierdie Departement om repliek te lewer . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , ek wil graag die agbare lede van hierdie Huis hartlik bedank , want die agbare lede het baie goed oor my toespraak gepraat en ook oor die verskillende items . Die agbare lede het aandagtig geluister en alles is bespreek . Ek versoek nou die agbare Raad om my begrotingspos te aanvaar soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID PETRUS NEUMBO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

Dankie .

VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie Begrotingspos van Ek verdie Departement van Justisie deur die Raad aanvaar is . soek nou die agbare lede om oor te gaan na die Departement van Onderwys . Meneer die Voorsitter , ek HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : wil net aankondig dat ' n aantal nuusmanne om 3- uur vanmiddag verskoon , halfdrie , by Oshakati aankom . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die Raad verdaag tot om 2.30 nm . Ek sal dan my Departement begin . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant . LID PAULUS SHAANIKA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot halfdrie . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) MINUUT NR.30 : DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT WORD BESPREEK :

BEGROTINGS POS 4

VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan nou oor na Begrotingspos 4 , Departement van Onderwys . Ek versoek nou die agbare Minister van Onderwys om sy begrotingsrede te lewer . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , voordat ek verduidelikings in verband met die begroting van my departement doen , wil ek graag kortliks verslag doen oor die werksaamhede van my departement vir die afgelope jaar en tot op datum .

75 . Op 31 Maart 1974 het ons 261 skole gehad met 75 861 leerlinge en 1 555 leerkragte waarvan 40 blankes was . Vanjaar se statistiek is nog nie amptelik bekend nie maar ons het oor die 300 skole en ongeveer 1 685 Wambo- onderwysers . Die leerlingtal sal volgens skatting ongeveer 80 000 wees . Op 31 Maart 1974 was daar 3 kringe elke met ' n kring - inspekteur en twee assistent- inspekteurs . Verder was daar een Organiseerder van Godsdiens - onderwys , een Organiseerder van Kultuursake en een Organiseerder van Naaldwerk . Tans is daar vier kringe waarvan twee onder beheer van Wambo- kringinspekteurs is , naamlik Ndongo-wes met kantore te Ondangwa en Noord- en Suidweste met kantore te Ombalantu . Laasgenoemde is die eerste kringkantoor wat nie te Ondangwa geleë is nie . Ons beoog later nog meer sulke kringe in Owambo . ' n Verdere twee assistent- inspekteurposte is ook geskep . Op die primêre onderwysgebied is vordering meestal deur baie faktore gestrem , onder andere , die volgende :

(a )

(b) ( c)

(a ) (e)

' n Groot persentasie ongekwalifiseerde leerkragte ( 21 % ) Gebrek aan pligsbesef en die nodige ywer en belangstelling by baie leerkragte . Ongereelde skoolbesoek deur baie leerlinge . Alle skole hou nie altyd stiptelik by die bepaalde skoolure nie . Baie leerlinge daag laat by die skool op .

Daar is nogtans baie onderwysers wat hulle taak wel ernstig opneem en lewer gevolglik goeie werk en behaal mooi uitslae . Vir hulle is ons opreg dankbaar . Op na- primêre onderwysgebied was die skoolbywoning baie bevredigend . Ten gevolge van negatiewe gesindhede en ondermynende bedrywighede was die normale skoolverlatingssyfer egter verlede jaar aansienlik hoër . Dit ten spyte was bevredigende werk gelewer . Twee nuwe sekondêre skole is aan die begin van hierdie jaar geopen , naamlik Oluno Sekondêre Skool en Okatana Sekondêre Skool , albei in tydelike geboue gehuisves . Meneer die Voorsitter , die Departement van Werke sal eersdaags begin met die bou van sekondêre skole met koshuisgeriewe Ook het ek die departement van Werke versoek te Oluno en Ongha . om sekondêre dagskole op te rig te Ohangwena , Ombalantu en Ons hoop om hulle in 1976 in gebruik te kan neem . VerOnayena . der is daar twee aandskole , een te Oshakati en een te Oluno . Vanaf 1 April 1975 kan ons betaal vir die dienste van Onderwysers by aandskole . Vir die boeke vir aandskoliere het ek nie fondse nie maar omdat hierdie leerlinge nie skoolfooie betaal nie , behoort hulle ten minste vir hulle eie boeke te betaal . Meeste van hulle verdien ook geld om te kan betaal .

Leerkragte is met gereelde tussenposes oor Radio Owambo aandie afgemoedig om hulle kwalifikasies te verbeter . Ook het ek gelope tyd veertien vergaderings op verskillende plekke regdeur

76 .

Owambo gehou met al die leerkragte en skoolkomiteelede . Die hoofdoel van hierdie vergaderings was die verduideliking van die implikasies van die Owambo Wet op Onderwys , wat vanaf 1 November 1974 van krag is , en om die samewerking tussen skoolkomitees en leerkragte te bewerkstellig . Ek het weereens ' n ernstige beroep gedoen op leerkragte om deur middel van korrespondensie - kursusse hulle kwalifikasies te probeer verbeter . My departement het op die huidige begroting begroot vir die betaling van die kursusse van leerkragte wat bereid is om op hierdie manier hulle kwalifikasies te probeer verbeter en sodoende die peil van ons onderwys te verhoog . Op die gebied van spesiale onderwys wil ek net noem dat die Eluwa Skool vir Dowes en Blindes gedurende Februarie vanjaar vanaf Engela na die nuwe skool langs die Ongwediva - opleidingsentrum verskuif het . Die geboue is nog nie voltooi nie maar sal na verwagting teen die end van Augustus voltooi wees . Dit sal uiteindelik vir 60 blinde en 60 dowe leerlinge voorsiening maak . Omdat die opvoeding van die jeug nie net verstandelike ontwikkeling nie maar ook liggaamlike ontwikkeling behels , het ek met ingang 1 April 1975 ' n pos van Organiseerder van Sport en Ontspanning op my departement se dienstaat goedgekeur . Die pos is gelykstaande aan die van assistent - inspekteur . Die pos sal eersdaags gevul word . Die taak van hierdie Organiseerder sal wees om sport en ontspanning aan ons skole te organiseer . Hy sal ook skakel met Organiseerders uit ander tuislande en blanke gebiede en gereeld afrigtingskursusse bywoon ten einde op hoogte te bly met die jongste tegnieke . Terwyl ek oor sport praat , mnr . die Voorsitter , wil ek ' n besondere prestasie noem wat deur nege skoolatlete vanuit Owambo behaal is . Gedurende April 1975 het hierdie 9 atlete waarvan 7 van Ongwediva- opleidingsentrum en 2 van Oshakati Sekondêre Skool is , deelgeneem aan die Suid- Afrikaanse Junior Atletiekbyeenkoms te Welkom en baie goed presteer . Een dogter , Aloisia Joseph het die 800 meter vir dogters in ' n nuwe Suid- Afrikaanse rekord tyd gewen en ook nog die 1 500 meter gewen . Dit wys vir ons mnr . die Voorsitter , dat Owambo wel die atlete het om aan groot kompetisies te kan deelneem . Ons moet ons atlete die geleentheid gee om ook op hierdie terrein te kan presteer . Op kultuurgebied is ' n baie geslaagde kultuurfees gedurende Oktober 1974 gehou . Almal van u wat daar teenwoordig was sal met my saamstem dat daar ' n groot behoefte in die lewe van die Owambovolk bestaan om so te kan feesvier . ' n Soortgelyke fees word weer vir vanjaar beoog . Wat die daarstelling van biblioteke in Wambo - dorpe betref , geniet die aangeleentheid nog aandag . Mnr . die Voorsitter , ons het vanjaar probleme ondervind met die aflewering van boeke . Die grootste probleem was vervoer . Die Weermag het egter tot ons hulp gekom . Ook het ek op 1 April 1975 die dienste van ' n opgeleide magasynmeester bekom en ons hoop dat die aflewering van boeke van nou af sal verbeter . Dit mnr . die Voorsitter is kortliks die werksaamhede van my departement vir die afgelope tyd . Nou mnr . die Voorsitter , kom ek by die begroting van my departement vir die boekjaar 1975/76 . U sal merk dat daar ' n

77 . vermeerdering van R913 000 oor die 1974/75 begroting is . Hierdie vermeerdering is hoofsaaklik toe te skryf aan die onlangse In subhoof A word verhoging in die salarisse van onderwysers . ' n vermeerdering van R675 500 vir hierdie doel aangevra , asook vir die uitbreiding van ons dienstaat wat nagenoeg 115 onderwysers per jaar insluit .

Die vermeerderde bedrae in Item B is tewyte aan die algemene verhoging in vervoerkoste en uitbreiding van dienstaat . In item E moet ' n paar verduidelikings gedoen word . Die subsidies betaalbaar aan sendinggenootskappe en die Boesmanskool is met 25% verhoog dit is item E.2 en E.3 . Die betrokke sendinggenootskappe het gevra om verhoging van hulle subsidies van 10c per leerling per dag tot 12c per leerling per dag . Dit is vir leerlinge in Koshuise van die sendinggenootskappe . Item E.4 is verdubbel weens die feit dat daar aan die end van hierdie jaar publieke eksamens is in ST.6 en in ST.5 . Vanjaar is die laaste jaar dat daar ' n St.6 eksamen geskryf word . Daarna sal daar net ' n publieke eksamen wees in St.5 . Die vermeerdering in Item 8.E maak voorsiening vir die verhoogde bydraes tot pensioen- en voorsorgfondse as gevolg van die verhoging in die salarisse van onderwysers . In Item E.9 word R12 000 gevra vir studiebeurse . Om die standaard van die onderwys in Owambo te probeer verhoog , sal ons betaal vir die kursusse wat leerkragte neem deur die korrespondensiekolleges , asook vir beurse vir verdere studie aan universiteite om onderwysers te word . U sal sien , mnr . die Voorsitter , dat daar ' n nuwe item naamlik E.10 uitbouing van Wambotale op die begroting is . Hierdie bedrag van R700 benodig ons vir pryse wat my departement wil uitloof aan die beste poësieskrywers in ' n kompetisie om ons Wambotale uit te bou . Item G vir opleiding van nywerheidswerkers bly ' n nominale bedrag van R100 . Hierdie item word net oopgehou sodat wanneer daar aanvraag kom van toekomstige nyweraars in Owambo vir spesiaal - opgeleide werkers , daar ' n item is waaronder ek fondse kan aanvra . Met hierdie paar verduidelikings wil ek volstaan . dankie , mnr . die Voorsitter .

Baie

VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting vir 10 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nou oop vir die Raad om in beginsel te bespreek .

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil ten eerste die agbare Minister van Onderwys baie hartlik bedank vir sy toespraak . Daar is baie dinge wat ek gaan noem wat die agbare Minister gedoen Een van die dinge wat ek het en waarvoor ek hom gaan bedank . graag wil noem is die twee sekondêre skole wat die agbare Minister onlangs hier geopen het . Tweedens is dat die agbare Minister vergaderings in die hele Owambo gehou het met die onderwysers en lede van skoolkomitees . Die doel van daardie vergaderings was om samewerking te verkry tussen die Departement en sy leerkragte . Vir dit alles wat die agbare Minister gedoen het , behoort hy beEk weet dat die agbare Minister in die toekoms baie dank te word .

78 . meer sal doen as wat hy reeds gedoen het . Een van die dinge in hierdie Departement wat nie vir my goed is nie , is dat hierdie departement altyd versuim om betyds op te tree , want gewoonlik dink die departement te laat aan die oprigEk onthou dat daar geting van skole en veral sekondêre skole . durende 1973/74 baie leerlinge by die Minister se huis was wat hom gevra het waar hulle skool kan gaan . Dit is iets waaraan daar gouer gedink moet word want ' n mens weet reeds dat die kinders wat vandag op skool is , nie op skool bly totdat hulle klaar is nie . Daardie ding aan die begin van die jaar toe ' n klomp leerlinge by die huis van die agbare Minister was het gemaak dat hy nie meer rustig slaap nie , is nie goed nie , dit is iets wat ' n mens gouer kon opgelos het , ' n mens kon net daaraan gedink het om skole te bou sodat die leerlinge kan skoolgaan . Die agbare Minister het verder gesê dat sy departement beoog om sekondêre dagskole te bou . Dit sal baie goed wees as daardie skole gedurende hierdie jaar opgerig kan word sodat hulle volgende jaar klaar kan wees , sodat leerlinge wat volgende jaar verder wil studeer vanjaar al kan weet dat daar skole gebou is sodat hulle volgende jaar verder kan gaan . Ek weet dat daar ' n groot behoefte aan onderwysers is . Dit is nog iets wat gou gedoen sal moet word , daar moet beplan word waar die onderwysers vir daardie skole verkry gaan word . Daar word altyd gepraat van die Departement van Werke wat nie sy werk behoorlik doen nie of wat versuim om klaskamers op te rig . Ek het gesê dat ons hierdie departement baie bedank vir alles wat hy gedoen het , maar ek wil hierdie departement vra om in samewerking met die Departement van Werke vanjaar vroegtydig in samewerking met die Departement van Werke betyds te begin met die bou van skole . Ons bedank hierdie departement maar vra dat daardie punte wat genoem is in gedagte gehou moet word . Wanneer die Departement al daardie klein dingetjies reg het sal die mense die agbare Minister en sy departement baie dankbaar wees . Dankie , mnr . die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is oop vir bespreking . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , wat ek wil sê is Ek wil my amper dieselfde as wat die vorige spreker gesê het . dank betuig teenoor die Minister van die Departement van Onderwys Daar is egter onder die hele volk van Owambo baie klagte omdat Nadat daar nie genoeg sekondêre skole vir ons kinders is nie . ons verneem het dat daar twee sekondêre skole geopen is , wil ons ons dank teenoor die agbare Minister betuig . Dat daar verdere sekondêre skole , soos die agbare Minister gesê het , opgerig sal word te Mbalantu , Onga en te Oluno beteken vooruitgang vir die volk . Ons vra veral dat aan die leerlinge wat in die derde klas geslaag het , gedink moet word sodat hulle in die toekoms geleentheid kan kry om verder te studeer . Daardie studente wat in die derde klas geslaag het , is ook gewillig om verder te . studeer . Dankie , mnr . die Voorsitter . VOORSITTER : bespreking .

Agbare lede , hierdie begrotingspos is steeds oop vir

LID MALAKIA LUKAS :

Meneer die Voorsitter , voordat ek my dank

79 .

betuig teenoor die departement , wil ek net een klagte lug . Ons sien dat die Departement van Onderwys baie goeie werk verrig het . Vanjaar is daar twee skole geopen , maar die Departement van Onderwys het nie skoolgeriewe vir al daardie leerlinge daargestel nie , met die gevolg dat daardie leerlinge nou baie probleme het en hulle vind dit baie moeilik om skool te gaan . Ons versoek hierdie departement om asseblief koshuise vir daardie leerlinge te bou sodat hulle behoorlik skool kan gaan . Ek is baie dankbaar omdat die agbare Minister gesê het dat daar by Onga ook ' n sekondêre skool opgerig gaan word . Omdat daar verlede week begin is met die oprigting van daardie skool bewys dit vir my dat die agbare Minister presies weet wat in sy departement aangaan . Dit is ook die waarheid wat die agbare Minister gesê het , want sodra hulle klaar is met daardie sekondêre skool by Onga gaan hulle die ander een by Oluno oprig . Ek wil die agbare Minister bedank omdat hy sorg dat alle leerlinge in die hele Owambo skool kan gaan . Wat ek verder wou sê , is alreeds deur die vorige sprekers gesê . Al rede waarom ek opgestaan het , was om die fout dat daar nie koshuise vir die leerlinge by daardie sekondêre skool is nie uit te wys . Aangesien dit net een fout is , hoop ek die agbare Minister kan dit regkry . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister om te verduidelik wat die posisie is . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , die agbare lid Peter Kalangula het sy dank teenoor my betuig . Die agbare lid het varder gesê dat my departement dikwels aan die begin van elke jaar huisvesting aan ' n klomp leerlinge wat nie weet waar om skool te gaan nie , gee . Dit is waar wat hy gesê het want daar sal altyd kinders wees . Hoewel daar sulke kinders is , was daar tog baie leerlinge wat met die skool begin het . Byvoorbeeld hier by Daar Ongwediva , by die sekondêre skool te Oshakati en by Okahau . was net ' n klein probleempie gewees maar dit is klaar opgelos . Dit is hoekom ek in my begrotingstoespraak gemeld het wat daar gedoen word om te verhoed dat daar nie weer sulke probleme in die toekoms sal ontstaan nie . ' n Verstandige persoon is daardie een wat aanvaar wat beoog is om gedoen te word , al was daar vertraging gewees . Op die gebied van die onderwys is dit waar dat ek baie onderwysers nodig het . Ek doen ' n beroep op u agbare lede van die Wetgewende Raad om te help omdat dit ook ' n deel van u pligte is . U weet dat ons baie onderwysers in ons land nodig het . Ons het gekwalifiseerde onderwysers in Owambo wat die onderwys verlaat en in die suide gaan werk het . Die Wambo's wat gekwalifiseerd is en wat skool by Debra of te Windhoek gegaan het , is oral in die suide te vind waar hulle werksaam is . ' n Paar van hulle is hiervandaan soontoe .

As ' n lid van die Wetgewende Raad sorg asseblief dat wanneer u een van die onderwysers teenkom wat in die suide werk , noem dit Terwyl ek besig asseblief aan hom dat ek onderwysers nodig het . is moet u ook besig wees om my by te staan . Eintlik is dit nie ek wat u gaan help nie , maar ek en u gaan die Wambo-volk help . Die agbare lid Nantinda het gesê dat leerlinge wat in die derde klas geslaag het nie toegelaat word om verder te studeer nie . Dit was volgens die ou stelsel , dit word nie vandag meer gedoen

80 . nie . U sal nie in my departement hoor dat daar gepraat word van Ons werk nou met perleerlinge wat in die derde klas slaag nie . sentasies . Daar is altyd kinders wat laer persentasies het , maar aan sulke kinders sê ons net om weer na dieselfde klas waar hulle verlede jaar was terug te gaan sodat hulle hulle verder kan verbeter . Die agbare lid Malakia het gesê dat daar sekondêre skole opgerig is maar dat by daardie skole nie koshuise is nie . Daardie skole word beskou as dagskole . Die verskil is net dat dit ' n sekondêre skool is maar wel ' n sekondêre dagskool . Dit is al wat ons op die oomblik kon doen . Ons weet dat daar nie koshuise is nie , maar eintlik kan hulle net op daardie manier skoolgaan totdat daar iets vir hulle gedoen kan word . Die beleid van my departement is dat die leerlinge by sulke skole in koshuise gevestig moet word . Aangesien daar nou skole vir daardie leerlinge is , moet daar gedink word dat die ouers van daardie leerlinge ook hulle bydrae moet lewer . Dit sal baie goed wees as die ouers van daardie leerlinge intussen self kan reël waar sy kind kan slaap terwyl hy skoolgaan . Ek het verneem dat baie ouers glad nie weet waar hulle kinders slaap of waar hulle kos vandaan kry nie . Ek het by ' n paar van die skole gesien dat kinders wat nie elke dag van hulle ouers se huise na die skool kan kom nie deur hulle ouers by ander mense naby die skool laat woon . As dit moontlik was dat ek aan die bouers of aan daardie mense wat bouwerk doen , kon sê om vandag die koshuis op te rig , sou ek dit gedoen het , maar ongelukkig kan ek dit nie sê nie . Sodra ek koshuise het , sal ek daardie kinders oorplaas na die skole waar daar koshuise is . Dankie . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede goed verstaan het wat die agbare Minister verduidelik het . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het wel gehoor wat die agbare Minister gesê het oor wat ek gevra het . Die skoolgeboue word baie laat opgerig , want die leerlinge by daardie twee sekondêre skole te Oluno en Okatana het baie laat begin . Ek is een van die mense wat ' n paar van daardie leerlinge huisves . Ek het dit gedoen omdat die kinders nog rondgeloop het terwyl die ander al klaar met skool begin het . Die onderwysers by daardie sekondêre skole het aan die begin nie geweet wanneer hulle moet begin nie . Ek verwys nou nie na die agbare Minister nie , ek wil net sê dat hierdie departement moet aanvaar wat daar gesê word , want dit is die waarheid . Dit is ons eie kinders , ons het self met ons eie oë gesien hoe hulle rondgeloop het en nie geweet het wanneer hulle kan begin nie . Dit is die waarheid , maar aangesien die agbare Minister duidelik gesê het wat hy volgende jaar gaan doen , is dit iets wat ook aanvaar kan word , ons ondersteun hom . Dat die agbare lede ook nou onderwysers moet gaan soek , dit is iets wat ek nie baie mooi verstaan nie . Ek dink dit is net so terloops genoem omdat die Minister iets moes sê , maar dat hy dit nie eintlik bedoel het nie . Dat van die agbare lede nou onderwysers moet gaan soek , of selfs die amptenare van daardie departement , is iets wat nie gedoen kan word nie . As die departement miskien ' n beroep doen of adverteer dat daar vakante poste in die departement is , is dit ' n ander saak . Ons kan ook ' n bydrae lewer en voorstelle maak Dankie . dat die probleem so of so opgelos kan word .

81 . VOORSITTER :

Agbare lede , die begrotingspos is oop vir bespreking .

LID HERMAN SHONGOLO : Meneer die Voorsitter , ek wil ook die agbare Minister bedank vir alles wat hy verlede jaar gedoen het . Die agbare Minister het gesorg dat baie leerlinge nou korter afstande moet aflê skool toe . Ons wil ons dank betuig teenoor hierdie agbare Minister . Meneer die Voorsitter , ek wil ' n versoek rig aan die agbare Minister . Ons het baie min sekondêre skole in ons land , en ons verlang dat daar meer sekondêre skole opgerig moet word in Owambo . Ek wil verder praat oor die sendingskole , wat baie min leerlinge aanneem . Waar lê die fout , is dit miskien by die sendelinge self wat nie baie Wambo - kinders wil leer nie , of is dit die Regering wat gesê het die sendingskole nie baie leerlinge aanneem nie? My versoek is nou dit - indien moontlik moet daardie sendingskole ook meer leerlinge in hulle skole inneem sodat meer Wambo's geleer kan word . Hier is die behoefte genoem van sekondêre onderwysers . Die agbare lid Peter Kalangula het gesê dat dit vir ons baie moeilik is om onderwysers te soek . Ek wil graag weet of dit moontlik is dat ons leerkragte van buite Owambo af kan kry . Daar ons baie onderwysers nodig het , moet ons van buite kan vra . Ek hoop ons gaan kry , sodat ons kinders wat graag verder wil studeer kans kan kry om dit te doen , sodat hulle nie moet rond loop en soek waar om skool te gaan nie . Meneer die Voorsitter , en agbare lede , dit is my versoek aan u , dat indien moontlik , ons ons onderwysers buite Owambo moet kry om ons te help sodat ons kinders verder kan studeer , want as die kinders nie die geleentheid kry om verder te studeer nie , sal hulle begin om oor iets anders te dink . Meneer die Voorsitter , terwyl daar gepoog word om blindes en dowes te leer , en ons glad nie weet wat hulle vir die Wambo - volk kan doen nie , moet daar asseblief gepoog word om die gesonde mense op te voed , want ons weet dat hulle in die toekoms vir die volk iets kan doen . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is steeds oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , en agbare Raad , dit is tydsverkwisting om oor iets te praat wat reeds deur vorige sprekers genoem is . Hoewel baie van die vorige sprekers die agbare Minister bedank het , wil ek ook van my kant my dank teenoor hom betuig vir wat hy gedoen het . As ' n mens terugkyk en onthou wat verlede jaar gedurende die sitting gesê was oor hierdie departement , en na die toespraak van die Minister hier voor ons kyk , dan sal u opmerk dat die agbare Minister verdien om bedank te word . Die agbare Minister het in sy toespraak ook datums gegee van wanneer sekere werk voltooi is . Op bladsy 2 van sy toespraak is daar iets spesiaals wat my dwing om die Minister te bedank omdat Dit is ten ophy gedoen het soos ek verlede jaar versoek het . sigte van die salarisse van die onderwysers by die aandskole . Waarom daar nie boeke en skryfbehoeftes gekoop kan word vir daardie leerlinge by die aandskool nie , het die agbare Minister sy redes gegee . Ek het daardie redes aanvaar .

82 . Aan die begin van die agbare Minister se toespraak is daar iets wat ek verder wil noem . Opvoeding is iets wat baie vinnig in Owambo moet vooruitgaan . As daar enige struikelblokke in die pad van die opvoeding in Owambo is moet ons almal saamspan om dit uit die weg te ruim . Die agbare Minister het gesê dat daar baie faktore is wat onderwys in Owambo strem en die eerste punt was die groot persentasie ongekwalifiseerde leerkragte . Dit is een van die struikelblokke wat onderwys in Owambo strem . Die tweede is die gebrek aan pligsbesef en die nodige ywer en belangstelling by baie leerkragte , dit is ook bekend . Punt drie het die agbare Minister gesê is die ongereëlde skoolbesoek deur baie leerlinge , met ander woorde die departement weet presies wat se struikelblokke daar is wat die onderwys strem . Wat ek net graag van die Minister wil hoor , is wat sal daar gedoen word om hierdie struikelblokke uit die weg te ruim . Soos ek aan die begin gesê het wil ek nie ' n vraag vra nie , en die rede hoekom ek nie ' n vraag wil vra nie , is omdat ek weet dat hierdie agbare Minister wanneer hy gevra word om iets te doen , poog om dit gou te doen . Daarom meneer die Voorsitter en agbare Raad , wil ek net hê dat die agbare Minister van hierdie Departement asseblief volgens sy eie toespraak moet optree en toesien dat daar die baie dinge wat verkeerd is , in die toekoms reggemaak moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek wil nie weer herhaal wat die vorige sprekers alreeds gesê het nie . Ek wil net iets noem in die vorm van ' n vraag . Dit is waar dat ons land , Owambo , verlang na groot vordering op die gebied van onderwys . Die agbare Minister het probeer om baie skole in Owambo te laat bou . Wat ek graag wil sê gaan ek later sê , maar wat ek eers wil noem is die probleem van ons mense wat Owambo verlaat het , want daardie mense het die land verlaat met die doel om skole in die buiteland , beter skole as wat ons het in ons eie land , te gaan bywoon . Ek wil net graag weet , omdat hierdie departement besig is om ons mense op te lei en op te voed , of die departement ' n paar van die goeie leerlinge stuur om hulle studies in die buiteland te gaan voortsit . Of wil die departement net ons mense hier in Owambo opvoed , of net in Suidwes -Afrika en in Suid-Afrika ? Ek wil net weet as dit moontlik is of ' n paar van die goeie leerlinge nie uitgestuur kan word om hulle studies byvoorbeeld in Amerika te gaan voortsit nie . Dan sal ons Regering ontwikkel . Ons het mense nodig wat baie tale kan praat en dit kan alleenlik in ' n skool geleer word . Ek wil net vra dat die leerlinge wat hulle studies in die buiteland wil gaan voortsit toegelaat word , sodat ons kinders nie weer die land onwettig hoef te verlaat met die doel om in die buiteland te gaan studeer , soos hulle altyd gesê het nie . Ek sal dit baie waardeer indien die agbare Minister verder gaan verduidelik oor wat ek nou gevra het . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is steeds oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , hoewel baie van die agbare lede die agbare Minister bedank het , wil ek ook my dank teenoor hom betuig . Ek wil hom hartlik bedank omdat hy alles wat

83 .

hy verlede jaar gedoen het so mooi in sy toespraak uiteengesit het . Dit is baie duidelik voor ons en dit is nie vir ons nodig om te vra wat gedoen sal word nie , want hy het dit self uiteengesit . Die vergaderings wat die agbare Minister gehou het en wat bygewoon is deur die leerkragte en lede van die skoolkomitees , is ook deur my bygewoon . Die agbare Minister het hom daarop toegelê om aan die leerkragte en lede van die komitees alles te verduidelik . Tydens die vergaderings het ek gedink dat almal wat die vergaderings bygewoon het baie goed verstaan het wat die agbare Minister verduidelik het , maar na die vergaderings het ek opgemerk dat daar baie mense is wat tog nie alles verstaan het nie . Baie van die lede het niks verstaan nie . My versoek aan die agbare Minister is dat daar verdere vergaderings gereël moet word , al moet die vergaderings selfs deur die inspekteurs gehou word , veral vir die lede van die skoolkomitees , want na die vergaderings het ek gesien dat die skoolkomitees onderwysers by die skole aangestel het waar daar glad nie oop poste was nie . Baie van die onderwysers het gemerk dat dit baie maklik is om aangestel te word . As hulle net ' n lid van die skoolkomitee gaan sien , dan word hulle sommer aangestel op daardie plek waar hulle aangestel wil wees . Daardie onderwysers wat op daardie manier aangestel is , is toe weer later teruggestuur na die skole waar hulle vandaan gekom het , want hulle is onwettig aangestel . Daarom sê ek dit is dringend nodig dat daar verdere vergaderings vir die lede van die skoolkomitees gehou moet word sodat hulle kan verstaan wat die posisie is , en nie weer verkeerd optree nie . Die tweede ding wat ek opgemerk het is dat daar baie onderwysers is wat glad nie hulle pligte ken nie . Wat ek graag wil hê is dat daar kursusse gehou moet word veral vir skoolhoofde . Want dit is gewoonlik so dat die onderwysers tydens skoolure die skool verlaat en rondloop , selfs die hoof van die skool doen dit . Die skoolhoof self ken glad nie sy pligte en sy verantwoordelikheid nie . As die skoolhoofde dan nie hulle verantwoordelikhede ken nie , dan moet hulle verplig word om dit te ken , of daar moet kursusse vir hulle gehou word sodat hulle op die hoogte van sake kan wees .

In sy toespraak het die agbare Minister gesê dat een van die faktore wat die vordering van opvoeding strem is dat alle skole Die hulle nie altyd stiptelik by die bepaalde skoolure hou nie . agbare Minister het gesê alle skole , maar by alle skole is daar skoolhoofde , met ander woorde daardie skoolhoofde ken glad nie hulle pligte nie . Daarom versoek ek die agbare Minister dat daar kursusse gereël moet word vir die skoolhoofde sodat aan hulle verduidelik kan word wat hulle pligte is en wat hulle verantwoorEk het ' n vraag aan die Departement van Onderwys delikhede is . gestel en gevra of die tyd nog nie ryp is dat elke kind gedwing moet word om skool te gaan nie . Die agbare Minister het my soos volg geantwoord - hy het gesê die tyd is nog nie ryp nie , want as dit gedoen word en elke ouer word gedwing om sy kinders skool toe te stuur , sal daar opgetree moet word teen die ouer wat nie sy kinders skool toe stuur nie , hy sal gearresteer moet word en voor die hof gebring Ek wil saamstem met die agbare Minister maar ek loop ' n word . Ek wil egter ' n ander vraag vra - is dit nie bietjie agteruit .

84 . tyd dat die skoolkinders gedwing moet word om nie onnodig afwesig te wees nie? Dit is baie jammer dat een van die agbare lede gesê het dat die skool vir blindes en dowes nie nodig is nie . Ek wil net die agbare Minister vra of dit vir ons moontlik is om , tydens hierdie sitting , die blinde skool te gaan besoek . Dat ons kinders daar opgevoed gaan word om vir hulleself te sorg , is iets wat ons baie waardeer en ons wil graag daardie skool sien . My volgende vraag is of die Wet op Onderwys van Owambo nie aan die lede gegee kan word om te lees nie , want ons wil graag weet Indien dit moontlik is , vra wat die inhoud van daardie Wet is . ek om verskoning . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is steeds oop vir bespreking . LID LISIUS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook die agbare Minister bedank vir alles wat hy gesê het , want alles in sy toeEk spraak was baie duidelik . Daar is net iets wat ek wil vra . wil vra oor die skool vir blindes en dowes . Daar is glo net 60 blindes en 60 dowes . Dat daar gelyke getalle is , is dit opsetlik so gereël of kan daar nog verdere blindes by daardie skool aangeneem word? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog

oop vir bespreking .

LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om ' n versoek aan die agbare Minister te rig . Ek wil weet of dit vir die agbare Minister moontlik is om by elke skool ' n eerste Ek was hulp kissie te plaas waar die kinders medisyne kan kry . eendag by een van die skole daar in die gebied waar ek gevind het dat byna al die leerlinge buitekant siek lê . Die onderwysers het alleen in die klaskamer gestaan , want daar was nie leerlinge nie . Dit is hoekom ek wil weet of die Minister dit nie kan reël dat by elke skool eerste- hulp aangebring kan word nie . My tweede vraag is dit - kan hierdie agbare Minister nie reël dat in elke stamgebied ' n aandskool geopen word nie? Een van die agbare lede het gesê baie van die leerlinge gaan rond omdat daar nie vir hulle plek in ' n sekondêre skool is nie . Is dit nie moontlik dat daar Dankie . in elke stamgebied ' n aandskool geopen word nie? LID MALAKIA IITULA : Meneer die Voorsitter , ons is besig met die Departement van Onderwys . Ons weet almal dat opvoeding ' n belangrike saak is . Sonder opvoeding is daar geen ontwikkeling van die verstand nie . Daarom moet ons baie aandagtig luister en praat oor sake wat hierdie departement raak . Wanneer ons oor die opvoeding praat moet ons baie ywerig wees . Ons moet nooit moeg word as ons oor onderwys praat nie . Ek wil iets sê oor die aanstelling van leerkragte by skole . Die aanstelling van onderwysers deur lede van die komitees en skoolhoofde het ' n groot probleem geskep . Baie van die nuwe onderwysers wat pas die skool verlaat het , is aangestel om vir Sub A of B klas te gee , terwyl die ou onderwysers vir standerd 3 of 4 onderwys gee . Ons verwag dat die nuwe onderwysers hoër standerds moet kry , want hulle weet meer as die ouer onderwysers . ' n Onderwyser moet aangestel word volgens sy bekwaamheid . ' n Nuwe byl wat baie mooi skerpgemaak is , kan jy baie goed gebruik , maar wanneer dit stomp Ek sê ' n nuwe word , kan jy dit nie meer maklik gebruik nie .

85 . onderwyser wat goed skerpgemaak is , kan baie doen . Daarom versoek ek die agbare Minister om asseblief die aanstelling van onderwysers reg te stel . ' n Onderwyser wat pas die skool verlaat het , met ander woorde ' n nuwe onderwyser , kan baie goed die kinders leer . Ek bedank die agbare Minister omdat hy vergaderings vir die onderwysers gehou het . Dit sal beteken dat die agbare Minister weer daardie ou onderwysers moet skerp maak , want hulle is stomp . Meneer die Voorsitter , ek versoek die agbare Minister baie eerbiedig dat hy asseblief die aanstelling van onderwysers moet ondersoek . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is steeds oop vir bespreking .

LID ISRAEL JONA : Meneer die Voorsitter , ek wil my dank betuig teenoor die agbare Minister vir alles wat hy verlede jaar gedoen het . Wat ek verder gaan sê is in die vorm van ' n vraag . Soos die agbare Minister dit self gestel het , is daar sekere dinge wat stremmend op die onderwys inwerk , soos die feit dat alle skole nie altyd stiptelik by die bepaalde skoolure hou nie en omdat baie leerlinge laat by die skool opdaag . Ek stem saam met wat die agbare Minister gesê het , want byna 25 % van die leerkragte is besigheidsmanne . In plaas van om vroeg by die skool aan te kom besoek hy eers die groothandelaar om voorrade vir sy besigheid te koop . Wanneer hy by die skool aankom is dit al klaar laat , en die kinders het dit agtergekom dat dit nie help om vroeg skool toe te gaan nie , want jy kry nie die onderwyser by die skool nie . Dit is baie moeilik om twee werke op dieselfde tyd te doen . Ek wil van die agbare Minister weet wat hy omtrent die saak gaan doen . Ons weet dat die agbare Minister nie die persoon is wat handelslisensies aan onderwysers uitreik nie , ons weet ook dat baie van die besighede van daardie onderwysers nie wettig is nie , maar ten spyte daarvan is die onderwysers altyd besig om iets by hulle besighede te doen . As ons dan van hierdie besighede weet sal almal sê dit is een van die struikelblokke wat in die pad van die opvoeding is . Een van die vorige sprekers het gesê dat ons almal saam moet span om alle struikelblokke uit die weg te ruim . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is steeds oop vir die Raad om te bespreek .

LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek wil nie sê dat ek ook die agbare Minister bedank nie , want dit is dikwels reeds Ek wil net sê dat daar baie kinders is wat nie gereeld gesê . Wat kan gedoen word teen sulke kinders wat skool besoek nie . altyd afwesig is ? Kan daar nie miskien daaraan gedink word om ' n spesiale skool daar te stel waarheen daardie kinders wat 'n rondlopers geword het kan gaan om opgepas te word nie ? Tweede ding wat ek gaan noem is die liggaamsoefeninge by die skole . Daardie liggaamsoefeninge word nie gereeld gehou nie . Wat sê die agbare Minister van die liggaamsoefening , kan dit nie by elke skool gereeld gehou word sodat wanneer ' n leerling in St.6 kom hy ' n spesiale uniform kan kry waarmee hy kan gaan Dit is wat gedoen word deur verskillende lande . Dit dril nie? was dan my vrae en dit is al wat ek wou sê . Dankie .

86 . VOORSITTER : Agbare lede , dit is so dat baie van die agbare lede Ek dink al baie oor hierdie Departement van Onderwys gesê het . die agbare lede sal baie bly wees as die Sekretaris van die Wetgewende Raad gevra word om subhoof vir subhoof te lees sodat Ek vra nou of die agbare lede aanhulle dan bespreek kan word . Indien daar nog ' n paar lede is wat iets vaar wat ek gesê het . wil sê is die begrotingspos steeds oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , terwyl ons nou hier besig is , wil ek net iets noem wat die vorige sprekers vergeet het toe hulle die agbare Minister bedank het . Agbare Minister , u het baie gedoen in die loop van verlede jaar . Volgens u toespraak is daar Wambo - inspekteurs aangestel . U departement het ook ' n paar studente uitgestuur om deel te neem aan die kompetisie in die Republiek van Suid - Afrika . Ek wil verder sê dat ek nie saamstem met wat hier gesê is in verband met die liggaamsoefeninge nie . As die kinders aan ' n atletiekbyeenkoms deelgeneem het , dan beteken dit dat daar liggaamsoefeninge by die skole is . Soos ons hier gehoor het , het daardie atlete baie goed in die Republiek gevaar . Dit is vir my ' n teken dat die skool sy bes gedoen het om die leerlinge te laat oefen . Die agbare lid het ook gesê en voorgestel wat ons met daardie kinders moet doen wat nie by die skool opdaag nie . Ek weet dat die ouers nie tevrede gaan wees as daar ' n spesiale skool vir sulke kinders gebou word waar hulle sal bly soos mense in die tronk nie . Ek glo dat die ouers baie tevrede sal wees as die samewerking tussen die ouers en die onderwysers by die skole kan verbeter . Met hierdie woorde wil ek net voorstel dat hierdie begrotingspos so aanvaar word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om subhoof vir subhoof te lees .

(Sekretaris lees Subhoof A) VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot môreoggend om 10 vm . (DIE HUIS VERDAAG TOT DINSDAG 20/5/75 )

DINSDAG

20

MEI

1975 .

MINUUT NR.31 : Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.32 : NOTULE VAN 19/5/75 WORD GELEES EN AANVAAR :

VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van verrigtinge op 19 Mei 1975 te lees . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n voorsteller wat moet bevestig dat die notule wat nou gelees is , die ware notule is . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek aanvaar dit . VOORSITTER : Agbare lede ,

is daar iemand wat iets anders te sê

87 . het? Aangesien niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die notule van gister se verrigtinge bevestig is . Ek versoek die agbare Hoofminister om sy boodskappe indien enige , te lees . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskap ontvang nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , daar was gister ' n paar van die agbare lede wat vrae aan die agbare Minister van Onderwys gestel het wat nog nie beantwoord is nie . Die Minister is bereid om daardie vrae aan die einde van die bespreking van hierdie begrotingspos te beantwoord . Wees maar geduldig tot aan die end van die bespreking van hierdie begrotingspos . Ek wil verder bekendmaak dat agbare lid senior hoofman Silas Iipumbu vanoggend hospitaal toe gegaan het en dus nie sal kom nie . MINUUT NR.33 : DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT WORD AANVAAR :

BEGROTINGS POS 4

VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan vanoggend voort met die bespreking van subhoof A onder die begrotingspos , Departement van Onderwys . Hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , by die bespreking van die verhoging van die agbare lede se salarisse was gemeld dat die agbare lede miskien baie sleg sal voel as hulle salarisse nie verhoog word nie , terwyl die salarisse van die onderwysers verhoog is . Verskoon - die volk sal sleg dink as die salarisse van die agbare lede verhoog is , en die salarisse van die onderwysers word nie verhoog nie . Hierdie begroting se bedrae wat begroot is is bevredigend . As u kyk op bladsy 25 onder subhoof A sal u sien dat die salarisse van die inspekteurs baie hoër is as dié van die Ministers . Dit is ' n goeie bewys dat die agbare Hoofminister van die Regering van Owambo nie sy onderwysers vergeet het nie . As dit so is , soos ons dit sien , dit wil sê dat die salarisse baie verhoog is , dink ek dat daar niks is om verder te sê nie , en ek stel voor dat hierdie subhoof so aanvaar word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant? MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof B ) VOORSITTER : Agbare lede , subhoof B is nou oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , aangesien die bedrae onder hierdie subhoof baie verhoog is , stel ek voor dat hierdie subhoof so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , LID LISIAS ALUUMA :

' n sekondant asseblief?

Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof C. )

88 .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID JESAJA NAMBUNDUNGA : Meneer die Voorsitter , Subhoof C is baie duidelik en ek stel voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant . LID AMBROSIUS ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is , dus gaan ons voort . (Sekretaris lees Subhoof D) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LIF FESTUS AMUKWA : Meneer die Voorsitter , subhoof D is baie bevredigend en die bedrae hieronder is baie goed verhoog en daarom stel ek voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant . LID ELIAKIM DAVID : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Is daar enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en dus gaan ons voort . ( Sekretaris lees Subhoof E ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , aangesien ek weet dat die agbare Minister van hierdie Departement sy dinge mooi agtermekaar gesit het , glo ek dat hy op my vraag gaan beantwoord wat Dit gaan oor item 9 , studiebeurse . ek nou aan hom gaan stel . Verlede jaar was daar net ' n bedrag van R3 600 begroot vir hierdie Ek glo nie dat ek alleen item , maar vanjaar se bedrag is R12 000. wil weet hoeveel mense die agbare Minister verlede jaar uitgestuur het om hulle studies te gaan voortsit , en hoeveel studente beoog die Minister om vanjaar te stuur nie . Een van die agbare lede het gister gevra of daar ooit mense gestuur word om verder te gaan studeer . Ons wil graag weet hoeveel mense beoog die Minister om uit te stuur om verder te studeer , dit wil sê , waarvoor hierdie bedrag begroot is . Die agbare Raad en ek ook wil graag weet hoeveel mense buite Owambo is wat daar besig is om verder te studeer . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is steeds oop vir die Raad om te bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek verlang ' n verduideliking oor item 1 onder hierdie subhoof E. Die Departement van Onderwys is sedert verlede jaar baie besig om kursusse vir onderwysers te hou . Een van die agbare het gister gesê dat ' n onderwyser net soos ' n byl is wat altyd skerpgemaak moet word . Daardie kursusse wat gehou word dra die goedkeuring van die ouers van daardie leerlinge weg . Daar is net een fout wat ek gaan noem , daardie kursusse word nie gedurende die vakansies gehou nie maar gedurende skooltyd . Dit het gebeur dat die kinders bedags net daar rond is en dat daar geen onderwyser is nie want hulle het die kursus gaan bywoon . Ons wonder nou of ons kinders vanjaar in die eksamens gaan slaag want baie kursusse is gedurende

89 .

die skooltyd gehou . Is dit vir die departement baie moeilik om daardie kursusse gedurende vakansies te hou? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking .

LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek gaan oor twee items praat , item 8 en 9. Ek dink ek gaan nie weer oor item 9 praat nie , want een van die vorige sprekers het alreeds daaroor gepraat . Die agbare lid wat daaroor gepraat het , het een punt uitgelaat , naamlik , hy het me gevra waar gaan daardie studente hulle studies voortsit nie . Ek gaan nou oor item 8 praat . Ek wil ' n vraag aan die agbare Minister stel in verband met pensioene . Ek persoonlik is ' n lid van die skoolkomitee . Ek het baie onderwysers ontmoet wat glad nie hierdie pensioen storie verstaan nie . Hulle probleem het ontstaan omdat hulle nie weet hoeveel geld word van hulle salaris afgetrek vir pensioen nie . Daardie onderwysers vind dit baie moeilik om te bereken hoeveel geld vir hulle daar belê word in die vorm van ' n pensioen . Dit geld ook vir die salarisse van die onderwysers , baie van hulle weet nie wat hulle salarisskale is nie , hulle weet nie wat hulle per dag verdien nie . Aangesien hulle nie hulle skale ken nie , vind hulle dit moeilik om te weet hoeveel geld van hulle afgetrek word wanneer hulle ' n dag of twee afwesig was . Ek versoek die agbare Minister om vir vir die onderwysers te verduidelik in verband met dit wat ek nou gesê het , sodat hulle op die hoogte van sake kan wees . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , wees asseblief wakker sodat u kan luisHierdie subhoof is nog oop ter na wat die ander agbare lede sê . vir bespreking . LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets vra oor item 3 wat handel oor die subsidies . Daar in ons stamgebied , Ngandjera is daar ' n Boesmanskool . Dikwels hoor ons dat die skool gesluit is omdat daar nie voedsel vir daardie Boesmans is nie . Dikwels het daardie Boesmans na die kaptein gegaan om hulp te gaan vra . Die vraag wat nou ontstaan is waarom die agbare Minister net sommige Boesmans help en nie almal nie . Ek dink ' n groot las word nou op die skouers van ons kapteins geplaas want die Boesmans gaan altyd na hom om kos te gaan soek wanneer daar nie kos by die skool is nie . Ek versoek die agbare Minister van die departement om ook daardie saak te ondersoek want ons kry baie klagtes . Ek persoonlik het gesien dat een van daardie onderwysers by die Boesmans die skool verlaat om kos te gaan soek . As ons dan hierdie item onder hierdie subhoof het , dan moet daardie Boesmans in ons stamgebied ook versorg word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n vraag stel oor item 1 onder hierdie subhoof . Ek is jammer daar ek nie die antwoord dadelik gaan kry nie . Aangesien ek hierdie item glad

90 . nie verstaan nie , gaan ek dit baie moeilik vind om te verstaan wanneer my vraag beantwoord gaan word . Ek glo daar sal nie ' n Hierdie item handel oor die kans wees om vrae te herhaal nie . vakansiekursusse en onderwysersklasse . Ek sê dat ek nie verstaan want ek weet nie watter onderwysers dit is nie . Is dit die ou onderwysers of is dit die nuwe onderwysers . Die bedrag wat hierDit maak nie saak watter onderwysers voor begroot is , is R200 . dit voor bedoel is nie , maar ek wil weet hoeveel kursusse sal gehou word met hierdie klein bedraggie . Hierdie bedrag , is dit bedoel vir die persoon wat die kursusse gaan hou of is dit bedoel vir die onderwysers wat dit gaan bywoon? Ek kan miskien my vraag self beantwoord , miskien is die bedrag bedoel vir die persoon wat die kursus gaan hou . As dit bedoel is vir die honderde onderwysers wat ons het , glo ek is hierdie bedrag te klein . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID VAINO KELIMWE : Meneer die Voorsitter , ek gaan oor item 4 onder hierdie subhoof praat . Ek wil eintlik ' n versoek rig . Item 4 handel oor openbare eksamens . As hierdie agbare Minister kan help wanneer daar eksamens geskryf word , moet hy in gedagte hou dat daar twee probleme is wat die leerlinge ondervind . Dit is nou die leerlinge in St.6 . Gewoonlik is dit so dat wanneer die leerlinge in St.6 eksamen skryf , doen hulle terselfderKan die agbare tyd die eksamens vir die katkisasieklasse . Minister nie reël dat die leerlinge die katkisasie - eksamens skryf wanneer hulle in St.3 of 4 is nie ? Aangesien ons nie meer St.6 sal hê nie moet daardie leerlinge die katkisasie - eksamens skryf wanneer hulle in St.4 is . Dit is net ' n versoek dat die agbare Minister iets daaromtrent moet doen . Dit kan wees dat een van die leerlinge die katkisasie - eksamen druip en dan begin hy huil want hy kan nie aangeneem word nie . Die gevolg is dat so ' n leerling nie sy ST.6 eksamen gaan slaag nie want hy het moedeloos geword . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering vir 15 minute . ( DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan nog verder met die bespreking van subhoof E. Nou gaan ek die Minister van Onderwys versoek om te antwoord op die vorige vrae . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek bedank die agbare lede wat al hierdie goeie vrae gestel het in verband met ons kinders se opvoeding . Agbare lid Hihulifua het ' n vraag oor item 9 gevra , naamlik , hoeveel kinders het ons uitgestuur om verder te gaan studeer . Hier wil ek verduidelik dat ons drie kinders gestuur het , een is by Fort Hare en twee by Turfloop . Ek wil dit net duidelik aan die agbare lid stel dat hierdie bedrag is net vir kinders wat in die onderwys wil gaan studeer . Die wat ander dinge wil gaan bestudeer soos medisyne ensovoorts , val nie onder my departement nie , maar onder ander departemente . Dit is ook beter om na die ander begrotings toespraak te kyk omdat die Minister van daardie departement altyd verduidelik hoe dit bestee Ek het ook verduidelik hoe om die standaard van die gaan word . onderwysers te verbeter . Ek het aan die onderwysers gesê dat elke onderwyser wat sy kwalifikasie wil verbeter , kan inskryf by ' n korrespondensieskool en ons sal sy studies betaal .

91 . Een deel is dan vir die kinders wat na die universiteite wil gaan terwyl die ander deel vir die onderwysers is wat hulle kwalifikasies wil verbeter deur middel van korrespondensiekursusse . Dit word hier in my begrotingstoespraak verduidelik . Agbare lid Shiyagaya is jammer oor die kursusse wat gedurende skooltyd gehou word . Hy het eintlik item 1 aangehaal wat hy beklemtoon het dat die kursusse gedurende skooltyd gehou word en nie gedurende die vakansietyd nie , en die kinders dan losloop sonder ' n onderwyser . Dit is nie ' n alledaagse saak nie . Hierdie Kursusse is net vanjaar gehou omdat ons vanaf St.5 met ' n nuwe leerplan sit . U het seker ook verneem dat St.6 nie meer geskrywe gaan word nie , dit is vervang met St.5 , dus met die verskyning van ' n nuwe leerplan wat gevolg moet word deur St.5 en 6 was dit vir die departement noodsaaklik om hierdie kursusse vir onderwysers te hou om hulle in te lig in verband met die nuwe leerplan . Dit word nie altyd so gedoen nie , dit is net gedoen sodat die onderwyser lig kan kry oor die nuwe leerplan . Agbare lid Thomas Nakambonde het gevra oor die pensioene Hierdie vraag was gevan onderwysers en hulle salarisskale . stel deur ' n dame wie se naam nie genoem mag word nie . Ek het dit baie goed verduidelik en die agbare lid was ook daar gewees Ek het dit duidelik gestel dat die vraag nie daar beantwoord kan word nie . Dit kan net in die kantoor beantwoord word . Elke onderwyser wat verlang om te weet wat sy pensioen of sy salaris is , kan na die kantoor vir verduideliking gaan . Ook wat elke onderwyser per dag verdien kan hy self vasstel as hy sy salarisskaal ken . Op sy vorm verskyn sy salarisskaal , dit wil sê sy beginskaal sowel as sy topskaal . Nogtans elke onderwyser wat iets wil weet , moet na die kantoor gaan om die nodige verduidelikings daar te kry . Agbare lid eerwaarde Kalenga het in verband met die Boesmans daar in die weste gevra of hulle ook kos kan kry . Die hulp wat ons by Kongo gee , gee ons omdat die sendelinge om ' n subsidie aansoek gedoen het . Die mense in die weste moet ook dieselfde doen . ' n Subsidie is net bedoel om daardie skool te help , dit beteken nie dat ander plekke outomaties daarvoor kwalifiseer nie . Agbare lid Tarah Iimbili het ook oor item 1 gevra . Hy voel nie gelukkig oor die vrae wat gestel en nie beantwoord Ek is nie , maar ek sal probeer om al die vrae te beantwoord . dink sy vraag gaan oor hierdie bedrag van R200 . Hy sê dit is nie genoeg vir die kursusse aan al die onderwysers nie . Die bedrag word so gebruik , wanneer ons iemand nodig het om ons onderwysers oor ' n sekere onderwerp in te lig en daardie persoon werk nie vir ons Regering nie , dan word hy uit daardie bedrag betaal wat hiervoor begroot is . Die mense wat onder hierdie departement werk , wanneer hulle vergaderings bywoon , word verblyftoelae of vervoer toelae onder subhoof B , item 1 en 2 , betaal . Agbare lid Kelimwe het ' n klag oor die pastore wat hulle katkisasie- eksamens tegelykertyd met die St.6 eksamens afneem . Die agbare lid verlang dat ek vir die kerkleiers moet sê dat die gemeente werk nie met die departement se werk moet bots nie . Hulle moet saam werk en nie teen mekaar werk nie , ons kyk na die skole en die pastore moet na die gemeente kyk .

Ek weet dit is nie orals die probleem nie , baie leraars neem

92 . die katkisasie - eksamen voor of na die St.6 eksamen af . Ons is almal lede van ' n gemeente en in die hoedanigheid het ons die reg om ons plaaslike leraars te nader en sulke versoeke te rig en asseblief te vra om daardie eksamens voor of na die St.6 eksamen te hou . Die gemeente doen sy werk en die Departement doen sy werk . Hierdie twee liggame werk saam en mag nie teen mekaar werk nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking .

LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek is nog by dieselfde subhoof, item 10 , daar waar melding gemaak word van die uitbouing van Wambo- tale daarvoor is R700 begroot . Dit is baie belangrik om ons tale uit te bou , sodat ons kinders hulle boeke in hulle Ek het nie iets om te vra nie , eie taal in die skool kan kry . maar bedank die Departement van Onderwys om nog ' n paar amptenare hiervoor af te sonder sodat hierdie werk verder uitgebou kan word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop om bespreek te word . LID JACKIE ASHIPALA : Meneer die Voorsitter , ek is nog by subhoof E en veral by items 3 en 10 , alhoewel ' n paar agbare lede alreeds daaroor gepraat het . In item 3 waar gepraat word van subsidies vir voedsel by die Boesmanskool , ek vra dat ons hierdie woord Boesman moet verander . Ek weet hierdie mense word kwaad wanneer ons hulle Boesmans noem . In item 10 word genoem die uitbouing van Wambo - tale . Ek sal dit waardeer as die uitbouers hulle inspan om die taal op te bou . Ek sien dit is nou die tyd dat ons Wambo's ons eie tale uitbou . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het mooi geluister na die bespreking van hierdie subhoof . Ek sien daar is nie ' n enkele item wat nog nie bespreek is nie . Ek verstaan die verduideliking wat in hierdie subhoof gegee is , dit het aan ons lig gegee . Dus wil ek dit aanvaar soos dit is . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Enige teenvoorstel? LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek wil nie sekondeer nie , want daar is ' n antwoord wat deur die agbare Minister gegee Daarom het ek opgestaan . Ek het nie is , wat my nie bevredig nie . opgestaan om te sekondeer nie . Met nederigheid vra ek die voorsitter en die Minister of ek toegelaat kan word om ' n vraag te vra . VOORSITTER :

Agbare lid , daar is vir u geleentheid om te praat .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , dit het ' n gewoonte by lede geword om dinge hier te bespreek en alles gou weer te vergeet . Die vraag wat gevra is deur agbare eerwaarde Kalenga was vier keer gevra en die antwoord was altyd dieselfde . Persoonlik is ek een van die mense wat hierdie vraag gestel het . Die antwoord was dat die begroting klaar opgestel is en dat enige wysiging eers volgende jaar aangebring sal kan word . Sê nou ons doen aansoek om ' n subsidie , sal hierdie bedrag genoeg wees vir

93 .

die Boesmans by Kongo sowel as by die Dimba daar in die Weste , by Ngandjera en daar by Ndonga? Die plekke wat ek hier genoem Ek versoek dat ons het , was al voorheen in hierdie Huis genoem . besprekings nie sommer in die lug moet verdwyn nie . Baie maal sê die gemeenskap daar buite dat hierdie Raad niks doen nie . Ons moet baie praat , maar dit wat ons besluit word nie uitgevoer nie . Dit is my enigste versoek aan die agbare Minister om ook te begroot vir die Boesmans daar by Ngandjera sowel as vir die BoesDankie , meneer die Voorsitter . mans daar by Onakandi . VOORSITTER : Ek versoek die agbare Minister om iets te sê oor wat hier bespreek is . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , wat hier besluit word in verband met my departement sal uitgevoer word . Ek wil begin by dit waaroor die agbare lid Shiyagaya gepraat het . Hierdie koshuis by Adhumba word saam met die ander onder item 2 gehelp . Dit word hier genoem onder die opskrif subsidies aan sendinggenootskappe . Hierdie subsidies is ook vir die skool te Adhumba . Daar is behalwe vir die een te Kongo , nie een van die koshuise wat aansoek gedoen het vir subsidies nie . Daar moet aansoek gedoen word alvorens die geld gegee kan word . Hoewel ons sake hier bespreek , is dit nog nie ' n aansoek nie . Hier het ons dinge bespreek maar daar word nog vir ' n aansoek gewag . Ek het geen aansoek in my lêer nie . Daar moet ' n aansoek wees alvorens ek kan reageer . As daar ' n aansoek van iemand is , is ek verantwoordelik vir die uitbetaling van daardie bedrag om daardie mense te help . Net soos in die geval van kinders wat verder wil gaan studeer , dit die kind self is wat aansoek om ' n beurs moet doen . Ek het gehoor wat die mense hier gesê het maar waar is die aansoek? Van wie het dit gekom ? Om sommer ' n saak hier te bespreek sonder dat ons ' n aansoek kry beteken nie veel nie . Daar is ' n paar dinge wat ons deur middel van besprekings kan doen , maar om gehelp te word , moet aansoek gedoen word . Ek laat dit eers daar . In verband met die uitbouing van die taal is daar ' n misverstand onder die agbare lede . Hierdie bedrag vir die uitbouing van Wambo - tale het ek in my toespraak so beskryf - hierdie bedrag van R700 word benodig vir pryse wat my Departement wil uitloof aan die beste poësieskrywers in ' n kompetisie om ons Wambo - tale uit te bou , om sekere opstelle in Wambotale te skrywe . Die skrywer wat goed presteer het , sê byvoorbeeld in Ndonga , sal ' n prys van R200 kry . Die tweede prys sal R100 wees , en die derde prys R50 . Dit is vir Ndonga . In die Kwanyama is dit ook R200 vir die eerste prys . Die tweede prys is R100 , en die derde prys is R50 . Dankie meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede verstaan wat verduidelik is .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , dankie dat die Minister vir my verduidelik het . Wanneer ons aansoek doen , watter item sal geraak word , die een oor die Boesmans of die een oor subsidies aan sendinggenootskappe of watter een? VOORSITTER : Die agbare lid wil ' n verdere verduideliking hê oor Ek versoek dit waaroor die agbare Minister nou net gepraat het . hom om weer te verduidelik .

94 . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , onder item 2 dit is vir alle sendingskole subsidies aan sendinggenootskappe wat aansoek gedoen het . Boesmanskole val onder item 3. Wanneer meer Boesmanskole aansoek doen om ' n subsidie en die geld te min is , sal ' n hersiene begroting ingedien word . Dankie , meneer die Voorsitter . -

VOORSITTER :

Die agbare lid verstaan seker nou wat verduidelik is.

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , nou bly ek doodstil want die agbare Minister het my soos in die verlede geantwoord . Ek het ' n antwoord verlang oor wag vandag en môre gedoen kan word , nie volgende jaar nie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is aangeneem en gesekondeer . Dus gaan ons voort met subhoof F. LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , as dit moontlik is , mag ek asseblief nog oor hierdie subhoof praat? VOORSITTER : Agbare lede , subhoof E is aangeneem en gesekondeer , dus laat ons dit so staan en gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof F ) VOORSITTER : Agbare lede , subhoof F is oop vir bespreking . LID PAULUS HEITA : Meneer die Voorsitter , voordat ek iets sê wil ek net dankie sê vir die begrotingstoespraak van die agbare Minister . Toe ek die toespraak van die agbare Minister gelees het ek gesien dat die Minister weet wat onderwys beteken . Dit is soos die agbare lid gesê het , wanneer ons oor onderwys praat , moet ons diep dink . Ek stem saam met die agbare lid wat so gesê het . Onder subhoof F item 1 word gepraat van die onderhoud van skole en koshuise . Wat hier staan het eintlik niks te make met mense nie , maar wel met koshuise . Wat ek graag wil sê handel oor ons jeug . Sê nou ' n leerling in die skool oortree die sesde gebod en daarna word met hom gehandel asof hy niks gedoen het nie , is dit reg . Ek versoek die agbare Raad om asseblief regulasies daar te stel om sulke oortredings te verhoed . As ek so luister wil dit vir my voorkom asof daar op sekere plekke ' n wet teen hierdie oortreding onder die skoliere is . Wanneer sal dit ook by ons skole gebeur dat ons kinders ook hierdie beskerming kan kry? Wat kan vir hierdie kwaaddoener gedoen word . VOORSITTER : Agbare lede , die agbare lid het gepraat maar hy het vergeet waaroor dit gaan . Hier word gesê koshuise en tog het hy oor die kinders begin praat . Hierdie agbare lid word versoek om verder te praat oor koshuise . LID PAULUS HEITA : Meneer die Voorsitter , aan die begin van my toespraak het ek gesê dat hier gepraat word van koshuise en nie van mense nie . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ons praat nou oor die item skole sonder koshuise en ook skole met koshuise . Daar is gepraat van meubels en uitrusting . Die agbare Minister het in sy toespraak gesê dat daar in sy magasyn ' n hooggeleerde man is . By die skole is daar ' n groot behoefte aan banke . Baie van die banke wat wel daar is , is gebreek . As jy in die klaskamer gaan vind jy

95 . ' n klomp stukkende banke , terwyl ' n paar kinders op die vloer sit . Ons het ook gesien dat daar somtyds banke is wat nie na die skole Baie van die onderwysers het al daaroor gekla . vervoer word nie . Een van die redes Hierdie vervoer word deur baie dinge vertraag . is dat al die voertuie stukkend is . Die agbare Minister het gesê dat daar mense is wat help , en alhoewel dit so is , kom die goed baie laat by die skool aan en dit belemmer die vooruitgang van so ' n skool .

Daardie stukkende banke wat by die skole ophoop waarom word hulle nie vervoer om reggemaak te word nie . Hierdie gebreekte banke het in sekere klasse so opgehoop dat hulle baie plek inneem waar kinders kon gesit het . Ons dink die inspekteur van skole kan hierdie dinge regmaak . Wanneer hulle die skole besoek en hulle sien sulke banke , behoort hulle dit by die departement te rapporteer . Die agbare Minister sê dat daar nou ' n hooggeleerde man in sy magasyn werk en dat dinge nou beter sal gaan , maar ten spyte daarvan wil ek ' n paar dinge noem waaroor die onderwysers met hulle eie voertuie na diekantoor gegaan het om hieroor te kla maar sonder enige sukses en dan word daar nog gesê dat die onderwysers nie hul werk doen nie . Ek het persoonlik gesien dat sekere onderwysers na die kantoor gegaan het en gevra het om hulle voorrade self te vervoer , maar dat hulle met leë voertuie terug huistoe is . Een van hulle het vir my gesê hy het by die kantoor gekom en aan die mense gesê In dat sy kinders op die vloer sit en dat hy banke kom haal het . sommige gevalle word banke wel aangery , maar dan word die banke by ander skole afgelaai , Miskien sal die goed opgeleide persoon wat in hierdie departement se magasyn werk sorg dat die voorrade betyds aangevul word . ' n Mens vra jouself af → as die voertuie van die departement uit orde is , waarom word ander voertuie nie gehuur om skooluitrusting mee te vervoer nie? Want die bedrag wat vir hierdie vervoer begroot is , is groot . Ook as hy sien dat daar banke is wat nie reggemaak word nie , en daar is ' n bedrag wat daarvoor begroot is , waarom word dit nie gedoen nie ? Hoewel ek hierdie vrae vra , het ek hoop dat daar volgende jaar ' n verbetering sal wees . Nogtans versoek ek dat die stukkende banke wat daar by die skole ophoop na die magasyn vervoer word vir herstel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking .

LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek is nog by subhoof F , item 3. n Lid het ' n vraag oor eerstehulp vir kinders by skole gevra , en veral ten opsigte van skole sonder koshuise is dit belangrik dat daar eerstehulp- apparate moet wees . Ek weet hierdie eerstehulp is daar om die kinders te help . Mag die agbare Minister asseblief hierdie saak goed ondersoek . Sekere skole daar by my kry ook nie hierdie hulp nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , onder subhoof F is alles wat ons hier nodig het en ek glo dat eerstehulp en water wel voorsien sal word . Om hierdie rede aanvaar ek hierdie subhoof Dankie . soos hy is .

VOORSITTER :

Agbare lede , sekondant asseblief .

96 . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar enige teenvoorstel ? LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek het ' n teenvoorstel om te maak en ek vra ' n geleentheid om dit in te dien . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid , hierdie subhoof is aanvaar en gesekondeer dus kan ons nie meer toelaat dat daarop ingegaan word nie . Ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof G) VOORSITTER : Agbare lede , subhoof G is oop vir die Raad om te bespreek . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , onder subhoof G is R100 vir die opleiding vir nywerheidswerkers begroot . Is daar nie mense om nywerheidswerk te doen nie ? Of is daar mense maar daar is nie genoeg geld nie ? As daar mense is wat verlang om opgelei te word , is dit die begeerte van die Departement van Onderwys om mense te lok om opgelei te word as nywerheidswerkers . Dit is een van die sake waarin die volk opleiding nodig het . As die volk nie mense het wat nywerheidswerk kan doen nie , word daar niks gedoen nie . Daar is mense in Owambo wat daarna streef om garages te open maar hulle weet nie waar om motorwerktuigkundiges te kry nie . Dus moet die geleentheid vir die opleiding van nywerheidswerkers vir ons volk geskep word . Ek is dankbaar as hierdie departement homself inspan om mense in hierdie verband te help . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID ANANIAS KAMANYA : Meneer die Voorsitter , die opleiding van die nywerheidswerkers is baie verwaarloos . In die skool word kinders opgelei om werk te doen ook om huiswerk te doen . Hulle leer dit in die skool . Dit lyk of die onderwysers nie meer moed het om met hierdie saak voort te gaan nie . In die verlede het kinders mandjies gevleg . Hierdie handewerk was na die suide gestuur om verkoop te word . Van die suide het geld gekom vir die persoon wat hierdie dinge gevleg het . As handewerk by die skool verwaarloos word , kan die kinders agter raak . Veral by die skole wat naby die kroeë is , wanneer die periode vir handewerk aanbreek , gaan die kinders na die kroeg toe . Gedurende daardie handewerkperiode draai die kinders stokkies en gaan na die kroeg toe . Mag die leerkragte vermaan word om nie handewerk te verwaarloos nie . Kinders moet opgevoed word om mure en dakke te vleg , want hulle ouers is oud en dit is die kinders wat huise moet bou . Dakke vir hutte is baie nodig en as iemand dit vleg dan kan dit verkoop word , asook mandjies en mure . Dus moet daar hard gewerk word en moet onderwysers gehelp word om handewerk by die skole nie te verwaarloos nie . Daar kan selfs ' n regulasie gemaak word om elke kind te verplig om iets te maak en as hy nie wil nie dan moet hy gestraf word . As die Wambo's nie opgevoed word om handewerk en nywerheidswerk te doen nie kan ons volk nie vorder nie . Kan die Minister nie so ' n regulasie maak dat skole wat presteer in handewerk iets daaruit kry nie? As ' n sekere skool wat presteer het in handewerk iets daarvoor kry sal die onderwysers en die kinders aangemoedig word om beter handewerk te doen . Dus versoek ek met my hele hart dat kinders opgevoed moet word om

97 .

handewerk te doen .

Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID TITUS KAAPANGELWA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets oor subhoof G sê . In hierdie subhoof word gepraat van die opleiding van nywerheidswerkers . Dit is duidelik dat daar min mense is wat nie nywerheidswerk verstaan nie . Handewerk is belangrik vir die volk . Wanneer die volk nie handewerk doen nie , dan ly hy skade . Die volk is verheug wanneer hy opleiding in handewerk kry . Ek weet daar is baie opleidingskole in Owambo , maar daar is net een plek waar ' n ambagskool is , en dit is te Ongwediva . VOORSITTER : Agbare lid , jy praat presies oor wat die agbare vorige spreker gepraat het . Wanneer ' n lid gehoor het dat sy vorige spreker iets gepraat het wat hy wou gesê het , dan moet hy net stil bly behalwe wanneer hy iets wil byvoeg . Dus word die agbare lede versoek om nie die vorige sprekers se toesprake te herhaal nie . Dit is voldoende as u agbare lid net byvoeg wat die vorige spreker uitgelaat het . As daar iets is wat die vorige sprekers nie gesê het nie , kan die agbare lid dit noem . LID TITUS KAAPANGELWA : Meneer die Voorsitter , ek het oor nywerheidswerk gepraat . Ek wou net sê wat ek op my hart dra en as ek Dankie , meneer nie korrek opgetree het nie , dan is ek jammer . die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . MINISTER FRANS IINDONGA : Meneer die Voorsitter , ek is nog by suhoof G, en ek wil die vorige drie sprekers bedank oor wat hulle gesê het . Ons het goed gehoor wat hulle gesê het . Ons hoop die agbare Minister het ook gehoor en sal daarna kyk . Ek aanvaar die subhoof soos hy is . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID IMMANUEL ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aangeneem is . Dus versoek ek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die opsomming te lees . (Sekretaris lees opsomming ) HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek versoek u om die sitting vir ete te verdaag . Die tyd is om . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , is daar ' n sekondant ?

LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Die opsomming sal vanmiddag behandel word . Agbare lede , ek verdaag die sitting tot 2- uur . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die opsomming van beEk sal die agbare Minister van hiergrotingspos nr.4 , Onderwys . die departement versoek om iets oor sy begrotingspos te sê . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek bedank die

98 . Huis hartlik omdat hulle so mooi aan die bespreking van die begrotingspos van my Departement deelgeneem het . Ek is baie bly dat ons aan die einde gekom het . Ek onthou dat daar nog ' n paar lede is wat vrae gestel het waarop ek nog nie geantwoord het nie . Een agbare lid het oor die tekort aan onderwysers vir sekondêre skole gepraat . Ons weet daar is ' n baie groot behoefte aan onderwysers en dit is waar dat ons onderwysers moet soek . Terwyl die Departement van Onderwys besig is om onderwysers te soek , moet al die lede van die Raad ook help . As u byvoorbeeld iemand daar in die suide sien dan moet u met hom gesels en sê dat ons iemand in Owambo benodig om onderwys te gee by ' n sekere sekondêre skool . As hy ingestem het en na die departement gekom het , sal my departement u aanbeveling aanvaar . Een agbare lid het gevra of daar in die private sendingskole net ' n vasgestelde getal leerlinge is . Dit is nie vasgestel nie . By die Oshigambo skool kan hulle net so veel kinders inneem wat hulle verlang . Dieselfde lid is nie ten gunste van onderwys onder die dowes en blindes nie , terwyl gesonde kinders nie genoeg onderwys kry nie . Elke beskaafde land versorg sy minder bevoorregte kinders . Ons Heiland , toe hy die mense gedurende sy verblyf op aarde gehelp het , het Hy nie hierdie mense weggejaag nie . Daarom sê die Bybel , die kreupeles sal loop en die blindes sal sien . Ons Regering wil hê blindes moet sien en dowes moet hoor , en daarom doen ons dit op ons manier . Al die behoeftiges moet gehelp word , sodat elke lid van die volk kan sien dat die Regering na hom omsien . Een agbare lid het op dieselfde wyse gepraat toe hy gevra het waarom ons die getal kinders vir hierdie skool beperk het op 60 . Dit is nie so nie , wanneer die kinders vermeerder , sal daardie getal toeneem . Een lid het gesê dat ons onderwysstandaard mag daal as gevolg van die ongekwalifiseerde onderwysers in ons diens . In my toespraak het ek ' n verduideliking oor die onderwysers wie se kwalifikasies wat baie laag is gegee . Ek het die onderwysers aangeraai om hulleself te bekwaam vir hulle professionele werk deur middel van selfstudie . Met betrekking tot die klagtes dat daar skole is wat nie op vasgestelde tye begin nie wil ek daarop wys dat skoolkomitees aangestel en dit is hulle plig om sorg te dra dat die skool onder hul beheer op die vasgestelde tyd begin . ' n Sekere lid het ook gesê dat dit lyk asof die skoolkomitees nie hulle werk ken nie , ek het dit self vir hulle verduidelik . Behalwe die vergaderings wat ek gehou het , het ek ook my inspekteurs opgedra om , wanneer hulle besoeke aan skole bring , nie net die onderwysers te help nie , maar ook die skoolkomitees . Ek het ook nie my besoeke aan hulle gestaak nie . Een lid het gesê dat hy nog nie die onderwys regulasies ontvang het nie . Al die lede het hierdie Onderwyswet gekry , ons het dit onder u verdeel . As dit miskien weggeraak het , dan vra ons die Departement van Binnelandse Sake om ander te druk en te versprei . Een lid het gepraat van die kinders wat Owambo verlaat het met die oog daarop om in ander lande te gaan studeer . Die agbare lid het gevra of daar ' n moontlikheid is dat kinders toegelaat sal word om buite Owambo te gaan studeer . Ek weet nie of die agbare lid miskien met hierdie kinders gepraat het nie , maar ek wil hom daarop wys dat talle uit skole in Owambo weg is na skole in ander lande . My departement sal niemand weier as hy buite Qwambo wil

99 . gaan studeer nie . Ook kinders wat by die universiteite in SuidAfrika studeer het permitte by ons gekry . Elkeen wat buite Owambo wil studeer , kan dit vir ons sê en hy sal ' n permit kry . Hierdie gedagte dat ons departement weier om mense permitte te gee om buite Owambo te gaan studeer moet asseblief vergeet word . Daar is geen aansoeke op ons lêers dat ons al iemand geweier het om elders te gaan studeer nie . Dit is leuens . Een lid het gekla dat nuwe onderwysers wat pas van opleidingskole kom aangestel word as leerkragte oor die laer klasse soos Sub A en B. Ek verag nie die onderwysers wat daardie werk doen nie , maar ek wil dit beklemtoon dat jong onderwysers bekwaam ge' n Kind noeg is om klein kindertjies ' n goeie fondament te gee . met ' n goeie fondament kan baie beter verder studeer as een wat nie ' n goeie fondament gekry het nie . My departement het hierdie saak goed ondersoek en dit is waarom goeie onderwysers die lae klasse gegee word . Dit is omdat ons voel dat die kinders ' n goeie fondament moet kry vir hul verdere studie . ' n Sekere lid het gekla dat talle onderwysers besighede het en as gevolg van daardie besighede kan hulle hul skoolwerk nie behoorlik doen nie . Dit is waar , ek kla baie daaroor , maar ongeOok diegene lukkig is dit nie ek wat die lisensies uitdeel nie . wat handel dryf sonder lisensies , dit is nie ek wat aanbeveel het dat hulle handel dryf nie . Die departement wat beheer uitoefen oor Ek het hulle aangesê om hulle handel is nie my departement nie . Elkeen werk goed te doen en hulle moet dit net behoorlik doen . wat hulle toelaat om ' n besigheid te hê moet asseblief eers goed Een agbare lid het gesê dat daar nie liggaamsoefeninge nadink . of sport op skool beoefen word nie . As hierdie agbare lid goed na my toespraak geluister het , sou hy gehoor het dat ek ' n organiseerder vir sport aangestel het . Talle onderwysers het reeds liggaamsoefeninge en sport by hulle skole ingestel . Daardie meisie wat ek van melding gemaak het , is by een van ons skole afgerig . Dit wat die onderwysers op die oomblik doen , word nie deur my verag nie , dit word goed gedoen . ' n Lid het gesê dat daar stukkende banke en stoele by talle skole is . Dit is heeltemal reg , en ek is bewus daarvan . Die vraag of dagskole en primêre skole ook eerstehulp moet kry , wil ek beantwoord deur te sê dat hierdie mediese hulp vir die sekondêre en na- primêre skole is . Dit is nie vir primêre skole moeilik om uit hulle eie fondse medisyne te koop nie . Ek het gehoor dat toe die Departement van Gesondheid vir sommiges medisyne gegee het , het ' n paar van hulle die pille weggegooi . Ek het gehoor dat selfs wanneer die Departement van Gesondheid die skole besoek om medisyne en ander mediese hulp te gee , dat kinders weghardloop omdat opstokers vir hulle sê om dit te doen . Volgens my mening is daardie hulp wat hulle kry genoeg . Ek vra verskoning omdat ek so lank praat , maar dit is omdat my departement so belangrik is . Nog net iets oor handewerk of nywerheidswerk . Dit is nie handewerk wat by skole gedoen word waarvan hier gepraat word nie . Dit is nywerheidsopleiding waarvan hier gepraat word . Wat gewoonlik gebeur is dat ' n sekere maatskappy my departement meedeel dat hulle mense wil hê vir ' n sekere soort werk , en my departement sal dan help om daardie mense spesiaal vir daardie werk op te lei .

100 .

Met hierdie verduidelikings wil ek volstaan . Ek versoek die agbare lede van die Wetgewende Raad om my begrotingspos te aanvaar soos hy is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het om te sê? Aangesien niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie begrotingspos deur die Raad aanvaar is . VOORSITTER : Aangesien niemand reeds gesekondeer het , mag u nie verder hieroor praat nie . Ek versoek u dus om te gaan sit . Ek verdaag die sitting vir sewe minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , die Minister van die Departement van Onderwys is klaar , en ons gaan voort met die Departement van Landbou en Bosbou . MINUUT NR .

34 :

DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT WORD BESPREEK :

BEGROTINGS POS 7

VOORSITTER : Ek versoek die agbare Minister van Landbou en Bosbou om sy begrotingstoespraak te lewer . Agbare lede , ek wil u daarop wys dat die Hoofminister nie teenwoordig is nie . Hy het ' n dringende oproep gekry . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , die agbare Hoofminister het in sy toespraak alreeds verwys na prestasies wat hierdie departement die afgelope jaar behaal het en sal ek nie weer daarn verwys nie . Graag wil ek net byvoeg dat daar voortgegaan is met die navorsingswerk op Mahenene en dat goeie resultate bereik word . Dit het gedurende die afgelope jaar net goedgegaan , maar die departement het ook probleme gehad . Die eerste van hierdie probleme was om genoegsame geskikte personeel te kry om die werk te doen . Daar het ' n effense verbetering ingetree maar die departement het nog steeds ' n tekort om al die werksaamhede te doen veral by watervoorsiening en Landboubeplanning . Tweedens het die departement probleme gehad om genoegsame enjins te kry . Nuwe kontrakte is verkry en nuwe enjins is aangekoop vir die pompe . Daar was ook probleme met die verkryging van omheiningsmateriaal . Nadat vertoë gerig is deur die Sekretaris van Bantoe- administrasie het die departement voorkeur gekry en is heelwat materiaal ontvang en kon die werk weer voortgaan . Vervoer bly egter nog die departement se grootste probleem . Die vragmotors is oud en breek baie . Met tye moes al van kontrakteurs gebruik gemaak word om materiaal te vervoer . Sedert hierdie departement veeartsenydienste oorgeneem het op 1 April 1974 kon die departement nog nie daarin slaag om ' n Veearts te kry nie . Die poste is al in die koerante geadverteer maar geen aansoeke is ontvang nie . Vir die jaar wat voorlê beplan die departement om voort te gaan met die werk waarmee dit besig is . Dit sluit onder ander in : die span van heinings in die ooste van Kwanyama en Kwaluudhi . Die

101 . begin met die span van heinings in Ngandjera en in Manghete waar boere gevestig sal word . Boorgate word nou ontwikkel in Nkolonkadhi en Kwaluudhi en nuwe boorgate word geslaan in die ooste van Owambo . Meer bome sal aangeplant word om te bepaal of Owambo nie sy eie paalnywerheid kan oprig nie . Daar is ook reeds begin om alle beeste te ent teen longsiekte en Bek- en- klouseer . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie toespraak is oop vir die Raad om te bespreek . Agbare lede , ek verdaag die sitting vir 15 minute . ( DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van die begrotingspos van die Departement van Landbou en Bosbou . Dit kan in beginsel bespreek word . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , dit is goed om dankbaar te wees en daarom wil ek die agbare Minister bedank vir sy toespraak . Die agbare Minister het gesê dat dit goed gaan by Mahanene en dat dinge in die ooste baie goed verloop . Hy het verder gesê dat hy probeer om ' n veearts te kry , maar tot dusver het hy nie een gekry nie . Hy het verder gesê dat hy ' n ander probleem het wat hy na die Sekretaris van Bantoe- administrasie en Ontwikkeling verwys het . Ongelukkig het hy nie gesê watter probleme dit is nie . Hierdie departement is veral hier in Owambo baie belangrik . Die departement is in die lewe geroep sodat die mense geleer kan word hoe om akkerbou en veeteelt te beoefen . Ons het verwag dat hierdie departement sal sorg dra dat ons mense nuwe moderne akkerbou en veeteeltmetodes aanleer in plaas van die ou bestaande tradisionele metodes . Gewoonlik hoor ons net dat hierdie departement besig is om te beplan - hulle is nog nie besig met hulle werk nie , hulle maak nog net planne . Hulle is met hulle beplanning daar by Mahenene besig waar , volgens die agbare Minister , alles goed verloop . Voordat ek nog nie ' n lid van hierdie Raad was nie , het ek altyd gehoor van Mahenene . Tydens die eerste sitting van hierdie Raad het die agbare Minister al oor Mahenene gepraat . Hierdie departement wat so belangrik is en wat al hierdie amptenare het , doen glad nie sy werk nie . Al wat hierdie departement doen is om van Mahenene te praat . Hulle vat jare om iets te beplan . Al is Owambo so groot , beplan hulle alles oor ' n lang tyd . Omdat ek persoonlik baie van landbou hou en omdat ek weet dat al die Wambo's ook van landbou hou , het ek dikwels na die kantoor van hierdie departement gegaan om inligting te kry . Baie mense het my gevra om vir hulle inligting by die departement van Landbou te kry . Wanneer ek by hulle aangeklop het , het ek die volgende antwoorde van hulle gekry . Gewoonlik het hulle gesê hulle het nie genoeg amptenare nie . By een geleentheid het hulle gesê dat beplanning ' n groot taak is wat nie binne ' n kort tydjie afgehandel kan word nie .

Dikwels wanneer ek ' n besoek aan hierdie departement gebring het , het ek gevind dat daar baie amptenare in die kantoor sit . As ek in die kantoor kom sien ek net ' n klomp amptenare wat op Tweehulle stoele sit en niemand is besig met beplanning nie . keer het ek die kantoor verlaat sonder dat iemand eers met my Ek het huistoe gepraat het , hulle het gesê ek moet buite was .

