Afrikaans Sonder Grense Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leerderboek 9780636119789, 9780636153042


15,769 748 19MB

Afrikaans Pages [303] Year 2013

Report DMCA / Copyright

DOWNLOAD PDF FILE

Table of contents :
Voorblad
Hoofstuk 1: Eksieperfeksie
Luister en praat: Boeke se buiteblaaie en flaptekste as advertensie
Luister en praat: Groepbespreking
Lees en kyk: ’n Jeugverhaal: Perfek
Taal in konteks: Leestekens, byvoeglikenaamwoorde, afkortings, die teenwoordige tyd
Luister en praat: Voorbereidegesprekvoering
Taal in konteks: Selfstandige naamwoorde,sinsoorte, b.nwe., spelling, tye
Luister en praat: ’n Advertensie: Lees YOZA
Lees en ktk: ’n Visuele teks: ’n Advertensie
Taal in konteks: Woordafleidings, voornaamwoorde, antonieme
Skryf en aanbied: ’n Advertensie
Hersiening
Hoofstuk 2: Sportspieël
Luister en praat: Gesels oor foto’s en opskrifte
Lees en kyk: ’n Ongewone sportsoort
Taal in konteks: Afkortings en akronieme
Taal in konteks: Enkelvoudige en saamgestelde sinne
Luister en praat: ’n Sportartikel/sportberig
Skryf en aanbied: ’n informele brief
Taal in konteks: Basisvorme, voor- en agtervoegsels
Taal in konteks: Eiename en soortname
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede
Lees en kyk: ’n Liyerêre teks: ’n Gedig
Lees en kyk: ’n Kortverhaal
Hersiening
Hoofstuk 3: Wakker loop!
Luister en praat: ’n Dialoog en ’n rolspel
Lees en kyk: ’n Gedig: Die verhaal van David de Waal
Taal in konteks: Hoofletters en idiome
Lees en kyk: ’n Kontrak tussen ’n verkoper en ’n koper
Taal in konteks: Afkortings, akronieme, vraagsinne, woordeskat en samestellings
Lees en kyk: ’n Kontrak en ’n verslag
Skryf en aanbied: ’n Verslag
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede, vraagsinne
Lees en kyk: ’n Koerantberig
Taal in konteks: Sinstruktuur, direkte en indirekte rede
Hersiening
Hoofstuk 4: Kook kos met kruie
Luister en praat: ’n Visuele teks
Luister en praat: ’n Dialoog
Lees en kyk: ’n Tydskrifartikel
Luister en praat oor kruie
Luister en praat: ’n Onvoorbereide toespraak
Lees en kyk: ’n Gedig
Lees en kyk: ’n Kortverhaal
Taal in konteks: Werkwoorde
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede en idiomatiese uitdrukkings
Skryf: ’n Verhalende of beskrywende opstel
Hersiening
Hoofstuk 5: Jou eie mense
Luister en praat: ’n Klasgesprek oorgesinne en families
Luister en praat: ’n Groepbespreking
Skryf en aanbied: ’n Paragraaf
Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede
Taal in konteks: Voornaamwoorde (persoonlik en besitlik) en register
Lees en kyk: ’n Koerantberig
Praat: ’n Mondelinge aanbieding oor ’n artikel
Taal in konteks: Tye en woordorde in enkelvoudige sinne
Taal in konteks: Af kappingstekensen aanhalingstekens
Taal in konteks: Skryftekens en spelling
Lees en kyk: ’n Gedig: Werkende vrou
Skryf en aanbied: ’n Artikel
Taal in konteks: Voornaamwoorde (vraend en aanwysend)
Taal in konteks: idiome, letterlike en figuurlike betekenis, alliterasie, assonansie en personifikasie
Hersiening
Hoofstuk 6: Op safari
Luister en praat: Inligting in ’n brosjure
Taal in konteks: Basisvorm, voor- en agtervoegsels, afleiding en samestelling
Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede
Taal in konteks: Spelling en diktee, afkortings
Lees en kyk: Maak ’n opsomming
Reëls in die wildtuin
Taal in konteks: Letterlike en figuurlike betekenis, veralgemening
Luister en praat: ’n Groepbespreking
Lees en kyk: ’n Kortverhaal: Million skrik groot