102 . gegaan maar voordat ek teruggegaan het , het ek eers na die Minister van die departement gegaan en aan hom gesê wat aan my gesê is , naamlik dat ek moet wag maar daar ek nie langer kon wag nie , het ek huistoe gegaan . Ek vra my nou self af of die agbare Raad saamstem dat dit goeie beplanning is . Al wat hulle doen is om Mahenene te beplan , wat anders doen hulle ? Wat is daar vir die Wambo's gedoen in verband met landbou? Een van die departement se amptenare het eendag aan my gesê dat hy na ' n sekere hoofman gegaan het om grond vir ' n proefplaas te kry . Hierdie hoofman het dit geweier . Ek het aan die amptenaar gesê dat sy werk baie belangrik is , maar as u nie nou daarmee begin nie , sal die Wambo's nie verstaan wat u hier doen nie . Ons hoor byna elke dag oor Radio Owambo dat daar gepraat word van landbou . Elke dag hoor ons ' n praatjie oor die radio wat gaan oor landbou , Ons maar daar is nog niks op die gebied van akkerbou gedoen nie . het verlede jaar baie gepraat oor hierdie departement en baie dinge genoem wat gedoen moet word . Ons het vanjaar verwag dat aan ons gesê sal word dit en dat is gedoen sodat ons kon sien dat die departement besig is om sy werk te doen . Daar is baie dinge waaroor gepraat moet word . Ons sal dit miskien bespreek wanneer ons oor die items gesels . Daar is nog iets wat ek nie mooi verstaan nie , dit het te make met die Ogongo Landboukollege . Dit is miskien as gevolg van die min studente wat ons het wat by daardie skool ingeskryf kan word . Ek voel dat ons St.6 leerlinge ook aan daardie skool behoort toe te laat . Aangesien ons so ' n groot behoefte aan landboukundiges het , wil ons graag sien dat daar baie studente aan die kollege moet wees . Die St.6 leerlinge kan ons hier in die beginstadium baie help , want nadat hulle opgelei is , hoef hulle nie te begin met beplanning soos die ander amptenare van hierdie departement nie , hulle kan onmiddellik begin met die eintlike werk van die departement . Mens verwag nie iets wat jy nie het nie , ons kan nie ons St. 6 leerlinge verag nie , ons kan hulle gebruik tot tyd en wyl ons die st.8 studente kan kry . Ons het verwag dat die agbare Minister in sy toespraak aan ons sal vertel hoe dit daar by Ogongo Landboukollege gaan , maar aangesien hy nie daarvan melding gemaak het nie , hoop ons dit gaan goed met daardie kollege . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is oop vir bespreking . LID SIMION IIPINGE : Meneer die Voorsitter , in die eerste plek wil ek die agbare Minister bedank vir wat hy gesê het . Ons het pas die Departement van Onderwys afgehandel . Die agbare Minister van daardie departement het vir ons meegedeel dat skole onder andere by Nkolonkadhi gebou is . Die agbare Minister van hierdie departement het vir ons gesê dat boorgate geslaan is onder andere in die Kolonkadhi- , Kwaluudhi- en Ngandjera - stamgebiede , maar ons weet nie by watter plekke nie . Ons het net hier gehoor van boorgate by Mahenene . Ons weet van daardie boorgat , maar dit voorsien nie water aan vee nie , daardie water is alleenlik vir menslike gebruik . Ons soek eintlik na boorgate in weikampe sodat ons vee altyd water kan hê . As u byvoorbeeld na my toe kom en sê dat u weiveld met water vir u vee nodig het , gaan ek u na Mahenene verwys waar u water kan kry? Daar is miskien boorgate maar ons weet

103 . Laat my net een voorbeeld noem, nie waar daardie boorgate is nie . in Kolonkadhi is daar sekerlik net een boorgat . ' n Mens weet nie waar die Kolonkadhi - mense se beeste water vandaan kry nie . Ek het hier gehoor van omheinings of weidingskampe in die stamgebiede . Word daardie kampe miskien vir B.B.K. se vee gemaak of vir ons vee? Is daardie kampe vir diegene wat sy vee daarheen wil neem of vir wie is daardie kampe gemaak? ' n Paar van ons weet nie hoe om akkerbou te beoefen nie . As ek my vee na een van daardie kampe toe vat , van wat gaan ek en my huisgesin leef ? Hierdie ding moet baie goed oorweeg word want dit is nie reg so nie . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : bespreking .

Agbare lede , hierdie begrotingspos is steeds oop vir

LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ons is nou besig met die Departement van Landbou . Hierdie departement het ook te doen met saad . Dit is ook by hierdie departement waar ons kunsmis kan koop . Dit het ook te doen met boorgate . Dieselfde departement het ook te doen met damme in die gebied . Dit is ook hierdie departement wat te doen het met vee- inspekteurs . Die werk van hierdie departement is baie belangrik . Ek wil nou iets oor die boorgate en die drukgange sê . Daar by die weidingskampe is nie genoeg boorgate nie , en daar is nie genoeg drukgange in die gebied nie . Ek het verlede jaar gesien dat daar by Ngandjera baie kalwers as gevolg van dors gevrek het . Kan hierdie departement nie meer boorgate slaan nie . Die departement het verlede jaar baie putte gegrawe . Vir in Wambo-man is dit baie swaar om toe te kyk terwyl sy beeste vrek omdat daar nie genoeg water is nie , want ' n bees is vir die Wambo As die departement dan nie genoeg baie belangriker as mahangu . boorgate in die weidingsareas slaan nie , dan moet hulle damme in die gebied bou . As daar voldoende water in die gebied vir ons vee is dan is ons ' n gelukkige klomp mense . Daar is baie min drukgange met die gevolg dat ons beeste ver moet loop na die Die mense wat die vee inspekteer , is baie min . naaste drukgang . As dit moontlik is moet daar voertuie wees wat daardie inspekteurs Ek van een drukgang na ' n ander vervoer om hulle werk te doen . het gesien dat die een blanke amptenaar wat saam met daardie veeinspekteurs werk , baie lank neem om van die ooste na die weste te gaan , met die gevolg dat as daar ' n veesiekte in die gebied uitbreek , dit lank neem alvorens hy daarvan weet . Is dit nie moontlik dat daar in elke stamgebied ' n voertuig is wat die vee- inspekteurs na die drukgange kan vervoer nie? Baie van hierdie inspekteurs is Wambo's en hulle gebruik fietse om rond te ry . Dit vat lank om al die plekke wat ver van mekaar af is te besoek . Daardie inspekteurs moet vermeerder word en moet by die drukgange bly sodat , wanneer ons ons beeste daarheen bring , hulle reeds daar is . Gewoonlik verlaat die inspekteurs die drukgange baie vroeg en as die ou vrouens of ou mans met hulle beeste daar aankom dan is die inspekteur alreeds weg .

Daar moet baie water in die gebied wees sodat ons vee altyd genoeg water kan hê . Daar is baie boorgate in ons stamgebied maar Hoekom is dit so? Ek versoek daar is nie genoeg windpompe nie . dat daar baie windpompe bestel moet word sodat ons boorgate windDankie , meneer die Voorsitter . pompe op kan kry .

104 . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is steeds oop vir bespreking . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek gaan nie veel sê nie want wat ek wou sê is alreeds gesê deur vorige sprekers . Deel van hierdie departement se plig is om te sorg vir ons bosbou , want volgens sy naam staan hy bekend as die departement van Landbou en Bosbou , maar dit lyk vir my asof hierdie departement net besig is om plante te kweek wat hulle van buite Owambo gekry het . Dit lyk vir my asof hulle besig is met ' n proef om vas te stel of daardie plante hier kan groei . Ek wil voorstel dat hierdie departement met ons eie bome ' n proef moet maak sodat ons kan vasstel of dié bome in die hele Owambo sal groei , veral die bome wat vrugte dra , wat eetbaar is . Miskien kom hulle net in die Kwanyama stamgebied voor . Ek het gesien dat ' n paar van die bome wat vrugte dra besig is om uit te sterf . Ek het verwag dat die departement ondersoek sal instel ten einde vas te stel of daar nie iets aan gedoen kan word sodat daardie bome nie uitsterf nie . Daar in Kwanyama- stamgebied was daar baie kwarriebome gewees maar hulle begin nou uitsterf . Ek versoek hierdie departement om vas te stel hoekom daardie bome uitsterf . Omdat ek hierdie departement baie vertrou vra ek dat hulle dit moet doen want dit is baie belangrik . Daar is nog iets in hierdie departement wat my baie teleurgestel het . As ek reg onthou het ons verlede jaar gevra dat hierdie departement baie brandmerke moet maak . Na ek verneem is daardie brandysters reeds gereed maar lê hulle blykbaar op Ondangwa . As daardie ysters dan klaar ontvang is en nie gebruik word nie dan beteken dit dat die amptenare van daardie departement nog steeds besig is met beplanning en dus weet ons nie wanneer hulle gaan begin om daardie brandysters te gebruik nie . Aangesien die tyd baie gou verander , kan dit gebeur dat die tyd gaan aanbreek dat ons nie meer daardie brandmerkysters nodig gaan kry nie met die gevolg dat dit dan ' n groot verlies gaan wees want daardie ysters is ten duurste aangekoop . Daarom versoek ek hierdie departement om asseblief te probeer om sy beloftes na te kom . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om antwoorde te gee op die vrae wat aan hom gestel is . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek gaan daardie agbare lid antwoord wat ' n vraag oor Kolonkadhi - stamgebied gevra het . Hy het gesê dat daar alleenlik ' n boorgat te Mahenene is , maar in die Kolonkadhi - stamgebied is ses . Daar is ook nuwes wat onlangs windpompe op gekry het . Dit is langs die pad na Kamanjab . Oor wat lid Thomas gesê het oor boorgate in die Ngandjera- stamgebied wil ek net sê dat die water daar souterig is . Niemand sal ' n Ons sal verwindpomp daar aanbring as die water vol sout is nie . der ondersoek instel na goeie water sodat ons boorgate daar kan slaan . Agbare lid Victor het oor die brandysters gevra , dit is waar , ons het die ysters daar by Ondangwa . Ek gaan nou daardie brandmerkysters uitstuur na die verskillende stamkantore . Dankie . VOORSITTER : Agbare Minister , byna al die agbare lede het antwoorde op hul vrae gekry , maar die eerste spreker , Peter Kalangula het

105 . glad nie ' n antwoord op sy vraag gekry nie . band met die Ogongo Landboukollege .

Hy het gevra in ver-

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Ons het al voorheen St.6 leerlinge daar ingeneem en ons wag nog op meer van hulle . Dit is baie keer oor Radio Owambo uitgesaai dat elkeen wat St.6 geslaag het , by daardie skool aangeneem kan word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop die lede wat vrae gevra het , nou antwoord gekry het . Die begrotingspos is steeds oop vir bespreking . LID FILLIPUS ANDREAS : Meneer die Voorsitter , ons is besig met die Departement van Landbou . VOORSITTER : Agbare lid , ons is nie met die verskillende items besig nie , ons is besig met die toespraak . Agbare lede , die begrotingspos is oop vir bespreking . LID FESTUS AMUKWA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê oor hierdie departement van Landbou . Ek wil in die eerste plek die agbare Minister baie hartlik bedank . Hoewel daar baie dinge is wat nie in goeie orde is nie , wil ek tog aan hom dankie sê . Omtrent die boorgate wil ek die agbare Minister baie nederig versoek om asseblief enjins daarop aan te bring , want soms is die wind stil en as die wind nie waai nie is daar nie water nie en die beeste begin vrek . As daar boorgate is met enjins sal dit goed gaan , want dan sal die beeste water kry al waai die wind nie . Wat geteken Bosbou? Ek wil graag weet wat dit beteken . VOORSITTER : Agbare lid , ons is besig met die tweede lesing , ons bespreek nog nie die verskillende subhoofde nie . Ons is besig met die toespraak van die agbare Minister . As die agbare lid nog iets verder wil sê oor die toespraak van die agbare Minister , kan hy sy toespraak voortsit . LID FESTUS AMUKWA : Meneer die Voorsitter , verskoon my dat ek buite orde gegaan het , ek sal nou verder praat . Ek het reeds melding gemaak van boorgate wat enjins en windpompe moet kry sodat daar Ek praat twee verskillende soorte water in die veld kan wees . daaroor want ek is iemand wat baie in die veld is . Ek het baie keer vee by die boorgate gesien . As u eendag by ' n boorgat kom wat toegerus is met ' n windpomp en die wind waai daardie dag nie , sal u sien die vee ly dors . U sal ook begin huil net soos die vee wat daar rondom die boorgat is waar daar nie water is nie . Daarom versoek ek die agbare Minister dat daar twee verskillende soorte water in die veld moet wees , sodat die probleme wat ons met water het opgelos kan word . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir bespreking . MINISTER FRANS IINDONGA : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om die vorige sprekers te bedank . Die agbare Minister se toespraak was baie baie kort . Ek het agtergekom dat die agbare lede wat gepraat het , het gepraat oor subhoofde of items onder die begrotingspos . U sal sien onder subhoof A kry ons boorgate en onder subhoof G kry ons sade en kunsmis . Dit sal baie beter wees as ons die toespraak van die agbare Minister so aanvaar sodat ons kan oorgaan na die bespreking van die verskillende subhoofde . Ek weet nie waaroor ons gaan praat wanneer ons by die verskillende items kom as ons nou al daaroor praat nie . Ek stel voor dat hierdie toespraak van die Minister aanvaar word soos dit is .

106 . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , aangesien baie lede reeds oor hierdie toespraak gepraat het , sal dit beter wees as ons oorgaan na die bespreking van die verskillende subhoofde sodat ons oor al die items kan praat . Agbare lede , ek vra ' n sekondant . MINISTER JAFET MUNKUNDI :

Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? LID MALAKIA IITULA : Meneer die Voorsitter , daar is iets waaroor ek wil praat , ek vra of ek toegelaat kan word . VOORSITTER : Ek vra vir ' n sekondant? LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra dat die lede wat saamstem hulle hande moet opsteek . Die agbare lede wat hande opgesteek het , is Dus sê ek aan die agbare 12 terwyl die Raad uit 77 lede bestaan . Daarom vra ek die lid dat hy nie toegelaat word om te praat nie . Sekretaris van die Wetgewende Raad om subhoof vir subhoof te lees . ( Sekretaris lees Subhoof A. ) VOORSITTER : Agbare lede , subhoof A is nou oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , daar is sewe vee- inspekteurs onder hierdie subhoof . Ek onthou dat ons verlede jaar gepraat het oor die lang afstande wat die vee altyd moet aflê vir inspeksie . Aangesien ons sewe stamme in Owambo het , moet daar genoeg vee- inspekteurs in elke stamgebied wees om die inspeksiewerk te doen . ' n Paar van die agbare lede wat tydens die bespreking gepraat het oor hierdie begrotingspos , het gesê dat dit by ons ' n groot probleem is as ons sien dat ons vee sulke lang afstande na die drukgange moet aflê . Daar sal altyd probleme in elke departement wees , maar hulle moet asseblief iets doen . Dit lyk vir ons dat hierdie departement altyd besig is om iets in verband met beeste te doen , want ons hoor altyd dat daar iets in verband met ons beeste gedoen word . As dit dan so is behoort daar nie meer klagtes te wees nie , want daar is nou al sewe vee- inspekteurs en elkeen van hulle kan nou sy deel kry waar hy inspeksie moet doen . Ek weet daar is groot stamgebiede waar een inspekteur nie voldoende sal wees nie . Aangesien hierdie departement bekend is vir sy goeie beplanning kan hulle ' n plan beraam dat elke inspekteur sy eie afdeling kry waar hy behoorlik inspeksie kan doen . As ons sê dat hierdie departement baie goeie beplanning doen , dan praat ons uit hul eie monde . Hierdie sewe vee - inspekteurs moet dan elk sy afdeling Ek weet dat hulle hulle werk kry waar hy inspeksie moet doen . kan verrig alhoewel daar nie ' n veearts is nie .

Ek weet soos ons hier gehoor het , dat die departement na ' n Hulle gaan seker binnekort een kry sodat hy hierdie veearts soek . Dankie , meneer vee- inspekteurs kan bystaan met die inspeksie . die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , onder subhoof A word melding gemaak van landbouvoorligters . Ek weet nie of daardie mense wat ons daar sien , of dit hulle is wat hier genoem word nie , want daar by ons is altyd mense van hierdie departement wat daar

107 .

rondloop . As dit dan nie hulle is nie , aan wie gee hierdie landbouvoorligters dan inligting ? Ons Wambo's is landbouers , en ons verlang dat ons ingelig en opgelei moet word sodat ons op die hoogte van sake kan wees . Die getal landbouvoorligters wat vanjaar daar is , is dieselfde as die van verlede jaar , as ons hulle reeds verlede jaar gehad het hoe werk hulle , loop hulle van huis tot huis of hoe werk hulle in die gebied? Hoe lig hulle die mense in? Daardie mense wat so rondloop , wat is hulle werk eintlik? Ek het dieselfde vraag verlede jaar ook gestel . Voor die begin van die sitting het ek een van hulle by die stamkantoor ontmoet en ek het hom gevra wat hulle werk eintlik is , en hy het gesê dat hulle mense help wanneer hulle om hulp gevra Ek het verder gevra - waar kan ons julle kry om vir julle word . te vra wat ons wil hê , want julle reageer eers as julle gevra word . Dit bewys vir my dat so ' n persoon nie belangstel in sy werk of nie weet wat sy pligte is nie . Onder hierdie subhoof was daar verlede jaar ' n bedrag van R204 400 begroot maar vanjaar is daar net R194 550 voor begroot , met ander woorde daar is ' n vermindering . Dit is nou baie eienaardig , want by ander departemente is daar vermeerderings , maar hier sien ons n vermindering . Wat het veroorsaak dat die bedrag so verminder moes word? Op bladsy 39 sien ons dat daar ses landbouvoorligters graad I is en dat daar verder 26 landbouvoorligters graad II moet wees , maar daar is niks nie , met ander woorde hulle is nie aangestel nie . Is hulle dan so goedkoop want hulle word nie betaal nie . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is altyd oop vir die Raad om te bespreek . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan omdat ek nou twyfel . Ek voel net soos die laaste spreker . Dit handel oor hierdie lanbouvoorligters , die getal van 6 en dan weer 26 . Ek sien hier daar is genoem 40 leerlinglandboubeamptes . Is dit miskien die St.6 leerlinge by Ogongo Landboukollege of watter mense is dit? Die agbare Minister moet asseblief vir my verduidelik wat dit beteken . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek nou die agbare Minister van hierdie departement om eers sy verduidelikings te gee . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ons het net drie vee- inspekteurs . Ons het probeer om nog te kry maar ons kan nie daarin slaag nie . Ons het tot dusver nie een landbouvoorligter nie . Die 40 leerling landboubeamptes is die St.8 studente wat nou by Ogongo Landboukollege skoolgaan . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede goed verstaan het . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , toe daar vrae gestel is en die Minister gevra is om die vrae te beantwoord het die agbare Minister gesê dat daar st.6 leerlinge by die Landboukollege is . Toe daar verder gevra is of die getal van 40 leerling landboubeamptes ook St.6 leerlinge insluit , het die agbare Minister Met gesê dat hierdie getal bestaan uit St.8 leerlinge alleenlik . ander woorde daar is nie St.6 leerlinge by die Landboukollege nie . Ek voel die agbare Minister het nie my vraag behoorlik beantwoord nie . Daarom versoek ek die agbare Minister om my vraag

108 . weer te beantwoord .

Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek versoek dat die vergadering tot more verdaag . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot moreoggend om 10 - uur . ( DIE HUIS VERDAAG TOT WOENSDAG 21/5/75 ) WOENSDAG

21

ΜΕΙ

1975 .

MINUUT NR.35 : Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.36 : NOTULE VAN 20/5/75 WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van die verrigtinge op 20 Mei 1975 te lees . ( Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat die notule van gister bevestig moet word . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek bevestig dit . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief ?

LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders te sê het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat die notule van gister as korrek aanvaar is . Ek versoek nou die Hoofminister om iets te sê , indien hy iets het . HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskappe ontvang nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek maak dit aan u bekend dat die agbare lid Michael Hamutumbangela nie vanoggend kon kom nie . Hy is hospitaal toe . Die volgende lede - Minister Titus Heita , Kalipi Mundjele , Pendukeni Fillipus en Ambrosius Andjamba het nie vanoggend gekom nie . Hulle het nie kennis van hulle afwesigheid gegee nie maar hulle is nie in ons midde nie . Agbare lid Israel Jona het ook nie gekom nie . MINUUT NR.37 : DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT WORD BESPREEK :

BEGROTINGS POS 7

VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan vanoggend voort met die bespreking van subhoof A onder begrotingspos 7 , Departement van Landbou en Bosbou . Subhoof A is steeds oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek het gister ' n paar vrae aan die agbare Minister gestel en toe die agbare Minister geantwoord het , het hy glad nie op my vrae geantwoord nie . Hy het seker vergeet . Ek gaan nou my vrae herhaal want ek verlang ' n verduideliking voordat ons hierdie subhoof klaarmaak . Op bladsy 39 kry ons 6 landbouvoorligters en 26 ander landbouvoorligters .

109 . Toe ek gister hieroor gevra het , was die antwoord dat daardie landbouvoorligters nog nie aangestel is nie . Ek sien verder dat daar nie vir sulke mense se salarisse begroot is nie . My vraag is nou , waar sal die geld vandaan kom wanneer hierdie mense aangestel word? Ons het by die ander departemente gesien dat waar ' n amptenaar nie aangestel is nie , bly die item oop , en is daar vir ' n sekere bedrag vir daardie amptenaar se salaris begroot sodat wanneer hy eendag aangestel word die geld daar is , maar hier is die amptenare nie aangestel nie en daar is ook nie geld begroot vir wanneer hulle aangestel sal word nie . Op bladsy 40 kry ons nog vier landbouvoorligters , en daar is vir hulle geld begroot . Ek het gister gevra hoe werk hulle? Loop hulle van huis tot huis of waar kan ' n mens hulle vind? Ek het gehoor dat hulle landbouvoorligters is , en ek verwag dat hulle my moet voorlig en vir my verduidelik hoe ek my land moet bewerk , want hulle is landbouvoorligters . Agbare Minister ek verwag dat u vir my moet verduidelik op watter manier ek hierdie mense kan kontak en of hulle blankes of Wambo's is . Miskien is hulle almal soos daardie een wat ek by die stamkantoor gesien het , wat gesê het - as hy gevra word , dan kan hy optree . Ek het gister ook gevra hoekom die totale bedrag onder hierdie subhoof verminder is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking deur die Raad . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek is ook soos die Ek het gevra vorige spreker , my vrae is ook nie beantwoord nie . omtrent die boorgate in die Ngandjera - stamgebied . Die Minister het gesê dat daar in Ngandjera brakwater is . Ek weet van al die boorgate in die Ngandjera - stamgebied . In die omgewing van al daardie boorgate is daar putte wat gegrawe is deur die mense self , maar die beeste drink graag van daardie water uit die putte . Die agbare Minister het verder gesê dat hulle besig is om plekke te soek waar hulle lekker water vir die vee kan kry . Ek weet nou nie waar die agbare Minister die plek gaan kry nie want oral in Ngandjera is daar putte wat deur die mense self gegrawe is en daarin kry u lekker water . As dit dan so is , moet ons toegelaat word om self putte te grawe sodat ons vee water kan hê want ons weet daardie water is nie brak nie . My tweede vraag het gegaan oor drukgange waarvan daar nog baie min in ons stamgebied is . Die mense kla nog steeds dat daar min drukgange is en dat beeste nog lang afstande moet aflê na daardie drukgange toe . My derde vraag was , kan in elke stamgebied nie ' n voertuig wees wat die vee -inspekteurs vervoer nie? Dat daardie voertuig ook gebruik kan word wanneer een boorgat uit orde is sodat die persoon dit gou kan gaan rapporteer . Wanneer daar ' n siekte onder die vee uitgebreek het , dan moet die voertuig gebruik word om die siekte te gaan rapporteer . Ek verlang nou ' n verduideliking op die vrae wat ek gestel het , want die vee- inspekteurs loop lang afstande na die plek waar hulle moet gaan werk . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is steeds oop vir om te bespreek .

die Raad

LID WILLIPARDT SHITATALA : Meneer die Voorsitter , ons het nou lank

110 . genoeg gepraat oor hierdie begrotingspos , maar ten opsigte van die water vir die vee gaan ons nog baie praat . Die veewagters wat die vee oppas , leef baie swaar . Hoe kan ek oor vee praat en ek vergeet myself ? Die departement van Landbou moet sorg dat daar water vir vee en vir mense is . Daardie damme is nie ordentlik gebou nie . Die Minister van die Departement het gesorg dat daar damme is . Ek wil net sê dit sou beter gewees het as daar uit die hoofkanaal water na sekere plekke aangelê kon word , met ander woorde in die omgewing van die kanaal moet damme gebou word sodat die vee kan drink . Laat ons ' n groot dam bou en omhein en dan klein dammetjies wat met ' n enjin uit die groot dam volgemaak kan word . Die damme wat ons vandag het is nie goed nie want dit word leeg wanneer die Oshannas se water terugvloei . Dit is die water wat die vee drink . Ek versoek dat damme vir ons gebou word wat water kan hou . Die kanaal se water is nie vir vee en mense bedoel nie . Die water gaan net met die kanaal af , ons weet nie waarheen nie . Daardie kanaal beteken niks vir die oorgrote meerderheid van die volk nie . Ek het hieroor gepraat omdat ons oor boorgate praat , dit wil sê water vir diere en nie vir mense nie . Miskien begaan ek ' n fout . Ek weet nie watter departement is verantwoordelik vir water vir menslike gebruik nie . Vanjaar is daar ' n groot droogte , as dit gereën het , sou ek nie gepraat het nie . U weet waarom ek praat . Die agbare lede praat net oor water vir vee , en nie oor water vir mense nie , terwyl mense sonder water moet bly . Dan voel ek baie sleg want ek kan nie die land op my eie ontwikkel en myEk sal later weer praat . self vergeet nie . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is steeds oop vir bespreking . LID JESAYA NAMBUNDUNGA : Meneer die Voorsitter , die Minister van hierdie departement het gister gesê dat hy bereid is om die beeste teen sekere siektes in te ent , maar ongelukkig het hy nog nie ' n Kan die agbare veearts nie . Hy soek maar het nog nie gekry nie . Minister nie probeer om ' n veearts te kry nie , want die beeste is besig om te vrek . Ek het gesien dat die vee - inspekteurs besig is om beeste in te ent . Is daar nie ' n blanke amptenaar wat miskien op hoogte van sake is wat daardie mense kan wys hoe om die beeste in te ent nie? Die siektes is besig om te versprei . Ek versoek die agbare Minister om aandag daaraan te skenk . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , as ek so luister , lyk dit vir my of die agbare lede besig is met die beginsel bespreking . Dit is klaar aanvaar en gesekondeer en ons is nou besig met Subhoof A. Die dinge wat nou deur die agbare lede genoem is , kry ons wanneer ons by die verskillende subhoofde waaronder daardie dinge verskyn kom . Die agbare lede is besig om Subhoof K te bespreek , terwyl ons nog by subhoof A is . Ek het net opgestaan op ' n punt van orde . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , ek wil net van die agbare Minister hoor waarom hier vanjaar so ' n groot vermindering

111 .

is . Wat ek wil vra sien ons op bladsy 41. Daar is assistent vee- inspekteurs , vyf van hulle . Daar was vir hulle verlede jaar begroot die bedrag van R4 000 maar vanjaar is daar niks begroot nie . Op dieselfde bladsy sien ons ook twee laboratorium assistente vir wie verlede jaar R1 200 begroot was , maar vanjaar is die bedrag baie minder , R400 . Daar is ook een tikster vir wie verlede jaar R800 begroot was maar vanjaar is daar net R750 , ' n vermindering van R50 . Sal daar vanjaar baie minder gedoen word of wat is die posisie eintlik ? My vraag is nou eintlik , hoekom is hier so ' n groot vermindering terwyl ons verwag dat elke departement moet vorder? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek nou die agbare Minister van hierdie departement om op u vrae verduidelikings te gee . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek gaan die laaste Die verminspreker verduidelik hoekom daar ' n vermindering is . dering is omdat daar nie genoeg amptenare is nie . Dit is die Ek wil die vrae van agbare lid Thomas Shikongo beantoorsaak . woord . Ek het gister vir hom gesê dat die water in die Ngandjerastamgebied sout is . Van die nuwe boorgate wat geslaan is , is daar Ek het gister aan hom genet een boorgat wat lekker water het . In versê dat ons nog besig is om rond te soek na lekker water . band met die versoek oor die voertuie , dit wil sê , dat daar in elke stamgebied ' n voertuig moet wees , wil ek net sê dat daar nie Die agbare Ondervoorsitter , het gepraat genoeg voertuie is nie . oor water vir mense . My departement wys die plek aan waar daar ' n dam gebou moet word , die Departement van Werke moet die damme bou wat aangewys word . Ek het verwag dat daar vandag baie damme sou wees in die hele Owambo , maar die departement van Werke het tot dusver niks gedoen nie . As die Departement van Werke niks doen nie , dan moet ons daardie swaar masjiene kry sodat ons die damme kan bou . As ons daardie masjiene kry dan gaan ons gou klaarmaak . Ons het pale vir drukgange bestel en ons het daardie pale eers onlangs ontvang . Ons gaan daardie pale versprei vir die bou van drukgange . Dit is moontlik dat daar reeds vanoggend ' n klomp pale na Ngandjera vervoer gaan word . Agbare lid Nambundunga het oor die inenting van beeste gevra . Daar is wel ' n paar vee- inspekteurs wat besig is om die beeste in te ent , en onder hulle is daar een blanke amptenaar . Ons is besig om daardie siekte uit te roei . Voordat ek gaan sit wil ek ook die vrae van die ander lid beantwoord . Dit gaan oor weiding . Die agbare lid het gevra of die span van weidingskampe op mense afgedwing gaan word of word dit net gedoen wanneer mense dit wil hê . Ons maak daardie weidingskampe net vir diengene wat dit verlang . Soos daardie kampe in die Kwanyama - stamgebied wat gemaak is , die mense het self daarom gevra . Kwaluudhi se mense het ook daarom gevra en daarom het ons dit daar gespan . Wat ons in Ngandjera gaan doen , soos ons beplan het , gaan ons doen omdat die mense daarom gevra het . U moet onthou dat ons sewe stamme het , maar net drie stamme het gevra dat weidingskampe gemaak moet word . Die stamme wat nie gevra het nie , sal later sien dat die stamme wat dit het , goed leef , en dan sal hulle ook vra . Een van die lede het oor die landbouvoorligters vir wie se salarisse nie begroot is nie , gevra . Ons sal vir hulle salarisse begroot sodra die In die begroting mense by Ogongo Landboukollege klaar gemaak het .

112 . van volgende jaar sal u sien dat daar vir hulle begroot is . Een van die lede het gevra in verband met die St.6 leerlinge . Hulle is besig om te studeer as landbou- opsigters . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat die agbare lede baie goed Ek verdaag verstaan het wat die agbare Minister verduidelik het . hierdie vergadering vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van subhoof A. LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , gister het ek in verband met die Ogongo Landboukollege gevra of daar onder daardie 40 leerlinge ook St.6 leerlinge is . Toe die agbare Minister vanoggend geantwoord het , het hy gesê dat die St.6 leerlinge opsigters sal word . Hy het nie gesê hoeveel hulle is nie . Hy het ook nie verduidelik of hulle ingesluit is by daardie 40 nie . Miskien is sy antwoord vir ander voldoende , maar vir my is dit nie genoeg nie . Oor die antwoord in verband met die bou van gatdamme , het die Minister geantwoord dat die departement van Werke die werk gedoen het soos verwag is nie . Hy het voortgegaan en gesê dat as die bou van damme sy verantwoordelikheid was , sou hulle al klaar gebou gewees het . Dit slaan my dronk , omdat sy eie werk nie eens klaar is nie . Ek het die volste reg om terug te gaan na die toespraak van gister , daar is niks wat my keer om daaroor vrae te vra nie . Daar is nie ' n geskrewe regulasie wat my bind nie , want dit wat hy gister gesê het , is nie geskryf nie . As hierdie departement damme kan bou , dan is dit beter dat ons daardie werk aan hom gee sodat ons die damme kan kry . Die werk wat hy nie klaarkry nie word dan aan die ander departement gegee en die damme wat hy in staat is om klaar te maak word aan hom gegee sodat hy dit kan voltooi . Dit lyk of die damme wat ons het genoeg is , maar dit is nie . Dit is beter om dit aan ' n departement te gee wat dit sal klaarmaak as om dit aan ' n departement te gee wat net beplan en nie werk nie . Ek sien die Minister is gewillig om te werk , maar dit lyk of sy werkers nie vinnig genoeg kan werk nie , hulle kan net beplan . Ek sê nie dat sy werkers uit Owambo moet padgee sodat daar nuwes aangestel kan word nie , maar as dit beter vir Owambo is dat hulle moet trek , dan kan dit ook gedoen word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID MALAKIA LUKAS : Meneer die Voorsitter , ek bedank die agbare Minister van hierdie departement vir sy verduideliking van die vrae . Ek het nog ' n versoek . Mense met vrae en klagtes oor water het na my toe gekom . By Onesi word ' n skool gebou . Ons het met die onderwysers gepraat oor waar ons water kan kry vir die bouwerk omdat daar net een pan is en die kinders ook van die water drink . Die onderwysers het gevra of daar nie miskien ' n ander plek is waar ons water kan kry nie , omdat daardie water onmiddellik sal

113 . opraak . Die agbare Minister het nou gesê dat dit nie hulle is wat die damme bou nie , maar wie is dan verantwoordelik vir die bou van die damme ? Dit is duidelik dat daar ' n skaarste aan water gaan wees omdat daardie pan waar ons nou water uit kry vir die bouwerk binnekort leeg sal wees . Wat gaan die kinders drink Dit is my verwant in daardie omgewing is daar nie water nie . soek , waar sal ons water kry? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , ons staan nog steeds by die Departement van Landbou stil . Hierdie departement is die een wat verantwoordelik is vir water vir die vee . Ek weet nou nie , het hierdie departement ook ' n verantwoordelikheid waar dit kom by die vind van water of wat is die posisie ? Vanaf Ondangwa tot in die suide van Ngandjera is daar weiding vir vee , maar nie water nie , omdat dit vanjaar nie goed gereën het nie . VOORSITTER : Agbare lede , ons bespreek nou die subhoof oor salarisse . Die bespreking handel oor die salarisse , lone laes en die mense wat dit kry , vrae oor water sal ons kry ons by die subhoof kom . Agbare lede , laat ons ons bepaal wat in hierdie subhoof is . Daarom as die agbare lid iets onder hierdie subhoof te vra , dan is daar nou geleentheid te doen .

lone en en toewanneer by dit het om om dit

LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , omdat ek buite orde was , vra ek om verskoning . Omdat ek verlang om iets te hoor in verband met water vir vee , het ek daaroor gepraat . Ek weet van ' n sekere plek waar ons water kan kry en daarom wou ek vir die Departement gesê het , maar nou laat ek dit daar . Ek sal dit sê wanneer ons daarby kom . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , vir ' n lang tyd het ons subhoof A bespreek . Miskien is die lede moeg om dit te bespreek , daar het hulle buite orde gepraat . As die ander lede ook so voel , stel ek voor dat ons dit aanvaar , dan kan ons voortgaan . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID SILAS IIPUMBU : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is , en dus gaan ons voort . (Sekretaris lees Subhoof B ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek is by subhoof B. Ek het gekyk na item 1 , 2 en 3 en dit is vir my duidelik dat daar ' n verhoging in die bedrae is en dus wil ek vra dat dit aanvaar moet word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID JOHANNES AMUKOTO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

114 .

VOORSITTER : Is daar enigeen wat ' n teenvoorstel het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof C) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID FESTUS AMUKWA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof oor die telegraafdienste gaan oor iets wat in die kantore gebruik word . Ek hoop toe die kantoorwerkers hierdie bedrag gevra het , het hulle seker gemaak dat dit die bedrag is wat hulle het , dus neem ek dit so aan . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID ELIA SHIMANDA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Is daar iemand wat iets anders het? Omdat daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aanvaar is , en dus gaan ons voort . (Sekretaris lees subhoof D ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek is daar by subhoof D. Onder item 1 , 2 en 3. Onder item 1 is daar R50 begroot , item 2 is daar ook R50 begroot en item 3 is R500 begroot . Hierdie verhoging is meer as die van verlede jaar . Dus vra ek dat dit so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID PETRUS NEUMBO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek het iets anders Ek vra die Voorsitter of ek dit mag noem . VOORSITTER : Ek versoek die agbare Minister om te sit . ' n sekondant asseblief .

Agbare lede

LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , hande asseblief . vir u geleentheid om te praat .

Agbare Minister daar is

MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , dankie vir die geleentheid om iets te sê . Dit is onder subhoof D , as daar ' n drukfout is dan is dit net in die vorige spreker wat gepraat het se begroting . As daar dan nie ' n drukfout is in die vorige lid se begroting is nie , dan vra ek hom vriendelik om asseblief te verduidelik wat hy bedoel het deur te sê dat die bedrag vanjaar verhoog is . Ek versoek daardie agbare lid om noukeurig te kyk en dan te verduidelik . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTTER : Agbare lede , ek versoek die agbare lid Aron Shikongo om vir die Huis te verduidelik of daar ' n drukfout in sy begroting is . LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , verskoon my dat ek buite orde was en dat ek ' n fout begaan het deur hierdie bedrae aan te neem alhoewel dit dieselfde is as die van verlede jaar . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat die Huis tevrede is met die agbare lid se verduideliking . Aangesien hierdie subhoof klaar

115 . gesekondeer is , vra ek of daar iemand is wat iets anders daaroor te sê het . Aangesien daar niemand opgestaan het nie , gaan ons voort . (Sekretaris lees subhoof E. ) VOORSITTER : Agbare lede , subhoof E is oop vir die Huis om te bespreek . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , in subhoof E item 6 -Toekennings aan landboutentoonstellings - sien ek dat die bedrag wat daarvoor begroot is baie min is . Dit is die werk van die departement van Landbou om tentoonstellings vir die mense te reël sodat hulle aangemoedig kan word om hulle gesaaides en hulle vee te vertoon , dit wil sê die goeies daarvan . Daaruit leer hulle watter sade goed is en watter nie goed is nie , sodat hulle die goeies kan saai . Daar kry die amptenare van die departement geleentheid om aan die mense te verduidelik watter bees of plant of saad goed is en die redes te gee waarom dit nie goed is nie . Daardeur word landbou iets baie belangriks in ons land omdat die mense op die tentoonstellings gesien het waarom ' n ding goed of swak is . Sodra hulle van die tentoonstellings kom begin hulle om goeie sade en goeie beeste te koop sodat hulle daardie sade in hulle saailande kan plant en daardie bulle in hulle krale kan hou om beter beeste te teel . Ek weet al die stamgebiede verlang om tentoonstellings te kry , maar hulle word nie aangemoedig nie . Die instansie wat verantwoordelik is om die mense aan te moedig is die departement van Landbou . Ek het verneem dat daar vanjaar by Kwanyama , Ndonga en kwambi tentoonstellings sal wees . As daar dan tentoonstellings in drie stamgebiede gehou gaan word en hierdie departement is verantwoordelik vir daardie tentoonstellings dan weet ek nie of hierdie R500 genoeg is nie . Daar is baie dinge nodig vir ' n tentoonstelling soos die pryse , dit wil sê die eerste prys , tweede en derde ensovoorts . Byvoorbeeld daar by Kwanyama word miskien kaartjies gedruk en aan die mense by die hekke verkoop wanneer hulle inkom , want hulle moet iets betaal om in te gaan . Daar word baie krale gebou , vir bulle , osse , koeie , kalwers , varke , donkies , perde ensovoorts . As daar dan so baie werk gedoen moet word en die departement moet vir elke tentoonstelling iets gee , alhoewel die stamfonds ook iets sal gee , sal die bedrag genoeg wees? My versoek is nou aangesien ons baie geld vir daardie tentoonstellings nodig het om die mense landbou bewus te maak , het ons vir genoeg begroot . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek is by subhoof E , item 1 - ongevalleskadeloosstelling . Dit is wanneer met ' n voertuig verongeluk word . Daar is net R50 , is dit genoeg? As dit vir mense wat padongelukke gemaak het is , dan is dit nie genoeg nie . Baie ongelukke vind in die werk plaas en die bedrag daarvoor is net R50 . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is steeds oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof is dieselfde as die voriges , dit wil sê subhoofde B en D. Alles wat

116 . hier staan is dit wat die klerke mee werk en hulle weet wat nodig is . Dit kom ooreen met die R50 en R500 wat ons reeds afgehandel het . Ons het al gehoor dat stamfondse genoeg geld het , Omdat hulle ook met daarom het hulle vanjaar niks gekry nie . tentoonstellings moet help hoop ons hulle sal ook geldelik daartoe bydra . Volgens my is daar baie subhoofde voor wat hierdie Raad behoort te bespreek en aangesien hierdie subhoof net vir die amptenare is , stel ek voor dat dit so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , dit lyk of dit wat ek gesê het deur die spreker wat nou gepraat het , verwerp is . Toe ek oor hierdie bedrag gepraat het , het ek uit ondervinding gepraat omdat ek daarby gemoeid was . In verband met die stamfondse week ek dat hulle nie genoeg geld vir hierdie saak het nie . Stamfondse is nie alles bedoel vir tentoonstellings nie alhoewel hulle ' n geldelike bydrae kan maak . Ek sê dit omdat ons verlede jaar probleme gehad het met geld , hulle het aan ons baie min geld vir die doel gegee . Nou het ons baie geld nodig om van hierdie tentoonstellings ' n sukses te maak . Miskien het die ander stamme baie geld omdat hulle nie tentoonstellings hou nie , maar ons wat elke jaar hierdie geld gebruik het nie genoeg nie . Hierdie vrae stel ek aan die Minister van die departement en ek verwag ' n antwoord . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . LID HERMAN SHONGOLO : Meneer die Voorsitter , ek is by item 8 , waarvoor daar R1 200 begroot is , maar hierdie bedrag is begroot vir onvoorsiene uitgawes . Kan die agbare Minister vir ons verduidelik en ' n voorbeeld noem van onvoorsiene uitgawes . Of kan hierdie bedrag miskien gebruik word vir tentoonstellings ? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om u vrae te beantwoord . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek wil agbare lid Hihulifua se vraag oor tentoonstellings eerte beantwoord . Hierdie bedrag kan nie vanjaar verhoog word nie , ons sal dit aanstaande jaar doen . Die ander agbare lid het ' n vraag oor onvoorsiene uitgawes gevra . Hierdie bedrag is bedoel vir die aankoop van dinge wat nie op die begroting is nie . VOORSITTER : Ek hoop die agbare lede verstaan wat verduidelik is . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek sê baie dankie dat die agbare Minister my geantwoord het . Dit is net jammer dat hierdie bedrag eers volgende jaar verhoog gaan word , en dat dit nie vanjaar kan gebeur nie . Ek het gehoor en hoop dat die ander stamme se fondse so goed is , dat hierdie bedrag in sy geheel net aan ons gegee kan word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is steeds oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof is lank bespreek , en waar twyfel is , het die agbare Minister gesê hy sal iets daaraan doen . Een agbare lid het gesê dat hierdie subhoof

117 . ooreenkom met vorige subhoofde , en dus dink ek ons kan dit so aanvaar soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief .

LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar enigeen wat iets anders het? LID MALAKIA LUKAS : Meneer die Voorsitter , ek vra verskoning omdat ek so laat opstaan , ek het gehoor dat al die lede se vrae beantwoord is . Ek het ook ' n vraag hier gestel , maar ek het nog nie ' n antwoord gekry nie . My vraag is nie van baie waarde nie , maar dit verdien wel ' n antwoord . VOORSITTER : Agbare lid , u het nie toestemming gekry om te praat nie . Agbare lede , ' n sekondant asseblief . Kan die lid maar praat . Omdat niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat wat u versoek nie toegelaat is nie . Agbare lede , ek neem aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is , dus gaan ons voort . (Sekretaris lees subhoof F ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , by subhoof F vanaf item 1 tot 2 verlang ek ' n verduideliking . Aangesien ons nie ' n geskrewe toespraak van die agbare Minister gekry het nie , kan ons nie sien waarom daar ' n vermindering van ' n sekere bedrag is nie . Ek sien hier is ' n vermindering en dan weet ek nie waarom daar Ek mag net sê dat hierdie instalso ' n vermindering is nie . lasie nie baie gebruik word nie en dus is reparasies daaraan nie nodig nie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , dat die bedrag Ons het meer geso verminder is , is omdat daar nie geld is nie . vra maar ons het dit nie gekry nie . As ons dit gekry het soos die Raad dit aanbeveel het , sou ons baie dankbaar gewees het . Dankie , meneer die Voorsitter . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek verstaan . Ek dink dit is omdat hulle verlede jaar so baie geld onder hierdie item gehad het wat hulle nie alles spandeer het nie , miskien het die gewer dit uitgevind en gee hy nou minder . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , aangesien die agbare Minister vir ons verduidelik het dat hulle ' n groter bedrag gevra het maar nie gekry het nie , is daar myns insiens nie veel wat ons daaraan kan doen nie . Ek beveel aan dat ons die subhoof aanvaar . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Omdat daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aanvaar is . (Sekretaris lees Subhoof G) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , onder item 7 , verlede

118 .

jaar was R75 000 begroot en vanjaar is daar R85 000 begroot . Verlede jaar was daar baie argumente oor hierdie saak . Vanjaar is dit presies soos verlede jaar behalwe dat dit verhoog is . Waar word hierdie omheinings gespan? As dit binne - heinings is sou ons dit gesien het . Nou word dit gesê dit is binne- en buite-heinings . Wat is die doel daarvan en waar word dit opgerig . Verlede jaar het ons dit duidelik gestel dat ons nie binne- heinings wil hê nie , nogtans is in hierdie item hier en selfs meer geld ten spyte van ons besluit . Kan daar vir ons verduidelik word wat die doel van hierdie omheinings is? MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ons is by die item oor binne- en buite- heinings . Hierdie binne- heinings is nie grensdrade nie . Dit is weidingskampe in die ooste van Luister mooi , dit is net soos die weidingskampe wat Kwanyama . by Kwaluudhi gespan is , en wat nog by Ngandjera beoog word , dit word genoem as binne- heinings . Dit is nie ' n draad soos daar tussen ons en Angola nie . Vergeet van daardie heining . U hoef nie te dink dat dit tussen ons stamgebiede gespan sal word nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop die agbare lid het verstaan wat verduidelik is . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek verstaan die verduidelikings , dit is dieselfde as verlede jaar . Wat ek nie verstaan nie is waarom dit nie duidelik gestel word dat dit weidingskampe is nie . Daar verskyn ' n paar woorde tussen hakies en daarom mag ' n mens dink daar is iets wat nie verduidelik is nie . As dit so verduidelik is soos die Minister dit gestel het , dan sou ek nie gevra het nie . Ek het gehoor die weidingskampe in die ooste van Kwanyama en in die weste van Ngandjera en ook Kwaluudhi is al klaar gespan . Waarvoor is daardie bedrag dan? Sal daar nog drade gespan word of sal daar , waar nog nie drade is nie , drade gespan word? Die agbare Minister het gesê ek moet mooi luister . Ek het wel geluister en begryp . In die toekoms moet alles asseblief verduidelik word . Sê asseblief vir ons hoeveel van hierdie kampe is voltooi , wat dit gekos het , hoeveel verlede jaar begroot is en waarom daar vanjaar so baie voor begroot is . Dit is wat ons nodig het om alles mooi te verstaan . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , in die item waaroor die vorige spreker gepraat het , is daar iets wat nie beantwoord is nie . Dit lees soos volg , omheining , binne- en buiteheinings . Die agbare Minister het geantwoord in verband met binne - heinings , dit wil sê weidingskampe . Daaris ook buite- heinings genoem . Ek wil weet wat dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering tot 2 - uur . ( DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) MINUUT NR.38 : AANKONDIGING DEUR HOOFMINISTER : HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek vra verskoning en terselfdertyd toestemming om iets te sê , al het

119 . ek gesê dat ek nie vandag iets gaan sê nie . Meneer die Voorsitter , agbare lede , soos u miskien bewus is het die Eerste Minister van die R.S.A. gister tydens ' n vergadering te Windhoek sekere sake aangeraak en genoem wat in wese my land en volk raak . Ek lees egter vir u ' n uittreksel van die Eerste Minister se toespraak . ' Ek wil ook hier herhaal wat ek reeds in die Volksraad gesê het dat leiers van Afrika wat belangstel om die gebied te besoek om hulle van omstandighede hier te vergewis , baie welkom is om dit te doen , of persoonlik of by wyse van hulle verteenwoordigers . Ek sou ook bereid wees soos ek reeds al gesê het om gedagtes te wissel met ' n komitee van O.A.E. op die grondslag van die standpunte wat ek hier uiteengesit het , maar die voorgestelde SWAPO- ROL kan ek nie aanvaar nie soos ek dit reeds ten duidelikste gestel het . As die Afrika voorsitter van die Suidwes - Komitee en die spesiale komitee van die 0.A.E. dus werklik belangstel om die vooruitgang van die volkere van die gebied met my te kom bespreek in Suid-Afrika sal ek ook die ware leiers van die volkere van die gebied vra om hulle te woord te staan , indien verder , hulle begerig is om die leiers van die volkere in hulle eie lande te ontvang ten einde eerste- handse inligting van hulle te ontvang staan dit hulle vry om hulle uit te nooi en ons sal alles in ons vermoë doen om te help om die besoek moontlik te maak . Vir die res het ons ' n ooreenkoms met die Sekretaris - Generaal Dr. aangegaan om ' n persoonlike verteenwoordiger aan te stel . Escher is aangestel . Ons is nog altyd bereid om verder met hom te onderhandel of as hy dan nie meer vir Dr. Waldheim aanneemlik is nie met hom oorleg te pleeg oor die aanstelling van ' n ander aanneemlike persoon sodat hy hom kan vergewis van die vordering van die selfbeskikkingsproses . Dit sal egter verstaan word dat ons nie VVO- toesighouding sal aanvaar nie . Die volkere van Suidwes het of hulle eie leiers reeds gekies Hulle is met reg trots op of is in die proses om dit te doen . hulle leiers , hulle instellings en hul regte , daarmee kan en mag nie gemeng word nie en Suid-Afrika sal beslis geen party wees tot sodanige inmenging deur wie ookal . As lande en volkere in die wêreld daar buite dus begerig is om ' n oplossing vir hierdie vraagstuk te vind en konfrontasie oor hierdie saak te vermy dan moet een of almal van hierdie billike voorstelle deur hulle aanvaar word . Mag ek ten slotte ' n ernstige beroep op alle lande en leiers doen om nie die vrede , rus en vooruitgang van Suidwes - Afrika te versteur nie . Kyk gerus na die chaos en ellende in sekere lande en wees verseker dat Suid-Afrika nie kans sien te same met die leiers van die gebied om toe te laat dat sodanige chaos en ellende in die gebied ontstaan nie . Daardie versekering gee ek andermaal onomwonde aan die gebied en sy mense . '

Meneer die Voorsitter , dat die Eerste Minister van is om sy deel by te dra ten volk in S.W.A. op vreedsame sonder inmenging te bestaan

agbare lede , dit is dus baie duidelik die Republiek van Suid - Afrika bereid einde te verseker dat elke erkende wyse die geleentheid gebied word om Ek onderskryf die en te ontwikkel .

120 . standpunte gestel deur die Eerste Minister van die Republiek van Suid-Afrika en wil dit baie duidelik stel dat ek ook nie bereid is om my land en volk te regeer onder die toesig van die VVO nie . Ons is ' n vry land en die Regering is daar gestel deur die Owambovolk wat ' n verantwoordelike volk is en wat presies weet wat hulle wil hê en hoe hulle regeer moet word . Ek sal nie iets doen wat spanning in die hand werk nie en is bereid om my deel by te dra om oplossings te vind waar nodig , maar dit moet onthou word dat Owamboland is vir die Owambos . Dankie . MINUUT NR.39 : BESPREKING VAN BEGROTINGS POS 7 WORD VOORTGESIT : VOORSITTER : Agbare lede , ons het gehoor en verstaan wat vir ons voorgelees is en ons gaan voort met ons bespreking van Subhoof G. LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ons is besig met subhoof G. Vanaf items 1 tot 4 word gepraat van die aankoop van saad en kunsmis , vir verkoop aan diegene wat dit wil koop . Ek het alreeds verneem dat die amptenare van hierdie departement alles in hulle vermoë gedoen het om die beste sade vir Owambo te kry . Hulle het gesê omdat die grond in Owambo vol sout is , is daar baie sade wat nie hier sal ontkiem nie . Ons het ons mahangu en kafferkoring . Wat het die amptenare gedoen om ons mahangu en kafferkoring te verbeter sodat ons beter oeste kan kry ?

Hoeveel maal het die amptenare vir Wambo's vergaderings gehou en aan hulle verduidelik hoe mahangu gesaai moet word , en wat het hulle gedoen om die beste mahangu- saad te kry sodat die Wambo's die beste mahangu kan saai ? In hierdie papier wat ek in my linker hand het , is die vrae wat ek aan hierdie departement gestel het . Onder andere het ek gevra omtrent die beste saad en kunsmis , maar die antwoord daarop was dat hulle nie die beste saad kon kry nie maar daar is wel kunsmis . Ek wil graag wees , as daar kunsmis is , waar is dit te vind en hoe word dit verkoop? As daar kunsmis is , hoekom is dit nie na die stamkantore gestuur nie sodat die stamsekretarisse vir die mense kan sê dat daar kunsmis is en enigeen wat dit wil hê kan dit by die stamkantoor gaan koop . Kunsmis is iets nuuts vir die Wambo's en hulle weet nie hoe om dit te gebruik nie . Miskien kan ' n persoon te veel of te min in sy land gooi . Hoekom het die amptenare van die departement nie iets daaromtrent gedoen nie? Die departement van Landbou raak al die Wambo's . Daarom verwag ons dat die departement vir ons belangrike werk moet doen , want hulle help met daardie werk wat ons reeds ken . Een van my vrae wat ek aan die departement ge stel het , was - hoekom gebeur dit altyd wanneer iemand se beeste siek is , en hy gaan na die departement om dit te rapporteer , dat daar nooit iemand gaan kyk aan watter siekte die beeste ly nie? Al wat gedoen word , is om te vra hoeveel beeste het gevrek? Al antwoord wat ek van die departement gekry het , - daar is nie veeartse nie . Ek weet die landbouvoorligters en opsigters is nie veeartse nie . Hoewel dit die geval is , is dit hulle wat die inentings doen en die mense inlig , soos hulle name self aandui .

Dit sal vir ons beter wees as ' n amptenaar self gaan kyk aan watter siekte die beeste ly sodat hy dit aan die eienaar van die beeste kan bekendmaak en die departement iets daaraan kan doen .

121 . Ek het verder gevra , as die amptenare dan nie gaan kyk aan watter siekte die beeste ly nie , waar kan ons dan self medisyne gaan koop? Hulle het my verwys na F.C.U. wat meer as 250 kilometer Hulle het gesê dat hiervandaan is , as ook ' n ander firma B.S.B. dit daar is waar jy medisyne vir beeste kan koop , terwyl ons die Kan hierdie departement departement van Landbou in ons midde het . nie ' n klein voorraad medisyne vir ons beeste aanhou nie ? Item 3 handel oor die onderhou van lewende hawe . Ek het by Kavango gesien dat daardie mense hulle vee goed en behoorlik versorg . Ek het in Kavango gesien dat die amptenare van die Departement van Landbou rondgaan en die beste bulle vir die eienaars van die beeste wys . Hulle sê dan daardie bul is goed en daardie een is nie goed nie . Die bulle wat nie goed is nie , word dan gekastreer . As gevolg daarvan is daar twee tot drie jare net die beste bulle in die Kavango oor . Hoeveel maal het die amptenare van hierdie departement van Landbou in Owambo rondgegaan en vir die mense gewys watter bulle goed is en watter nie ? Ek het gehoor dat die departement een bul aangekoop het , en hulle verwag om later meer te kry . Ek weet daardie bulle sal nie vir die hele Owambo voldoende wees nie . Dit sou vir ons baie beter gewees het as dié departement vir ons gewys het watter bulle uit ons eie kudde die beste is sodat ons die bulle kan gebruik terwyl ons wag op die ander bulle wat ons later van Ogongo af gaan kry . Dit word verwag dat die amptenare van hierdie Departement van Landbou hard sal werk omdat landbou in Owambo so belangrik beskou word . As ons kyk na item 1 tct 4 , die inhoud waarvan amper elke dag ccr Radio Owambo gehoor word , dan wonder ons wat doen die departement , want oor Radio Owambo hoor ons dat as jy goeie saad het dan sal jou oeste so en so goed wees , maar ons kan dit nie doen nie , want ons besit nie die saak ensovoorts wat genoem word nie . Oor Radio Owambo word ook gepraat van weidingskampe maar alles wat daar gesê word , is dinge wat baie hoër is as ons standaarde terwyl ons nie ingelig of gewys word hoe om dit te gebruik nie . Die beste metode is om vir ' n persoon te wys hoe om dit te gebruik en om vir hom te vertel wat hy daarmee moet gaan doen . Meneer die Voorsitter , ek versoek die agbare Minister en sy amptenare om asseblief in die gebied rond te gaan en vir ons te kom wys hoe ons moet boer . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is steeds oop vir die Raad om te bespreek . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , baie van die punte wat ek wou noem is reeds deur vorige sprekers genoem . Ek gaan net ' n versoek aan die agbare Minister van die Departement van Landbou rig . Kan die agbare Minister nie ' n gebou in Owambo laat oprig waar ons medisyne kan kry vir ons vee nie ? Ek self het probleme ondervind want my beeste het gevrek en ek het dit toe gaan rapporteer sonder enige resultate . Een van die beeste se gal was opgeswel en ons het gesê dit is galsiekte . En toe ek na die veearts gegaan het , het hy gesê ons is nie in besit van medisyne daarvoor nie , en ek moes maar self medisyne gaan koop . In plaas van regte medisyne , het ek entstof vir honde gekry , alhoewel ek entstof vir beeste gaan soek het . Hulle het gesê dat hulle nie veeartse in Owambo het nie .

122 . Ek wil nou die agbare Minister vra dat daar vir ons medisyne gekry moet word vir gebruik in Owambo medisyne wat ons self kan koop . ' n Persoon wat self inenting kan doen gaan dan net die entstof koop om self sy beeste in te ent . Ek gaan nou oor sekere woorde wat in item 3 en item 10 voorkom praat . In albei tale , Ndonga en Kwanyama , staan onderhoud van lewende hawe . Item 10 sê onderhoud van lewende hawe . In die Ndongataal word dit vertaal soos in item 3 onderhoud maar in Kwanyama staan iets anders wat beteken - genesing . Het die vertaler miskien ' n fout begaan of wat beteken dit? Die woord onderhoud in Ndonga in item 10 moet net verander word , en dit moet wees soos in Kwanyama . In item 7 word daar gesê buiteheinings . In Ndonga moet die woord ' buite'gewysig word . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , ek is nogsteeds by item 3. Ek gaan iets oor item 3 sê , maar dit gaan verskil van dit wat Item 3 handel oor onderhoud van deur die vorige spreker gesê is . lewende hawe . Om lewende hawe te onderhou is om weidingskampe te maak en water vir die vee te vind . Hierdie departement het kampe Ek gemaak maar die water wat ons so nodig het , is nie daar nie . het reeds gesê dat daar nie water in die suidelike deel van Ndonga , Ngandjera en Kwambi - stamgebiede is nie . Wat baie belangrik is , is om eers genoeg water vir die vee te kry . Daar is baie plekke waar daar water gevind kan word en daar moet net boorgate geslaan word . As daar genoeg boorgate is , kan die vee genoeg water kry . Vanjaar is daar ' n groot skaarste aan gras en water vir die vee . In die plekke wat ek in die suide genoem het , is genoeg gras maar daar is nie water nie . Ek versoek die departement om asseblief daarna te kyk en boorgate daar te slaan sodat daar water vir ons vee kan wees , want daar is genoeg gras . Nadat die departement gevind het dat daar in die suidelike deel van die Ngandjera- stamgebied brakwater is , het hulle nie weer verder gegaan met die slaan van boorgate nie . Daar is ook baie plekke waar vars water is , en dit is nie leuens wat ek vertel nie . As u die mense wat daar woon vra sal hulle vir u wys waar daar lekker water gevind kan word . Dit is dan my versoek dat hierdie departement asseblief moet poog om water in daardie dele wat ek genoem het te kry sodat daar genoeg water kan wees . Om net ' n klomp drade te span en kampe te maak kan ek nie verstaan nie , dit is nie nodig nie . Die belangrikste is om water te kry . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID JOHANNES KWEYO : Meneer die Voorsitter , ek is nog by subhoof G. Ek wil net aan die agbare Minister van die departement om verskoning vra , want hy het nie vir ons ' n skriftelike toespraak gegee nie en dit is waarom ons buite orde praat . Die agbare Minister het gister gesê dat hy plekke soek waar daar water gevind kan word , maar hy is nie die persoon wat die damme bou nie . As ek reg onthou het die agbare Minister gesê dat .. .. VOORSITTER : Agbare lid , u sal later geleentheid kry om verder te praat . Ek verdaag hierdie vergadering nou vir 15 minute .

123 . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE)

VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van subhoof G en ek versoek nou die laaste spreker om sy toespraak voort te sit . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek wil iets verduidelik oor die onderhoud van lewende hawe . Die lewende hawe waarvan hier gepraat word , is die lewende hawe by Ogongo . Dit is daardie vee wat onderhou moet word . Ek wil die agbare lid Hihulifua wat oor kunsmis gepraat het nou antwoord . Kunsmis word na die stamkantore gestuur voor vier landbouopsigters diens doen . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lid , u kan u toespraak voortsit .

LID JOHANNES KWEYO : Meneer die Voorsitter , my gedagtes het ' n bietjie deurmekaar geraak maar nogtans sal ek probeer om my toeIn sy toespraak het die agbare Minister spraak voort te sit . gesê dat dit baie goed gaan by Mahanene en in die ooste . Verder ' n Mens kan nie verhet hy gesê dat hy nie ' n veearts het nie . staan hoe dit goed kan gaan as hy nie ' n veearts het nie , want Hy het nou sy departement het te make met akkerbou en veeteelt . net verduidelik dat hierdie onderhoud waarvan hier gepraat is , die onderhoud van lewende hawe by Ogongo is . Nou weet ek nie , of ons besig om oor Ogongo te praat of is ons besig om te praat tot voordeel van die hele volk? Die agbare Minister het gesê dat hy nie die persoon is wat damme bou nie , hy soek net plekke waar damme gebou kan word . Daar stem ek met hom saam , want ons regering het ook ' n departeNou weet ek nie of die departement van Werke ment van Werke . iets sal doen as dit nie beplan is nie . Meneer die Voorsitter , baie van die agbare lede het oor boorgate gepraat en die agbare Minister het gesê dat baie van die water vol sout is . As al die water in Owambo vol sout is , kan daar nie ' n ander plan gemaak word nie? Ons het baie oor die radio gehoor dat ' n pyp water Het die agbare van Ruacana na die binneland toe sal bring . Minister so beplan dat vee en mense water moet kry? Ek is net daar waar hy gesê het hy is nie die persoon wat die werk doen nie , hy beplan net . Die agbare Minister het gesê dat die lewende hawe wat hier Nou wil ek graag genoem is , die lewende hawe by Ogongo is . weet , wat van die veearts waarvan hy melding gemaak het , is dit ' n veearts wat hy by Ogongo nodig het of is dit ' n veearts wat te doen sal hê met die vee van die Wambo's . Item 7 oor omheining in die binneland moet ons glo wat hier geskryf is ? Dat dit omheining is binne en buite Owambo , is dit waar ? Hierdie Raad het voorheen hieroor gepraat terwyl daar nog nie ' n Kabinet was nie . Ons het elke keer gevra , binne en buite , wat beteken daardie twee woorde eintlik? En die antwoord daarop wat altyd moenie daaroor bekommer nie , want die omheinings word net gemaak vir diegene wat dit verlang . Aangesien ons nie op die hoogte van sake is nie , sien ons net dat daar drade gespan word en ons Dankie , meneer weet nie waarom daar draad gespan word nie . die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking .

124 . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek versoek dat die woord ' buite ' geskrap word , want dit is ' n drukfout . Dankie . VOORSITTER :

Agbare lede , die subhoof is nog oop vir bespreking .

LID ALBERTINA KWEENDA : Meneer die Voorsitter , ek is nog by subhoof G , item 1. Dit handel oor die aankoop van saak en kunsmis . Ek gaan nou twee punte noem . Ek is baie dankbaar vir die kunsmis , want kunsmis is goed . Toe ons ' n praatjie oor die radio wat gegaan het oor kunsmis gehoor het , het ons so probeer doen soos gesê was . Ons het hierdie kunsmis in ons saailiande gegooi en die plante daar het baie beter gegroei as voorheen . Daardie jaar het ons baie mahangu gekry . Daaroor is ek baie dankbaar en ek versoek dat die hele volk kunsmis moet kry . Ek wil ' n versoek rig aan die agbare Minister van Landbou in verband met kunsmis en saad , want tot dusver het ons nie saad gekry nie . Indien moontlik moet die agbare Minister vir ons verduidelik waar ons die saad kan kry . My verdere versoek is dat die agbare Minister vir ons vergaderings moet hou waar hy vir ons kan verduidelik wat landbou beteken . Die agbare Minister moet dan al die vrouens van die volk bymekaarmaak en vir hulle wys en verduidelik hoe ons die sade moet saai , en hoe die volk die kunsmis moet gebruik , want die saad en kunsmis is ons volk se grootste rykdom . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , onder subhoof G is Ek daar een item wat ek nie goed verstaan nie en dit is item 7 . kan nie verstaan wat hierdie item beteken nie . Die agbare Minister het wel gesê dat een woord geskrap moet word maar nogtans kan ek nie verstaan nie , want die item bestaan uit woorde en die woord is binne - heinings . Ek weet dat die agbare Minister nie self die draad gaan span nie , daar is werkers wat die werk gaan doen . Daardie werkers gaan net kragtens die besluit van hierdie Huis optree . As daardie werkers volgens die besluit van hierdie Huis gaan werk , met ander woorde as hierdie Huis nou hierdie item gaan aanvaar , dan gaan hulle die werk doen soos dit hier geskryf staan , en as hulle eers begin span kan ons niks teen hulle doen nie . Al was die verduideliking gewees dat die woord ' binne ' nie beteken dat dit grense tussen die verskillende stamgebiede is nie , maar die werkers gaan net kyk wat hier gesê is en hulle gaan drade span en niemand het die reg om iets daarteen te sê nie . Daar is gesê dat daar nie grense gespan sal word tussen verskillende stamme nie , as dit dan so is dan moet die hele item geskrap en duidelik herskryf word , want as ons dit hier aanvaar dan sal daardie werkers voortgaan om draad in die binneland te span . Ek voel dat as ons nie almal ten gunste van hierdie item is nie , hoe kan ons dit aanvaar ? As dit aanvaar word sal baie van ons teleurgestel wees . Ek voel dat aangesien baie van ons nou twyfel en nie ten gunste van hierdie item is nie , dit gewysig of selfs geskrap moet word . Volgende jaar kan dit dan duidelik gestel word . Want soos dit geskryf is , so sal die werkers optree . Dankie , meneer die Voorsitter .

125 . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog altyd oop vir bespreking . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , as ek reg onthou was item 7 verlede jaar soos volg verduidelik . As ons praat van omheinings in die binneland dan bedoel ons daardie draad aan beide kante van die teerpad , van Oshivelo tot by Ruacana . As ons praat van die omheinings buite dan word daar bedoel die weidingskampe in die ooste en weste van Owambo . Die agbare Raad was tevrede met hierdie verduideliking . Die omheinings binne is dan die draad aan beide kante van die teerpad en die buite is die weidingskampe . As dit dan dieselfde verduideliking is , dan behoort dit duidelik te wees . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , die verduideliking wat gegee is deur die agbare lid wat nou gepraat het , kan ek nie onthou nie . Ek weet dat ons verlede jaar baie gepraat het van die draad wat van Oshivelo af moet kom . Ek onthou nie dat ons gesê het die draad aan beide kante van die grootpad die binneheinings is nie . Ek was baie tevrede toe ek die verduideliking van die agbare Minister van hierdie Departement gehoor het , want ons het getwyfel toe ons gehoor het dat hier gepraat word van binne en buite- heinings . Die agbare Minister het self gesê dit is ' n drukfout . Hy het verder gesê dat wat hier bedoel word , is net om weidingskampe in die ooste en weste te span , maar die woord ' buite ' moet geskrap word , en die woord is al deur die Raad geskrap . Ek het toe gesê as dit weidingskampe is , dan sou ek nie baie hieroor gepraat het nie . Die agbare Minister van hierdie departement het gesê ons hoef nie te twyfel nie , die woord ' buite ' moet ons skrap . Ek wil die agbare Minister bedank want dit is die eerste keer dat ek in hierdie Huis sien dat ' n woord geskrap word waarmee ons nie tevrede is nie . Ek weet dat volgende jaar met hierdie begroting , sal hierdie item anders wees , dit sal duidelik wees dat dit weidingskampe is wat gespan sal word vir diegene wat dit versoek . Hier is gesê dat daar in verskillende stamgebiede al wiedingskampe gespan is , en dus lyk dit vir my ons kan maar hierdie bedrag aanvaar soos dit is , want daar gaan nog mense wees wat gaan vra dat daar vir hulle kampe gespan moet word .

Ek voel dat ons nou weet wat alles beteken en daarom kan ons die bedrag aanvaar sodat die mense wat verdere versoeke vir weidingskampe rig dit kan doen . Ek het reeds ' n vraag gestel waarop ek nog nie antwoord gekry het nie , en my vraag is , hoeveel kampe is reeds gespan met daardie bedrag van R75 000. Hoewel ek nie ' n antwoord gekry het nie , verlang ek dat later vir ons gesê sal word hoeveel kampe met hierdie bedrag van R85 000 gemaak is . In die toekoms moet aan ons verduidelik word hoeveel kampe daar gemaak is sodat ons kan weet wat daar gedoen is met hierdie bedrag wat ons aanvaar het . Ek voel dit is nie meer nodig om verder oor hierdie item te stry nie , want aan ons is verduidelik wat die posisie is , en daar is niks verder om te bespreeek nie . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is steeds oop vir die Raad om te bespreek .

126 . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ons gaan in die kantoor kyk hoeveel kampe daar gespan is sodat ons dit vir u kan sê . Dit sal vir u duidelik wees nadat u die getal gehoor het . Dankie , meneer die Voorsitter .

LID ANANIAS KAMANYA : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om oor item 1 te praat , dit wil sê waar daar gepraat word van sade wat gesaai word . Dit is baie noodsaaklik dat goeie saad gesaai moet word , want die grond is klein en die getal mense en vee vermeerder daagliks . Ons is ook verbied om bome uit te kap sodat ons verder kan ploeg . ' n Deel van die veld is afgekamp as weidingskampe vir vee . ' n Deel van die veld is vir die wilde diere afgekamp . Die beste sade moet verkry word vir ons om te plant sodat daar genoeg voedsel kan wees . As nuwe sade vir ons gebring kan word , sal ons baie tevrede wees . As ons by die verskillende skole rondgaan , sal ons sien dat daar duisende kinders is en wanneer hulle groot geword het sal daar nie genoeg plek vir hulle wees om huise te bou nie . ' n Paar sal hulle huise bou waar die grond baie onvrugbaar is . Die grond wat ons tot sover bewerk is besig om uitgeput te raak . Baie van die sprekers het gesê die amptenare van hierdie departement moet in die gebied rondgaan en vir die mense verduidelik hoe geplant moet word en by watter grond die verskillende sade die beste pas . Ek gaan ook praat oor item 3 , onderhoud van lewende hawe . Die departement het te doen met beeste . Die rykdom van ' n Wambo is mahangu en beeste . ' n Wambo besit nie myne nie , sy enigste myn is koring en beeste . ' n Wambo sal skrik as hy hoor van die vernietiging van sade of van vee . Hierdie Departement moet bedank word vir wat hy die afgelope jare gedoen het . Ons behoort hierdie departement te bedank want hulle het ons gesond gemaak , want die beeste was besig om uit te sterf . Hierdie departement het ' n baie groot en belangrike werk gedoen . Die departement wat vee versorg moet ook ' n veearts hê wat die vee behandel . Daar is wel dinge wat nie vir die volk bevredig het nie , maar die volk moet onthou dat die Departement baie goeie dinge gedoen het . Die departement het gesorg dat daar baie vir die fabrieke wat in Owambo gebou word , is . In daardie fabrieke sal nie mense nie , maar slegs beeste doodgemaak word . Al weet ons dat hierdie departement baie beloftes gemaak het , baie wat hy nie sal nakom nie , weet ons verder dat hierdie departement vir ons ook goeie dinge gedoen het . Dit is vir my ' n groot eer om te hoor dat daar vir ons beeste weidingskampe gemaak en boorgate geslaan word . Toe die Wambo nog nie klere gehad het nie , het ons voorvaders die velle van beeste gedra as klere totdat ons hierdie klere gekry het . (Gelag ) VOORSITTER : Agbare lid , u kan maar verder praat , die mense het opgehou met lag . LID ANANIAS KAMANYA : Ek gaan nou oor item 7 praat , omheinings . Daar was daardie soort heinings wat nou geskrap is en wat die harte van die Wambo's baie seer gemaak het . As die volk hoor dat die woord ' buite ' geskrap is , sal hulle baie tevrede wees . Daar is baie heinings wat ons beeste beskerm . Daardie drade moet gespan word en as dit moontlik is , moet dit so gou as moontlik klaar kom . Daardie heinings het baie probleme opgeklaar en beskerm ook ons vee . Baie mense het baie beeste verloor en hulle

127 . gaan nooit weer hulle beeste terugkry nie en dit was omdat daar nie heinings was nie . Terwyl ons hier sit en praat , en dink dat ons beeste nog daar is en lekker loop en wei , kan dit wees dat ons beeste klaar verdwaal het . Vir die ou man is ' n omheining ' n baie goeie ding want sy beeste is net in daardie kamp en dit is nie nodig om hulle op te pas nie . Baie van die kinders wat beeste opgepas het , pas nie vandag meer beeste op nie , hulle gaan nou skool toe . Ons sal baie tevrede wees as die Minister vir ons belowe dat hy nog verdere weidingskampe gaan span . Daar is seker mense wat teen die span van sodanige drade is omdat ons ook in die Elke huis het ' n omheining . Die omheining kampe gaan val . beskerm sy vee en verhoed dat diewe inbreek en in die huis kom steel . Die grensdraad tussen ons en Angola het verhoed dat ons beeste oorgaan . Kampe of omheinings is dinge wat ons graag wil hê . Ons moet nou geleentheid aan die agbare Minister gee sodat hy daar boorgate kan slaan en weidingskampe kan span . Dit is harde werk hierdie wat ' n lang tyd neem . Ons hoop dat die agbare Minister volgende jaar vir ons sal kom sê wat hy gedoen het . Die agbare Minister moet asseblief nie moedeloos wees nie want die mense stel net vrae omdat dit hulle raak . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid u het langer as 30 minute gepraat . lede , die subhoof is oop vir bespreking .

Agbare

MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ons het nou lank genoeg oor hierdie subhoof gepraat . Wat ons harte in item 7 seergemaak het , was net daardie woord en nie die bedrag self nie , dit is nou reggemaak . Ons weet nou dat daardie geld bestee gaan word om weidingskampe te maak . Ek stel voor dat hierdie subhoof so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter .

' n sekondant asseblief . LID OSWALD ANDOWA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Agbare lede ,

VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek wil net iets sê oor hierdie subhoof . Dit is nie ' n teenvoorstel nie , maar ek wil net ' n verduideliking hê . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID RAKEL AMUNYELA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , hande asseblief . Agbare lede , ek sien u Ek verklaar nou dat wil nie hê dat die agbare lid mag praat nie . Ek versoek die Sekrehierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . taris om die volgende subhoof te lees .

(Sekretaris lees Subhoof H ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê oor Verlede jaar item 2 wat handel oor toegangspaaie en voorbrande . was daar R4 100 voor begroot , maar vanjaar is daar net R2 000. Ek Baie keer het ons het verlede jaar ook oor hierdie item gepraat . gevra dat daar genoeg water in die veld moet wees , maar ons het vergeet dat daar ook genoeg gras moet wees . Alhoewel dit in werklikheid so is dat ons sonder die hulp van die departement vir ons

128 . water kan bekom is dit ten opsigte van gras nie die geval nie . Ek het verlede jaar gesê die departement moet brandpaaie in die hele gebied maak sodat die droë gras nie maklik aan die brand kan Ek het gevoel dat die geld nie genoeg is nie . Die deraak nie . partement het geantwoord dat daar ' n swaar masjien by Kwaluudhi is wat dadelik kan begin om hierdie paaie te maak . Daardie masjien het twee weke gelede by Ngandjera aangekom . Ons veld in Ngandjera het verlede jaar baie sleg gebrand terwyl die masjien altyd in Kwaluudhi - stamgebied was . Baie keer as ek daar kom het ek gevind dat daardie masjien uit orde was . Toe ek met die amptenare by die departement gaan praat het , het hulle gesê dat die bestuurder van die masjien onbekwaam is en nie die masjien goed kan bestuur nie . Hulle gaan binnekort ' n ander bestuurder kry . Ons het verlede jaar nie baie omgegee nie omdat die reën goed was en daar volop gras was . Maar vanjaar het ons ' n slegte jaar gehad . Vanjaar was die reën nie genoeg nie en die agbare Raad stem saam met my . Daar is plekke waar glad nie reën geval het Dit is moontnie en die mense daar het glad nie eens geplant nie . lik dat daardie masjien vandag nog uit orde is terwyl die gras droog en baie skaars is . Ek voel dat hierdie departement meer geld êrens moet kry , miskien onder die ander items soos die oor watervoorsiening wat nie gebruik word nie . Met die geld kan hulle masjiene koop sodat toegangspaaie en brandpaaie gemaak kan word , of die departement kan ander masjiene gaan leen by die departement van Werke . ' n Sekere agbare lid het nou vir my ' n briefie gestuur en gesê dat daardie masjien uit orde is . Ek het gesien dat bedrae vanaf een item na ' n ander geskuif kan word . Ek dink ons het al items gehad waarvoor baie groot bedrae begroot is en wat nie gebruik sou word nie . Miskien kan die departement geld van daardie items leen en by hierdie een voeg sodat daar genoeg masjiene vir die maak van toegangspaaie en voorbrande gekoop kan word . Met hierdie woorde wil ek dit net duidelik aan die agbare Minister stel dat die waarde van gras baie groter is as die van water , want vir water kan ons self sorg . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir bespreking . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê oor item 1 onder hierdie subhoof H. Voordat ek begin vra ek verskoning omdat ek terwille van duidelikheid sal moet teruggaan na item 7 . Die rede hoekom ek dit noem is omdat baie van ons sleg gevoel het omdat hulle nie weet wat daar gedoen is nie , hulle weet nie hoeveel daardie weidingskampe is wat gespan is nie . Onder Item 1 van subhoof H is daar ' n vermeerdering van geld . Hierdie ding raak die mense baie en ek versoek die departement om die inwoners na die plek waar sulke werk gedoen is te neem sodat hulle self kan sien wat alles daar gedoen is . As ek met die pad na Oshivelo ry sien ek daar is ' n proefplaas , maar as ek die mense van Ndonga vra of hulle weet daar is ' n proefplaas dan glo ek nie hulle weet daarvan nie . Daar in die Kwanyama - stamgebied het ek ook ' n proefplaas gesien . Daardie proefplaas is lankal daar , by Onuno . Dit is nie aan die lede van die Wetgewende Raad van Kwanyama getoon nie . As ek daar verby ry dan sien ek dat daar bome geplant is wat peule dra wat eetbaar is , ' n boom waarvan die vrugte baie lekker vir

129 . beeste is . Om hierdie departement te beskerm moet hulle ' n paar lede van die Raad na plekke waar hulle werk gedoen het neem sodat ons op die hoogte van sake kan wees wanneer ons weer iets hier bespreek , dan sal ons die departement kan beskerm want daar sal Die rede waarom baie van ons wees wat weet wat daar gedoen is . ons so baie praat is nie omdat ons hierdie departement haat nie maar dit is omdat baie van ons nie weet wat deur hierdie departement gedoen word nie . My versoek is dat aangesien hier baie geld vir daardie werk begroot is moet aan ' n paar van ons gewys word wat daar gedoen is sodat ons die departement in die toekoms kan beskerm en verdedig . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek wil net iets byvoeg by wat die vorige spreker gesê het . Ek wil ' n verder versoek rig dat die agbare lede van die Huis geneem moet word na al die plekke waar daar boorgate geslaan is sodat hulle dit self kan sien en na al die weidingskampe wat gespan is , sodat hulle self kan sien hoe daardie kampe is . Dit sal meebring dat wanneer hulle van daardie werk wat gedoen is terugkeer , sal hulle haat verander sodat hulle dit aan die volk duidelik kan stel wanneer hulle die volk toespreek . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID FESTUS AMUKWA : Meneer die Voorsitter , ek is nog by item 2 onder subhoof H. Ek het eintlik opgestaan om die agbare Minister van hierdie departement te bemoedig . Ek wil net sê dat die toegangspaaie en voorbrande baie belangrik is want die paaie beskerm die veld wanneer die veld aan die brand raak . Ek onthou dat ons verlede jaar in ' n voertuig gery het na ' n plek wat genoem word Okasisi . Ons het gevind dat die veld aan die brand geraak het . Hierdie paaie het ons beskerm . As daar nie paaie was nie dan sou ons self sowel as die voertuig uitgebrand het . Daarom sê ek dat hierdie toegangspaaie en voorbrande baie goed is want dit beskerm ook mense . Wat ek verder aan die agbare Minister wil sê is dat hy dadelik moet begin werk soos ' n ander lid reeds gesê het . As hy dan nie genoeg masjiene het nie moet hy by ander departemente gaan leen . Die agbare lid het gesê dat vanjaar ' n droë jaar is , dit is waar , die agbare Raad stem saam met my . Ek weet dat daar ' n groot skaarste aan gras by die verskillende plekke is . Daarom versoek ek die agbare Minister om so gou moontlik toegangspaaie te maak sodat die veld nie kan afbrand nie . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is nog oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , vir my is hierdie subhoof baie duidelik , baie lede het hieroor gepraat en al die foute wat daar was , is klaar genoem en ek stel nou net voor dat dit so aanvaar moet word soos dit is . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

130 . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . Aangesien daar nieVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? mand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof J) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nou oop vir bespreking . LID HERMAN SHONGOLO : Meneer die Voorsitter , ek wil iets vra oor item 2 onder subhoof J. Daar is ' n bedrag van R100 begroot vir hierdie opknappingskursusse . Dieselfde bedrag was vir verlede jaar ook begroot . Word hierdie kursusse gehou vir die mense wat by Ogongo skoolgaan of is dit vir mense wat uit die volk geneem word om hulle te leer? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ons het verlede jaar glad nie ' n kursus gehou nie en dit is hoekom die bedrag vanjaar dieselfde is as verlede jaar . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is steeds oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , item 1 onder hierdie subhoof sê - landboukollege lopende koste . Die bedrag vir hierdie Ek het gehoor item verlede jaar was baie hoër as die van vanjaar . Ek het nie verwag dat daar vanjaar meer mense is as verlede jaar . dat die bedrag verminder sal word as daar meer mense is nie . Miskien kan die agbare Minister vir my verduidelik hoekom dit so is . Is daar miskien gevind dat die geld onnodig was of het dit baie goedkoper geword , of wat is die posisie ? Ek sal dit baie waardeer as die agbare Minister vir my kan verduidelik . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , aangaande hierdie item waaroor die agbare lid Peter Kalangula gevra het , wil ek net sê dat ons verlede jaar te veel begroot het , ons het uitgevind dat dit te veel was en dit is hoekom die bedrag verminder is . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lid nou verstaan het .

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , dit is vir my duidelik dat ons verlede jaar te veel geld onnodig uitgegee het . Die mense het verlede jaar te veel geld gevra sonder dat hulle vasgestel het hoeveel geld hulle gaan bestee . Later het hulle vasgestel dat hulle verlede jaar te veel geld gevra het , en al is daar vanjaar meer mense is die bedrag minder as verlede jaar . Aangesien dit nou vir ons duidelik is dat die departement ' n bedrag gevra het wat genoeg behoort te wees vir dit wat gedoen moet word , voel ek dat dit nie nodig is om iets verder te sê nie , en ek stel voor dat dit so aanvaar word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot more - oggend om 10- uur . ( DIE HUIS VERDAAG TOT DONDERDAG 22/5/75)

131 . DONDERDAG

22

MEI

1975 .

MINUUT NR.40 :

Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.41 : NOTULE VAN 21/5/75 GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Raad om gister se notule te lees . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Agbare lede ,

' n bevestiger en sekondant asseblief .

LID MALAKIA IITULA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Ek versoek ' n bevestiger en sekondant asseblief . LID JACKIE ASHIPALA : Meneer die Voorsitter , ek bevestig dat hierdie notule aangeneem moet word soos dit is . Dankie . VOORSITTER : Ek vra ' n sekondant asseblief . LID TITUS KAAPANGELWA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat gister se notule korrek is . Ek versoek die agbare Hoofminister om sy aankondigings te maak , indien enige . HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskap ontvang nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek wil net afkondig dat die agbare Ondervoorsitter nie vanoggend teenwoordig is nie . Hy het dringende besigheid en het ' n boodskap gestuur dat hy sal kom sodra hy klaar is .

MINUUT NR.42 : DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT WORD BESPREEK EN AANVAAR :

BEGROTINGS POS 7

VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met begrotingspos 7 van die Departement van Landbou en Bosbou . Ek sal die Sekretaris versoek om subhoof K te lees . Agbare lede , ek verdaag die vergadering vir ' n kort rukkie maar ons gaan nie uit nie , ons bly in ons sitplekke en kyk na die kaart wat hier voor ons is . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek versoek die agbare Voorsitter en die agbare lede om die Sekretaris toe te laat om na die kaart wat daar hang te gaan en aan die agbare lede te wys wat daar aangaan . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek gee aan die Sekretaris geleentheid om die kaart aan u te wys . Agbare lede , nou gaan ons pouse kry . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met begrotingspos nr.7 , subhoof K.

(Sekretaris lees subhoof K ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , Subhoof K gaan oor water en ons het so pas op daardie kaart wat daar hang gesien dat water

132 . baie noodsaaklik is . Hier het ek en die departement gesien dat daar iets gedoen moet word in verband met watervoorsiening . Dit spreek vanself dat daar verhoging van die bedrae onder hierdie item moet wees . Daar moet iets gedoen word om nuwe bronne te vind en ek vra of die agbare lede wat nie verstaan het nie , of hulle nou verstaan . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid , u het ' n vraag oor hierdie item gevra . verwys u vraag na die agbare Minister om aan u te verduidelik .

Ek

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , hierdie nuwe projek behels tien nuwe boorgate wat geslaan moet word . VOORSITTER : Ek hoop die agbare lid het verstaan . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , dankie vir die inligting wat ek van die agbare Minister gekry het . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID ALBERTINA KWEENDA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê oor subhoof K - Landbou- en Ingenieursdienste , en wel oor die voorsiening van nuwe waterbronne . Dit is baie goed om nuwe bronne te vind want ins ons land het ons mense dit nodig . Ons probeer om ander werk te vind omdat ons nie almal van landbou kan leef nie . Werksgeleenthede is vir ons volk baie skaars en dit sal goed wees as die Minister van Landbou en Bosbou vir ons volk meer proefplase sal aanlê waar proewe gedoen kan word . In die suide van ons stamgebied is daar twee plekke wat geskik is vir die verbouing van graan . Ek gaan hierdie plekke noem naamlik Afa Ondyamba , Okathima Kaalwinga , Omapale , Oshiku Shiilhilonde . Al daardie plekke is vrugbaar vir die plant van graan . Meneer die Voorsitter en agbare Minister , ek vra dat proefplase by sulke plekke gemaak moet word . Die Regering oes daardie graan en koring en kan dit dan verkoop en die Regering kan die geld daarvoor kry . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek is nog by subhoof K. Ek is seker hierdie Huis het genoeg oor hierdie subhoof gepraat . Ek stel voor dat die Huis dit moet aanvaar soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan om te sekondeer nie . Ek vra dat die agbare Minister my moet toelaat om iets te sê . VOORSITTER : Dit is moontlik . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek wil stil staan by item 2. Toerusting van boorgate en putte . Waar ek vandaan Partykom , het ek gesien dat boorgate baie maklik uit orde gaan . keer is dit net ' n klein dingetjie wat verkeerd is en wat verhoed dat die beeste water kry . Die mense wat die reparasiewerk doen kom gewoonlik laat om dinge reg te maak terwyl daar nie ander boorgate is waar daardie vee kan drink nie . Daar is ook nie ' n telefoon of radio sodat ' n mens ' n dringende boodskap kan stuur nie . Dit veroorsaak dat al die beeste by een boorgat bymekaar kom , want die ander boorgate se masjiene is gebreek en hulle kan nie daar gaan drink nie . Jy sal vind dat die mense wie se masjiene gebreek het , nie water kry nie . Ek wil net vra dat besoeke afgelê word by die verskillende boorgate in Mbalantu . Ek het ' n amptenaar van die departement ontmoet , ek sal nie sy naam noem nie , wat weet

133 . dat die masjiene maklik breek , maar tog gaan hy nie na al die boorgate om die masjiene reg te maak nie . Dit kan miskien binne twee of drie dae reggemaak word sodat beeste en mense nie so swaar Ek hoop die agbare Minister sal werk daarvan maak . Met kry nie . ander woorde sekondeer ek . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek het niks anders om te sê oor hierdie subhoof nie , ek wil net iets sê voordat hierdie begrotingspos klaar afgehandel is . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID ISRAEL JONA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , hande asseblief . toestemming om te praat .

Agbare Minister , u het

MINISTER FRANS IINDONGA : Meneer die Voorsitter , ek wil net aan die agbare Minister ' n versoek rig in verband met die lê van pype dwarsoor Owambo . Ek wil die agbare Minister vra om asseblief toe te sien dat die Wambo's die geleentheid moet kry om die werk in verband met die lê van die waterpype dwarsoor Owambo te doen . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat nog iets wil sê ? LID ANANIAS KAMANYA : Meneer die Voorsitter , ek is nog by subhoof K, watervoorsiening . VOORSITTER : Agbare lid , u moes die Raad gevra het of u mag praat . LID ANANIAS KAMANYA : Meneer die Voorsitter , mag ek toestemming kry om iets te sê . VOORSITTER : ' n Sekondant asseblief . LID TITUS HAMATUMBANGELA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Hande asseblief? Agbare lid net 10 uit ' n moontlike 77 lede is ten gunste daarvan dat u toegelaat word om te praat en dus verval u versoek . Aangesien hierdie subhoof gesekondeer is , versoek ek die Sekretaris om die opsomming te lees . (Sekretaris lees opsomming ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om repliek te lewer . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek bedank die Raad omdat hy soveel aandag aan die bespreking van die subhoofde en items van my Departement gegee het . Uit bespreking van hierdie Raad het ek verskillende aanbevelings gekry wat ek sal opvolg . Voordat ek gaan versoek dat dit deur die Raad aanvaar moet word , is daar ' n paar dingetjies wat ek graag wil sê na aanleiding van dit wat deur twee lede gesê is . Ek onthou dat daar ' n lid was wat gesê het dat daar ' n paar klerke is wat nie hulle werk behoorlik doen nie . Ek stem nie met hom saam nie , omdat ek bewus daarvan is dat al die klerke , blankes sowel as Wambo's hulle werk doen . Een agbare lid het gesê dat daar sekere bome is wat uitsterf . Dit is daardie langbessiebome (gwarriebome ) . As daar medisyne was om te verhoed dat die bome doodgaan , sou daar al medisyne gewees het wat sou keer dat mense ook doodgaan . Mense sou net oud geword het en nie gesterf het nie . Ek versoek die Raad om die begrotingspos van my departement te aanvaar soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

134 . VOORSITTER : Agbare lede , word hierdie begrotingspos deur die Raad aanvaar? Omdat daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die begrotingspos van die Departement van Landbou en Bosbou deur die Raad aanvaar is . MINUUT NR.43 : DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT - BEGROTINGSPOS NR . 2 WORD BESPREEK : VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met Begrotingspos 2 , Departement van Binnelandse Sake . Agbare lede , ek verdaag die sitting vir vyf minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR VYF MINUTE ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Hoofminister om iets te sê . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ter inligting wil ek aan u bekend maak dat die wetgewing wat die besoek van Wambo's aan die suide reël , nou sodanig gewysig is dat persone wat in die volgende kategorieë val en wat in besit van registrasiekaarte is , na die suide kan reis sonder die noodsaaklikheid om eers reispermitte by die kantoor van die Gebiedsmagistraat te Ondangwa uit te neem : ' n Wambo polisiebeampte of bode terwyl hy in diens van die (a ) regering is mits hy in besit is van ' n indiensnemingsertifikaat geteken deur die hoof van die departement waarin hy werksaam is .

(b )

Enige Wambo aan wie ' n sertifikaat van vrystelling deur die Administrateur van Suidwes - Afrika onder die hand van die Sekretaris van Suidwes - Afrika toegestaan is .

(c )

Enige Wambo sendeling of onderwyser .

(a )

Enige Wambo in diens van ' n blanke werkgewer terwyl hy sodanige werkgewer vergesel .

(e )

Enige Wambo wat behoorlik geattesteer is of wat na die Republiek reis om so geattesteer te word vir diens in die militêre magte van die Republiek of Suidwes - Afrika en terwyl hy vergesel word en onder beheer is van ' n offisier of onderoffisier van die militêre magte .

(£)

Enige Wambo wat in besit is van ' n paspoort , permit of identifikasiedokument of reisdokument wat aan hom uitgereik is deur en die endossement dra van ' n Paspoortbeheerbeampte of enige ander beampte daartoe gemagtig deur die Minister van Bantoe -administrasie en -ontwikkeling , wat die teenwoordigheid van sodanige Wambo in Suidwes - Afrika of die Republiek vir die tydperk en doeleindes daarop aangedui , magtig .

(g )

' n Lid van die Owambo Wetgewende Raad .

(h)

' n Kaptein of hoofman behoorlik erken of aangestel as ' n kaptein of hoofman of as waarnemende kaptein of hoofman .

(i) (j )

' n Beampte in diens van die Owambo Wetgewende Raad . ' n Beampte in diens van ' n stamowerheid of gemeenskapsowerheid .

( k)

' n Beampte van ' n streeksowerheid .

( 1)

In Politieke leier wat as sodanig erken word .

135 . Dit is noodsaaklik dat burgers van Owambo wat in gemelde kategorieë val , hulself as sulks moet kan identifiseer . Om enige misverstande wat daar in hierdie verband mag ontstaan uit te skakel , is daar gereël om identiteitsdokumente wat jaarliks hernubaar sal wees , aan persone wat onder die betrokke kategorieë val , uit te reik . Die dokumente sal deur die Sekretarisse van die betrokke departemente en die Gebiedsmagistraat te Ondangwa uitgereik word . Persone wat daarvoor kom aansoek doen , sal die nodige dokumentêre bevestiging moet kan voorlê as bewys dat hulle wel onder een of ander van die gemelde katergorieë val . As voorbeelde kan ek meld aanstellingsbriewe as Wetgewende Raadslede , Kapteins , hoofmanne , onderwysers , sendelinge , polisiebeamptes , bodes , ensovoorts . Soos wat ek alreeds gesê het moet sodanige persone in besit van registrasiekaarte wees . Indien hulle nog nie in besit van registrasiekaarte is nie maar wel geregistreer is en oor tydelike registrasiedokumente beskik sal hulle ook in aanmerking kom vir die identifikasiedokumente mits hulle ' n foto van hulself saambring . Die fotos sal dan op die tydelike registrasiedokumente aangebring word en met ' n amptelike kantoorstempel gestempel word . Die doel hiervan is om identifikasie te vergemaklik en om te voorkom dat daar enige probleme in die suide ontstaan . Soos u sal opmerk is handelaars nie in die kategorieë wat ek genoem het nie . Ek kan bevestig dat vertoë gerig is om hierdie kategorie van handelaars ook in die lys van vrystellings in te sluit . Sodra dit gedoen is , sal ek ' n aankondiging daaromtrent doen. Ten slotte wil ek ' n beroep op die burgers van Owambo wat in die betrokke katergorieë val doen om nie die regte wat nou aan hulle toegeken word te misbruik nie . Tydens hul besoeke aan die suide moet hulle hul soos eerbare burgers van Owambo gedra . Hul gedrag moet te alle tye onberispelik wees en hulle moet hul land Dankie . se naam hoog hou . Ek vra hul heelhartige samewerking .

VOORSITTER : Agbare lede , u het gehoor wat verduidelik is . Ons gaan voort en begin met die begrotingspos van die departement Ek sal die agbare Minister van Binnelandse van Binnelandse Sake . Sake vra om die begrotingstoespraak van sy departement voor te lees . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter en agbare lede , daar word vir ' n bedrag van R905 000 onder die begrotingspos Binnelandse Sake vir die huidige finansiële jaar begroot . Hierdie bedrag is R350 000 meer as die bedrag wat vir die vorige jaar Die vermeerdering is hoofsaaklik toe te skryf aan begroot was . die feit dat die bedrag wat vir maatskaplike pensioene voorsien Sy Edele die Hoofminister het alreeds is , meer as verdubbel is . die hoogtepunte van die afgelope jaar soos wat dit my departement aangaan , aan u geskets en sal ek dit nie weer hier herhaal nie . Vervolgens behandel ek die verskillende subhoofde van my departement se begroting afsonderlik en sal ek terselfdertyd ook ' n aanduiding gee van die doelstellings van my departement vir die huidige finansiële jaar .

136 . SUBHOOF A :

Voorsiening met R10 700 vermeerder na R36 200 :

Die vermeerdering in die bedrag is toe te skryf aan addisionele poste wat geskep is , poste wat deur blanke gesekondeerde beamptes ontruim is en deur Wambo beamptes gevul is , en die normale jaarlikse salarisverhogings . Die getal poste op die vaste diensstaat van my departement is met 2 vermeerder na 36 . Daar is ook ' n her - indeling van poste gemaak ten einde by die behoeftes van my departement aan te pas . So byvoorbeeld is die getal poste van Eerste klerk vanaf 2 na 1 verminder , Klerk graad I vanaf 3 na 2 en tiksters vanaf 5 na 4. Die poste van Klerk graad II is weer vanaf 3 na 7 vermeerder en ' n addisionele pos van Senior klerk is geskep . Dit is vir my ook ' n genoeë om te kan meedeel dat die volgende afdelings van my departement uitsluitlik uit Wambo- amptenare bestaan en behartig hulle self die werk daaraan verbonde slegs met die leiding van senior blanke beamptes waar nodig : (a ) Die voorrade en magasyn afdeling . ( b ) Die Bevolkingsregistrasie afdeling . ( c ) Die Personeelafdeling . Tot dusver kon nie daarin geslaag word om geskikte Wambos te vind vir aanstelling in die departement se welsynafdeling as Maatskaplike werkers of werksters nie . Dit word vertrou dat sodanige personeel hierdie jaar gewerf sal kan word . Ook was dit nie moontlik om ' n gekwalifiseerde blanke maatskaplike werker vir toewysing aan Owambo te bekom nie . Hierdie beampte sou die taak hê om die welsynsafdeling van die departement in werking te stel en die Wambo maatskaplike werkers of werksters op te lei . Ek kan egter met blydskap meld dat die Departement van Bantoe-Administrasie en -ontwikkeling goedgunstiglik ingestem het om die dienste van maatskaplike werkers op sy diensstaat tot beskikking van my departement te stel . Hierdie beamptes sal waardevolle en noodsaaklike hulp kan verleen met betrekking tot die versorging van oues - van- dae , blindes , gebreklikes , kindersorg , voorkoming van drankmisbruik , gesins verwaarlosing , ensovoorts . Daar word ook nog probleme ondervind om geskikte Wambo applikante vir aanstelling in die Regeringsdiens te kry . Spesiale pogings gaan hierdie jaar aangewend word om sodanige personeel te werf . SUBHOOF A.2 :

Voorsiening met R5 280 vermeerder na R31 180)

Onder hierdie subhoof , vind ons die nie - geklassifiseerde poste , dit wil sê , tydelike personeel . Voorsiening word gemaak vir die normale uitbreiding van die departement se werksaamhede en normale jaarlikse salarisverhogings . SUBHOOF A.3 : Voorsiening bly R500 . In die lig van uitgawes in die vorige jaar blyk dit dat die bedrag wat voorsien is , voldoende vir die huidige jaar sal wees . SUBHOOF A.4 :

Voorsiening bly R120 .

Hierdie is ' n toelae wat aan my Privaatsekretaris betaal

137 .

word .

Dit bly elke jaar dieselfde .

SUBHOOF A.5 : Voorsiening met R1 150 vermeerder na R6 100 . Voorsiening word hier gemaak vir die normale toename in die getal beamptes aan wie vakansie -besparingsbonusse betaal sal moet word .

SUBHOOF A.6 :

Voorsiening met R8 330 verminder na R50 .

Die pensioendraende toelae van 17 % van salarisse wat aan Wambo beamptes gedurende die vorige finansiële jaar betaal is , is nou by hul salarisse ingeskakel en is voor begroot onder subhoofde A.1 en 2. Die noodsaaklikheid om onder hierdie subhoof vir so ' n toelae voorsiening te maak , val dus nou weg . Slegs ' n nominale bedrag om die item oop te hou , is voorsien .

SUBHOOF A.7 : Voorsiening bly R50 . Die personeel Advieskomitee het tot dusver nog nie gefunksioneer nie en dit word ook nie voorsien dat dit gedurende die huidige jaar ingestel sal word nie . Tans word die funksies wat so ' n komitee veronderstel is om te behartig , doeltreffend deur die Regeringsdienskommissie gelewer . Slegs ' n nominale bedrag om die item oop te hou , word gevolglik voorsien . SUBHOOF A.8 : Voorsiening met R2 000 vermeerder na R10 400 . Afgesien van die normale diensstaat uitbreidings , word voorsiening ook gemaak vir personeel vir die grensbeheerpos wat tans te Oshivelo opgerig word en die laaibank wat te Ruacana beoog word . Hierdie dienste sou alreeds verlede jaar voorsien gewees het maar is ongelukkig weens onvermydelike omstandighede vertraag . SUBHOOF B.1 :

Voorsiening met R700 verminder na R4 500 .

Voorsiening word gemaak vir die betaling van verblyftoelaes aan beamptes van my departement wat in die normale uitvoering van hul pligte , weg van hul hoofkwartiere moet werk . Hier word byvoorbeeld gedink aan inspeksies , ondersoeke , opleiding ensovoorts . Hier kan veral gedink word aan die mobiele volksregistra siespanne en die welsynswerkers of werksters wat aangestel mag word . Die beamptes se pligte is van so ' n aard dat hulle baie van hul hoofkwartiere afwesig moet wees . Dit word nie voorsien dat daar meer as 3 welsynswerkers / sters gedurende die jaar gewerf en aangestel sal kan word nie . Daar was in die verlede vir verblyfkoste ten opsigte van al 7 poste op die diensstaat begroot gewees . Dit word nou verminder na verblyfkoste vir die 3 welsynsposte . SUBHOOF B.2 :

Voorsiening met R200 vermeerder na R17 350 .

Voorsiening word gemaak vir vervoer vir beamptes van my departement ten einde hul normale pligte weg van hul hoofkwartiere behoorlik te kan uitvoer . Hier word ook weer gedink aan inspeksies , ondersoeke , opleiding , samesprekings met ander instansies ensovoorts . Afdelings van die departement wat baie van vervoer gebruik sal maak , is die van volksregistrasie en welsyn .

138 . Daar word ook voorsiening gemaak vir die vervoer van Wambo personeel van die Regeringsdienskommissie tussen Ondangwa en Oshakati . Hulle woon te Oshakati maar werk te Ondangwa . As gevolg van ' n tekort aan behuising kan hulle ongelukkig nie nou te Ondangwa gehuisves word nie . Die posisie sal moontlik binne die afsienbare toekoms verbeter . Die verhoging van die bedrag is te wyte aan die normale uitbreiding van die departement se werksaamhede . SUBHOOF B.3 : Voorsiening met R400 vermeerder na R6 350 . Voorsiening word gemaak vir die vervoerkoste van films en uitrusting wat vir die bevolkingsregistrasie gebruik word . Ook word voorsiening gemaak vir die vervoerkoste van kantooruitrusting en meubels , skryfbehoeftes en papier wat vir die drukkery van my departement benodig word . Vervoerkoste ten opsigte van beamptes van die regeringsdiens wat van een plek na ' n ander oorgeplaas word , word ook deur hierdie subhoof gedek . Die vermeerdering van die bedrag is as gevolg van die normale uitbreiding van die departement se werksaamhede . SUBHOOF C.1 :

Voorsiening bly R100 .

Voorsiening word vir die koste van telegramme gemaak . uitgawe bly min of meer konstant . SUBHOOF D.1 :

Die

Voorsiening met R7 000 verminder na R25 000 .

Voorsiening word gemaak vir die aankoop van papier vir drukwerk . My departement behartig die drukwerk van al die regeringsdiens se departemente . Die bedrag voorsien is met R7 000 besnoei omrede daar gedurende die vorige jaar ' n groot voorraad drukpapier aangekoop is en dit voorsien word dat minder papier in die loop van die huidige jaar aangekoop sal hoef te word . SUBHOOF D.2 : Voorsiening bly R10 coo . Voorsiening word gemaak vir die aankoop van skryfbehoeftes vir al die departemente van die regeringsdiens . Volgens die uitgawes in die vorige jare in die verband , behoort die bedrag wat voorsien is , in die behoeftes vir die huidige jaar te voorsien . Daar is ook ' n goeie reserwe van voorrade opgebou .

SUBHOOF D.3 :

Voorsiening bly R50 .

Voorsiening word gemaak vir die plasing van advertensies in koerante , ensovoorts in verband met my departement se werksaam hede soos byvoorbeeld advertering van poste , bekendmaking van beurse ensovoorts . Die bedrag wat onder hierdie subhoof vir die vorige jaar voorsien was , was voldoende . Daar word gevolglik vir die huidige jaar weer dieselfde bedrag voorsien . SUBHOOF D.4 :

Voorsiening bly R250 .

Voorsiening word gemaak vir die aankoop van publikasies wat in verband met my departement se werksaamhede benodig word , byvoorbeeld boeke of geskrifte oor welsyn , kindersorg , alkoholisme ensovoorts . Die bedrag wat vir die vorige jaar voorsien was , was voldoende . Daar word dus nou weer vir dieselfde bedrag begroot .

139 . SUBHOOF E.1 :

Voorsiening met R16 100 verminder na R12 000 .

Voorsiening word hoofsaaklik gemaak vir instandhoudingskoste van kantooruitrusting en meganiese arbeidsbesparende hulpmiddels . Ook word voorsiening gemaak vir die vervanging van verslete of gebreekte en onherstelbare uitrusting soos tik- en optelmasjiene . Dit word ook beoog om ' n bindmasjien met bybehore te koop ten einde bindwerk in die departement se drukkery te kan doen , byvoorbeeld die inbind van wetshandboeke . Die bedrag van verlede jaar was baie hoër as die bedrag wat nou voorsien word omdat daar verlede jaar vir heelwat grotere uitrusting begroot was . Dit was beoog vir die uitbreiding van die departement se drukkery en hulpmiddels wat vir die onderskeie departemente nodig was . Hierdie uitgawe is nie weer in die huidige jaar nodig nie . Uitgawes gedurende hierdie jaar sal min of meer normaal wees . SUBHOOF E.2 :

Voorsiening bly R100 .

Hierdie is ' n toelae wat aan my beskikbaar gestel word vir die doel om amptelike gaste of besoekers van elders te onthaal . Die bedrag bly elke jaar dieselfde . SUBHOOF E.3 :

Voorsiening bly R100 .

Hierdie is ook ' n toelae wat aan die Sekretaris van my departement beskikbaar gestel word vir die doel om amptelike gaste of besoekers van elders te onthaal . Die bedrag bly ook elke jaar dieselfde . SUBHOOF E.4 :

Voorsiening met R2 850 verminder na R400 .

Voorsiening word gemaak vir die betaling van premies deur my departement ten behoewe van sy Wambo werknemers aan die Ongevallekommissaris ingevolge die Ongevalleskadeloosstelling Wet nr.30 van 1941. Die jaarlikse premies betaalbaar sal nie meer as die bedrag waarvoor nou begroot word , bedra nie .

Daar was in die vorige jaar foutiewelik begroot vir die werklike bedrae wat aan werknemers uitbetaal moet word by ongeHierdie uitbetalings word deur die Ongevallevalle op diens . kommissaris gedoen uit die fonds waartoe alle werkgewers ( ingeDit is slote my departement ) jaarliks bydra (premies betaal ) . dan ook die rede waarom die bedrag onder hierdie subhoof drasties verminder is . SUBHOOF E.5 :

Voorsiening met R700 verminder na R100 .

Hierdie bedrag word voorsien vir die doel om enige uitgawes wat nie onder een van die ander subhoofde geklassifiseer kan word nie , te dek . Die bedrag is verminder omdat dit geblyk het dat daar in die verlede oorbegroot was . SUBHOOF E.6 : Voorsiening bly R300 . Hierdie fondse sal aangewend word waar nie - Owambos soos byvoorbeeld Hereros , Ovahimbas , Damaras , ensovoorts vanuit Owambo gerepatrieër moet word terug na hul tuislande . Daar kom baie min van hierdie gevalle voor en is die bedrag wat voorsien word , voldoende . Ter inligting wil ek meld dat waar Wambo's vanuit gebiede buite Owambo terug na Owambo gerepatrieër moet word , die

140 . koste daaraan verbonde deur die betrokke instansie (byvoorbeeld die Administrasie van Suidwes - Afrika , skeie munisipaliteite , ander tuislande ens . ) gedra inagnemende dat daardie instansies die repatriasie uit hul gebiede verlang .

SUBHOOF E ; 7 :

buite Owambo die ondermoet word, van die Wambos

Voorsiening met R20 000 verminder na R7 500 .

Voorsiening word gemaak vir die aankoop van meublement en toebehore vir die normale uitbreiding van departemente van die regeringsdiens se diensstate . Ook word voorsiening gemaak vir die vervanging van verslete en beskadigde meublement en toebehore wat onherstelbaar is . Die bedrag aangevra word as voldoende beskou . Die bedrag wat vir die vorige boekjaar begroot was , was baie hoog omdat daar voorsiening gemaak moes word vir addisionele meubels en toebehore vir die arbeidsburo , die departemente van Onderwys , Werke , Ekonomiese Sake , Finansies en die Regeringsdienskommissie . Ook was ' n bedrag van ongeveer R12 000 aangewend vir die aankoop van meubels en toebehore vir die 7 Ministers huise te Oshakati .

SUBHOOF E.8 :

Voorsiening bly Rl 500 .

Hierdie bedrag sal aangewend word om meublement en toebehore van die regeringsdiens te herstel . Waar verslete of stukkende meublement en toebehore herstel kan word , val die noodsaaklikheid om nuwes in die plek daarvan te koop weg . Besparings word dan teweeg gebring . Die bedrag aangevra is voldoende . SUBHOOF E.9 : Voorsiening met R3 000 vermeerder na R25 000 . Voorsiening word gemaak vir die koste in verband met die registrasie van die bevolking . Alhoewel die tempo van registasie nou min of meer normaal is , blyk dit daar in die verlede onderbegroot was . Die bedrag word gevolglik ietwat vermeerder . SUBHOOF E.10 : Voorsiening met R19 650 vermeerder na R25 000 . Hierdie bedrag word begroot vir bydraes wat deur my departement aan die pensioen- en voorsorgfondse betaal moet word . Die bedraes word gemaak ten behoewe van Owambo beamptes van al die departemente wat permanent in die Owambo regeringsdiens se diens is (uitgesonderd onderwysers vir wie voorsiening deur die departement van Onderwys gemaak word . ) Die bydraes word tot die pensioen- en voorsorgfondse gemaak ten einde te verseker dat die betrokke beamptes wanneer hulle eendag aftree , ' n redelike pensioen sal ontvang . Daar was in die vorige jaar totaal onderbegroot gewees en is dit die rede waarom die bedrag nou aansienlik verhoog is . Die algemene salarisaanpassing van 10 % wat ' n tydjie gelede aan alle Wambo amptenare toegestaan is , het ook meegebring dat die bedrag verhoog moes word . SUBHOOF E.11 :

Voorsiening met R500 vermeerder R1 500 .

Hierdie bedrag sal aangewend word vir die aankoop van brandkaste en brandkluise vir die verskillende departemente van die Regeringsdiens . Met die uitbreiding van die regeringsdiens se

141 . werksaamhede is meer sodanige uitrusting nodig , vandaar die verhoogde bedrag . SUBHOOF E.12 :

Voorsiening met R2 000 verminder na R10 800 .

Uit hierdie fondse sal studiebeurse aan inwoners van Owambo wat verder wil gaan studeer na matriek , toegestaan word . Ek is jammer om te sê dat die aanvraag na studiebeurse in die verlede baie swak was . Hierdie jaar is daar byvoorbeeld voorsiening gemaak vir meer as 20 beurse . Slegs 10 aansoeke daarvoor is egter tot dusver ontvang en toegestaan . In die lig hiervan is die bedrag onder hierdie subhoof verminder . Sou dit egter gebeur dat daar ' n groter aanvraag na beurse is as waarvoor die bedrag onder die subhoof voorsiening maak , sal die nodige addisionele fondse gevind kan word .

SUBHOOF E.13 :

Voorsiening met R19 900 verminder na R100 .

Fondse onder hierdie subhoof is bedoel vir die hou van verkiesings . Omdat die laaste algemene verkiesing nou onlangs (Januarie 1975 ) plaasgevind het , is dit onwaarskynlik dat ' n algemene verkiesing weer in die loop van die huidige finansiële jaar gehou sal word . Die bedrag is gevolglik drasties onder hierdie subhoof verminder . In die geval van tussenverkiesings as gevolg van die bedanking of afsterwe van verkose lede van die Wetgewende Raad , sal die nodige fondse spesiaal vir dié doel aangevra word . SUBHOOF F.1 , F.2 en F.3 :

Voorsiening met R385 900 vermeerder na R661 900 .

Hierdie fondse word benodig vir die betaling van ouderdoms , blinde en ongeskiktheidspensioene . Omdat daar baie inwoners was wat vir sodanige pensioene gekwalifiseer het maar dit nie ontvang het nie , is daadwerklike pogings sedert Augustus verlede jaar aangewend om die posisie reg te stel . Die welslae wat behaal is kan gesien word in die volgende syfers . (a )

Einde Augustus 1974 was daar ongeveer 2 700 pensioenarisse in Owambo .

(b)

Einde April 1975 was daar oor die 5 700 mense wat in ontvangs van pensioene was .

(c )

Die getal pensioenarisse is dus binne ' n tydperk van 8 maande meer as verdubbel .

Daar word nog volstoom voortgegaan om aansoeke van inwoners wat vir pensioene kwalifiseer te ontvang . Dit word verwag dat die getal pensioenarisse nog gedurende die huidige finansiële jaar tot 10 000 sal styg . Dit is dan ook die rede waarom die bedrag onder hierdie subhoof so drasties verhoog is . SUBHOOF F.4 :

Voorsiening met R100 vermeerder na R1 000 .

Hierdie bedrag is bedoel om bystand aan inwoners wat hulpbehoewend is te verleen . Hierdie hulpbehoewende persone het byvoorbeeld nie familie wat na hulle kan omsien nie en is nie in ontvangs van ' n pensioen nie . Dit is met ander woorde persone wat geheel en al deur die gemeenskap verstoot is en geen heenkome het nie . Weens ouderdom of een of ander rede kan hulle ook nie werk nie . Sodanige persone word dan onder hierdie subhoof gehelp totdat hulle ' n pensioen kan kry of ' n ander heenkome gevind het .

142 . Daar was in die verlede baie min sodanige gevalle . Die Wambos is familievas en sorg vir hul gesinne en afhanklikes . Daar word nietemin voldoende begroot vir hierdie doel . Veral wanneer my departement se welsynsafdeling eers in werking is , sal hierdie fondse tot ' n groter mate aangewend kan word . SUBHOOP P.5 :

Voorsiening bly R100 .

Hierdie bedrag is slegs nominaal en bedoel om die subhoof oop te hou . In Owambo bestaan daar nog nie verbeteringskole , kinderhuise , ouetehuise , ensovoorts nie . Daar word ook nog nie op hierdie stadium subsidies vir welsynsdienste betaal nie . In die afsienbare toekoms mag fondse wel onder hierdie subhoof benodig word . Dit sal veral die geval wees wanneer my departement se welsynsafdeling in werking tree . SUBHOOF P.6 : Voorsiening met R100 vermeerder na R1 000 .

Hierdie bedrag is bedoel om aangewend te word in gevalle waar inwoners van Owambo as gevolg van nansionale natuurrampe soos byvoorbeeld oorstromings , brande , langdurige droogtes , ensovoorts in die nood verkeer en hulp moet kry totdat die ramp toestand en gevolge daarvan verby is . Om hul nood in sulke tye te verlig , word die inwoners van die rampgebied in staat gestel om werk te aanvaar ten einde in hul basiese behoeftes ( kos en klere ) te kan voorsien . So reël die regering byvoorbeeld dat paaie , damme ensovoorts met hande arbeid gemaak word . Baie mense van die betrokke noodgebied kan dan so in diens geneem word ten einde die noodtoestand te verlig . So ' n reëling is natuurlik net tydelik totdat die noodtoestand verby is . Sodanige toestande kom baie selde in Owambo voor . wat voorsien is , word as voldoende beskou .

Die bedrag

SUBHOOF G.1 en G.2 : Voorsiening met R4 000 verminder na R800 . Fondse onder hierdie subhoof is bedoel om aangewend te word waar Wambo inwoners hervestig moet word . As voorbeeld kan genoem word die geval by Ruacana waar plakkers in ' n rudimentêre dorp In die dorp word gesuiwerde water voorsien en sanihervestig is . têre geriewe is beskikbaar . Dit is in teenstelling met die onhiDie hergiëniese toestande waaronder die mense eers geplak het . vestiging van die plakkers te Ruacana is nou so te sê afgehandel . Ander plekke soos in die omgewing van Oshakati en Ondangwa sal later aandag geniet .

SUBHOOF H :

Voorsiening bly R100 .

Slegs ' n nominale bedrag word voorsien om die subhoof oop te hou . Sentra vir die opleiding en indiensneming in handvlytwerk Sovan liggaamlik gestremdes , bestaan nog nie in Owambo nie . danige sentra mag wel alter gestig word en word die subhoof daarvoor oopgehou . Wanneer my departement se welsynsafdeling eers funksioneer , sal hierdie aangeleentheid daadwerklike aandag geniet . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nou oop vir die Raad om in beginsel te bespreek . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil my dank betuig

143 . teenoor die agbare Minister van hierdie Departement omdat hy sy departement se sake so duidelik uiteengesit het . Ek sien dat hierdie departement vandag baie gelukkig is , want die agbare Hoofminister het vandag iets goeds in verband met hierdie departement aangekondig . Dit is hierdie departement wat te make het met reisdokumente van Wambo's wat buite Owambo gaan besoek aflê . In die toespraak van die Minister is gesê dat daar ' n sekere bedrag begroot is vir die amptenare of werkers wat as wagte by Oshivelo of die grenshekke werk . Die ding wat ' n Wambo baie seer maak is wanneer hy uit Owambo gaan , of wanneer hy terugkom . Dit is eintlik die behandeling wat die blankes en die nie - blankes by die hek kry . ' n Nie-blanke , wanneer hy die land verlaat word baie sleg behandel en ook weer wanneer hy na sy eie tuiste terugkom . Die Wambo's word gestoot en gestamp en hulle besittings word deurmekaar gemaak . Dit maak nie saak of hy ' n fout begaan het al dan nie , ek voel dat die stotery en stampery glad nie nodig is nie . Dit gebeur dikwels by Oshivelo dat die Wambo's mishandel word , ' n man word gestoot en gevloek voordat hy gevra is om sy reisdokumente te toon . Gewoonlik vind die Wambo dit baie moeilik om uit Owambo te gaan selfs wanneer reisdokumente aan hom uitgereik is . Ek het reeds gesê dat die departement vandag baie gelukkig is , want die probleme in verband met die reisdokumente is opgelos . Hoewel dit so is , is daar nog baie mense wat dieselfde moeilikhede gaan ondervind , dit wil sê wat nie in die toespraak van die Hoofminister gemeld is nie . Met ander woorde , wanneer ' n Wambo sy reisdokumente by die kantoor op ONdangwa gaan afhaal sal hy nog in ' n lang ry moet gaan staan waar hy ' n lang tyd sal moet wag voordat die dokumente aan hom uitgereik word , en daarna gaan hy weer te Oshivelo in ' n lang ry staan . Byna elke week hoor u van klagtes , dinge wat gebeur het toe die Wambo's besig was om uit Owambo te gaan of terug te kom . Ek het al baie keer gehoor dat daar gesê was dat hierdie dinge reggemaak sal word , maar die verhouding tussen die Wambo's en die mense by Oshivelo word steeds slegter en slegter . Baie Wambo's sê ons Regering doen niks nie , ons het baie klagtes ingedien maar ons word nog mishandel en die Regering doen niks daaraan nie . Ek het gesien dat hierdie agbare Minister al die items mooi uiteengesit het en dit is miskien ' n bewys dat hierdie Regering nou diep gaan dink hoe om al die mense te help . Die agbare Minister het op bladsy 2 gesê - ek kan egter in my blydskap meld dat die departement van Bantoe-Administrasie en -ontwikkeling goedgunstiglik ingestem het om die dienste van maatskaplike werkers op die diensstaat tot beskikking van my departement te stel . Hierdie beamptes sal waardevolle en noodsaaklike hulp kan verleen met betrekking tot die versorging van oues van dae , blindes , gebreklikes , kindersorg , voorkoming van drankmisbruik , gesinsverwaarlosing ensovoorts . Dit spreek van self dat hierdie departement hom bemoei met die versorging van verskillende mense onder die hele volk . Die agbare Minister het gesê dat hy ook ' n sekere bedrag begroot het vir brandstigting of enige gevaar wat mag voorkom . Hierdie departement het dit ook goed gedink om te sorg dat oues van dae , blindes en ongeskiktes pensioene kry . Hoewel dit so is , is daar nog iets nodig en dit is die goeie verhoudings tussen mense in die binneland . Ons het verlede jaar baie keer

144 .

gesê dat daar baie moeilikhede in die land is dat Wambos deur blanke amptenare afgedank en geslaan word . Ek noem al hierdie dinge want hierdie departement is daar vir die welsyn van die inwoners van hierdie land . Hierdie departement het te make met die welsyn van almal in die binneland en daarom verlang ons dat die departement daardie probleem by Oshivelo moet probeer oplos sodat ons mense tevrede kan uitgaan en terugkom . Wat deur hierdie departement gedoen moet word is baie belangrik1 , want die Wambo's verwag dat hulle goed behandel moet word . n Wambo is nie meer ' n kind nie , hy is volwasse en hy sien self watter behandeling sleg is en watter goed is . Ek wil ' n versoek rig aan hierdie departement om die uitgaan en binnekom van die Wambo's op te hou en toe te sien dat hulle goed behandel word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE )

VOORSITTER :

Agbare lede , ons gaan voort met ons bespreking .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook die agbare Minister van hierdie departement bedank vir sy mooi uiteensetting van al die subhoofde en items onder sy begrotingspos . Alhoewel hy nie heeltemal gesond is nie , het hy sy lang toespraak geduldig tot die einde gelees . Ons is nou by ' n departement wat te doen het met mense . Dit maak nie saak watter soort mens dit is nie , ' n groot man of selfs ' n kind , maar die departement het te doen met die versorging van alle persone . Die departement wil graag hê dat elkeen in vrede moet lewe en dat hy gesond moet wees . Die vorige spreker het iets genoem wat al die mense raak . Wat die agbare Hoofminister gesê het , is op ' n goeie tydstip gesê , dit wil sê , terwyl ons besig is met hierdie departement wat te doen het met die welsyn van mense . Ek weet dat ek dit miskien nie gaan regkry om alles te sê wat ek graag wil sê in verband met die welsyn van die Wambo nie . Mnr . Shooya is die Minister van Dit blyk Binnelandse Sake en dit gaan baie goed in die binneland . uit sy toespraak dat daar baie gedoen word vir ' n Wambo in Owambo . Al is daar hier en daar foute soos die vorige spreker gemeld het , sien ons verder dat hierdie departement besig is om vir die Wambo's goed te doen binne in Owambo . Baie van ons oues van dae kry ' n bevredigende pensioen . Ons kinders is ook baie bly want daar word vir hulle ontspanning deur hierdie departement gereël , met ander woorde ' n Wambo binne Owambo voel trots en hy voel dat hy ' n mens is . Maar sodra hy uit na die grens aan die suidelike deel van Owambo gaan , dan sal u opmerk dat u as ' n Wambo nie ' n mens is nie , en met hierdie woorde wil ek aan die agbare Hoofminister sê dat wysiging van daardie wet vir my nie voldoende is nie . Ek dink dit sal baie goed wees as die departement reël dat daar groot kaarte gemaak word wat om die kapteins en hoofmanne se nekke hang sodat elkeen kan sien wie ' n kaptein of ' n hoofman is , want by Oshivelo word daardie amptenare kwaad en voordat hulle vra of die persoon in besit van ' n reisdokument is al dan nie . Gewoonlik gebeur dit dat wanneer jy jou reisdokument aan hom wil toon , dan keer hy sy rug op jou . Dit kan selfs wees dat daardie persoon ' n kaptein of hoofman is . Wanneer selfs ' n Portugees daar kom word hy baie goed behandel met ander woorde soos ' n mens .

145 . Ek het gesê dit is nie genoeg wat daar tot dusver gereël is nie . Ek voel verder dat dit nie veel sal help om so ' n groot las op hierdie Minister se skouers te plaas nie , want hy is maar net die Minister van Binnelandse Sake . As u vandag na Oshivelo gaan , die Oshivelo waaroor daar al baie gepraat is , sal u sien dat dit vandag nog baie erger daar gaan . Aan beide kante is daar doringdraad gespan en voor word daar ' n lang muur gebou sodat ' n mens nie eens weet wat daar gedoen word nie . Word daar probeer om die probleem op te los of word daar verdere moeilikheid gemaak? Owambo is nie die enigste tuisland nie , daar in die Republiek van Suid- Afrika is baie ander tuislande . Word dieselfde miskien daar op die grense van daardie tuislande gedoen , dit wil sê tussen die tuislande en die blanke gebiede? Tussen Kavango en Suidwes , is daar miskien dieselfde probleme? Bestaan dieselfde probleme tussen Kaokoveld en die polisiegebied? Die mense , die Wambo's wat nie baie probleme wil hê nie , gaan oor Kaokoveld na Suidwes . Dus , meneer die Voorsitter , versoek ek dringend dat daar gereël moet word dat daardie groot probleem opgelos moet word . Ek praat daaroor want Sy Edele die Eerste Minister van Suid-Afrika het vir ons die voorreg gegee om ons probleme self te probeer oplos . Wat baie noodsaaklik is , is die samewerking en goeie verhoudings tussen verskillende mense sodat elkeen in sy eie land in vrede kan leef . Wanneer ' n burger van een land in ' n ander land besoek gaan aflê dan moet hy ontvang word soos ' n gas . Ten slotte wil ek sê dat indien beheer werklik nodig is , dan moet die beamptes aldaar net vra vir die reisdokument , dit bekyk en vasstel wie die draer daarvan is . As daar deursoek moet word , dan moet elkeen wat daar verbygaan deursoek word . Dankie , meneer die Voorsitter . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets sê oor die departement van Binnelandse Sake . Die verklaring deur die agbare Hoofminister het my laat huiwer . Hier is iets wat ek nie kan glo nie . Dit wat oor reisdokumente gesê is , wil ek glad nie glo nie . Gedurende die jaar 1973 was ons in besit van reispermitte wat geldig was vir ses maande . Ons was in besit van daardie reis permitte tot in 1974 , maar eendag op pad Suide toe het ek ' n blanke polisieman ontmoet . Toe vra hy dat ek my reisdokument aan hom moet toon , toe ek dit aan hom toon het daardie polisieman gesê dat die dokument nie meer geldig is nie . Hy het gesê sit daardie papier terug in jou sak en gee jou identiteitskaart . Ons het ' n argument gehad en later het hy my laat gaan . Die rede hoekom ek sê dat ek nie daardie dinge wil glo nie , is omdat daardie blanke polisieman , nadat hy my laat gaan het , hier na ons kantoor in Owambo gekom het om oor die saak te gesels . Op sy pad terug het hy na my toe gekom en gesê · pasop, ek wil nie weer hier ' n bobbejaan sien wat geklee is in ' n broek nie . Nadat ek terug was in Owambo het ek verneem dat daardie reis permitte nie meer geldig was nie . Van daardie dag af was daardie permitte nie meer geldig nie . Dit is hoekom ek sê dat ek glo dat dit wat hier gesê is , nooit werklik sal gebeur nie . Hier is ook gepraat oor Oshivelo . Al hoor ek ook dat die probleem daar opgelos is , sal ek dit nooit glo nie . Ek het self vanaf 1973 tot nou toe daar probleme ondervind . Ek wil nie die polisie by Oshivelo beskuldig nie , want ek glo dat wat hulle daar doen is glad nie onwettig nie .

146 . Hoekom ek sê dat dit nie onwettig is nie is omdat ek een dag daar gekom het toe dit gereën het . Die polisie het na my kar geko Binne in sy kantoor was en my beveel om my bagasie af te laai . Omdat daar blankes wat op pad was vanaf die suide na Owambo toe . dit gereën het , het daardie polisieman kort - kort na sy kantoor teruggegaan , maar sodra ek een karton afgehaal het dat het hy gou gekom , die karton oopgemaak alles uitgegooi en dan hardloop hy Hy het al die weer terug na sy kantoor toe want dit het gereën . Ek het hom toe gevra of hy kartonne wat ek gehad het , oopgemaak . nie spyt voel omdat hy my besittings so laat natreën nie , waarop hy sy hand in sy sak gesteek , ' n pistool uitgehaal en dit op my gerig en gevra of ek van hierdie vrug wil eet wat so goed vir die Wat ek sê is die waarheid ek het dit self ondervind . Wambo's is . Terwyl hy nog met my besig was , het daar ' n blanke voertuig aangekom en toe hy sien dat die insittendes van die voertuig blankes Ek het glad nie geweet wat hy op is , het hy hulle gewys om te ry . my kar wou sien nie , miskien het hy deur middel van ' n kamera gesien dat daar op die voertuig van die blankes niks onwettig was nie , maar dat daar iets onwettigs op my voertuig was . Die grens tussen ons en die polisiegebied is iets wat ons afskrik . Ek is bang vir daardie grens net soos vir die grens tussen ons en Unita . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is oop vir die Raad om te bespreek .

LID MALAKIA LUKAS : Meneer die Voorsitter , ek wil ook die agbare Minister van Binnelandse Sake bedank , maar ek wil hom ook herinner aan ' n sekere ding wat plaasgevind het in sy eie teenwoordigheid . Dit was daar by Oshivelo . Ek en hy was op dieselfde voertuig , alhoewel hy toe nog net ' n Raadslid was en nie ' n Minister nie . Hy het ' n blanke persoon gegroet deur te sê , middag meneer . DaarNoudat hy die woorde het vir hom baie moeilikheid veroorsaak . Minister van Binnelandse Sake geword het , wil ek hom daaraan herinner dat dit nog net dieselfde daar by Oshivelo is . Daar word nie middag meneer gesê nie . Daardie blanke het gesê ons kan vir die blankes in Owambo sê - middag meneer . Ek weet nie wat die agbare Minister daaroor dink noudat hy Minister is nie . Ek is bly dat die Minister wel Minister geword het en dat hy die probleme by Oshivelo baie goed ken . Ek wil hom net daaraan herinner dat daar geen verandering by Oshivelo is nie . Dieselfde toestand heers nog altyd daar . Ons versoek nou die agbare Minister om asseblief sake te probeer verbeter . Oshivelo het vir ons baie verneder . Ek wil nie veel daaroor praat nie want die vorige sprekers het baie daaroor gepraat . Ek wil net sê dat ek die agbare Minister wil herinner aan wat daar by Oshivelo aangaan . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is oop vir die Raad om te bespreek . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek wil my dank betuig teenoor die Minister van Binnelandse Sake aangesien in sy toespraak ook melding gemaak is van Oshivelo . Oshivelo is iets wat elke Wambo raak . Die rond stotery van Wambo's daar is iets wat al die Wambo's se harte baie seergemaak het . By die vergaderings wat ons dwarsdeur die hele Owambo gehou het , het baie mense vir

147 . Is Oshivelo besig om nog die ons die volgende vrae gestel . Wambo's te verneder of word die Wambo's by Oshivelo goed behandel? Met die bespreking van Oshivelo het ons dinge gehoor Toe ek vandag hoor dat wat gedurende 1972 plaasgevind het . daar lang drade gespan word en ' n lang muur gebou word , wonder ek . Gedurende 1972 al was baie Owambo's glad nie tevrede met daardie grens nie . Daar was toe belowe dat daardie saak reggestel sou word . Dit was belowe dat die grens oor Tsintsabis en Onkoshi sou gaan , oor Ombika , oor Okahakana , Onalugondo , Okataitai en Ohinatjawa en vandaar reguit na die weste toe . Nou twyfel ek want daardie beloftes is nooit nagekom nie en nou is hulle al besig om daar by Oshivelo te bou . Sal daardie muur permanent wees of sal daar veranderings kom? As daar gewag word dat Oshivelo nog bespreek moet word , hoekom word daar nou gebou? Sal daardie muur dan so gelaat word nadat die verandering kom? Die hele volk is teen Oshivelo . As u die volk gaan vra of hulle ten gunste van Oshivelo is , sal hulle almal sê nee , Oshivelo moet verwyder word , want wanneer ons daar kom dan beteken dit net eending en dit is dat die Wambo's vir altyd verneder sal word . Die versoek van die hele volk van Owambo , is dat indien moontlik moet Oshivelo verwyder word , want die Wambo's word daar baie sleg behandel . Die Wambo- volk sal baie bly wees as hulle hoor dat Oshivelo verwyder gaan word . Hulle sal niks verder praat nie . Die volk van Owambo verlang dat Tsumeb ook in Owambo moet wees , want Tsumeb is die moeder van Owambo . Die Wambo's sê altyd dat daardie berge by Tsumeb die grens tussen die polisiegebied en Owambo is . As ons goed en mooi kyk na die topografie soos die Here dit geskape het , sal ons sien dat daardie berge ' n deurgang het wat ons as ' n deur kan beskou . Ons voorvaders het gesê dit is die grens tussen Owambo en die polisiegebied , maar die Oshivelo van vandag is binne in Owambo . Dit is blykbaar daar gemaak sodat die Wambo's verneder kan word . As u daardie Dankie , hek verwyder sal u sien dat die Wambo's tevrede sal wees . meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is nog oop vir bespreking . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , ek gaan iets sê oor die toespraak van die agbare Minister van Binnelandse Sake Die agbare Minister se toespraak is baie belangrik , want hy is die Minister oor mense . Wanneer gaan die agbare Minister vasstel wat daar tussen Owambo en Suidwes is ? Ons voorvaders , die Wambo's het sedert lank gelede tot vandat toe na Suidwes gegaan en tog is Daardie Oshivelo waarmee ons daar nog geen verbeterings nie . besig is , is iets wat die Wambo's vir ' n lang tyd al mishandel . Ek persoonlik besoek byna elke maand twee keer die polisiegebied . Daar by Oshivelo sowel as in die suide , het ek altyd die probleme genoem wat ek daar by Oshivelo ondervind het . Hoekom word die Wambo's se voertuie dan daar en selfs in die dorp deursoek? Ons het baie nie- blankes van ander tuislande ontmoet met voertuie wat volgelaai is , maar hulle voertuie word nooit deursoek nie . Is die regeerder , die baas van Owambo en Suidwes - Afrika en Suid -Afrika , dan nie dieselfde persoon nie ? As ons dan dieselfde regeerder het , hoekom is daar dan verskille tussen verskillende

148 .

mense? Vir my is dit onverstaanbaar , ons sien dit net as apartheid . Waar in die wêreld word dit gevind dat sommige mense se besittings deusoek word terwyl ander s'n nie deursoek word nie? Ek onthou dat toe ek die maand daar by Oshivelo aangekom het met ' n voertuig vol pakkies , daar was drank en pakkies klere , het hulle gesê ek moet die pakkies klere aflaai en nie die drank nie . Ek het geweier dat die drankkartonne oopgemaak moet word , want dit is moeilik om die bottels weer terug te sit in die kartonne as hulle oop is . Ons het ongeveer 10 minute geargumenteer , omdat Terwyl ek daar ek geweier het om die drankkartonne oop te maak . by Oshivelo was , het daar ' n groot vragmotor gekom wat bestuur was deur Zoeloes en Namas en hulle voertuie is glad nie deursoek nie . Daar het ook Portugese gekom met lorries volgelaai , maar hulle lorries is nie deursoek nie .

Wat het ' n Wambo dan gedoen , wat se kwaad het hy gedoen? Die apartheid wat net op Wambo's daar toegepas word , wat se soort apartheid is dit dan? Dit is nou ' n lang tyd dat ons dit ondervind . Ek lees oral in koerante dat Suidwes - Afrika , Owambo ingesluit , een land is . Hoekom is die Eerste Minister dan altyd tevrede met ons , maar die blankes wat hiernatoe gestuur is , is glad nie tevrede nie? Die Wambo's gaan dink die fout lê by die Eerste Minister self , want sy mense wat hiernatoe gestuur is , wil nie saam met ons in vrede leef terwyl hy sê dat hy met die Wambo's tevrede is .

Ons versoek dat ons leiers asseblief hierdie ding met hom gaan bespreek , sodat daar binne afsienbare tyd iets gedoen kan word . Daar is nog punte wat ek wil noem om alles duidelik aan hierdie departement te stel . Hier op papier het ek gelees dat hierdie Minister die Minister van Binnelandse Sake is , maar ek wil hoor of daar iemand is wat oor die Wambo's binne in Owambo die heerser is . Noudat ek gehoor het daar is ' n Minister binne Owambo wat aangestel is as Minister van Binnelandse Sake , wil ek graag vir daardie minister iets sê . As ek miskien buite orde is , dan moet dit asseblief aan my gesê word dat ek ' n fout begaan . Die werknemers , die Wambo's wat in die suide werk , wie is hulle hoof? Ek vra dit omdat die begroting deurgelees is en ek sien dit nêrens nie . Ek sien alles is hier in die begroting behalwe iets vir die werknemers . Ek noem dit alles al word ek buite orde gereël , dit maak nie saak nie , ek moet daaroor praat . Ek het baie keer mense van ander lande gesien ...

VOORSITTER : Agbare lid , ons is besig met dit wat die agbare Minister in sy toespraak gesê het . Die agbare lede moet asseblief praat oor wat in die toespraak is . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare lid Peter Kalangula eers antwoord . Hy het gepraat oor die departement van Binnelandse Sake . Hy het gesê dat die agbare Hoofminister se verklaring vir hom baie duidelik was . Hy het gesê dat dinge nou vir hom duidelik is . Hy het ook gesê dat hy tevrede is met my toespraak , want ek het alles uiteengesit . Moeilikhede bestaan net by Oshivelo . Daar word ' n plek by Oshivelo gebou vir ' n Wambo wat die Wambo's gaan verteenwoordig . Ek weet dat daar binnekort ' n verandering gaan wees , daar sal ' n verbetering by Oshivelo plaasvind . Daar word ook gepoog om pensioene te verbeter . Die agbare lid Toivo Shiyagaya het ook gesê dat hy

149 .

alles verstaan het . Die enigste probleem wat hy nog het is Oshivelo . aan die agbare lid wil ek net sê dat daardie probleem ook binnekort opgelos sal word , dan sal daar verder goeie verhoudings wees . Die agbare lid Johannes Andjamba het gepraat oor reisdokumente . Die wet het in die verlede nie toegelaat dat daardie soort reisdokument vir ' n lang tyd uitgereik kan word nie , maar nou is dit moontlik . Agbare lid Edward Mbango , Oshivelo kan nie weggeneem word nie want dit is die grens tussen Owambo en Suidwes - Afrik Afrika . Oshivelo moet daar wees net soos al die lande in die wêreld grense het . Amutenya Thsimwethereni , die Wambo's wat in die suide in diens geneem word , van onder die Departement van Justisie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek dank die agbare Minister dat hy aan ons sulke goeie verduidelikings gegee het . In die toespraak van die agbare Minister is daar iets wat die mense se harte baie seergemaak het en dit is wat hy gesê het oor die hek te Oshivelo . Dit het nie alleenlik die volk se harte seergemaak nie , maar ook die van hierdie Raad . Die volk van Owambo het die lede van die Raad gekies sodat hierdie Raad die probleme van die volk moet oplos . Sy Edele die Eerste Minister , mnr . Vorster , het gesê dat die volke by magte is om oor al die probleme te bespreek en al die probleme self op te los . Dit is die rede hoekom die blankes hier in ons midde is , omdat sy Edele die Eerste Minister gereël het dat hulle by ons moet wees . Ek weet dat hierdie amptenare , blanke amptenare , hier is om ons by te staan . Wanneer ons oor ' n sekere probleem praat dan moet hulle ons bystaan en ons help . Om probleme op te los het die blankes vir ons ook mediese dokters gebring . ' n Dokter kan vasstel dat ' n sekere siekte wat iemand in sy hand het , sal veroorsaak dat die hele arm besmet word as die arm nie afgesny word voor dat die siekte na die hele liggaam versprei het nie . Die arm wat vir baie dinge gebruik is , moet afgesit word , want dan is hy veilig as die arm af is . ' n Dokter voel baie jammer as hy ' n hand van ' n mens moet afsit . Sal die blankes wat in ons midde is , sal hulle enige skade ly as Oshivelo gesluit word? Dink hulle dat Oshivelo daar is om hulle te beskerm? As die hek die mense se harte seermaak , dan is dit iets waaroor baie goed gedink moet word . Daar is baie mense wat nooit tevrede sal wees terwyl Oshivelo daar is nie . Daar is baie keer oor Oshivelo gepraat maar die antwoord wat ons vandag gekry het , is dat Oshivelo vir altyd daar gaan bly . As hierdie blankes wat hier by ons is , ons vriende is met wie ons goed klaarkom en ook verstaan dat ons ontevrede is oor Oshivelo , dan moet hulle ook instem dat Oshivelo verwyder word . Ons sal altyd op hulle vertrou vir alles wat hulle verder gaan doen . As hulle net vir ons daardie dinge uit die weg ruim waaroor ons kla . As hulle nie daarop reageer nie dan weet ons dat daar nie goeie samewerking tussen ons is nie . As hierdie agbare Raad volgende jaar weer oor Oshivelo gaan praat dan sal ek nooit verstaan en glo dat daar ware samewerking tussen ons en die blankes is nie , want die blanke amptenare wat hier is , is besig om medisyne te soek vir die Wambo- volk . As ek nou hoor dat daar by Oshivelo verder gebou gaan word ,

150 . dan beteken dit dat daardie muur wat gebou word ' n muur van haat is . Ek het nog nooit gehoor dat ' n blanke enige probleem by Oshivelo gehad het nie , maar alleenlik Wambo's . Die blankes wat hier in ons midde is , het na ons toe gekom , en ons is baie dankbaa vir alles wat hulle vir ons doen . Hulle sê gewoonlik het hulle gekom om ons te help en by te staan in ons moeilikhede . Ek wil eintlik nog baie oor Oshivelo sê maar ek gaan nie verder praat nie en ek wil net sê daar mag nie gesê word dat ons Oshivelo aanvaar het of dat ons hierdie begrotingspos aanvaar het en Oshivelo ook ingesluit het nie . As daar ' n persoon is , blank of nie- blank , wat sê dat Oshivelo verwyder moet word , dan stek ek saam met hom . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is nog altyd oop vir die Raad om te bespreek . LID IMMANUAL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , die alfabet begin met A en eindig met Z. Vergun ons asseblief ' n geleentheid om ook B en C oor Oshivelo te sê . Ek weet dat baie van die mense in hierdie saal moeg is om oor Oshivelo se probleme te luister . Daar is miskien mense wat sê dat daar nou genoeg gesê is oor Oshivelo . Hoewel dit so mag wees gaan ons nog verder daaroor praat . Oshivelo wil vergelyk met ' n groot hamer . Gedurende 1966 was ek in die Transkei , maar in die Transkei , wat binnekort volle onafhanklikheid gaan kry , kry jy nie ' n Oshivelo nie . Hier in ons midde is ' n paar van die blankes wat in die Transkei werksaam is . Hulle kan my miskien oortuig dat daar tussen die Transkei en die Republiek ' n Oshivelo is . Kom ons kyk of ons in die Ciskei , Kwazulu of Venda ' n soortgelyke hek vind . As daar dan nie sulke hekke is nie wat soek hierdie hek dan hier , as daar tussen ander tuislande en blanke gebiede dan nie sulke hekke is nie ? Daar is ' n spesiale beleid van Suid -Afrika in verband met die tuislande met ander woorde wat vir die een tuisland geld geld vir die ander tuislande . As ander tuislande dan nie sulke hekke het nie , wat soek Oshivelo hier by ons ? Laat my toe om asseblief alles te sê oor Oshivelo . Aangesien ons verlede jaar ook oor Oshivelo gepraat het , het ek gedink dat ons ons Kabinet moet stuur om met die Hoof van die Polisie in die hele Suidwes - Afrika te gaan praat , en ook met die Hoof van die Spoorweë in die hele Suidwes - Afrika . Dan kan hulle om ' n tafel oor die probleme en moeilikhede van Oshivelo gaan praat . Ek weet dat baie briewe alreeds in die verband geskryf is , en dat daar geen verandering aangebring is nie . Ek het gedink dat as ons Kabinet , die Hoof van die Polisie en Spoorweë rondom een tafel gaan sit en Oshivelo bespreek , sal daar miskien iets gedoen kan word . Ek het nou weer my gedagte verander . My gedagte is nou soos volg , ek gaan net ' n versoek rig . Meneer die Voorsitter , die agbare Minister van hierdie departement en die agbare lede van die Raad , ek rig die volgende versoek . Aangesien daar besprekings beoog word met al die leiers van die verskillende volkere binne Suidwes - Afrika , en aangesien die verteenwoordigers van die Wambo - volk by daardie besprekings nog nie benoem is nie , wil ek aan die agbare lede wat aangewys sal word om die Wambo's daar te verteenwoordig net die volgende sê . Die grootste hamer wat u moet onthou en waarvan u nou reeds aantekeninge moet maak , is Oshivelo . Indien moontlik wil ons voordat u vertrek , op u agenda sien dat daar Oshivelo geskryf

151 . staan of daar by Oshivelo Wambo's werksaam sal wees . Oor die bou van ' n lang muur sal verder besin moet word . Ek het dan Ek nou by die toppunt gekom van wat ek wou sê oor Oshivelo . Dit is keer terug na die ander sake van hierdie departement . hierdie departement wat reisdokumente uitreik . Reisdokumente wat uitgereik word aan al die lede van die volk , wat uit die sewe verskillende stamme bestaan en wat uitgereik word in ' n eenvouIn daardie kantoor is daar geen sitplek dige en lelike kantoor . nie met die gevolg dat mense rondom die kantoor moet staan en wag . Ek was self die 9e van die maand by daardie kantoor . Daar is net twee mense wat daardie reisdokumente aan al die lede van die Wambo- volk uitreik . Ek het voorheen ' n vraag aan hierdie departement gestel waarin ek hulle gevra het hoekom word die dokumente net op Ondangwa uitgereik , die antwoord was soos volg - die stamsekretarisse is te onbetroubaar en dus is daar niemand wat betroubaar genoeg is om reisdokumente uit te reik nie . Die stamsekretaris sal reisdokumente aan die mense wat van Angola af kom uitreik . Ek verstaan dit nie mooi nie , miskien is dit net die mense op Ondangwa wat goeie oë het en wat kan sien dat ' n persoon van Angola afkomstig is sodat hulle nie reisdokumente aan hom uitreik nie . ' n Mens moet in besit wees van ' n sekere papiertjie met die amptelike stempel daarop wat hy van die stamsekretaris verkry . Ek sowel as die mense wat saam met my was het dit gehad . Omdat ek in besit van die antwoord van die departement was , het ek opsetlik gaan kyk hoe hulle daar werk , hoe hulle kan sien dat die draer daarvan van Angola af gekom het . Die papiertjies word gegee aan een van die klerke daar en daar word gesê gaan kry u reisdokument en dit word aan almal gesê . Daar word nie goed na daardie papiertjies gekyk om te sien waarvandaan daardie papiertjies kom nie . Is dit nie presies dieselfde as die stamsekretaris wat onbetroubaar is nie en wat tog daardie papiertjies aan die mense wat reisdokumente moet gaan kry gee nie? Wat is die verskil nou? As die papiertjie wat die stamsekretaris aan die persoon gegee het , aanvaarbaar is , hoekom word die reisdokument wat hy uitreik nie ook aanvaar nie ? Baie geld was Kan ons gebruik om daardie stamkantore oral in Owambo op te rig . Ondangwa vergelyk met Pretoria . Gaan al die inwoners van die Republiek Pretoria toe en is dit regverdig dat al die Wambo's Ondangwa toe moet gaan waar hulle te woord gestaan sal word? My versoek is nou dat reisdokumente uitgereik moet word by al die stamkantore sodat mense nie lang afstande hoef af te lê om reisdokumente by Ondangwa te gaan kry en dan weer daar in ' n lang ry moet gaan staan nie . Die Wambo- dorpe val ook onder hierdie departement . Ons is vandag hier op Ongwediva , naby Oshakati . As u Oshakati toe gaan en kyk hoe dit in die Wambo - dorp gaan , sal u baie verbaas wees . Daar is baie merke aan die mure van die huise en oral is dit baie vuil , daar is hout of klippe op die dakke en daar is geen opsigter wat sorg dat alles daar in orde is nie . Daar is niemand wat sien dat die inwoners van die huise hulle persele skoonmaak en dat die vuilgoed weggery word nie . Ons vind dat wanneer ' n inwoner enige kwaad gedoen het , word hy gearresteer en dan word hy vasgemaak aan ' n groot en swaar yster , en bly hy buite , dit maak nie saak of dit koud is of reën nie . Die polisie wat die een wat

152 . skuldig is aanhou gaan hom later self verhoor en beboet , terwyl Ek het niemand weet wat daardie polisie met die boete maak nie . nou lank gepraat maar ek is nog nie klaar nie , ek sal miskien môre verder praat . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is king deur die Raad .

nog oop vir bespre-

LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , dit sal sleg lyk as ek nie ook iets oor Oshivelo sê nie . Dit is duidelik dat toe daardie grens vasgestel is , was daar geen verteenwoordigers van die WamboOns weet daar is twee lande langs mekaar volk teenwoordig nie . tewete Owambo en Suidwes . By die voorstel van daardie grens was daar geen Wambo gewees nie , die Wambo's is nie geraadpleeg omtrent daardie grens nie , want daar bestaan ou grense van Owambo wat ons baie goed ken . Die ding wat hierdie moeilikheid veroorsaak het , Omdat Suidis omdat daar nie van ons mense teenwoordig was nie . wes in beheer is van blankes was daardie grens deur hulle bepaal . Ek wil net aan al daardie amptenare wat te doen het met die teerpad , polisie , padverkeerbeamptes en munisipaliteite sê dat hulle net moet onthou dat daar groot probleme tussen ons en hulle is . Aangesien hulle aanvaar het dat daar niks by Oshivelo gaan verander nie , vra ek net dat hulle ons asseblief soos mense behandel . As ek gevang word vir onwettige optrede , dan moet ek behandel word soos ' n persoon wat ' n oortreding begaan het . As ons dan gevra word om ons reisdokumente by Oshivelo te toon , dan moet ons ordentlik gevra word . Dit moet nie gebeur dat ek selfs al toon ek my dokumente nog geslaan word en rondgestoot word nie . Daar moet verbetering aangebring word . Ons wat hier in die hele SuidwesAfrika langs mekaar woon , moet mekaar erken en probeer om self ons probleme op te los . Die rede dat ons so ontevrede is , is net die Ons het nou lank genoeg oor blankes in die gebied se skuld . Oshivelo gepraat , ek eindig dus hier . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is nog oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek gaan die drie lede se vrae eers beantwoord . Dit is lid Immanuel Hihulifua , lid Malakia en Nakambonde . Daar is ook ' n hek tussen Kavango en Suidwes-Afrika en tussen Kaokoland en Suidwes - Afrika . Oor die posisie met die tuislande in Suid - Afrika weet ek nie . Ek het reeds gemeld dat alles by Oshivelo verbeter gaan word . Lid Immanuel Hihulifua , daar word gereël dat die uitreiking van reisdokumente by die stamkantoor sal geskied , en sodra alles gereed is , sal ' n begin daarmee gemaak word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingspos is oop vir bespreking . LID ANANIAS KAMANYA : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om oor Oshivelo te praat . Oshivelo is ' n wond aan die lewer van ' n mens . As ' n mens ' n wond het , dan moet daar geneeshere gesoek word om dit te genees . Die vorige sprekers het baie klagtes in die verband genoem . Die antwoord was dat Oshivelo nie verwyder kan word nie , dat daar net veranderings aangebring sal word . Ek stem saam dat dit nie verwyder kan word nie , want dit is ' n bron

153 . van inkomste vir Suidwes- Afrika . Oshivelo bring vir SuidwesAfrika baie geld in die sak . Die Wambo's se voertuie word by Oshivelo deursoek en hulle word beboet en hulle geld word weggeneem . Dit is vandag Donderdag maar as ons môre afgaan na Oshivelo toe sal ons vind dat daar Saterdag en Sondag baie Wambo's is wie se geld daar geneem is . As ' n eienaar van ' n besigheid hoor dat sy winkel gesluit of sy lisensie gekanselleer sal word , sal hy glad nie lekker voel nie . Die rede hoekom Oshivelo nie verwyder word nie , is omdat dit ' n goeie bron van inkomste vir daardie gebied is . Ons weet waarom Oshivelo daar is , dit is daar omdat ' n paar van die Wambo's die blankes se besittings daar in die suide steel ... VOORSITTER : Agbare lid , u kan u toespraak môre voortsit . daag hierdie vergadering tot môre- oggend om 10- uur .

Ek ver-

(DIE HUIS VERDAAG TOT VRYDAG 23/5/75 ) VRYDAG

23

MEI

1975 .

MINUUT NR.44 :

Die Voorsitter lees die gebed . VOORSITTER: Agbare lede , ek versoek die Sekretaris om die notules van verrigtinge op 22 Mei 1975 te lees . Verskoon , die notules word nie vanoggend gelees nie . Daardie notule sal Maandagoggend gelees word . Ek versoek die agbare Hoofminister om aankondigings te doen indien enige . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskap ontvang nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VORSITTER : Agbare lede , ek kondig hier aan dat agbare lid Herman Shongolo vanoggend hospitaal toe is , daar is een van sy mense wat siek is . Agbare lid Victor Vilho is vanoggend siek en kon nie kom nie . Agbare lid Petrus Neumbo het ' n boodskap ontvang dat een van sy mense by die huis siek is .

MINUUT NR.45 : MOSIE NR.3 WORD BESPREEK EN AANVAAR : VOORSITTER: Agbare lede , ek versoek dat mosie nr.3 , die hou van samesprekings met ander erkende volksleiers in Suidwes- Afrika , ingedien moet word . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van die hou van samesprekings met alle erkende volksleiers in Suidwes - Afrika met die doel om sake van gemeenskaplike belang te bespreek en verder dat die Owambo Kabinet die Regering op sodanige konferensie moet verteenwoordig . Meneer die Voorsitter , in die eerste plek wil ek graag u gedagtes terugneem na ' n baie belangrike verklaring wat gedurende September 1974 deur my kollega Pastoor Ndjoba , in sy hoedanigheid as Waarnemende Hoofminister , uitgereik is , waarin hy onder andere die Kabinet se wens om ' n vroeë algemene verkiesing uit te roep bekend gemaak het . In hierdie verklaring het hy onder andere daarop gewys dat die leiers van die blankes in S.W.A. hulle self bereid verklaar het om saam met die erkende

154 . leiers van alle volksgroepe in S.W.A. samesprekings te voer oor sake van gemeenskaplike belang . Wat egter vir ons vandag van die aller grootste belang is , is dat Minister Ndjoba dit in sy verklaring baie duidelik en onomwonde gestel het dat ' n buitengewone sessie van die OwamboWetgewende Raad byeengeroep word om onder andere te besin oor die hou van ' n vroeë algemene verkiesing ten einde die Wambo- volk die geleentheid te gee om op eg demokratiese wyse hul leiers aan te wys en om sodoende ' n mandaat van die volk aan hulle te gee om namens die Wambo- volk aan die samesprekings met ander erkende volksleiers deel te neem . Op 8 Oktober 1974 het die Owambo- Wetgewende Raad eenparig besluit op die hou van ' n vroeë algemene verkiesing , ' n verkiesing waarvan die uitslag reeds aan u almal bekend is . Meneer die Voorsitter , ek glo nie hier bestaan by enigiemand twyfel oor wie die erkende leiers van Owambo is nie , want 55 % van die stemgeregtigde Wambo's se mense kan tog sekerlik nie geïgnoreer word nie , en derhalwe moet u my mosie in hierdie lig sien , want waar u deur die volk hierheen gestuur is , het u my gedurende Februarie 1975 onbestrede verkies as Hoofminister van Owambo en het ek op my beurt weer , kragtesn die Owambo- grondwet , my ministers aangestel , en dit is dus vir my die logiese stap dat ek en my Kabinet deur hierdie Huis gemagtig sal word om as verteenwoordiger van Owambo aan die samesprekings met die leiers van die ander volksgroepe deel te neem . Net soos u ons in die verlede vertrou het om ander belangrike sake namens hierdie Wetgewende Raad te hanteer , glo ek dat u , as gevolg van ons optrede in die verlede , die nodige vertroue in die Kabinet het om die Wambo- volk ook tydens die beoogde samesprekings met die erkende leiers van die ander volksgroepe te verteenwoordig. Oor die samesprekings is alreeds baie gesê en geskryf en derhalwe ag ek dit nie nodig om daaroor iets meer te sê nie , maar ten opsigte van duidelikheid wil ek egter aan u ' n kort uiteensetting gee van waarom ons tengunste van sodanige samesprekings is . Meneer die Voorsitter , ons leef in ' n wêreld waarin die verskillende lande van die wêreld se belange so in een gestrengel is dat dit van die aller grootste belang vir ons hier in Owambo is om deur middel van samesprekings met die leiers van ander volks groepe in S.W.A. en selfs op ' n latere stadium met ander Regerings sake van gemeenskaplike belang te bespreek . Wanneer ek praat van sake van gemeenskaplike belang dan dink ek in die eerste plek aan die ekonomiese posisie van Owambo . Duisende Wambo - burgers is tans besig om buite die grense van Owambo te werk , ons voer feitlik die meeste van ons goedere in uit die Republiek van S.A. en S.W.A. terwyl andere weer sekere goedere by ons koop . Hierdie interekonomiese afhanklikheid met ander lande is die slagaar van ons ekonomie wat ons net deur goeie verhoudinge wat deur onderlinge samesprekings en selfs ooreenkomste teweeg gebring is , kan handhaaf . In isolasie kan geen land ter wêreld voortbestaan nie en dus is dit van die grootste belang dat ons ons steeds moet beywer vir vreedsame naasbestaan met ons bure en selfs met daardie lande wat nie aan ons grens nie , en derhalwe wil ek voorstel dat die Kabinet gemagtig moet word om die Wambo-volk tydens die samespre-

155 . kings te verteenwoordig . Meneer die Voorsitter , ons sal van tyd tot tyd verslag aan hierdie Huis doen oor die vorderings wat gemaak word en indien nodig sal ons selfs hierdie Raad byeen roep Ek stel voor om oor belangrike sake en ons optrede te besluit . dat hierdie mosie so aanvaar word . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant ? LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is nou oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , die agbare Hoofminister , die voorsteller van hierdie mosie , het die inhoud van sy mosie baie mooi uiteengesit . In sy toespraak het die agbare Hoofminister verwys na die uitslag van die algemene verkiesing . Hy het verder gesê wat daar gedoen was voor die algemene verkiesing . Een van die rede hoekom daar ' n algemene verkiesing gehou moes word , was omdat ons ook deel moet neem aan die samesprekings met die leiers van die blankes in Suidwes - Afrika . Die agbare Hoofminister het gesê dat ons hom gedurende FebruNaarie vanjaar sonder enige twyfel verkies het as Hoofminister . dat ons hom verkies het , het hy op sy beurt sy Ministers aangestel . Dit het hy gedoen kragtens die Owambo Grondwet wat deur al die lede van hierdie Raad aanvaar is . Hy het gesê dat ons in die verlede vertroue in die Kabinet gehad het en dat ons dit in die toekoms ook moet hê sodat wanneer die Kabinet iets besluit , dit vir ons aanvaarbaar moet wees . Dit alles beteken dat , soos die agbare Hoofminister self gesê het , die Kabinet gemagtig moet word sodat die Kabinet die Wambo- volk sowel as die Wetgewende Raad kan verteenwoordig by die samesprekings met die ander leiers van die volkere in Suidwes -Afrika . Die agbare Hoofminister het verder gesê dat hulle van tyd tot tyd verslag aan hierdie Huis sal doen van alles wat daar bespreek is . Indien nodig sal die Wetgewende Raad byeengeroep word om oor belangrike sake te besluit . Met hierdie woorde stem ek saam dat wat hy gesê het , aanvaarbaar is en dat ons dit so behoort te aanvaar . Aangesien ons in die verlede op die Kabinet vertrou het en saamgestem het met al die besluite wat deur hulle geneem is , voel ek dat ons ook verder vertroue in die Kabinet moet hê sodat wat die Kabinet in die toekoms ook gaan besluit , dit ook deur ons aanvaar moet word . Wat baie belangrik is , is dat die agbare Hoofminister gesê het dat indien nodig sal hierdie Huis byeengeroep word om besluite te neem oor belangrike sake wat ons hier kan bespreek . Dit is ' n baie belangrike punt daardie en dit sal sekerlik nie deur die Kabinet geignoreer word nie , dit sal gedoen word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is nog oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek wil nie teen die vorige spreker praat nie , en hoewel dit so is , het ek ander gedagtes wat ek hier wil uiter . Die agbare Hoofminister het vir ons vanoggend iets baie belangrik gebring wat vir hierdie Huis baie noodsaaklik is . Hierdie saak is die resultaat van die algemene verkiesing wat onlangs gehou is , waaraan 55 % stemgeregtigde Wambo's deelgeneem het . Dit bewys dat die Wambo's ten gunste van daardie samesprekings is . Ek verlang dat die probleme

156 . in vrede opgelos moet word . Ons het baie probleme in ons land wat opgelos moet word , net soos die hele wêreld vol probleme is , is Owambo ook vol . Ons probleme moet ons sien as huishoudelike behoeftes . Dit kan wees dat daar ' n tekort aan klere en voedsel in die huis is . Elke man en vrou moet in hul huise kyk en besluit wat benodig word of dit nou klere of kos is . Met daardie bietjie geld wat hulle het , moet hulle dan eers dit wat dringend nodig is , gaan koop en die ander dinge moet eers wag . Meneer die Voorsitter , die Kabinet van Owambo is die verteenwoordigers van Owambo , dit aanvaar ons . Die agbare Hoofminister het versoek dat die Kabinet gemagtig moet word om die Wambo- volk sowel as hierdie Wetgewende Raad te verteenwoordig by die samesprekings met die leiers van die ander volksgroepe oor die belang van die hele Suidwes - Afrika . Ek kan nie heeltemal saamstem met die agbare Hoofminister oor die eerste probleem wat hy genoem het Ek vergelyk nie , en waaroor daar eerstens gepraat moet word nie . daardie probleme wat hy genoem het met klere , met ander woorde ons is besig om eers klere te gaan koop terwyl ons sonder kos in die huis is . Sal die agbare Raad dit begryp as die verteenwoordigers van die Wambo- volk by samesprekings eerstens gaan praat oor wat ons invoer uit die Republiek van S.A. en sal hulle dan aanvaar dat die probleme van Owambo opgelos is? Die goedere wat ingevoer word en wat uitgevoer word , is dit miskien die Wambo- mense se probleme daardie , of is daar nog ' n ander probleem wat baie belangriker is waaroor in die eerste plek gepraat moet word? Meneer die Voorsitter , ek versoek dat hierdie agbare Raad die grootste probleem aan die Kabinet moet noem, dit wat die Kabinet eerste tydens die besprekings moet noem . Dit wil sê die Kabinet moet hierdie Raad gaan verteenwoordig maar die agbare Raad moet aan die Kabinet sê wat bespreek moet word . Die agbare Raad moet aan die Kabinet sê ons grootste probleem waaroor in die eerste plek gepraat moet word , is kos maar nie klere nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is altyd oop vir die Raad om te bespreek . LID IMMANUAL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ons het baie na die agbare Hoofminister se mosie verlang . Ek is baie bly dat dit vanoggend ingedien is . Die rede of die doel hoekom die agbare Hoofminister hierdie mosie vanoggend ingedien het , is om ons goedkeuring te kry oor wie Owambo by daardie samesprekings moet gaan verteenwoordig . Ek glo dat die paar probleme wat die agbare Hoofminister hier genoem het , nie al die probleme is wat daar bespreek sal word nie , hy het net ' n paar voorbeelde gegee . Alhoewel ek persoonlik dink dat die Kabinet Owambo moet gaan verteenwoordig , wil ek net daarop wys dat wanneer sake van hierdie aard bespreek moet word dan het ons mense nodig wat baie daarvan weet . Met die hofsaak oor Suidwes - Afrika te Den Haag , was daar eers gedink wie almal van Suid- Afrika daardie hofsitting moet gaan bywoon . Daar is toe besluit so en so moet daarheen gaan omdat dit hulle is wat diep kan dink . Ons daar in die Kwanyama- stamgebied het ons kapteins en senior hoofmanne gehad . Wanneer daar groot en belangrike sake bespreek moet word , was daar sekere mense wat altyd gestuur was om dit te gaan bespreek soos Shikololo en andere . Met hierdie woorde wil ek nie ons Kabinet verag of

157 . Ek het baie groot vertroue in die Kabinet en ek verkleineer nie . weet dat die Kabinet op die hoogte van sake is wat huishoudelike Hulle weet wat hier aangaan en hulle kan aangeleenthede betref . oor alles praat en besluite hier in die Huis neem . As daar nou buite die grense van Owambo gegaan moet word om iets te bespreek , dan moet daar eers goed nagedink word sodat ons nie ' n fout begaan nie . Ek het baie vergaderings bygewoon tydens die verkiesing en ek het geluister na alles wat die volk sê , die volk wat ons hierheen gestuur het . Hulle dink dat as net die Kabinet die hele Owambo gaan verteenwoordig , sal hulle glad nie tevrede wees nie . Ons sal net groot geraas oor die hele Owambo veroorsaak as ons net die Kabinet alleen na daardie samesprekings stuur . Na my mening behoort daar drie persone saam met die Kabinet te gaan sodat hulle tien kan wees . Die agbare Hoofminister het dit baie goed bedoel , maar hy het seker verwag dat ons moet sê wat ons van ons kant dink , en ek dink dat daar nog drie mense uit hierdie Huis gekies word om saam met die Kabinet na daardie samesprekings te gaan . Volgens ons gewoonte is dit gewoonlik so dat wanneer ' n groot man by ' n sekere plek besoek gaan aflê , dan kan hy nie alleen gaan nie , hy moet altyd ' n jong man of ' n kind hê wat vir hom sy kalbas dra . Meneer die Voorsitter en agbare Raad , sodat ons die volk tevrede stel , moet ons daaraan dink om nog drie mense by die Kabinet te voeg en indien moontlik moet die kabinet saam met daardie drie persone eers vergaderings in die hele Owambo hou en by die Wambo's hoor wat belangrik is en wat bespreek moet word . Verskoon , die drie persone moet deur die volk self verkies word . Ek dink nie dit sal ' n verskil maak as daardie drie mense deur die stamowerhede aangewys word of as hulle deur die volk self verkies word nie , maar die gevoel onder die volk , soos ek dit ken , is dat daardie mense deur die volk self gekies moet word . Ek wil nie baie sê nie , ek het net hier gesê hoe ek self dink en wat die volk wat my hierheen gestuur het , dink en voel . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die besprekings van hierdie mosie . HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , dit is duidelik dat ek ' n wysiging sal moet aanbring aan my mosie om voorsiening daarvoor te maak dat elke stam ' n persoon aanwys om saam met die Kabinet die besprekings by te woon . Ek voel dat die volk baie tevrede sal wees as die volk sewe mense kan stuur om saam met die Kabinet deel te gaan neem aan die samesprekings . Meneer die Voorsitter , dit is die regte ding om te doen sodat ons aan daardie besprekings kan deelneem . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , u het seker verstaan wat die agbare Hoofminister verduidelik het . Die mosie is nog oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek wil net die agbare Hoofminister se voorstel dat elke stam ' n persoon moet aanwys wat die Kabinet moet vergesel , sekondeer . Hierdie Raad het vanoggend gevra dat die volk deel meot neem aan die besprekings oor

158 . die probleme van hierdie land . Een van die agbare lede wat vanoggend hier gepraat het , het verwys na ' n paar punte wat in die toespraak van die Hoofminister gemeld is , en gevra of dit al is wat bespreek gaan word , dit is nie so nie . Die agenda wat gaan verskyn sal baie punte bevat wat bespreek word . Ek wil ook iets sê oor moontlike verwarrings wat in hierdie Huis ontstaan . Hierdie Raad is deur die volk hierheen gestuur en daar is nie ' n verskil onder ons nie . Nie een van ons is hier vir homself nie , elkeen van ons verteenwoordig sy stam en praat namens sy stam . Nie een van ons kan sê ek is hier vir my eie huis nie , maar elkeen verteenwoordig sy stam in die Raad . As daardie gedagtes wat hier ontstaan het verder gevoer word , sal hierdie Huis verdeel word . Ek het wel opgestaan om die voorstel van die agbare Hoofminister te sekondeer , maar ek wil verder byvoeg dat wanneer daar mense aangewys gaan word wat die Kabinet moet vergesel , moet daar goed gekyk word na wie bekwaam is . Wie kan aangewys word , wie is bekwaam en wie kan namens die volk praat? Ek wil verder sê dat dit niks sal help as daardie persoon wat deur die volk aangewys is nie kan praat nie , want hy sal niks kan sê by daardie besprekings nie . As hy dan nie self kan praat nie , as hy nie ' n goeie spreker is nie , al is hy deur die stamraad aangewys sal dit glad nie help nie . Dit is baie belangrik wat ek hier sê . U is wel aangewys , want die stamraad en die volk het so besluit , maar as u nie kan praat nie , sal u niks in daardie saal waar besprekings gehou gaan word doen nie . Dit maak nou nie saak of u aangewys is of verkies is nie , maar as u nie u gedagtes kan uiter nie , sal u niks kan doen by daardie besprekings nie . Om namens die volk op te tree , is nie om te gaan sit en niks doen nie , dit is om namens die volk wat jou gestuur het te gaan praat . Dit help nie , al is jy deur die volk gekies , of deur die stamraad aangewys en jy kan niks sê nie , geen voorstel indien nie , sal dit niks sê nie . My voorstel is soos ek alreeds gesê het , dat wanneer daar ' n aanwysing van persone is wat die Kabinet moet vergesel moet daar gekyk word na wie bekwaam is en wie die werk kan doen . Meneer die Voorsitter , ek wil nie verder baie sê nie , maar ek wil net sê dat wanneer daar aanwysigings gedoen gaan word , moet daar asseblief gekyk word na persone wat bekwaam is en wat ' n goeie sprekers is , wat iets kan sê en voorstelle kan indien . Dit is nie die doel dat daardie persoon aangewys is trots op homself moet voel omdat hy die Kabinet gaan vergesel nie of omdat hy kan deelneem aan daardie besprekings nie , dit is nie die doel nie . Ek wil dit beklemtoon dat die persoon iemand moet wees wat kan praat en voorstelle kan indien namens die volk . Met hierdie woorde wil ek eindig , maar ek is nog vol hier binne . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is nog oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek wil net iets noem in verband met die toespraak van die vorige Ministers wat gepraat het. Ek wil my dank betuig teenoor die agbare Hoofminister omday hy sy mosie verander het , sodat die volk iemand uit die verteenwoordigers van elke stam aanwys om die Kabinet na daardie samesprekings te vergesel . Dit is baie belangrik . Die ander agbare Minister het gesê dat daar gekyk moet word na wie iets by daardie same-

159 . Ek wil net ten slotte sê dat hierdie mosie sprekings kan doen . Ek wil net sê dat die verteenwoordigers van baie duidelik is . die verskillende stamme geleentheid gegun moet word om te kyk wie tussen hulle die Kabinet kan vergesel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek as sekondant van hierdie mosie van die agbare Minister is baie bly dat die agbare Hoofminister ' n verandering daaraan aangebring het . Hy het gesê dat daar mense aangewys moet word wat die Kabinet moet vergesel . Ek wil daardie verandering wat ingedien is deur die agbare Hoofminister ook sekondeer . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is nog oop vir bespreking . Agbare lede , die mosie is nog altyd oop vir bespreking . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n woord van dank uitspreek oor die mosie wat deur die agbare Hoofminister ingedien is . Hierdie mosie het die Raad bevredig , want die meerderheid van hierdie Raad is deur die volk self gekies . In die verlede toe in hierdie Raad nog min verkose lede was , het die volk gesê dat hierdie Raad nie die volk verteenwoordig nie . In die verlede was die meeste lede mense wat deur die stamraad aangewys was . Toe die volk geleentheid gegun was om self hulle verteenwoordigers in die Raad te kies , was die volk baie tevrede . Daar was baie kandidate wat hulleself verkiesbaar gestel het . Die volk self het daardie lede verkies wat die volk self gevoel het die beste is om die volk te verteenwoordig . Ek voel dat die volk baie tevrede sal wees as daar sewe mense uit die verskillende stamme aangewys sal word om die Kabinet te vergesel . Daardie mense wat aangewys sal word , is op die hoogte van sake , hulle ken al die probleme van die volk , net soos die Ek versoek dat die verkose lede daardie persone moet Kabinet . aanwys wat die Kabinet moet vergesel , want die verkose lede is die mense wat al die probleme ken wat daar onder die volk is . Die verkose lede hou gewoonlik vergaderings en hulle vertel aan die volk wat die Regering beoog om die toekoms van die volk gelukkig te maak . Die volk voel nou dat aangesien daar ' n verkiesing was , sal baie probleme opgelos word want daar is lede wat die probleme van die volk baie goed ken .