Taal in konteks: Direkte rede en voornaamwoorde
Lees en kyk: ’n Gedig: Die wonder van ’n boom
Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing
Lees en kyk: ’n Testament
Taal in konteks: Tye, idiome en vergelykings
Hersiening
Hoofstuk 7: Kan jy dit glo?
Luister en praat: Beskrywing en prente
Luister en praat: Onvoorbereide lees
Lees en kyk: ’n Gedig: Sal daar nog ysbere wees?
Lees en kyk: ’n Tydskrifartikel
Taal in konteks: Saamgestelde sinne, idiomatiese uitdrukkings, voor- en agtervoegsels, afkortings, verkortings en akronieme
Lees en kyk: ’n Chinese volksverhaal: Die blou roos
Skryf en aanbied: ’n Resensie
Taal in konteks: Die hoofwerkwoord, die infinitief en indirekte rede
Hersiening
Hoofstuk 8: Gesonde verhoudings
Luister en praat: Sê dit in baie tale
Skryf en aanbied: Sinne
Praat: Beskryf iemand vir wie jy lief is
Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede
Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde
Lees en kyk: ’n Gedig: As Lara glimlag
Taal in konteks: Voorsetsels, idiome
Taal in konteks: Afleiding (basisvorme, voor- en agtervoegsels)
Skryf en aanbied: ’n Opsomming
Praat: Bespreek paragrawe
Luister en praat: ’n Groepbespreking
Taal in konteks: Soorte sinne, tye
Skryf en aanbied: ’n Kennisgewing, agenda en notule
Lees en kyk: ’n Strokie
Lees en kyk: ’n Drama: Hy bly my broer
Taal in konteks: Spelling en punktuasie
Hersiening
Hoofstuk 9: Koop my!
Luister en praat: Bespreek prente
Luister en praat: Bespreek ’n advertensie
Lees en kyk: Maak ’n opsomming
Taal in konteks: Voornaamwoorde
Taal in konteks: Paronieme, metonimia en neologismes
Luister en praat: Bespreek vrae
Taal in konteks: Versamelname
Skryf en aanbied: ’n Resensie
Praat: ’n Mondelinge aanbieding oor ’n advertensie
Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede
Taal in konteks: Tye, direkte rede, punktuasie, afkortings
Lees en kyk: ’n Gedig: Stille Nag, Heilage Nag
Hersiening
Hoofstuk 10: Wie erf wat?
Luister en praat: Stories oor testamente
Lees en kyk: ’n Onderhandelingsgesprek: Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament
Lees en kyk: ’n Strokiesprent: Hond se gedagtes
Taal in konteks: Voegwoorde, verbindingswoorde, deelwoorde en paronieme
Lees en kyk: Gedig: Uitveër
Taal in konteks: Bysinne en bepalings, sinsoorte, meervoude, homofone
Lees en kyk: Die opstel van ’n testament
Skryf en aanbied: ’n Testament
Hersiening
Hoofstuk 11: Olifante
Praat: Praat oor ’n prent en los ’n raaisel op
Luister: Luister na ’n onderhoud
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede
Lees en kyk: ’n Teks met inligting oor olifante
Lees en kyk: ’n Gedig: Gesprek met ’n olifant
Taal in konteks: Leestekens
Taal in konteks: Spelling, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone en byvoeglike naamwoorde
Skryf en aanbied: ’n CV en dekbrief
Lees: ’n Literêre teks: ’n Ware verhaal uit Afrika
Hersiening
Hoofstuk 12: Ware vriende!
Luister en praat: ’n Debat
Luister en praat: ’n Debat
Lees en kyk: ’n Kortverhaal
Lees en kyk: ’n Gedig: Beste vriende
Lees en kyk: ’n Foto
Skryf en aanbied: ’n Opsomming van ’n gesprek
Taal in konteks: Voegwoorde, personifikasie, klanknabootsing, styl, toon en register
Skryf en aanbied: ’n Verhalende opstel
Taal in konteks: Sinsoorte
Taal in konteks: Direkte en indirekte rede, letterlike en figuurlike betekenis
Hersiening
Hoofstuk 13: Lus vir leer en lees
Luister en praat: ’n Filmresensie
Luister en praat: ’n Mondelingeaanbieding
Lees en kyk: ’n Koerantberig
Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde(attributief, intensiewe vorme) en verlede tyd
Lees en kyk: ’n Uittreksel uit ’n jeugroman
Taal in konteks: indirekte rede, homonieme en spelreëls
Skryf en aanbied: ’n Uitnodiging
Hardoplees: ’n Gedig
Taal in konteks: Meervoude, sinonieme en verkortings
Taal in konteks: idiome, byvoeglike naamwoorde, antonieme en ’n beskrywende paragraaf
Hersiening
Hoofstuk 14: Groen, groener, die groenste
Lees en kyk: ’n Gedig: Vullisblikmentaliteit
Luister en praat: ’n Rolspel
Skryf en aanbied: ’n Dialoog
Luister en praat: Storievertelling
Lees en kyk: ’n Gedig: Groen?
Lees en kyk: ’n Drama
Taal in konteks: idiome
Taal in konteks: Spelpatrone, eenwoord vir ’n omskrywing, voegwoorde, voornaamwoorde
Skryf en aanbied: ’n Agenda
Skryf en aanbied: ’n Notule
Taal in konteks: Werkwoorde, verlede tyd
Hersiening
Hoofstuk 15: Planne met platsakprobleme
Luister en praat: Vergaderingprosedure
Praat: Hou ’n vergadering
Luister en praat: Luisterbegrip:Twee tekste
Lees en kyk: ’n Kortverhaal
Lees en kyk: Thabo se plakkaat
Lees en kyk: ’n Gedig
Taal in konteks: Direkte en indirekterede, punktuasie
Taal in konteks: Jargon (vaktaal), cliché, sleng, sinekdogee, toutologie, dubbelsinnigheid
Taal in konteks: Lydende en bedrywende vorm
Skryf en aanbied: ’n Curriculum vitae en ’n aansoekbrief
Hersiening
Hoofstuk 16: Musiek weerspieël emosies
Luister en praat: Bespreek foto’s
Toets jou woordeskat
Luister en praat: Hou ’n paneelbespreking
Luister: ’n Dialoog
Lees en kyk: ’n Gedig: Daar’s ’n liedjie ...
Lees en kyk: ’n Advertensie
Taal in konteks: Afkortings, samevoegings, spelling
Lees en kyk: ’n Uittreksel uit ’n jeugroman
Skryf en aanbied: ’n E-pos
Taal in konteks: Gevoelstaal, vooroordeel, stereotipering, hoofletters en punktuasie, volgorde
Hersiening
Hoofstuk 17: Waaghalse en dapper dade
Luister en praat: ’n Klasgesprek
Luister en praat: Rolspeel ’n situasie
Taal in konteks: Betekenisverandering
Woordeskatuitbreiding
Taal in konteks: Leestekens en spelling
Lees en kyk: ’n Kortverhaal oor ’n dapper daad
Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing
Lees en kyk: Som ’n teks op
Taal in konteks: Werkwoorde, selfstandige naamwoorde en een woord vir ’n omskrywing
Lees en kyk: ’n Gedig: Avonturier
Hersiening
Hoofstk 18: Selfoonstories
Luister en praat: ’n Groepbespreking
Lees en kyk: ’n Grapprent
Taal in konteks: Antonieme en punktuasie
Lees en kyk: ’n Kortverhaal: Blind date
Taal in konteks: Tye, direkte en indirekte rede, voorsetsels, woordkeuse
Lees en kyk: ’n Spotprent
Taal in konteks: Ontkenning
Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing, ’n dialoog en ’n opstel
Hersiening
Hoofstuk 19: Taalstrukture en -konvensies
Vir dié wat meer van die taal wil weet …
Sinne en woordsoorte
Woordsoorte: ’n Kort opsomming
Selfstandige naamwoorde
Lidwoorde
Byvoeglike naamwoorde
Voornaamwoorde
Werkwoorde
Voorsetsels
Voegwoorde
Ontkenning
Bedrywende en lydende vorm
Direkte en indirekte rede
Kommunikasie
Funksionele skryfaktiwiteite
Spelling en spelpatrone
Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen
Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en Opsomming
Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks
Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen
Vraestel 1: Mondelinge assesseringstake
Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming
Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks
Woordelys
Indeks
Recommend Papers