Die volk sal baie bly wees as daardie lede wat die Kabinet Ons gaan vergesel , vir die volk gaan vertel wat daar gedoen is . bede is nou dat die Here hierdie gedagtes moet bekragtig sodat dit moet wees soos ons gesê het . Dat mense hier in hulle land in vrede moet lewe , dat daar nie verdere probleme moet wees nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie staan altyd oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek verwerp daardie gedagtes van die laaste agbare spreker wat gesê het dat dit net die verkose lede is wat die reg moet hê om lede aan te wys om die Kabinet te vergesel . Dit is nie wat die agbare Hoofminister met sy wysiging bedoel het nie . Die gedagtes van die agbare Hoofminister is dat die verteenwoordigers van elke stam een uit hulle geledere moet aanwys , met ander woorde dit is die verkose

160 . lede en die aangewese lede saam . Ek verwerp hiermee die voorstel of die gedagtes van daardie agbare lid . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is nog oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ons het nou lank genoeg hierdie mosie bespreek . Dit is baie duidelik . Al die agbare lede het gehoor en verstaan dat die verteenwoordigers van elke stam uit hulle een lid moet aanwys wat die Kabinet moet vergesel . Ek hoop en vertrou dat die agbare lid dit aanvaar het , dat die agbare Raad dit aanvaar het . Ek wil net versoek dat daar nou oorgegaan word tot die verkiesing . Ek stel voor dat hierdie mosie so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , ' n sekondant asseblief .

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie mosie deur die Raad aanvaar is . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek versoek dat u die vergadering moet verdaag sodat die verteenwoordigers van verskillende stamme die verkiesing onder hulle self kan gaan hou om die lede aan te wys . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering vir 30 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR 30 MINUTE ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek nou die agbare Hoofminister om die naam van die gekose lid uit die verteenwoordigers van die Ndongastam bekend te maak . HOOFMINISTER FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , die verteenwoordigers van Ndonga - stam het agbare lid Tarah Iimbuli verkies om die Kabinet te vergesel na die samesprekings . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van die Kwanyama - stam om die naam van die gekose lid uit die verteenwoordigers van die Kwanyama - stam bekend te maak . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , die verteenwoordigers van die Kwanyama - stam het agbare lid Immanuel Hihulifua aangewys om die Kabinet te vergesel . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van die Kwaluudhi -stam om die naam van die gekose lid uit die verteenwoordigers van die Kwaluudhi - stam bekend te maak . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , die agbare lede van die Kwaluudhi - stam het agbare lid Ananias Kamanya aangewys om die Kabinet te vergesel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die kaptein van die Ngandjerastam om die naam van die gekose lid uit die verteenwoordigers van die Ngandjera- stam bekend te maak . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , die agbare lede van die Ngandjera- stam het die agbare lid Toivo Shiyagaya aangewys om die Kabinet te vergesel . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister uit die Kwambi - stam om die naam van die gekose lid uit die verteenwoordigers van Kwambi - stam bekend te maak .

161 .

MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , die agbare lede van die Kwambi - stam het agbare lid Thomas Nakambonde aangewys om die Kabinet te vergesel . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van die Mbalantu - stam om die naam van die gekose lid uit die verteenwoordigers van daardie stam bekend te maak . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , die agbare lede van die Mbalantu- stam het die agbare lid Johannes Andjamba aangewys om die Kabinet te vergestel . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van die Kolonkadhi - stam om die naam van die gekose lid wat gekies is uit die verteenwoordigers van Kolonkadhi - stam bekend te maak . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , die agbare lede van die Kolonkadhi - stam het agbare lid Israel Nakamwe aangewys om die Kabinet te vergesel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek neem dat u almal gehoor het wie verkies is . Ons wens hierdie gekose lede alles van die beste toe . MINUUT NR.46 : MOSIE NR.4 WORD BESPREEK EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan oor na mosie nr.4 . nou die voorsteller om sy mosie in te dien .

Ek versoek

HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek wil graag die volgende mosie indien : dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van die aanstelling van ' n persoon vir die versameling van en verslagdoening aan die Wetgewende Raad van alle politieke en Afrika - aangeleenthede . Meneer die Voorsitter , die mens leef vandag in wat genoem kan word rewolusie van die twintigste eeu . In geen ander tydperk het die mensdom al sulke groot en ingrypende omwentelings beleef as wat tans die geval is nie . Op elke gebied het daar die afgelope eeu verbysterende veranderings plaasgevind . Geen regering kan doeltreffend regeer sonder om rekening te hou met die strominge in die wêreld en in Afrika nie . Jy moet daarmee rekening hou . Die versameling van en verslagdoening aan die Wetgewende Raad van alle politieke en Afrika aangeleenthede is uiters noodsaaklik vir die opleiding van die Wetgewende Raadslede en Wetgewende Raad as sulks , ten einde te kan aanpas by die modernisering waarvan ek in my begrotingsrede melding van gemaak het . Meneer die Voorsitter , agbare lede , hierdie mosie van my het dus ten doel dat die Huis ' n eenmanskommissie aanstel om ondersoek in te stel en feite te versamel wat u beter sal kan toelig aangaande sake rakende die veranderde wêreld . Meneer die Voorsitter , ek lê my mosie ter tafel . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , hierdie gedagte wat deur die agbare Hoofminister ingedien is , is baie belangrik . Dat die Kabinet gemagtig moet word sodat iemand aangestel kan word

162 . wat van tyd tot tyd verslag aan die agbare Raad moet doen oor alle aangeleenthede in Afrika . Die agbare Minister het gesê dat ons vandag in die twintigste eeu leef . Gedurende hierdie eeu loop dinge baie vinnig en daar is baie veranderings in die hele wêreld . Dus het hierdie Raad iemand nodig wat die Raad verteenwoordig en wat aan die Raad verslag kan doen van alles wat in die hele Afrika gebeur het . Die persoon moet ' n persoon wees wat goed na die radio kan luister , koerante kan lees en al die belangrike sake bymekaar kan maak en dit vir die Raad bring . Die persoon moet kan goed lees sodat hy die verskillende koerante kan lees en verstaan . So ' n persoon is baie noodsaaklik vir hierdie Raad . Die Raad moet op die hoogte van sake wees en dus moet hulle luister wat oral gebeur . Die raadslede self kan ook hoor wat daar in die hele wêreld gebeur . Dit is moontlik dat die agbare lede nie almal koerante kan lees of kan luister wat gesê word oor die radio nie . Volgens die mening van die agbare Hoofminister moet daar ' n persoon gekry word wat al die gebeurtenisse in die hele wêreld opteken en dit aan die agbare Raad bring . Die rede hoekom gebeurtenisse van Afrika aan die Raad gebring moet word , is sodat die agbare Raad op die hoogte van sake kan wees wat daar plaasvind in Afrika . Dit sal meebring dat die agbare Raad nie agter hoef te bly nie en dat die agbare Raad altyd moet weet wat daar gebeur , sodat wanneer die Raad gehoor het dat in ' n sekere land so gedoen is , dan moet hierdie regering besluit - nee , ons wil nie dieselfde doen nie , ons loop ' n ander pad . Dit sal baie goed wees as hierdie Raad aanvaar dat daar so ' n pos geskep moet word , sodat die persoon aangestel sal word , dan al die gebeurtenisse van die hele Afrika kan versamel en dit vir die Raad bring sodat die Raad op die hoogte van sake kan wees .

Dit is eintlik ' n moeilike taak en hierdie pos kan alleenlik beklee word deur daardie persoon wat dit wil doen en wat verskillende tale kan lees en wat bekwaam is om dit te doen . Hierdie Huis moet dan daaroor dink dat daar so ' n pos geskep moet word . Met daardie woorde wil ek eindig , meneer die Voorsitter . Dankie . VOORSITTER : king .

Agbare lede , hierdie mosie is steeds oop vir bespre-

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , hierdie mosie van die agbare Hoofminister is ' n baie belangrike saak . Hierdie Raad het alle inligting nodig van wat in die hele wêreld plaasvind . Daar is net een ding wat my hinder in verband met hierdie persoon , en dit is daardie persoon se pligte of werk . Die inligting wat daardie persoon vir die Raad gaan bring kry hy vanaf die Radio en uit koerante . Ons almal ken radios en koerante baie goed . U sal nie altyd voldoende inligting kry van die radio of uit die koerant nie . Dit is wel nodig dat u inligting moet kry van die radio en koerante en dus wil ek sê dat dit baie noodsaaklik is dat ons iemand moet hê wat met sy eie oë kan sien wat daar plaasgevind het in Afrika . Daarom wil ek hê dat wanneer ons die pos aanvaar , moet daardie persoon toegelaat word om na die buiteland te gaan sodat hy kan gaan kyk wat daar plaasvind . Laat my net asseblief toe om een voorbeeld te gee van wat

uitgesaai was . Die gemeenskap van Owambo sê vandag dat hulle oor Radio- Owambo gehoor het dat hierdie Raad besluit het dat daar belasting betaal moet word vir honde , beeste en fietse . Die eienaars van fietse en beeste verwag nou op geroep te word na die stamkantore om hulle belasting te gaan betaal . As daardie persoon wat aangestel gaan word , sulke verslae aan ons bring sonder dat hy met sy eie oë gesien het wat aangaan , sal ons nie miskien ook glo dat dit die waarheid is nie ? Sal hy ons dan nie verwar nie? As daardie persoon nie toegelaat gaan word om te beweeg en na buite te gaan nie , sal hy dan nie vir ons verkeerde inligting bring wat hy oor dieradio hoor en in die koerant lees nie? Agbare Hoofminister , ek stem saam met u , hierdie Raad het inligting nodig . Wanneer ons inligting verlang , moet ons die ware inligting kry . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie

mosie is oop vir bespreking .

LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , hierdie mosie is Elke persoon baie goed want dit is opleiding vir hierdie Raad . wil graag op die hoogte van sake wees sodat hy kan weet wat daar plaasvind in sy omgewing of ver van hom af . Dit is nooit betwis dat so ' n persoon nodig is nie maar wat ons verder wil hê is dat daardie persoon moet beweeg , ons wil nie hê dat hy net daar moet sit met ' n klomp koerante voor hom en ' n radio langs hom nie . Daar is een uitdrukking wat sê - hy praat soos die koerante . So ' n persoon is iemand wat leuens vertel of een wat baie praat . Ek gaan nie daaroor verder praat nie want die vorige spreker het al daarvan melding gemaak . Hierdie Raad kom gewoonlik net een keer per jaar byeen en wanneer dit nodig is , word dit spesiaal byeen geroep . Sal daardie persoon Ek weet nie hoe dit nou sal wees nie . net een keer per jaar verslag aan die Raad doen en wel wanneer die Raad in sitting is of hoe sal daar te werk gegaan word? As dit so gaan wees dat daardie persoon net een keer per jaar verslag sal doen , sal dit nie veel help nie , want baie van die sake wat hy gaan noem sal verouder wees . Miskien sal dit so wees dat daardie persoon byvoorbeeld na twee of drie maande sy verslag aan die verskillende stamkantore stuur sodat daardie mense kan weet wat in die wêreld plaasgevind het . As u vir my sê dat hy net een verslag per jaar gaan voorlê , sal dit nie genoeg wees nie , want u moet onthou dat ons miskien Juniemaand gaan verdaag en dan eers weer volgende jaar byeen gaan kom . Gestel nou daardie persoon maak alles bymekaar wat hy gedurende die res van die jaar en aan die begin van volgende jaar hoor , sal hy dan aan die Raad kom verslag doen van alles wat hy gevind of gehoorhet . As dit so is sal hierdie Raad baie punte in daardie verslag vind wat verouder is . Ons aanvaar dat so ' n pos geskep moet word , maar daardie persoon moet buite Owambo beweeg , en daar moet gedink word hoe hy verslag aan hierdie Raad moet doen . Dankie . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , sodat dit aan die Raad duidelik moet wees , wil ek sê daardie persoon sal ' n baie moeilike taak hê . Die lees van koerante en om na die radio te luister is net ' n deeltjie van sy pligte . Al gaan hy uit na verskillende plekke in die wêreld , sal dit ook net ' n deel van sy pligte wees . Daar is verder nog dinge wat hy sal doen soos die lees van boeke . Dit is nie net een soort boek nie , maar verskillende soorte boeke , boeke wat handel oor die politiek en oor verskillende tradisies en geskiedenisse . Daar is gesê dat

164 . hy bekwaam moet wees , dus sal hy self ook moet besluit wat die waarheid is en wat nie die waarheid is nie , sodat hy behoorlik verslag aan die Raad kan doen . Dit is nie soos gesê is dat hy net senkeer in ' n jaar verslag gaan doen nie , hy sal van tyd tot tyd die verslag na die stamkantore toe stuur sodat die agbare lede van die Raad dit kan ontvang en op die hoogte van sake kan bly . Hy sal gedurig werk , hy sal nie sit en wag tot die Raad eers byeengeroep word nie . Hy sal voltyds in diens wees , hy is die raadgewer van hierdie Raad . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is nog oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek bedank die agbare Hoofminister vir sy mosie wat hy ingedien het . Ek wil net sê die agbare Minister het in belang van die volk ' n goeie voorstel ingedien omdat hy wil hê dat die volk van Owambo saam met die ander volkere van die wêreld moet loop . Daar is gesê dat dit moontlik is dat die verslag wat daardie persoon gaan indien miskien laat ingedien sal word en dat daar ook probleme daarmee sal Ek weet dat wat die agbare Hoofminister wil hê , is net dat wees . die agbare Raad moet goedkeur dat so ' n pos geskep kan word . Hoe alles verder gedoen sal word , hoe daardie persoon gaan werk , sal die agbare Hoofminister en die Kabinet hierdie dinge self reël . Die agbare lede van hierdie Raad twyfel net soos in die verlede , want ons kry ' n koerant wat uitgereik word deur die kerk , en daardie koerant verskyn twee keer in ' n maand sodat die lesers daardeur in kennis gestel kan word van alles wat daar in die wêreld gebeur het . Ek dink kan op dieselfde manier gereël word dat die verslag betyds aan die Raadslede gestuur kan word sodat die Raad kan weet wat gebeur het . Ek het verstaan dat as daar probleme ondervind word met die werk sal die nodige wysigings en aanpassings betyds aangebring word . Daarom stel ek voor dat dit so aanvaar word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant ?

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie mosie deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot Maandagoggend om 10 - uur . (DIE HUIS VERDAAG TOT MAANDAG 26/5/75 ) MAANDAG

26

MEI

1975 .

MINUUT NR.47 : Die Voorsitter lees die gebed . MINUUT NR.48 : NOTULES VAN 22/5/75 en 23/5/75 WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notules van verrigtinge op 22 en 23 Mei te lees . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant en bevestiger . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek stem saam met wat

165 . gelees is . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die notules van die afgelope twee dae deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek vra die Hoofminister of hy enige boodskap het . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskap ontvang nie . Dankie . MINUUT NR.49 : MOSIE TER WYSIGING VAN GRONDWETPROKLAMASIE BESPREEK EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat mosie nr.5 ter tafel gelê word . Meneer die Voorsitter , HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : ek wil graag die volgende mosie indien : Dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad dit dienstig geag word dat die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid om die Republikeinse Regering te nader met die versoek om die Owambo Grondwetproklamasie , 1973 ( Proklamasie R104 van 1973 ) te wysig deur die skraping van Artikel 18 en die vervanging daarvan deur die Elke Minister , met inbegrip van die Hoofvolgende Artikel : 18. minister , moet , voordat hy sy amp aanvaar , voor die Voorsitter of Ondervoorsitter van die Wetgewende Raad ' n eed of plegtige verklaring in die volgende vorm aflê en onderteken . Meneer die Voorsitter , dit kan van tyd tot tyd gebeur dat ' n Minister se setel ingevolge Artikel 21 van Proklamasie R104 van 1973 vakant raak . Artikel 18 van genoemde proklamasie , soos dit tans lees bepaal onder andere dat alvorens ' n Minister sy amp kan aanvaar hy ' n eed of plegtige verklaring op ' n sitting van die Wetgewende Raad voor die Voorsitter moet aflê . Die mosie voor u maak voorsiening dat die eed of plegtige verklaring wat ' n Minister moet aflê ook voor die ondervoorsitter afgelê kan word ingeval die Voorsitter dalk om een of ander rede nie beskikbaar is nie . Verder maak die mosie voorsiening dat wanneer ' n nuwe Minister aangestel word , dit nie nodig is om die wetgewende Raad byeen te roep sodat sodanige Minister die eed of plegtige verklaring moet aflê nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir die Raad om te bespreek . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Hoofminister bedank vir sy mosie . Ek sien hierdie mosie gee aan die Voorsitter van hierdie Huis die bevoegdheid om die eed of plegtige verklaring in die geval van ' n Minister te laat afneem . Ek voel dat hierdie mosie nie teengestaan behoort te word nie . Dit is net een artikel wat gewysig is om voorsiening te maak dat die Voorsitter die eed van In Minister kan afneem . As daar nie teenvoorstelle is nie , neem ek aan dat hierdie mosie aanvaar moet word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter daar is iets wat die vorige spreker nie genoem het nie . Toe ek opgestaan het om te

166 . sekondeer het ek nie self mooi verstaan wat die betekenis daarvan is nie . Dit is waarvoor , soos die agbare lede seker gesien het , ek die agbare Minister genader het om te verneem wat daardie wysiging eintlik beteken . In hierdie artikel is daar twee dinge wat gewysig word . In die proklamasie van 1973 was dit so dat die Voorsitter alleen het die reg om die Ministers ' n eed of plegtige verklaring te laat aflê , maar net tydens ' n sitting . Volgens die mosie wat deur die agbare Hoofminister ingedien is , maak dit nou voorsiening daarvoor dat die Ondervoorsitter ook gemagtig word om die verklaring wat ' n minister moet aflê , te bekragtig . Nou word gesê dat al is daar geen sitting nie , kan die Minister wat aangestel word , sy eed of plegtige verklaring voor die ondervoorsitter of voorsitter aflê al is daar nie ' n sitting nie . Dit is bevind dat dit nodig is , want gestel nou byvoorbeeld die Minister van Binnelandse Sake se pos het vakant geraak en ' n nuwe minister is aangestel dan moet hierdie Raad spesiaal byeengeroep word sodat die voorsitter die eed kan afneem , want hy kan nie sy pos as Minister aanvaar alvorens hy beëdig is nie . My versoek is dat ons dit aanneem sodat die ondervoorsitter ook gemagtig word om die eed of plegtige verklaring te neem , selfs al is daar nie ' n sitting nie . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil sekondeer maar voordat ek dit doen , wil ek eers iets stel omdat daar in die Wambo - taal ' n bietjie verwarring is . Die heel laaste paragraaf lui anders in die Wambo - taal . Dit lui soos volg verder maak die mosie voorsiening dat wanneer ' n nuwe Minister aangestel word , dit nodig is om die Wetgewende Raad byeen te roep sodat sodanige Minister die eed of plegtige verklaring moet aflê , maar in Afrikaans is dit omgekeerd . Dit sê in Wambo- taal dat dit nodig is , terwyl dit in Afrikaans ontkennend is . Ek voel daar moet iets gedoen word . As die Afrikaanse vertaling reg is , dit wil sê dat dit nie nodig is nie , sekondeer ek dit . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister wat die mosie ingedien het , om te verduidelik . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , eers bedank ek hierdie Huis dat hulle my mosie sover bespreek het . Ek wil net die vraag van die agbare lid Peter Kalangula verduidelik . Die Afrikaanse vertaling is reg . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Die agbare lid verstaan seker nou . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het mooi verstaan en dit is vir my genoeg . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , voordat ons verder gaan met die bespreking van begrotingspos 2 , wil ek net bekendmaak dat agbare lede , Lukas Keendjele , en Petrus Neumbo nie vanoggend teenwoordig is nie . Agbare lid Jackie Ashipala is ook nie vanoggend teenwoordig nie . Hulle het dringende sake by die stamkantoor . MINUUT NR.50 : DERDE LESING BEGROTINGSWETSONTWERP VOORTGESIT - BEGROTINGS POS 2 WORD BESPREEK : VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van begrotingspos 2 , Binnelandse Sake . Hierdie bespreking oor Binne-

167 . landse Sake het ons Donderdag gestaak . Ons het reeds lank daaroor gepraat . Die agbare lid wat laaste gepraat het was Ananias Kamanya . Waaroor ons baie gepraat het , was die hek by Oshivelo . Die begrotingstoespraak van die agbare Minister het al die sake in verband met sy departement gedek , maar in sy toespraak is daar geen melding van grense gemaak nie . Al die agbare lede wat iets wil sê sal later hulle beurt kry wanneer die agbare lid Ananias Kamanya klaar is . Agbare lid Ananias Kamanya , die geleentheid vir u is oop om verder te praat . LID ANANIAS KAMANYA : neer die Voorsitter , ek is nog besig met die bespreking oor die hek . Ons almal weet dat die situasie by Oshivelo gevaarlik is . Die gevaar is dat dit ' n apartheidshek is . Die Wambo's vind dit baie moeilik as daar verskillende maatstawwe toegepas word , en alhoewel ons weet dat Oshivelo ingestel is om diewe aan te keer , weet ons nie waarom net Wambo's daar voorgekeer word nie terwyl Namas , Blankes ensovoorts daar kan verbygaan sonder om deurgesoek te word . ' n Dief het nie ' n nommer waaraan hy uitgeken kan word nie . As iemand wat gesteel het ' n nommer gehad het , soos die van ' n motorvoertuig dan kon die polisie daardie persoon met die nommer gesoek het . Daardie nommer word gesoek totdat die persoon met daardie nommer gevind word en dan word hy deursoek . Aangesien ' n persoon nie ' n nommer het nie en die polisie ook nie weet met watter voertuig hy na Owambo reis nie word al die Wambo's wat na Owambo reis by die Oshivelo hek voorgekeer en deursoek . Hulle bagasie word nie ordentlik deursoek nie , hulle word sommer net uitgegooi . Die eienaar moet ongeveer twee uur daar bly om sy goed bymekaar te maak nadat dit rondgegooi was , terwyl daar in die voertuie geen gesteelde goed gevind kan word nie . Is dit miskien goed as iemand se voertuig so deursoek word en daar niks gevind word wat gesteel is nie . Wat dink die eienaar van die voertuig daarvan? Dit is nie net een voertuig wie se vrag deursoek word nie , maar baie van die voertuie van Wambo's word deursoek en daar word niks gevind nie . Wat dink die mense daarvan? Sê nou daar kom ' n Nama en hy word sommer aangesê om te ry , of ' n blanke en hy word sommer toegelaat om verby te ry , sal dit nie ' n verkeerde gedagte by die Wambo's laat posvat nie . Sal hulle nie die gesteelde goedere aan hulle werkgewers gee sodat hy dit vir hulle in Owambo in bring nie , terwyl die polisie dan hulle voertuie deursoek nie . Ek kan dit ook aan ' n Nama gee wat toegelaat word om verby te ry , of in een van daardie groot vragmotors sit wat nie deursoek word nie , daardie wat aan die Administrasie behoort . Dit is die klagte van die Wambo's , en hulle harte voel nie goed nie . As hy weier dat sy goed deursoek word , dan word hy gevloek en geslaan . Hy word geslaan en gevloek alhoewel daar in sy voertuig niks van die gesteelde goedere gevind word nie . ' n Mens is mos In mens en hy kry seer weens sy goed wat so rondgestrooi word . As hierdie Huis ' n sê het kan hierdie Huis daardie plek regmaak . VOORSITTER : Agbare lede , daar is lede wat hulle spesiaal gaan voorbereik het om oor die hek te praat , kom ons gee aan daardie mense die geleentheid om hulle sê te sê . Agbare lede , alvorens ons voortgaan met die bespreking van hierdie subhoof , verdaag ek die sitting vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Ons gaan voort met die bespreking van die begrotingspos

168 . Binnelandse Sake . Ek versoek die laaste agbare lid wat gepraat het om voort te gaan . LID ANANIAS KAMANYA : Meneer die Voorsitter , ek twyfel nou aangeLaat die ander sien ek nie presies weet wat ons sal bespreek nie . Dankie , meneer die Voorsitter . lede verder praat asseblief . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotingspos is nog oop vir die Huis om te bespreek . LID ISRAEL JONA : Meneer die Voorsitter , persoonlik het ek net ' n versoek aan hierdie Departement , veral wat betref die oues van dae , kreupeles en blindes . Baie van hierdie mense , wanneer hulle hulle pensioene gaan kry , kom van ver af , dan staan hulle in ' n ry tot omtrent 8 - uur in die aand . ' n Paar van hulle is kreupel wat dit moeilik vind om regop te staan , terwyl nog ' n paar oues van dae is wat nie lank kan staan nie . Wanneer hulle daar is , word die prosedure nie goed verduidelik nie , hulle word sommer rondgestoot en gestamp . Ek weet nie hoe dit by die ander stamgebiede is nie , maar ek praat net oor Ndonga en Oluno , waar ek woon . ' n Ou mens is soos ' n kind en dit is vir hom baie belangrik dat daar met hom mooi gepraat moet word . Die Woord sê vir ons dat dit baie beter is in ' n huis vol vrede en waarin jy honger ly omdat daar min kos is as in ' n huis waar daar volop kos is maar nie vrede nie . Ek versoek dus die Departement wat hiervoor verantwoordelik is om sekere betaalpunte by senior hoofmanne se huise te open sodat die oues van dae nie sover hoef te loop nie . ' n Paar van hulle het nie voertuie om hulle te vervoer nie . ' n Paar van hulle kom met waens . Hulle kom baie laat en gaan baie laat terug .

Verder wil ek nog iets anders sê . Hierdie departement het ook te doen met die siekes wat vanaf Engela na die Oshakati Hospitaal vervoer word . Hulle word net eenvoudig in ' n groot trok sonder dak of enige ander beskerming gelaai . Veral hierdie tyd wat dit so koud is , is die voertuig baie onprakties en wanner ' n mens by die hospitaal aankom weet hy nie of die pasiënt swak is weens siekte of weens koue nie . Daar is sekere siektes wat nie ' n koue wind verdra nie , en wanneer so ' n pasiënt ' n koue kry kan hy maklik doodgaan . Ek versoek hierdie departement om asseblief as dit Dankie , moontlik is , om goeie voertuie vir hierdie doel te koop . meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit is nog oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , al hierdie klagtes en probleme wat die Wambo's by Oshivelo ondervind is baie goed bespreek . Al die klagtes en probleme is vir my nou duidelik en ek beloof om ondersoek in te stel . Om die posisie te verbeter sal daar soos ek reeds gesê het ' n plek aan die Owambo kant van die hek wees met ' n kantoor waar ' n Wambo na die belange van ons mense sal omsien . Ek hoop dat sodra hierdie plek voltooi is , algehele tevredenheid en goeie samewerking sal wees . Daardie plek behoort teen die einde van die jaar klaar te wees . Dit is die Raad se wens dat daar ' n mosie oor Oshivelo ingedien moet word wat op die laaste dag van hierdie sitting bespreek sal word . Ek wil net die agbare Raad in kennis stel dat hierdie saak oor Oshivelo baie goed aan die Raad verduidelik sal word deur Sy Edele die Kommissarisgeneraal op Woensdag 28/5/75 . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop die agbare lede verstaan wat verduidelik is deur die agbare Minister van hierdie Departement . Agbare lede , dit is nog oop vir die raad om te bespreek . Agbare lede , ek wil net verduidelik dat ek verlang dat lede wat op

169 . Donderdag nie kans gekry het om te praat nie , en wat graag wil praat , nou kortliks hul opinies kan lug , dit wil sê indien hulle iets wat nuut is wil byvoeg . LID JOHANNES KWEYO : Meneer die Voorsitter , ons het baie oor Oshivelo gepraat , daaroor wil ek nie meer praat nie . Ek wil net ' n versoek rig . Ek wil net weet of dit nie moontlik is om ' n lid van hierdie Raad , wie deur die volk tydens ' n verkiesing verwerp word en wat nie ' n vaste beroep het nie , ' n pos by sê ' n stamkantoor aan te bied nie . Ek doen ' n beroep op die departement , kan iemand wat ' n lid was van hierdie Raad en wanneer sy diensjare verby is , nie in ' n sekere diens opgeneem word nie , sê byvoorbeeld by ' n stamkantoor of êrens . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit bly nog oop vir bespreking . LID KALIPI MUNDJELE : Meneer die Voorsitter , ek wil graag oor die Dit geoues van dae praat . Daarna sal ek nog iets anders sê . beur dikwels dat oues van dae wat pensioen kry in die hospitaal of siek by die huis lê en nie hul pensioengeld kan kry nie omdat hulle nie na die betaalsentrum kan gaan nie . As ek miskien die kaartjie neem om my moeder of my ouma se pensioen te gaan kry , dan word gesê , nee , jy is net ' n skelm , jy wil net die geld van die ou man steel . Ek doen ' n beroep op hierdie departement om asseblief toe te sien dat sulke oues van dae hul geld kry , iemand moet dit vir hom of haar kan gaan opeis . Dankie , meneer die Voorsitter . LID OSWALD ANDOWA : Meneer die Voorsitter , my gesprek gaan oor Odhivelo ... VOORSITTER : Agbare lid , aan u is deur die agbare Minister verduidelik dat daar ' n mosie ingedien sal word op die laaste dag van hierdie sitting oor hierdie saak . Dus het ons nie nou ' n bespreking oor die grenshek nodig nie . Agbare lede wat oor die hek wil praat , wag vir daardie dag , moenie u ammunisie mors nie . Agbare lede , dit bly nog vir die Raad oop om te bespreek . LID VAINO KELIMWE : Meneer die Voorsitter , ons versoek die agbare Minister van Binnelandse Sake vriendelik om asseblief te kyk na die probleme van die oues van dae . ' n Vorige spreker het gepraat oor die oues van dae wat in die hospitaal beland het . Ons weet dat daar altyd , behalwe vir behandeling in die hospitaal , probleme is met die vervoer van die oues van dae . Die agbare regering het opgemerk dat geld baie belangrik is . Ons verlang dat vir ons oues van dae net die beste gedoen moet word , selfs al is hulle nie in ' n hospitaal nie , daar moet vir hom iets gedoen word om hom te vervoer om sy pensioen te gaan kry . Soms gebeur dit dat die dag wanneer die pensioen uitgedeel word , die persoon wat die ou mense na die betaalplek vervoer , afwesig is . Ek versoek hierdie departement vriendelik kan daar nie iets gedoen word dat wanneer die oues van dae nie na die uitbetalingspunt kan gaan nie , daar iemand is wat die geld namens hom of haar kan kry nie . Dit kan ook gebeur dat wanneer iemand met ' n voertuig die oues van dae na die betalingspunt neem maar op daardie dag word die pensioen nie uitbetaal nie , dat die eienaar van die voertuig sê dat hy sleg voel omdat die oues van dae vir hom niks betaal het nie . Hulle kry geld maar hulle gee hom niks nie . Dus doen ek ' n beroep dat die klerke wat uitgaan om die pensioen te betaal , ' n reisplan moet indien wat die regte datums aandui . Die agbare Minister moet asseblief toesien dat daar in elke stamgebied mense

170 . aangestel word om oues van dae by te staan en te versorg wanneer hulle hulle pensioen ontvang . Iemand wat hulle kan help moet spesiaal aangestel word om hulle vrae te beantwoord en aan hulle te wys hoe en waar hulle moet staan . Hulle moet behandel word soos mense wat vir Owambo iets gedoen het . Hulle is oud maar hulle het vir ons baie beteken . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit bly nog oop vir bespreking . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsiiter , ek het nie lank om te praat nie maar ek wil net vir u meneer die Voorsitter , sê ons het baie lank hieroor gepraat . Die agbare Minister van hierdie Departement het alles baie mooi uiteengesit en alles wat ons hier oor praat is in hierdie toespraak . Ek wonder of ons nog subhoof vir subhoof moet bespreek of sal ons net sekondeer? Ek stel voor dat ons dit so aanvaar . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief .

LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie begrotings toespraak deur die Raad aanvaar is . Ek sal die Sekretaris versoek om subhoof vir subhoof te lees . ( Sekretaris lees subhoof A ) VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , ek het net ' n klein vragie hier by ( b ) , by die bedrag van reis- en verblyftoelae . VOORSITTER : Aangesien die agbare lid subhoof B meld is hy buite orde , ons is by Subhoof A. Agbare lede , die subhoof wat oop is vir bespreking is subhoof A. B sal later kom . LID JESAYA NAMBUNDUNGA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof is duidelik , ek stel voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , ' n sekondant asseblief .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan om te sekondeer nie . Ek het opgestaan om te vra in verband met Verlede jaar was ' n bedrag van R8 330 begroot , terwyl item 6. vanjaar net R50 begroot is . Hierdie groot verskil , is dit ' n fout of waarom is daar so ' n groot verskil ? VOORSITTER : Agbare lede , voordat ons voortgaan sal ek die agbare Minister versoek om vir u te verduidelik waarom die bedrag so verminder het . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil net vir die agbare lid verduidelik deur hom te verwys na my begrotingstoespraak , onder subhoof A , item 6 , sal u daar lees . Voorsiening met R8 330 verminder na R50 . Die pensioendraende toelae van 17 % van salarisse wat aan Wambo - beamptes gedurende die vorige finansiële jaar betaal is , is nou by hulle salaris ingeskakel en is voor begroot onder subhoof A , item 1 en 2. Die noodsaaklikheid om onder hierdie subhoof vir sulke toelae voorsiening te maak val dus weg . Slegs ' n nominale bedrag om die item oop te hou , is voorsien . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lid nou verstaan . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , hierdie item gaan oor die pensioendraende toelae , maar volgens die verduideliking het

171 . die agbare Minister verwys na item 1 en 2. Hierdie item 1 het net te doen met salarisse en nie met pensioene nie . Item 2 het te doen met tydelike hulp . As ons item 6 met item 2 vergelyk kom dit nie ooreen nie want die bedrag word nie hier gedek nie , of verstaan ek nie mooi wat hierdie pensioendraende toelae beteken nie , dit het mos niks te doen met tydelike hulp nie . VOORSITTER : Agbare lede , daar was reeds ' n voorstel dat hierdie subhoof so aanvaar word , maar weens hierdie onduidelikheid versoek ek die agbare Minister om te kyk hoe hy vir u kan verduidelik . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil vir die agbare lid wat gevra het verduidelik dat die bedrag van subhoof A item 6 is verskuif na subhoof A item 1 en 2. Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lid nou verstaan . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Huis aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof B ) VOORSITTER : Agbare lede , subhoof B is nou oop vir bespreking . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , my vraag gaan oor drie items se bedrag . Verlede jaar was daar R28 300 begroot , terwyl vanjaar net R28 200 begroot is . Is dit so dat die verblyfen vervoerkoste goedkoper is , of is daar nie vanjaar so baie vervoer nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , ek staan nog by subhoof B , items 2 en 3. Hierdie twee items laat my nog twyfel . Ek verstaan , maar tog is daar iets wat my laat twyfel . Onder hierdie twee items 2 en 3 word motorvervoer en algemene vervoer gemeld , wat word vervoer , waarheen en waarvandaan kom hierdie vervoer? Ek weet nie waarvoor hierdie bedrag gebruik word nie , waarnatoe gaan hierdie vervoer? Hierdie voertuie waarvoor so ' n groot bedrag begroot is bly net ry , word hulle nie in die motorhuis gebêre nie , ry hulle elke dag , ook op Sondae? Meneer die Voorsitter , daar moet asseblief ondersoek ingestel word in verband met hierdie groot bedrag . Dit is net hierdie bedrag wat altyd vermeerder in Owambo . Word daar net in Owambo gery en gehardloop? Na my mening word hierdie bedrag net vermors . Ek wil nie verder praat nie , meneer die Voorsitter , ek het net hierdie vraag oor die voertuie wat net rondry en waarvoor so baie begroot is . Dit moet verminder word . Dit is vir my baie moeilik om hierdie bedrag goed te keur . As dit vir iets anders gebruik kan word wat ons nog kan sien dan sê ek ja , ons gaan akkoord . So ' n groot bedrag word net op gery . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede hierdie subhoof is nog oop vir die Huis om te bespreek . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare lid Johannes Nantinda antwoord . Ek sal vir hom lees wat hier staan . Agbare lid , die antwoord is dit word nie voorsien dat daar meer as 3 Welsynswerkers /sters gedurende die jaar gewerf en aangestel sal word nie . Daar was in die verlede verblyfkoste ten

172 . opsigte van al 7 poste op die diensstaat begroot gewees . Dit word nou verminder na verblyfkoste vir die 3 Welsynwerkers /sters . Agbare lid Amutenya Tshimwethereni , item 2 is die geld vir die voertuie wat vir die werk van die departement gebruik word . Item 2 is om spoorvrag mee te betaal . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede wat probleme met hierdie gehad het nou verstaan wat die agbare Minister van hierdie Departement verduidelik het . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , alhoewel dit vir my verduidelik is , verstaan ek nie mooi nie want die bedrag is so groot . Die voertuie wat die goed gaan koop word net voor betaal wanneer hulle ry . As hierdie bedrag gebruik word om die goed te koop wat vervoer word dan verstaan ek . As daar goedere is wat gekoop word en dit vervoer word , waar is daardie goed , Owambo is tog klein , en daardie goed sou gesien gewees het , waar is daardie goed wat so baie geld gekos het ? Subhoof B mors die geld van die regering baie . Die subhoof B en die hele begroting hou ek nie Dankie , van nie . Dit is die subhoof waarmee ek nie saamstem nie . meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid , u stem nie saam met hierdie subhoof nie , alhoewel daar reeds voorgestel is dat dit so aanvaar moet word . U is blykbaar die enigste een wat nie met hierdie subhoof saamstem nie . Dus stel ek hierdie subhoof oop vir ` verdere bespreking .

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek is baie bly dat ons by subhoof B gekom het . Ek wil stil staan by item 2. Vanjaar is Toe daar onder item 2 ' n groter bedrag begroot as verlede jaar . ek dit gesien het , was ek bly omdat ek kan sien dat daar baie gery gaan word . Baie van die lede het gepraat oor die probleme van die oues-van-dae omdat hulle nie goed behandel word nie . Daar is nie ' n werk wat goed gedoen word as daar iemand is om dit te doen nie . Aangesien daar ' n groter bedrag vir vanjaar begroot is , voel ek dat hierdie departement se amptenare gereeld by die plek is waar pensioene uitgedeel word , en dan om te kyk hoe die werk gedoen word . Ek weet dit word deur ' n paar van die klerke gedoen , maar daar kom tog nog klagtes . Ek stel voor dat die agbare Minister of die Sekretaris van sy departement op een van die datums waarop pen sioene uitgedeel word , net op ' n sekere plek moet opdaag om te kyk hoe die werk gedoen word . Die werk word wel gedoen , maar soos een gesê het dat waar daar rykdom is , maar nie vrede nie , daar gaan di nie goed nie , ons moet die Minister en die hoofde van die departement laat rondry terwyl daar geld is . Ons sal dit baie waardeer as u rondry en kyk hoe die werk gedoen word , maar dan moet u verbeter waar dit nie goed gaan nie . As u dit doen sal hierdie Huis dit baie waardeer . U sal ook sien dat dit wat die Raadslede hier gesê het , waar is . Baie mense sê reeds ' kyk wat maak die regering met die ou mense ' , ' kyk wat maak die regering met die blindes ' ensovoorts . Omdat daar baie geld is en ons dit gaan aanvaar soos dit is , verwag ons dat dit goed gebruik Hierdie bedrag sal word om hierdie klagtes uit die weg te ruim . wat gebruik word om spoorvrag mee te betaal , word dit miskien ook gebruik om boeke vir blindes te koop , ensovoorts . Nee , ons kan dit aanvaar omdat dit gebruik word vir die welsyn van ons volk . Aangesien ek voel dat hierdie geld goed gebruik sal word , stel ek voor dat hierdie subhoof so aangeneem word . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER :

Agbare lede , sekondant asseblief?

173 . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan as sekondant nie . Hoewel ek wel sekondeer , wil ek net ' n versoek rig aan die departement van Binnelandse Sake , en dit is in verband met die bedrag vir motorvervoer . Ek werk met die oues van dae soos dit hier genoem word . Ek weet dat dit elke oue van dae vrystaan om sy of haar gevolmagtigde aan te stel om sy of haar pensioengeld ta gaan kry . Daar is plekke in al die stamme aangewys waar die oues van dae hulle pensioene kry . Miskien moet ons net sê dat die plekke in die stamgebiede nog nie genoeg is nie , daar moet nog baie aangewys word . Die probleme kom net wanneer die oues van dae of die kreupeles nie kan loop nie . In sulke gevalle waar pensionarisse gevolmagtigdes aangestel het moet hulle een of twee keer per jaar na ' n sekere plek kom sodat ons kan sien of hulle lewe . Daar is gevalle waar prokurasiehouers voortgaan om die pensioene te kry nadat hulle reeds dood is . Dit is daarom dat ons sê , op ' n sekere datum moet elke persoon wat pensioen kry kom , sodat ons kan sien of hy lewe . Dit beteken nie dat hulle elke betaaldag moet kom nie . Aangesien daar so ' n groot bedrag begroot is , wil ek vra of ' n voertuig nie aangekoop kan word net om daardie mense wat nie self kan loop nie te vervoer , op die datum wat genoem word . Daar is regtig mense wat heeltemal oud is en nie kan loop nie . Ek onthou die laaste dag to pensioene betaal was het een oue van dae wat per ossewa gekom het sy been gebreek want toe hy besig was om uit te klim het die osse geloop en het hy sy been teen die kar gestamp en die het gebreek . Ons weet dat daar baie ongelukke is . Motorvoertuie maak ook ongelukke , maar ongelukke met ossewaens is baie meer algemeen . Dit is my vriendelike versoek aan die agbare departement , meneer die Voorsitter . As dit dan so aangeneem word , sekondeer ek hierdie subhoof . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders wil sê? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die raad aanvaar is , en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof C ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die raad om te bespreek . LID SIMION MATIAS : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die bedrag onder subhoof C so aangeneem word , dat dit dieselfde is as verlede jaar . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief?

LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer subhoof C. Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die raad aanvaar is , en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof D ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek versoek die agbare Voorsitter om die sitting te verdaag tot 2- uur . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting tot 2 - uur . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE )

174 . VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van subhoof D. Dit is oop vir bespreking. LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek wil eers die Minister van Binnelandse Sake bedank . Hy het baie goed sy begroting uiteengesit . Sy Begrotingstoespraak het ons gevind , is te lank , dit is regtig baie lank . Ons het gevoel dat dit onnodig lank is . Soos ek sy begrotingsrede sien , sien ek dat alles mooi uiteengesit is . Ek kan sien dat die begrotingstoespraak lank is omdat hy wou hê dat elke em goed moet verstaan . As die agbare lede elke subhoof vergelyk met die begrotingstoespraak is vrae onnodig . Subhoof D is ook ' n administratiewe aangeleentheid en die klerke in die kantoor weet seker dat dit so moet wees . Onder al die departemente wat ons reeds behandel het , het ons dit aanvaar en dus stel ek voor dat dit hier ook so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede ,

LID TITUS SHIWALA : VOORSITTER : Agbare mand opgestaan het Raad aanvaar is en

' n sekondant ?

Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar nienie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die gaan ons voort .

( Sekretaris lees subhoof E ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , oor items 9 , 12 en 13 wil ek vrae stel . Koste in verband met burgerskapmaatreëls , item 9 , as ek dit goed verstaan lyk dit vir my asof hierdie item uitsluitlik daar is om die kostes van die fotos te dek , maar ek wil dit net onder die aandag van die agbare Minister van hierdie departement bring , dat daar plekke is wat ver van hierdie kantore af is waar die mense geregistreer word . So byvoorbeeld is Eehana omtrent 70 myl vanaf Kongo . Dit is sekere nie die enigste plekke wat so ver vanaf ' n registrasiekantoor is nie . Elders in Owambo is daar ook plekke wat ver van ' n registrasiekantoor af is . Hierdie verafgeleë mense , en hulle is baie , onthou dat hulle lede van die volk is , en sê dat hulle hulp van die regering nodig het . Die agbare Minister van hierdie departement moet sorg dat mobiele registrasiekantore daargestel word sodat die mense wat ver bly ook hulp kan kry . Die volk verwag almal een en dieselfde diens . Dit mag nie wees dat mense naby die kantoor gehelp word terwyl die wat ver van ' n registrasiekantoor is vergeet word nie . Item 12 , studiebeurse is die volgende . Ek hou daarvan om te vra hoeveel studente deur bemiddeling van hierdie beurse studeer , en hoeveel beoog die departement om vanjaar te help sodat hierdie bedrag gebruik kan word . Ons merk dat dit verminder het . My derde vraag handel oor item 13. In sy begrotingstoespraak ht die Agbare Minister gesê dat die vorige jaar se bedrag nodig was vir die verkiesing wat onlangs plaasgevind het , en omdat dit al Hy afgehandel is , is daar vanjaar nie meer so baie nodig nie . het ook gesê dat as daar ' n onverwagte verkiesing sou kom , sal ons êrens gaan geld leen . Ek wil net vra waar word daar geleen? Is daar miskien ' n fonds wat bestaan waar ons ' n sekere bedrag kan leen? Ek dink ons moet ook ander dinge soek waarvoor ons daardie fonds kan gebruik . Die agbare Minister sal seker bereid wees om te gaan leen omdat daar gerugte is dat daar by Ndonga ' n tussenverkiesing gaan wees . Dit lyk asof dit nie net by Ndonga is waar

175 . daar ' n verkiesing gaan plaasvind nie , daar kan ander plekke ook wees , en dan sal die Minister van hierdie departement seker reid wees om te gaan leen , waar daar geleen kan word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede wat vrae gestel het , terwyl u vrae deur die Agbare Minister van hierdie Departement condersoek word , is hierdie subhoof nog oop vir bespreking .

LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , onder subhoof E wil ek net inligting hê oor item 6 , repatriasiekoste . Aangesien dit hier in die begroting van Owambo geskrywe is , is dit die Owambo regering wat dit moet betaal ? As dit die Regering van Owambo is wat dit betaal , wil ek net ' n verduideliking hê oor die gerugte wat hier buite gehoor word , waar gesê word dat die Wambo's gekoop word . As ons Regering die repatriasiekoste betaal vir die mense wat uit die suide teruggestuur word , wat dan van sy werkgewer wat hom gehuur het . Dit lyk asof hierdie werkgewer net kan sê , u het aan my ' n slegte Wambo verkoop . Hy is nie en nou gee ek hom vir jou terug , gee my geld . As ons verkoop word wat is ons prys . As ons vir baie geld verkoop word , dan kan ons hierdie begroting sekondeer omdat ons weet wat ons prys is . Ek vra vriendelik omdat ek graag ' n verduideliking wil hê , en nie net sommer hier in die Raad wil sit en niks verstaan nie . Item 12 gaan oor studiebeurse . Word ons kinders toegelaat om oral te gaan studeer al is dit ook buite Owambo , of is daar net een bepaalde plek waar ons toegelaat word om te gaan studeer ? Ek het dit eenmaal gevra en het ' n antwoord gekry , maar ek weet die hele volk wil ' n verduideliking oor hierdie saak hê sodat ons kan verstaan waar ons kinders gaan studeer . As dit nie is dat ons in enige land kan gaan studeer nie , wil ek sê dat ek baie jammer is , dan verstaan ek dit nie . As dit wel moontlik is , sal ek saamstem en bedank ek die regering hartlik . Dit verseker aan my dat die regering geleerde mense gaan hê wat in die toekoms vir hom gaan werk . Dankie , meneer die Voorsitter . Agbare lede ek verwys u vrae na die agbare Minister VOORSITTER : van hierdie Departement . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , hier is die antHierdie jaar is woord aan die agbare lid Immanuel Hihulifua . daar 10 aansoeke van mense om beurse , verlede jaar was dit 8 . Die bedrag wat ons benodig vir ' n onmiddellike verkiesing kan ons van die Republiek van Suid- Afrika leen . Agbare lid Thomas Nakambonde in ver band met u vraag lees ek hier op bladsy 6 van my begrotings Hierdie fondse sal aangewend toespraak , subhoof E ( 6 ) vir u voor . word waar nie -Wambo's soos byvoorbeeld Hereros , Ovahimbas , Damaras ensovoorts uit Owambo gerepatrieer word terug na hulle tuislande toe . Daar kom baie min van hierdie gevalle voor en dus is die bedrag wat voorsien word voldoende . Ter inligting wil ek meld dat waar daar Wambo's vanuit gebiede buite Owambo , terug na Owambo gerepatrieer word , word die koste daaraan verbonde deur die betrokke instansie buite Owambo , byvoorbeeld die Administrasie van Suidwes-Afrika , die onderskeie munisipaliteite , ander tuislande ensovoorts gedra . Inagnemende dat daardie instansies die repatriasie van die Wambo's uit hulle gebiede verlang . Dankie . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede goed verstaan het wat die agbare Minister verduidelik het . MINISTER DANIEL SHOOYA :

Meneer die Voorsitter , aan die agbare

176 . lid wat oor die studente gevra het wil ek ook ' n antwoord gee . Die studente wat wil studeer kry ' n permit om in die Republiek van Suid - Afrika te gaan studeer , enige plek in die Republiek . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede verstaan het wat verduidelik is .

LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek bedank die agbare Minister van hierdie departement dat hy mooi probeer het om aan my ' n verduideliking te gee . Item 9 waaroor ek ook gevra het het hy geen verduideliking gegee nie . Ek het versoek dat die ver afgeleë plekke gehelp moet word , waarop hy niks gesê het nie oor die item wat handel oor die mense wat verder gaan studeer en aansoek om beurse doen het die agbare Minister gesê dat hulle verlede jaar 8 studente gestuur het en vanjaar 10. Soos ek die saak sien moes die bedrag van vanjaar groter as die van verlede jaar gewees het omdat die aansoeke vanjaar vermeerder het . Miskien het hy dit in sy begrotingstoespraak uiteengesit en dat ek dit nie raak gesien het nie . Wat hy verduidelik het in verband met die verkiesing uitgawes het ek mooi verstaan . Hy het gesê dat daar geleen sal word van die Republiek . Dankie , meneer die Voorsitter VOORSITTER :

Ek hoop dat die agbare lede almal mooi verstaan het .

LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , toe die agbare Minister probeer het om aan my te verduidelik het ek nie duidelik verstaan nie . Hy het wel uit sy begrotingstoespraak daaroor gelees , en alhoewel ek gepoog het om te verstaan , het ek nie mooi verstaan nie . Omdat dit geskrywe is , hoop ek dat ek dit sal beEk vergryp wanneer ek dit weer self noukeurig gaan deurlees . staan nog nie wat die prys van ' n werker is nie . Ek wou verder gevra het in watter fondse word die geld gestort . In verband met studente se studiebeurse in die buiteland is ek baie dankbaar omdat hy Suid-Afrika genoem het . Die volk wil die geleentheid hê om oral te gaan studeer dit wil sê net waar hy dit moontlik vind . Hy wil toelating van die regering hê . Die bedrag wat in die begroting voorkom , is net vir studente wat deur middel van Regeringshulp wil studeer . Ek wil net weet sê nou ' n student het genoeg geld of sy pa het genoeg geld om hom na ' n skool of univer siteit te stuur sal dit toegelaat word dat elkeen kan gaan waar hy wil op sy eie koste ? Vriendelik versoek ek die agbare Minister om dit vir my te verduidelik ? Ek wil nie ' n onnodige las op sy skouers plaas nie , maar ek versoek die agbare Minister van die departement om my lig te gee asseblief . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek gaan nie aarsel om hierdie vraag aan Ek vra die agbare Minister van hierdie departement te stel nie . hom om aan u te verduidelik asseblief . MINISTER DANIEL SHOOYA : Ek wil die agbare lid Immanuel Hihulifua inlig dat ek dadelik spanne sal uitstuur om planne op te stel sodat die mense wat op verafgeleë plekke woon ook gehelp kan word . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking deur die Raad . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n versoek rig aan alle lede in verband met vrae wat alreeds deur die agbare Minister verduidelik is . In die begrotingstoespraak is elke subhoof en elke item mooi uiteengesit . Agbare lede , ek wil u net daaraan herinner dat ons hierdie geskrewe begrotingstoe-

177 . spraak saam met die begrotingspos moet lees . Wanneer daar dan nie ooreenstemming tussen die subhoof en die begrotingspos is nie , dan Soos die vraag kan u vra en dan sal alles weer verduidelik word . van die agbare lid Immanuel Hihulifua dat hulp aan die verafgeleë mense by die kantore ingestel moet word . Ook die vraag van die agbare lid oor repatriasie koste van Wambo's is mooi uiteengesit in die toespraak , en geen vraag was hier nodig nie . Dit is net daar indien die Owambo regering iemand uit Owambo wil sit , dan sal daardie geld gebruik word . Dit is al wat onder hierdie item genoem word . Wanneer die ander instansies Wambo's wil uitstuur na Owambo toe dan is dit hulle wat moet betaal , want hulle wil van hom ontslae raak . Dit is hulle wat sy onkoste moet betaal . Dit is onder daardie item oor studiebeurse waar gesê word dat studente wat matriek geslaag het kan aansoek doen . Vir hulle is daar geleentheid en die bedrag is daar . Ons het ook die getal mense wat aansoek gedoen het en die getal wat al gestuur is om met behulp van die geld verder te gaan studeer , verneem . Miskien voel die lede dat die regering ' n mens ' n permit sal weier wat êrens wil gaan studeer , maar ke het dit al voorheen duidelik gestel dat die regering niemand ' n permit sal weier nie . Elkeen kan ' n permit kry om te gaan studeer waar hy wil . As daar ' n gemeenskap of ' n maatskappy is wat iemand wil stuur om verder te gaan studeer , sal hy toegelaat word as daardie maatskappy sy onkoste betaal . As ' n firma studente na Finland wil stuur om daar te gaan studeer , sal hulle toegelaat word , die regering weier hulle nie . Daar is op die oomblik een in Amerika wat deur die kerk Dit hang gestuur is . Die regering het nie sy permit geweier nie . net af van die versoek van die student self waar hy wil gaan studeer . Ons het ' n paar studente ook in Lesotho . Vir hulle is ook nie permitte geweier nie . Ek voel dat daardie gerug wat sê dat die regering mense permitte weier om te gaan studeer waar hulle wil , onwaar is dit is leuens waarna u geluister het . As daar ' n ander rede is waaroor die permit geweier is , ja , dan is dit iets anders , maar om iewers te gaan studeer , so ' n permit het die regering nog nie geweier nie . Ek wil dit duidelik stel , alles hang af van die begeerte van die persoon wat wil gaan Ek wil dit weer studeer . As hy vra dan kry hy die geleentheid . duidelik stel dat wanneer u vrae wil vra , moet u die begrotingspos met die toespraak vergelyk , en as u dan nog vra dat weet ons dat u beide gelees het . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ons hoop dat die agbare lede verstaan het . Ons gaan verder met dieselfde subhoof . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek stem nie saam met wat deur die ander lid Toivo Shiyagaya gesê is nie , ek weet nie of daar enige ander begrotingstoepraak is waarin alles so mooi uitOm die waareengesit is , soos die een waarmee ons besit is nie . heid te sê ek weet nie hoe dit beter uiteengesit kon gewees het nie . Wanneer mens die begrotingstoespraak lees , dan voel jy dat dit nie nodig is om dit noukeurig te lees nie , want jy weet dat As u egter by elke subhoof en elke item nog gelees sal word . ' n sekere item kom en u lees dit en vergelyk dit met die begrotingstoespraak dan sal u sien dat daar niks is om oor te vra nie . As daar wel iets is wat u sien wat nie duidelik is nie , dan kan u vra sodat dit aan u verduidelik kan word . As mens net wil praat omdat praat praat is , en hy kyk nie na die toespraak nie , dan is dit nie reg nie , ek sou dit ook gedoen het as ek na die begroting alleen kyk . Ons weet dat die Minister baie werk gedoen het

178 . om alles so mooi uiteen te sit , en derhalwe moet ons dit saam met die begrotingstoespraak lees en item vir item vergelyk met die toespraak . Aangesien die verduideliking wat deur die agbare Minister gegee is en ook dit wat hier geskrywe staan baie duidelik is , stel ek voor dat hierdie subhoof so aanvaar moet word . Dankie meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek verdaag die sitting vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede ons gaan voort met subhoof F. (Sekretaris lees subhoof F )

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID JESAJA NAMBUNDUNGA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê Ten oor subhoof F. Dit handel oor pensioene vir oues van dae . eerste wil ek die agbare Minister bedank vir die groot bedrag geld vir die bejaardes . Alhoewel dit so is , is daar iets in hierEk weet nie of die agbare die departement wat my teleurstel . Minister daarvan weet nie , as hy dit nie weet nie dan gaan ek hom Dit is iets wat gedoen word deur die blanke amptenare wat nou sê . Die blanke beamptes is besig om ' n paar van pensioene uitbetaal . die bejaardes se pensioene te kanselleer terwyl daardie mense oud is en die stamsekretarisse het hulle as bejaard gekwalifiseer . Ek was by die stamkantoor . Die stamsekretaris vra die man of vrou Die bejaarde sê dan sy ouderdom . As die stamhoe oud hulle is . sekretaris sien dat die persoon nie oud genoeg is nie , dan sal hy die aansoek nie goedkeur nie . Die blanke amptenare wat kom uitbetaal is nou besig om ' n paar bejaardes af te keur . Mens kry ou mense wat goeie gesondheid geniet en nog jonk voorkom maar in werk Ek likheid is hy baie oud . Die blanke amptenare skrap sy naam . versoek nou die agbare Minister van hierdie departement om ondersoek hierna in te stel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID ALBERTINA KWEENDA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets sê oor subhoof F. Ek gaan oor items 1 tot 5 praat . Al daardie items handel oor pensioene aan daardie mense wat ons Wambo's noem. Die ongeskiktes word deur die Wambo as mense van God gesien . Ek waardeer dit baie . Dit is baie belangrik dat ons blindes , ongeskiktes en bejaardes gehelp moet word met pensioene . Meneer die Voorsitter , ek versoek die agbare Minister van hierdie departement dat hy dit asseblief aan sy amptenare bekend moet maak dat daar nog baie sulke mense in Owambo is wat nog nie pensioen kry nie . In stamgebied waar ek vandaan kom is daar baie sulke mense wat nog nie aansoek gedoen het nie , ek weet nie wat die geval is by ander stamgebiede nie . Daar is persone wat melaats is in ons stamgebied , ek weet nie of hulle al aansoek gedoen het nie . Aangesien daar soveel geld begroot is vir pensioene , hoop ek dat hulle ook in die toekoms aansoek sal doen . Daar is iets wat die oues van dae wat pensioen trek bietjie teleurstel . Alhoewel een van die agbare lede reeds daarvan melding

179 . gemaak het gaan ek dit weer herhaal . Dit gebeur dat wanneer bejaardes hulle pensioene by die stamkantoor gaan kry hulle kaartjies van hulle weggeneem word . Die rede wat gegee is , is dat hulle nog te jonk is , maar in werklikheid is hulle oud . Die fout lê miskien nie by die persoon wat die kaartjies wegneem nie maar die fout het seker gekom toe die mense aansoek gedoen het . Die ouderdomme van baie Wambo's is verkeerd op daardie identifikasie kaartjies . Hy of Die ou mense kan nie presies sê hoe oud hy of sy is nie . sy kan net onthou dat hulle na die hongersnood gebore was . Ek kan net sê dat ek baie bly is , want in ons stamgebied het ons van daardie mense opgelaai en na die stamkantoor geneem waar hulle gehelp is . Meneer die Voorsitter en die agbare Minister van Binnelandse Sake , dit is gewoonlik so dat ' n kaptein nie van al die klagtes en probleme onder sy mense hoor nie , maar sy onderdane is die mense wat die foute en probleme van al sy mense by hom moet rapporteer , en ek versoek die agbare Minister om ons asseblief te help in hierdie verband sodat die mense nie so teleurgesteld hoef te wees nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede verskoon my dat ek u nie vroegtydig in kennis gestel het nie , die agbare Minister van Landbou is nie in ons midde nie , hy is hospitaal toe . Die Sekretaris van die Wetgewende Raad is skielik huistoe . Hy word daar benodig . Agbare lede hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil die twee agbare lede se vrae beantwoord , dit is agbare Nambundunga en Kweenda . Die mans wat pensioen kry is al die bejaardes bo 65 jaar , en die vrouens bo 60 jaar . Die mense wat ryk is of wat besittings het , het geen reg om pensioen te trek nie al is hulle ook hoe oud , hulle het geen reg daartoe nie . Ek gaan ondersoek instel sodat die mense wat nog nie aansoek gedoen het nie dit kan doen sodat hulle ook pensioene kan trek . LID ELIAKIM DAVID : Meneer die Voorsitter , ek wil oor item 4 praat . Dit handel oor armsorg . Ek het gesien dat baie armes nou pensioen trek . Die arm mense wat pensioen trek is Wambo's . Daar by ons is baie Boesmans en hulle behoort ook pensioen te kry , want hulle is baie arm . Ek wil net die agbare Minister daaraan herinner dat daar in die Kolonkadhi , Kwaludhistamgebiede en verder suidwaarts baie Boesmans is . Word hulle ook gevra om aansoeke te doen vir pensioen of nie . Ek het my stamgebied waar ek groot geword het , en ek hoor vandag eers dat die persoon wat pensioene kan kry die is wat ' n sekere ouderdom bereik het , maar gestel nou ' n jong persoon is baie arm , moet ons hom net so laat ? Ek het baie keer gemerk dat die mense wat pensioene trek , net mense is wat goed bekend is , terwyl die wat nie goed bekend is nie , net so gelaat word Dankie , en nie pensioen kry nie . Dit het my baie laat wonder . meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede hierdie subhoof is steeds oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil die laaste spreker se vrae beantwoord . Hy het gesê dat daar Boesmans is wat nie pensioen trek nie . Enige persoon binne Owambo , Boesman of wie ookal wat aansoek doen vir pensioen se aansoek sal gunstig oorweeg word . Ek glo nie daar is ' n Boesman wat al na ' n stamkantoor gegaan het om aansoek te doen en wat al weggejaag is nie . Die persone wie se aansoeke nie aanvaar is nie , is die wat nie na die stamkantoor gegaan het nie . As dit plaasgevind het , het dit net op een plek gebeur . Dankie , meneer die Voorsitter .

180 . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is steeds oop vir bespreking . LID FILLIPUS ANDREAS : Meneer die Voorsitter , ek is baie tevrede met die besprekings van subhoof F , item 6 · Noodleniging . Toe ek die toespraak van die Minister gelees het , het ek gesien dat die bedrag net bedoel is vir noodleniging in Owambo . Ek het verder gehoor dat hierdie bedrag bedoel is om die mense te help deur hulle in diens te neem waar hulle iets kan verdien tot tyd en wyl dinge weer normaal is . Ek gaan nie baie praat oor die bedrag wat begroot is nie , maar ek wil ' n bietjie praat oor die werk wat hulle moet doen , werk wanneer hulle in nood is . Meneer die Voorsitter , ek gaan bietjie daaroor praat want ek het baie keer mense ontmoet wat na my gekom het en gesê het die Regering moet iets reël sodat daar werk kan wees vir die wat in nood verkeer . Ek het altyd aan daardie mense gesê ek is baie jammer want ons het nie genoeg werk in Owambo nie . Ons kan nie almal wat in nood is uitstuur om in die suide in diens geneem te word nie . As daar eendag genoeg werk in Owambo is , sal dit goed gaan . Miskien sal dit later so wees dat daar genoeg werk in Owambo is sodat elkeen wat in nood is in diens geplaas word waar hy iets kan verdien . Ek wil dus asseblief van hom hoor of hy iets gaan reël of gereël het sodat ek die nodige verduideliking aan die mense kan gee wat daarvoor vra . Met groot eerbied vra ek dat daar aan my ' n verduideliking gegee word sodat ek diegene wat dit nodig het kan inlig . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om ' n Ek begeverduideliking te gee in verband met die oues van dae . lei gewoonlik die oues van dae wanneer hulle hul pensioene kry . Die rede hoekom baie van die oues van dae nie meer pensioen kry nie is omdat baie van die mense se aansoeke net deur die stamsekretarisse aanvaar is alhoewel hulle in werklikheid nie oud is nie . As u na die persone kyk , sal u merk dat hulle nog jonk is , party vroue kan selfs nog kinders hê . Dit is hoekom daar ondersoek ingestel is en dit is hoekom baie van daardie pensioene gekanselleer is . In my teenwoordigheid is aan een vrou eendag gevra hoe oud haar laaste kind is waarop sy geantwoord het , die kind is 4 jaar oud . Die amptenare wat persone uitbetaal het , het toe gesê nee , sulke mense soos jy kan nie pensioen trek nie . Ons het ook ' n fout gevind wat deur die kerkkantoor gemaak is . Daardie vrou was nog jonk en die kerkkantoor het aan haar ' n papier gegee waarin geskryf is dat sy 60 jaar oud is , met ander woorde daardie vroumens het na die kerkkantoor gegaan waar die Sekretaris to aan haar ' n dokument gegee het wat nie die waarheid bevat het nie . Daardie persoon wat nou ontslaan word omdat hulle nog nie oud genoeg is nie , dit is hulle wat so baie kla , omdat hulle glo dat hulle wel oud genoeg is .

Ek praat nie oor iets wat ek gehoor het nie , ek praat oor iets wat ek self ondervind en gesien het . Daar word nou ondersoek ingestel om vas te stel of alle persone wel oud genoeg is om pensioen te kry . Ek het dit net gemeld as verduideliking aan die agbare lid wat daaroor gekla het . Een van die jong mense by die stamkantore het probeer om sy gesig weg te steek sodat ' n mens nie kan vasstel hoe oud hy is nie , dit is nadat daar begin was met hierdie ondersoeke . Hy weet self dat hy ook nog nie oud genoeg is om ' n persioen te ontvang nie . Daar buite praat hy nou baie , hy sê nee ons word ontslaan omdat daar gesê word dat ons nie oud genoeg is nie , maar ons is wel oud . Niemand kan twyfel wanneer

181 . hy ' n ou mens sien nie , as jy enige ou mens ontmoet dan sal jy gou kan sien dat hy wel oud is . Ons weet dat baie se ouderdomme op die identifikasiekaartjies verkeerd is , maar as u ' n persoon se gesig sien dan weet jy sommer dat hy wel oud is al is sy ouderdom op die identifikasiekaart verkeerd . Dit is die verduideliking wat ek wou gee . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , daar is 3 punte waaroor ek nou gaan praat . Ek wil begin met dit wat die agbare Mbango nou net gesê het . Ek het by Uluno- stamkantoor mense gesien wat ontslaan is en nie meer pensioen trek nie . Die Voorsitter was ook teenwoordig . Die Magistraat van Ondongwa was teenwoordig asook die blanke amptenare wat die oues van dae ontslaan het . Toe die mense by die stamkantoor aangekom het , kan elkeen sien dat die mense net so oud is soos die ander wat wel pensioene trek . Onder hulle was twee vrouens oor wie se ouderdomme daar twyfel ontstaan het . Die res van hulle was oud genoeg gewees en elkeen kon dit aan hulle gesigte sien . Die blanke amptenare wat die mense ontslaan het , is toe gevra om te bepaal hoe oud een van hulle is waarop die amptenare gesê het , nee , dit is nie hy wat hier is nie , dit is iemand wat namens hom hier is . Die Magistraat was tevrede met hulle ouderdomme en het hulle aansoeke goedgekeur . Die blanke amptenare is in ons teenwoordigheid gevra om asseblief regverdig op te tree wanneer hulle bepaal hoe oud die persone is sodat hy die aansoeke kan goedkeur van diegene wat wel oud genoeg is . Miskien kom dieselfde fout nie op ander plekke voor nie , maar te Oluno het dit plaasgevind soos ek gesê het . My ander punt gaan oor dit wat die agbare Minister gesê het , naamlik dat vrouens wat pensioen behoort te kry die is wat 60 jaar oud of ouer is . Die mans moet 65 jaar oud wees . Die agbare Minister het verder gegaan en gesê dat ryk mense of diegene wat niks besit se aansoeke om pensioen nooit goedgekeur sal word nie . Dit het twyfel by my laat ontstaan want dit is iets wat ek nog nie in die verlede gehoor het nie . Ek het verstaan dat die pensioen wat uitbetaal word niks te doen het met rykdom nie , maar net met ouderdom . As dit dan so is soos hier gesê is , dan kan ek hierdie subhoof nie verstaan nie , want ek het gedink dat elke bejaarde , maak nie saak of hy arm of ryk is nie , pensioen kan kry . Die mense bedoel onder item 4 is die wat nie familie het nie en daar is niemand wat na hulle omsien nie , vir hulle moet iets gedoen word . Daar is toe vir hulle hierdie bedrag begroot . Sodanige mense wat nie ' n familie het nie en ook niemand wat vir hulle sorg nie , word oral gevind . Ek weet nou nie hoe hierdie departement werk nie . Hoe sien hierdie departement dat ' n persoon arm is en dat hy geen familie het nie of dat daar niemand is wat na hom omsien nie? Miskien kan die agbare Minister vir ons sê , dat daar op hierdie of daardie manier gewerk word om daardie mense te help , daar is al soveel wat ons alreeds in die verlede gehelp het en so en so , dan sal ons beter verstaan . Die antwoorde wat ek verlang is op die volgende vrae : is dit so soos die agbare Minister gesê het dat die pensioen net bedoel is vir bejaardes wat arm is , maar dat die wat ryk is nie pensioen kry nie . Die tweede is hoe weet hierdie departement dat arm mense nie familie het of iemand wat na hom omsien nie? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid terwyl die agbare Minister dink om op u vrae te antwoord , is hierdie subhoof nog steeds oop vir bespreking .

182 . LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek is ook nog hier by subhoof F , item 4. Dit handel oor Armsorg . Ek wil net sê dat die arm mense baie ly . Die arm mense word ontslaan , hulle mag nie pensioen trek nie en die jong mense word toegelaat om pensioen te trek . Wat ek praat is wat ek self gesien het , dit is nie wat ek gehoor het nie . Ek was dikwels by die uitbetalings van pensioene . Die blanke amptenare wat pensioene uitbetaal kyk net na die kop van die mense . As hy sien dat iemand se kop baie wit is dan sê hy hy is oud . Ek wil net sê dat volgens die Skepper sommige mense se liggame swak gemaak het en dat hulle baie gou oud lyk , terwyl die wat sterk liggame het op ' n hoë ouderdom nog jonk lyk , maar in werklikheid is hy oud . Daar word altyd gesê daardie persoon is nog nie oud genoeg nie hy kan na 3 of 4 jaar weer kom aansoek doen . Dit is iets wat ons nie kan verstaan nie , dit het al baie probleme geskep . ' n Vrou kan miskien ' n weduwee wees , haar man is dood en sy is oud en daar word gesê dat sy jonk is en kan nie aansoek doem om ' n pensioen nie . Ek vra nou die agbare Minister van hierdie departement om daardie dinge bietjie dop te hou . Ek het nog nooit by ons gesien dat ' n persoon aansoek om ' n pensioen te trek gedoen het terwyl sy nog ' n baba op haar skoot het nie . Ek het alleenlik bejaardes Hulle gesien wat aansoek gaan doen maar hulle word weggejaag . aansoeke word nooit goedgekeur nie . As ' n bejaarde aansoek doen en hy of sy het hom baie goed gewas en mooi klere aangetrek en hy lyk pragtig , dan word daar gesê , nee , jy is nog nie oud nie , jy is nog jonk . Daardie geld wat hulle kry is bedoel om vir hulle klere te koop sodat hulle altyd mooi en netjies kan wees . Meneer die Voorsitter , daar moet ondersoek ingestel word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , hierdie ding is baie deurmekaar . As ons na die items kyk sal ons sien dat elkeen baie mooi uiteengesit is . Wat daar nodig is , is goeie versorging . Ek het gehoor dat daar mense is wat ontslaan is . Die amptenare wat die pensioene hersien en wat die bejaardes ontslaan was ook daar by ons gewees , maar daar het hulle nie'n enkele persoon afgekeur nie . Ek is omtrent 55 jaar oud . Die bejaardes wat ouer as ek is , en wat toe aansoek kom doen het , is glad nie weggejaag nie , hulle aansoeke is aanvaar . Die wat jonger as ek was , het ek verneem , is weggejaag , of teruggestuur . Ek weet dat daar ' n misverstand is want die arm mense het hulle self beskou as oumense en het saam met die oumense gegaan en daar is gesê hulle is almal oud . As dit vanaf die begin duidelik gestel was dat net bejaardes in aanmerking vir pensioen kom wanneer hulle ' n sekere ouderdom bereik het , dan sou daar nie verwarring of misverstande gekom het nie . Die armes moet apart behandel word , dit maak nie saak of hulle oud is of nie , hulle is arm en besit niks nie , hulle moet afsonderlik wees sodat hulle aansoeke ook aandag kan geniet . Dit sal goed wees . Ek het alreeds gesê dat daar by daardie plek waar ek self teenwoordig was niemand teruggestuur of ontslaan was nie . Daar was goeie verduidelikings gewees . Daar was verduidelik dat mense oud genoeg is op ' n spesifieke datum na ' n spesifieke plek moet gaan waar mense se aansoeke ontvang sal word . Baie van hulle het toe na die kerkkantoor gekom op soek na hulle ouderdomme . Daar is baie regverdig opgetree en die regte ouderdom is toe gegee aan die wat daarvoor gevra het . Daar is mense wie se name nie in die kerkkantoor se boeke verskyn het nie , hulle is nog nie Christene nie , en in sulke gevalle moet ons probeer vasstel wanneer so ' n persoon

183 . gebore is of met wie hy saam groot geword het sodat ons bepaal hoe oud hy is . Op daardie manier is daar toe vasgestel hoe oud hulle is . Ek weet dat dit vir daardie amptenare baie moeilikhede besorg het . Ek het ook gehoor dat aan party van die mense gesê is dat hy nie oud genoeg is nie en hy weer na 2 of 3 jaar moet kom . Daar moet net mooi en regverdig opgetree word . Ek het geskrik en bang geword nadat die agbare Minister gesê het dat pensioen nie vir ryk mense bedoel is nie . As ek van pensioen hoor dan verstaan ek dat hierdie geld gegee word aan persone wat oud genoeg is , bejaardes wat nie meer self kan werk nie . Dit maak nie saak of hy ryk of arm is nie , hy moet net sy daaglikse brood kry . As dit nie so is nie dan moet ons net aanvaar dat hierdie pensioen nie vir bejaardes is nie , maar dit is vir arm mense . Daar moet ' n verskil wees tussen hierdie twee items , dit wil sê items 1 en 4 en elke groep moet apart behandel word . Meneer die Voorsitter ons versoek die agbare Minister van hierdie departement om aan ons te kan verduidelik wat daar gedoen kan word , want ons verwag dat elke groep mense apart behandel moet word . As die amptenare wat te doen het met die aansoek van hierdie mense gehelp word dan sal daar nooit fout wees nie . Meneer die Voorsitter , as die agbare Minister dan probeer vasstel wie arm en wie ryk is dan gaan dit groot probleem skep , want dan sal mense probeer vasstel wie ryk is en wie nie ryk is nie . Oues van dae moet oues van dae wees . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede hierdie subhoof is oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Ek wil aan die agbare lid Edward Mbango n verduideliking gee . Ek wil aan hom iets voor lees want dit lyk vir my hy het nie goed gelees nie . Verskoon my dit is die agbare lid wat voor agbare Mbango gepraat het . Hierdie bedrag is bedoel om aangewend te word in gevalle waar inwoners van Owambo as gevolg van nasionale natuurrampe soos byvoorbeeld oorstromings , brande , langdurige droogtes ensovoorts in die nood verkeer en hulp moet kry totdat die ramptoestand verby is . Om hulle nood in hierdie tye te verlig word die inwoners van die rampgebiede in staat gestel om werk te aanvaar ten einde in hulle basiese behoeftes soos kos en klere te kan voorsien . So reël die regering byvoorbeeld dat paaie en damme met hande arbeid gemaak kan word . Baie mense van die betrokke noodgebied kan dan in diens geneem word ten einde die noodtoestande te verlig . So ' n reëling is net tydelik totdat die noodtoestande verby is . Sodanige toestande kom baie selde in Owambo voor . Die bedrag wat voorsien is , word as voldoende beskou . Agbare lid Peter Kalangula , daar is nie genoeg geld om pensioene uit te betaal aan almal , veral vir die wat vir hulle self kan sorg nie . Wanneer die mense aansoek doen moet hulle tog sê of hulle iets besit of nie iets besit nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Die agbare lede het seker nou goed verstaan wat die agbare Minister aan ons verduidelik het . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek verstaan nog nie want wat die agbare Minister nou gesê het , is dieselfde as wat hy voorheen gesê het . Die agbare Minister sê die applikant moet altyd sê of hy iets besit of nie , en as dit dan nou so is dan wil ek net graag weet van wanneer af is dit so . Ek persoonlik het bejaardes gesien wat pensioen trek wat ryk mense is , maar vir my was dit regverdig want hulle is oud en moet pensioen trek . Ek kan byvoorbeeld noem dat daar onderhoofmanne is wat pensioen trek .

184 . Hulle is ryk en het besittings . Ek weet nou nie of daardie mense gevra was of hulle iets besit nie . As dit nou eers mee begin is kan ek verstaan , want dit was nie in die verlede gedoen nie . As ons verder gaan sal ons onthou dat daar ook blankes is wat baie Die ryk is en as hy oud word dan doen hy aansoek vir pensioen . rede hoekom ek so sê is dat ek gesien het dat die blanke-bejaardes ook na die plekke gaan wat vir hulle opgerig is en dat hulle hulp kry . Dit is hoekom ek gedink het die geld is bedoel vir al die bejaardes , maak nie saak of hulle ryk of arm is nie , maar as daar nie genoeg geld is nie , soos die agbare Minister gesê het , dan is dit beter en is dit iets anders , daar moet nie gesê word dit is omdat hulle ryk is en dan kan hulle nie pensioen trek nie . Daar moet gesê word die wat kry is die wat gelukkig was dat sy aansoek toegestaan is , maar die ongelukkiges sal maar moet wag . As dit dan so is soos die agbare Minister gesê het dan moet ons sê dat wat in die verlede gedoen is , verkeerd was , want dit was soos ons almal weet dat elkeen pensioen kan trek , elkeen wat bejaard is . Dit bring nou mee dat hierdie departement weer na die gebied moet teruggaan om ondersoek in te stel of vas te stel wie arm en wie ryk is , want as ons praat van arm mense moet arm mense alleen geregtig wees om pensioen te trek . Meneer die Voorsitter , ek verlang nog ' n verduideliking want dit is ' n baie belangrike saak vir ons en dit kan nie so gelaat word nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , terwyl ek die agbare Minister van hierdie departement geleentheid gee om te dink oor hierdie antwoorde is hierdie subhoof nog oop vir bespreking deur die agbare lede . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , wat ek gaan sê is Ek amper dieselfde as wat die vorige agbare spreker nou gesê het . was ' n stamsekretaris gewees . Ek het ook te doen gehad met sake rakende pensioene . Die opdrag wat ek vanaf hoofkantoor gekry het , was dat pensioen bedoel is vir bejaardes . Daar is verskillende vorms wat ingevul word by die indiening van aansoeke . So byvoorbeeld blindes en ongeskiktes se vorms is nie soos die van die bejaardes nie , hulle aansoeke word deur dokters goedgekeur . 'n Persoon kan hoe arm wees maar indien hy nie oud genoeg is nie , al doen hy aansoek sal sy aansoek altyd verwerp word sodra daar vasgestel is dat hy nie oud genoeg is nie . As u ' n aansoekvorm vir ' n ongeskikte invul om ouderdomspensioen te kry en hy is nie oud genoeg nie , dan sal daar wel vasgestel word dat hy nie oud genoeg is nie en sal hy weggewys word , sy aansoek sal nooit goedgekeur word nie . Daardie aansoekvorms word na die stamsekretaris teruggestuur en daar word gesê , aan u is reeds gesê dat hierdie soorte vorms net bedoel is vir bejaardes , dit wil sê die bo die ouderdom van 60 en 65 jaar . Hier is gesê dat item 1 net oor arm mense handel , ek stem nie daarmee saam nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , sodat dit vir ons duidelik moet wees versoek ons die agbare Minister van hierdie departement om ons toe te laat om item 1 in sy geheel te skrap . Dit is in al drie tale duidelik dat dit net ouderdomspensioen is en niks meer nie . In die volgende items word verder bepaal dat blindes en ongeskiktes asook behoeftiges apart is . Ek wil nie verder praat nie ek versoek net die agbare Minister van hierdie

185 . Item 5 en departement om aan ons ' n goeie verduideliking te gee . 6 , hier het die agbare Minister dit baie duidelik gestel dat daar Om nie genoeg skole is waar sulke mense gehou sal word nie . dinge mooi te laat verloop versoek ons die agbare Minister van hierdie departement om so ' n plek te laat oprig waar mense gehelp kan word , dit is wat bedoel word met hierdie item. Dit is baie belangrik en baie noodsaaklik dwarsoor die hele wêreld en veral in die dorpe . Die kinders moet bymekaar gebring word waar hulle versorg kan word en waar daar iemand is wat na hulle kyk . Dit is ook baie belangrik dat daar ' n huis of gebou vir bejaardes moet wees waar hulle versorg kan word deur mense wat vir die doel aangestel is , waar hulle gewas of gebad kan word en hulle lewe dus meer gelukkig kan wees . Die agbare Minister het self gesê dat hy hom gaan inspan om sulke plekke in Owambo te stig . Ons gaan dit baie waardeer want ons weet dat baie van ons mense kreupel en blind is en dat ons bejaardes versorg moet word .

Item 6 handel oor Noodleniging . Die agbare Minister van hierdie departement het gesê dat hierdie gevalle selde in Owambo voorkom . Dit gebeur dikwels dat ons oor Radio- Owambo hoor dat so en so se huis afgebrand het en dat daar niks oorgebly het nie . Baie ou mense wat as gevolg van brand niks oorhou nie lewe dan in groot nood . Item 6 gee nou aan hierdie mense die reg om om hulp aansoek te doen . Ek versoek nou die agbare Minister om vir ons te verduidelik op watter wyse sy departement gaan uitvind wie se huise afgebrand het en wie hierdie hulp kan kry . Daar moet iets gedoen word want ons in Owambo het baie krale wat van gras of stronke gemaak is , en dikwels gebeur dit dat huise afbrand en daarom versoek ons die agbare Minister dat iets gedoen moet word om sulke mense te help . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare lede Toivo Shiyagaya , Peter Kalangula en Immanuel Hihulifua se vrae beantwoord . Ek het baie goed verstaan dat pensioene aan alle bejaardes betaal moet word en dat ondersoek ingestel moet word na die huise wat afbrand . Daar sal ondersoek ingestel word na die bou van huise vir oumense en ook kinderhuise . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister om ' n aankondiging te doen . MINUUT NR.51 : MOSIE VAN DIE HOOFMINISTER DAT RAAD VERDAAG : HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter en agbare lede , graag wil ek by wyse van ' n mosie versoek dat die Raad tot Woensdag 28/5/75 om 10 vm . verdaag . Die rede vir die verdaging is dat die Sessiekomitee oor Openbare Rekeninge byeen moet kom en met hulle sake voortgaan . Die lede van die Sessiekomitee sal op Dinsdag 27 Mei 1975 om 8.15 vm by die Gastehuis opgelaai word na die Konferensiesaal te Ondongwa vervoer word . Die volgende lede moet dus beskikbaar wees , en indien enige van hulle nie by die Gastehuis inwoon nie en dus nie van die vervoer gebruik wil maak nie , moet hulle asseblief die Hoofrekenmeester Mnr . Claasen vandag nog in kennis stel . Die volgende lede se name verskyn hier . Immanuel Hihulifua , Thomas Nakambonde , Johannes Kaloma , Herman Shongolo en Toivo Shiyagaya . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie sitting tot Woensdag ,

186 . oggend om 10 vm . (HUIS VERDAAG TOT WOENSDAG 28 MEI 1975 ) WOENSDAG 28 MEI 1975 . MINUUT NR.52 :

Die Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.53 : NOTULE VAN 26 MEI WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris om die notule van die verrigtinge van 26 Mei te lees . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Agbare lede , ' n Voorsteller asseblief? LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek stel voor . VOORSITTER :

Agbare lede , sekondant asseblief?

LID PAULUS SHAANIKA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die notule van Maandag deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek vra die Hoofminister of hy enige boodskap het . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het geen boodskappe ontvang nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit lyk of u vergeet het wanneer ons moet begin , ek hoop dat almal horlosies het , maar alhoewel ons betyds hier aankom , staan party van ons buite rond en kom net nie in nie . Wanneer mens hierheen kom moet jy betyds kom , want die werk in hierdie Huis moet volgens ons program geskied . Ek hoop die agbare lede sal van nou af betyds kom . Agbare lede , ek wil net bekend maak dat die agbare Minister van Onderwys nie vanoggend teenwoordig is nie , hy is hospitaal toe . Die agbare lid Lisias Aluuma het ook nie gekom nie , hy het nie lekker geslaap nie . Agbare lede ons gaan nou voort met die besprekings van begrotingspos nr.2 van die DeHierdie subhoof is oop partement van Binnelandse Sake , subhoof F. vir die Raad om te bespreek . MINUUT NR.54 : DEPARTEMENT VAN BINNELANDSE SAKE WORD BESPREEK EN AANVAAR : MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , volgens wat hier gepraat is wil dit vir my voorkom asof die beleid met betrekking tot pensioene nog nie duidelik is nie . Ek wil net duidelik stel dat pensioene betaal word aan die oues van dae wat die voorgeskrewe ouderdom bereik het . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede verstaan het wat die agbare Minister van Binnelandse Sake verduidelik het . Hierdie subhoof is nog oop vir bespreking . MINISTER TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , volgens my is subhoof F lank deur hierdie Huis bespreek . Al die items is deeglik bespreek en ondersoek . Die agbare Minister van Binnelandse Sake het alles verduidelik wat onverstaanbaar was . Ek stel voor dat hierdie subhoof aangeneem moet word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief ?

187 . LID JASON IIMBOLE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer hierdie subhoof . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan dus voort . (Sekretaris lees subhoof G) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . Agbare lede , ons het lank by hierdie begrotingspos stilgestaan . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , as ons stil sit en Ek perniks vra nie is dit net omdat ons nie mooi verstaan nie . soonlik verstaan nie hierdie item - Voedsel en vervoerkoste nie . Waarheen word die mense vervoer , ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om te verduidelik wat hierdie vervoerkoste voor begroot is? VOORSITTER : Agbare lede , ek verwys die agbare lid se vraag na die agbare Minister van die departement om aan ons te verduidelik waarvoor hierdie vervoerkoste is . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil vir hierdie agbare lid uit my toespraak voorlees . Fondse onder hierdie subhoof is bedoel om aangewend te word waar Owambo inwoners hervestig moet word . As voorbeeld kan genoem word die geval by Ruacana waar plakkers in redimentêre dorpe hervestig is in die dorp waar gesuiwerde water voorsien is en sanitêre geriewe beskikbaar is . Dit is in teenstelling met die onhigiëniese toestande waaronder hierdie mense eers geplak het . Die hervestiging van die plakkers by Ruacana is nou so te sê afgehandel . Ander plekke soos in die omDankie . gewing van Ondongwa en Oshakati sal later aandag geniet . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat u verstaan het wat die agbare Minister van hierdie Departement verduidelik het . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , dit wat die agbare Minister vir my voorgelees het , het ek ook gelees . My vraag kom nou hierop neer . Verlede jaar was daar ' n groter bedrag voor begroot maar vanjaar is die bedrag weer kleiner , terwyl die agbare Minister gesê het dat daar vanjaar by Ondongwa en Oshakati ook verskuiwings sal plaasvind . Verskoon , hy het nie gesê dat hulle Ek vergaan verskuif nie , maar dat daar iets gedoen sal word . staan dit nie mooi nie en ek weet nie wat gedoen sal word met hierdie bedrag nie . My vraag is net , die mense daar by Ruacana wat vervoer is , wat geskuif is , is dit mense wat daar gewerk het of is dit al die mense wat daar was . By Ruacana sien ons nie meer hierdie krotte soos by Ondongwa en Oshakati nie , almal woon nou in ' n mooi dorp , of is dit net die wat werk het . Die agbare Minister het melding daarvan gemaak dat hy na Ondongwa en Oshakati se krot-buurtes sal kyk , sal hy iets doen met hierdie bedrag wat begroot is of sal hy net kyk . Voordat ek verder gaan met my vrae , want ek het nog ander vrae , verlang ek eers ' n antwoord op die vrae wat ek gestel het . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid omdat u ' n verduideliking wil hê verwys ek u vraag na die agbare Minister van hierdie Departement . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek sal later hierdie vraag beantwoord . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , dit is baie moeilik om

188 . te verstaan omdat ons nog nie voorheen gesien het dat dit wel gedoen is nie . Omdat daar nou voorbeelde gegee is , kan mens wel verstaan wat veral by Ruacana gebeur het . Ons het gehoor dat daar ' b plakkersdorp was voordat die nuwe dorp gestig is . Toe die goeie dorp gestig is , is die mense na die dorp verskuif soos dit hier gemeld is . Wanneer hulle van die ou dorp na die nuwe dorp vervoer moet word , waar die nodige geriewe beskikbaar is , is daar fondse vir die doel nodig . Hier lyk dit of daar geen verskil is nie , want hier word net gesê dat Owambo's vervoer of verskuif word van een plek na ' n ander . Wanneer mense van ' n sekere plakkersdorp na ' n nuwe dorp vervoer word waar daar genoeg geriewe is , dan is die bedrag daarvoor nodig . Dit lyk vir my of hierdie saak Selfs al word ' n mens na ' n goeie plek geneem en word goed is . nie gehelp met sy vervoer nie dan sal hy nie tevrede wees nie . Al is daar sanitêre geriewe en gesuiwerde water asook ander geriewe , en daar is nie vervoer nie , sal hy nie tevrede wees nie . Volgens my is hierdie saak waarvoor hier begroot is ' n baie goeie saak . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , soos die vorige Ons hoop en ons glo dat ' n mens spreker dit stel , is dit goed . Ek het die plakkersnie kan verhuis sonder die nodige hulp nie . dorpe hier in die omgewing van Oshakati gesien , en daarom het ek hierdie vrae gevra oor wie by Ruacana verskuif is , die wat daar werk of die wat nog nie werk gekry het nie . Wat my die tweede vraag laat vra het , is omdat die agbare Minister van hierdie Departement in sy antwoord hierdie twee plekke genoem het , naamlik Dit het my laat dink dat die agbare MinisOndangwa en Oshakati . ter van hierdie Departement die plakkersdorpe in die omgewing van Ondangwa en Oshakati wil afbreek sodat die mense in die nuwe dorpe kan gaan woon waar daar skoon water en sanitêre geriewe is . Dus ontstaan die vraag , sal hy dit alles kan doen met hierdie bedrag? Sal die wat dit verlang of net die wat werk in die dorp het of enigeen wat in die plakkersbuurtes woon na die dorpe kan verhuis . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is

nog oop .

MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil aan die agbare lid Hinulifua verduidelik in verband met die verskuiwing van Ruacana . Die mense by Ruacana het wel in plakkersdorpe gewoon wat nou verskuif is , maar daardie plakkersdorp was onhigiënies en te klein , en omdat die mense baie na aan mekaar gebly het , het daar siektes gekom veral onder die klein kindertjies . Hulle het nie skoon water gehad nie , hulle moes water van veraf kry . Daarom het die Regering dit nodig geag om vir hulle beter plekke te verskaf wat mooi en skoon is met sanitêre geriewe , en ook asblikke . Die wat werk gehad het en ook die wat nie gewerk het nie , is toe na die nuwe dorp verskuif . So is dit . Wat vir Ondangwa en Oshakati beplan word en waarvoor R800 begroot is , is bedoel vir daardie twee plekke waar daar ook baie plakkershuise is sodat hulle ook vervoer kan word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid , ek hoop dat u verstaan het wat nou aan u verduidelik is . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek verstaan nou dat suiwer water en sanitêre geriewe net aangebring word in bestaande plakkersdorpe . Miskien kan daardie R800 gebruik word om sanitêre geriewe en water aan te lê . Ek weet nie mooi nie , want die nuwe

189 . dorp is ook maar vuil . Daar is baie vuilgoed wat nog nie vervoer is nie . Vanoggend toe ek na die sitting gekom het , het ek eers daar rondgevra na die voertuig wat die vuilgoed moet vervoer . VOORSITTER : Agbare lid , hier praat ons net oor vervoer in gevalle van verskuiwings en nie oor die vervoer van vullis nie . In verband met die skoonmaak van huise , moet elkeen wat ' n huis het dit self skoonmaak en self sien hoe om die vullis weg te kry . Agbare lede , ek sê weer dat hierdie subhoof vir bespreking oop is . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , die vrae van die agbare lid Hihulifua is nie vir my duidelik beantwoord nie . Die eerste item van subhoof G handel oor Vergoeding . Verlede jaar was ' n bedrag van R2 400 begroot terwyl daar vanjaar net R400 begroot is . Onder item 2 - Voedsel en vervoerkoste , waar daar verlede jaar R2 400 voor begroot was , is vanjaar net R400 op die begroting . Meneer die Voorsitter , wanneer ons oor vergoeding aan diegene wat moet verhuis dink , dink ons aan ' n persoon wat sy huis reeds gebou het , maar weens die onhigiëniese toestand moet hy verskuif na ' n ander plek . Die agbare Minister het in sy begrotingstoespraak gesê dat ' n paar mense in sinkhuise woon . Om ' n sinkhuis te maak het hy spykers nodig , asook sement en planke . As ons praat van die koste van een huis is R400 nie eers genoeg nie . Sê byvoorbeeld die departement het besluit om sekere mense te verskuif wat goeie huise het , sal hierdie R400 genoeg wees om vir daardie huise te betaal . Meneer die Voorsitter , wanneer ons by item 2 , vervoerkoste , kom waar daar R400 begroot is om die mense te vervoer in die tyd wanneer die koste van petrol so hoog is , ek wil verneem of die Minister miskien nog ' n ander bedrag het om daardie werk mee te doen behalwe die R400 wat reeds genoem is . Miskien kan hy vir die Huis verduidelik hoe hy verlede jaar se bedrag benut het , miskien is daar min gebruik . As hy dit goed gebruik het , sal ons ook hierdie bedrag aanvaar . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking .

LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek het ' n vraag oor subhoof G , item 1 , met ander woorde vergoeding aan iemand wat van sy plek verskuif word . Ek wil inligting hê , is hierdie verskuiwing bedoel net waar mense uit ' n sekere plakkersbuurt na ' n nuwe dorp verskuif word of is die huise van die mense wat verskuif word as gevolg van die bou van nuwe paaie ook ingesluit . Is dit so dat die mense wat in plakkershuise woon vergoed word , maar die wat nie in sulke huise woon nie word nie vergoed nie , of hoe staan die saak nou eintlik . As dit ook Owambo - huise insluit wat verskuif moet word weens padverleggings dan moet ons besef dat die Wambo's nou beter huise bou as in die verlede . As dit ook Wambo- huise insluit dan stem ek nie saam met hierdie bedrag nie . Ek wil net ' n verduideliking hê , is die bedrag vir die plakkersdorpe en vir die Owambo- huise . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking .

LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ons is nog by subhoof G. Daar word van dorpe in hierdie subhoof gepraat . Daar word gesê dat die toestande waarin hierdie mense lewe nie goed vergelyk met teenwoordige gesondheidstoestande nie . Dit lyk of die agbare Minister van hierdie departement wat dit betref goed gekyk het na die nuwe dorpe . Dit lyk of die ou dorpe nie baie higiënies is nie , want baie van die huise in die Wambo- dorpe lyk soos drankwinkels . As mens daar in kom lyk dit soos ' n drankwinkel . Ek

190 . weet of die toestande aldaar kan verbeter nie , of moet dit maar so voortgaan . VOORSITTER : Agbare lede , die agbare lid kan later voortgaan . Die agbare lid moet verstaan dat ons van die verskuiwing van mense Ons praat nie van goed wat hulle in hulle huise gebruik praat . nie . Agbare lede ek verdaag die sitting vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) Agbare lede ons gaan VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . voort met die bespreking van subhoof G. Ek versoek die agbare lid wat laaste gepraat het om voort te gaan met sy toespraak . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek was amper aan die end van my toespraak . Wanneer ons oor die item praat lyk dit of ons die oë van die agbare Minister wil oopmaak , veral daar die agbare Minister van hierdie departement homself gaan inspan om die Wambodorpe in orde te kry . As hy dit ooit waag om ' n dokter te stuur om daar te gaan ondersoek instel , sal die dokter verbaas wees oor die onhigiëniese toestande aldaar . Miskien sal daardie dokter self siek word , as gevolg van die vuil toestand waarin die mense slaap . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir bespreking deur die Raad . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek wil net aan die drie lede wat gepraat het verduidelik in verband met die verskuiwing van huise . Van die bedrag van R2 400 wat verlede jaar op die begroting verskyn het is net ' n gedeelte gebruik . Die R400 op vanjaar se begroting behoort voldoende te wees . In verband met die huise wat uitbetaal moet word , is dit ' n saak van die Departement van Landbou en Bosbou . Op hulle begroting is ' n groter bedrag vir die doel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede verstaan het wat vir hulle verduidelik is . Ek wil nogtans sê dat hierdie subhoof oop is vir bespreking . LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , ons is nog by subhoof G. Hierdie subhoof het die agbare Minister van Binnelandse Sake nou net verduidelik . Alles wat ons nie mooi verstaan het nie , verstaan ons nou . As ons na die begrotingstoespraak kyk , blyk dit dat subhoof G baie mooi verduidelik is . Vir my is dit duidelik en ek hoop dat dit vir almal so is . Daar is iets in hierdie departement wat ek oor wil praat alvorens ons hiervan afstap . Ek het baie opgestaan toe ons die bespreking van hierdie departement se begroting begin het maar ek het ongelukkig nie ' n kans gekry nie . Ek versoek die agbare Voorsitter om vir my ' n geleentheid te gee om iets te vra oor wat ons alreeds afgehandel het . Dit is my versoek . Na my mening is hierdie subhoof duidelik en ek stel voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , sekondant asseblief?

MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek dan aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof H) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking .

191 . LID TITUS KAAPENGELWA : Meneer die Voorsitter , ek wil net die agbare Minister van Binnelandse Sake bedank omdat daar in subhoof H voorsiening gemaak word vir Opleiding en Indiensneming en handvlytwerk . Die agbare Minister van Binnelandse Sake verdien ons dank in hierdie saak . In die begrotingstoespraak van die agbare Minister maak hy ook spesiaal melding van kreupeles en blindes . Meneer die Voorsitter , in Owambo is daar baie kreupeles wat in armoede lewe . Dit is nodig dat hulle geleer moet word om handvlytwerk te beoefen om sodoende vir hulleself iets te verdien . Wanneer dit verwesenlik word , sal dit hierdie mense help en sal dit waardeer word en vir die volk tot groot blydskap wees . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog steeds oop vir die Raad om te bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter, die agbare lid wat voor my gepraat het, het melding gemaak van dit wat deur die agbare Minister van Binnelandse Sake in sy begrotingstoespraak gesê is . Die agbare Minister het dit baie duidelik gestel dat daar in Owambo nie bekwame onderwysers is om die mense op te lei om handvlytwerk te doen nie , daarom is hierdie bedrag begroot . As daar nie bekwame leiers is nie dan is dit nie nodig om aan die agbare Minister te vra waarom daar nie bekwame leiers vir hierdie doel is nie . Hierdie subhoof is ook presies dieselfde soos dit verlede jaar deur die Huis aanvaar is . As ons ons daarteen uitspreek soos ons dit verlede jaar gedoen het - verlede jaar was ek een van die mense wat dit teengestaan het - lyk dit vir my of ons tyd mors om daarmee voort te gaan . Die vorige spreker het aan die agbare Minister gesê hy en hierdie Huis voel dat ons kreupeles en gestremdes goed versorg moet word . Ek hoop dit is ook die gevoel van hierdie Departement . Ek versoek net dat die agbare Minister sy bes moet doen sodat ' n paar van die kreupeles en gestremdes gehelp kan word . Ek stel nou voor dat hierdie subhoof aangeneem word soos dit is . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant? LID JOHANNES AMUKETO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die wetgewende Raad om die opsomming te lees . ( Sekretaris lees die opsomming) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van Binnelandse Sake on repliek te lewer oor sy begrotingspos . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek bedank die agbare Raad dat hy homself so ingespan het om my begrotingspos te bespreek . Ek versoek die agbare Raad om my begrotingspos te aanvaar soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Omdat daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie begrotingspos van Binnelandse Sake deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering vir 5 minute .

(HUIS VERDAAG VIR 5 MINUTE )

192 . MINUUT NR.55 : WYSIGING VAN ORDELYS :

VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede , ek versoek dat die Ordelys gewysig moet word . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n versoek aan die agbare Voorsitter en die agbare Raad rig dat ' n wysiging op die ordelys aangebring word sodat die departement van Werke nou bespreek word in plaas van die departement van Ekonomiese Sake . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Sekondant asseblief .

HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstelle ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie verklaar ek dat die wysiging van die Ordelys deur die Raad aanvaar is en ek versoek nou die agbare Minister van Werke om sy toespraak te lewer . MINUUT NR.56 : BEGROTINGSREDE VAN DIE MINISTER VAN WERKE : MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , voordat ek oorgaan tot n paar verduidelikings in verband met die begroting van my departement wil ek graag sekere aspekte van die werksaamhede van my departement onder die aandag van die Wetgewende Raad bring . Oor die afgelope jaar het my departement alle strate in Oshakati en Oluno Wambo - dorpe met ' n gruis laag bedek en laagliggende erwe in Oshakati Wambo - dorp opgevul . Die gruis vir hierdie werk was deur Wambo- kontrakteurs aangery . Daar is ook die afgelope jaar water en riolering in Oshakati en Oluno Wambo- dorpe aangelê . Elke woonperseel in hierdie dorpe beskik nou oor ' n waterkraan . Gedurende die afgelope jaar het my departement 30 straatligte in Oshakati Wambo- dorp en 26 straatligte in Oluno Wambo -dorp aangebring . Daar word nou gewag op elektriese kabels wat bestel is en wanneer dit ontvang word sal die werk voortgesit word . My departement het ook sportfasiliteite in Oshakati en Oluno Wambo-dorpe ontwikkel . In Oshakati Wambo- dorp is ' n sokkerveld , netbalbaan , atletiekbaan en ' n fietsbaan en in Oluno Wambo- dorp is daar ' n sokkerveld en netbalbaan . Daar is reeds ' n staalstruktuur ontvang vir die oprigting van ' n gemeenskapsaal in Oshakati Wambo- dorp . Die gebou sal hopelik eersdaags opgerig word . In Ruacana is ' n aanvang gemaak met die oprigting van 200 woonhuise . Daar is reeds 20 van hierdie huise voltooi . Daar is gedurende die afgelope jaar 30 damme vir veesuiping gemaak . Die meeste hiervan is die Kwanyama - gebied waar die nood die hoogste is . Die damboueenheid se werk word nou aansienlik verlig omdat die padboueenhede ook damme stoot waar gruis uitgehaal word vir die bou van paaie . Met die padbou was daar goeie vordering gemaak . Die ryvlak van die pad tussen Ombalantu en Uukwaluudhi is aansienlik verbreed en dit word nog steeds verbreed soos en wanneer die pad geskraap word . Tussen Uukwaluudhi en Ongandjera is daar 20 kilometer pad voltooi en die werk vorder baie goed . Die pad vanaf Etale na die Kavango- grens is 20 kilometer gebou en dit word verwag dat die bou van hierdie pad nou baie vinniger sal vorder omdat die departement onlangs 7 vragmotors , 6 stootskrapers , 3 pad-

193 . skrapers , 2 groot TS.14 grondverskuiwingsmasjiene , 2 padrollers en 1 mobiele dieseltenk aangekoop het . In die afgelope jaar het my departement 150 primêre skool klaskamers gebou wat die normale program van die departement is . Nou van Wambo's as vervoerkontrakteurs aanvaar is word verwag dat materiaal vir die oprigting van hierdie klaskamers spoediger afgelewer sal word . Gedurende die afgelope jaar is die sekondêre skool te Oshakati voltooi en oorhandig en by Okahao sekondêre skool te Ongandjere is enkel koshuisgeriewe ( slaapsale ) voltooi en Daar is gedurende die res van hierdie bouprogram is 50 % voltooi . die jaar 4 klinieke voltooi en aan die Departement van Gesondheid oorhandig . In die begroting sal u opmerk dat my departement vir die boekjaar 1975/76 ' n bedrag van R2 534 500 meer vra as die vorige boekjaar . Ons kyk na die verskillende subhoofde om te sien waaraan hierdie vermeerdering toe te skryf is . Onder die subhoof salarisse , lone en toelaes is ' n vermeerdering van R11 100 wat gebruik sal word vir salarisaanpassings , vakansiebesparingsbonusse en vir die indiensneming van meer tydelike hulp . Vir verblyf- en vervoerkoste onder subhoof B word R84 750 meer aangevra weens die indiensneming van meer werknemers wat meer verblyfkoste sal meebring en verhoogde spoorvragtariewe en verhoging in die prys van brandstof . Die kleiner bedrae wat onder subhoofde C en D aangedui word , is slegs nominale bedrae omdat daar in die verlede gevind is dat die bedrae voldoende is om enige uitgawes wat onder hierdie subhoofde nodig sou wees te dek . Onder subhoof E word Rll 400 meer aangevra vir uniforms vir werknemers , kampuitrusting en derdepartyversekeringspremies vir die voertuie wat vanaf 1 April 1975 van die Suidwes - Afrika Administrasie aan die Owambo- regeringsdiens oorgedra is . My departement verwag om meer te bestee aan materiaal vir konstruksie en instandhouding van paaie en vra gevolglik R57 400 meer onder subhoof F. Onder subhoof G is daar ' n verminderde bedrag vir die aankoop van masjinerie vir padbou omdat daar nie soveel masjiene as in die vorige boekjaar aangekoop hoef te word nie maar daar word meer gevra vir onderhouds- en bedieningskoste vir die nuwe masjinerie wat in die afgelope jaar aangekoop is . Onder subhoof H is daar ' n vermeerdering van R184 700 wat hoofsaaklik aangevra word vir die voltooiing van die Okahao sekondêre skool met enkel koshuisgeriewe ( slaapsale ) te Ongandjera en vir die oprigting van die sekondêre skool en koshuis te Ongha en vir die oprigting van 100 meer primêre skool klaskamers as die normale program van 150 klaskamers vir die jaar . Die vermeerdering van R512 800 onder subhoof J is vir watervoorsiening aan Owambo in ooreenstemming met die meesterwaterplan van die Departement van Waterwese en vir die aankoop van pompe en pompuitrusting . Daar word onder subhoof K ' n bedrag van R967 600 meer aangevra vir dorpstigting . As u na die bylae op bladsye 20 tot 22 van my departement se begroting kyk sal u al die besonderhede kry van die beoogde kapitaalwerke en onderhoud ten opsigte van dorpstigting . Die groter bedrae is vir Oluno sekondêre skool en koshuisgeriewe , paaie en dreinering , watervoorsiening en sanitasie by Ongwediva en behuising by Ruacana . Subhoof L is ' n nuwe subhoof om voorsiening te maak vir R7 200 ten opsigte van die salaris , toelae , reis- en verblyfkoste van ' n werknemer van die Suid- Afrikaan-

194 . se Bantoetrust wat vir die departement diens verrig en wie se salaris , toelae reis- en verblyfkoste van my departement verhaal word . Subhoof M is ook ' n nuwe subhoof waar voorsiening gemaak word vir R850 000 vir die ontwikkeling van die Hoofsetel te Ongwediva . Meneer die Voorsitter , dit verduidelik die werksaamhede van my departement en die veranderings in die voorsiening ten opsigte van my departement . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede hierdie begrotingspos is nou oop vir beginsel bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ons het gekom tot by die Departement van Werke , met ander woorde ons is nou besig om te werk . In sy toespraak het die agbare Minister melding gemaak van die pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi . Toe ek daarvan gehoor het , het ek gewonder of dit die ou pad is wat reeds bestaan of pr praat die agbare Minister van ' n nuwe pad wat daar gebou gaan word. Sover ek kan onthou het hierdie Huis verlede jaar baie gestry oor ' n pad wat reeds daar gebou is . Ek dink dat die pad waarvan die agbare Minister melding gemaak het ' n nuwe pas is , want daardie een waaroor ons verlede jaar gesels het , is seker al klaar , want hy was toe al byna klaar gewees . Die mense wat kennis daarvan dra het verlede jaar al so gesê . Die agbare Minister het verder oor paaie gepraat en ' n pad genoem wat van Etala na Kavango loop . Hy het die kilometers genoem van daardie pad . Dit lyk nou vir my asof die agbare Minister sy werk baie goed ken , hy weet wat daar gedoen word en is op die hoogte van sake en Ek onthy kan sê wat daar gedoen is en wat nog gedoen gaan word . hou hoeveel paaie ons verlede jaar voor gevra het . Ek is baie dankbaar dat ek gehoor het van vordeirng wat gemaak is met paaie wat gebou word . Alhoewel dit nou so is , is die paaie nog nie klaar gebou nie maar daar word gevorder , goed gevorder . Die agbare Minister het gesê dat hy in die verlede nie genoeg masjiene gehad het nie , maar nou is hy in besit van genoeg en goeie masjiene . Dit is ook iets wat verstaanbaar is . Dit is nou wat die agbare Minister gesê het , maar ons het self gesien waar die paaie gebou word en gesien wat daar gedoen word . Volgens ons mening word daar glad nie vordering gemaak nie . Die werk is baie stadig daar waar hulle besig is . Daar was redes genoem waarom sommige paaie dringend nodig is , en die agbare Minister moet dit onthou en hy moet aandag daaraan skenk . Daardie paaie moet eerste gebou word . As dit nou goeie vordering is , dan word dit betwyfel want dit is nie wat ek as goeie vordering beskou nie . Dit sal baie beter wees as die departement self gaan kyk wat daar gedoen word . Die departement kan vir ' n maand lank gaan kyk wat alles gedoen word , daar word inderdaad niks gedoen nie . As ek praat oor hierdie paaie , die bou daarvan , dan dink ek byvoorbeeld aan die pad vanaf Etale na Kavango . Daar is altyd ' n stryery tussen die Wambo's en die blankes wat daar werk . Daardie botsing tussen die werkers veroorsaak dat die werk stadig vorder . Daar is dikwels probleme tussen daardie werkers en dan gaan hulle Ondangwa toe om hulle klagtes daar in te dien en die werk word net so gelaat . Daar word gestaak terwyl die mense besig is om mekaar te vloek en dan word daar niks gedoen nie . As daar nog ' n persoon is wat sê dat die werk baie goed vorder , dan kan ek dit nie verstaan nie . Ek ken mense wat ontslaan is wat op daardie pad werksaam was , hulle is ontslaan as gevolg van die stryery , en dan word daar nog gesê die werk vorder goed , daarmee stem ek nie saam nie . Dit sal goed wees as daar gevra word hoeveel mense is gedurende die afge-

195 . lope jaar al ontslaan . U sal hoor dat die getal meer as 40 is . As u nou dink die werk vorder goed en die pad is amper klaar gebou dan hoor u weer dat die mense ontslaan is en dat die werk nie kan vorder nie . Ons wil nie net altyd hoor dat die werk goed vorder nie , ons wil hoor dat die werk klaar afgehandel is . Wat paaie betref eindig ek hier . Daar word baie keer gepraat oor skole en daar word gesê dat hierdie departement verantwoordelik is vir die bou van klaskamers . Die agbare Minister het nou ' n getal klaskamers hier genoem wat gebou is . As ' n mens primêre skole se klaskamers oprig dan doen hy ' n baie belangrike ding . As daardie persoon primêre skole se klaskamers kan oprig dan behoort hy ook die sekondêre skool se klaskamers op te rig , want hy weet die kinders sal nie altyd in die primêre skool wees nie , hulle sal ook eendag na ' n sekondêre skool moet gaan . Dit lyk vir my dat hierdie departement nie die sekondêre skool se klaskamers kan oprig nie , dat hy net die primêre skool se klaskamers kan oprig . Gewoonlik hoor ons net dat die sekondêre skole by Oakahau en Oshakati nog nie voltooi is nie . Hoekom is dit net altyd so dat die sekondêre skole net gedeeltelik gebou is en nie voltooi word nie , terwyl die primêre skole voltooi word . Dit lyk vir my asof hierdie departement aan elke werk net ' n bietjie werk en dat die werk net nie heeltemal voltooi word nie . Ons het vanoggend gehoor dat die vervoer van boumateriaal nou goed vorder , omdat Wambo - kontrakteurs nou daardie werk doen . As ons daar kom dan vind ons dat die kontrakteurs nie Owambo's is nie en dat die werk baie stadig vorder . Weet die departement daarvan? Wat hierdie agbare Huis verlang is dat daar gevorder moet word met al die werke , maak nie saak deur wie dit gedoen word nie . Daardie woorde dat daar goed gevorder word met sekere werke moet end kry , ons wil binnekort hoor dat sekere werk wat gedurende verlede jaar begin is voltooi is . Paaie en klaskamers wat in hierdie toespraak genoem is , moet asseblief nou voltooi word sodat ons nie weer daaroor hoef te praat nie , dan kan ons net oor nuwe paaie en nuwe skole praat . Dit lyk vir ons dat daar elke jaar net sekere bedrae begroot word vir dieselfde werk wat hierdie departement moet doen , maar in werklikheid word daar niks gedoen nie . As dit so is hoekom word daar nie gewerk nie , terwyl daar genoeg begroot is vir daardie werk wat gedoen moet word . Meneer die Voorsitter , ons verwag dat hierdie departement sy werk moet doen soos sy naam ook aandui . Ons wil graag sien dat daar iets deur hierdie departement gedoen word , in plaas daarvan om net na beloftes te luister . Die amptenare van hierdie departement moet ook in die gebied rondgaan en kyk wat daar gedoen word om self op die hoogte van sake te kan wees van wat daar gedoen word en reeds gedoen is . Hulle moet toesien dat daar goeie samewerking tussen die Wambo- werknemers en die blankes is . Ek het baie keer gesien dat wanneer ' n Wambo-werknemer na die kantoor gaan om klagtes in te dien , dan word gesê die baas is reg , maar die Wambo is verkeerd . Die Departement moet daardie saak bietjie dophou sodat daar nie weer probleme tussen die werknemers en die voormanne kom nie . As die departement toesien dat die werk goed gedoen word , dan sal daar nie klagtes en stryery tussen die werknemers wees nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê oor

196 . hierdie departement . Wat ek wil sê het ontstaan in die agbare Minister se toespraak . Die agbare Minister van hierdie departement het gesê dat daar gedurende die afgelope jaar 30 damme gebou is . Damme vir suiping van vee . As ek na Mbalantu stamgebied kyk dan kan ek sê dat daar sedert my kinderdae tot vandag toe nie ' n enkele dam in daardie gebied gebou is nie . Ek weet nie of daar damme gebou word nie . Ek woon aan die noordelike kant van die gebied . Dit is op die grens van Owambo en Angola . Vanaf ons grens na die grens van die Kolonkadhi - stam , met die grenspad langs oor ' n afstand van 5½½ myl sien jy glad nie ' n dam nie , met ander woorde as mens vanaf die noordelike grens van Mbalantu na die sentraal - stamgebied gaan dan sien mens geen dam oor ' n afstand van 5½ myl nie . Toe ek nou hier hoor dat die agbare Minister 30 damme gebou het , het ek gewonder . In sy toespraak het die agbare Minister gesê dat die meeste hiervan is in Kwanyama stamgebied gebou . Dit is miskien so soos hy gesê het dat die Kwanyama mense damme baie dringend nodig het . Dit is miskien so dat daar by ons glad nie damme nodig is nie . VOORSITTER : Agbare lid u sal nog kans gegun word om aan te gaan met u toespraak , ek verdaag die vergadering vir ete . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) VOORSITTER : Agbare lede ek vra Sy Edele die Kommissaris- generaal of hy iets wil sê . Agbare lede ons gaan voort met die bespreking van hierdie begrotingstoespraak . Ek wil die agbare lede sê dat ons Sy Edele die Kommissaris - generaal sal verskoon hy kan maar gaan . Agbare lede ons gaan voort met die begrotingstoespraak . Ek vra die agbare lid Johannes Andjamba om voort te gaan met sy toespraak . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek gaan voort waar ek geëindig het , ek was besig toe ons verdaag het . Ek wil verder praat oor damme . In sy toespraak het die agbare Minister gesê dat die dambou- eenheid se werk aansienlik verlig word omdat die padbou- eenhede ook damme maak waar gruis uitgehaal word vir die bou van paaie , maar nou is die damme wat deur die padbou- eenhede gemaak word almal net langs die grootpad . Die damme is nie binne die gebied nie en dus is dit nie toe enige hulp vir ons nie . Die tweede ding wat ek gaan noem is die pad vanaf Mbalantu na Kwaluudhi , waarvan hier ook melding gemaak is . Ek het baie keer , byna elke dag , oor die radio gehoor waar daar gepraat was oor paaie wat in Owambo gebou word , maar ek weet nie waar daardie paaie gebou is nie . Die groot bedrae wat altyd begroot word vir die bou van paaie , ek weet nie waar die geld bestee en waarvoor die geld gebruik is nie . Ek kan nie sien waar nuwe paaie gebou is nie . Sê nou byvoorbeeld u reis vanaf Oshakati na Ukalongo of vanaf Ukalongo na Mbalantu daar is geen paaie nie . U kan nie gedurende die reëntyd daar gaan ry nie . Daar word altyd gesê paaie word gebou . Ek het eendag op ' n polisie voertuig af gekom wat vasgesit het op pad vanaf Mbalantu na Okalongo . Ek het toe die polisie gevra hoekom daar nie ' n pad tussen Mbalantu en Okalongo gebou word nie . Die polisie het daarop geantwoord dat dit die werk van die Owambo- regering is . Ek weet nie waar daardie paaie is waaroor hier gepraat word nie , want daar word altyd gesê dat paaie gebou word , miskien is dit net die pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi . Is dit net daardie pad waaraan al hierdie jare gebou word . Ek begin moed verloor want ek weet nie , dit lyk vir my al die

197 . besprekings wat ons hier in die Huis voer word net onder hierdie banke gebêre en daar word niks gedoen nie . As voorbeeld verwys ek u na wat Sy Edele die Kommissaris - generaal hier gesê het , hy het oor Oshivelo gepraat . Oshivelo is ' n baie ernstige probleem onder die Wambo - volk en Oshivelo moet net eenvoudig verwyder word , maar dat dit nog nie verwyder is nie , is ' n bewys dat alles wat ons hier probeer regmaak te vergeefs is , want daar word niks gedoen nie . Die volk het ons hierheen gestuur om al die probleme op vreedsame wyse op te los . Ek sien nou dat ons pogings om probleme opgelos te kry alles tevergeefs is want daar word niks gedoen nie . Gewoonlik is dit sodat as ' n kind vir u kos vra en u weier om dit vir hom te gee dan sal daardie kind more nie weer na u terugkom nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking . LID RAKEL AMUNYELA : Meneer die Voorsitter , ek voel baie gelukkig dat ek hier in die Raad kan wees . Ek gaan praat oor paragraaf 2 van die agbare Minister se toespraak , asook paragraaf 8 . Die agbare minister het gesê dat daar goeie vordering met die bou van die pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi is , en dat daardie pad vergroot is . Dit is so , die agbare Minister van Werke praat die waarheid . Daar is wel ' n pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi . Ek gaan oor na die volgende paragraaf . ' In die afgelope jaar het my departement 150 primêre klaskamers gebou wat die normale program van die departement is . Nou sedert Wambo's as vervoerkontrakteurs aanvaar is , word verwag dat materiaal vir die oprigting van hierdie klaskamers spoediger afgelewer sal word . ' Dit is so dat die agbare Minister van die departement gepraat het wat hy gedoen het . Hy het gepraat oor die klaskamers wat hy opgerig het . Ek versoek hom nou eerbiedig om asseblief ook na die westelike dele van Owambo te kyk . Die kiesers het ons hierheen gestuur . Ons is verkies om goeie verhoudings en samewerking te bewerkstellig . Meneer die Voorsitter , die agbare Minister van die departement van Werke moet asseblief ook in ' n westelike rigting kyk , want dit is so dat daar in die weste nog nie genoeg skole is nie . Byvoorbeeld Die daar by Oshiwenda . Daar is ' n groot behoefte aan skole . Daar is net ouers kla en treur oor die tekort aan skole daar . sub- B en standerd 1. Die kinders in daardie omgewing moet hulle ouerhuise na standerd 1 verlaat om na Kwaluudhi of groter skole te gaan waar hulle vir die res van hulle skool termyn bly sodat hulle skool kan gaan . Die ouers huil en kla daaroor . Daar is nie klaskamers nie . Die agbare Minister van Werke moet nou asseblief begin met die bouvan klasse in die westelike dele van Owambo . Die tweede ding is dit , daar is nie water nie . Die kinders ly want die putte wat by die skole was , is gesluit . Hulle kry nie water nie , water is baie skaars in die westelike dele van Owambo . Meneer die Voorsitter , dit sal baie goed wees en ons gaan dit baie waardeer as die agbare Minister van hierdie departement ook in die westelike dele van Owambo gaan kyk . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingstoespraak is steeds oop vir bespreking . LID PENDUKENI FILIPUS : Meneer die Voorsitter , ek gaan oor damme praat . Hier in Owambo het ons nie damme nie , ons het net gate waaruit gruis gehaal is . As ek met hierdie groot pad ry dan sien

198 . ek aan die kant gruisgate wat vol water is . As u verder met die pad na die binneland ry sal u nie water kry nie . Wanneer jy water benodig moet jy na die mense gaan wat besig is om putte te grawe . Ek sal dit baie waardeer as die agbare Minister nou , aangesien hy gesê het dat hy nou genoeg masjiene gekry het , meer damme sal bou , dit sal baie goed wees , want die wat ons vandag het , is net gruisgate , nie damme soos hy gesê het nie . Ons het byvoorbeeld vanjaar nie genoeg reën gehad nie en het alreeds begin met die grawe van putte . Die tweede punt wat ek wil noem is paaie . Ons het gehoor dat daar paaie gebou word maar ek wil graag weet waar dit gebou word , waar begin die paaie en waar gaan dit heen . Gewoonlik is dit in Owambo so dat as een voertuig op ' n sekere plek gery het dan ry ander voertuie op dieselfde spoor en uiteindelik is daar ' n pad . Daar is hekke en draad weerskante van die grootpad , en as ' n mens miskien van die een plek na ' n ander wil gaan dan moet hy gewoonlik ' n lang draai ry om by daardie plek uit te kom , want die hekke is baie ver uit mekaar . Ek versoek ook dat die kanaal meer oorgange moet kry sodat ' n mens makliker by die plekke waar jy wil wees kan kom . Ons mors nou baie petrol om die lang draaie te ry , en dit is net omdat die kanaal nie oorgange het nie . As jy byvoorbeeld na Ondongwa wil ry dan moet jy ' n groot draai maak om oor die kanaal te kom , daar is glad geen oorgange nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingstoespraak is nog oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , dit lyk vir my asof ons nou lank genoeg oor die departement van Werke gepraat het . Alles wat ons hier sê gaan ons weer kry wanneer ons die items afhandel . Ek weet nie wat ons gaan doen wanneer ons by die items kom nie , want by die bespreking van die verskillende items gaan ons weer herhaal dit wat ons nou gesê het . Ek wil ook die agbare Minister van die Departement van Werke bedank vir alles wat hy vir ons gedoen het . Ek onthou dat ons swaar tussen Mbalantu en Kwaluudhi gereis het . Ons ondervind nog baie moeilikhede en probleme as ons reis tussen Kwaluudhi en Ngandjera . Daarom moet die departement bedank word , want as die departement nie die werk gedoen het nie sou ons nou nog met die swak paaie gesukkel het . Ek bedank ook die departement vir die oprig van skole . As die Departement van Werke nie daar is nie dan sal ons kinders altyd onder die grasdakke nat reën . Daarom moet die departement bedank word . Ek hoop dat al die geboue wat opgerig gaan word , daar is nie meer veel nie , volgende jaar hierdie tyd klaar sal wees . Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat hierdie begrotingstoespraak so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , dit is vir my baie moeilik , want ek wou nog iets oor hierdie toespraak gesê het . Ek het dikwels opgestaan maar ' n kans is nie aan my gegun nie , want in hierdie toespraak is nog baie waaroor ons behoort te praat . Ek versoek u om my ' n kans te gun om verder daaroor te praat? VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer die voor-

199 . stel dat daar nog oor hierdie begrotingstoespraak gepraat moet word .

VOORSITTER : Agbare lede , hande asseblief? Agbare lid u word toegelaat om te sê wat u wil sê . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , daar is baie dinge in die toespraak van die agbare Minister waaroor ek wil praat . Die agbare Minister het alles mooi uiteengesit en het onder andere gepraat oor paaie soos die pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi en die tussen Kwaluudhi en Ngandjera . Hoe lank word al aan daardie paaie gebou . Ek was self by verskillende plekke en het gekyk waar daar paaie gebou is . Die bou van daardie paaie het nie lank geneem nie , hoelank neem dit hierdie departement dan om paaie in Owambo te bou? Hoeveel jare moet daar gespandeer word vir die bou van hierdie paaie . Die plekke is tog nie ver van mekaar af nie . Die pad vanaf Mbalantu oor Kwaluudhi na Ngandjera is ' n kort pad . Hoekom word daardie pad dan oor soveel jare gebou ? As daardie pad met die hande gebou word dan is dit verstaanbaar waarom dit so lank neem . As daar masjiene is kan ek dit nie verstaan nie want dit is onmoontlik vir ' n mens om met masjiene so lank te neem om ' n pad te bou . Is daar masjiene en mense wat kyk hoe die werk gedoen word? As dit so is soos hier gesê is dat 20 kilometers gebou is , dan kan ' n mens dit nie verstaan nie . ' n Pad van net 20 kilometers kan nie soveel jare neem om klaar te kom nie , dit is onbegryplik . Dit is dieselfde pad aan die ooste van die Kwanyama- stamgebied . Is daar ' n persoon wat toesig hou en sien dat daar vinnig gewerk word en dat al die werk gedoen word , of is die werkers alleen daar ? As voorbeeld neem ek hierdie groot pad vanaf Oshakati na Ruacana . Die kontrakteurs wat daardie pad gebou het , het nie lank geneem om hierdie pad te voltooi nie , dit was binne ' n paar maande , 3,4 of 5 maande toe was die pad klaar gebou . Daardie mense wat in diens geneem is deur die regering word net aangestel om swaar te kry . Hulle werk nie . Die mense wat deur die regering aangestel is om ' n sekere werk te doen moet sy werk doen waarvoor hy aangestel is , as die paaie gebou word kan die volk die paaie gebruik . As die werk van hierdie departement so swak is dan lyk dit asof hierdie departement net die geld van die regering en die petrol vermors . Die regering gee die geld vir sekere werke wat gedoen moet word en daardie mense wat die werk moet doen doen niks nie · met die gevolk dat die geld gemors word . Ek is nou klaar met paaie ek gaan nou oor sportfasiliteite praat . As ek wil eerlik wees dan moet ek sê dat dit wat in hierdie toespraak staan nie die waarheid is nie . Sover ek kan onthou is daar net een Minister wat altyd die sportterreine besoek , en wat gaan kyk na die kinders wanneer hulle speel of oefen . Die werk wat 3 jaar gelede gedoen moes Hierdie speelgronde word verskyn nou eers in hierdie begroting . van Ongwediva is ' n ou ding maar vandag verskyn dit eers in die begroting . Ek laat die sportterreine daar en ek gaan eers oor na die van Oshakati . Daardie sportterreine by Oshakati wat daar gemaak is en so noodsaaklik is , is nie in goeie toestand nie . As daar gepraat word van daardie sportterreine dan moet daar onthou word dat dit wat daar is deur die mense self gemaak is , selfs die doelpale wat daar geplant is , is nie die regering sin nie . Is dit nie so dat wanneer die regering sportterreine maak , die regering alles moet gee wat daar moet wees nie . Daardie sportterreine by Oshakati behoort nie eers hier genoem te word nie ,

200 .

want in werklikheid is dit nie sportterreine nie . Dit is swak gemaak en dit deur die regering self . Die persoon wat so ' n terrein maak moet weet wat hy doen , hy moet sy werk goed ken sodat hy ' n goeie stuk werk kan lewer . Hy moet nie net sy masjiene vat en daar gaan krap en iets maak wat hy dink reg is nie . Watter soort sportterrein is dit wat selfs deur klein kindertjies as swak sportgronde beskou word . As ons in hierdie Huis praat oor dinge wat die regering moet doen en die gemeenskap daar buitekant sien dat die dinge hier besluit word nie behoorlik gedoen word nie , dink u dat ons die regte ding hier doen? Die dinge wat selfs die gemeenskap sien wat nie deurgevoer word nie , mag nie weer voor hierdie Raad gebring word nie . Dit wat ons in hierdie Huis bespreek mag ons nie belaglik maak nie , ons moet dinge doen en behoorlik sodat die volk nie vir ons lang nie . Daar is net drie plekke genoem waar daar sportterreine gebou is , soos Oshakati , Ongwendiva en Oluno . Is dit net die drie plekke waar daar kinders is wat aan sport deelneem . Moet daar by die Ohangwena stamkantore in Mbalantu en by Okahau nie ook sportterreine gebou word nie , is daar nie ook kinders wat speel nie ? As ek reg onthou is daardie sportterreine deur die mense self gemaak . Dit is nie deur die regering gemaak nie . Ek hou daarvan om te kyk na kinders wanneer hulle speel . Ek bly byvoorbeeld vanaf die oggend tot laat die middag as die kinders speel . As ek hier ' n naam mag noem dan wil ek sê dat net die agbare Minister Frans Iindongo gaan kyk as die kinders speel . Met alles wat ek hier noem moet die agbare Minister saamstem , want daar is niks vir ons kinders in Owambo gedoen nie , orals waar skole is moet daar sportterreine wees . Daar is nie sportgronde nie , want daar word niks deur die regering vir ons kinders gedoen nie . By Oshakati sekondêre skool is sportvelde skoongeskraap maar die persoon wat die sokkerveld beplan het , het dit nie goed gedoen nie , want hy het nie geweet wat om te doen nie . Hy het sommer net ' n klomp lyne daar getrek . Dit is nie ' n behoorlike veld nie . Die sekondêre skool te Oshakati is nie ' n tydelike skool nie , dit is permanent , en die kinders wat daardie sokkerveld gaan gebruik sal dit vir altyd gebruik . Ons moet sorg dat dinge wat vir die kinders gedoen word , behoorlik gedoen word sodat die kinders en veral ons jeug goeie voorbeeld kan navolg , want more is ons nie meer daar nie en die kinders kan nie in onkunde so gelaat word nie , ons moet vir die kinders iets doen om as ' n goeie voorbeeld te dien . Ek wil nie meer lank oor die toespraak praat nie , maar ek wou dit net noem dat ' n mens nie een enkele wyk kry wat oor sportterreine vir hul kinders beskik wat tevredenheid verskaf nie . Selfs by die skole te Oluno is daar nie voldoende sportterreine soos ' n mens sal verwag nie . Ek is een van die mense wat sportterreine by C.D.M. Oranjemund help maak het . Vir meer as 20 jaar het ek daar gewerk en sommige van die Ministers weet dat ek baie kennis het van die bou en maak van sportterreine . C.D.M. maak self sy sportterreine en spandeer sy eie geld daarop , dit is nie die regering wat vir hom werk nie , maar hy doen goeie werk . Die regering moet hierdie dinge regstel . Hier is ook gepraat oor straatligte maar die ligte is buite die huise en binne is daar geen ligte nie . Dit is tog so dat die ligte binne in die huise moet wees en nie buitekant_nie . Waarom word dit buite gesit en nie binnekant nie . Daar word gepraat van Owambodorpe . Is daardie dorpe se huise werklik huise of is dit motorhuise , want waar in die wêreld sien mens ' n huis wat nie

201 . plafonne het nie . Die persoon wat daardie huise opgerig het moet sy planne wysig , want dit is verouderd . Tot wanneer sal ons in daardie huise moet woon , want die huise wat daar is kan nie as huise beskou word nie , dit is net motorhuise . Meneer die Voorsitter , ek het net ' n paar punte genoem en gaan nou sit sodat die ander agbare lede ook kans kan kry om iets te sê . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek wil net aan u sê dat u in hierdie begrotingspos ' n subhoof kry wat handel oor paadie en landingstroke . Daar sal u sien wat daar gedoen word . Sommige agbare lede het al hierdie begrotingstoespraak aanvaar en dit is gesekondeer . Hulle het gesê dat alles weer in die besprekings van die afsonderlike items na vore sal kom . Hierdie begrotingstoespraak is aanvaar en dit is gesekondeer , maar ek merk dat daar nog agbare lede is wat iets hieroor wil sê . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek het net opgestaan op ' n punt van orde . Volgens die Reglement van Orde mag elke lid net eenkeer oor ' n sekere ding praat , en mag ny nie langer as 30 minute praat nie . VOORSITTER : Agbare lede , ek het reeds gesê dat hierdie toespraak aanvaar en gesekondeer is . Ek vra of daar nog iemand is wat nog iets wil spe ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat die begrotingstoespraak deur die Raad aanvaar is en ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om subhoof vir subhoof te lees . (Sekretaris lees subhoof A) VOORSITTER :

Agbare lede , subhoof A is nou oop vir bespreking .

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , dit is baie goed om n bedrag te aanvaar wat aan mense uitbetaal gaan word , veral wanneer die mense aan wie die geld uitbetaal word iets gaan doen in belang van die land . Hier sien ons baie voormanne en ek aanvaar dat dit mense is wat belangrike werk doen . Dit is voormanne wat in Owambo werk . Daar is baie klagtes ontvang dat die werk nie goed gedoen word nie , wat doen daardie voormanne dan eintlik . Miskien werk hulle nie omdat die geld vir hulle salarisse nie uit Owambo self kom nie maar uit die Republiek se fondse . Alhoewel dit so is dat hulle salarisse uit die Republiek kom , moet hulle onthou dat hulle verantwoordelikheid hier lê , omdat hulle hier werk , maar al word hulle uit die Republiek betaal verskyn die geld op ons begroting en dus kan ons oor hulle praat . Op die begroting word van voormanne en onder- voormanne gepraat , maar die vraag is wat doen hierdie mense? Ek weet van een voorman wat besig is met die pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi . Een Een is besig voorman is besig met die pad vanaf Etale na Kavango . ' n Ander gaan kyk om te kyk daar waar die klaskamers gebou word . na die sportterreine wat gemaak word , selfs al is dit nie hulle werk nie . Een gaan kyk na die gruisgate waar die gruis uitgehaal is en wat vandag beskou word as damme . Daar is nog ' n klomp voormanne wat ek nie weet wat hulle done nie en dit lyk vir my asof ons nie hierdie klomp voormanne nodig het nie , wat soek almal hier wat hier genoem word? As die regering van Owambo net nie beheer oor hulle mag uitoefen nie , dan mag hulle salarisse nie op ons begroting verskyn nie . As hulle salarisse hier verskyn as ' n uitgawe op ons begroting van uitgawes , dan moet ons weet hoeveel daar is en wat hulle doen .

202 . Ek onthou dat hier verlede jaar gesê was dat dit beter sal wees as daar in elke stamgebied ' n voorman kan wees wat verantwoording kan aanvaar oor alles wat daar in daardie betrokke stamgebied gedoen word . Dan kan al die mense in die stamgebied weet dat so en so die voormanne in die stamgebied is en dat hulle na hulle kan gaan as die werk nie vinnig gedoen word nie . As dit so is dat ons net ' n klomp voormanne het wat niks doen nie , dan help dit niks nie , want ons hoor daar is voormanne , maar ons ken hulle nie en weet nie wat hulle doen nie . Al gaan ons hierdie subhoof aanvaar hoop ek dat die agbare Minister vir ons gaan verduidelik hoekom is daar so ' n klomp voormanne en wat doen hulle alles . Ek hoop dat die agbare Minister ons versoek sal aanvaar sodat ons al die voormanne kan leer ken en dat ons dan na enigeen kan gaan wanneer ons werk het wat dringend gedoen moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , my vraag gaan oor item 3 Dit handel oor verlofgratifikasie aan amponder hierdie subhoof . tenare en aan afhanklikes van afgestorwe amptenare . Die bewoording verstaan ek , maar die idee daaragter verstaan ek nie . Meneer die Voorsitter , ek versoek dat ek ' n antwoord gegee word , my vraag moet nie so gelaat word nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid , ek verwys u vraag na die agbare Minister sodat hy u ' n verduideliking kan gee . Agbare lede , terwyl die agbare Minister dink wat die antwoord sal wees , is hierdie subhoof oop vir bespreking . LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê oor hierdie voormanne . Hierdie departement is die departement wat vir ons baie dinge moet doen , want daar is baie voormanne in hierdie departement . Ek het verstaan dat hierdie departement net ' n Minister het en ' n Sekretaris , maar nou sien ek dat daar ook ' n klomp voormanne is . Dit lyk vir my asof dit die klomp voormanne is wat veroorsaak dat die werk so stadig gedoen word , sodat daar nie gevorder kan word nie . Al die stamme verwag dat hierdie departement vir hulle iets moet doen , veral wat paaie en damme betref . Die mense in die land kla dat die departement niks doen nie , en dit lyk vir ons asof hierdie voormanne die oorsaak daarvan is . Hier is gesê dat mense mekaar vloek en skel en dat dit die voormanne se skuld is . Hulle ontvang salarisse maar hulle werk vorder niks nie . Dit lyk asof hulle net geld ontvang en dat hulle niks doen nie . As daar net een voorman in hierdie departement is wat toesig oor die werk moet hou sal dit onvoldoende wees? Hoeveel honderde mense is daar in hierdie departement waaroor hierdie voormanne toesig moet hou . Meneer die Voorsitter , ek kan dit nie mooi verstaan nie , daar word net mooi niks gedoen nie , en dit is omdat daar te veel voormanne is . Dit sal baie beter wees as ' n paar van hierdie voormanne ontslaan word , sodat ons kan sien hoe dit in die toekoms sal gaan . Hier is ' n klomp mense vir dieselfde werk , en daarom ontstaan daar altyd ' n stryery tussen hulle . Die een sê dit moet so gedoen word en die ander sê weer nee dit moet so gedoen word . Hulle is almal voormanne en hulle is almal bekwame mense . As daar net een voorman is wat beheer uitoefen oor wat gedoen moet word sal dit baie beter gaan . Dit het baie gebeur dat ek by ' n voorman kom en ek wil hom iets vra dan sê hy nee , gaan na die ander voorman . As ek weer by hom kom dan verwys hy my na die een waar ek

203 . alreeds was omdat hy nie weet wat gedoen moet word nie . So is dit dan dat daar altyd twis is en die werk nie vorder nie . Dit is baie belangrike werk wat gedoen moet word , maar nie vorder nie . Die fout het net gekom omdat daar so ' n klomp voormanne is . Die agbare Minister poog om iets te doen maar sy voormanne doen niks nie . Daar is net een Minister vir hierdie departement , maar daar is baie voormanne . Hy verloor somtyds moed want die voormanne is te veel . Die voormanne kan somtyds teen die agbare Minister optree . Dankie , dit is al wat ek wil noem . VOORSITTER : Agbare lede , u word weer daaraan herinner dat die tyd dopgehou word wanneer u praat , sodat die ander agbare lede ook tyd kan kry om iets te sê . Dit is baie goed as u net eenkeer oor ' n sekere punt praat , maar dit is nie nodig om dit te herhaal nie.Die laaste agbare lid het net aanhoudend oor voormanne gepraat . As u Noem tweekeer oor iets praat dan is dit vir hierdie Huis genoeg . dit net een of tweekeer dan gaan u oor na ' n ander punt . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare lid Peter Kalangula se vraag beantwoord . Daar is voormanne vir die bou van huise , water en elektrisiteit . Hulle is by elke gebou nodig . Veertien poste is nog nie beklee nie . Hierdie bedrag word uitbetaal aan amptenare en afhanklikes van oorlede amptenare in ons departement . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering tot more om 10 - uur . Ek versoek dat die agbare lede baie vroeg moet kom en stiptelik hier sal wees . Ek vra dat u hier sal wees vyf minute voor tien . (HUIS VERDAAG TOT 29/5/75 ) DONDERDAG

29

MEI

1975 .

MINUUT NR.57 : Voorsitter open met gebed in Kwanyama . MINUUT NR.58 : NOTULE VAN 28/5/75 WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris om die notule van gister te lees .

(Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : word .

Ek vra ' n

agbare lid wat voorstel dat dit aanvaar

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek keur dit goed . VOORSITTER : Agbare lede , wie sekondeer? LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets wil sê ? Aangesien daar iemand opgestaan het nie , verklaar ek die notule as ' n korrekte weergawe van gister se verrigtinge . Agbare lede , ek vra of die agbare Hoofminister enige boodskappe het ? HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek het niks om te sê nie . VOORSITTER : Nou gaan ons oor om die begrotingspos van die Minister van Ekonomiese Sake te bespreek . Ek vra die agbare Minister van Ekonomiese Sake om sy begrotingstoespraak te lewer .

204 . MINUUT NR.59 : BEGROTINGSREDE VAN MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE : MINISTER FRANS AUPA IINDONGO : Meneer die Voorsitter , voordat ek die Raad inlig oor die beoogde werksaamhede van my departement wil ek ' n bietjie stilstaan by wat reeds gedoen is . My kollega , die Minister van Justisie , het verlede jaar gestaan hier waar ek nou staan . Toe het hy kortliks geskets wat die Departement van Ekonomiese Sake se doelstellings en mikpunte is . Ek gaan dit nie weer herhaal nie , want dit staan opgeteken in die verbatim verslag vir almal om na te slaan . Wat ek egter baie sterk onder die Raad se aandag wil bring is dat die fisiese uitvoering van die ekonomiese ontwikkeling wat deur my departement beplan word , deur die ander departemente en instansies uitgevoer word . Verskeie voorbeelde hiervan is verlede jaar genoem en ek doen dan ook met graagte verslag aan die Raad daaroor . Die verbruiksbestedings opname wat gemaak is , se verslag is nog nie finaal voltooi nie , maar word wel eersdaags verwag vanaf die Marknavorsingsinstituut van die Universiteit van Suid- Afrika . Die Departement van Statistiek , Pretoria , het al baie inligting en gegewens ingewin vir die opstel van Nasionale Rekeninge vir Owambo . Die werk word egter vertraag deur ' n tekort aan gekwalifiseerde personeel in daardie Departement . Daar is groot vordering gemaak met die opstel van ' n Nasionale Ontwikkelingsplan vir Owambo , deur die Universiteit van Stellenbosch . U sal egter besef dat dit baie groot taak is wat nie in een jaar voltooi kan word nie , en ons wag op hierdie plan . Maar , meneer die Voorsitter , dit verhinder ons nie om voort te gaan met die ontwikkeling van ons land nie . Meneer die Voorsitter , verlede jaar is in mosie nr.15 versoek dat ondersoek ingestel word na die ontwikkeling van myne . Daar is verlede jaar reeds melding gemaak van verskeie aangeleenthede rakende mynbou . Die lede van hierdie Raad is reeds bewus daarvan dat daar begin is met die vestiging van ' n myn by Otjivalunda SoutpanHierne . Tot dusver het die myn reeds 1 000 ton soda - as ontgin . die ontginning word behartig deur die South West Africa Compani wie se hoofkantoor op Grootfontein is . Die Kabinet het die volgende voorwaardes gestel : 1. Dat die maatskappy R100 per maand huurgeld betaal vir die grond wat hulle gebruik . 2. Dat ' n pad gebou word vanaf Outjivalunda na Ondangwa , vir die vervoer van sout . 3.

Dat Owambo kontrakteurs die vervoerwerk moet behartig .

Meneer die Voorsitter , op hierdie stadium het die myn reeds ongeveer 50 Wambo's in diens . Hulle is op ' n enkellopende basis in diens geneem , tot tyd en wyl geskikte huisvesting voorsien kan word vir hulle gesinne . Dit is ' n saak wat nou dringende aandag geniet . Die Etosha Petroleum Company het nog nie met sy boorwerk begin nie , dit is in die Opononomeer gebied , en my departement is besig om vas te stel waaraan die vertragings te wyte is . My departement het ook ' n verslag aangevra van die Bantoe Mynboukorporasie , oor mynbou moontlikhede in Owambo . Dit is dus vir my aangenaam om die volgende inligting daaroor te gee . Die B.B.K. het gedurende 1969 begin met die ondersoek na bouklip in Owambo en in 1970 het die Bantoemynboukorporasie die onder-

205 . ondersoek voltooi . Die sowel as teerpaaie word die westelike grens , en nou ' n klipbreek aanleg

enigste bouklip wat geskik is vir beton , gevind ten noorde van Obombo- Owambo aan by Ruacana . Die departement van Werke het noord van Obombo- Owambo opgerig .

Meneer die Voorsitter , dan kyk ons nou ' n bietjie na die Nywerheidssektor , die dienste sektor en toerisme . Soos wat die Raad verlede jaar ingelig is , is dit so dat daar van die Bantoebeleggingskorporasie gebruik gemaak word om hierdie sektore te ontwikkel . Die bantoebeleggingskorporasie het reeds begin met die oprigting van ' n vleisverwerkkingsfabriek te Oshakati . Wanneer die fabriek in Januarie 1976 in werking tree sal die kapitaalkoste daarvan R1,7 miljoen bedra . Ter ondersteuning van die vleisfabriek ontwikkel die B.B.K. ook 60 000 hektar grond in die Manghetti blok , teen ' n koste van R150 000. Die waarde van die beeste wat dan ongeveer R700 000 wees , om die vleisfabriek van die nodige aantal beeste te voorsien . Hierdie fabriek sal werk verskaf aan ongeveer 100 arbeiders . Op hulle begroting vir verlede jaar het die B.B.K. voorsien vir R250 000 vir ' n bierbrouery , biertuine en verspreidingsdepots . Weens tegniese probleme , waaronder die rioolwater verwydering die vernaamste is , kon daar nog nie met die oprigting van die brouery begin word nie . Die B.B.K. stel dit egter in die vooruitsig dat daar binnekort daarmee begin sal word . Die B.B.K. sal ook eersdaags begin met die oprigting van ' n droogskoonmakery te Oshakati , wat ongeveer R50 000 sal kos . Hierdie Raad het verlede jaar ook ' n mosie aanvaar in verband met handelsure . Na deeglike oorweging het die Kabinet besluit om ' n Kabinetskomitee saam te stel , bestaande uit die Ministers van Ekonomiese Sake , Justisie en Binnelandse Sake , met eersgenoemde as voorsitter , om die saak te ondersoek en aan die Kabinet verslag te doen . Meneer die Voorsitter , hierdie komitee sal met sy werksaamhede begin na afloop van hierdie sitting . Meneer die Voorsitter , dit is ook vir my ' n plesier om hierdie Raad te kan meedeel dat daar in die afgelope jaar magtiging verleen is deur die Lisensieraad vir die uitreiking van 50 nuwe handelslisensies . Meneer die Voorsitter , soos u dus sien word die fisiese ontwikkeling verwesenlik deur ander departemente en instansies . Dit is dus nie nodig vir my om te vra vir groot bedrae geld op my begroting nie . Soos tereg gedurende die sitting verlede jaar uitgewys is , kort my departement net meer personeel . Daar is ' n geruime tyd reeds vertoë in die verband tot die Regeringsdienskommissie gerig . Tot tyd en wyl die aanbevelings vir die addisionele personeel nie afgehandel is nie , kan my departement nie vir die addisionele personeel begroot nie . Al wat dus gevra word is dat daar voldoende fondse soos in die begroting aangevra word , vir die bestaande personeel en hulle werk , goedgekeur word . U sal opmerk dat die begroting van 1975/76 slegs R900 meer is dan die begroting van die laaste finansiële jaar . U sal op bladsy 30 van die gedrukte begroting sien dat daar onder subhoof A gevra word vir ' n vermeerdering van R750 . Hierdie verhoging is te wyte aan die algemene salarisverhogings , vir die amptenare , wat verlede jaar toegestaan is , asook aan die jaarlikse verhogings van die personeel wat in diens is . Dan word daar ook gevra vir ' n vermeerdering van R150 op subhoof B. Hierdie verhoging word aangevra vanweë die stygende kostes in motorvervoer . Die agbare lede sal ook opmerk dat daar ' n vermeerdering van R2 000 is vir die verhoging van die Minister se salaris . Hierdie

206 .

Dit voorsiening is in terme van artikel 5 van Wet nr.9 van 1973 . is dus nie nodig vir die Raad om hierdie bedrag goed te keur nie . Meneer die Voorsitter , die totale bedrag wat dus vir my departement aangevra word is R14 000 wat dan R2 900 meer is dan die bedrag wat vir verlede jaar goedgekeur was . Ek is tevrede dat hierdie bedrag voldoende is vir die werksaamhede van die departement met die huidige personeel tot sy beskikking . Ek versoek dus die Raad om die bedrag soos aangevra in die gedrukte begroting goedgunstiglik te oorweeg , en in beginsel te aanvaar . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingstoespraak is oop vir die Raad om in beginsel te bespreek . Agbare lede ek verdaag die vergadering vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingstoespraak is oop vir die Raad om te bespreek . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Minister van hierdie departement bedank omdat hy sy begrotingstoespraak so mooi gelees het . Soos hy dit gelees het is alles baie duidelik want hy het elke woord duidelik uitgespreek . Die agbare Minister het gepraat oor verskillende maatskappye wat besig is om ondersoek in Owambo in te stel om te kyk wat alles hier gedoen kan word . Verlede jaar was daar gepraat oor die moontlikheid dat verskillende myne in Owambo kan ontwikkel en watter invloed dit op die Ekonomie van Owambo veral die westelike dele kan hê . Dit het Outjiva lunda ook ingesluit . Verlede jaar was daar baie oor Obombo Owambo gepraat net soos daar vanjaar daaroor gepraat gaan word . Vir my lyk dit asof dit ' n gewoonte in hierdie Huis geword het om net oor sekere dinge te praat en te sê dat mense daarmee besig is . Ons wil graag weet wanneer dit klaar sal wees . ' n Mens is nou maar eenmaal so hy wil altyd graag hoor dat iets waaroor gepraat is eenmaal gedoen word . Ons verwag dat die agbare Minister vanjaar vir ons sal sê dat sekere werke nou aan die gang is . Ek weet dat dit lank neem om iets te beplan maar nie so lank nie . Hier is nog nie eens mee begin nie . Ek weet dat daar baie maatskappye is wat gewillig is om die werk hier in Owambo te kom doen maar ons kan nie verstaan waar die fout lê nie , is dit miskien die mense wat nie wil werk nie of wat is eintlik die fout dat daar nie gewerk word nie . Die lede van die Owambo volk probeer allerhande dinge om geld te kry , maar as daar in die westelike dele van Owambo minerale in die grond is , hoekom word dit nie ontgin nie sodat die mense werk kan kry om te doen . Dit lyk vir ons dat daardie rykdom net op papier geskryf staan , maar ons sien dit nie . In sy toespraak het die agbare Minister gesê dat die Owambo - kontrakteurs toegelaat word om die vervoer te doen vanaf die soutmyne . Watter Owambo kontrakteurs is dit? Hier word nie name genoem nie en ons ken hulle nie . Al word die name van die kontrakteurs nie genoem nie , wie is hulle en waar woon hulle in Owambo . Oor sulke dinge verlang ons ' n verduideliking want die volk daar buite wil altyd van ons weet hoe sekere dinge werk en wat daar in Owambo aangaan , maar ons is self nie op die hoogte van sake nie . Dit is heeltemal moontlik dat volgende jaar en die jaar daarop se begroting dieselfde sal wees , daar sal seker weer gesê word dat daar beplan word om myne te vestig maar hoever daar gevorder word sal ons nooit hoor nie . Verlede jaar tydens die sitting was daar gepraat van die pad na Outjivalunda . Vanjaar is dit weer die geval en word ons meege-

207 . deel dat die pad gebou word . Dit lyk vir my asof die mense in daardie departement net sit en skryf en nie die werk doen nie , ons weet nie waar die fout lê nie . Miskien is dit die mense wat die werk moet doen wat nie daarmee begin nie , of waar lê die fout nou eintlik? As ons tydens ' n sessie oor iets gepraat het , dan moet dit uitgevoer en geimplimenteer word . Dit is mos nie nodig om die volgende jaar weer oor dieselfde ding te praat nie . As dit tydens die volgende sitting genoem word dan moet daar net gesê word dat die werk al klaar gedoen is sodat die agbare Huis tevrede kan wees . As daar byvoorbeeld gesê word dat die werk by Mbalantu deur ' n sekere maatskappy gedoen word , dan is dit goed om dit te hoor . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingstoespraak is oop vir die Raad om te bespreek . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil ook die agbare Minister van hierdie Departement bedank vir sy mooi toespraak . Daarin is baie belangrike dinge genoem en ook dat daar gepoog word om Owambo ekonomies te ontwikkel . Alhoewel daar net name genoem is , name van plekke wat beskou word as moontlike bronne van inkomste vir Owambo , is ons dankbaar . Daar is een ding wat beskou moet word as ' n bron van inkomste vir Owambo , maar ons weet nie wat dit help nie , en dit is handellisensies . Dit is reeds die vyfde maand van die jaar en daaris nog baie mense in die land wat kla dat hulle lisensies rie hernu is nie . Hulle ondervind baie probleme want as hulle hul voorrade in die suide gaan koop word altyd daar by die groothandelaars gevra waar hulle lisensies is . Dan wil hulle graag weet hoekom dit so is , waar lê die fout , hoekom word hulle nie toegelaat om hul lisensies te hernu nie . Hulle kla verder dat hulle aangesê word om by kleinhandelaars te gaan koop waar enigeen kan koop wat nie in besit van ' n lisensie is nie . Meneer die Voorsitter , die mense kla dat hulle lisensies nog nie hernu is nie . Nou wat is die fout dan eintlik , hoekom word die lisensies nie hernu nie . Op watter manier kan daar dan inkomste vir Owambo gevind word as hierdie deur gesluit is . Die volk wil graag hoor wanneer hul handellisensies hernu kan word. Dankie, meneer die Voorsitter . VOORSITTER : spreking .

Agbare lede , die begrotingstoespraak is oop vir be-

LID JOHANNES NANTINDA: Meneer die Voorsitter , ek wil ook ' n woord van dank aan die agbare Minister van hierdie departement rig . Dit is hierdie departement wat vir ons volk inkomste bring . Ons kyk bietjie na die genoemde myn , die soutmyn by Outjivalunda . Die getal werkers wat daar in diens geneem is , is baie klein . Ons was verlede jaar baie tevrede nadat ons gehoor het dat Wambo kontrakteurs gevind is om gruis aan te ry vir die bou van strate in die dorpe , sodat die Wambo's ook geld uit die werk wat hulle doen kan kry . Ek het ook verder verneem dat die Wambo's toegelaat sal word om die sout vanaf Outjivalunda te vervoer . Ons was baie tevrede daarmee want ons het verstaan dat dit vir die Owambo's geld in hulle sakke sal bring . Op die oomblik sien ek dat vragmotors wat die sout vervoer nie aan die Wambo's behoort nie . Dus kan ons sê dat daar ' n vertraging is in die vordering van die ekonomiese opheffing van die Wambo's . Daar is een ding wat ek gaan noem wat ook ' n moontlike bron van inkomste vir Owambo kan wees en dit is die passasiersbusse , ek bedoel nie die spoorwegbusse nie . Daar is ' n bus wat mense vanaf Windhoek en ook vanaf Walvisbaai

208 . hierheen vervoer , kan daardie werk nie ook aan Wambo's toegeken word nie , daardie busse behoort aan privaat mense , as die Wambo's daardie werk kan oorneem sal hulle ander Wambo's in diens kan neem en so sal meer geld na Owambo kom . Lede van ons volk wil werk hê om te doen . Die werk wat vir ons volk ekonomiese vooruitgang kan bring . As die geld dan deur die eienaars van die busse uit Owambo geneem word waarvan gaan ons dan leef ? Ek het nog nooit gesien dat daar ' n Wambo is wat blankes vervoer nie , maar blankes vervoer Wambo's . Ek versoek die agbare Raad om asseblief te poog om werk vir die Wambo's te vind sodat hulle geld kan verdien . Baie van ons bly vandag in vuil plakkersdorpe , omdat daar nie vir ons werk is nie . Daarom versoek ek dat die agbare Minister van hierdie departement alles in sy vermoë moet doen om werk vir die Wambo te kry sodat die Wambo's geld kan kry . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie begrotings toespraak is oop vir bespreking . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek is baie bly en tevrede dat ek vandag in hierdie Huis kan wees . Ek is ook baie tevrede met al die vrae wat gestel is , want dit is opbouende vrae . Ek wil net iets hier verduidelik in verband met die agbare lede se vrae . U moet asseblief nie vrae herhaal wat reeds gevra is nie , ook nie oor iets vra wat nie voor u is nie . Daarvoor het u die begrotingstoespraak van die Minister voor u en is u ook in besit van die toespraak wat tydens die vergadering van die handelaars gelewer was . Die agbare lid Kalangula het gesê dat alles wat hier gesê is , ook verlede jaar gesê was . Ek glo dit is so . Ongelukkig is die Minister wat vandag hier staan ' n nuwe Minister . Hy het gesê dat daar net beloftes gemaak was wat nie nagekom is nie , maar ek wil aan hom ' n paar dinge noem wat al klaar voltooi is . Die soutpanne by Outjivalunda word reeds gewerk . Die vleisfabriek by Oshakati is nog aan die bou en dit sal binnekort voltooi wees . Daar is ook begin met die bou van droogskoonmakers wat ook binnekort voltooi sal word . Ek wil ook iets sê aan die agbare lid Thomas Shikongo . Die agbare lid moet asseblief kyk na die toespraak voor die handelaars . Dit is nie vir my nodig om dit weer te lees nie , die agbare lid moet dit self lees . Sy antwoord op die tweede vraag wat hy gestel het , is te vind in paragraaf 4. Ek wil ook die agbare lid Nantinda beantwoord . Hy het versoek dat daar werk gevind moet word vir die Wambo's . Die antwoord is in paragraaf 8. Dit is nie vir my nodig om verder daaroor te praat nie , en ek versoek hom om dit self te lees , want dit het te doen met handelaars . Die volgende ding wat ek wil noem is die vragmotors wat sout vervoer vanaf Outjivalunda . Daardie vragmotors behoort aan Wambo's . Dit kom ook in my toespraak voor . Daardie vragmotors van die blankes wat die sout vervoer moet deur ' n Wambo oorgeneem word . Hulle moet self die sout vervoer . Dit is nie dat die Wambo's nie die werk kan doen nie , die rede is dat daar nog nie een is wat die werk oorgeneem het nie . Daar was Wambo's wat van plan was om die vragmotors op skuld te neem , maar die eienaar van die vragmotor wil kontant hê . Alhoewel hulle nou besig is om die sout te vervoer kan enige Wambo wat ' n vragmotor het daardie sout gaan vervoer . Die rede hoekom die Minister van hierdie departement vergaderings gehou het met die handelaars is om die probleme van die handelaars te bespreek . Dit is goed en ook reg dat daar in elke land ' n sterk ekonomie moet wees . Dit is

209 . nie ' n maklike saak nie . Daar word baie kennis benodig , maar ons kennis is net nie altyd genoeg nie . Om al die probleme en die klagtes van die handelaars te hoor het ek vergaderings met hulle gereël . Dit het my laat besef dat my departement verteenwoordiEk gaan na hierdie sitting dadelik met gers dringend nodig het . Ek my werk begin , asook die verteenwoordigers van my departement . wil nou aan die agbare Raad sê wie die verteenwoordigers van my In die Kwambi - stamgebied is dit Thomas Nakambonde, departement is . in Kwanyama is dit Peter Kalangula , in die Ndonga- stamgebied is dit Israel Jona , in Ngandjera is dit Toivo Shiyagaya , in Kwaluudhi is dit Ananias Kananya , in Kolonkadhi is dit Malakia Lukas en in Mbalantu Ambrosius Andjamba . Die doel van hierdie verteenwoordigers is om die ekonomie van die land te help ontwikkel . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat u goed verstaan het wat die agbare Minister verduidelik het . LID PETER KALANGULA: Meneer die Voorsitter, ek weet dat die agbare Minister van hierdie departement ' n nuwe Minister is . Hoewel dit so is is daar tog amptenare in daardie departement wat nie nuut is nie . Ek wil net noem dat die Sekretaris van hierdie departement ook die Sekretaris was toe die vorige Minister verlede jaar nog daar was . Waaroor ek gepraat het , is die dinge wat die vorige jaar oor besluit was . Om te verneem dat daar al met die werk begin was , is al om oor dankbaar te wees . Ons het gemerk dat daar nog aan die vleisfabriek gebou word . Dat die wassery ook nog nie klaar is nie , dit is ook verstaanbaar want ons het dit self gesien . Al daardie werk wat hier genoem is , is nog nie klaar nie en die werkers wat in diens is , is baie min . Die agbare Minister het ernstig gepraat oor die besighede . Ek weet nie of dit reg is dat daar net gepraat word met die handelaars en gepoog word om alles reg te maak vir hulle nie . Die agbare Minister het gesê dat hy met die handelaars gesels het en na hulle probleme geluister het , maar dit is ook nodig om na die lede van die volk te luister . Al die Wambo's sal nie deur die besighede in diens geneem kan word nie . As ons byvoorbeeld kon sê dat Outjivalunda baie werkers het en dat die ander myne al oop is en dat baie Wambo's al daar in diens geneem is , dan sal dit beteken dat die Wambo's geld gaan kry . As die agbare Minister vergaderings met die handelaars hou dan is dit ook nodig dat die agbare Minister vergaderings met lede van die volk hou en na hulle probleme luister . Dan kan die Wambo's aan hom sê , ons wil dit en dat hê en ons wil gehelp word om geld te kry , want die departement is daar om almal te help soos die handelaars gehelp word . Ek glo dat die agbare Minister nie ontevrede moet wees nie , hy moet in alle rigtings kyk ook na die volk . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Minister van die departement bedank omdat hy sy toespraak so mooi uiteengesit het , en ook omdat hy sy toespraak mooi gelees het , ons het dit goed verstaan . Die agbare lede wat nie kan lees nie , het goed verstaan wat die agbare Minister in sy toespraak gesê het . Dinge wat onduidelik is veroorsaak dat daar vrae in ' n mens se hart ontstaan . In sy toespraak het die agbare Minis ter gesê dat die maatskappy R100 per maand huurgeld betaal vir die grond wat hulle gebruik . Dit het ' n vraag by my laat ontstaan , want ek weet

nou nie , hierdie R100 wat die maatskappy betaal , betaal hy dit omdat die myn aan die maatskappy behoort , of betaal die maatskappy hierdie geld as huurgeld of wat is die posisie ? Dat daar nou gereël is dat hierdie maatskappy R100 per maand betaal , behoort die myn nou aan hom of behoort die myn aan Owambo . El glo en hoop dat die agbare Minister vir my sal verduidelik wat die posisie is , daarom gaan ek voort . Ek wil net sê dat as dit so is dat daar in Owambo grond is wat ontgin kan word , sal dit vir ons baie probleme skep as ons die myne verkoop . As ' n sekere myn teen ' n bedrag verkoop word , sal dit armoede vir ons beteken , want dan sal die Wambo's of die inwoners van die land net as arbeiders daar kan gaan werk in plaas daarvan dat hulle die eienaars daarvan sal wees. Vir die Wambo's sal dit in elk geval ' n bron van inkomste wees , want daar sal baie wees wat in diens geneem kan word om vir hulleself iets te verdien . Ons weet dat hierdie maatskappy nou R100 per maand aan huurgeld betaal maar hoeveel verdien hy per maand uit die myn? Ek sal nie lank praat nie , en ek gaan nou oor na die handelaars . Dit is waar wat die vorige spreker gesê het dat die lisensies vanjaar nie hernu is nie . Die rede waarom die lisensies nie hernu is nie , is soos een agbare lid gesê het , omdat die amptenare nie regverdig optree nie . Dit sal baie help as die agbare Minister alles aan sy amptenare verduidelik sodat wanneer die handelaars met die amptenare praat dit op ' n vreedsame wyse sal plaasvind . Amptenare van B.B.K. moet ook gevra word om wanneer hulle besoeke aflê by sekere besighede aan wie hulle geld geleen het , reg op te tree teenoor die eienaars van die besighede . Die rede waarom ek dit sê is omdat ek eendag self gesien het dat ' n amptenaar aan wie sekere vrae gestel was , dit op ' n onbetaamlike wyse beantwoord het. Ons verlang dat wanneer so ' n amptenaar na ons kom en aan ons verduidelik wat die posisie is , en as ons miskien ' n fout begaan het , hy dit vir ons moet sê . Ons as besigheidsmanne het nie skoolgegaan waar ons kon leer hoe om handel te dryf nie , maar dit is net die Here wat ons gehelp het dat ons vandag handel kan dryf , sodat ons ons eie volk kan help . Ons weet dat ons baie foute begaan en daarom verwag ons dat wanneer sulke amptenare na ons kom moet ons vrae aan hulle stel en hulle moet ons antwoord sodat ons goeie handelaars kan word . Die rede waarom die blankes nie by ons winkels koop nie , is omdat daar baie foute is . Die blankes moet ons asseblief help sodat ons ons foute kan regm ak en hulle ook by ons kan koop . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , toespraak is steeds oop vir die Raad om te bespreek . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , een van die vorige sprekers het n vraag gestel wat ek ook wou stel , en die antwoord wat hy daarop gekry het is nie vir my voldoende nie . Die agbare lid het gevra waarom die handellisensies nie vanjaar hernu is nie . Dit is ' n nuwe ding wat die handelaars ondervind en waarteen hulle nie gewaarsku was nie . Die eerste dag van Januarie vanjaar toe die handelaars hulle belasting gaan betaal het , is daar aan hulle nuwe aansoekvorms oorhandig wat hulle nie voorheen gesien het nie . Hulle het probeer om daardie vorms te voltooi en aan die stamsekre tarisse te oorhandig soos dit die gewoonte was en daarna het hulle nie weer iets gehoor nie . Sommige van hulle het toe vorms teruggekry wat aandui dat hulle aansoeke vir hernuwing goedgekeur is . Dit is ' n groot probleem onder die handelaars .

211 .