Afrikaans Sonder Grense Eerste Addisionele Taal Graad 9 Leerderboek
 9780636119789, 9780636153042

  • 12 7 7
  • Like this paper and download? You can publish your own PDF file online for free in a few minutes! Sign Up
File loading please wait...
Citation preview

KABV

Dié gebruikersvriendelike reeks bied onderwysers en leerders prikkelende, leerdergerigte stof wat deurgaans vaardighede oefen. Die kursus bestaan uit: • ’n Leerderboek wat op die vier vaardighede fokus en treffende visuele materiaal insluit • ’n Leesboek met letterkunde-aktiwiteite wat al die voorgeskrewe genres insluit • ’n Onderwysersgids met volledige antwoorde.

www.mml.co.za

9

Eerste Addisionele Taal

Leerderboek

Mari Lätti en Sonia Gouws

SONDER GRENSE

Eerste Addisionele Taal

Leerders se taalvaardighede soos Luister en praat, Lees en kyk: Begrip en Letterkunde, Skryf en aanbied, asook geïntegreerde Taalstrukture en -konvensies word doeltreffend ontwikkel sodat die leerders in die multikulturele opset in die land ook in Afrikaans kan kommunikeer.

AFRIKAANS

Graad 9

Om gebruik in die klaskamer te vergemaklik, is lesreekse gestruktureer om elke taalvaardigheid volgens die tydstoekenning per tweeweeksiklus in die KABV te onderrig. Take vir formele assessering, asook voorbeeld-eksamenvraestelle, word ingesluit.

AFRIKAANS SONDER GRENSE

Afrikaans sonder grense is ’n volledige taalreeks vir Afrikaans as Eerste Addisionele Taal. Dié taalreeks strek van Graad 1 tot Graad 12 en voldoen aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV).

M. Lätti • S. Gouws • R. Gouws • I. Grobler K. Grobbelaar • C. le Roux • M. Peacock • M. Struwig

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_cvr.indd 1-3

2013/05/28 10:18 AM

1

Eksieperfeksie

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• ’n groepbespreking oor boeke se titels, buiteblaaie, flaptekste en illustrasies hou • ’n voorbereide gesprek voer • na ’n leesstuk luister en dit bespreek

Lees en kyk: Begrip

• ’n advertensie vluglees • aandagtig lees om inhoud van boeke te bepaal deur buiteblaaie van boeke en flaptekste deeglik te bekyk • die eerste hoofstuk van ’n jeugroman aandagtig lees, bespreek en literêre vrae daaroor beantwoord • op die visuele impak van illustrasies let • Leesboek bl. 89: “Eksieperfeksie” (gedig)

Letterkunde

Skryf en aanbied

• • • •

vrae oor die jeugroman beantwoord vrae oor die luisterteks beantwoord vrae oor ’n advertensie beantwoord ’n advertensie skryf en aanbied

Taalstrukture en -konvensies

• • • • • •

klem op woordeskat plaas en nuwe woorde aanleer ’n woordeboek gebruik afkortings in ’n teks gebruik sinonieme en antonieme hersien idiome leer die byvoeglike naamwoord, ook die intensiewe vorm, gebruik die meervoude en verkleinwoorde van die selfstandige naamwoord korrek skryf op spelling let en spelling verbeter die teenwoordige, verlede en toekomende tyd in sinne skryf woordvaardighede aanleer deur afleidings te maak voornaamwoorde sinvol in ’n sin gebruik

• • • • •

1. Eksieperfeksie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 1

1

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat: Boeke se buiteblaaie en flaptekste as advertensie Verdeel in groepe en bespreek die boeke se buiteblaaie. Watter een sal jy vir jou kies om te lees as jy net na die buiteblaaie kyk? Hoekom?

Jy moenie iemand op sy baadjie (jacket) takseer nie (judge a book by its cover). Kyk na die buiteblaaie (covers) van boeke en voorspel waaroor jy dink die boeke handel. 1. 3. 2.

5.

4.

2

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 2

Week 1 en 2

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat: Groepbespreking • Hou jou lyf speurder (detective) en pas die buiteblaaie (die titels en illustrasies) by die flaptekste (blurbs). • Werk in groepe van drie saam om al die inligting (information) bymekaar te kry. • Praat oor die skrifgrootte en lettertipes van die titels. • Lees die flaptekste hardop aan mekaar voor. • Bespreek watter soort jeugboek elkeen is. Is dit ’n speurverhaal (detective story), ’n riller (thriller), ’n tjieklit (chicklit), ’n spanningsverhaal (mystery) of ’n jeugroman? • Bespreek waarom alle tieners nie graag boeke lees nie. Watter oplossings (solutions) is daar vir hierdie probleem? a)

b) Natasja is perfek . Dit besef Ja k die oo m blik toe sy b y die kla s se deur ins tap. Ma ar hy is net ’n doodge wone ou. Hoe kan hy d ie mooiste meisie in die skool se aandag trek?

d)

l oor is ma en e i k Fran nkry der tspla skaa . Sy won flieks n, die kuns ila u. oor M ige stil o n n i s r die im er oo at gehe d n o w tw En sy papier-ro i er t graffi haar kam . n st is tee gepo r e t s ven

c) Maar iets is verkeerd met die speletjie. ’n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en Hannes glo die speletjie is ’n gevaarlike rekenaarvirus.