Die vraag wat beantwoord is handel oor nuwe aansoeke , maar ons : vraag het gegaan oor die hernuwing van lisensies . Die departement ■ het versuim om die vorms betyds aan die handelaars terug te stuur en daarna het die departement aan die handelaar gesê dat hulle boete moet betaal omdat hulle laat aansoek gedoen het . ' n Paar van die handelaars het hulle vorms betyds teruggekry en hulle lisensies is betaal . Party het dit nie teruggekry nie en hulle is beboet . Dit moet asseblief verduidelik word . As dit dan nou die regte prosedure is wat gevolg moet word , dan moet daardie vorms vroegtydig aan die handelaars uitgereik word , dit wil sê gedurende November , sodat die departement kans kan kry om die vorms te onder#soek en goedkeuring te verleen aan die handelaars . Laat my net toe om ' n voorbeeld te noem van wat deur een van die departemente gedoen word . Die departement wat te doen het met die belasting op voertuie , reik waarskuwings vroegtydig uit dat die eienaars van voertuie hulle belastings betaal voor ' n sekere datum en die eienaars van die voertuie , nadat hulle gewaarsku is , het dan genoeg tyd om die belastings te betaal . As die eienaars van voertuie dan nie gedurende die gemelde tydperk hulle lisensies betaal nie , dan is dit hulle skuld as hulle beboet word . Wat met die lisensies van vanjaar gedoen is , het baie ontevredenheid onder die handelaars veroorsaak . Een van die agbare lede het gesê dat die handelaars in Owambo mense is wat nie | opgelei is nie , maar wat op hulle eie probeer om handel te dryf . Die nuwe vorms wat vanjaar aan die handelaars uitgereik is , is vir i geleerde mense wat presies weet wat om te doen . Ek versoek net dat hierdie departement dit in gedagte moet hou dat die handelaars net soos klein kindertjies is . As u aan hulle sê dat hulle moet vlug sal hulle val , want hulle kan nie hardloop nie . Daarom moet hierdie departement die handelaars aan die hand vat en hulle lei en stap vir stap verduidelik wat hulle moet doen . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER:

Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking .

MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare lede se vrae beantwoord . Agbare lid Peter Kalangula het gesê dat die departement vergaderings vir die handelaars gehou het maar dat die departement nie net daar is om vir die handelaars te sorg nie maar moet ook na die ander lede van die volk omsien . Ek het in my toespraak die redes gegee waarom die departement sekere handelaars gekry het om hom met die ekonomiese ontwikkeling van die land te help . Ek het gesê dat ek na die sitting dadelik gaan begin om my werk te doen . Die werk wat ons gaan doen geld nie net vir die handelaars nie , maar ek gaan die ekonomie van die hele land regstel . Ons gaan verder in die stamgebied waar ek nog nie vergaderings gehou het nie vergaderings hou . Verlede maand het ek in die Kwambi- stamgebied vergadering gaan hou wat nie net vir die handelaars alleenlik was nie , dit was vir al die lede van die stam . Die rede waarom ek dit nie in my toespraak genoem het nie , is omdat ek nog nie met al my vergaderings in die hele land klaar was nie .

My departement gaan verslag probeer doen aan hierdie agbare Raad van alles wat daar gedoen is of gesê is deur die volk. Ek kan 1 aan u sê dat ekonomie baie dinge insluit soos Landbou . Ek hoop dat 1 dit mettertyd alles gedoen kan word . Die agbare lid Nakambonde het gevra oor die R100 wat betaal word deur die maatskappy . Dit staan duidelik dat hierdie bedrag wat die maatskappy betaal net huurgeld is vir die grond wat hulle okkupeer . Ek het in my toespraak gesê dat 1 000 ton tot op datum ontgin is . Die maatskappy betaal 10 % per

212 .

ton aan die regering . Nadat die departement vasgestel het wat die soda-as op die ope mark kos kan hierdie 10 % selfs verhoog word . Ek het nie daarvan melding gemaak nie , want dit is nog nie vasgestel nie . Hierdie Huis is moeg vir beloftes , en daarom wil ek nie beloftes maak wat nie nagekom kan word nie . Die agbare lid Victor Vilho het gepraat oor handellisensies . Hy het gesê dat hy punt nr.4 nie verstaan nie . Dit is dat lisensie gelde nie betyds ingevorder is nie , is nie die lisensiehouers se fout nie , maar dit is die regering se fout en daarom mag daar nie boetes gehef word nie . Daarom is die vorms ook in Wambo- taal vertaal . Die agbare lid het gemeld dat die Wambo handelaars nie geleerde mense is nie , dit is daarom dat die departement die vorms ook in Wambo- taal vertaal het . Ek verwys u ook na punt nr.3 . Sulke mense moet gespreek word en min of meer een tot 2 jaar gegee word om hulle besighede in orde te kry . ' n Kans moet aan hulle gegee word en as hulle nie daarin slaag om dit te doen nie moet hulle lisensies ingetrek word . Dit sal deur 4 mense ondersoek word . Twee besigheidsmanne en twee gewone lede van die publiek . Ek het alreeds gesê dat ek ' n nuwe Minister is , en dat die agbare Raad my moet toelaat om met my werk te begin . Ek wil dadelik met my verteenwoordigers begin sodat ons alles in ons vermoë kan doen om die land se ekonomie te bevorder . Ek hoop en vertrou dat ons goeie samewerking sal geniet sodat ons volgende jaar hier verslag kan kom doen van alles wat daar gedoen is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is steeds oop vir die Raad om te bespreek . LID JOHANNES ANDJAMBA : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Minister van die departement van Ekonomiese Sake bedank . Die departement het te doen met die welsyn van die inwoners . Miskien is hierdie departement besig om alles in die land mooi deur te kyk. Volgens my is hierdie departement net met die handelaars besig maar ek versoek dat die departement ook na die res van die volk Ek kan bymoet kyk , dit wil sê die wat nie handelaars is nie . voorbeeld meld dat ons as lede van hierdie Huis vrouens by die huis het , vrouens wat daar sonder werk is , wat elke oggend opHulle het werk nodig . Daar in die weste van staan en vuur maak . Owambo is standerd VI leerlinge . Baie van hulle kan nie hulle studies voortsit nie , terwyl baie van hulle al in die huwelik getree het . In baie van die groot werke te Oshakati vind ons standerd VI leerlinge wat daar werk . Daar moet ondersoek ingestel word na die skepping van nuwe werksgeleenthede sodat daardie mense iets kan verdien . In die hele Owambo is daar net een stamgebied waar daar meer as 100 besighede is , met net een groothandelaar . Kom ons dink byvoorbeeld aan Tsumeb hier naby . Ons kan sien dat daar omtrent 13 besighede is , terwyl daar in een van ons stamgebiede in Owambo meer as 100 besighede is sonder ' n enkele groothandelaar . Daar is Ek was een groot handelaar in Owambo wat aan die B.B.K. behoort . by verskillende plekke in Suidwes - Afrika maar daar vind u net nie ' n soortgelyke groothandelaar soos die van die B.B.K. Volgens ons tradisie hier in Owambo erf ' n kleinding van sy oupa wanneer sy oupa sterf . Dwarsoor die hele wêreld sal u nie vind dat ' n mens by ' n groothandelaar een vuurhoutjie of ' n naald kan koop nie . Nou weet ek nie of die groothandelaars van die B.B.K. help om te ontwikkel of agteruit te laat gaan nie . Soos ek sien sal alle kleinhandelsake hier in Owambo binne een jaar sluit , want

213 . die pryse van goedere tussen die groothandelaar en kleinhandelaar is te groot . Die prys van blikkieskos by die kleinhandelaar is baie hoog , en aangesien enigeen by die groothandelaars mag koop sal hulle nie die kleinhandelaars ondersteun nie . Ek bedank die agbare Minister van hierdie departement dat hy sy werk op so ' n bekwame wyse verrig het . Ek is baie tevrede want ek verwag dat die agbare Minister in al die hoekies sal gaan loer , want hy is self op hoogte van sake . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot om 2- uur . Die agbare lede moet asseblief in die saal agterbly . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede ons gaan voort met die besprekings oor die begrotingstoespraak van Ekonomiese Sake . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , in die eerste plek wil ek die agbare Minister van hierdie departement bedank dat hy sy toespraak so mooi gelees en die doel van sy departement so mooi uiteengesit het . Soos die agbare Minister self gesê het hier is voor my twee toesprake . Die een is gelees maar die tweede een nie . Die antwoorde wat die agbare Minister op die vrae gegee het Daarom gaan ek oor kom uit die toespraak wat nie gelees is nie . twee aspekte uit hierdie twee toesprake praat omdat albei aanvaar is en ons moet dus daaroor praat . In die toespraak wat die agbare Minister voor die vergadering van handelaars gelewer het , Daardie punte het hy punte gemerk wat vir hom baie belangrik is . is nie net vir hom belangrik nie , vir my is dit ook belangrik . Wat ek van die agbare Minister wil weet is of hierdie punte nou ' n wet gaan word of is dit net voorstelle wat gemaak is ? Die agbare Minister het in sy antwoord oor hierdie punte gesê , dat ' n groothandelaar wat sy goedere aan ongelisensieerde mense verkoop vervolg sal word . Dit mag nie gedoen word nie . Ek weet nie of hierdie agbare Minister die groothandelaars gewaarsku het om nie hulle goedere aan ongelisensieerde mense te Ons as verkoop nie , of het hy dit net hier op die papier geskryf . kleinhandelaars , wat in hierdie Raad sit en die ander wat daar buite in die gebied is , ons is tevrede met hierdie reëling as dit so besluit word . In verband met die ongelisensieerde handelaars het die agbare Minister gesê dat daar vier mense aangestel is wat ondersoek gaan instel , twee handelaars en twee gewone persone . Een van die agbare lede het alreeds gesê dat daar vanjaar vertragings was en dat die handelaars nie betyds hulle lisensies hernu nie , maar dat hulle later beboet is . Ek ken baie handelaars wat vanjaar boetes betaal het omdat hulle laat was met die betaling van hulle lisensies . Ek het gesê hierdie punte is baie belangrik , maar nou weet ek nie wat die posisie is nie , is hierdie boetes ' n nuwe ding of is dit net vir vanjaar ingestel ? Nou weet ek nie of die wat klaar beboet is , se geld aan hulle teruggegee sal word nie , of het die agbare Minister opdrag aan al die stamkantore gegee om nie meer die mense te beboet nie . Nommer 5 op hierdie notule is ' n punt wat baie Wambo's raak , want baie is reeds beboet of langs die paaie met hulle voertuie gearresteer . Ek weet nie aan wie die agbare Minister dit gesê het nie , het hy dit miskien aan die verkeerspolisie gesê , of is dit ' n wet of ' n voorstel? As dit ' n voorstel is dan is dit nie nodig om daaroor te praat nie , want die mense wil glad nie daarvan hoor Punt 7, nie . Al wat sal help is net om die probleem op te los .

214 . die agbare Minister sẻ hier dat die mense nie aan die hoofmanne en onderhoofmanne iets moet betaal vir die oprigting van besighede nie . Ek weet nie of daar al so ' n opdrag aan die hoofmanne gegee is om nie die mense te laat betaal nie , of staan dit net hier geskryf . Verlede jaar was daar ook gesê dat geen verdere Nou sê die agbare onwettige besighede opgerig mag word nie . Minister dat die mense nie geld aan ' n hoofman mag betaal nie , nou weet ek nie of die agbare Minister dit aan die hoofmanne gesê het nie . Dit is baie maklik om dit te sê , maar baie moeilik om dit uit te voer , want om elke hoofman of onderhoofman te nader en aan hom te sê dat hy nie die mense moet betaal nie , sal baie moeilik wees . Punt nr.8 is baie maklik want daar is net twee busse wat die Wambo's vervoer , en wat deur blankes bestuur word . Dit is maklik om vir die blankes te sê hulle mag nie meer die busse bestuur nie . Ek hoop dat die agbare Minister dit alreeds gedoen het . In nr.10 sê die agbare Minister dat kantoorwerkers en onderwysers, met ander woorde amptenare , nie mag handeldryf nie . Wat gaan die agbare Minister maak as hy vind dat ' n amptenaar handeldryf , maar die lisensie is nie op sy naam nie , wat gaan die agbare Minister maak want hy sê hy mag nie handeldryf nie? Daardie besighede wat nie op ' n amptenaar se naam is nie , al is hy die eienaar daarvan , maak ook dat hy nie sy werk doen nie . Die lisensie is nie aan hom uitgereik nie maar die besigheid self is sy eiendom . In nr.13 word gesê dat uitlanders nie handellisensies mag kry nie en dus nie mag handeldryf nie . Ek weet nou nie wie hier na verwys word nie , is dit miskien blankes , of Portugese of daardie mense wat die land ingekom het maar wat nie stamheffing betaal nie , of watter uitlanders is dit? In sy toespraak wat hy vanoggend gelees het sê die agbare Minister dat hy wag op die Marknavorsing Instituut van die Republiek van Suid- Afrika se verslag . Nou weet ek nie so mooi nie , want die Minister het gesê dat nadat hy dit ontvang het , sal hy met hy werk voortgaan , wat beteken dit alles? Op my vraag wat ek aan hierdie Minister gestel het , het ek oor die hoeveelheid fabrieke wat opgerig gaan word gepraat en het die agbare Minister soos volg geantwoord . Daar sal fabrieke by Onghau opgerig word . Dit sal goed wees as hy vir ons sê watter soort fabrieke daar opgerig gaan word , die volk verwag dat ek dit aan hulle moet sê . Daar is beplan om fabrieke by Onghau op te rig maar ek moet weet watter soort fabrieke . Wie het vir B.B.K. gesê om daardie vleisfabriek op Oshakati te bou? Is dit hierdie departement of het B.B.K. self besluit om dit te doen ? Wie het vir die B.B.K. gevra om ' n droogskoonmakery te bou? As dit hierdie departement is wat vir die B.B.K. gesê het om die fabriek en droogskoonmakery te bou dan moet hierdie departement verder beplan en sê watter soort fabrieke daar nog opgerig moet word . Die departement moet nie verwag dat iemand vir hom moet sê watter fabriek dit moet wees en waar dit opgerig moet word nie . Dankie , ek is nog nie klaar nie , ek sal weer later verder praat . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare sprekers beantwoord wat vrae gevra het . Die eerste lid was Johannes Andjamba wat gesê het dat hulle vrouens in die stamgebied werkloos is . Ek het alreeds gesê dat ek besig is om ondersoek in te stel om vas te stel watter werk daar vir die mense is , en nadat

215 . ek klaar vasgestel het , sal ek verslag aan hierdie agbare Raad doen . Ek het hier gesit en luister en het gehoor hoe die agbare Raadslede kla omdat daar net altyd beloftes gemaak word wat nie nagekom word nie . Ek wil nie die agbare Raad verder vermoei nie , want die Raad is al moeg van al die beloftes . Die agbare Raad het verder gesê dat daar baie winkels is , dit is waar . As ' n mens iets van die ekonomie af weet dan kan ' n mens sê dat daar te veel onnodige kleinhandelaars is . As ons dink aan die opname wat gedurende 1973 gedoen was , sal ons onthou dat daar 1 388 gelisensieerde handelaars was . Nadat daar weer nuwe lisensies uitgereik is , het ons nou 1 438 gelisensieerde handelaars . Die hoeveelheid inwoners van hierdie land is nie genoeg vir al hierdie winkels nie. Hier in ons land is nie genoeg werk nie , hier is nie ' n myn of genoeg fabrieke nie . As ons nou kyk na die getal werkers in Owambo dan sien ons dat hierdie winkels te veel is , met ander woorde as ons nou dink in terme van die ware ekonomie se ontwikkeling dan sien ons dat daar te veel winkels in ons land is . Dieselfde jaar toe daardie opname gedoen was , was daar 4 975 ongelisensieerde handelaars . Vanjaar vind ons dat daar 5 575 ongelisensieerde handelaars is . As ons nou dink aan die ontwikkeling van die ekonomie van ons land dan sien ons dat die ekonomie swaar ly onder hierdie groot getal handelaars . Ek gaan nou die agbare lid Immanuel Hihulifua se vrae antwoord . Hy sê dat daar twee toesprake is , een is gelees en die ander is nie gelees nie . Ek sê dit wat gelees is , die toespraak is . Die ander papiere is ' n notule van ' n vergadering met al die handelaars in Owambo wat gehou was te Oluno op die 5e Mei vanjaar . Die getal handelaars wat die vergadering bygewoon het , was 203. Paragraaf 2 op daardie papier sê ' die doel van die betrokke vergadering is sonder meer dieselfde as die een wat op die 19/4/75 by die stamkantore van Kwambi gehou was . Die Minister se doel met die vergadering was om inligting met betrekking tot die probleme van die handelaars en die struikelblokkke wat hulle ondervind te bekom met die doel om dit vir oorweging en verbetering aan die regering voor te lê . Minister Iindongo het dit beklemtoon dat hy nie sy persoonlike wil en besluite op die mense gaan afdwing nie , maar dat dit sy voorneme is om die handelaars te help deur hul saak aan die regering voor te lê . Minister Iindongo is van voorneme om die handelaars behoorlik in te lig oor die besluite wat die Regering gaan neem nadat hy dit by die Regering vir oorweging ingedien het . ' Dit wat ek nou gesê het , was punte op die notule van die vergadering wat gehou was met die handelaars . Die vrae van die agbare lid was wel verstaanbaar , maar SOOS u sien is dit hier geskryf , net die wil en wens van die handelaar self , en dit is hoekom ek dit vanoggend voor u gelê het . Daarom , meneer die Voorsitter en agbare Raad , ek het dit voor die Regering gelê soos dit hier gestel is . Die agbare lid het gepraat oor die verbruiksbestedingsopname wat deur die Universiteit van Stellenbosch gemaak word . Daar sal mense kom wat ondersoek kom instel na die ekonomie van die land . As voorbeeld noem ek ons jongmense wat altyd in die suide gaan werk , daar moet gedurig mense kom wat elke jaar ons land se ekonomie se ontwikkeling kom bepaal en met die vorige jaar vergelyk , om vas te stel of die ekonomie van ons land vorder of agteruitgaan . Die agbare lid het gepraat oor wie besluit het oor die oprigting van fabrieke , dit is ' n saak wat by die kantore besluit

216 . word . Ek wil net aan hom sê dat my kantore altyd oopstaan en as hy self daar kom dan sal hy voldoende antwoorde kry . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , u het seker goed verstaan wat hier verduidelik is . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek het mooi gehoor wat die agbare Minister van hierdie departement verduidelik het , maar oor die voorstelle en die besluite wat by daardie vergadering met die handelaars geneem was , het ek nog ' n verdere vraag . Is dit die agbare Minister se voorneme dat hierdie voorstelle of besluite aanvaar moet word sodat daar ' n wet gemaak kan word , of wat is die rede dat hy vir ons hierdie notule gegee het . Daar is ' n deel wat handel oor boetes , met ander woorde die stamsekretaris kan nog die mense beboet . Hierdie besluit is nog nie van krag nie . Ek wil nog ' n verdere verduideliking hê , want ek weet nie wat die doel van hierdie notule is nie . Moet dit deur hierdie Raad aanvaar word of wat moet ons hiermee doen? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is steeds oop vir bespreking . Ek doen ' n beroep op u asseblief om nie meer as eenkeer oor ' n sekere ding te praat nie . U kan weer praat as u ' n vraag wil stel . LID MALAKIA NAKUMBA : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Minister van hierdie departement bedank omdat hy vergaderings in Ndonga en Kwambi gehou het . Daar is iets wat hy nie gedoen het nie. Hy het nie ' n vergadering gereël vir die groothandelaars en vir die ongelisensieerde handelaars nie . Hy het gaan luister na die klagtes van die kleinhandelaars maar het nie die probleme en die klagtes van die groothandelaars aangehoor nie . Dit is ' n fout wat deur die groothandelaars begaan word as hulle een battery verkoop . Dit veroorsaak dat die kleinhandelaars net nie kan vorder nie . Die ongelisensieerde handelaars maak dat die gelisensieerde Ek het hier gelees dat groothandelaars nie kan vorder nie . handelaars nie aan ongelisensieerde mense mag verkoop nie . Dit is iets waaroor daar elke jaar gepraat word , en tog kom daar nooit enige veranderings nie . Wanneer sal daar ' n verandering aangebring word . Wanneer sal vir al die mense vergaderings gehou word sodat hulle hul klagtes kan bring , soos die handelaars dit Daar is baie dinge wat gou gedoen moet word soos die gedoen het . pad na Outjivalunda wat gebou moet word . Dit is verstaanbaar . Daar is diefstalle wat gepleeg word in hierdie departement . Ek het vandag gehoor dat daar gepraat is oor die hernuwing van lisensies , toe het ek gewonder . Ek is in besit van ' n nuwe lisensie . Ek het ' n boete van R2 op daardie lisensie betaal . Ek het die departement gevra hoekom ek met dié bedrag beboet word , en Ek was die antwoord was dat dit iets met gesondheid te doen het . toe daar gewees . Ek het toe by die blanke uitgekom wat die mense met R2 beboet het . Ek het met hom gepraat en hy het gesê dat die besluit deur die Owambo - kabinet geneem is . Ek het toe aan die blanke gesê dat as dit die besluit van die Owambo- Kabinet is , dan Hy het is dit nie reg nie . Dit geld nie vir die hele Owambo nie . gesê dat hy ' n brief vanaf die Departement van Ekonomiese Sake ontvang het , waarin gesê is dat die departement , in samewerking met die Kabinet besluit het dat handelaars R2 moet betaal alvorens hy ' n lisensie kan kry . Ek het aan die blanke gevra hoe sal hy voel as ek in sy huis kom en sy vrou geld sou vra in sy afwesig-

217 . heid . Hy het gesê dat dit nie sy saak is nie dit is ' n saak van die Kabinet van Owambo . Ek het gehoor dat daar in die hele Owambo klagtes is dat die lisensies nie hernu is nie . Nou kan ek nie die ontwikkeling verstaan wat daar in Kolonkadhi ver in die weste plaasgevind het nie , terwyl die ontwikkeling in die ooste nie vorder nie . Ek sê nou vir die agbare Kabinet dat as dit is soos ek nou net gesê het , dan is daar apartheid in hierdie departement .

Ons het dit nie in Owambo nodig nie . As daar so besluit is dan moet daardie besluit vir die hele Owambo geld . Volgens wat hier geskryf is moet daar nie ' n boete betaal word nie . Daar is in hierdie toespraak gesê dat daar nie ' n boete moet betaal word nie . Die departement self weet dat daar handelaars is wat beboet is . Ek was ook by die Sekretaris van die Minister en dit is hy wat vir my gesê het dat die boete deur die mense van Gesondheid opgelê is . Wat ek nou nie verstaan nie is dat daar net in een stamgebied van Gesondheid gepraat word , hoekom nie in die hele Owambo nie . Ek wil net ' n beroep op die Kabinet doen dat daar nie besluite geneem moet word wat net vir een stamgebied geld nie , maar dit moet vir al die stamgebiede in Owambo geld . Ons is nou van plan om daardie lisensies wat ons vanjaar gekry het , terug te neem sodat ons geld teruggegee kan word , sodat ons net so kan bly soos die ander handelaars in die ander stamgebiede wat nog nie in besit is van nuwe lisensies nie . Ons wil goeie samewerking in die hele Owambo hê . Ons wil glad nie apartheid hier hê nie . Dit is duidelik dat die klagtes en probleme van die handelaars goed bekend is terwyl die klagtes en probleme van die groothandelaars en die gewone mense nie bekend is nie . Wanneer sal die groothandelaars dan weet wat hy moet doen en nie moet doen nie as daar nie vir hom ' n vergadering gehou word nie . Wanneer sal daardie ongelisensieerde mense kan sê waarom hulle sonder lisensies verkoop as daar nie vir hulle ' n vergadering gehou word nie . Ek wil net sê dat hierdie departement besig is om apartheid hier toe te pas . Op een vergadering wat by Ndonga gehou was , het ons gesê dat ons nie die groothandelaars in Owambo ken nie , en wat ons hier sien is in werklikheid net markte . Ons het nog nie gesien dat ' n groothandelaar een artikel verkoop nie . Ek het baie te sê oor hierdie departement maar die tyd laat my nie toe nie . Daar is ander agbare lede wat ook iets wil sê . Ek wil net aan hierdie departement sê dat dit nie regverdig is as boetes net op sekere mense opgelê en nie op almal nie . Al die mense in die hele Owambo moet beboet word , nie net lede van een stam nie . Ek het hierdie toespraak baie mooi gelees en het alles daarin gesien wat bespreek was . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , as gevolg van wat die laaste agbare spreker gesê het , het ons geskrik en ons wil graag ' n verduideliking hê . Ons wil graag hoor wat die posisie Is hy by is . Nou wat doen daardie blanke wat die mense beboet . die Oshakati Hospitaal ? Daardie blanke wat die mense beboet wil ons graag sien . Daardie blanke wat namens die stamsekretarisse optree , want die sekretarisse is die mense wat die lisensies uitreik . Ek sê dit hier voor almal dat die Kabinet geen blanke gestuur het om die mense te beboet nie . Daarom wil ons graag die hele storie hoor , want ons het nie sulke besluite geneem nie . As dit miskien die departement is wat iets daarvan weet dan wil ons graag van hierdie departement hoor wat dit alles beteken en waar

218 . dit vandaan kom , waar kom daardie besluite dan vandaan? Ons wil Ek is verbaas , en ek verlang ' n verdaardie lisensies sien . duideliking . Ek is doodseker dat ons Kabinet nie so ' n besluit geneem het nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering vir 15 minute . ( DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Neem u sitplekke in assblief . Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van hierdie begrotingstoespraak . Ek versoek die agbare Nakumba om haar toespraak voort te sit , want sy is nog nie klaar nie . LID MALAKIA NAKUMBA : Meneer die Voorsitter , ek praat die waarheid . Hier tussen ons is ook lede wat soos ek beboet is . Ons is in besit van kwitansies wat aan ons uitgereik is , en dit kan getoon word . Op daardie papiere staan geskryf , Gesondheid en die bedrag Nadat die agbare Minister van Onderwys gesê het dat die was R2 . Kabinet nie so ' n besluit geneem het nie , is ek van plan om daardie blanke by die hospitaal te gaan sien , want ek sal die saak Ek wil die volle waarheid weet . Daardie nie daar laat nie . blanke het dus leuens aan my vertel toe hy gesê het die besluit Ek wil net die agbare lede is deur die Owambo - Kabinet geneem . duidelik laat verstaan dat die bedrag van R2 nie as boete bedoel is nie , dit is vir die papiertjie van Gesondheid . U betaal dan die R2 en kry ' n sekere papiertjie en dit moet getoon word aan Ek het baie die stamsekretarisse vir die lisensie se uitreiking . regverdig opgetree , ek was self by die departement se kantoor gewees . Toe ek na die departement se kantoor gegaan het , het ek nog nie daardie R2 betaal gehad nie . Nadat dit aan my gesê is , het ek die R2 gaan betaal en daarna is die nuwe lisensie aan my uitgereik . Die rede hoekom ek hieroor praat is omdat daar in die hele toespraak nie gepraat word van die R2 nie . Ek het gehoor dat baie handelaars in die land nie nuwe lisensies gekry het nie . Dit is hoekom ek begin dink het dat dit vir my nie reg lyk nie . As daar enige verduideliking gegee moet word , sal ek dit waardeer , want ek wil die blankes daar by die hospitaal gaan sien . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om ' n verduideliking te gee oor dit wat deur die laaste spreker gesê is . Die betaling van die bedrag van R2 is ingestel nadat die Kabinet van Owambo die Departement van Gesondheid gevra het om die Departement van Ekonomiese Sake te help met die besighede in Owambo . Soos bekend oor die hele wêreld is besighede onderhewig aan die Gesondheidswet , want in besighede kry ons klere , sowel as voedsel wat vir ons siektes kan bring . Gesondheid moet dus elke gebou inspekteer om te sien dat dit aan die minimum gesondheidsvereistes voldoen . Daar word altyd gekyk na die vensters van die gebou of dit reg is en of die mure van die gebou van stene is of van sinkplate . Die Die Departement van Gesondheid het aangebied om hulp te verleen in die verband . Ek het die vergadering bygewoon wat te Oluno gehou was en waar die Sekretaris van hierdie departement sowel as die amptenare van die Departement van Gesondheid teenwoordig was . Op die vergadering was deur die Ndonga - stamowerheid gereël dat daar verduidelikings aan die handelaars gegee kon word sodat hulle op die hoogte van sake kan wees . Die verduideliking

219 . wat daar gegee was , was soos volg . Die mense van Gesondheid het gesê ons wette wat elders in S.W.A. van toepassings is op besighede baie streng is en nie deur die inwoners van Owambo nagekom sal kan word nie . Ons stem saam dat die wette gewysig moet word sodat dit ook van toepassing in Owambo kan wees . Aan ' n handelaar wie se besigheid van sinkplate gebou is , sal geleentheid gegee word vir ' n jaar sodat hy die gebou met stene kan vervang . As ons weer volgende jaar terugkom en vind dat hy genoeg bakstene het waarmee hy die gebou kan oprig , sal ons aan hom toestemming gee om te begin bou . ' n Persoon kan dan voortgaan totdat die gebou voltooi is . Dit is gedoen omdat ons gevoel het dat dit onregverdig sal wees om die mense nou te verplig om bestaande sinkgeboue nou af te breek . Dit kan tot onnodige probleme lei . Die mense van Gesondheid het verder gesê dat met hul besoeke aan besighede of persele dit wil sê , waar daar nog nie besighede opgerig is nie , sal hulle aan die eienaar van daardie besigheid of perseel ' n sertifikaat gee wat hy weer op sy beurt na die stamsekretaris moet neem . Dit is ' n sertifikaat wat die eienaar na die stamsekretaris moet neem en die sekretaris sê dan vir hom , betaal eers die bedrag van R2 en daarna sal die lisensie aan jou uitgereik word . Dit is die doel van die klein bedraggie van R2 , dit is nie ' n boete of soiets nie . Ek het reeds gesê dat dit die amptenare van Gesondheid was wat die stamowerheid gevra het om die vergadering te reël sodat hulle die handelaars kan help en hulle vooraf alles kan weet , sodat wanneer hulle gaan betaal , hulle reeds weet waaroor dit gaan . Hulle het verder gesê dat daardie sertifikaat die perseel en die besigheid sal beskerm . Daardie sertifikaat dien vir u as u beskerming , en as iemand anders kom en sê - nee , u besigheid staan op ' n slegte plek daar is vuilgoed in die omgewing asook vlieë ensovoorts , dan kan u sê - nee , die mense van Gesondheid was hier hulle het ' n inspeksie gedoen en het gevind dat die perseel en die besigheid in goeie toestand verkeer . Daardie mense het verder gesê dat as hulle sien dat die perseel waarop u wil bou nie goed is nie , dan sal hulle aan u sê , nee , u mag nie hier bou nie , bou daar of daar . Dit is volgens Wet . Meneer die Voorsitter , ek hoop dit is duidelik wat ek aan die agbare Raad wou sê . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat u goed verstaan het deur die agbare spreker gesê is . LID MALAKIA NAKUMBA : Meneer die Voorsitter , agbare lede , dit is nog nie vir my duidelik nie . ' n Lid van die Kabinet het hier gesê dat die Kabinet niks daarvan weet nie . Wat nie vir my duidelik is nie , is waarvandaan het die blanke dit dan gekry , want hy het gesê dat dit deur die Kabinet so besluit was . Hy het dit uitdruklik aan my gesê dat die besluit deur die Kabinet geneem was . As dit so is dan moet hy aan my sê , ek is jammer maar die Kabinet dra net nie kennis daarvan nie . Ek is gevra of ek in besit van daardie kwitansie is . Wat ek hier sê is die waarheid en daarom verlang ek nog ' n verdere verduideliking . As ek saamstem met die laaste spreker sal dit beteken dat ons almal verkeerd is . Dit is moontlik dat ons die Kabinet valslik beskuldig . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is steeds oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het alreeds gesê dat ons besig is om net oor besighede te praat . Aan ons is gesê

220 . dat die vergadering wat by Oluno gehou was , net dieselfde is as die wat in die Kwambi - stamgebied gehou was . Die vergadering by Oluno was net met drie handelaars . Ons is nie besig met die toespraak van die agbare Minister wat hy gelees het nie , ons is besig met die notule van die vergadering wat gehou was te Oluno op die 5e Mei hierdie jaar . Miskien moet ons net die notule bespreek en moet ons die toespraak eers los . Wat ek nou gaan sê het net betrekking op die besighede waarmee ons besig is . Die agbare Minister het gesê dat daar na ' n ondersoek vasgestel is dat daar te veel handelaars in Owambo is , en omdat daar te veel besighede is , is die ekonomie van hierdie land nie sterk genoeg nie . Hy het verder gesê dat daar baie , baie ongelisensieerde handelaars is . As ek nou hieroor dink dan wil ek graag vra , hoekom is daar so baie ongelisensieerde handelaars in ons land? Ek dink die antwoord sal wees , dat die mense besig is om geld te kry om van te leef . Daar is niks anders wat ons mense kan doen om aan die lewe te bly nie , want daar is nie genoeg werk vir hulle nie . Ek weet dat daar in die verlede in hierdie Huis gesê was dat met die ongelisensieerde handelaars so gemaak moet word en dat die plakkersdorpe verwyder moet word . Ek glo nie dat ons dit moet doen nie en dus stem ek nie saam met die Minister nie . As ons dit doen gaan ons baie onwettige besighede kry omdat daar nie werk is waar hulle geld kan verdien nie . Ek glo dat dit baie beter sal wees as hierdie departement aan ons sal sê daar is genoeg werk , julle kan almal gaan werk , maak toe die onwettige besighede . As die departement sê dat daar te veel ongelisensieerde handelaars is en dat te veel besighede nie goed vir die ekonomie is nie , kan ek dit nie verstaan nie , omdat daar nie genoeg vir al daardie mense is nie . Die Wambo's weet dat al die groot besighede wat vandag daar is , se eienaars van onderaf begin het , hulle het eers baie klein besigheidjies gehad . Al die handelaars het nie op dieselfde wyse begin nie , maar van die arm handelaars wat klein begin het , is vandag groot besigheidsmense . Al die Wambo's in Owambo weet dat al die gelisensieerde handelaars wat vandag daar is , was aan die begin nie gelisensieerd gewees nie . Alles wat die Wambo's doen , is net om iets te verdien , om geld te hê om hulle mense na die hospitale te neem en dinge te doen wat gedoen moet word . Ek is baie tevrede oor wat die agbare Minister gesê het , naamlik dat 'n alles aan hom behoort , koring , graan en alles behoort aan hom . Mens moet eers die land bewerk alvorens hy ' n oes kan kry . Die agbare Minister van Werke se werk is om baie mense in diens te neem sodat hulle geld kan verdien . Baie mense besit besighede wat onwettig is omdat hulle geld wil hê om vir hulle en vir hulle kinders klere te koop en sodat die kinders skool kan gaan . Ek het reeds gesê , dat hierdie departement nie net daar is terwille van die besighede en die ryk handelaars nie , maar die departement is daar terwille van die hele volk . As ons nou na die volk gaan en aan hulle sê dat dit wat hulle mee besig is gestaak moet word , waarvan gaan hulle leef , wat gaan hulle dan doen . Toe ons met die toespraak van die agbare Minister besig was , daar waar hy gepraat het van alles wat daar gedoen behoort te word sodat alle mense werk kan kry , het ons gesê dat hulle vinnig daarmee moet werk sodat daar genoeg werk kan wees vir al die baie mense sodat hulle geld kan verdien . As daar buite hierdie saal mense is wat luister na dit wat ons hier bespreek sal hulle sê , nee , die besprekings in hierdie

221 . saal gaan net oor handelaars , maar ons wat nie besighede het nie word nie na gekyk nie . Ek merk dat die notule van die vergadering wat in die Kwambi - stamgebied gehou was nie aan ons oorhandig is nie , omdat daardie notule myns insiens niks beteken nie , maar die notule van die vergadering van die handelaars die is wel aan ons oorhandig , met ander woorde ons is net besig met die handelaars en nie met ander mense nie . Ek doen ' n beroep op die agbare Minister om asseblief na die hele Owambo om te sien en nie net na twee stamgebiede soos hy tot nou toe gedoen het nie , tewete Kwambi en Ndonga waar hy reeds vergaderings gehou het nie . Ek wil verder aan die agbare Minister sê dat die rede waarom ons vandag soveel onwettige handelaars het , is net omdat die Wambo's na geld soek , hulle wil leef , maar as u genoeg werk vir die Wambo's kan kry sal dit beter gaan . Mense wat probeer om iets te doen , doen iets goeds want hulle kan nie net daar stilsit en niks doen nie . As hy niks doen nie sal hy steel omdat hy niks besit nie . Ek is ten gunste van dit wat die mense doen . Ek weet dat die volk van Owambo ' n volk is wat graag wil werk , en dit alles wat hulle hier doen is vir my ' n bewys dat hulle vooruit wil gaan en iets wil doen om geld te verdien . ' n Volk wat besig is om alles wat goed is na te aap , is ' n volk wat vooruit wil gaan . Ek wil net sê dat ons die volk moet eer , niemand mag in die volk se pad staan nie , hulle moet toegelaat word om vooruit te gaan . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is steeds oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek is baie bly dat die besprekings op die trant voortgaan . Ek wil graag verduidelikings gee op wat die agbare sprekers gevra het . Meneer die Voorsitter en agbare lede , ek wil graag ' n verduideliking aan die agbare lid Immanuel Hihulifua gee . Hy het gepraat oor die notule van die vergadering met die handelaars . Hy het gevra hoekom die notule na die Raad gebring is , is dit gedoen sodat die Raad dit kan goedkeur of is dit hier gebring om ' n wet te word ? Die rede hoekom die notule aan die Raad voorgelê is , is omdat daar onder die Raad ook lede is wat verteenwoordigers van die departement is , omdat hulle saam met hierdie departement gaan werk . Dit is vir my baie goed as die verteenwoordigers kennis neem van die versoeke wat deur die handelaars ingedien is . Dit is nie iets waaroor hierdie agbare Raad moet besluit nie , dit is net dat die verteenwoordigers kennis hiervan moet dra sodat , wanneer hulle met die werk begin , hulle sal weet wat gedoen moet word . Agbare lid Malakia het gepraat van die boete van R2 . Ek wil dit verduidelik dat die R2 is nie ' n boete nie . Ek wil nie herhaal nie want die agbare lid Tarah Iimbili het mooi verduidelik . Ek gaan nou oor na agbare lid Kalangula wat gesê het dat daar nie te veel besighede is nie . Hy het verder gesê dat al die besighede sonder lisensies begin het . Ek het verstaan toe hy gesê het dat al die besighede sonder lisensies begin het maar dit was lank gelede . Die ontwikkeling waarmee ons vandag besig is praat oor dinge wat vandag gedoen moet word . Ons wil hê dat alles wat daar is verbeter moet word . Die rede hoekom ons die handel in Owambo wil verbeter is omdat die tyd nou daarvoor ryp is . Ek versoek eerbiedig dat hierdie departement tyd gegee moet word , want hierdie Nadat ek ' n bietjie ondervinding opdepartement is vir my nuut . gedoen het , het ek vasgestel dat die verteenwoordigers nodig is sodat hulle kan help om die werk te laat vorder . Die departement

222 . is eintlik nie nuut nie , dit is oud , maar ek is ' n nuwe man in die departement . Ek dink dat alles wat in die verlede deur hierdie departement gedoen was , was baie bevredigend , en ek wil graag ook voortgaan met dit wat daar gedoen was . Agbare lede , ek wil aan u bekend maak dat dit ' n baie moeilike Laat my toe om taak is om ekonomiese ontwikkeling te bevorder . te sê dat dit nie help om net verstandig te wees nie , jy moet genoeg kennis hê en baie bekwaam wees . As ons nou sê dat die onwettige besighede maar so gelaat kan word en soos in die verlede handeldryf , dan gaan ons teen ons eie gelisensieerde handelaars wat versoek het dat ons teen daardie mense moet optree . Die klagtes en probleme wat deur die handelaars genoem is , het veroorsaak dat die handelaars daardie besluite geneem het , en dit is waarom hierdie notule na u gebring is . Ek wil net ' n beroep op die verteenwoordigers doen om bereid te wees om dadelik te begin met die werk . Alles wat deur die handelaars tydens daardie vergadering besluit was , sal deur die departement gedoen word met hulp van die verteenwoordigers . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking . LID JOHANNES KWEYO : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Minister van hierdie departement bedank . Ek het mooi en goed geluister na alles wat hier gesê is . Byna alles wat ek wou sê is reeds genoem . Ek wil net iets sê . Die eerste ding wat met ons volk en land Owambo gedoen moet word is dat dit op ' n skaal gesit en geweeg moet word, en eers daarna kan ons ' n wet maak wat op die volk van toepassing is . Ek weet dat handelaars gearresteer kan word as verkeerde dinge in sy besigheid gevind word soos byvoorbeeld blikkies kos wat nie goed is nie , of iets wat nie ' n papier om het nie . Ek weet daarvan . Ek weet nie of die volk van Owambo daarvan kennis dra nie . Die rede hoekom ek hieroor praat is omdat een van die agbare lede dit gesê het dat hy ' n sekere bedrag betaal het , maar nie weet waarvoor hy dit betaal het nie . Aangaande B.B.K. wil ek niks sê nie . Ek wil niemand beledig nie . Almal wat hier sit het miskien gesien dat daar by B.B.K. se Groothandel se ingang ' n wag staan . U almal weet dat daardie man sy salaris verdien omdat hy daar in diens is , hy moet kyk dat elkeen wat daar ingaan in besit van ' n handelslisensie is . Ek weet dat die wag by die deur nie belangstel in wat die mense wat ingaan gaan koop nie . Dit weet ek baie goed , want ek koop self daar . Punt nr.12 sê dat die handelaars hulle maniere moet verbeter . Die name wat hier staan is dit miskien name van die verteenwoordigers wat hier genoem is , of wie is dit? Ek wil verder sê dat die handelaars nie alles mooi skoonhou as daar nie ' n verteenwoordiger is nie . Daar is spesiale mense wat pryse vasstel en alles mooi in orde bring . Die mense staan bekend as die Kamer van Koophandel . As daar nie so iets in Owambo is nie sal die handel nooit tot sy reg kom nie , want elke handelaar sal sy eie pryse maak . Elke handelaar moet sy pryse op papiertjies skryf en dit op die artikels plak . Al die blikkies in die winkel moet ook papiere op hê , sodat ' n mens kan sien wat jy koop . Dit gebeur dikwels dat blikkies kos in die winkels sonder papier is waarop jy kan sien wat die inhoud van die blikkie is . In werklikheid mag u nie so ' n blikkie verkoop nie . Dit kan wees dat die blikkie kos sleg is , maar omdat die Wambo nie daarvan weet nie , verkoop hy dit . As hy nie opgelei en geleer word hoe om dit te doen

223 . nie , dan sal hy dit net verkeerd doen . Die persoon wat inspeksie doen haal dan alles wat sleg is van die rakke af en begrawe dit , want die eienaar van die winkel is nie geleer wat om in sulke gevalle te doen nie . In verband met hierdie punt nr.12 wil ek net sê dat daar mense moet wees wat rondgaan om die handelaars te help en te leer hoe om handel te dryf . Ons standaard is nog baie laag . Ons weet nie hoe om handel te dryf nie , al is ek in besit van baie Ek wil net graag geld weet ek nie wat om daarmee te maak nie . weet of hierdie mense lede van die Kamer van Koophandel is of wat se mense is hulle? Is daar ander mense wat die werk gaan doen? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die toespraak is oop vir die Raad om te bespreek . LID ANANIAS KAMANYA : Meneer die Voorsitter , ek is nog by die Ek het die vergadering van die handenotule oor die handelaars . laars by Oluno bygewoon . Toe daar vergadering deur hierdie agbare Minister daar gehou is , het die handelaars gesê - ons het verlang om u te ontmoet , want ons het verneem dat u nou die Minister van hierdie departement is ' Daar was groot en baie belangrike gedagtes by daardie vergadering geuiter . Die handelaars het al hulle klagtes en probleme genoem en het gesê dat hulle baie swaar kry . Die agbare Minister van hierdie departement het aan die handelaars gesê dat hy net gekom het om samesprekings te voer . Hy het ook gekom om na al die klagtes van die handelaars te luister . Die agbare Minister het geen besluit geneem oor dinge Toe ek hierdie notule gelees het , het wat daar bespreek was nie . ek gesien dat dit die notule van daardie vergadering is . Die handelaars vind ekself vind dit baie moeilik , en daarom het hulle gevra dat daar ' n wet moet wees wat hulle besighede kan beskerm . Daar is ' n wet wat alles beskerm soos onder andere die vee en al die diere en die besighede moet ook beskerm word . As mense gehoor het dat ' n sekere volk mooi vooruitgang maak en so ' n persoon in ' n land kom dan kyk hy eers hoe die ekonomie van die land lyk . As die ekonomie van die wêreld in ' n land kom waar die ekonomie swak is , dan sê hulle · nee , hierdie land ontwikkel glad nie . ' n Sterk ekonomie is die bewys van ' n land se ontwikkeling . In baie lande het die handelaars hulle volk in tyd van nood gehelp . Wanneer die reën baie swak is en die mense nie genoeg kos het nie kan die regering die handelaars nader en vra of hulle genoeg kos het om die volk te help . Baie probleme in die wêreld is al dikwels opgelos deur die handelaars . Ek weet dat die agbare lede nie sal saamstem met my nie , want ek weet u het dit nog nie ondervind nie , u was nog nie in ' n land Daar is termiete wat waar handelaars sulke hulp verleen het nie . die besighede opvreet . Hierdie agbare Raad moet asseblief toesien dat die besighede die ruggraat van ons volk se ekonomie word . Daar is nog mense van ons volk wat graag besighede wil open . In blanke gebiede is daar handelaars wat baie geld het , en ook blankes wat baie geld besit , maar hulle word nie almal toegelaat om handel te dryf nie . Gewoonlik is dit so dat in lande waar daar nie myne is nie is daar ook nie baie besighede nie , want die mense daar het nie baie geld nie . Ek was self daar by Ruacana en het gesien dat byna elke huis daar ' n besigheid is . Hierdie agbare Raad moet die mense by Ruacana jammer kry , want die werk daar is moeilik . Die werkers het hulle huise verlaat om by Ruacana te gaan werk , maar hulle sal niks met hulle saamneem wanneer hulle huistoe gaan nie , omdat die besighede daar al hulle geld opeet .

224 . Hulle is wel in diens en verdien baie geld , maar wanneer hy van die werk kom sien hy net gebraaide vleis waar hy loop en dan koop hy die vleis en so raak sy geld op . Omdat die gebraaide vleis elke dag verkoop word , eet die werkers elke dag vleis , met ander woorde hulle spandeer elke dag al hulle geld om vleis te koop met die gevolg dat hulle sonder geld bly en na hul huise sal terugkeer sonder geld . Drank is daar ook te volop en te maklik verkrygbaar . Die agbare lede het in hierdie Huis gesê dat die volk beskerm moet word , is daardie mense nie ook lede van die volk nie? Dit sou beter wees as ons sou toegesien het dat daar net genoeg besighede is vir die mense wat daar woon . Om die handelaars se besighede te sluit is voor die aangesig van God ' n groot sonde . Daar is baie slagysters in die hele Owambo gestel vir die besighede van die volk , orals waar jy kyk is net winkels , wat beteken dit alles ? In die Bybel lees ons dat sewe vet beeste en sewe maer beeste gekom het , en die sewe vet beeste is deur die sewe maer beeste opgevreet , met ander woorde die klomp onwettige besighede in Owambo vreet al die gelisensieerde handelaars op . Hoe gaan die nuwe besighede ooit vooruit kom as die ou besighede klaar bankrot geraak het . Meneer die Voorsitter , dit wat maak dat die volk goed ontwikkel is goeie gesonde besighede , dit wil sê vooruitstrewende handelaars wat die ontwikkeling van die land bevorder . Gestel nou een man het 10 seuns , en elkeen het ' n besigheid wat hulle wil open , en hulle bou hulle besighede in die omgewing van hulle vader se huis , wie gaan nou by wie koop? Is dit nou die regte ontwikkeling vir Owambo daardie ? Na my mening sal dit reg wees as die agbare Raad die handel in Owambo beskerm , sodat die handelaars die ontwikkeling in ons land kan bevorder deur in vrede handel te dryf . Die agbare Minister van hierdie departement het gesê dat hy ' n komitee gestig het wat gaan kyk dat alles wat die handel betref in orde moet wees . Hy het gesê dat ' n handelaar wat bankrot raak se lisensies sal gekanselleer word en die persele sal aan ' n ander een gegee word om handel te dryf . Alles wat hier gesê word kom ooreen met wat by die vergadering van die handelaars gesê was . VOORSITTER : Agbare lid , u het te lank gepraat . Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking . LID ALBERTINA KWEENDA : Meneer die Voorsitter , ons het nou genoeg oor handelslisensies gepraat . Ek weet dat ons besig is met die departement van Ekonomiese Sake . Al is daar baie gepraat , wil ek net aan die agbare Minister sê om ons ook te onthou . As ons praat oor die ekonomie van Owambo bedoel ons gewoonlik die besighede . Ek onthou dat daar dinge is wat vir ons geld kan gee en waaraan die agbare Minister moet dink . Daar is baie wat ons as vrouens kan doen in Owambo wat vir ons geld kan inbring , maar daar is nog nie plek waar ons die werk kan doen nie . Ons kan byvoorbeeld dink aan mandjies wat gevleg kan word . Miskien kan die agbare Minister vir ons ' n plek bou waar vrouens mandjies kan vleg of waar ons die mandjies kan verkoop , want mandjies bring baie geld in . Mens sien dit langs die pad as jy met die pad na Oshivelo ry . Aan die kant van die pad sien jy die mense wat die mandjies verkoop . Ons vra net die agbare Minister dat hy vir ons ' n plek of gebou moet kry waar ons die mandjies kan verkoop . Daar is ook erde potte wat verkoop kan word en help om geld in te bring . Ons versoek dat daar vir ons geboue opgerig moet word waarin erde

225 . Hier in Owambo is baie vrouens potte gemaak en verkoop kan word . wat mooi erde potte kan maak . ' n Vrou kan baie geld verdien as sy Ek versoek die agbaie van hierdie erde potte maak en verkoop . bare Minister om vir ons ' n mark te kry waar ons die erde potte kan gaan verkoop . Daar is ook baie wat deur die mans gedoen kan word waaruit geld kan verdien word . Die mans kan mooi houtwerk doen asook verskillende ysterware of gevlegde hoede , maar vir die goed wat gemaak wrod het ons ' n mark nodig waar ons alles kan gaan verkoop . As daar vir ons ' n mark opgerig word kan ons baie doen om die ekonomie van die land te versterk . Wanneer ons baie geld kry vir hierdie dinge wat ek genoem het , sal daar baie goed in omloop wees sodat ons by die winkels wat daar is ons voorrade kan gaan koop . Meneer die Voorsitter , dit sal baie goed wees en ons sal dit baie waardeer as u vir ons die dinge kan doen want ons volk het werk nodig . Werk soos die maak van mandjies of erde potte is baie goed . Dit kan by die vrouens se huise gedoen word waarna hulle dit na die mark kan neem waar hulle dit sal verkoop . Ek vra die agbare Minister om indien moontlik vir ons jongmense wat nie skool gaan nie en werkloos is , ' n plek te gee waar hulle kan brei sodat hulle dit ook kan verkoop . Hier in ons volk is baie mense wat goed kan brei . As al hierdie dinge in orde gebring kan word , sal ons in vrede hier in Owambo kan leef . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie sitting tot more om 10 - uur . (DIE HUIS VERDAAG TOT 30/5/75 ) VRYDAG

30

MEI

1975 .

MINUUT NR.60 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.61 : NOTULE VAN 29 MEI WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule te lees van 29/5/75 . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n voorsteller en ' n sekondant . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die notule van gister so aanvaar moet word . VOORSITTER :

Agbare lede sekondant asseblief?

LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare hoofminister om aankondigings te doen indien enige ? HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek Dankie . het geen boodskappe ontvang nie . VOORSITTER : Agbare lede , die volgende agbare lede het nie vanoggend gekom nie , agbare lid Lukas Kalomo , Herman Shongolo , Immanuel Elifas , en Paulus Heita . Agbare lede ons gaan vanoggend voort met die besprekings van die begrotingstoespraak van die Agbare Minister van die Departement van Ekonomiese Sake . MINUUT NR.62 :

226 . DEPARTEMENT VAN EKONOMIESE SAKE SE BEGROTINGS POS WORD BESPREEK : VOORSITTER : Agbare lede , ons het gister baie daaroor gepraat en is nog oop vir bespreking deur die Raad . LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ons het gister baie oor hierdie begrotingstoespraak van die agbare Minister van Ekonomiese Sake gepraat . Ons het genoeg daaroor gepraat . Ek stel nou net voor dat dit so aanvaar moet word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief ? LID TITUS SHIWALA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets sê voordat daar gesekondeer word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid as u nog iets wil sê , kan u dit maar sê . LID TITUS SHIWALA : Meneer die Voorsitter , ek wil eintlik nie iets hieroor sê nie , maar ek wil iets sê en dit is dat ons dit verder moet bespreek . Dit is nie ek alleen nie , maar ek hoop daar is nog baie agbare lede wat dit nie goed verstaan het nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Sekondant asseblief? Agbare lede , onthou asseblief as u gaan sekondeer dan moet u besef dat u gaan sekondeer wat die agbare lid Absolom Paulus voorgestel het . LID SILAS IIPUMBU : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer nie , ek wil net ' n vraag stel . VOORSITTER : Agbare lid as u toegelaat wil word om enige iets te Sit eers . Agbare lid , u kan praat dan moet u ' n versoek rig . maar praat . LID SILAS IIPUMBU : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n vraag vra oor een punt hier wat handel oor uitlanders wat nie hier mag handeldryf en lisensies kry nie . Toe ek hierdie punt gelees het , het dit my gehinder , omdat ek dit nie kan verstaan nie . Sover ek weet is daar baie van ons mense wat in die buiteland besig is om handel te dryf . Ons mense wat daar is , is nie in hulle moederland nie , en as die inwoners van daardie land verneem wat ons hier besluit en doen in verband met alle uitlanders , dan sal daardie mense ook klagtes teen ons mense wat daar is indien . Ek het op Walvisbaai en Swakopmund winkels gesien wat aan Wambo's behoort . Hulle dryf handel buite Owambo . Daar is ook ' n ander punt wat sê dat daar in Owambo te veel besighede is . Ek wil net graag weet hoe dit gedoen gaan word , op watter manier gaan ' n handelaar se lisensie gekanselleer word sodat ons minder besighede hier kan hê , en wat gaan die handelaar doen met sy voorrade wat in die winkel is ? Een van die punte is ook dat ' n persoon wat ongelisensieerd is nie by ' n groothandelaar kan gaan koop nie . As ' n groothandelaar aan sulke mense voorrade verkoop dan sal hulle vervolg word . Daar is nog ' n punt wat sê dat amptenare nie toegelaat sal word om handel te dryf nie . Dit is punte wat ek nie goed verstaan nie , en ek verlang verduidelikings daaroor . Die ongelisensieerde handelaars wat klaar geboue opgerig en genoeg voorrade het , is die persoon wat eers aansoek om ' n lisensie gedoen het , maar wat geweier is . Ek weet nie of daar mense is wat eers ' n gebou gaan oprig en voorrade gaan koop voordat hy aansoek gedoen het om ' n lisensie nie . Die persoon het aansoek gedoen maar sy aansoek is nie goedgekeur nie . Die vrae stel ek dan direk aan die agbare Minister van hierdie departement vir ' n verduideliking .

227 . Ten slotte wil ek net die agbare Minister bedank , want hy het sy toespraak baie mooi gelees . Ek hoop omdat hy sy toespraak so goed gelees het , sal dit ook vir hom maklik wees om hierdie vrae te antwoord . Nog iets , alle besighede wat daar is het van onderaf begin . Die handelaar het eers sy besigheid op klein skaal begin in ' n hut totdat hy genoeg geld verdien het om dit te vergroot . Die handelaars wat lank genoeg handel gedryf het se lisensies moet nou gekanselleer word sodat die aansoeke wat nou gedoen word kans kan kry om handel te dryf . Die mense wat vandag onwettige handel dryf , is net omdat hulle ook wil leef en geld wil verdien . As dit gestop word , sal hulle nie meer geld verdien nie en sal hulle baie skade ly . Die rede hoekom ek hieroor praat , is omdat ek gehoor het dat die handelaars wat bankrot gespeel het , se lisensies gekanselleer sal word . Dit sal net ontevredenheid onder die volk veroorsaak . Dit sal beter wees as almal toegelaat word om handel te dryf elkeen op sy eie en kan sien hoe hy vorder . Ek wil net hê dat die agbare Minister dit in gedagte moet hou dat die volk nie onnodig kwaadgemaak word nie , en dat daar vrede onder die volk moet wees , soos ons dit aan die volk belowe het . As u baie kinders in die huis het , sal u nooit bang wees om in te gaan nie . As u vir hulle kos in een bord gee sal hulle tevrede wees , want hulle kry kos . My versoek is net dat die agbare Minister van hierdie departement moet kyk waar almal gehelp kan word sodat almal tevrede kan wees . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lid ek verwys u vrae na die agbare Minister van hierdie departement . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek is baie tevrede met die vrae wat die agbare lid gestel het , dit is wyse vrae wat heeltemal verstaanbaar is . Ek is net jammer dat die vrae uit onkunde gevra is . Sy eerste vraag het gegaan oor die uitlanders wat nie handel in Owambo mag dryf nie . Dit is punt nr.13 , ek wil dit net vir hom lees . Uitlanders mag nie hier handelslisensies Hierdie gedagtes is nie my gedagverkry nie en handeldryf nie . tes nie , dit is die gedagtes en voorstelle van die handelaars self , die handelaars wat op hulle skouers ' n swaar las dra . Die agbare lid het gesê dat hy in Walvisbaai Wambo's gesien het wat besighede het . Dit is waar en dit is so , maar dit is net uit onkunde gesê . Ek gaan nou verduidelik en die agbare lede moet asseblief goed verstaan . Baie handelaars in Owambo was in die verlede van plan om in die suide te gaan handel dryf . Die Wambo's in die suide wat nie daar gebore is nie wou ook daar gaan handeldryf . Hulle het ook aansoek om lisensies gedoen om handel te dryf . Hulle is gevra om hulle dokumente te toon soos byvoorbeeld hulle geboortesertifikate ensovoorts . Aan hulle is verder gesê dat hulle in Owambo is , en hulle kan net in Owambo handel dryf en nie in die suide nie . ' n Paar van die Wambo- handelaars in die suide wat vandag daar handeldryf , het die besighede gekoop , die vorige eienaars het bankrot gespeel en hulle moes die geboue verkoop . Die handelaars hier in Owambo het gesien dat Angola hier naby ons is , en hulle wou ook besighede daar gaan oprig soos die mense van Angolo ook hier in Owambo handeldryf . Die Portugese owerhede daar Die in Angola het nie toegelaat dat ons handel daar kan dryf nie . handelaars het gesê as ons dan nie toegelaat word om handel te gaan dryf in die suide en in Angola nie , hoekom moet ons dan toelaat dat daardie mense vanaf daardie plekke hier in Owambo kan handeldryf . Hulle het voorts gesê as ons toelaat dat ons persele

228 . aan die uitlanders gegee word om handel te dryf , waar gaan ons kinders hulle besigheidsgeboue eendag oprig . Die handelaars het verder gesê , wanneer hulle toegelaat word om handel te dryf in Walvisbaai , Windhoek of ander dorpe in die Suide sowel as in Angola , dan sal hulle ook toelaat dat die uitlanders hier in Owambo handel kan dryf . Dat hier nou gesê is dat uitlanders nie toegelaat word om hier in Owambo handel te dryf nie , dit raak nie ' n Wambo nie , net die mense buitekant die grens van Owambo . Die idee is nie dat ' n lid van die Kwanyama- stam nie handel sal kan dryf in die Kwambi - stamgebied nie , en ook dat Ndonga in Ngandjera nie in mekaar se gebiede kan handel dryf nie , dit is nie die idee nie . Dit is dan die antwoord op die agbare lid se eerste vraag en ek gaan oor na sy tweede vraag . Die agbare lid se tweede vraag was dat die handelaars , die be staande handelaars , se lisensies gekanselleer moet word sodat die nuwe handelaars ook kans kan kry om handel te dryf . Dit is ' n baie belangrike vraag in die agbare Raad . As ons aan ' n besigheid dink dan moet ons onthou dat ' n besigheid iets is wat nie sommer net gestop kan word nie . Die naam van die departement dui dit self aan , dit is die Departement van Ekonomiese Sake , dit is nie ' n besigheidsdepartement nie . Ek sal bly en tevrede wees as daar groot besighede is wat ook baie Wambo's in diens kan neem . Die departement is nie daar om enkel persone te beskerm wat net besig is om vir hulle sakgeld te verdien nie , maar die departement is daar om die besighede en die ekonomie van die hele volk te beskerm en te bevorder . Die departement voel ook hartseer wanneer een van die groot handelaars of ou handelaars wat baie ryk is se voertuie breek of bankrot speel . Dit is ook ' n baie groot probleem onder die volk , want daardie mense wat deur so ' n persoon in diens geneem was wat bankrot gespeel het , sal nou werkloos wees . Ek doen ' n beroep op al die agbare lede dat wanneer ons iets bespreek , dan moet ons eers goed nadink of ons genoeg kennis daarvan het , en as ons nie genoeg kennis het nie , moet ons die vrae oorlaat aan ander mense wat beter daaroor kan praat . Die agbare lid het nog ' n derde vraag gestel . Sy derde vraag was , as u baie kinders in die huis het dan moet u nie bang wees om vir hulle kos te gee nie . Vir my is die vraag nie baie duidelik nie , ek verstaan dit self nie . Die agbare lid het verwys na punt nr.2 van die notule van die vergadering van die handelaars . Die agbare lid het gesê dat sommige handelaars se besighede toegemaak sal word sodat ons minder besighede kan hê . Die Minister van hierdie departement het glad nie so gesê nie , en die handelaars het dit ook nie gevra nie . Ek versoek net die Raad om my toe te laat om hierdie punt te lees . ' Ondersoek na sulke besighede moet aandag geniet en na goeddunke mag diegene wat daartoe bevoeg is om lisensie te verkry dit bekom . As voorsorgmaatreël moet ' n Wet aanvaar word om mense te verhoed om nie geboue op te rig en voorrade aan te koop voordat hulle amptelik toegelaat is om handel te dryf nie . ' Hierdie punt nr.2 handel nie oor die kansellering van lisensies nie , hier word net van ' n onsoek gepraat . Dankie , meneer die Voorsitter , ek hoop dat die agbare lid nou verstaan wat ek hier verduidelik het . Dankie . VOORSITTER : Agbare lid ek hoop dat u nou verstaan wat die agbare Minister verduidelik het .

LID SILAS IIPUMBU : Meneer die Voorsitter , ek het wel verstaan wat die agbare Minister van Ekonomiese Sake verduidelik het . Ek wil

229 . net herhaal wat gesê is en wat die Minister nie goed verstaan het nie , dit is van die kinders waaroor hy gepraat het . Ek het gesê as u baie kinders in die huis het , dan kyk hulle almal na u sodat u vir hulle alles kan gee wat nodig is . U moet vir almal gee wat hulle nodig het , nie net vir ' n paar van hulle nie . Ek het die besighede bedoel , die mense wat aansoek doen om lisensies nie . Dat almal tevrede gestel kan word . Dit is net die een dingetjie wat hy gesê het wat hy nie goed verstaan het nie . Ons wil nie hê dat daar mense moet wees wat teleurgestel is nie , ons wil net hoor dat almal tevrede is . Die agbare Minister het gesê dat groot besighede baie mense in diens neem , ek weet nie wat hiermee bedoel word nie . Die agbare Minister moet net in gedagte hou dat elke applikant wat aansoek om ' n handelslisensie doen , toegelaat moet word om ' n lisensie te kry sodat almal in vrede kan leef . Hierdie afkeuring van aansoeke skep net probleme en ontevredenheid onder die volk . Almal wil vandag handeldryf elkeen maak net gedl bymekaar sodat hy ' n besigheid kan open . Dit sal beter wees as handelaars wat meer as een besigheid het van sy besighede aan mense verkoop sodat elkeen net een besigheid kan hê . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n sekondant? LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , verskoon my ek sekondeer nie . Ek vra verder verskoning want ek was nie die heeltyd teenwoordig nie . Ek gaan miskien iets noem wat alreeds genoem is . Daarom versoek ek die agbare Voorsitter om asseblief nie sy hamer te gebruik as ek iets sê wat reeds gemeld is nie , u kan maar net u kop skud dan sal ek weet ek mag nie verder praat nie . VOORSITTER : Agbare lid , u kan maar praat . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek het by die eerste paragraaf van die agbare Minister se toespraak agtergeraak . Verskoon my dit is die eerste paragraaf van die besluite wat geneem is deur die Kabinet , punt nr.1 . Daar was een agbare lid wat ' n vraag gestel het en sover ek kan onthou was dit lid Thomas Nakambonde maar die antwoord op sy vraag het ek nie gehoor nie . Die punt is dat die maatskappy R100 per maand huurgeld betaal vir die grond wat hulle gebruik . Soos ons dit verstaan beteken dit dat as u iets huur , huur u dit vir ' n sekere tydperk waarvoor u dan huur betaal . Oor hierdie sin was ek baie bly maar as gevolg van die toesprake wat gevolg het , voel ek dat dit verkeerd verstaan is . Wat my bly gemaak het , is die feit dat ek die myn te Outivalunda gesien het , want ek was daar . Ek het die Outjivalunda myn al voorheen geken voordat daar ' n begin gemaak was met die werk . Toe ek gesien het hoe daar gewerk word , het ek by myself gedink dit maklik is om daardie myn te werk , behalwe dat daar ' n skaarste aan water is . In sy toespraak het die agbare Hoofminister gesê dat Owambo bronne van inkomste benodig . Toe ek die Outjivalunda myn gesien het , het ek gedink ons as Wambo's is baie gelukkig dat ons so ' n myn gekry het , want dit bring vir ons baie inkomste in en die werk wat daar gedoen word , is nie baie moeilik nie . Dit kan nie vergelyk met die Etosha Petroleum Company nie . As mens self na die myn kyk , dan sal jy verstaan dat die werk deur enige besigheidsman gedoen kan word , selfs Wambo's want dit is nie moeilike werk nie . Die persoon wat die sout daar uithaal , bewerk dit nie self nie , hy stuur dit na ' n sekere fabriek waar dit bewerk word . Wat ek nou eers wil weet is dit , hierdie R100 huurgeld , word dit betaal vir ' n vaste tydperk of is dit so dat die Owambo- regering later

230. vir die maatskappy kan sê om die plek te verlaat , of wat is die posisie . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede , u word vriendelik versoek om asseblief , wanneer u praat , te wag dat die tolk eers klaar praat voordat u weer praat . Dit wat u sê moet u duidelik sê sodat dit opgeneem kan word en dat dit dan duidelik op band kan wees . Agbare lede , ons gaan voort met ons besprekings . Ek versoek die agbare lid Toivo Shiyagaya om voort te gaan met sy toespraak . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek verlang net ' n verduideliking , maar laat my toe om hierdie geleentheid verder te gebruik . Ek het reeds gesê dat ek self gesien het dat die werk by die myn baie maklik is . Dit is nie moeilik vir die Departement van Ekonomiese Sake om saam met die Departement van Werke van Owambo-regering die myn te ontgin nie . Meneer die Voorsitter , ek is jaloers omdat die sout uit Owambo vervoer word na Johannesburg en dat dit vir die Xhosas en Zoeloes geld in hulle sakke gaan bring omdat hulle daar werk waar dit bewerk word . Ek het gedink dat dit baie beter sal wees as die sout binne Owambo bewerk kan word sodat baie van ons mense werk kan kry . Hoekom is daar ' n vleisfabriek gebou , alhoewel mens nog twyfel of daar genoeg vleis sal wees om die fabriek aan die gang te hou , hoekom is daar nie ' n soutfabriek in Owambo gebou nie , want ons weet en ons is seker dat daar genoeg sout vir ons vir minstens 60 jaar is . Dit is hoekom ek gesê het dat dit nie goed sal wees as die soutpanne aan die maatskappy wat daar werk verkoop word nie . Wat ek wil hê wat gedoen moet word , is dat as die soutpanne nog nie aan die mense verkoop is nie , maar aan die maatskappy verhuur word , dan moet hierdie departement daaraan dink of dit nie goed sal wees as daardie soutmyn aan ons gegee kan word om dit self te bewerk en die geld vir onsself te hou nie . VOORSITTER : Agbare lede , daar is nog ' n paar van die lede wat iets wil sê . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil hierdie geleentheid gebruik om aan die agbare lid Toivo Shiyagaya ' n verduideliking te gee . Ek wil die agbare lid bedank , omdat sy vraag ' n baie belangrike saak raak . Voordat ek die antwoord gee , versoek ek net die agbare Raad om asseblief die begrotings van uitgawes goed te bekyk , dit is op bladsy 46 en 47. Ek wil net eers hierdie bedrag van R100 as huurgeld verduidelik . Daardie bedrag is bedoel as die huurgeld van die perseel . Dit is tog duidelik in my toespraak gestel . Dit is net soos die huurgeld wat in die Owambo- dorpe betaal word . As ons nou op bladsy 46 kyk dan verwys ek u na subhoof ( 1 ) . Daar is geskryf Departementele Inkomste . U sien die bedrag daar R29 000 , dit is alles huurgelde en sluit ook die Outjivalunda - soutpanne se huurgeld in . Op bladsy 47 (4 ) , sien ons ' n bedrag van R100 000 , dit is die 10 % wat betaal word vir die Outjivalunda - soutpanne soos reeds genoem . Ek wil net verder aan die agbare lid sê dat die soutpanne nie verkoop is nie , dit behoort nog aan die Owambo- regering . Ek wil net duidelik stel dat die maatskappy die myn vir ' n tydperk van 3 jaar huur . Die besluit is dat na die tydperk van 3 jaar sal die myn aan die Regering van Owambo teruggegee word . Ek weet dat baie

231 . van die agbare lede handelaars is . Dit is nie maklik om wanneer u ' n kontrak met ' n sekere persoon aangegaan het dit in die tussentyd te kanselleer nie . Ons moet onthou dat daardie maatskappy onlangs begin het . Die maatskappy moes baie gereedskap koop vir gebruik in die myn en het tot op datum nog nie eens ' n profyt getoon nie . Ek wil net die agbare Raad versoek om toe te laat dat die maatskappy voortgaan totdat sy kontrak verstryk het . Vir ' n paar dae al is gesê dat die agbare Raad net hier byeen kom om beloftes te maak , maar ek was bang om van my kant af hierdie belofte te maak . Ek wil dit net duidelik aan die agbare Raad stel dat my departement besig is om bronne van inkomste vir die volk van Owambo te soek . Omdat die besprekings nou so baie lank aanhou voel ek dat dit my verhoed om dadelik met my werk te kan begin . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat die agbare lede nou goed verstaan het . Ek vra of daar nog iemand is wat iets wil sê ? LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek is baie dankbaar vir die agbare Minister se verduideliking . Ek hoop dat die hele Huis Ons is nie van plan nou tevrede is met hierdie verduideliking . Ons wou om die kontrak wat al aangegaan is te kanselleer nie . net weet wat die voordeel is wat ons uit die soutpanne kan trek . Aangesien daar nog baie agbare lede is wat opgestaan het , dink ek dat hulle ook wil praat . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , u kan nog verder praat . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , aangesien ons nog besig is met die departement van Ekonomiese Sake wilek ook iets sê . Dit is hierdie departement se werk om vas te stel hoe die Wambo-volk geld kan kry . Ons as Wambo's het vir ons rykdom , vee en koring . Ek wil net iets sê wat ek ondervind het . Ons produkte word nie as belangrike produkte beskou nie . Gewoonlik is dit so dat wanneer ek een van my osse verkoop dan kry ek nie die bedrag wat ek daarvoor wil hê nie , want iemand anders maak vir my ' n prys vir my eie bees . Oor hierdie wyse waar ek geld moet vat wat iemand anders gesê het genoeg vir my bees is , voel ek nie gelukkig nie . As ons nou dink oor die koring wat ons hier in Owambo bewerk , dit is moeilike werk , maar die koring word nie as belangrik beskou nie . Tot dusver is die prys van ons koring baie laag , en jy verkoop die koring teen 85c of Rl vir ' n 4 gallon blik vol . As ek eendag ' n sakkie rys gaan koop dan betaal ek baie daarvoor , met ander woorde hierdie agbare Huis moet asseblief toesien dat ons produkte ' n goeie prys behaal , sodat wanneer iemand van sy goedere verkoop hy moet kry wat hy verlang . Dit wil sê as iemand by my kom en ' n os by my wil koop en ek sê die prys is R60 en hy sê nee , dit moet R40 wees , dan sal dit beter wees as hy dit nie koop nie . Ons het hier tussen ons in Owambo die B.B.K. Hulle is daar om ons te help . Somtyds maak die B.B.K. ons ook hartseer . As ons na sy plaas daar op Manghetti gaan dan sien ons dat sy beeste meer is as die van Owambo self . Hy het die beeste by die Wambo's gekoop teen ' n baie lae prys . As hy nou daardie beeste vir sy slaghuis slag dan kry hy baie geld . Ons volk vleg ook mandjies . Ek het baie keer gesien dat die B.B.K. opsoek is na mandjies . Hy loop een mandjie teen 40c en dan gaan verkoop hy dit weer teen 80c . Ek wil net sê dat ons op hierdie manier baie verloor , terwyl die ekonomie van ons land daardeur verswak word . Ek versoek dat die produkte wat ons self hier kweek goeie pryse moet behaal en die volk nie beroof word van

232 . hulle produk wat hulle verkoop nie .

Dankie , meneer die Voorsitter.

VOORSITTER : Agbare lede , as u nog verder wil praat het u nou die geleentheid . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , ek het ' n paar woorde wat ek aan die agbare Minister van hierdie departement wil sê . Ek is baie tevrede met sy toespraak . Alles wat hy in sy toespraak gesê het , is vir my baie goed . Ek gaan net iets noem wat die Wambo's seermaak . Ek het gesien die agbare Minister het ' n Sekretaris . Hoekom werk die Minister dan vir so ' n lang tyd daar by Ondongwa sonder dat daar iets gedoen word . Hoelank het die handelaars vanjaar gewag dat hulle lisensies hernu moet word , waar word dit in die hele wêreld gevind dat mense so lank moet wag . Watter werk doen hierdie departement eintlik? Dit gebeur baie keer dat die vorms na die stamkantore gestuur en weer na die departement se kantoor teruggestuur word , is dit omdat die departement baie geld het of wat is die posisie ? Of sit hulle net daar in die kantoor? Ons wil sien wat die departement doen , ons wil nie net hoor dat daar gewerk word en jy sien niks nie . Werk wat gebêre word , lyk of daar niks gedoen word nie . Die mense wat daar werk word deur die regering betaal . Dit gebeur dikwels dat wanneer ons ons voorrade in die suide gaan kry dat ons weggejaag word en dan sê hulle nee , hierdie lisensie is ' n ou lisensie , jy is nie ' n besigheidsman nie . Wie is die hoof van hierdie departement wat die lisensies hernu? Kom daar dalk iemand van buite om hierdie werk te doen? Ek ken baie applikante wat aansoeke gedoen het om handelslisensies en wat omtrent 4 of 5 jaar moes wag vir ' n antwoord . Dit was in die verlede beter toe het jy net een maand gewag alvorens jy jou antwoord daarop gekry het . As hierdie departement dan op die manier werk , dan behoort hy nie daar te wees nie . As mens in diens is van die regering moet jy werk soos die regering dit self wil hê , want die regering het gesê die werk moet gedoen word . Hoekom word daar nie gesê dat die handelaars wat bankrot gespeel het eers ' n waarskuwing van een of twee jaar moet kry sodat hulle hul sake kan regstel nie . As daar ondersoek ingestel word dan is ek tevrede want ondersoeke is altyd goed . Daar is verder gesê dat daar te veel besighede is , hoekom kan daar nie te veel wees nie? Ek sê dat daar nog nie genoeg besighede is nie daar moet nog besighede geopen word . Die persoon wat sê dat daar te veel besighede is , praat onsin . As ek sien dat daar baie mense gebore word en iemand sê die besighede moet verminder word , kan ek nie met hom saamstem nie . As daar meer mense gebore word dan moet die volk verder opgebou word . As u besig is om die besighede te verminder terwyl die volk vermeerder , hoe kan u die volk help deur die besighede te verminder? Hoe meer die mense vermeerder hoe meer moet die besighede vermeerder . Dat daar gesê kan word dat die onwettige besighede , die kafees in die gebied , swak is , is onsin . Ek kan onthou dat al die besighede wat tans wettig is , net so begin het soos die kafees wat ons vandag daar sien . Almal wat handeldryf , maak nie saak wie nie , het van onder af begin , hulle het handelgedryf onder grasdakke . Daardie klein besigheidjies die klomp kafees is van groot nut want die mense wat daar werk verdien iets . Ons sien dat baie van die handelaars net die lede van die familie in diens neem , hulle neem nie vreemdes in diens nie . As ' n mens ' n besigheid wil open dan gaan hy dit open waar daar mense is . Al bou u miskien 'n besigheid so groot soos hierdie saal daar by die soutpanne gaan 11

233 . glad nie daaruit ' n bestaan maak nie . Los die kafees dat hulle bly soos hulle is . As u sleg voel oor die onwettige besighede , dan kan u die eienaars daarvan ' n belasting van R3 of R4 per jaar laat betaal . As u teen daardie kafees en Cuca winkels praat dan wil ek vir u sê dat u die volk van Owambo baie haat . Daardie klomp kafees en cuca winkels het baie goed gedoen , want ons mense wat werkloos was het vandag werk . In verband met die uitlanders , wie is dan ' n uitlander? Is dit dan nie so dat die Kwambi en die Kwanyama - stamgebiede geskei word deur die grens van Angola nie . As een van daardie mense van Angola wat ' n lid van die Kwambi of Kwanyama - stam hierheen kom en wil besigheid doen , sal hy nie toegelaat word nie , is hy dan nie een van ons Daardie mense anderkant die grens is ons mense , dit mense nie? is net ons stamgebiede wat in twee verdeel is . Dit is nie net ek wat dit sê nie , almal wat hier is weet daardie land behoort ook aan ons . As ons nou sê dat die uitlanders nie hier kan handeldryf nie , hoe sal ons met hulle oor die weg kan kom . Selfs die water uit die kanaal kom van Angola af , en as ons sê dat daardie mense nie hier mag kom handeldryf nie , hoe sal dit in die toekoms gaan? Baie van ons vee is nog in Angola , want daar anderkant is ook lede van ons familie . As ons nou die mense van Angola begin haat met wie gaan ons in die toekoms saamleef? Ek stem saam met ' n paar punte maar sommige van hulle wil ek nie mee saamstem nie . Die handelaars betaal elke jaar belasting en die Regering wil nou nie hê dat die nuwe applikante se aansoeke goedgekeur moet word sodat die nuwe handelaars ook belasting kan betaal nie , is die Regering se skatkis miskien vol of wat is die posisie . Die regering wil genoeg fondse hê , hy wil nie sonder geld wees nie . As ' n vreemde persoon in Owambo kom en hoor dat handelaars nie hulle belasting betaal het nie , terwyl hulle gewillig is om dit te doen , wat gaan die vreemde persoon sê? As so ' n persoon teruggaan waar hy vandaan kom sal hy ' n verkeerde storie met hom saamneem , hy sal sê die regering of die mense in Owambo doen niks nie . Ek wil ten laaste sê , as iemand teen die Cuca winkels praat , dan hinder u die hele volk van Owambo , niemand stem met u saam nie . Die Cuca winkels wat in die dorpe gebou is kan maar verwyder word , mens kan net aan hulle sê verwyder u winkel en gaan bou op ' n ander plek wat ver van die dorpe af is . Maar die Cuca winkels buite die dorp moet gelos word soos dit is , moet net nie daaraan raak nie . Diegene wat sleg voel omdat in sy omgewing baie Cuca winkels is , moet self die plek verlaat en sy besigheid vat en dit daar by Etosha - pan gaan bou . Dit het al gebeur dat groot besighede naby klein besighede geopen word en dan kan die klein besighede nie genoeg verdien nie . Die rede hoekom hy daar gaan bou is omdat hy gesien het dat daar baie mense is . Elkeen van ons Wambo's poog altyd om mense naby ons te hê , niemand gaan ver van sy mense af woon nie . As u nie van die ander mense hou nie dan moet u maar weggaan en daar by Etosha- pan gaan bou . Ek het taamlik lank gepraat , maar ek eindig nou hier sodat die ander agbare lede ook iets kan noem wat ek nog nie genoem het nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , is daar nog iemand wat iets wil sê? MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek is bly dat ons met hierdie departement besig is . Die vrae wat gestel is , is baie goed . Die agbare lid Johannes Nantinda het in sy eerste

234 . vraag oor beeste gepraat . Hy het gesê dat die pryse van beeste nie goed is nie . Hy het verder ook oor koring gepraat . Ek wil kortliks daarop antwoord . Ek en my departement het in die verband gedink dat daar ' n vergadering gehou moet word sodat die inwoners van ons land self kan besluit wat gedoen moet word . Wat my betref behoort hierdie Huis nie daaroor te praat nie , want baie min eienaars van beeste is lede van hierdie Huis . Na my mening sal dit baie goed wees as daar ' n vergadering gehou word sodat die eienaars van die beeste self kan bepaal wat die pryse van beeste behoort te wees . Die agbare lid het ook gepraat van mandjies en ander produkte . Dit het ook in die verlede die departement se aar dag geniet . Ek het gedink of die mense , as daar miskien ' n fabriek gebou word waar mandjies of erde potte gemaak kan word , bereid sal wees om in die fabrieke te gaan werk? Miskien wil hulle steeds mandjies vleg en erde potte maak en langs die paaie verkoop soos die gaval tans is . Ek kan nou hier sê dat as daar ' n fabriek gebou gaan word , sal daar ook ' n wet wees wat sal bepaal dat niemand toegelaat sal word om mandjies buite die fabriek te vleg nie , alles sal in die fabriek gedoen moet word . Ten einde regverdig op te tree het ek gedink dat daar ' n vergadering gehou moet word sodat almal gevra kan word of dit vir hulle goed so is . Ek gaan nou aan die agbare lid Tshimwethereni verduidelik . Sy eerste vraag was oor die lisensies wat nog nie hernu is nie . Ek wil dit duidelik stel aan die agbare lid dat daar by my kantore nie mense is wat sit of lê soos die agbare lid gesê het nie . My departement het al die aansoekvorms na die stamkantore in die gebied gestuur . Daar by my kantoor sal u vandag nie een van daardie vorms kry nie . Wat ek weet is dat die regering van Owambo dit beoog dat al die handelslisensies in die toeDan kan handelaars gekoms gedurende September hernu moet word . durende daardie maand aansoek om hernuwing doen . Hierdie aangeleentheid lê nog by die lisensieraad . As die agbare lid die lisensieraad gaan nader sal hy van hulle genoeg inligting kry . Die agbare lid het ook gepraat van applikante wat aansoek gedoen het . Hy het gesê dat ' n paar applikante 4 of 5 jaar vir hul goedkeuring gewag het . Dit is waar en ook reg , want die departement is so oud . Die agbare lid se derde vraag het gegaan oor die handelaars wat bankrot gespeel het . Die lisensies self het niks met die ekonomie van die land te doen nie , maar die besighede het alles met die ekonomie van die land te doen . Besighede neem mense in Ek wil net vra diens . Almal kry wat hulle benodig by besighede . wat dit sal help as daar baie besighede is wat nie die mense kan bedien nie , of waar die mense nie die nodige goedere kan koop nie , is dit reg dat jy ' n lisensie moet hê maar nie die mense kan help nie . Dit is duidelik dat as hier in die omgewing van Ongwediva nie ' n groot besigheid was nie dan sou al die mense wat hier woon baie probleme ondervind het om al hulle benodigdhede te kry . Dit sal dan vir hulle nodig wees om lang afstande af te lê om hulle voorrade te gaan koop , byvoorbeeld na Oshakati . Ek wil net vir u vra om die besighede te beskou as die eienaars se rykdom , beskou dit as ' n hulp aan die volk . Die vierde vraag was oor Cuca winkels . Hy het gesê Cuca winkels verkoop dieselfde goed as die groot besighede . Ek wil net iets oor die Cuca winkels sê , en as ons daaroor praat dan moet ons die ontwikkeling van ons land in gedagte hou . As ons praat van ontwikkeling dan praat ons van moderne dinge . As ons praat oor die moderne dinge in ons land moet ons ook kyk na die ander lande rondom ons , dat ons dieselfde pad as hulle kan loop . Meneer die

235 . Voorsitter , ek wil ' n paar dinge aan die agbare lid noem , dinge Ek begin wat in die wêreld plaasgevind het en waarna ons streef . hier by Tsumeb , hier naby Owambo . Daar is baie mense op Tsumeb , maar ek sien nie ' n Cuca winkel naby Tsumeb nie . Ek gaan verder en praat oor Windhoek , daar sien ek ook nie Cuca winkels nie . Ek kan ook na die Republied gaan . Ek was in Johannesburg , ' n groot stad , en ek het daar ook nie ' n Cuca winkel gesien wat vergelyk kan word met dié hier in Owambo nie . As ek daar in Johannesburg rondkyk dan sien ek dat dit ' n stad is waar werk volop is . Die mense daar is baie en hulle het almal werk . As ons nou oor ekonomiese ontwikkeling praat en sê dat die Cuca -winkels net so gelaat moet word , dan lyk dit vir my asof ons nie begerig is om te ontwikkel nie . As ons wil hê dat ons land moet ontwikkel met watter lande moet ons dan ons land vergelyk . Wil ons alleen staan omdat daar niemand soos ons is nie . Die agbare lid het verder gesê dat die winkels in Owambo nog nie genoeg is nie . Is dit waar? Agbare lid as u sê dat die winkels nie genoeg is nie , hoeveel winkels moet ons dan nou eintlik hê? Weet u miskien hoeveel Wambo's hier in Owambo is ? Ek wil net sê dat ons op die oomblik 360 000 Wambo's het . Daar is 84 000 huisgesinne in Owambo . Daar is op die oomblik 7 000 besighede . As ek nou die mense onder die winkels wat daar is verdeel , dan sal ek vind dat daar vir elke winkel 12 gesinne is . Ek het voorheen gesê dat dit baie goed is as ' n mens verstandig is , maar wat baie belangriker is , is kennis . As mens nie kan tel of reken nie dan skep dit baie probleme . Een van die probleme is dat baie besighede as gevolg hiervan bankrot speel . Ek wil net aan die agbare Raad sê dat ons in ons land ' n sterk ekonomie wil hê . Ons ekonomie moet so sterk wees dat dit genoeg werk aan die inwoners van ons land kan gee . Ek wil net een voorbeeld noem , as u ' n saailand het met baie groen graan daarop , en daar kom elke dag beeste wat dit vreet , sal u daarmee tevrede wees , sal u ' n oes kry? Ek versoek dan hierdie agbare Raad baie vriendelik en eerbiedig om diep te dink oor ons ekonomiese ontwikkeling want dit is ' n baie groot saak . Ons het soos alle volke ekonomiese ontwikkeling baie nodig . Ek wil hê dat ons ekonomie in Owambo ' n sterk fondament moet hê . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag hierdie vergadering tot Maandag om 10- uur voormiddag . Ek versoek die agbare Kabinetslede om in die saal agter te bly . (HUIS VERDAAG TOT MAANDAG 2 JUNIE 1975 ) MAANDAG 2 JUNIE 1975 . MINUUT NR.63 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.64 : NOTULE VAN 30 MEI WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris om die notule van verrigtinge van Vrydag 30 Mei te lees . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Agbare lede ek vra vir ' n voorsteller en ' n sekondant? LID ISRAEL JONA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die notule

236 .

so aanvaar moet word . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID ELIA HALUDILA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede enige een wat iets anders het ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie neem ek aan dat die notule van die verrigtinge van Vrydag aanvaar is . Agbare lede , ek vra die agbare Hoofminister om aankondigings te doen . MINUUT NR.65 : VERSLAG DEUR HOOFMINISTER IN VERBAND MET BESOEK TE OSHIVELO : HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek wil aan die agbare Raad bekend maak hoe ons gereis en besoek by Oshivelo op Vrydag 30 Mei 1975 afgelê het . Toe ons daar by Oshivelo aangekom het , het ons gevind dat daar twee lang mure gebou is . Een aan die suidekant en een aan ons kant . Ons het gesien dat dit nie goed is nie , en het besluit dat die muur aan die suidekant afgebreek moet word . Die ander muur aan ons kant moet tot ' n sekere hoogte afgebreek word . Dit is te hoog . Ons het ook die kantore gesien waarin die beampte moet sit wat die werk daar kontroleer . Ons het gevind dat die kantore nie voldoende is nie , want as ' n mens daar in sit dan kyk jy net in een rigting en kan jy nie agter jou sien nie . Ons het toe besluit dat daardie plek ook afgebreek en deur ' n ander gebou vervang moet word sodat die persoon in beheer in alle rigtings kan kyk . Daardie plek sal in beheer wees van die Wambo's self . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek wil aan u bekend maak dat die volgende lede nie vandag teenwoordig kan wees nie . Agbare lede , Jackie Ashipala , Martin Iiyambo , Herman Shongolo en Oswald Andowa . Agbare lid Herman Shongolo het nie vervoer nie . As hy in die loop van die dag vervoer kry sal hy kom . Agbare lede , ons gaan voort met die besprekings van die begrotingstoespraak van die agbare Minister van Ekonomiese Sake . MINUUT NR.66 : DEPARTEMENT VAN EKONOMIESE SAKE SE BEGROTINGS POS WORD BESPREEK : VOORSITTER : Agbare lede , hoewel ons nou lank genoeg daaroor gepraat en dit bespreek het , is die toespraak oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , die agbare Minister van hierdie departement het Vrydag in sy toespraak gesê dat Cuca winkels en klein kafeetjies en ander onwettige besighede nie in ontwikkelde lande gevind word nie , en het Windhoek , Tsumeb en ander plekke as voorbeelde genoem . Ek stem nie saam met dit wat die agbare Minister gesê het nie . Ek sal saamstem as die agbare Minister sou gesê het dat waar u wel sulke besighede kry , is daar orde . Ek het self sulke besighede in die Republiek gesien , maar die verskil is dat die besighede nie dieselfde is as die in Owambo nie . Ek is ien gunste daarvan dat die Cuca -winkels wel daar moet wees , maar onder sekere voorwaardes . Daardie besighede wat ek in die Republiek gesien het , verkoop nie drank aan die publiek nie . Daardie besighede maak in die oggend om agtuur oop en sluit om 5- uur in die middag . Daar is spesiale omheinings waar binne die mense hulle besighede kan kom doen .

As daar dan besluit word dat die onwettige besighede nie meer hier mag bestaan nie , sal dit baie moeilik wees om dit reg te kry .

237 . Die rede waarom ek sê dat dit baie moeilik is om dit reg te kry , is omdat die Owambo Wetgewende Raad alreeds ' n Wet aanvaar het wat verbied dat sulke besighede bestaan . Daardie wet het tot dusver niks gehelp nie . Daardie wet het nie die hoofmanne verbied om persele vir handelsdoeleindes te verkoop nie , en het ook nie die eienaars of mense wat persele koop verbied om dit te doen nie . Die rede hoekom daardie wet nie nagekom is n ie , is omdat daar nie iets anders in die plek van die onwettige besighede gestel was nie . Ek het verneem dat daar spesiale komitees aangestel was wat gestuur was om ondersoek in hierdie verband in te stel . Die verslag van daardie komitee het onder andere gesê dat die Wambo's gekant is teen die plakkersdorpe . Ek dink om dit weer reg te kry moet daar weer ' n komitee aanstel word om ondersoek in te stel en verslag aan hierdie Huis te doen . As hierdie agbare Huis teen die handelaars se besluit sou gaan , want die handelaars sê dat die plakkersdorpe verwyder moet word , sal dit niks help nie . Om die vrede te bewaar moet daardie komitee wat in die lewe geroep gaan word , weer met die hoofmanne en die mense wat die persele verkoop oor dié dinge gaan gesels . Dan kan hulle vir die hoofmanne sê , nee , die komitee het na u gekom om die saak te bespreek . Dan sal daar miskien ' n oplossing verkry word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , voordat ons verder gaan wil ek bekend maak dat die agbare Minister van Onderwys nie vanoggend kon kom nie , hy sal in die loop van die dag hier opdaag . Agbare lede , die toespraak is oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ons het lank oor hierdie begrotingstoespraak gepraat . Daar is net een ding wat vir hierdie agbare Raad moeilik is om oor te besluit , soos die agbare vorige spreker dit gestel het , en dit is dat die plakkersdorpe en onwettige besighede verwyder moet word . Daar is sekere sake waaroor ons baie mooi moet besin om te verhoed dat daar nie probleme ontstaan wanneer die plakkersdorpe met geweld verwyder word nie . Daar is net een ding vir my baie duidelik , soos die agbare Minister self gesê het , en dit is dat ons baie mooi oor die saak dink sal ons saamstem dat daar te veel besighede is . As daar iemand is wat sê dat daar nie te veel onwettige besighede is nie , dan weet ek nie watter redes hy gaan verstrek nie . Die agbare Minister van hierdie departement het vir ons die getalle hier genoem , die getal inwoners van hierdie land , die getal besighede wat daar is , en ook die getal huise in Owambo . As ons die inwoners moet vergelyk met die besighede , dan kry ons net 12 gesinne vir een besigheid . As daar ' n komitee aangestel word om ondersoek te gaan instel , en in sy verslag staan dat die inwoners van die land self sê dat die onwettige besighede onnodig is dan is dit reg . Die verslag van daardie komitee moet aandui hoeveel vergaderings die komitee in die gebied gehou en hoeveel mense die vergaderings bygewoon het , asook hoeveel teen die onwettige besighede gepraat het . As die getal wat teen die onwettige besighede is , baie is , dan sal dit nie help as een of twee opstaan en ten gunste van die onwettige besighede praat nie . Soos ek sien is daar net hierdie een uitweg wat deur hierdie Huis gevolg kan word ten einde ' n einde hieroor te maak . Ons het dieselfde voorstel verlede jaar gemaak en dit is jammer dat ons voorstelle nie gebruik van gemaak word nie . As daar besluit word dat die amptenare van hierdie departement , in plaas van die komitee , in die gebied moet rondgaan om die

238 . hoof- en onderhoofmanne en die inwoners van die land te gaan inlig oor die probleme wat kan ontstaan as gevolg van onwettige besighede , dan kan hulle aan die mense sê dat daar nie meer verdere onwettige besighede toegelaat sal word nie . As u sê dat daar nie meer verdere onwettige besighede opgerig mag word nie , sal niemand hartseer wees nie , want niemand sal daardeur enige verliese ly nie . Die eienaars van onwettige besighede wat tans daar is , kan daar met hulle besighede voortgaan , maar wanneer een van hulle bankrot speel dan moet hy toemaak . Daar kan dan verder daaraan gedink word hoe te werk gegaan moet word om die onwettige besighede te verminder , maar dit moet in vrede gedoen word . As ons dan te veel onwettige besighede het en daar is nog mense wat sê daar moet nog meer gebou word , dan weet ek nie hoe ons die probleem gaan oplos nie . Daar is net een ding wat gedoen moet word en dit is dat hierdie Huis vanjaar ' n besluit moet neem van wat daar gedoen moet word sodat ons nie weer volgende jaar nodig sal hê om oor dieselfde dinge te praat nie . As daar werk gekry kan word vir die Wambo's dan sal die eienaars van besighede wat bankrot gespeel het hulle besighede kan sluit om self te gaan werk . Ek versoek nou hierdie departement sowel as die agbare Raad dat daar nou ' n besluit geneem moet word oor wat daar gedoen kan word om hierdie onwettige besighede te stop . Ek wil net nie saamstem met die mense wat sê dat die onwettige besighede gestop moet word alhoewel die eienaars dit self so wil hê nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , u word versoek om oor die begrotingstoespraak van die agbare Minister van hierdie departement te praat en nie oor die notule van die vergadering van die handelaars nie . U praat nou buite die begrotingstoespraak . Ek versoek nou die agbare lede om asseblief oor die toespraak te praat . LID AARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek gaan nou oor die begrotingstoespraak van die Minister van Ekonomiese Sake praat . In sy toespraak het die agbare Minister gesê dat die vleisfabriek wat te Oshakati opgerig word volgende jaar geopen sal word . Aangesien daardie fabriek vir al die mense van die verskillende starme gebou is , moet mense van al die verskillende stamme in diens geneem word . As dit miskien hierdie departement is wat die mense by daardie fabriek in diens gaan neem , dan moet daar gekyk word na die groot stamme soos Kwanyama en Ndonga sodat net 10 mense uit Kwanyama , 10 uit Ndonga en 7 uit die ander stamme in diens geneem word . Ek onthou toe ons as kandidate vergaderings orals in die gebied gehou het , het ons aan die mense belowe dat die regering van Owambo baie werk vir die Wambo's sal kry . Daarom versoek ek nou die agbare Minister van hierdie departement dat wanneer die fabriek geopen word hy moet toesien dat mense uit die verskillende stamme in diens geneem word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingstoespraak is oop vir die Raad om te bespreek . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare Minister van hierdie departement bedank omdat hy oor Owambo gepraat het . Hy het gepraat van 3 myne in Owambo . Een myn by die soutpanne , Oponono- meer en een by Obombo- Owambo . Ek sê as daar dan soveel myne in Owambo is dan is die ekonomiese ontwikkeling van Owambo goed . Die agbare Minister het gesê dat behalwe vir die vleisfabriek by Oshakati sal daar nog ' n droogskoonmakery gebou word . As al daardie werke hier kan kom sal die Wambo's

239 .

baie tevrede wees . Ek wil net die agbare Minister vra of hy kan reël dat daar ' n leerlooiery in Owambo gestig kan word . Die beeste wat by Oshakati geslag sal word , sal baie wees en daar sal baie velle wees . Ek het self gesien dat baie velle in Owambo weggegooi word , sommige word verkoop . As daar so ' n gebou opgerig kan word , sal dit baie goed doen . As alles so gedoen kan word , sal dit baie goed gaan hier in Owambo en ook in die ander tuislande . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek verdaag die vergadering vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister om iets te sê . MINUUT NR.67 : HOOFMINISTER DOEN ' N AANKONDIGING IN VERBAND MET SWAPO : HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter en agbare lede , soos u bewus is wou die V.V.O. en S.W.A.P.O. op Ek wil egter 31/5/75 onder andere ook ons land oorgeneem het . vandag my dank uitspreek teenoor die Wambo- volk vir die kalmte en beheersing wat aan die dag gelê is tydens die voorbarige situasie waarin ons onsself bevind het . Ek is die leier van die grootste volk in S.W.A. en daarom stel ek dit hier onomwonde dat ek nou hier saam met my Regering niemand se marionet of naprater is nie . Nie die V.V.O. of die S.A. regering s'n nie . S.W.A.P.0 . aan die anderkant , meneer die Voorsitter , agbare lede , is die marionet van mense wat nog niks vir die Wambo- volk gedoen het nie . Die naprater van organisasies , die mense wat anargie voorstaan . Ek sal sorg en toesien dat Wet en Orde in ons land gehandhaaf word ten einde ons verder te voer op die pad van ontwikkeling . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , u het verstaan wat die agbare Hoofminister gesê het . Ons gaan voort met die besprekings van die begrotingstoespraak . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil net aan die agbare lede iets verduidelik . Die eerste lid wat gepraat het , was agbare lid Tarah Iimbili . Hy het onder andere gesê dat hy nie saamstem met dit wat deur die agbare Minister gesê was dat daar nie orals sulke onwettige besighede gevind word soos in Owambo nie . Ek wil net herhaal en wil dit beklemtoon dat daar in ander plekke nie sulke onwettige besighede gevind word soos hier in Owambo nie . Dit was die agbare lid gesê het in verband met verkopers in die Republiek is waar . Daardie mense wat hulle goedere verkoop , verkoop dit op terreine wat deur die regering self vir hulle gegee word . Hulle doen dit wettig want hulle het toestemming om dit te doen . Die tyd wanneer hulle mag verkoop word vir hulle bepaal . Ek het gesê dat die Wambo's nie reg het om onwettige handel te dryf nie , omdat die wet hulle nie toelaat nie . Hierdie soort winkels word nie buite Owambo gevind nie , dit het ek gesê . ' n Ander agbare lid het gesê dat ' n komitee - of is dit dieselfde lid wat so gesê het - aangestel was wat in die gebied ondersoek ingestel het . Dit is waar , want die publiek is nie ten gunste van die plakkersdorpe nie . Ek wil ' n bietjie daaroor praat , al het die agbare Voorsitter gesê dat dit buite my toespraak is . Ek wil net sorg dat niemand ten gunste van die plakkersdorpe in Owambo moet wees nie . As ons ' n bietjie terug kyk sal ons merk dat die aantal moorde in Owambo toegeneem het nadat

240 . daar begin was met plakkersdorpe en onwettige besighede . Ons het op daardie wyse lede van ons families verloor wat in sulke plakOns vee soos bokke en beeste het ook verkersdorpe vermoor is . lore geraak en is geslag deur die bewoners van sulke plakkersdorpe. Ons kinders het ook ons huise verlaat en gaan nie meer skool nie , en dit alles is die gevolg van die plakkersdorpe . Ons huwelike is tot niet verklaar , want mense het hul huise verlaat na die plakkersdorpe gegaan . U sal vind dat daar in die plakkersdorpe baie kinders is wat nie skoolgaan nie , kinders wat al in standerd V of VI moes gewees het . As u verder gaan sal u mense ontmoet wat by die besighede of plakkersdorpe baklei het . Meneer die Voorsitter en agbare lede , ek versoek u baie eerbiedig om asseblief te kyk na die ontwikkeling en opvoeding van die volk . Toe ons besig was met die bespreking van die Departement van Onderwys het baie van die agbare lede gesê dat ons mense geleer moet word en dat die volk opgevoed moet word . As ons dan skole in ons land wil hê en as ons opgevoede mense wil hê , maar ons is ten gunste van hierdie plakkersdorpe , waar gaan ons dan kinders kry wat na die skole sal gaan as al die kinders na die plakkersdorpe gaan? Ek as Minister van hierdie departement wil aan u sê dat ons asseblief moet kyk na die ontwikkeling van die volk , en dat die ontwikkeling van die volk gehandhaaf moet word . Dit is net nie die beleid van hierdie departement dat daar nie plakkersdorpe moet wees nie , maar dat daar orde in sulke dorpe moet wees . As daar dan orde is in die plakkersdorpe , dan sal die mense wat daar woon nie beskou word as mense wat net altyd in die nag rondloop en steel nie . Orals in die gebied vind ons oumense wat alleen in hulle huise agtergelaat is want hul kinders het die huise verlaat en na die plakkersdorpe gegaan . Die oumense is alleen by die huis en daar is niemand wat die lande bewerk en wat die huiswerk doen nie . Hulle het Gewoonlik kom die jongmense geboei by die huise aan . dan gesteel en word teruggeneem na hul huise sodat hulle vergoeding by hul ouers kan kry . Die seun wat die ouman of die ouvrou by die huis gehad het , word nou weggeneem om sy boete te kom betaal met hulle swaarverdiende geld terwyl die arm oumense niks gedoen het nie . Ek wil nie veel oor die plakkersdorpe praat nie , want die hele agbare Huis dra kennis daarvan en weet presies watter probleme by sulke plakkersdorpe ontstaan . Daar is net een punt wat ek nie wil vergeet nie en wat deur hierdie agbare Raad onthou moet word , en dit is dat ons moet kyk na die ontwikkeling van die volk . Die agbare lid Hihulifua het ook iets oor die plakkersdorpe gesê . Die agbare lid het dieselfde gesê as wat ek nou probeer verduidelik het . Ek bedank hom baie , want hy sien die probleme en moeilikhede wat daar is . Die agbare lid Aaron Shikongo het gepraat oor die indiensneming van baie Wambo's nadat die vleisfabriek by Oshakati klaar gebou is . Ek wil dit duidelik stel dat die vleisfabriek in Owambo gebou word sodat baie Wambo's daar werk kan kry , maar die amptenare wat in beheer van die werkers sal wees wanneer daar ' n tekort aan werkers is , enige persoon wat werk vra , aanneem . Dit is nie soos daar gesê is dat die mense wat in diens geneem word , net mense van die betrokke stamgebied sal wees waar die fabriek gebou word nie , nee , mense van al die verskillende stamme sal daar kan gaan werk . Die agbare lid Thomas Shikongo het gepraat oor die leerfabrie

241 . Ek wil net aan die agbare lid sê dat dit beoog word om so ' n fabriek op te rig , dit is nie meer lank nie . My departement is alreeds besig met hierdie gedagte . Meneer die Voorsitter , en agbare lede ek wil net weer herhaal dat hierdie notule net ' n notule van die vergadering met die handelaars is . Ek wil net die agbare Raad baie eerbiedig versoek om net oor die begrotings toespraak te praat sodat ons kan oorgaan na die verskillende subhoofde in my begrotingspos . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotingstoespraak is oop vir bespreking . LID MALAKIA LUKAS : Meneer die Voorsitter , ek gaan net oor die begrotingstoespraak van die agbare Minister praat . Ek verlang ' n verduideliking oor ' n sekere paragraaf . In die toespraak van die agbare Minister is daar ' n paragraaf wat soos volg lui : Daar is groot vordering gemaak met die opstel van ' n nasionale ontwikkelingsplan vir Owambo deur die Universiteit van Stellenbosch . Soos ek gesê het verlang ek ' n verduideliking , hierdie vordering waaroor hier gepraat word , is dit vordering wat al klaar daar is of is dit iets wat nog gaan kom . As dit al klaar in Owambo is wil ek weet waar hierdie vordering plaasgevind het . Word daar net beplan vir hierdie vordering of wat is die posisie . Ek wil die agbare Minister versoek om my asseblief te sê of die vordering reeds plaasgevind het of nie ? Ons in Owambo wil graag sien dat die ontwikkeling wat gedoen word sigbaar moet wees . Miskien sal die ontwikkeling wat beplan word vir ons volk baie groot ekonomiese vooruitgang meebring . Ek versoek nou die agbare Minister om vir my asseblief ' n verduideliking te gee . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotings toespraak is oop vir bespreking . LID RAKEL AMUNYELA : Meneer die Voorsitter , die vorige spreker het gesê wat ek ook wou gesê het . Ek wil ' n versoek rig aan die agbare Minister . Ek gaan net twee woorde praat . Toe ek geluister het na alles wat hier gepraat is , het ek goed verstaan wat dit alles beteken . Ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om asseblief toe te sien dat daar werk vir die Wambo - volk moet wees . Die Wambo's self hou baie van werk . As daar baie werk in Owambo is sodat almal werk kan kry , sal die mans die plakkersdorpe verlaat en teruggaan na hulle huise toe . Nadat die plakkersdorpe in Owambo so vinnig ontstaan het , het baie van die Wambo's hulle beeste en bokke geslag en by die plakkersdorp gaan verkoop . Hulle het Cuca winkels geopen en plakkersdorpe gestig sodat hulle hul goedere kan verkoop en sodoende geld verdien . Daarom versoek ek die agbare Minister van hierdie departement om asseblief te probeer om werk vir die Wambo- volk te kry . Hy moet werk kry vir die mans en ook vir vrouens . Die vrouens kan mandjies vleg wat ook geld in hulle sakke kan bring . Sover ek kan onthou was daar baie Wambo- vrouens wat bymekaar gemaak was waar hulle opgelei was om die mandjies behoorlik te vleg en ek het net gehoor dat die plek toegemaak is . Dit is nie goed dat mense hulle mandjies langs die paaie moet gaan staan en verkoop nie . Dit sal beter wees as daar ' n mark gevind kan word vir die Wambovrouens waar hulle hul mandjies kan verkoop . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die begrotings toespraak is steeds oop vir bespreking .

242 . LID MALAKIA NAKUMBA : Meneer die Voorsitter , ek gaan ook praat oor hierdie toespraak van die agbare Minister . Ek het na al die besprekings geluister en dit goed verstaan . Die Minister van die departement het ook verstaan . Al die laste wat daar op sy skouers geplaas is , het hy self van gehoor . Die agbare Minister het in sy toespraak gesê dat sy taak baie moeilik is en dat dit nie ' n kort tydjie sal neem om dit af te handel nie . Wat hy gesê het word nie betwis nie . Ons wil net aan hom sê dat hy nie ' n lang tyd het om die werk af te handel nie , hy moet hard werk . Ons het gehoor dat daar gesê is dit nie goed is om iets wat reeds gesê is te herhaal nie . Sover ek kan sien is alles al gesê . Ek stel voor dat hierdie begrotingstoespraak so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID HELMUT EITA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die begrotingstoespraak deur die Raad aanvaar is . Ek versoek nou die Sekretaris van die Wetgewende Raad om subhoof vir subhoof te lees . ( Sekretaris lees subhoof A) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nou oop vir bespreking. LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek het ' n vraag oor item 6. Dit gaan oor pensioendraende toelaes . Verlede jaar was daar R400 begroot en vanjaar net R50 . Waarom is hierdie bedrag so verminder , wat beteken daardie pensioen . Ek wil net ' n verduideliking hê oor die pensioen , waarvoor is dit vanjaar so min . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof bly nog oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , as ons na die werkers in hierdie departement kyk was hulle verlede jaar 5 en vanjaar is hulle nog steeds 5. As ons dink aan hierdie Departement van Ekonc miese Sake dan dink ons aan die departement wat te doen het met die ontwikkeling van die volk en ook die ontwikkeling van die eko nomie van die volk . Ek vra verskoning indien ek verkeerd praat Ek vra om omdat ek oor iets praat waarvan ek nie baie weet nie . lig daaroor te kry . Wanneer jou werk deur iemand gedoen word wat dit nie volgens jou wil doen nie , sal jou beplanning van daardie werk nie op die regte tyd voltooi word nie . Met die bespreking van die begrotingstoespraak van die agbare Minister van hierdie departement is daar klagtes dat die werk nie behoorlik gedoen word nie . Die agbare Minister van hierdie departement het dit ook genoem dat baie van die werk in sy departement deur ander departemente verrig word . Mens vra jouself die vraag waarom is dit so? Alhoewel die agbare Minister en sy departement weet dat die werk gedoen moet word , sal dit nie gedoen word as hulle nie daarna kyk nie . Wanneer ons die agbare Minister beskuldig oor die werk wat hy gedoen het nie soos byvoorbeeld die lisensies wat nie gou uitgereik word nie , is dit omdat van sy pligte deur ander departemente gedoen word . Ek het in die begin gesê dat ek hierdie dinge nie mooi verstaan nie , dit is omdat daar ' n verdeling van die werk is . Waar lê die probleme dan , waar lê die moeilikhede van die departement . Ek glo dat dit is omdat hy te min mense in sy

243 . diens het en hy daarom nie sy eie werk betyds kan doen soos die uitreiking van lisensies op die regte tyd , ensovoorts nie . Ek verstaan dat mense van hierdie departement deur die verskillende stamkantore gehelp word want hulle sal nie alles self kan doen nie . Dus wil ek ' n vraag stel , is daar miskien ' n wet wat dit nie toelaat dat daar genoeg klerke en werkers in hierdie deWaarom moet die departement partement moet wees nie of wat? ander departemente se hulp inroep om die werk vir hom te kom doen . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om die vrae te beantwoord . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil aan die agbare laaste spreker verduidelik . Agbare lid Thomas Shikongo u vraag het gegaan oor item 6 , dit wil sê waar R400 verlede jaar begroot was en vanjaar net R50 . Ek wil hom net verwys na item 1, onder subhoof A, waar daar verlede jaar net R700 voor begroot was en vanjaar Rl 170. Dit beteken dat sekere bedrag oorgeplaas is , weens die salarisse van die werkers wat verhoog is . Wat vanselfsprekend is , is dat die totale bedrag by subhoof A groter is as die van verlede jaar . Die begroting vir hierdie jaar is groter as die van verlede jaar . Ek wil ook aan die agbare lid Toivo Shiyagaya verduidelik . Hy kan na die bedrag van die begroting van die departement en hy voel dat die werkers in hierdie departement te min is . Hy voel dat dit goed sal wees as die departement sy eie werkers kan hê om al sy werk te doen . In die toespraak van die agbare Minister paragraaf 3 , word gesê : agbare meneer die Voorsitter , u weet dat sekere werke deur ander departemente gedoen word . Soos ons weet word fabrieke opgerig deur sekere maatskappye soos die B.B.K. Die ander maatskappye wat die departement help is byvoorbeeld die maatskappye wat prospekteer . Dit is vanselfsprekend dat hierdie departement sulke mense in diens van ander departemente sal gebruik om vir hom sekere werk te doen . Daarom gebruik die departement die mense wat kennis het om die werk te doen . Die departement hou hom besig met die soek van bronne van inkomste wat nie baie geld nodig het nie . Ek wil net noem dat die departement werkers nodig het . Die werkers wat hierdie departement benodig is moeilik bekombaar en ons weet nie waar om hulle te kry nie . Dit is bekwame mense wat die werk sal kan doen . Ek wil net aan u lees : tot tyd en wyl die aanbevelings vir addisionele personeel nie afgehandel is nie , kan my departement nie vir die addisionele personeel begroot nie . Al wat dus gevra word , is dat daar voldoende fondse in die begroting aangevra word vir die bestaande personeel en dat hulle werk goedgekeur word . Die Regeringskommissie wat vir ons werkers verskaf het skriftelike klagte ingedien . Ons verwag om werkers te kry ons het ' n aansoek by daardie Kommissie ingedien en verwag nou werkers . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Ek hoop dat al die agbare lede verstaan het wat verduidelik is . Agbare lede , ek verdaag die sitting tot more om 10 - uur . Ek versoek die Komitee oor Openbare Rekeninge om by die Gastehuis te Oshakati te wag tot halftwee vanmiddag . Daar sal voertuie kom om hulle na Ondongwa te vervoer . (HUIS VERDAAG TOT 3 JUNIE

1975 )

244 . DINSDAG

3

JUNIE

1975 .

MINUUT NR.68 :

Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.69 : NOTULE VAN 2 JUNIE WORD GELEES EN AANVAAR : ( Ondervoorsitter neem verrigtinge waar ) ONDERVOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van gister te lees . ( Sekretaris lees notule ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n voorsteller en ' n sekondant asseblief ? LID ARON SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die notule van gister aanvaar word . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief . LID TITUS SHIWALA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Hoofminister om aankondigings te doen indien enige ? HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek Dankie . het geen boodskappe ontvang nie . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ons gaan vanoggend voort met die besprekings van die Departement van Ekonomiese Sake , subhoof A. MINUUT NR.70 : BEGROTINGS POS VAN DIE DEPARTEMENT VAN EKONOMIESE SAKE WORD BESPREEK EN AANVAAR : ONDERVOORSITTER : Agbare lede ek wil eers aan u bekend maak dat die Voorsitter van die Wetgewende Raad vanoggend hospitaal toe gegaan het , hy sal seker vanmiddag weer in ons midde wees , dit is waarom ek die verrigtinge waarneem . Ons gaan nou voort met ons besprekings . LID THOMAS SHIKONGO : Meneer die Voorsitter , vir my is al die items onder hierdie subhoof baie duidelik en ek stel voor dat die subhoof so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra die Sekretaris van die Wetgewende Raad om subhoof B te lees . (Sekretaris lees subhoof B ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nou oop vir bespreking . MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ek merk dat subhoo B baie duidelik is en dat die bedrag ook vermeerder is . Ek stel voor dat dit so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , verskoon my ek het nie opgestaan om te sekondeer nie . Voordat daar gesekondeer word

245 . wil ook iets oor item 2 sê . Dit handel oor motorvervoer . Daar is ' n bedrag van R1 500 begroot vir hierdie departement vir motorvervoer . Hierdie bedrag sluit baie in wat deur hierdie departement gedoen moet word , soos byvoorbeeld , toesig oor beplanning , of om uit te gaan om te gaan kyk na die verskillende myne en die dinge wat ondermeer die handelaars raak . Meneer die Voorsitter , hierdie departement hanteer die ekonomiese ontwikkeling van die land . Ek is ' n handelaar en ek wil graag hê hierdie departement moet vergaderings reël met die handelaars in die gebied . Soos reeds gesê , moet daar ' n Kamer van Koophandel in die lewe geroep word . Die handelaars het nie die doel van ' n Kamer van Koophandel goed verstaan nie , en dit is waarom hulle dit nie aanvaar het nie , maar dit is dringend nodig om aan hulle te verduidelik wat die posisie is en wat dit alles beteken sodat hulle dit kan aanvaar . Ek is baie dankbaar dat die agbare Minister van hierdie Departement al begin het met die hou van vergaderings , want hy het gesê hy het ' n vergadering te Oluno vir die handelaars gehou . Ek hoop dat die agbare Minister sal voortgaan met die hou van vergaderings met die handelaars en by die vergaderings sal hy aan hulle verduidelik wat die Kamer van Koophandel beteken sodat dit deur hulle aanvaar kan word . Ek sien nou dat daar vir motorvervoer ' n bedrag van R1 500 begroot is . Ek versoek dat hierdie bedrag bestee word deur te reis na die verskillende dele van Owambo en dat vergaderings gehou word sodat ekonomie van ons land versterk kan word . Ook moet handelsverenigings in die verskillende stamme geEk hoop stig word en ' n Kamer van Koophandel vir die hele Owambo . en vertrou dat die agbare Minister vanjaar baie hard gaan werk , en dat ons vanjaar ' n Kamer van Koophandel in Owambo sal kry . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant of is daar iemand wat nog iets wil sê? LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek wil in die eerste plek die Voorsitter bedank dat hy vir ons geleentheid gun om iets te sê oor hierdie item . Ek wil iets sê oor item 4 , wat handel oor handelslisensies . Daar is gister gepraat oor onwettige besighede en plakkersdorpe . Die rede hoekom die mense oor sulke dinge gepraat het , is omdat ons besig is met die Departement van Ekonomiese Sake . Ek het gehoor sommige van die agbare lede het gesê dat die onwettige besighede en Cuca -winkels ook ' n bron van inkomste vir ons land is . Aangesien daar ' n Lisensieraad is , kan daardie Raad nie reël dat die eienaars van die onwettige besighede ook lisensies kry sodat hulle ook wettig kan handeldryf nie , want hulle belasting sal ook ' n bydrae tot die land se skatkis wees . Die eienaars van daardie onwettige besighede sal nie beswaar maak as hulle gevra word om belasting te betaal nie , want hulle weet dat die geld wat hulle sal betaal sal bydra tot Owambo se ekonomiese ontwikkeling . Die rede hoekom daar teen die onwettige besighede gepraat word , is omdat die wettige handelaars elke jaar belasting betaal en die onwettige handelaars glad nie belasting betaal nie , dit is waarom die handelaars by die vergaderings daaroor gepraat en besluit het dat die onwettige besighede verwyder moet word . Die handelaars wil gehoorsaam wees , hulle wil nie die wet oortree nie . As daar mense is wat toegelaat sal word om buite die wet te werk dan sal die ander mense sê dat die wet net vir sommige van die mense gemaak is . As hierdie Raad dit goed kan dink dat die onwettige besighede toegelaat moet word om te bly , dan moet die Raad

246 . verder dink dat daar iets gedoen moet word dat die onwettige handelaars ook belastings kan betaal . Dit sal baie goed wees as die eienaars van onwettige besighede hoor dat hulle belasting moet betaal , want as hulle nie kan betaal nie moet hulle hul besighede toemaak . Dan sal daar nie meer iemand wees wat teen die onwettige besighede gekant is nie , want dan betaal al die handelaars belasting . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra nog ' n sekondant , of is daar iemand wat iets anders wil sê? LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan om te sekondeer nie , ek wil iets sê oor item 2 onder hierdie subhoof . In sy toespraak het die agbare Minister van hierdie Departement gesê dat sy departement ' n verslag aangevra het van die Bantoe Mynbou Korporasie . Hierdie departement het verlede jaar ' n belofte gemaak dat die departement met die eienaars van die verskillende myne samesprekings gaan hou . Die departement het verlede jaar gesê dat daar by Obombo -Wambo moontlik yster gevind is . Vanjaar hoor ek dat daar net gepraat word van plekke waar meer paaie gebou gaan word . ONDERVOORSITTER : Agbare lid , wat u sê het niks te make met hierdie subhoof B nie . Ek vra ' n sekondant of is daar iemand wat iets anders wil sê ? LID ISRAEL JONA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , stem u almal saam? LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , ek is eintlik nou te laat . Ek het verskeie kere opgestaan maar het nie kans gekry om te praat nie . Ek versoek u om my net toe te laat om iets te sê? ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief ? LID WILLIPARDT KANYELE : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof is aanvaar en gesekondeer . Dankie . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant asseblief? LID LISIAS ALLUMA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hande asseblief? Agbare lede , die hande wat opgesteek is , was baie min en dus gaan ons voort met subhoof C. Ek vra die Sekretaris om subhoof C te lees . (Sekretaris lees subhoof C ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , subhoof C is oop vir bespreking . LID TITUS HEITA : Meneer die Voorsitter , subhoof C is ' n baie mooi subhoof en skep nie probleme nie . Ek stel voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant? LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , stem u almal saam? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort na subhoof D. (Sekretaris lees subhoof D) LID SIMON IIPUNGU : Meneer die Voorsitter , die subhoof is baie duideTik en ek stel voor dat dit so aanvaar moet word . Dankie .

247 . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID RISTO KAMATI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , stem u almal saam? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is , en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof E) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID KASIMIA het , het ek de is as in ek voor dat

EELU : Meneer die Voorsitter , soos ek subhoof E gelees gemerk dat die bedrag wat vanjaar begroot is , dieselfdie verlede . Omdat daar nie ' n verskil is nie , stel dit so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter .

ONDERVOORSITTER :

Agbare lede , sekondant asseblief?

LID JEREMIA IIYAMBO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is , en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof F ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID SIMION MATIAS : Meneer die Voorsitter , die bedrag onder hierdie subhoof F is dieselfde as die van verlede jaar en ek stel voor dat dit so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER :

Agbare lede , sekondant asseblief?

LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan om te sekondeer nie . Ek verlang ' n verduideliking want ek verstaan nie die woord projek nie . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lid , ek verwys u vraag na die agbare Minister van hierdie departement . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek sal hierdie kans gebruik om antwoorde te gee op al die vrae wat gestel was , asook aan die laaste spreker . Die agbare lid Immanuel Hihulifua het in sy toespraak gesê dat die bedrag wat vir item 2 begroot is vir motorvervoer baie min is . Hy het verder genoem wat alles gedoen moet word . Dit is waar wat hy gesê het , die departement het dit ook agtergekom , en die departement hoop om addisionele geld gedurende die loop van die jaar te kry . Die agbare lid Thomas Nakambonde het weer vanoggend oor onwettige besighede gepraat . Al is dit waaroor hy gepraat het , gister al aanvaar en gesekondeer wilek dit duidelik stel dat die eienaars van onwettige besighede nie aansoeke om lisensies gedoen het nie . Ek weet nie wie lisensies op hulle gaan afdwing as hulle nie daarvoor vra nie . Die agbare lid Edward Mbango wou ' n vraag stel en hy is met die hamer stilgemaak , en my antwoord wat ek sal gee , sal ook met die hamer stilgemaak word . Die laaste spreker het gevra oor die woord ' projek ' Ek weet dat dieselfde vraag ook verlede jaar gevra was en ek het vanoggend ' n goeie antwoord daarop . Ek wil die woord ' projek ' baie mooi verduidelik . Die woord is nie ' n baie goeie woord nie . Dit is onder andere verskillende goed wat saam gevoeg is , en wat alles as ' n projek beskou word , met ander woorde as ' n mens gaan vasstel waar geboue opgerig word , of waar myne

248 . geopen gaan word , dit alles noem ' n mens ' n projek . neer die Voorsitter .

Dankie , me-

ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting vir 15 minute. ( DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van subhoof F. LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets sê oor subhoof F wat handel oor projekte . Sover ek verstaan word hier bedoel navorsingwerk wat gedoen word deur buite instansies soos byvoorbeeld mense van oorsee . Instansies van oorsee het verlede jaar baie werk aan baie Wambo's gegee . Die Wambo's wat deur daardie instansies in diens geneem is , was 15 300 gewees . Die geld wat in die vorm van salarisse aan daardie Wambo's uitbetaal was , is soos volg : ' n Bedrag van R11 320 203 , dit is die totale bedrag wat aan die Wambo's uitbetaal was . Daardie instansies lei ons Wambo's baie goed in daardie werk op . Die werke sluit in onder andere skeikundiges , en om verskillende masjinerie te hanteer . Daardie instansies leer ons mense om houtwerk te doen , asook om pype te lê . Hulle leer ook ons mense om skrynwerk te doen . Ons Wambo's wat deur daardie instansies opgelei is , kom terug na hulle huise en versprei hulle kennis onder die volk . Meneer die Voorsitter , hoekom word ons nie toegelaat om ekonomiese ontwikkeling te kry nie . Hoekom moet daar weer struikelblokke in ons pad wees . Hoekom word die Wambo's nie toegelaat om vooruit te gaan soos dit van hulle verwag word nie ? Hoekom moet die Wambo's geforseer word om te doen soos ander volkere dit wil hê? Meneer die Voorsitter , is dit miskien ons skuld dat ons voorvaders hulle in hierdie land gevestig het ? Hoekom is daar mense wat wil hê dat ons ons tradisionele voorregte moet verloor? Wil dié mense dan hê dat ons ons tradisionele voorregte moet weggee , dat ons nie meer geld kry van instansies soos Amerika , Duisland of Engeland nie? Moet ons onderdruk of mishandel word terwille van die beleid van die Regering van Suid-Afrika? In werklikheid behoort die Wambo's nie onderdruk te word omdat hy onder die Regering van Suid- Afrika val nie . Daar is kerke wat nie in belang van die Wambo-volk en sy land dink nie . Daardie kerke of maatskappye se werk in Suidwes- Afrika moet gestaak word . Daar is Christelike lande wat groot bedrae aan kommunistiese lande gee . Daardie lande het nie daaraan gedink om geld aan ons kerke te gee nie . Ons is ' n volk wat nou eers ontwikkel . Die geld wat ons kry gebruik ons om die land en volk te ontwikkel . Om ons kinders te laat oplei en om vir ons ook ' n mooi toekoms uit te bou . Die maatskappye wat genoem is , is maatskappye van Amerika , Engeland en Duitsland . Ons wil hê dat daardie maatskappye hulle werk hier moet voortsit . As daardie maatskappy hier werk , is ons volk veilig , want ons volk word gehelp en ons ekonomie kan versterk word . Meneer die Voorsitter , ons verwag dat die kerke en mede Christene hierdie saak baie mooi sal ondersoek en bekyk . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van subhoof F.

LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek verlang nog ' n verduideliking oor hierdie twee items van subhoof F. Die rede hoekom ek vra is omdat dit vir my lyk of hierdie bedrae wat hier begroot is net daar is om hierdie items oop te hou . Dit beteken

249 . myns insiens dat die departement met sekere instansies gereël het om navorsing in Owambo te doen . As ek reg onthou het die agbare Minister in sy toespraak gesê dat hy nie genoeg amptenare in sy departement het nie . As ek nou kyk na item 1 dink ek dat so ' n klein bedraggie begroot is omdat daar nie mense is wat die navorsing kan doen nie . As ons nou oorgaan na item 2 dan sien ek dat die bedrag baie klein is , is dit omdat die instansies weier om hierdie werk te doen , of wat is die posisie? Die Wambo's wil baie werk in Owambo hê . Dit is op hierdie departement op wie ons verEk verlang trou dat hier baie werk vir die Wambo's sal wees . ' n verduideliking omtrent al hierdie items . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek verwys u vrae na die agbare Minis ter van hierdie departement . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek wil aan die agbare lid Victor Vilho n verduideliking gee . Die agbare lid het gesê dat dit vir hom lyk asof hierdie departement nie mense het wat navorsingswerk kan doen nie . Ek wil net verwys na my toespraak op bladsy 2. Daar is gesê die Etosha Petroleum Company het nog nie met sy boorwerk in die Oponono-meer begin nie , en my departement is besig om vas te stel waaraan die vertragings te wyte is . Op bladsy 3 van my toespraak is gesê dat die B.B.K. dit in die vooruitsig stel dat daar binnekort begin sal word met ' n Bierbrouery op Ondongwa , met ander woorde die departement is reeds besig met alles wat ek genoem het . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lid ek hoop dat u goed begryp het wat aan u verduidelik is . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , dankie vir die verduideliking wat ek gekry het . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant asseblief? LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof is aanvaar en dit is vir ons baie duidelik . Ek sekondeer . Dankie . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek nou aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . Ek versoek die Sekretaris van die Raad om die opsomming te lees . ( Sekretaris lees die opsomming bladsy 30 ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek versoek nou die agbare Minister van die Departement van Ekonomiese Sake om repliek te lewer . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek versoek die agbare Raad baie eerbiedig om my begrotingspos te aanvaar soos dit is . Ek is ook baie tevrede met die besprekings wat deur die Raad gevoer is oor my begrotingspos . Ek wil ' n woord van dank rig aan die agbare lede wat sulke mooi toesprake oor my begrotingspos gelewer het . Hulle toesprake het vir my deure oopgemaak sodat ek met my werk kan begin . Ek wil verder sê dat die verteenwoordigers Ek wat ek aangestel het om my by te staan , amptelik aangestel is . het reeds hulle name aan die agbare Raad bekendgemaak sodat u kan weet wie hulle is . Die agbare Minister van Onderwys het gesê dat daar onderwysers is wat nie hulle werk goed doen nie , omdat hulle gelyktydig handelaars en onderwysers is . Die agbare Minister het verder gesê dat dit nie sy departement is wat handelslisensies uitreik nie . Dit het my departement getref , want die departement wat die lisensies uitreik is my departement . Ek wil dit

250 . nou duidelik stel , soos dit alreeds gesê is , dat die onderwysers onderwys moet gee en nie moet deelneem aan politieke sake nie . Ek wil verder sê dat onderwysers moet net onderwysers wees en mag nie optree as handelaars nie . Ek sal baie bly wees as my departe ment in die toekoms nie lisensies aan hulle uitreik nie . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat dit deur die Raad aanvaar is . Ek verdaag die sitting vir 5 minute . (HUIS VERDAAG VIR 5 MINUTE ) ONDERVOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede , die volgende agbare lede , Lukas Kalomo en Johannes Kweyo het vanoggend hospitaal toe gegaan . Agbare lede , ons gaan voort met die besprekings van subhoof A , Departement van Werke . MINUUT NR.71 : DEPARTEMENT VAN WERKE SE BEGROTINGS POS WORD BESPREEK : ONDERVOORSITTER : Agbare lede hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil net ' n verduideliking aan die agbare lede wat in verband met die baie voormanne in my departement gevra het , gee . My departement het baie voormanne nodig by damme , span van draad , bouprojekte en by die kragstasies . By die oprigting van skoolgeboue word hulle ook benodig . Ons het nog 22 voormanne nodig . Die rede waarom ons werk nie vorder nie , is omdat baie van hierdie voormanne se poste nog nie gevul is nie . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat u almal verstaan wat verduidelik is . Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ons het verstaan waarom sy werk nie vorder nie . Die agbare lede het net na die voormanne gekyk soos dit in die begroting geskryf is . Ons het aanvaar dat almal wat hier genoem is klaar aangestel is . Dit sal wonderlik wees as al hierdie voormanne klaar aangestel is sodat die werk kan voortgaan . Die rede is soos die Minister gesê het , dat daar nie voormanne is nie en hulle kan nie daardie voormanne kry nie . As mens nie self die werk doen nie , sal hy nie die rede verstaan nie . As jy dit doen sal jy wel baie goed verstaan dat goeie werkers baie skaars is . Om hierdie departement se werk te laat vorder het die departement goeie wersmense nodig op wie staat gemaak kan word en wat bekwaam is . Meneer die Voorsitter , as ons kyk na daardie pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi sal ons besef dat daardie mense wat dit gebou het mense is wat nie geweet het hoe om ' n pad te bou nie , hulle het daar iets soos ' n berg gemaak . As 'n mens vandag na daardie pad gaan kyk , sal jy sien dat daar later mense gekom het wat weet om die pad te bou , want die pad is vergroot en verbeter . Meneer die Voorsitter , as dit die ware rede is dat die Minister baie voormanne nodig het om sy werk te laat vorder , stel ek voor dat hierdie subhoof so aanvaar word . Dankie. ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant asseblief?

251 . MINISTER JOSIA TAAPOPI :

Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om subhoof B te lees . (Sekretaris lees subhoof B ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , subhoof B is oop vir bespreking . LID AMUTENYA TSHIWETHERENI : Meneer die Voorsitter , die items onder hierdie subhoof is vir my baie duidelik en ek stel voor dat die subhoof so aanvaar moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER :

Agbare lede , sekondant asseblief? LID PENDUKENI FILLIPUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is , en ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof C)

ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ons het nie tyd om te mors nie . Dit lyk nie vir my nodig om baie oor hierdie item te praat nie , want alles is duidelik en daarom stel ek voor dat dit so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant ? LID WILLIPARDT KANYELE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en ons gaan voort . ( Sekretaris lees subhoof D ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID JESAJA NAMBUNDUNGA : Meneer die Voorsitter , subhoof D is baie Dankie . duidelik en ek stel voor dat dit so aanvaar moet word . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek vra vir ' n sekondant asseblief? LID SILAS IIPUMBU : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien niemand opgestaan het nie verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort met subhoof E. (Sekretaris lees subhoof E) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek wil iets oor item 1 onder hierdie subhoof vra . Hierdie bedrag wat onder die item - Ongevalle en skadeloosstelling begroot is , beteken dit dat as iemand ' n ongeluk of besering in die werk opgedoen het , dat hy uit hierdie bedrag betaal sou word , of wat is die posisie ? Dankie . ONDERVOORSITTER : Agbare lid , ek verwys u vraag na die agbare Minister van hierdie departement vir ' n verduideliking .

252 . Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het verstaan dat die vraag na die agbare Minister verwys is vir ' n verduideliking . Sover ek onthou kry ons dieselfde item onder al die begrotingsposte en verduidelikings hieroor is alreeds gegee . Daar is gesê dat hierdie bedrag net daar is om hierdie item oop te hou en dat die werkgewers of wie ookal , self betaal wanneer iemand op diens beseer word . Hierdie wet is in die lewe geroep sodat elke werkgewer of maatskappy wat mense in diens het die mense moet vergoed wat in die werk beseer is . Dit is om dieselfde rede dat ons hierdie item het . Dit is dan die antwoord daarop , dit is die doel van die item . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting tot om 2 - uur . ( DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) ONDERVOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief? Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van subhoof E. LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , die agbare lid wat na my gepraat het , het my vraag beantwoord , maar die antwoord wat ek gekry het was nie voldoende nie . As ek dit nou aan die volk gaan oordra , dan het ek nie genoeg kennis daarvan nie . Alles wat ons hier bespreek wil die volk buitekant hierdie Huis ook van weet. Die antwoord op my vraag was dat elkeen wat in sy werk beseer word vergoeding kry , maar die volk daar buite wil weet watse vergoeding daar is vir so iemand wat dood gaan as gevolg van sy beserings . Watse vergoeding kry sy familie? Sê nou hy het ' n arm of been verloor en die vergoeding wat daarvoor betaal word is nie genoeg vir sy hele lewe nie , wat dan? Meneer die Voorsitter , dit is waarop ek ' n antwoord verlang , want die antwoord wat ek gekry het was nie goed gewees nie . Die plek wat ek gaan besoek sal die mense ook hierdie verduideliking wil hoor . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID ISRAEL JONA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets oor hierdie item vra . Die agbare lid wat die antwoord gegee het , het gesê dat hierdie bedrag nie bedoel is as vergoeding van die mense nie , dit is net daar om hierdie item oop te hou . Ek wil net weet , sê nou maar iemand verloor ' n arm of ' n been , sal hy daardie vergoeding kry en nog daarna kan voortgaan met sy werk of sal hy afgedank word? Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets oor hierdie item sê . Ek het in die verlede ' n vraag hieroor gestel maar ek het nie ' n antwoord gekry nie . Ek het ' n antwoord op my vraag verwag toe ek dit gestel het . Onder elke begrotingspos kry ons dieselfde item en dieselfde bedrag van R50 . Ons weet nie watter ongevalle word hiermee bedoel nie . Wanneer u in diens is , is daar baie ongevalle wat plaasvind . Wat ons wil weet is , watter skade is dit waarvoor die bedrag van R50 voor begroot is? Ek persoonlik kry baie skaam as ek hoor dat mense ' n vergoeding van R50 kry . Een het sy arm verloor en een het een van sy bene verloor en een sy oog . Ons verlang nou ' n verduideliking oor die bedrag van R50 , vir watter beserings is dit ? Orals en onder elke begrotingspos kry ons dieselfde bedrag en item , en nou wil

253 . ons graag weet wie kry almal ' n vergoeding van R50 . Dankie , meneer die Voorsitter . Ons verlang ' n verduideliking asseblief . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is steeds oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek gaan iets sê oor item 4. Dit handel oor aankoop van vlae . Verlede jaar was daar ' n bedrag van R200 begroot vir hierdie item en vanjaar is dit weer die geval , wanneer sal die vlae dan aangekoop word? Die volk daar buite verlang om die vlae van hulle eie land te sien . Die Regering is al lankal hier maar het nie sy eie vlae nie , as mens die vlag van Owambo wil sien moet hy na hierdie gebou kom om dit te sien . Daar was verlede jaar geld goedgekeur en vanjaar is weer geld goedgekeur , maar hoekom word die vlae dan nie gekoop en by die stamkantore en waar dit moet wees opgehang nie ? Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil die agbare lid Thomas Nakambonde se vraag beantwoord . Dit is soos die agbare lid Peter Kalangula gesê het , die bedrag van R50 wat hier begroot is , is net hier om die item oop te hou . Gestel nou dat iemand in my departement beseer word dan nader ons die Ongevalle Kommissaris in Pretoria . Dit is waarvandaan ons die vergoeding eis vir so ' n persoon . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat u goed verstaan het wat verduidelik is . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n verHy het gevra duideliking gee aan die agbare lid Edward Mbango . wanneer ons Regering se vlae opgehang sal word . Ons het die vlae bestel en dit sal binnekort ontvang word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is steeds oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , dit is gewoonlik so dat wanneer ons by die besprekings van die begrotingspos van die Departement van Werke kom dat daar dan baie lank hier gepraat word . Gewoonlik is die agbare Raad nie tevrede met wat gedurenEk de die afgelope jaar deur hierdie departement gedoen is nie . onthou dat ons verlede jaar baie lank oor hierdie departement gepraat het . Die vorige Minister van hierdie departement het hierdie Huis belowe dat hy hard sal werk . Verlede jaar het die agbare Raad gekla dat die paaie in Owambo nie goed is nie , en nadat ons hier verdaag het , het ons gevind dat die strate al herstel was . Die agbare lede van die Kwanyama- stam het gekla dat die pad wat uit die grootpad draai na hulle stamkantoor nie goed is nie , en ons het toe gevind dat die pad klaar gebou was . Die agbare lede het ook gekla dat die pad tussen Mbalantu en Kwaluudhi wat vir ' n tydperk van 5 jaar aan gewerk was nog nie klaar was nie . Na die verdaging het ons gemerk dat daar vinnig aan die pad gebou was . Die departement het belowe om hard te werk en het beloftes aan hierdie Huis gemaak . uniforms vir werknemers verlede jaar As ons kyk na item 5 was daar net ' n bedrag van R2 000 voor begroot en vanjaar is dit · R4 730. As u kyk na item 6 kampuitrusting en spesiale meubels verlede jaar was daar ' n bedrag van R2 450 begroot en vanjaar is

254 . daar ' n bedrag van R5 520. Dit beteken dat hierdie departement vanjaar goed met sy werk gaan vorder . As ons hierdie subhoof E verlede jaar kon aanvaar op R5 600 hoekom kan ons dit nie vanjaar aanvaar as ons sien dat die bedrag vermeerder is nie ? Dus meneer die voorsitter , ek stel voor dat hierdie subhoof so aanvaar word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief?

MINISTER FRANS IINDONGO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort met subhoof F. (Sekretaris lees subhoof F ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID MICHAEL HAMUTUMBANGELA : Meneer die Voorsitter , ek het lank gewag vir hierdie subhoof . Ek het van die agbare Minister van hierdie departement verneem dat hy voormanne in sy departement nodig het , maar as u kyk na die oprigting van huise in die Wambodorp sal u baie verbaas wees . Dit neem gewoonlik lank om een huis te bou , omtrent 6 tot 9 maande . ONDERVOORSITTER : te bespreek .

Agbare lede , die subhoof is oop vir die Raad om

MINISTER DANIEL SHOOYA : Meneer die Voorsitter , ons is besig met paaie en brûe . Hierdie departement is hard besig met sy werk . As u vanaf Kwaluudhi reis na Ngandjera toe sal u sien dat baie brûe gebou is . U kan ook in die Kwanyama - stamgebied gaan kyk hoe daar aan die brûe gewerk word . Ek merk nou dat die bedrag wat vanjaar voor begroot is , meer is as die van verlede jaar . Die werkers kan nou aangaan met hulle werk en ek stel voor dat hierdie subhoof so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , ek het nie aan daardie agbare lid gesê dat hy buite orde is nie . Enige teenvoorstel?

LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , omdat subhoof F aanvaar en gesekondeer is , vra ek toestemming om iets daaroor te sê . Dankie , meneer die Voorsitter vir die toestemming . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hande asseblief? Agbare lid , ek is baie jammer die hande was baie min . Ons gaan voort met subhoof G

(Sekretaris lees subhoof G)

ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek is baie tevrede met die bedrae onder subhoof G. Dit kom mooi ooreen met die toeDie agspraak van die agbare Minister van hierdie departement . bare Minister van die departement het gesê dat sy departement nuw masjinerie gekoop het en ons sien dit ook hier . Verlede jaar was vir aankoop , installering en vervanging ' n bedrag van R292 000

255 . begroot . Aangesien hy nuwe masjinerie gekoop het , is dit nie vanjaar nodig nie , en dit is hoekom hy ' n bedrag van R107 200 vir die item begroot het . Dit alles beteken dat die Departement van Werke die geld goed kan bestee . Dit spreek vanself dat daar nou genoeg masjiene is , soos ons dit sien in die toespraak van die agbare Minister . Onderhoud vir sulke masjiene is ook nodig . Aangesien die departement verlede jaar nie baie masjiene gehad het nie , en die onderhoud ook min was , is dit die rede waarom die bedrag vir hierdie item verlede jaar net R213 200 was . Omdat hierdie departement nou genoeg masjiene het en die onderhoud daarvan baie sal wees , ' n groter bedrag vanjaar aangevra naamlik R243 700 . As ons die totale bydrag van hierdie subhoof bekyk sien ons dat daar ' n vermindering is . Dit kan aanvaar word , want die agbare Minister het gesê hy het genoeg masjiene gekoop en het nie baie geld nodig nie . Hierdie agbare Raad wil ook nie hê dat baie geld Omdat die departeaangevra en die geld nie bestee kan word nie . ment nou sy geld mooi bestee het , stel ek voor dat hierdie subhoof so aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer maar voordat ek dit doen voel ek dat ek iets oor hierdie departement moet sê . Ek wil graag die vorige Minister van hierdie departement baie hartlik bedank . Hierdie Huis het verlede jaar baie oor die departement gepraat omdat die werk nie goed gedoen was nie . Die departement het self gesien dat die werk nie goed gedoen was nie en het na die sitting baie hard gewerk . Alles wat daar gedoen was , wil ek nie nou herhaal nie , want die agbare lid Toivo Shiyagaya het ' n paar van die werke genoem wat die vorige Minister na die sitting van verlede jaar gedoen het. Ek wou hê dat die besprekings van hierdie begrotingspos afgehandel moes word sonder dat ek iets daaroot gesê het nie , want die departement is vir my baie belangrik en het belangrike werk gedoen . As ek vandag van my huis na my kantoor kom dan ry ek baie maklik . Al verlaat ek die huis miskien ' n bietjie laat , sal ek nog betyds by die werk kom . Ek vra hierdie departement om vir my nog ' n pad te bou wat reguit na die teerpad toe gaan . Dit is eintlik ' n las wat ek op die skouers van hierdie departement plaas deur so ' n versoek te rig , ek sê nie dat die pad vandag of more gebou moet word nie , Ek doen ' n beroep op maar ek versoek dat so ' n pad gebou word . die nuwe Minister om ook so hard te werk soos sy voorganger in die verlede gedoen het , en soos hy ook sedert sy aanstelling gedoen het . Meneer die Voorsitter , ek sekondeer hierdie subhoof . ONDERVOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort na die volgende subhoof . ( Sekretaris lees subhoof H ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking deur die Raad . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek wil iets oor item 1 onder hierdie subhoof sê . Hierdie departement het iets onder hierdie item probeer doen . Daar was baie gekla omdat daar in die Owambo-dorpe nie straatligte was nie . Daar is op die oomblik straatligte in die Wambo- dorpe . Al is dit so dat daar wel straat-

256 . ligte is , is dit nog nie bevredigend nie . Wat die mense baie keer laat wonder is waarom die ligte sommige dae brand en sommige dae nie . Die straatligte in die blankedorpe is gedurig aan . Nou weet ons nie wie daardie mense is wat met hierdie straatligte te doen het nie . Is daar een of meer van hulle wat moet kyk of die ligte aan of af is ? Die rede hoekom ek hieroor praat is omdat dit in dieselfde dorp is , dit wil sê Oshakati . Dit word nie verstaan waarom die ligte aan die eenkant aan en aan die anderkant af is nie . Dikwels is die water in die Wambodorp afgesny terwyl daar in die blanke - dorp wel water is , ons sien dit maar begryp dit ie . Ons verlang nou ' n verduideliking Die ligte is ver van mevan hierdie departement oor die ligte . kaar maar dit hinder ons nie , ons vra net dat die ligte snags altyd aan moet wees . Meneer die Voorsitter , ek is baie bly dat u aandag daarop vestig dat ons nou eers gaan verdaag en dat ek na die verdaging weer kan voortgaan . Dankie , meneer die Voorsitter . ONDERVOORSITTER : Ek verdaag die sitting vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) ONDERVOORSITTER : Agbare lede , die krag is af en ons stemme kom nie deur op band nie , daarom verdaag ek die sitting tot more om 10- uur vm . (HUIS VERDAAG TOT WOENSDAG 4

WOENSDAG

4

JUNIE

JUNIE 1975 )

1975 .

MINUUT NR.72 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.73 : DIE

NOTULE VAN VERRIGTINGE VAN 3 JUNIE WORD GELEES EN AANVAAR :

VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van verrigtinge op 3 Junie te lees . (Sekretaris lees notule ) Agbare lede , ek vra ' n voorsteller asseblief? VOORSITTER : LID ISRAEL NAKAMWE : Meneer die Voorsitter , ek stel dit voor . VOORSITTER : Agbare lede , ek soek ' n sekondant asseblief? LID KALIPI MUNDJELE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aan gesien daar niemand opgestaan het nie aanvaar ek dat die notule van 3 Junie deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek vra die Hoofminister of hy enige boodskappe het? Meneer die Voorsitter , ek HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Dankie . het geen boodskappe ontvang nie . VOORSITTER : Agbare lede , ek wil bekend maak dat die agbare Minister van Justisie asook die volgende agbare lede Johannes Andjamba en Israel Jona nie vanoggend hier is nie . Lid Israel Jona se voertuig het omgeval en dit is die rede waarom hy nie kon kom nie. MINUUT NR.74 : BEGROTINGS POS VAN DEPARTEMENT VAN WERKE WORD BESPREEK EN AANVAAR :

257 . VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met die bespreking van die begrotingspos van die Departement van Werke en ons begin met subhoof H. Subhoof H is oop vir die Raad om te bespreek . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , in subhoof H is daar twee items naamlik item 2 en 6 waarmee ek nie saamstem nie . Wanneer ek van hierdie items praat , praat ek asof ek iemand is wat ' n versoek rig . Aangesien hierdie subhoof so ' n belangrike saak raak , is ek baie bly daaroor . My versoek is dat die agbare Minister van hierdie departement baie vinnig moet werk om groot en klein skole te bou . Baie maal loop die kinders rond want die klasgeriewe is nie genoeg nie . Toe ek verneem het dat daar ' n departement is wat klein en groot skole moet oprig het ek gedink dat die agbare Minister vinniger moet werk om skoolkamers op te rig . Dit is laerskool - kamers wat ek van praat . Daar is kinders wat van verafgeleë huise kom om die skole by te woon , en daar is nie plek vir hulle om te bly nie , dus loop hulle langafstande om by die skool te kom . By die ou bestaande skole word nuwe geboue opgerig . Met die oprigting van die skole moet daar asseblief gedink word aan die oprigting van hoërskole en universiteite . Baie kinders loop rond en gaan heen- en-weer op soek na skole omdat daar nie genoeg akkommodasie by die skole is nie , hulle gee vir ons moeilikhede met hul klagtes . Ek rig hier namens ons kinders die versoek . Daar mag gedink en aangeneem word dat daar genoeg skole vir al die kinders is en dat hulle nie hoef rond te loop op soek na skole nie . Hierdie is die grootste van alle versoeke wat ek tot dusver gerig het . As ons ' n groot skool in ons land het dan beskou ons onsself as mense . Ons het moed verloor , want baie kinders is uitgenooi om skole buite Owambo te gaan bywoon , maar wanneer hulle daar kom kry hulle nie wat hulle verlang nie . Die persoon wat die kontrak aangeneem het om die klaskamers te bou moet asseblief vinniger werk . As ' n mens ' n kontrak aangaan en nie vinnig werk nie moet die kontrak gekanselleer en vir iemand gegee word wat dit gouer kan doen . Wanneer die departement aan iemand werk gee om te doen , moet hy vir hom sê om die werk gou te doen sodat die departement voort kan gaan met sy ander werke . Die departement soek nie ' n luiaard om vir hom te werk nie , hy soek iemand wat bekwaam vir die werk is , en as hy dit nie behoorlik doen nie sal die departement hom ontslaan en dan ' n ander een soek wat vir hom kan werk . Ons wat hier in hierdie Huis sit , veral ek , verwag dat wanneer ons hierdie sitting verlaat daar ' n besluit sal wees dat daar ' n groot skool opgerig sal word vir al die kinders wat wil skoolgaan . As ons nie ' n groot skool hier het nie , lyk dit of ons nie werk nie . Toe die B.B.K. hier ingekom het , het hy begin om mense op te lei , daardie mense wat deur hulle opgelei is , is nou bekwaam genoeg om sekere werk op hul eie te doen . Die vermoë van ons Wambo's om handewerk te doen en self te bou is nou voldoende en hulle kan self hierdie werk doen . As ' n universiteit in Owambo opgerig word , sal die kinders self sien hoe ander studente studeer en so sal die tyd kom wanneer ons ons eie dokters en ander geleerde mense het en kan oplei . Meneer die Voorsitter , mag aandag asseblief gevestig word op die bou van groot skole . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . LID FESTUS ASINO : Meneer die Voorsitter , ek is ook hier by die subhoof wat handel oor die bou van skole . In Januarie toe ek lid

258 . geword het , het ek rondgeloop en van plek tot plek gekyk . Ek het na die skole gekyken gekyk hoe die volk lewe . Aangesien ek baie ver in die bosse woon lyk dit vir my asof dit nie heeltemal goed gaan nie , want soms kom jy by ' n plek waar daar ' n skool is en Ek het opge' n kerk , maar tog is daar nie water of ' n pad nie . merk dat daardie plekke wat ek van praat baie afgeleë is en dus vra ek dat daar ' n pad gebou moet word . Dit is in die bosse en is baie ver . Ek vra myself af of daar vryheid is as daar ' n groot skool is , maar nie water en ook nie ' n pad nie . ' n Mens kan ook nie in die nag daar ry nie , want daar is groot Mopaniebome waarteen ' n mens kan vasry . Ek het verneem dat waar daar mense is , daar word paaie gebou . Daar is ' n kerk en ' n groot skool waar die mense bymekaar kom . Ek het gedink as hierdie departement sy werk behoorlik doen dan behoort hy in staat te wees om water en paaie te bou sodat die mense behoorlik kan lewe . Daar is groot skole waar daar net een pomp opgerig is , wanneer dit breek waar gaan die kinders water kry? Dit is beter as daar ' n dam gebou word sodat wanneer die pomp nie werk nie die kinders water uit die dam kan kry . Vir my is dit nie voldoende nie , ek bly ver in die bosse en daar is nie paaie daar nie . Die enigste pad waarvan gepraat word is net die hoofpad vanaf Kwaluudhi na Ngandjera . Ek sien daar is 6 padskrapers , maar ek weet nie wat hulle werk is nie . Meneer die Voorsitter , dit is beter as hierdie departement die masjiene verdeel tussen die verskillende plekke waar daar gewerk moet word . Ek dink daar behoort ook klinieke gebou te word , want ons bly ver van die dorp sodat ons daar verpleeg kan word voordat ons na ' n groot hospitaal vervoer word . Sê nou dit is ' n beenbreuk of verstuiting of soiets dan kan ons eers daar hulp kry voordat ons na ' n groot hospitaal gaan . Dit sal die las op mense se skouers baie verlig . ' n Regeringsbeampte van hierdie departement behoort vir ' n paar dae daar te vertoef om te luister na die klagte van die mense aldaar , en binne ' n week sal ons die klagtes vir hom kan gee . Ek is nie tevrede met een dag nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER :

Agbare lede , dit bly nog oop vir bespreking .

LID FESTUS AMUKWA : Meneer die Voorsitter , ek wil eers die Minister van hierdie departement bedank . Ek is bly dat hy alles so mooi uiteengesit het en verduidelik het . Ons het alles gehoor wat hy gesê het . Ek het net een versoek wat ek aan hom wil rig en dit is dat die agbare Minister met oë van genade na Kwaluudhi moet kyk . Daar heers ' n groot gebrek onder die skoolgaande kinders . Daar by Kwaluudhi is daar ' n gemeente genoem Angalo , dit is ' n groot gemeente . Daar is baie kinders . Dus rig ek ' n versoek aan die agbare Minister om ' n kliniek daar op te rig . Wanneer ' n kliniek by Ngandjera gebou word kandit al daardie wyke bedien , insluitend die Angalo skool op die grense van Kwaluudhi en Ngandjera en die skool te Okatsidhi . Ek praat reguit omdat ek die tekortkominge ken en weet wat daar aangaan . Ek praat hier oor die moeilikhede van die skoolkinders aangesien ek ' n lid van die skoolkomitee is . By Okatsidhi kry die kinders baie swaar wanneer dit koud is . Kinders kry kinderverlamming en word bewusteloos van die malariakoors wat daar baie swaar is . Hulle kry nie hulp nie , en kry baie swaar , want daar is nie medisyne by die skool om hulle te help nie . Dus versoek ek vriendelik dat die skool verbeter moet word om die kinders te help . Nogtans is daar in die weste van Kwaluudhi ' n skool met die naam van Oshilemba . Dit is ' n baie groot skool .

259 . Daar is ook ' n gemeente . Daar het ons ook ' n kliniek nodig . In die ooste van Kwaluudhi is daar ' n gemeente met die naam van Ons Olondo , en daar moet ook asseblief na die posisie gekyk word . wil nie net hier staan en praat nie , die dinge moet gedoen word . Hierdie saak het ons ook verlede jaar bespreek , maar niks het daarvan gekom nie . Met nederigheid vra ek die agbare Minister van hierdie departement om die Kwaluudhi mense asseblief te onthou . Ek sal baie dankbaar wees as ek die hulp van die agbare Minister kan kry . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die subhoof is oop vir bespreking . LID JOHANNES AMUKOTO : Meneer die Voorsitter , ek staan by item 1 Ek versoek die agbare Miwat handel oor bouwerk en boudienste . nister van hierdie departement om sy werk te verbeter . Daar by ons te Kolonkadhi is daar ' n groot behoefte aan hospitale . Ons is ver vanaf die groot hospitale en wanneer ons verongeluk of iemand deur ' n giftige ding gebyt is dan kan hy maklik doodgaan voordat hy by ' n groot hospitaal aankom . As ons ' n kliniek kan kry om ons te help totdat ons na ' n groot hospitaal kan gaan , sal ons dit baie waardeer . Wanneer ' n mens verongeluk het kan dit soms gebeur dat hu nog kon geleef het , maar omdat die hospitaal ver is gaan hy dood . As ons hulp kry om die mense gou na die hospitaal te neem , sal dit beter wees . Meneer die Voorsitter , mag die agbare Minister van hierdie departement ons help . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID KALIPI MUNDJELE : Meneer die Voorsitter , ek staan nog by item € wat handel oor die skool - akkommodasie . Ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om die aantal klaskamers te vermeerder . Ons vra dat daar in elke wyk ' n skool opgerig mag word . As daar skole in elke wyk gebou word sal dit tot baie hulp vir die ouers van die kinders wees . U kan u kinders dan na die skool stuur en later in die dag kan hulle kom om die voëls uit die saailande te jaag . Wanneer al die kinders kosskool toe gaan bly die ouers by die huis net soos toe hulle begin het . Wanneer die skool naby is en die kinders kan in die middae huistoe kom om te help , dan kan hulle ons ook help om vir hulle kos te kry , maar wanneer die skool ver is en hulle kan nie terugkom nie , dan sal daar baie werk by die huis wees en later sal ons vind dat daar nie kos vir hulle is nie . Dit moet beklemtoon word dat daar baie meer skole opgerig moet word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , ek sien subhoof H gaan oor bouwerk . Dit is die bouwerk van skole asook die ander dinge wat genoem is , soos klinieke en hospitale . Ek weet nie of hierdie departement self ondersoek instel waar skole opgerig moet word nie , of vra hierdie departement die mense . Wanneer ek na die skole kyk wat opgerig moet word , sien ek dat die volk baie groot is soos byvoorbeeld daar by Ruacana . Daar is baie mense maar tog is daar nie ' n skool nie . Klinieke , waarvan hier melding gemaak is , is baie noodsaaklik vir die mense . As ons al die plekke moet noem waar soiets benodig word , sal ons nie daarmee klaarkry nie , want daar is baie sulke plekke . Die behoefte aan klinieke is baie groot daar en dit word orals deur mense benodig . Hierdie departement is verantwoordelik om werk aan die mense van Owambo te gee , en aangesien ek merk dat die bedrag wat vir bouwerk begroot is , groot is , voel ek dat baie mense indiens geneem kan

260 . word . VOORSITTER : Agbare lid , u sal met u bespreking kan voortgaan . verdaag eers die sitting vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE )

Ek

VOORSITTER : Neem u sitplekke in asseblief . Agbare lede , ons gaan voort met ons besprekings van subhoof H. Ek vra die agbare lid Eelu om voort te gaan . LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , die vorige spreker het baie dinge genoem wat ek ook wou genoem het . Dit gaan oor die oprigting van skole en klinieke in die hele Owambo . By die skole word water benodig , en dus is dit belangrik om te sorg dat water voorsien moet word gelyktydig met die oprigting van ' n skool . As dit moeilik is om damme te bou , dan moet tenks verskaf word om die water op te vang , dit sal al baie help . Met subhoof H is ek tevrede . Ek hoop dat die agbare Minister van hierdie departement bereid is om sy werk te doen . Dit is soos iemand wat sy geweer moet neem om te gaan skiet . Ek aanvaar subhoof H soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief?

LID WILLIPARDT KANYELE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort . (Sekretaris lees subhoof J ) VOORSITTER :

Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , in subhoof J is die departement al gevra hoeveel nuwe boorgate beplan is . Baie van die agbare sprekers het gesê dat baie boorgate waarvan hier melding gemaak word , nog nie pompe op het nie . As ons die bedrag van vanjaar se begroting met die van verlede jaar vergelyk , is daar ' n verskil . Die begroting van vanjaar toon dat die departement besluit het om vanjaar meer in die verband te doen . As gevolg van di klein bedraggie op die begroting van verlede jaar is dit duidelik dat hulle nie baie kon gedoen het nie . Volgens my behoort hulle , omdat daar vanjaar so ' n groot bedrag voor begroot is , meer te doen as verlede jaar . Ek stel voor dat hierdie subhoof aanvaar word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant? LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aan gesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort met subhoof K. (Sekretaris lees subhoof K ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking .

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , gister het ek oor hie die subhoof gepraat alvorens ons daarby gekom het . Gelukkig is ons vandag daar en kan ek daaroor praat . Die eerste ding wat ek wil noem is , elektrisiteitsvoorsiening in die Wambo-dorpe . Verlede jaar het ek dit genoem en ek noem dit nou weer , dit wil sê , Hierdie departedie Wambo- dorpe wat nie elektrisiteit het nie . ment het die pale geplant , die kabels gelê en die lampe aangebrin

261 . Daardie ligte brand af en toe , dit brand party dae glad nie . Wanneer die lampe in die Wambo- dorp nie brand nie , brand die blankedorpe s'n . Dus wil ek vra wat daardie persoon doen wat by die kragstasie toesig hou dat daar by ons nie ligte brand nie , maar wel by die blanke - dorp . Toe ek gister aangesê was om nie nou al hieroor te praat nie , het ons teruggegaan na die Wambo- dorp en gevind dat die ligte in die Wambo - dorp nie gebrand het nie , maar wel in die blanke - dorp . Volgens my is Oshakati een dorp . As ek na die Wambo- dorp of die blanke - dorp gaan sê ek net , ek gaan na Oshakati toe . Al daardie plekke dit wil sê die Wambo- dorp en die blanke- dorp staan net bekend as Oshakati , dit is een . Wat my baie hinder is dat hierdie departement sy bes gedoen het om water aan die mense te voorsien . By elke huis is daar ' n kraan met water . Alhoewel dit die geval is , dit nie reg is nie , daardie krane is buite die huise . Is dit miskien omdat daar nie plek in die huise Ek weet op vir die krane is nie , want die huise is baie klein . Oshakati is daar sekere huise waar die water binne in die huise is. Daar is ook gemerk dat die water in die Wambo- dorpe afgesny Eendag geis terwyl dit in die blankedorp nie gedoen word nie . durende die sitting was daar nie water nie , ' n mens kon net jou waslap natmaak en jou oë was , maar die blankedorp het water gehad . Ek hoop hierdie gebied behoort aan die Wambo's . As ek sien dat die plek waar die blankes woon ligte het en die Wambo's nie ligte het nie , en die een plek water het en die Wambo's nie water het nie , dan voel ek baie sleg . Sê nou byvoorbeeld ek het ' n gas en hy vr vir my hoekom is hier nie water nie en waarom is die ligte nie aan nie , terwyl dit wel by die blankes aan is , dan is ek te skaam om te antwoord . Dus wil ek weet waarom die departement lampe aangebring het maar dit werk nie? Hoekom brand dit nie elke dag nie , hoekom het die departement nie lampe opgerig wat elke dag brand nie ? Hierdie departement kan nie met daardie lampe spog nie , want dit brand nie altyd nie . Die departement moet ook toesien dat daar water is en dat dit elke dag daar is . As ek die amptenaar geken het wat sorg vir die elektrisiteit en water vir die blankedorp sou ek hom gevra het om vir ons ook water en krag te gee , want ons ly baie . Ons weet dat die huise in die Wambo- dorp nie goed versorg en goed gebou is nie , maar as ons water en krag kan kry , dan sal dit baie beter gewees het . Ek het ook verneem dat hierdie departement vanjaar bereid is om 200 huise te bou , dit is nou wel die gewone huisies maar dit maak nie saak nie , as daar net water en krag is dan sal ons al tevrede wees . Meneer die Voorsitter , is die tyd nog nie ryp dat ons hierdie departement versoek om vir ons behoorlike groot huise te bou wat genoeg ruimte het en wat ook krag het en water net soos die in die blanke - dorp . As ons merk dat ons ligte asook die ligte van die blankes nie brand nie , en as ons water gelyktydig af is , sal ons nie sleg voel nie . As ons sien dat ons vriende , die blankes , lig het terwyl ons in die donkerte sit en hulle water het en ons nie , dan sal ons nie lekker voel nie . Ek hoop dat die bespreking wat ons altyd hier hou om die lewenspeil van ons mense te bevorder vrugte gaan afwerp . Hierdie departement kan ook help om die lewens omstandighede van die mense te verbeter . Ons wil nie goedkoop dinge hê nie , ons wil duur goedere hê om te gebruik . Meneer die Voorsitter , ek het net my gedagte gelug oor die dinge waarmee hierdie departement in Oshakati spog . As ons gaste in Oshakati het en hulle vergelyk die Wambo-

262 . dorp en dit blanke - dorp met mekaar , dan sien hulle dadelik dat daar onderskeid gemaak word . Ons wil ons dinge hier in Owambo self regmaak . Ons wil nie dat ander mense ons dinge vir ons moet kom regmaak nie . Daar is ons departement wat dit vir ons moet regmaak , en dit moet net eenvoudig gedoen word . Van hierdie departement word verwag dat daar in die dorpe elke dag water moet wees . As daar nie water in die Wambo- dorp is nie dan mag daar ook Hierdie geld vir almal nie water in die blanke - dorp wees nie . wat in Oshakati woon . Dit mag nie so wees dat die swart mense ly terwyl die witmense lekker lewe nie . Die elektrisiteitsvoorsiening moet aan albei die kante dieselfde wees . Ek stel voor dat hierdie departement ondersoek instel . As daar twee mense is wat die kragstasie bestuur moet hulle sorg dat daar genoeg krag vir almal is . As daar twee mense is wat die water beheer moet hulle sorg dat die beheer in orde is . As dit nie hierdie departement se skuld is nie , dan vra ek omverskoning , meneer die Voorsitter . As dit nie hulle is wat dit doen nie , dan moet hulle gaan ondersoek instel om te kyk wie hierdie goed so verkeerd doen . Hierdie bedrag moet reg bestee word . Hoekom is die geld nie meer nie , wanneer sal die dinge reggestel word? Ek glo dat hierdie departement hom daarop gaan toelê om alles reg te maak waaroor hier gepraat is sodat daar in die toekoms nie weer sulke probleme mag opduik nie ? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil net ' n verHy het duideliking aan die agbare lid wat laaste gepraat het gee . Ek gaan nie teen gepraat oor elektrisiteit en watervoorsiening . hom praat nie , want dit is soos hy gesê het . Gewoonlik gebeur dit so dat daar nie water en krag is nie , maar hierdie dinge word nie Elekmet opset gedoen nie sodat mense in die donker moet sit nie . trisiteit is gedurende die dag nie nodig nie en daarom word dit afgeskakel , die mense wat daar werk vergeet maklik om dit weer aan ' n Waterpyp kry te skakel . Met die water gebeur ook dieselfde . ' n barsie en lek op ' n sekere plek en wanneer die mense daar werk moet die water toegemaak word . Ek wil dit net beklemtoon dat daar in ons departement niemand is wat begerig is dat iemand in die Ons departement donkerte moet sit of sonder water moet wees nie . Dankie , verstaan goed wat deur die agbare lid aan ons gesê is . meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , subhoof K handel oor die oprigting van bantoedorpe . Dit is baie goeie subhoof , maar dan moet die geld bestee word , met ander woorde huise moet in Owambo gebou word . Ek sien dit word hier genoem . Vir wie moet daar nog dorpe in Owambo opgerig word ? Die dorpe in Owambo is segregasie dorpe , elkeen wat daar wil woon kan daar woon . Ons wil Ons vergoeie samewerking hê met ons vriende wat in Owambo woon . lang dat die dorpe in Owambo so gebou moet word dat daar goedkoop As dieprys van ' n duur huis vir my te hoog en duur huise is . is , kan iemand anders daardie huis koop , terwyl ek ' n goedkoper huis kan koop . By item 2 waar watervoorsiening gemeld word , wil ek sê dat daar nie waterbesparing mag wees terwyl mense dors ly nie . Miskien is daar mense wat daarop uit is om water te spaar terwyl ander dors ly . Ek wil nie weer herhaal wat reeds gesê is In verband met die water by die blanke - huise terwyl die swart-

263 . mense se huise nie water het nie . Item 12 praat van geboue vir maatskaplike dienste . Ek vra dat geboue ook vir besoekers opgerig moet word waar hulle vir die busse kan wag . Somtyds is daar mense Om ons wat vir busse wag terwyl daar nie water te kry is nie . mense tevrede te maak en dit vir hulle gerieflik te maak moet waghuise vir hulle gebou word waar hulle vir die busse sit en wag . Hierdie terreine word Item 11 praat van sportterreine . dwarsoor die hele Owambo benodig . Orals waar daar mense bymekaar kom, byvoorbeeld in dorpe en skole , verwag die mense dat daar vir hulle , deur hierdie Huis , geriewe verskaf moet word . Daar is mense wat buite die dorp moet gaan om water te skep , en as daar iemand is wat waterbesparing sover wil voer dat niemand water kan kry nie dan sal hierdie plaaslike mense buite die dorp ook dors ly . Ek het lank gepraat en wil nie meer u tyd met my pratery mors nie , maar ek wil net ten slotte sê dat ek nie ' n voorstander is van watervermorsing nie . Dit wil sê dat daar nie water gespaar mag word wanneer mense dors ly nie . Ek sal baie bly wees as die mense wat water voorsien hierdie klagte van die volk sal onderDie volk verlang soek en water gee wanneer hulle dit nodig het . ook dat apartheid verwyder meot word . As die Wambo's geweet het waar die wortel van apartheid lê , sou hulle dit al uitgegrawe of uitgekap het . As daar iemand is wat weet waar apartheid se wortel is , of waar dit groei , dan moet hy help om dit af te breek sodat ons met ons vriende in vrede kan lewe . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede, hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID AMUTENYA TSHIMWETHERENI : Meneer die Voorsitter , ek staan nog Ek weet nie of hier verwys by subhoof K , item 11 , sportterreine . word na terreine wat spesiaal gemaak is of na ' n natuurlike terrein nie . Terselfdertyd weet ek nie waar die plek is nie , is dit by Oluno , Ohangwena , Oshakati , Mbalantu of Ngandjera . Ek weet nie waar die plek is nie . Miskien is dit by Ruacana . Ek hou daarvan om na sportbyeenkomste van die kinders te kyk en dit verskaf my baie genot . By die sportbyeenkomste van kinders vind ' n mens nie baie ouers wat kom kyk nie . Ek is ook ' n oumens , hoewel nie baie oud nie , maar ek is een van die ouers wat die sportbyeenkomste van die kinders gereeld besoek . Wanneer sal hierdie plekke gebou word dit word net hier gemeld maar niks gebeur nie . Ek het dwarsoor die hele Owambo gereis en gemerk dat al die sportterreine deur die kinders self skoongemaak is . Onder subhoof K , item 11 , is daar verlede jaar R36 000 begroot , terwyl daar vanjaar vir net R22 000 begroot is , dit is ' n vermindering . Ek weet nie waarvoor verlede jaar se bedrag gebruik is nie . Het die sport van die kinders dan agteruit gegaan . Of is daar gevind dat baie terreine reeds skoongemaak is en dat daar min oor is wat nog skoongemaak moet word? Ek het nie een van hulle gesien wat deur die Regering skoongemaak en bewerk is nie . Die sport wat hier genoem word is dit miskien vir die blankes in die blankedorp . In die blankedorp is daar ' n mooi terrein wat skoongemaak en bewerk is . Daar is gras geplant , en wanneer die kinders daar speel is hulle baie gelukkig . Wanneer sal daar vir Owambo ' n terrein gemaak word met ' n gras bedekking . Wanneer sal daar sportterreine vir die meisies gemaak word . Wanneer sal daar tennisbane gemaak word . Is daar iemand wat my kan oortuig dat daar ook soiets vir die swartmense wat daardie sport beoefen gaan wees . Ek het in die toespraak van die agbare Minister gelees dat

264 . daar reeds sulke terreine te Ondangwa en Oshakati is . Die van Ongwediva is ' n paar jaar gelede reggemaak . Die te Oshakati , Ondangwa en Oluno is nie terreine waaroor daar baie gepraat kan word nie . Of is die persoon wat daar werk iemand wat moeg is alvorens hy begin werk . As die departement daardie speelterreine gaan besoek sal hulle vind dat dit baie onbevredigend is . Daar moet goeie sportterreine gebou word sodat die kinders , wanneer hulle daarop speel , genot mag put uit hul spel . Ek het rondgeloop en al die sportterreine in S.W.A. besoek , maar Owambo is die baie agter met hulle sportterreine .

In Owambo is daar baie mense wat sport ken, maar hulle het dit nie hier in Owambo geleer nie , maar by C.D.M. By Oranjemund is daar plekke wat goed bewerk is waar daar fietsreisies gehou word , asook ander soort wedstryde . Daardie maatskappy het sy eie geld gebruik , nie regeringsgeld nie . Terwyl ons die geld van die regering kry wat ons help om ons goed reg te maak , moet ons vinniger daaraan werk , sodat daar nie vir ons gelag mag word , selfs deur die kinders dat ons niks doen nie . Hierdie sportterrein vir die Oshakati sekondêre skool is ' n tydelike sportterrein , dit is nie permanent nie . Daar is ' n permanente skool wat vir goed daar sal bly . Oshakati sekondêre skool se sportterrein moet gemaak word soos die by die ander groot skole . Die kinders kla dat hulle sportterreine te klein is en wanneer hulle besoekers het van buite dan word hulle uitgelag en kry hulle skaam . Ook na die primêre skole moet daar af en toe skrapers gestuur word wat vir die kinders terreine kan skoonmaak . Mag die departement asseblief gou maak en hierdie bedrag gebruik terwyl ons dit het . Is dit vir die onderwyser moeilik om ' n masjien te bekom wanneer hulle dit benodig vir die skoonmaak van ' n terrein , of moet hulle dit van die departement aanvra . As dit vir u te moeilik is om dit te doen , dan kan u my vra wat die mense ken wat die werk goed kan doen . Ek het lank gepraat , ek wil aan die ander agbare lede ook ' n kans ge Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking deur die Raad . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , subhoof K , is myns insiens volledig bespreek . Elkeen wat nou nog daaroor praat , herhaal net wat reeds gesê is . Baie van die dinge is reeds gesê toe ons die ander bespreek het . Paaie en bouwerk is alreeds bespreek . Dorpstigting is egter iets nuuts . Tot op datum kon ons nie praat van dorpstigting in Owambo nie . Die plekke wat ons dorpe noem is eintlik lokasies . Dit was ook verlede jaar gemeld dat dorpe opgerig moet word , en nie lokasies soos wat ons hou het nie . As ons kyk na die huise wat in sulke lokasies opgerig is , dan sal ons vind dat dit nie volgens ' n dorpspatroon geskied nie . As die Wambo's in Owambo is en hulle het ' n dorp nodig dan moet vir hulle ' n dorp opgerig word , en nie lokasies soos ons dit nou hier sien nie . Ons verwag dat daar iets vir die Wambo's gebou mo word soos dorpe en wat soos dorpe lyk . Sê nou byvoorbeeld daar kom ' n kuiergas van oorsee , soos hierdie een wat nou die dag hie gewees het . As hyself na die dorp kyk sal hy sien dit is nie ' n dorp nie maar ' n lokasie . Wanneer ons hier in die agbare Huis praat , lyk dit asof on: tevergeefs praat . Ons het ook verlede jaar hieroor gepraat , maal daar het geen verandering gekom nie . Die huise wat in die Wambo dorp afgebreek word , word hulle op dieselfde patroon weer herbou

265 . Ons verwag dat wanneer ' n huis breek en dit word herbou , sal dit nie weer gebou word soos wat dit was nie , maar sal op ' n beter manier gedoen word . Wat help dit as ons in hierdie Huis praat en vra dat daar sekere voordele vir die volk moet wees en niks word gedoen nie . Meneer die Voorsitter , hierdie agbare departement word gevra om asseblief die planne vir die bou van dorpe te verander . Ek vertrou dat die departement dit vanjaar sal verander . Omdat dit verlede jaar ook versoek was , wil ek hierdie subhoof aanvaar soos hy is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , ek vra omverskoning om nogiets te sê voordat daar gesekondeer word . Omdat ek sien dat daar mense is wat sil sekondeer gaan ek gou praat . Meneer die Voorsitter , is dit vir die agbare Minister se departement moeilik om ligte binne in die huise in die Wambo-dorpe te sit . Daar is baie wat aansoek gedoen het vir ligte in die huise , maar die antwoord was soos volg . Elkeen wat wil hê dat daar ligte in sy huis aangebring moet word , moet self iemand soek om dit vir hom te kan doen , maar wanneer jy daardie huis verlaat dan mag jy niks daarvoor vra nie . Hy moet ook al die kabels en benodigdhede koop vir die elektrisiteit . Meneer die Voorsitter , vergun my asseblief om die agbare Minister van hierdie departement te vra , is dit die regte inligting daardie , of was dit gegee deur iemand wat nie veel weet nie? Die antwoord was dat wanneer jy elektrisiteit in jou huis wil hê dan moet jyself die toerusting koop en die persoon betaal wat dit kom insit , en wanneer jy die huis verlaat dan mag jy niks daarvoor vra nie . Is dit ook so met die dorpe van ons blanke vriende dat wanneer jy krag in ' n huis wil hê dan is dit jy wat die onkoste daarvan moet dra? Terwyl ek wag op ' n antwoord wil ek nog noem dat ons Wambodorpe baie vuil is . Ek wil net vriendelik aan die agbare Minister van hierdie departement vra of daar nie ' n komitee aangestel kan word om te sorg dat die dorp skoongemaak word nie ? Dit is ' n skande , ek skaam my vir so ' n groot dorp met so baie mense wat doen net wat hulle wil , baie van hulle sit hout bo - op die dakke , terwyl ' n paar van hulle met kryt op die mure skryf . Aangesien die agbare Minister van hierdie departement verantwoordelik vir die dorpe is , kan hy nie ' n komitee aanstel sodat hulle kan kyk dat die dorp skoon kom nie . Oor die bou van die huise het ek n ander vraag . Ek dink as die mense mooi huise wil hê soos die van die blankes , sal dit beter wees as daar net twee sulke huise gebou word of miskien net een , sodat ons eers kan uitvind hoe die mense daaroor voel , want as daar baie gebou word , sê byvoorbeeld 200 , wie sal daarvoor betaal , wie sal dit kan bekostig . Daar is mense wat nie so ' n groot huis kan bekostig nie , daar is baie mense wat wel geld het en ' n mooi huis kan bekostig . As daar twee sulke huise in die dorpe gebou kan word vir daardie mense wat dit kan bekostig , sal hulle ' n voorbeeld aan die arm mense stel en so sal elkeen in die toekoms probeer om beter te doen . Daar kan 3 soorte huise gebou word , een soort is die wat nou daar bestaan , die tweede is vir die middelklas en dan derdens die wat baie ryk is . As daar sulke huise is , kan elkeen wat ' n huis wil hê vra vir die soort wat hy wil hê , dan sal dit ook vir die departement maklik wees . As ons die geld neem wat ons gekry het , en 100 huise word gebou en niemand kan dit bekostig nie , dan is dit net geld mors . Meneer die Voorsitter , ek versoek vriendelik dat die agbare Minister van die departement my ' n antwoord gee

266 . in verband met die aansoeke om elektrisiteit binne die huise . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID JOHANNES KWEYO : Meneer die Voorsitter en agbare Raad , wat ek nou gaan sê is in verband met item 10 van hierdie subhoof . Dan wil ek nog iets sê oor die toespraak van die agbare Minister van hierdie departement , en ook oor die antwoord wat hy nou gegee het. Ek stem met hom saam dat hy hom verlede jaar met oorgawe aan sy werk gewy het . Ek wil ook iets sĉ oor die antwoord in verband met die elektriese krag . In Oshakati is daar 26 pale ingeplant wat nie ligte aan het nie . Dit is nou twee maande lank wat dit so staan . Die agbare Minister het in sy toespraak gesê dat dit vergeet is . Om die waarheid te sê , in die strate van Oshakati is daardie ligte al klaar geinstalleer . Wanneer ons praat van elektrisiteit in Oshakati self is dit nou 5 jaar lank dat ons wag vir krag . Dan kom ons by item 1 wat handel oor paaie . Ek stem met hom saam dat die paaie verlede jaar reggemaak was , maar wanneer dit reën is diepad soos ' n tafel . Daar is geen dreinering nie , die water loop nie weg nie . Op die paaie is daar geen tekens nie en selfs by kruispaaie geen stoptekens of toegeetekens nie . Wanneer die kinders van die skool kom is dit baie gevaarlik want daar is geen padtekens nie . Meneer die Voorsitter , die agbare Minister se werk gaan voort , maar nie op die regte wyse soos dit behoort te wees nie . Item 9 , subhoof K , gaan oor geboue en huise . Wat dink die agbare Minister van hierdie departement van die mense in die dorp wat self hulle huise vergroot? Is daardie huise groot genoeg? Meneer die Voorsitter , ek wil nie u tyd mors nie , ek het net die gedagtes gehad . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek vra die Minister van hierdie departement . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil net aan die agbare lid Hihulifua wat gevra het wanneer daar ligte in die huis sal wees , ' n antwoord gee . Hy is reg as hy sê daar is duisternis in ons huise . Alhoewel dit so is sal die departement iets probee doen . Ons bekommer ons baie daaroor , want om in die duisternis t leef is nie goed nie . Dit bring vir niemand blydskap nie . Danki meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting tot om 2 - uur . (DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) Ons het VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met subhoof K. lank daaroor gepraat . Vriendelik versoek ek die agbare lede om nie te herhaal wat al gepraat is nie . Alles wat gesê is , is verstaanbaar . Hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek .

LID HELMUT EITA : Meneer die Voorsitter , ek staan nog by subhoof Daar is een woord wat na my mening baie belangrik is en waaroor hierdie item handel en dit is ' kantore ' Ek wil die agbare Minister van hierdie departement bedank vir hierdie item wat handel oor kantoor- en personeel - akkommodasie . Die woord ' kantoor' is een van die belangrikste woorde in die hele wêreld . As ' n land nie kantore het nie dan word dit nie as ' n land beskou nie . Ek wil graag weet , meneer die Voorsitter , of die Minister van

267 . hierdie departement miskien rondgery het om die kantore in die verskillende gebiede te besoek . Hou hy soms samesprekings met die klerke in sulke kantore . Die kantore is ingestel om elke persoon te bedien , maar hierdie kantore lewer nie goeie diens nie . Somtyds gaan ' n mens na die kantore waar hy dringende hulp nodig het , maar met sy aankoms moet hy wag sonder om gehelp te Tweede wil word, terwyl die klerk met iemand staan en gesels . ek dit net noem dat ons kantore se deure en vensters dikwels stukkend en gebreek is .

VOORSITTER : Agbare lid , wat betref die kantore is hierdie departement alleenlik verantwoordelik vir die geboue self . LID HELMUT EITA : Meneer die Voorsitter , verskoon my dat ek afgedwaal het . Ek het nou bang geword om te praat en sal dus maar hier afsluit . Ek sê net dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , u moet onthou dat hierdie subhoof al aan vaar is ons het net ' n sekondant nodig , maar ons kan maar voortgaan met die besprekings . LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof is nou lank genoeg bespreek . Daar is niks wat nie bespreek is nie . Dit was al aangeneem en ek sekondeer . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het ? Aangesien niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort , (Sekretaris lees subhoof L ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om ' n verduideliking oor hierdie subhoof te vra , want ek sit heel agter in die Huis . Ek lees hier - Suid- Afrikaanse Bantoetrust werknemers -- waarskynlik bedoel dit die maatskappy wat te doen het met Bantoe-werknemers , maar hierdie artikels wat hier aangehaal is , verstaan ek nie . Die bedrag wat hier gegee is , verstaan ek ook nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir die Raad om te bespreek , terwyl u wag op u antwoord . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek is ook nie ver van die gedagte van die agbare lid wat voor my gepraat het nie . Hier staan ' n woord geskryf ' trust ' Is die land waarin ons woon trust ? As ek na die Grondwet en Bantoe trust kyk wat in 1936 in werking getree het , dan week ek nie vir wie dit afgekondig is nie ? As dit is dat ons land Trustgrond is , dan het ons nie ' n land nie . Hierdie artikel moes duidelik uiteengesit gewees het sodat ons dit mooi kon lees , maar omdat hier net ' n nommer en letters tussen hakies staan , verstaan ons nie mooi nie . Die betekenis daarvan is asof jy in ' n land is , maar jy is nie die eienaar daarvan nie . Sodat ons nie ' n valse idee oor ons grond na hou nie , moet dit vir ons baie mooi verduidelik word sodat ons kan verstaan wat die betekenis van die Wet is . Daar word gesê dat dit is vir die swartmense van die Republiek van Suid- Afrika . Die Grondwette wat ons hier ken , is die wet vir die Inboorlinge van Suidwes- Afrika . Aangesien ons die wette wat net in Suidwes - Afrika van toepassing is , is die S.A.B.T. - Werknemers wat hiervan gepraat word vir ons iets vreemds . Dit moet asseblief vir ons verduidelik word wat die doel hiervan is . Wet 18 van 1936

268 .

gee vir my die gevoel dat die land nie joune is nie , maar tog bly jy daarop . As ons dit miskien verkeerd vertolk versoek ek die agbare Minister van hierdie departement om dit mooi te verduidelik sodat ons kan verstaan wat dit beteken . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , antwoorde op u vrae sal u nog kry . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil aan die agbare lid wat nou gepraat het ' n verduideliking gee . In hierdie toespraak word hierdie Wet nie genoem nie . Daar word net gepraat van die salarisse van die werknemers te Ruacana . Dankie , meneer die Voorsitter . Die agbare lid Tarah Iimbili sal seker verstaan as hy hierdie paragraaf lees . In die toespraak , paragraaf 22 , sal hy dit vind . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , het u miskien verstaan wat deur die agbare Minister van hierdie departement aan u verduidelik is? LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , dankie vir die hulp wat u my gegee het . Ek het wel die toespraak deurgelees en na paraDit beteken dat Ek het genoeg inligting gekry . graaf 22 gekyk . hierdie departement werkers het wat deur hierdie Trust van SuidAfrika vergoed word . Ons het dit verkeerd vertolk en was bevrees , want ons het gedink dat die land is nie meer ons eiendom nie , maar die van Suid- Afrika . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Miskien het die ander agbare lid dieselfde vraag gevra en ook verstaan?

LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek het gehoor maar dit is nie vir my heeltemal duidelik nie . Die agbare Minister het gesê die is nie ' n wet nie , maar dit raak net die werknemers te Ruacana , maar subhoof L sit alles mooi uiteen in verband met die mense wat by Ruacana vergoed word . Daar is genoem dat die Wet net vir die Suid - Afrikaanse Bantoes ingestel is . As daar gesê word dat daar mense by Ruacana werk en wat onder hierdie subhoof vergoed word dan vra ' n mens jouself die vraag af watter mense is dit en wat werk hulle? Ons weet dat daar verskillende werke te Ruacana is , maar omdat daar in die toespraak van die agbare Minister melding van hierdie mense gemaak is behoort ons te weet wat ter mense dit is . As hulle niks met ons land te doen het nie , da behoort hulle nie op ons begroting te verskyn nie . As die Wet wa in 1936 ingestel is en net vir die Suid - Afrikaanse Bantoes bedoel is , dan die enigste Wet is wat ons daar moet toepas en gebruik , dan kan ons niks anders aan die saak doen nie . Die ander vraag i word hierdie wet net by Ruacana gebruik of kan dit nog verder gebruik word . Wanneer die werk daar klaar is wat sal dan gebeur ? K ons asseblief ' n goeie verduideliking kry sodat ons weet wat aangaan? Ek sal dit baie waardeer as daar vir my verduidelik kan wo in verband met die vrae wat ek twyfel oor het . Dankie , meneer di Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering vir 5 minute , maar die agbare lede moet net nie die Huis verlaat nie . (DIE HUIS VERDAAG VIR 5 MINUTE )

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is nog oop vir besprekin LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof was r baie duidelik nie , maar nou verstaan ek . Behalwe in Oshiwambo daar waar daar twee ' o's ' staan moet een geskrap word . As dit s

269 . is aanvaar ek dit .

Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , sekondant? LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien niemand opgestaan het nie verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort . (Sekretaris lees Subhoof M ) VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID HERMAN SHONGOLO : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof is vir my verduidelik maar ek wil oor item 7 iets vra . Daar word gepraat oor geboue van die Wetgewende Raad , in die begroting is daar ' n bedrag van R100 . My vraag is of ' n gebou vir R100 opgerig is klein of groot , of is dit een soos die waarin ons vergader? Ek verlang ' n verduideliking deur die agbare Minister van hierdie departement . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n verduideliking aan die agbare lid gee . Hierdie bedrag is wel klein soos genoem is , maar dit is net daar om die item oop te hou . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek hoop dat die agbare lid verstaan wat verduidelik is . LID HERMAN SHONGOLO : Meneer die Voorsitter , dankie vir hierdie verduideliking . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie subhoof is oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , hierdie subhoof was verlede jaar nie daar gewees nie , dit wil sê geld vir die ontwikkeling van die hoofsetel . Ek dink die bedrag wat begroot is om die nuwe hoofsetel mee te ontwikkel is goed . Volgende jaar as ons nog lewe sal ons gaan kyk wat daar aangaan want dit is naby ons . Daarom wil ek hierdie subhoof aanvaar soos dit is sodat ons kan sien hoe die agbare departement werk . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie subhoof deur die Raad aanvaar is en gaan ons voort . Agbare lede , ons gaan terug na bladsy 13 . ( Sekretaris lees opsomming op bladsy 13 ) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare Minister van hierdie departement om repliek te lewer . MINISTER JAFET MUNKUNDI : Meneer die Voorsitter , ek bedank die agbare Wetgewende Raad dat u begrotingspos so mooi bespreek het . U het goed gepraat en was baie lewendig . Nou versoek ek die agbare Raad om my begrotingspos soos dit is te aanvaar . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief? LID WILLIPARDT KANYELE :

Meneer die Voorsitter , ek

sekondeer .

270 . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat die begrotingspos van die Departement van Werke deur die Raad aanvaar Ons gaan nou voort . Agbare lede , ek verdaag die vergadering is . vir 15 minute . ( DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) MINUUT NR.75 : DERDE LESING VAN DIE OWAMBO BEGROTINGSWETSONTWERP. 1975/76 : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die Wetsontwerp voor te lees , klousule vir klousule . (Sekretaris lees klousule 1 - Inkomstefonds ) VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n voorsteller en sekondant? LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek weet nie waar daar gelees word nie , want ons het nie papiere voor ons nie .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie papier het elkeen van u op die eerste dag van die sitting gekry , iemand wat dit nie het nie , het dit seker tuis agtergelaat .

LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat hierdie paragraaf aangeneem moet word . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief ? LID ELIA SHIMANDA HALUDILA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie verklaar ek dat hierdie klousule deur die Raad aanvaar is . (Sekretaris lees klousule 2 - Hoe die geld bestee moet word ) VOORSITTER : Agbare lede , ek vra ' n voorsteller en ' n sekondant . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat hier die artikel aanvaar moet word soos dit is . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? MINISTER JOSIA TAAPOPI :

Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie klousule deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort . (Sekretaris lees klousule 3 · Minister kan afwyking goedkeur ) VOORSITTER :

Agbare lede ,

' n voorsteller asseblief?

LID HERMAN SHONGOLO : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat hie: die artikel aangeneem word soos dit is . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant? MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede is daar iemand wat iets anders het ? Aan gesien daar niemand opgestaan het nie verklaar ek dat hierdie artikel deur die Raad aanvaar is .

(Sekretaris lees Bylae , bladsy 2 ) VOORSITTER : Agbare lede , ' n voorsteller? LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die

271 . Bylae aangeneem word soos dit

is .

Dankie .

VOORSITTER : Agbare lede , ' n sekondant asseblief? LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie verklaar ek dat die Bylae deur die Raad aanvaar is . Ons gaan voort .

(Sekretaris lees langtitel ) VOORSITTER : Agbare lede ,

' n voorsteller asseblief?

LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat dit so Dankie . aanvaar moet word . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID ABSOLOM PAULUS : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie Wetsontwerp deur die Raad aanvaar is . (Sekretaris lees korttitel ) VOORSITTER : Agbare lede ,

' n voorsteller?

LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat dit so aanvaar word . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? LID LUKAS KEENDJELE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , is daar iemand wat iets anders het? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , verklaar ek dat hierdie Wet deur die Raad aanvaar is . MINUUT NR.76 : MOSIE NR.2 WORD TER TAFEL GELê : VOORSITTER : Agbare lede ek versoek dat mosie nr.2 ter tafel gelê word . LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , die Stamowerheid van Ngandjera stel voor dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van beter behandeling van mense veral by die Oshivelo - hek . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant ? LID VAINO KELIMWE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare voorsteller van hierdie mosie om iets daaroor te sê . LID JOHANNES KALENGA : Meneer die Voorsitter , Oshivelo is die hek waardeur ons na die suide gaan . Owambo het ' n lied wat sê - alles kom uit die ooste . Ons het dit nog altyd nodig om na die ooste te gaan om ons benodigdhede daar te gaan kry . As jy jou bagasie bymekaar maak om na die ooste te gaan , dan word jy baie opgewonde , maar alhoewel ' n mens opgewonde is , weet ons almal dinge by die hek met jou kan gebeur . Alhoewel jy weet waarmee jy kan deurgaan en waarmee jy nie kan deurgaan nie , besef jy tog dat dit baie moeilik is om deur die hek te gaan . Daar is ' n Wet wat bepaal dat wanneer jy deur die hek gaan jy ' n reisdokument moet hê . Vir baie van die mense , alhoewel hulle reisdokumente het , help dit nie eens

272 . nie . Daar is net ' n gestotery en geslanery . Al verklaar jy dat jy nie in besit van onwettige dinge is nie , sal jou goed nog deursoek word . Hierdie soekery geskied nie op ' n ordentlike wyse nie , jou goed word sommer deurmekaar gegooi al reën dit ook of al Selfs as jy nederig voor die is dit so koud dat jou hande bewe . amptenare optree is daar geen genade nie , jou goed word deurmekaar gegooi . Mag ek nog iets noem , dit gebeur dat wanneer hulle besig is om jou goed daar te deursoek , dat niemand in vrede verby kan Julle kom dan van diegaan sonder dat sy goed deurgesoek word . selfde kant af , maar jou vriende gaan sommer verby , hulle goed is nie deursoek nie . Hulle word ook nie gestoot of geslaan nie . Toe ons met die Ngandjera - stam daaroor gepraat het , was hulle hartseer oor hierdie dinge . Daarom dink hulle ook dat die behandeling by die hek verbeter moet word . Nie die hek self nie , en nie die mure wat daar is nie , maar die behandeling by die hek deur die amptenare . Daarom moet die dinge daar verbeter word , sodat elkeen wat daar deurgaan soos ' n mens behandel kan word . Wat baie ontevredenheid veroorsaak is dat net die Wambo's deursoek word , terOns weet wyl die ander mense soos die blankes in vrede deur gaan . almal dat ' n Wambo dit nie sal waag om met ' n onwettige vrou deur te gaan na die suide nie . Die Wambo weet dat hy nie met wapens mag deurgaan nie , want dit is onwettig . Dit word deur die wet verbied . As ek in besit daarvan by die hek betrap word sal ek gearresteer word , en daarom sal ek nie daaraan raak nie . Daar word gesê dat daar baie wapens in Owambo is , wie het dit ingebring? Baie van die vroue van Owambo het na die suide gegaan , wie het hulle daarheen geneem? Ons wil dit stel dat dit daardie mense is wat deurgaan sonder dat hulle deursoek word . Ons versoek asseblief baie vriendelik dat die Oshivelo- hek verbeter moet word . Dat die Oshivelo vir almal swart of wit , goed moet behandel . Dat ons almal as gelyk beskou moet word . Dan kan ons almal in vrede lewe . Laat Oshivelo verbeter word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir die Raad om te bespreek . HOOFMINISTER KAPTEIN FILLEMON ELIFAS : Meneer die Voorsitter , ek Ek stem het opgestaan om iets oor die hek by Oshivelo te sê . saam met die gedagte van die vorige spreker dat dit verbeter moet word . Daar is geen Wambo wat iets ten gunste van Oshivelo sal sê nie . Ek wil net ' n paar dingetjies herhaal wat eergister gesê Ek het al verslag gedoen in verband met ons reis na Oshivelo was . Ek wil nou nie weer alles herhaal wat ek reeds gesê het nie , Ons weet almal dat Oshiwant julle het dit almal reeds gehoor . velo nie heeltemal verwyder kan word nie , dit moet daar wees , maar dit moet ordentlik wees . Daar moet die mense eenders behandel word . Daar is besluit dat daar ' n kantoor gebou moet word , en Ek dat daar ' n Wambo klerk moet wees om die Wambo's te bedien . wil bekendmaak dat daar voorlopig besluit is dat die Wambo wat daar sal wees , net die Wambo's sal bedien terwyl die blankes deur Ek wil net sê dat ons tot dusver nog die blankes bedien sal word . nie ' n Wambo gekry het wat daardie werk behoorlik sal kan doen nie, nieteenstaande dit , ons sal hom kry . Hierdie voorlopige besluit los nie al ons probleme op nie , maar omdat dit tydelik is moet ons dit aanvaar en na 'n permanente oplossing soek . Die mense behoort by een plek deur een persoon bedien te word ek wil net die Inkcastekantoor by Ondongwa as ' n voorbeeld neem .

273 . Daar was eers blankes gewees wat al die mense daar bedien het , hulle het almal , wit en swart , bedien , maar tans is daar Wambo's wat almal bedien , blank en nie -blank . Hierdie voorbeeld kan ook goed te Oshivelo gevolg word . In die begin is dit altyd moeilik want dan moet die swartman wat daar werk saam met die blanke werk. As daar gevind word dat hy instaat is om sy werk behoorlik te doen , sê binne ' n week of so , dan sal die blanke hom onttrek . Dan kan die volk deur net een persoon bedien word en ons kan sien wat die gevolg sal wees . Meneer die Voorsitter , ek versoek dat ons dit so moet aanvaar dat die Wambo's deur ' n Wambo bedien word terwyl die blankes deur ' n blanke bedien word , en dan kan ons sien hoe die sake daar vorder . Ek wil nie tyd hier mors nie , miskien is daar ander agbare lede wat ook iets wil sê in verband hiermee . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir die Raad om te bespreek . LID VAINO KELIMWE : Meneer die Voorsitter , ek bedank hierdie Huis , om te praat is nie om te skree nie . Ek is baie dankbaar omdat ons Hoofminister opgestaan het en ons aangemoedig het . Hy is die vader van hierdie Huis . Hy het gepraat met ons , sy kinders . Geld kan nie geleen word sonder om dit terug te betaal nie . Ons het ' n klagte ingedien soos kinders by hulle vader of moeder . Ons vader het ons klagtes aangeneem en vandag kan ek tereg sê dat die probleme by Oshivelo opgelos is . Ons neem dit aan met albei hande en aanvaar dit so . Ons mag dit nie verwerp nie . Ons moet weet dat ' n grootmens gaan nie terug op sy woord nie . Hy het aan ons ' n belofte gemaak en hy het dit met sy hele hart gemaak . Hy het die bande losgemaak wat ons vasgehou het . Omdat ons dit so gekry het , ons mag dit nie misbruik nie . Die volk moet ten opsigte van hierdie saak baie geduldig wees , want dit is moeilik om op te los . Persoonlik sê ek baie dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . MINISTER CORNELIUS NDJOBA : Meneer die Voorsitter , Oshivelo is voorheen bespreek , dit was toe ons oor finansies gepraat het . Dit het vanselfsprekend gekom omdat dit die ding is wat die Wambovolk seermaak . Alles betreffende Oshivelo en die slegte behandeling wat die Wambo's daar ontvang , dit is al bespreek . Die agbare Hoofminister het vir ons gesê wat binnekort gedoen gaan word . Ek het myself afgevra , hoe hierdie dinge wat soveel probleme vir die Wambo's veroorsaak ooit opgelos word . Ek het baie diep gedink en tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie sal help om net te praat terwyl die persoon in bevel van die mense by die hek nie hier is nie . Watter instruksies hy aan hulle gegee het toe hy hulle uitgestuur het om ons mense so sleg te behandel en rond te stoot , dit weet ons nie . Of het hy miskien hierdie amptenare met ' n opdrag gestuur om sekere mense goed en ander weer sleg te behandel . As hy so ' n opdrag gegee het dan word daardie behandeling volgens sy opdrag gegee , moet ek vra wat het die Wambo verkeerd gedoen? Daar is ' n paar gebiede genoem soos die Herero's en Namas sin , maar ' n mens moet jouself afvra , wat het die Wambo's eintlik verkeerd gedoen ? As hy iets gedoen het of selfs sy voorvaders , word dit hulle nie vergewe nie? Alhoewel daar gesê is dat die hek verbeter gaan word , moet ek dit beklemtoon dat die amptenare wat daarheen gestuur word , ' n geleerde persoon moet wees . Diegene wat daarheen gestuur gaan word , moet dit as ' n trotse aanstelling aanvaar . Wanneer ' n persoon daardie pos aanvaar het moet hy besef

274 .

dat hy baie ferm sal moet optree sonder aansien des persoon . Hy sal geen verskil maak tussen oud of jonk , bekend of onbekend nie . Ek vra myself die vraag af , of daardie amptenare wat na Oshivelo gestuur word , geleer word om oumense te beledig ? As daar ' n sekere man van ' n sekere ras verbygaan , dan sê hy : O ja , meneer u kan maar verbygaan , maar as dit ' n Wambo is dan is dit iets anders . Is dit hoe hulle geleer word of wat? Ek praat van wat ek weet , daar is geen Wambo wat by Oshivelo verbygaan sonder dat hy iets verkeerd gedoen het . Ek wil dit beklemtoon dat mense wat daarheen gestuur word as amptenare moet mense wees wat geleerd is en weet hoe om mense te behandel . Elke persoon verwag ' n goeie behandeling wanneer hy by die hek kom . Ek wil die persoon wat die amptenare na Oshivelo gestuur het , sien sodat ek met hom kan praat omdat hy ons volk vir so baie jare so sleg behandel het . Miskien sal die radio hierdie boodskappe aan hom oordra , maar ten spyte daarvan moet ons mense wat daarheen gestuur word verstandige mense wees . Wat in die verlede teen ons gedoen is , moet end kry , sodat die Wambo's as mense behandel kan word daar by Oshivelo- hek . Meneer die Voorsitter , wat baie belangrik by Oshivelo is , is dat ons moet sorg dat die behandeling goed is , soos die agbare Hoofminister dit duidelik gestel het . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , oor Oshivelo is al baie gepraat . Daar is bewyse dat baie van die mense sleg voel , ook ons voel sleg oor die behandeling te Oshivelo . Ek vind dat daar in die proses om Oshivelo te verbeter , iets weggelaat is . Ek het verstaan dat in die verlede ook af en toe verbeter is . 'n Sekere lid het gevra waarom die Wambo's so verag word . Waarom is hy die enigste wat dit moeilik vind om deur die Oshivelo- hek te gaan? Ons vriende wat blank is wat daar deurgaan sonder dat hulle deursoek word , geniet die nodige vryheid . Die mense wat ons goed deursoek behandel ons soos iets wat geen reg op aarde het nie . Miskien is aan hulle gesê om die Wambo's se goed te deursoek , en daarom moet hulle dit doen . As ons praat van die verbetering by Oshivelo dan moet die verhouding tussen die mense eers verbeter word , dan sal die res vanself regkom . As al die mense gelyk ... VOORSITTER : Agbare lede , as hierdie agbare lid nog iets het wat hy wil sê , kan hy weer Maandag voortgaan . Ek verdaag hierdie sitting tot Maandag om 10.00 vm . (HUIS VERDAAG TOT MAANDAG 9 JUNIE 1975) MAANDAG 9 JUNIE 1975 . MINUUT NR.77 : Voorsitter open met gebed . MINUUT NR.78 : NOTULE VAN 4 JUNIE 1975 WORD GELEES EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die Sekretaris van die Wetgewende Raad om die notule van 4 Junie 1975 te lees . (Sekretaris lees notule ) VOORSITTER : Aqbare lede , ek vra n voorsteller? LID KALIPI MUNDJELE : Meneer die Voorsitter , ek stel voor dat die notule so aanvaar word .

275 . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant? LID HELMUT EITA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat die notule van 4 Junie 1975 deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , ek wil aan u bekend maak dat die agbare Hoofminister nie vanoggend kon kom nie , hy is eers hospitaal toe , hy sal in die loop van die dag weer hier wees . Die volgende agbare lede , Minister Daniel Shooya en Thomas Shikongo het ook vanoggend hospitaal toe gegaan . MINUUT NR.79 : MOSIES NRS.2 , 5 EN 6 WORD BESPREEK EN AANVAAR : VOORSITTER : Agbare lede , ons moet vanoggend voortgaan met die bespreking van mosie nr.2 . Ek vra nou dat lid Thomas Nakambonde met sy toespraak voortgaan . LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ons was besig met Oshivelo en ek het genoem dat ek dit betwyfel of die toestand by Oshivelo kan verbeter word . Ek kan nie verstaan hoe die verbetering daar aangebring kan word terwyl ek sien dat menseregte misgun word . Die voorstel was dat blankes deur blankes , en Wambo's deur Wambo's deursoek moet word . Dit is hoekom ek gesê het dat ek nie daarmee saamstem nie , want dit sou korrek gewees het as almal wat daar verbygaan deur een en dieselfde amptenaar deursoek word . Ek verstaan dat die blanke amptenaar wat voorheen daar gewerk het , het nie die blankes deursoek nie , maar net die Wambo's . Ek het voorheen gesê dat ons Regering vir ons alles moet regmaak . Ons het vertroue in ons Regering en verwag dat hy al die probleme vir ons sal oplos . Ek kan nou nie verstaan waarom die Regering nie Oshivelo kan regmaak nie , want vir my is die Oshivelo nie so ' n groot probleem nie , dit is klein . ' n Mens se regte is iets wat ek verwag ons Regering moet beskerm . As ek nie die regte by my Regering kan kry nie , dan weet ek nie waar ek dit sal kry nie . Om in die gebied van SuidwesAfrik vry te kan beweeg vra ek van die huidige Regering beskerming . Ek wil nie teleurgestel word nie , want ek het gehoor dat hier gepraat word van dinge wat nie nagekom word nie , as dit weer gebeur sal ek nie verstaan nie . Daar is gesê dat daar ' n verbetering by Oshivelo aangebring sal word as daar byvoorbeeld weer iemand van Oshivelo kom en kla dat hy nie reg behandel is nie , wat sal ek vir hom sê? Terwyl ons hier besig is om oor Oshivelo te praat , ry diemense daar verby , maar wanneer ons hier verdaag gaan ons weer mense kry wat van Oshivelo kom en kla oor die behandeling wat hulle daar kry , dan sal ek nie verstaan waarom hulle sleg behandel word nie . Niemand sal die beloftes van die Regering glo as daar net belowe word dat daar ' n verbetering sal wees en dit word nie nagekom nie . Meneer die Voorsitter , ek verlang so ' n verbetering of verandering by Oshivelo . Ek kan nie verstaan dat so ' n verbetering daar aangebring kan word , en dit terwyl alle mense regte ontsê word om vry in ons gebied Suidwes - Afrika te beweeg nie . Dit is moontlik dat die amptenare wat vandag by Oshivelo is aangesê sal word om nie meer teen die mense te diskrimineer nie , of so nie kan hulle verskuif word na ' n ander plek waar hulle hulle besig kan hou om ons te deursoek as ons daar verbygaan . Ek sal baie tevrede wees as die Regering alles verstaan wat ek hier sê . Dankie , meneer die Voorsitter .

276 .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om teen dit wat hier gesê is te praat . Ek stem nie saam met die toespraak van die agbare Minister van Binnelandse Sake asook die toespraak van die agbare Hoofminister waar hulle gesê het dat Oshivelo altyd daar sal wees nie . Dat Oshivelo altyd daar sal wees en dat daar net verbeterings aangebring sal word , dit verstaan ek nie . As dit beoog word om aan ons ware onafhanklikheid te gee , dan kan ek nie begryp dat Oshivelo vir altyd daar moet Oshivelo kan nooit beter wees nie , al word daar nog wees nie . meer daaroor gepraat . Ek het voorheen gesê dat in plaas daarvan dat die amptenare by Oshivelo daar moet bly en mense deursoek , moet hulle weggeneem word na die dorpe waar hulle die dorpe kan bewaak sodat ons vry kan beweeg in die hele gebied . As Oshiveld dan daar moet wees as gevolg van die diefstalle wat gepleeg word dan moet die dorpe bewaak word sodat die mense nie kan steel nie Ek stem saam met die vorige agbare lid toe hy gesê het dat daardie amptenare verskuif kan word om ons langs die paaie te deursoek . Ek is in besit van ' n brief wat ek ontvang het van ' n man waarin hy sê dat hy 20 kilometers anderkant Oshivelo gestop was . Hy het gesê die polisie het omtrent 9 tot 10 voertuie gehad wat hom gestop het . Onder hulle was ook amptenare wat daar by Oshivelo werk . Die polisie het aan daardie man opdrag gegee om alles af te laai en nadat hy dit gedoen het , is hy aangesê om we te gaan . Na skatting was daardie besittings van hom wat daar ge bly het R2 000 werd . Daardie man wonder ook baie , want nadat sy besittings van hom weggeneem is , is daar nie aan hom gesê dat di deursoek sal word en weer aan hom teruggegee word nie . Die voor val het plaasgevind op die 6e deser omtrent 10.45 nm . Ons het verstaan dat wanneer die verandering by Oshivelo aangebring word sal die hele pad ingesluit word . Meneer die Voorsitter , die gemeenskap of die volk is teleurgesteld en sien daarna uit wat ons hier oor Oshivelo gaan besluit .

Hierdie Huis is hier vir die volk en nie vir onsself nie . verband met Oshivelo asook die hele pad verder vra ek dat dit ook bespreek moet word by daardie samesprkings wat oor die hele S.W.A. te Windhoek gehou gaan word . Miskien sal ons daarna ware verandering en verbetering kry . Sy Edele die Eerste Minister val die Republiek van S.A. het gesê dat die inwoners van die gebied S.W.A. self hulle toekoms moet bepaal . Meneer die Voorsitter , Oshivelo en die pad van hieraf tot aan sy einde is ' n baie groot probleem onder die Wambo-volk . Meneer die Voorsitter , hierdie agbare Huis moet in belang van die hele volk praat . As u die agbare Huis kan vra wie ten gunste van die hek by Oshivelo is , i ek seker dat u niemand gaan kry wat ten gunste daarvan sal wees nie . Die Sentrale Regering wat ons vandag het , is ons vader en ons moeder . Kan ons nie die Sentrale Regering versoek om hierdie probleem vir ons op te los nie , want as dit opgelos is , sal die hele volk van Owambo in vrede leef . Na my mening , en as die agbare Raad met my saamstem , wil ek hê dat Oshivelo heeltemal verwyder word en dat die pad van hieraf tot by sy end skoongemaak moet word indien moontlik . Dan kan die mense in vrede reis . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir die Raad om te bespreek .

LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek gaan ook oor Oshivel

277 . praat . Dit is nou lank gelede wanneer daar begin was met samesprekings oor Oshivelo . Ek is baie skaam want byna elke keer moet daar oor Oshivelo gepraat word . As ek die volle waarheid moet praat , dan moet ek erken dat vandat ons begin het met hierdie sitting het ek gehoor dat daar altyd oor Oshivelo gepraat word . Ek stem saam met die vorige spreker . Ons as Wambo's word vergelyk met die bloed van ' n luis . Wat het ons as Wambo's dan eintlik gedoen , watse skuld het ons wat nie betaal kan word nie? As u iemand kan ontmoet wat op pad is van Oshivelo , kan hy vir u sê wat daar by Oshivelo plaasgevind het ? Daar is nog nie ' n verandering aangebring nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , byna al die sprekers wat nou gepraat het , het daarvan melding gemaak dat Oshivelo ' n groot probleem is . Wat ons op die oomblik besig is om te sê is net om te herhaal wat ons gesê het toe ons besig was met die departement van Binnelandse Sake . Ek kan onthou wat ek persoonlik gesê het oor Oshivelo toe ons daarmee besig was . Ons almal weet wat onlangs gedoen is toe Sy Edele die Kommissaris - generaal en ' n paar Kabinetslede daar was . Alles wat daar gedoen is , is gedoen omdat die Raad daaroor gepraat het . Een van die agbare sprekers het hier gesê dat besprekings oor Oshivelo moet gevoer word wanneer die beoogde samesprekings oor die hele S.W.A. gaan plaasvind . Ons weet nie wanneer dit sal plaasvind nie . Ons is seker dat sulke besprekings gevoer sal word oor alle sake rakende die S.W.A. maar ons weet nie wanneer dit sal wees nie . Hier is ook gesê dat volgens die mening van die Wetgewende Raad moet die Kabinet oorweging skenk aan die wenslikheid van beter behandeling van die mense by Oshivelo hek , met ander woorde ons moet die Kabinet stuur om oor die probleem van Oshivelo te gaan praat . Ek dink dat as ons die Kabinet stuur moet ons aan hulle sê om die besprekings oor Oshivelo te bespoedig.sodat daar gou veranderings aangebring kan word terwyl ons wag vir die besprekings wat oor die hele S.W.A. sal handel . Met ander woorde ek stem nie saam met die agbare spreker wat gesê het dat die Oshivelo probleem moet wag totdat daar begin word met die samesprekings oor die hele S.W.A. nie , nee , want as ons daarvoor moet wag dan sal ons mense nog verder by Oshivelo mishandel word . As ons vir daardie besprekings moet wag kan dit moontlik wees dat ons mense wat ons daarheen stuur om die besprekings by te woon , ook by Oshivelo mishandel word . Ek wil hê die verbeterings nou aangebring moet word . Ek stel voor dat wanneer die agbare Ministers weer na hulle kantore gaan , dit wil sê na die sitting , moet hulle eerste hierdie probleme bespreek en kyk wat daarmee gedoen kan word . Ons kan die hele dag in die Huis oor hierdie mosie praat sonder om iets te bereik en daarom voel ek dat wat baie belangrik is , is dat die Kabinet daaroor moet gaan praat en verder dink wat gedoen kan word . Hierdie mosie wat in die Wetgewende Raad ingedien is , moet net so deur die Kabinet wat ons bestuur oorgeneem word . Hulle moet in gedagte hou dat hierdie mosie vir ons baie belangrik is en dat ons ' n dringende besluit daaroor verwag . Ek weet nie of dit nodig is om teen hierdie mosie te praat nie , want wat vir my baie belangrik is , is net dat die mosie aan die agbare Kabinet oorhandig word om verder te kyk wat hulle daarmee kan doen . Die lede van die Kabinet is hier in ons midde en hulle verstaan wat ons hier gesê het .

278 .

' n Paar van hulle was ook onlangs na Oshivelo gewees . In werklikheid is Oshivelo vir ons ' n baie groot probleem en dit maa die hele volk seer . Ons moet dus kyk wat op die oomblik gedoen kan word . Die regte prosedure wat ons altyd gevolg het , wanneer ons wil hê dat iets na die Sentrale Regering moet gaan , is om die Kabinet te nader en hulle te versoek om dit oor te dra soos dit is . Daarom voel ek dat hierdie mosie so aanvaar moet word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief ? LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan om te sekondeer nie . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die sitting vir 15 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR TEE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort . Agbare lede , u moet net onthou dat ons nou lank genoeg oor Oshivelo gepraat het . Die agbare lede moet verder onthou dat u versoek het dat daar verbeterings by Oshivelo aangebring moet word , maar dat Oshivelo nie totaal verwyder moet word nie . Hoewel dit nou so is gaan ek die agbare lid Toivo Shiyagaya vra om te sê wat hy wou gesê het . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ek het gesê dat ek nie opgestaan het om te sekondeer nie , maar ek het nog ' n paar gedagtes wat ek wil uiter . Hiedie agbare Raad is hier in belang van die volk van Owambo , en nie in belang van die lede wat hier sit nie . Ons moet kyk wat vir ons volk vrede en rus kan bring . Die voorsteller van hierdie mosie het gesê dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan die wenslikheid van beter behandeling by die Oshivelo hek te bewerkstellig . Die voorsteller het bedoel dat verbeterings aangebring moet word . Meneer die Voorsitter , volgens die vorige spreker is dit nie die doel dat verbeterings aangebring moet word nie , met ander woorde hulle dink nie oor Oshivelo self nie . Dit kom ook voor in die notule van die verrig tinge van daardie dag , want die voorsteller het gesê dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad die Kabinet oorweging behoort te skenk aan beter behandeling veral by Oshivelo -hek . Wat eintlik verlang word is om die mense goed te behandel . D: agbare lede van hierdie Huis het voorheen gesê dat die Raad nie sleg voel as die mense by Oshivelo deursoek word as daar in die suide diefstalle gepleeg is nie . Die agbare Raad wil net hê dat elkeen wat daar verbygaan deursoek moet word as dit gedoen moet word . Meneer die Voorsitter , ek was verlede week suide toe gewees . Ek het gesien dat daar by Oshivelo ' n verbetering is . Die polisie het Oshivelo nou verlaat en omtrent 10 kilometers anderkant ' n kamp opgeslaan . ' n Voertuig wat aan ' n blanke behoort kan daar verbygaan sonder dat dit deursoek word , maar ' n Wambo moet al die dokumente wys van al die goed wat op die voertuig is wat hy gekoop het . Meneer die Voorsitter , as die bestuurder van die voertuig miskien een van die kwitansies agtergelaat het moet hy alles net so by die kamp los en die kwitansie gaan haal . Die voorsteller van hierdie mosie het dit baie duidelik gestel toe hy gesê het dat baie Wambo's wat in die suide werk deur die blankes daarheen geneem is . Hy het verder gesê dat die vuurwapens wat in Owambo gevind word , deur blankes ingevoer is en ni deur Wambo's nie . Die Wambo weet baie goed dat as hy by Oshivel

279 . verby gaan met ' n wapen by hom , dan sal hy deursoek en gearresteer word . As dit dan so is dat blankes ook onwettige artikels in Owambo kan in smokkel hoekom word hulle nie deursoek nie . Meneer die Voorsitter , ek voel dat die agbare Raad hierdie mosie moet aanvaar soos dit is . Oshivelo is reeds verbeter hoekom is dit nog nodig om die Kabinet te stuur om weer daaroot te gaan praat . Omdat mense regte nog nie daar erken word nie kan die Kabinet daaroor gaan praat . Ek het net opgestaan om te sê dat ons die mosie moet aanvaar soos dit is , sodat verbeterings by Oshivelo aangebring kan word en dat die mense goed behandel moet word . Dat almal gelyke behandeling moet kry . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is nog oop vir bespreking . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek het opgestaan om te' sê dat ek met die vorige spreker saamstem , maar stel voor dat ons by hierdie mosie iets moet byvoeg . Dat al die mense dieselfde behandeling by Oshivelo moet kry . Ek vra of u sal toelaat dat daardie woorde bygevoeg word . Dankie , meneer die Voorsitter . Ek verVOORSITTER : Agbare lede , die mosie is oop vir bespreking . soek u asseblief om u sitplekke in te neem . Ek vra of daar ' n sekondant is vir hierdie voorstel? LID THOMAS NAKAMBONDE : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neek ek aan dat die Raad ten gunste daarvan is dat ons daardie woorde byvoeg . Die wysiging is nou oop vir die Raad om te bespreek . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ek is baie bly dat die agbare Raad dit so aanvaar het . Soos die agbare vorige spreker so baie mooi uitgedruk het , bedoel hierdie mosie nou dat al die mense dieselfde behandeling by Oshivelo moet kry . Wanneer dit nodig is om deursoek te word , dan moet almal deursoek word . Wanneer dit verlang word dat reisdokumente getoon moet word , dan moet dit gedoen word deur almal wat daar verbygaan . As ons net sê dat verbeterings aangebring moet word dan kan die mense miskien verstaan dat die kantore verbeter moet word en dat die mure goed gebou moet word , hulle sal nie verstaan dat ons bedoel dat al die mense wat daar verbyry goeie behandeling moet kry nie , maak nie saak wie dit is nie . Dit is nie verbeteringe daardie waarmee die polisie nou besig is nie , naamlik om Oshivelo te verlaat en die mense weg vanaf Oshivelo te deursoek nie , dit is geen verbetering nie . Ons vertrou op ons Kabinet dat die Kabinet ons mosie so sal aanvaar soos dit is en so sal optree . Die Kabinet moet dit ook in gedagte hou dat ons versoek dat die polisie hulle werk net by Om kampe Oshivelo moet doen en nie kampe elders moet opslaan nie . in die bos te gaan opslaan waar Wambo's of nie - blankes mishandel kan word , bring nie vrede onder ons volk nie . Ons vra ook dat afgesien moet word van die gebruik dat kwitansies van alles wat gekoop is getoon moet word , want dit kan wees dat my radio wat ek lank gelede gekoop en wat ek net vir herstel geneem het nou van my weggeneem word en ek vir diefstal gearresteer word omdat ek nie meer in besit van daardie kwitansie is wat wys dat die radio myne is nie . Ek sal net die herstel bewys van die radio kan toon . Die deursoek wat nou in die bos gedoen word , wys dat hulle ook in staat is om so ' n radio van jou weg te neem . Verskoon my , meneer die Voorsitter , miskien het ek buite die mosie gepraat . Dankie , meneer die Voorsitter .

280 . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . LID MALAKIA LUKAS : Meneer die Voorsitter , ek wil ' n paar woorde oor hierdie mosie sê . Weke gelede het ons ' n boodskap in verband met Oshivelo gekry . Die volk het verneem dat die lede van hierdie agbare Raad die posisie by Oshivelo laat verander het . Ongelukkig het ons verlede Donderdag weer ' n slegte tyding vanaf Oshivelo gekry . Mense het gesê dat die hele pad vanaf Windhoek Die polisie tot by die uitdraaipad na Namutoni vol polisie was . het die Afrikaanse polisie sowel as die Spoorwegpolisie ingesluit . Die spoorwegpolisie was daar om die mense te beboet wat goedere Die op hulle voertuie het , of jy nou ' n kwitansie het of nie . Suid-Afrikaanse polisie het gekyk na al die voertuie van die Wambo's en ook na hulle besittings . Die voertuie wat so deursoek word , is net die wat aan Wambo's behoort . Waar die deursoekery plaasgevind het , is glad nie ' n kantoor nie , dit is in die bos . Die rede hoekom ek nou opgestaan het , is om ' n versoek tot die agbare Raad te rig om ons te beskerm .

Waarom moet ons Wambo's altyd so behandel word of moet ' n mens skaam wees dat jy een is . As dinge gedurende die sitting so gaan dan weet ek nie hoe dit in die toekoms sal gaan nie . Die agbare Dit is net jammer Raad is hier vir al die probleme van die volk . dat ek nie weet of die lede van die Suid - Afrikaanse polisie ook hierdie sitting van ons bywoon nie . Sodat die polisie self kan luister en hoor wat oor hulle gepraat word . Dit wat u hoor wat aan u vertel word deur iemand wat dit self gesien het , is beter as wanneer u dit self gesien het . Daar is nog iets wat ek wil noem wat ook nog by Oshivelo gedoen word . As ' n Wambo se voertuig daar by Oshivelo stilhou dan is die eerste vraag aan hom , wat het jy op die voertuig wat mens kan eet of drink . In plaas van om te wag op sy salaris wat hy aan die end van die maand gaan kry , vra h vir die eienaar van die voertuig kos of drank .

Ek wil net ' n beroep op daardie amptenare doen om asseblief nie weer van die eienaars van die voertuig vir kos of drank te vra Hulle salaris is vir hulle genoeg . Die tweede ding wat ek nie . wil noem is in verband met die kartonne wat ons baie keer by Oshivelo agter gelaat het , dit wil sê kartonne wat by ons geneem word wanneer kwitansies vir die goedere nie getoon kan word nie , ons weet nie wat daarvan geword het nie . Kan die Regering ons nie help om daardie goed wat ons daar gelaat het weer terug te kry wanneer ons ons kwitansies getoon het nie? My doel is nie om oor die hek self te praat nie , want dit is van yster , ons doel is om oor die amptenare wat daar werk te praat . Indien moontlik moet daardie amptenare wat daar werk hierdie sittings kom bywoon en self hoor wat daar gepraat word . Nadat ons die sitting verlaat het gaan die volk vir ons vra watse veranderings ons laat aanbring het by Oshivelo . Dit is al wat ek oor hierdie mosie wou sê . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking .

LID KASIMIA EELU : Meneer die Voorsitter , ek wil ook ' n paar woorde oor hierdie mosie sê . Die pad vanaf Oshivelo na Tsumeb is vol polisie . Ons twyfel nou oor die mense omdat ons nie weet wat hulle presies doen nie . Waarom ons twyfel is omdat ons merk dat hulle onderskeid maak tussen die mense . Die mense wat voorgekeer word , is almal Wambo's . Die pad is vol voertuie wat almal vol gelaai is . Dit is nie net Wambo's wie se voertuie altyd volgelaa is nie , maar almal wat met daardie pad ry se voertuie is vol

281 . goedere , veral die Portugese . Nie een van die blankes of Namas of Hereros word voorgekeer nie . Nou weet ons nie of die eienaars van die voertuie wat nie deursoek word nie iets betaal wat ons nie betaal nie . Die grootste probleem onder die volk is hierdie apartheid wat daar toegepas word , naamlik net ' n Wambo voorgekeer de soek word en beboet word . As die eienaar van die voertuig sê , nee , ek het nie meer geld nie , die geld wat ek gehad het , my goedere mee gekoop , dan sê die polisie net , nee , as jy nie geld het nie , sal jy nie die plek mag verlaat nie . Ek sal u hof toe neem as u nie geld het nie . Wanneer sal hierdie probleem dan opgelos word . Wanneer sal dit dan end kry , want die Wambo's kla al baie lank oor hierdie probleme te Oshivelo , wanneer sal dit end kry . Ons is baie hartseer en kan nie verder daaroor praat nie . Kan Oshivelo dan nie verbeter word nie , en kan die pad dan nie skoongemaak word nie ? Ek verstaan dat die pad ' n goeie bron van inkomste vir die Administrasie van Suidwes - Afrika is . Kan daar nie weer gedink word aan wat gedoen kan word nie? As daardie pad dan ' n bron van inkomste is vir S.W.A. dan moet daar ' n plan gemaak word om die omstandighede te verbeter . Meneer die Voorsitter , die Wambo's is baie hartseer oor Oshivelo en oor die pad . Daar moet verbeterings aangebring word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , dit sal baie goed wees as u nie herhaal wat reeds gesê is nie . Die agbare lid wat voorgestel het dat ons iets by die mosie moet voeg het gesê dat Oshivelo verbeter moet word , en al die agbare lede het dit goed verstaan . Dit sal nie help as die agbare lede net weer herhaal wat klaar gesê is nie . Ons verwag dat agbare lede wat wil praat iets nuuts moet byvoeg . U word nog geleentheid gegun om iets oor die die mosie te sê . LID ALBERTINA KWEENDA : Meneer die Voorsitter , dit is so dat ons nou lank genoeg oor hierdie mosie gepraat het . Byna al die lede van die Raad is hartseer oor Oshivelo . Daar is ' n uitdrukking wat sê : om te praat is om te huil . Wanneer ' n mens iets praat , praat hy net oor iets wat hom seermaak en hy verlang om hulp . Die arm mense wat in hierdie deel woon soek na vrede en wil in vrede leef . As u tevrede is en so wil bly moet u nie na die suide toe gaan verby Oshivelo nie , want daar word mens net seergemaak en is jou hart seer as jy daar verbygaan . Ek wil net sê dat ons hieroor praat om goeie verhouding daar te bewerkstellig . Ons wil hê almal moet in vrede leef en dat daar goeie verhoudings tussen blank en nie - blank gehandhaaf moet word . Al praat ons ook baie oor Oshivelo en daar is nie goeie verhoudings nie , sal dit alles niks help nie . Wat baie belangrik is , is dat daar verhoudings moet wees tussen die verskillende volke . Wat vir my belangrik is , is om aan ons Kabinet , op wie ons baie vertrou , te sê dat hulle asseblief baie goed oor hierdie probleme moet nadink . Nadat die Kabinet daaroot gepraat het , en daar nog nie ' n oplossing gevind is nie moet hulle vir ons kom sê wat die posisie is . Die lede van die volk verlang net dat daar verbeteringe aangebring sal word sodat mense in vrede kan ry tot waar hulle hul voorrade gaan koop . Meneer die Voorsitter , as daar nie ' n oplossing gevind Hierdie proword nie , dan moet die Raad in kennis gestel word . bleem maak almal baie seer . Ek stel voor dat hierdie mosie nou so aanvaar moet word en dat ons die mosie na die Kabinet verwys vir optrede . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant ? LID RAKEL AMUNYELA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

282 . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien daar niemand opgestaan het nie , neem ek aan dat hierdie mosie deur die Raad aanvaar is . Agbare lede , senior Hoofman Hishetile van die Mbalantu- stam is oorlede , en ek versoek die Raad om asseblief op te staan om sodoende die nodige eer te betoon aan hom . Agbare lede , die vergadering ( Raad staan vir ' n paar minute ) verdaag vir 5 minute . (DIE HUIS VERDAAG VIR 5 MINUTE) VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek nou dat mosie nr.5 ter tafel gelê word .

MINUUT NR.80 : MOSIE NR.5 WORD TER TAFEL GELÊ : VOORSITTER : Agbare lede , ek vra die agbare lid Paulus Heita . LID PAULUS HEITA : Meneer die Voorsitter , die Kwanyama- stamowerheid stel voor dat volgens die mening van hierdie Wetgewende Raad behoort die Kabinet oorweging te skenk aan die wenslikheid van die verskuiwing van alle ondernemings langs die noordelike grens van Owambo 1,6 kilometers suidwaarts ten einde sekere beheer oor die gresn uit te oefen . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief . LID JOHANNES NANTINDA : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek nou die voorsteller van hierdi mosie om te verduidelik .

LID PAULUS HEITA : Meneer die Voorsitter , hierdie mosie handel oor handelsondernemings wat langs die grens is en wat verskuif moet word . U dra almal kennis daarvan dat die mense van Angola oor die grens na ons land toe kom . Die mense in Angola is ons vyande . Ons sien baie slegte dinge vandag hier in ons midde , dinge wat ons nooit voorheen hier gesien het nie onder andere bomme . Ons sien ook baie vreemde mense wat ons land binne kom terwyl ons nie weet waarvandaan hulle kom nie . Ons het altyd gedink dat hulle net hier kom om te kom drink , want hulle is naby ons . Sulke mense kan ons vyande wees , terwyl ons dit nie weet nie . Dit is hoekom ons dink dat die handelsondernemings verskuif moet word sodat beter beheer oor die grens uitgeoefen kan word . Daarom versoek ek nou die agbare Raad om hierdie mosie aandagtig te bespreek Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , dat handelsondernemings wat langs die grens is na die binneland verskuif moet word , is ' n baie belangrike saak . Veral in die stamgebiede , Kwanyama , Mbalantu en Nkolonkadhi sal dit baie goed wees as hierdie ondernemings wat langs die grens is verskuif kan word in die binneland in . Baie van die eienaars van daardie ondernemings Omis vanaf Angola wat net hier in ons land kom handeldryf het . dat hulle van Angola gekom het , het hulle hul besighede net langs die grens gebou , sodat hulle naby hulle huise kan wees . Dit was altyd so dat mense vanaf Angola hier kom drink het en dan weer na Angola teruggegaan het . Die soektog na drank het veral die afgelope aantal maande toegeneem , omdat drank by ons nou goedkoper is as gevolg van die stryd tussen die FNLA , MPLA en UNITA. Dit is waarom hulle hierheen kom , al is hulle ons vyande . Dit is vir hulle baie maklik om ons land binne te kom , want die grens

283 . is so dat jy maklik daaroor kan kom om drank en kos hier te soek . Dit maak nie saak watter tyd van die dag jy kom nie want ' n mens kan maklik hier in kom en as jy iets hier gesteel het , dan kan jy weer maklik oor die draad gaan spring . Ons beleid is dat ons nie ons vyande en diewe hier sal huisves nie . Daardie vyande van ons weet baie goed dat as hulle hier by ons veilig is , want as hulle hier sit en drink en hoor die polisie kom na hom soek , vlug hy net eenvoudig oor die grens . Dit het reeds gebeur dat mense mekaar geskiet het omdat die verhouding tussen ons en daardie mense nie goed is nie . Dit is nie goed as mense op mekaar begin skiet nie . Dit is ook nie goed as ons vyande ona land binne kom nie . Dit sal goed wees as die handelsondernemings wat langs die grens geleë is 1,6 kilometer die binneland in verskuif word sodat die mense van die anderkant Ons verwys nie meer so maklik die besighede kan bereik nie . hier veral na daardie handelsondernemings wat maklik verskuif kan word , met ander woorde die wat verskuif kan word sonder veel koste , dit wil sê tydelike strukture . Om die polisie in staat te stel om die grens goed te patrolleer sal dit goed wees as daardie ondernemings wat geskuif word , wel geskuif kan word . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir bespreking . LID KALIPE MUNDJELE : Meneer die Voorsitter , ek het eintlik opgestaan om ' n vraag te vra . As daar gepraat word oor die verskuiwing van handelsondernemings , sal net die besighede geskuif word , of sal die eienaars se huise ook verskuif word? Soos ek die mosie verstaan lyk dit vir my asof die voorsteller van hierdie mosie dit ingedagte gehad het om die eienaars van die besighede te beskerm , maar wat is die houding van die eienaars van die besighede self , verstaan hulle waarom hulle verskuif moet word? Daar is gesê dat daar bomme in ons land in gesmokkel word , as die bomme nie groot is nie , kan ' n persoon dit seker oor 1,6 kilometer ver dra . Die grens van vandag is nie oorspronklike grens wat eers daar gewees het nie . As ons altyd moet aanhou skuif , waar gaan ons eindig? Daardie persoon wat ons van die grens af wil skuif , waarom kan hy nie alleen skuif nie . Ek is nie teen hierdie verskuiwing nie , ek dink maar net dat al baie keer geskuif is . Ek dink dat as daar iemand is wat teen ons is , kan ons nie ook teen hom optree nie , waarom is dit vir ons nodig om altyd te skuif? Dit is vandag so dat selfs al skuif ons van die grens af weg , kom die anderkant altyd agterna . Waarheen gaan ons trek as hulle aanhou om ons te volg? Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , ek verdaag die vergadering vir ete , dit is tot 2- uur nm .

(DIE HUIS VERDAAG VIR ETE ) VOORSITTER : Agbare lede , ons gaan voort met mosie nr.5 , dit is nog oop vir die Raad om te bespreek . MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ons praat nog oor die handelsondernemings langs die grens van Angola . Voordat ek daaroor iets sê wil ek net die agbare lid wat hierdie mosie ingedien het bedank . Dit is ' n belangrike mosie hierdie . Ek wil dit duidelik stel dat hierdie mosie nie ingedien is net omdat die stamme soos Kwanyama , Mbalantu en Nkolonkadhi geraak word nie . Ek wil ook stel dat hierdie ' n baie belangrike bespreking is .

284 . Om daaroor te praat is nie speletjies nie . Dit raak die hart van elke persoon . Dit is waar dat dit oor handelsondernemings gaan. As iemand na daardie kroeë gaan sal hy vind dat die inwoners van Angola daar kom drink . Baie van daardie kroeë is nie ons eiendom nie , hulle behoort aan die mense van Angola . Toe die Angolese hul drankwinkels hier geopen het , is daar nie net gedrink nie , maar mense is ook daar vermoor . Meneer die Voorsitter , ek wil dit duidelik stel dat daardie drankwinkels van die Uitlanders wat langs die grens is , na Angola verskuif moet word . In hierdie mosie word huise nie gemeld nie . Wat in hierdie mosie genoem word , is handelsondernemings of drankwinkels . Aangesien dit so is , meneer die Voorsitter , neem ek dit aan soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter .

VOORSITTER : Agbare lede , sekondant ? LID LISIAS ALUUMA : Meneer die Voorsitter , ek het nie opgestaan on te sekondeer nie . Ek wil nie teen hierdie mosie praat nie , ek wil net een vraag stel . Omdat ek nie saamstem met wat voorgestel is Daar is gesê dat daar Portugese drankwinkels langs die nie . grense is . Die agbare lid wat die mosie ingedien het , het gesê dit gaan oor handelsondernemings langs die grense by Kwanyama , Daarmee stem ek nie saam nie , want daar Mbalantu en Nkolonkadhi . is nie by Mbalantu handelsondernemings wat aan Portugese behoort nie . As daar handelsondernemings van die Portugese by Kwanyama of by Nkolonkadhi is , maak dit nie saak nie , maar by Mbalantu is nie. As die handelsondernemings binneland toe geskuif moet word , kan dit gedoen word , maar ons mag julle nie valse getuienis teen die mense inbring en sê dat hulle ondernemings daar het nie . Dit is so , daar is nie sulke mense by Mbalantu nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief?

LID WILLIPARDT KANYELE : Meneer die Voorsitter , ek wil ook iets ve duidelik in verband met die handelsondernemings langs die grense . Ons woon naby die grense van Angola . Die werk by Ruacana vanaf Mahanene word deur die Portugese gedoen . Ons mense word in diens geneem , maar die Portugese het ook winkeltjies daar . Die mense van ons stamgebiede soos byvoorbeeld Kwanyama , Ndonga ,Kwamb ensovoorts het ook hulle winkeltjies daar . Ek sien hulle orals daar . Hulle kom vanaf Omidamba en Mahanene , Ruacana ensovoorts . As ons sê dat die Portugese daar pad moet gee , dan is daar nieman daar om die werk verder te doen nie . As ons aan die handelaars sê dat hulle moet padgee , sal hulle nie gehoorsaam wees nie . Ek versoek die agbare Wetgewende Raad sowel as die Kabinet dat net die Portugese vanaf die grense moet padgee , terwyl ons mense se ondernemings daar moet bly . Die Portugese kom daar om werk te soek . Hulle word deur ander blankes in diens geneem . Ons mens gaan daar om handel te dryf . Hulle kry plekke om hulle ondernemings op te rig . Daar is Portugese met handelsondernemings , hull vat ons geld en ook nog ons werk , wat kan ons doen? As hulle in diens geneem moet word , moet hulle net in diens wees en mag nie handelsondernemings daar open en ons geld na Angola neem nie . Wanneer daar moeilikhede kom, vlug die Portugese hierheen VOORSITTER : Agbare lid , wat hier bespreek word , is dat die hande ondernemings langs die noordelike grens van Owambo verskuif moet word 1,6 kilometer die binneland in . Dit beteken nie net ' n paa besighede nie , maar almal moet verskuif word soos dit hier genoe word . Ek hoop dat al die agbare lede die ordelys het waarin di

285 . gemeld word , sodat elkeen wat opstaan weet waaroor gepraat word . Nogtans agbare lede , ek vra ' n sekondant asseblief? LID WILLIPARDT KANYELE : Meneer die Voorsitter , nou sekondeer ek . VOORSITTER : Agbare lede enige teenvoorstel? LID PENDUKENI FILLIPUS : Meneer die Voorsitter , ek staan hier om 'n vraag te stel . As die agbare Voorsitter my toestemming gee om my vraag te stel sal ek bly wees . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief ? LID PETRUS NEUMBO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer .

VOORSITTER : Agbare lede , hande asseblief? Agbare lid , u vraag is verwerp . Daar is net 26 hande . Is daar nog iemand wat iets anders het? Agbare lid , hierdie mosie is aanvaar en gesekondeer . Agbare lede , is daar nog iemand wat iets anders het ? (Dieselfde lid staan op ) Agbare lid hoewel u opstaan moet u in gedagte hou dat ' n ander agbare lid ook opgestaan het , maar sy vraag was verwerp . Ek weet nie of jou vraag ook verwerp gaan word nie . Aangesien daar baie min hande was neem ek aan dat hierdie mosie deur die Raad aangeneem is en daarom gaan ons voort . MINUUT NR.81 : MOSIE NR.6 WORD TER TAFEL GELê : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat mosie nr.6 ter tafel gelê word . Meneer die Voorsitter , die Ndonga- stamowerLID TARAH IIMBILI : heid stel voor dat vertoë tot die Regering van die Republiek van Suid- Afrika gerig word om nie op te tree teen daardie Wambo's wat die land onwettig verlaat het en wat nou in vrede wil terugkeer nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede ,

' n sekondant asseblief?

LID EDWARD MBANGO : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek die agbare voorsteller om ' n verduideliking van sy mosie te gee . LID TARAH IIMBILI : Meneer die Voorsitter , ons weet almal dat daar van ons mense is wat oor die grense gegaan het , veral verlede jaar en vanjaar . Baie van hulle het gegaan weens die avontuurlus wat hulle daartoe gedryf het . Baie mense word eenvoudig meegedeel dat jy gou ' n graad kan behaal , ' n dokter word binne een jaar , ensovoorts . Soos ons almal weet wil baie van ons graag hê dat daar ' n titel by sy naam gevoeg moet word . Ons weet dat ' n groep van ons jongmense weens nuuskierigheid daarheen gegaan het , want daar was gesê dat iemand wat ' n graad daar gekry het , ' n grootman is met baie ondervinding . Vir ' n paar van hulle is ook gesê dat indien hulle hier bly hulle saam met die ander jongmense wat nie wou gaan nie sal sterf . Daar is ' n paar van hulle wat gegaan het met die doel om hierdie Regering om ver te werp , maar hulle het nou tot bekering gekom en het van plan verander . Daardie mense wat ek nou net genoem het , ten opsigte van hulle vra ons dat wanneer hulle in vrede wil terugkom hulle in vrede aanvaar moet word . Soos ek gesê het is daar ' n paar wat gegaan het om hierdie Regering om ver te werp , ons vra nie dat hulle in vrede aanvaar moet word nie . Sommige van die mense wat hierdie land verlaat het , is lank gelede al weg . ' n Paar van hulle het gegaan sonder

286 . dat hulle weet wat hulle daar gaan doen , terwyl ' n paar gegaan het as gevolg van leuens wat andere aan hulle vertel het . Ook onder hulle is daar wat tot bekering gekom het en in vrede wil terugkom en dus vra ons ook die Regering om hulle in vrede te ontvang . Soos ons almal weet het ons ' n Christelike Regering . Elke Christen weet wat bekering beteken . Al is dit byvoorbeeld Simon Jona , as hy bekend gemaak het dat hy tot bekering gekom het en wil terugkom , vra ons dat hy in vrede ontvang moet word . Ons weet ook dat wanneer ons Regering die mense wat gevlug het of wat die land verlaat het in vrede terug ontvang dit ' n oorwinning teen die volkere van die wêreld is . Wat sal hulle daarvan kan sê? As ons sê , ons het klaar besluit elkeen wat in vrede wil terugkom sal ons in vrede ontvang . As hy terugkom is ons Regering bereid om hom te ontvang . Meneer die Voorsitter , ek versoek dat hierdie agbare Raad die mosie wat van die Ndongastamowerheid af kom goed bespreek . Dankie . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie mosie is oop vir die Raad om te bespreek . LID TOIVO SHIYAGAYA : Meneer die Voorsitter , ons het weer by ' n mosie gekom wat elke Wambo raak , want die mense wat die land verlaat het , het uit elke gebied van Owambo gekom . Hulle kom uit alle families . Uit die volk wat deur hierdie Raad verteenwoordig word , het hulle gekom . Die volk het sy kinders buite Owambo baie lief . Dit is nie weens hulle wil dat hulle hierdie land verlaat het nie . Die ouers het ook nie gevra dat die kinders die land moet verlaat nie . Dit is die jakkalse wat gedurende die nag loop wat dit gedoen het . Daardie jakkalse wat nog hier in die land in vrede woon . Dat die families in die land baie oor hulle kinders wat weg is kla , is baie waar . Dit is nie nodig om te herhaal op welke wyse daardie mense uit Owambo gegaan het nie . Meneer die Voorsitter , ek het genoeg inligting oor hierdie saak . Ek is een van die mense wat die kinders tot in Angola Ek weet dat die kinders opgestook is , en wat daar agtervolg het . Ek het baie kinders in Angola aan hulle gesê is , dit weet ek . gekry wat gewillig is om terug te keer , maar hulle is bang om Hulle is bang vir daardie wet wat sê , wanneer jy terugte kom . gaan sal daar teen jou opgetree word , dit is waar , daar is so ' n wet . Dit is waarvoor die mosie voor die agbare Raad gelê is , sodat die wet versag kan word . So, meneer die Voorsitter , omdat hierdie mosie elke lid van die volk raak , weet ek nie of daar een is wat daarteen kan praat nie . As elke persoon treur oor sy kind wat weg is , dan weet ek nie of daar iemand in hierdie Huis Ek het opgestaan om te herhaal is wat nie daarmee saamstem nie . wat die Ndonga - stamowerheid gevra het , naamlik dat die Kabinet na die saak moet kyk sodat hierdie wet versag kan word , en die kinders wat die land verlaat het , in vrede kan terugkom wanneer hulle dit verlang . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , hierdie te bespreek .

mosie is oop vir die Raad om

LID VICTOR VILHO : Meneer die Voorsitter , dit is waar soos die agbare spreker gesê het , dat elke persoon deur hierdie mosie geraak word . Ek wil net byvoeg dat ons die wat in vrede terugkom met ope arms sal ontvang . Daar is net iets wat ons in twyfel trek . Ek wil dit dan ook hier noem , ons wil hê dat wanneer ' n persoon terugkom hy alles moet vertel wat hy daar gesien het en

287 . waarom hy bekeer is . Hy moet net die waarheid praat . Hy moet sê waarom hy net nie meer daar wil bly nie . Dan sal ons weet waarom hy tot bekering gekom het . As mense terugkom dan moet hulle vir ons kom sê waarom hulle terug is , wat daar verkeerd geloop het en waarom hy na sy land teruggekom het . As hy nie wil vertel nie , dan twyfel ons . Dit is baie jammer as hulle vir ons leuens gaan vertel , want ons het niemand hier nodig wat nie in vrede na ons land terugkom nie . As hulle in vrede wil terugkeer dan sal ek ook instem dat hierdie volk verlang om hulle in vrede te ontvang . Ons verwag goeie redes waarom hulle nie meer daar wil bly nie . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , die mosie is nog oop vir die Raad om te bespreek . LID PETER KALANGULA : Meneer die Voorsitter , dit is waar wat deur die agbare vorige sprekers gesê is , dit raak ons almal hier in Owambo . Dit is al gesê dat dit nie nodig is om daarteen te praat nie , dit is goed as dit in die hande van die Kabinet gelaat kan word . Wat ons verheug , is dat terwyl ons hier in sessie was , het daar ' n berig gekom dat iemand terug gekom het wat vertel het dat hy baie onaangename dinge daar gesien het . ' n Paar van die mense wat weggegaan het , het teruggekom en vertel dat dinge daar baie sleg is terwyl die lewe hier goed is . Baie maal het die agbare Hoofminister van Owambo oor die radio ensovoorts aangekondig dat indien ons mense wat weggegaan het in vrede wil terugkom sal hulle in vrede ontvang word . Dit geld vir die hele Owambo- Kabinet Ek dink dit is goed as ons dit in hulle hande gee , hulle het net ons steun nodig om dit verder te voer . Ons agbare Hoofminister het reeds aan ons gesê dat mense wat in vrede terugkom in vrede ontvang sal word . Dit beteken dat ons Kabinet saamstem met die Sentrale Regering en reeds stappe gedoen het om mense wat in vrede terugkom in vrede te ontvang . Die Kabinet moet dit oorweeg en daarna kan hulle dit aan die Sentrale Regering gee . Die Owambo- regering het mense wat in vrede terugkom al in vrede ontvang en ons hoop dat ons Owambo- regering alle mense sal ontvang wat in vrede gekom het . Aangesien ek sien dat dit nie nodig is om daarteen te praat nie , stel ek voor dat hierdie mosie aangeneem moet word soos dit is . Dankie , meneer die Voorsitter . VOORSITTER : Agbare lede , sekondant asseblief? MINISTER JOSIA TAAPOPI : Meneer die Voorsitter , ek sekondeer . VOORSITTER : Agbare lede , enige teenvoorstel ? Aangesien die Raad nie enige teenvoorstel het nie , verklaar ek dat hierdie mosie deur die Raad aanvaar is .

MINUUT NR.82 : VERSLAG VAN DIE SESSIEKOMITEE WORD TER TAFEL GELê : VOORSITTER : Agbare lede , ek versoek dat die verslag van Ouditeurgeneraal ter tafel gelê moet word . LID IMMANUEL HIHULIFUA : Meneer die Voorsitter , die Sessiekomitee oor Openbare Rekeninge se verslag lê ek nou ter tafel . Die verslag sal aan elke agbare lid oorhandig word , maar die Wambo- vertaling sal na u huise gestuur word . Dankie , meneer die Voorsitter .

288 . MINUUT NR.83 : BEDANKINGS DEUR VOORSITTER :

VOORSITTER : Agbare lede , ek wil die agbare Hoofminister en sy Kabinet asook Sy Edele die Kommissaris - generaal . Ek bedank ook al die Sekretarisse vir hulle samewerking en omdat hierdie Huis so mooi gehelp het . Ek wil ook nie die agbare lede van die Wetgewende Raad vergeet nie . Hulle het alles in hulle vermoë gedoen om te praat oor elke ding wat tot voordeel van Owambo- volk is . Ek bedank ook al die agbare Sekretarisse van die Wetgewende Raad Ook my vir wat hulle alles gedoen het om die werk in orde te hou . dank aan die draer van die Ampstaf wat altyd betyds gearriveer het vir sy werk . As hy nie betyds opgedaag het nie , sou ons altyd laat begin het . Dank ook aan die Bodes van die Huis wat altyd boodskappe na die verskillende agbare lede gedra het . Dan word die Tolke ook bedank omdat hulle alles getolk het wat die agbare lede gesê het . Ek wil ook nie die agbare Dame wat die bandopname gewerk het om ons stemme op te neem vergeet nie . Sy het alles in orde gehou en goed gewerk .

My dank ook aan die personeel van Radio Owambo en ook die var Inligting . Hulle het alles wat ons gepraat het gehoor en ons weet wat ons gepraat het , sal in Eume gelees word . Dus bedank ek almal Ons weet dat al die amptenare van Radio-Owambo hard gewerk het , want ons het elke dag na hulle geluister . Ek bedank almal wat hie teenwoordig was . Ek bedank ook die lede van die volk wat hierhee gekom het om te luister . Hulle het hul werk by die huise gelos on te hoor wat vir die volk gedoen word . Ek het gemerk dat met die sitting van vanjaar meer vermag is as met vorige sittings wat ons gehad het . Die agbare lede sowel as die agbare Kabinet het vurig ΠΟΥ wat voorgekom het gepraat , en dit bewys dat hulle waarlik vir die volk werk . Hulle wil hê dat hierdie volk vorentoe moet gaan . Ek bedank hulle vir hierdie werk en vra hulle om so voort te gaan tot volgende jaar . Hulle moet ook die Here daarvoor bid , sodat die Here hulle werk kan seën . Wat u van die Here vra , sal hy vir u doen . Agbare lede , ek verdaag hierdie sitting vir ' n onbepaalde tyd . (HUIS VERDAAG VIR ONBEPAALDE TYD )

D

CA OFL

RARY OF

LOS ANGELES

THEUNIVERSITY 16C.ANGELES.

HF-UBRARYOF

THELIBRARYOF

UNIVERSITY OF CALIFORNIA LIBRARY

SHEI UNIVERS

THE UNIVERS

222.

Los Angeles This book is DUE on the last date stamped below. 益 OF CALIFO

F- CALIFORNE R HE-LIBRARY

THEUNIVERS

THE

IVERS

UR IR OF CALIFORA

OF CALIFORN

OF CALIFOR

315

THE UNIVERSIT

VANGELESTE LOSANG ELES

HE LIBRARYOF

H LIBRARYOF

THELIBRARYOF LOS ANGELEST

-OF- CALIFOR FOR%20

MELIBRARYOF

LOS ANGELES

THE IN

THE UNIVERS HE-LIBRARYOF

THE LIBRARYOF

THE UNIVERSITY

INLOSANGELES

WE UNIVERVA L

THE UNIVERSAL

WEIBRARYO

OF ARY UBRAWE

LOS ANGELES

LIBRARY OF

LOS ANGELES

LIBRARY THE

LOSANGELES

RR

ELIBRARYO

LEGALPORN DECALEORY ,,

CALIFOR CF



R

GELES THE RSIT UNIVE

LOF - IBRARY HE

HE OF UBRARY

UBRARYO

THE UNIVERSITY

ANGELES LOS

ANGELES LOS

R

LOS ANGELES

CALIFORA OF

OF CALIFORA

U E- BRARY OF

LOF E- IBRARY

ANGELES

UNIVERSA THE

UNIVERSIT

HE-LIBRARYOF

OF CAUFOR

HE LIBRARYOR

UNIVERSITY THE

LOS ANGELES,

OF LIBRARY THE

THE UNIVERSI T

OF LIBRARY THE

LOS ANGELES T ANGELES -LAOS

THE UNIVERS IT

R CECAUFOR

THE UNIVERSI

ANGELES LOS

٠٨١٥٢

HE-LIBRARYOF

IGN ANGELZ

TR

CALIFOR OF A

L LIBRARYOF

CALIFORA OF

OF CALIFOR

THE UNIVERSI T

LOS ANGELES

THE UNIVERSAL

CALIFOR OF A

LOS ANGELES

UNIN THE

C-FAL C

UBRARY UBRARY.X இது

THE LIBRARYOF

‫ريح‬ LIBRA HE-

CALI OF

CALIFORA

CALIFOOF RN PR

ANGELELOS ST

S

पु

CALIFOOF RN

UNIV THE

BRARY OF

CALIFOOF RN

HE UBRARY THE OF LIBRARY

OF CALIFORN

V UNI THE

ANGELES

LOSS ANGELE TI M

THE UNIVERSIT

THE UNIVERSIT त

OF LIBRARY THE

OFIEY TH CA UNILI VER FOSIT RN

LOS ANGEL ES

LOS ANGELES

LOS ANGELES

LIBRARY E OF TH

OFI CALIFORN

255

THE UNIVERSI TY U

THE UNIVERSI TY

ANGELES

CALIFOOF RN R

LOS ANGELES 55

OF THE LIBRARY

OF CALIFOR

SSHE GRAPY)

OFI CALIFORN

THE UNIVERSI TY

THE UNIVERSI TY

ANGELELOSTS

LIBRARY THE OF

THEL

LIBRARYOF

ANCELES

dail

UND THE

ANGELES

CALIFOOF RN

THE UNIVERSITY

THE

OF CALIFORN

THE UNIVERSI

OF CAL

THE UNIVERSIT LIBRARYO THE LIBRARY OF

UBRARYOF

THE UNIVERSITY THELIBRARYCA

THE UNIVERSITY

THELIBRARYOF

SELESTIA

LOSANGELES

:٤٠٠

OF CALFORM

ANGEL

University Of California - Los Angeles

L 006 928 590 6

TY

RSI

VE E YAL UNI

6

B

1Y97 R IDIA

FE

L