Sonde waarsk r bevind uwing hierdie vyf tieners uit die rekena arare in die o a hulle udste geheim e van A frik Modjad ji met h a: aar geheim e krag.

e) Om D i aantr van Louw eklik te noem , te sê is soos o m M Evere ount st is h Anta oog o rk maa tika is ko f r u die h dit vertel n d, ele s torie ie nie. 1. Eksieperfeksie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 3

3

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Jeugverhaal: Perfek Pre-lees • Lees hoofstuk 1 van Perfek deur Jaco Jacobs aandagtig deur. (Lees dié interaktiewe boek verder tuis, as jy kan.) Die prentjies daarby maak die lees nog interessanter, anders en cool. • Wat voorspel die titel en die buiteblad van die boek? • Kyk goed na die buiteblad en hou dit in gedagte as jy Perfek se eerste hoofstuk lees. Praat met ’n maat daaroor.

W

buitengewoon: extraordinary; uitstekend, iets wat anders is gewildste: most popular; populêrste, almal hou van die persoon liedjies: songs; gedigte wat gesing word musikant: musician; die persoon wat musiek maak verbeelding: imagination; fantasie, om iets voor te stel wat jy nie kan sien nie vervelige: boring; dit maak jou moeg, langdradig verstrooid: absent-minded; deurmekaar, jou gedagtes is afwesig

Tydens lees Lees die teks aandagtig deur en let op die beskrywings van Jak en Natasja en hoe hulle verskil (differ). Kyk hoe prente gebruik word om die storie te illustreer. Ontmoet vir Jak. Sal jy van hom hou? Besluit self. Maar die meeste mense hou van hom. Nie soveel dat hy die gewildste ou in die skool is nie. Maar darem. Jak is ’n doodgewone ou. Vyftien jaar oud. Donker hare, blou oë. Hy hou van musiek en strokiesprente. Hy kan kitaar speel. Hy is ietwat verstrooid. Hy haat dit as mense vra wat hy eendag wil word. Hy is te skaam om te sê hy wil ’n musikant word. En sy eie liedjies skryf. Hier is ’n prent van Jak se hart. Oukei, oukei, dis nie hoe ’n  regtig lyk nie.

4

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 4

Week 1 en 2

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Gebruik jou verbeelding! Jak se hart het tot dusver ’n vervelige dag ... (Soos enige ander skooldag.) Jak se hart weet nog nie ... maar iets buitengewoons gaan gebeur ... Iets wat sy hele dag gaan verander. Wanneer? In die middel van die Afrikaanse periode ... Daar is ’n klop aan die deur. Wat is so buitengewoon daaraan? Wag en kyk ...! “Binne!” roep juffrou Samuels. Meneer Brink, die skoolhoof, kom binne. “Jammer om te pla, juffrou Samuels. Ons het ’n nuwe leerder in graad 10. Ek wil haar aan die klas voorstel. Klas, dis Natasja Vermaak.” Almal staar na die nuwe meisie. Stomgeslaan. Jy kan elke deel van Natasja gebruik om iets te adverteer. ● Blonde hare wat blink. (’n sjampoe-advertensie) ● ’n Skitterwit glimlag (Colgate!) ● Helderblou oë (’n swembadadvertensie?) En haar lang, lang bene ... Wel, as jy sykouse wil adverteer ... Natasja Vermaak is perfek. Natasja se oë gly oor die klas. Dan kyk sy vir Jak. En glimlag. Dit voel vir Jak of tyd gaan stilstaan. Sy keel trek toe. Sy oë wil nie knip nie. En sy hart? Jak het sy hart verloor. (Uit: Perfek deur Jaco Jacobs, LAPA Uitgewers, 2009)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy hoofstuk 1 uit Perfek? 1. a) Soek die vier woorde in die blok wat sinonieme van EKSIEPERFEKSIE is en Natasja goed beskryf. b) Watter een van die woorde, sou jy sê, pas haar die beste? A

E

E

R

S

T

E

K

L

A

S

A G T

E

R M E

K

A

A

R

F

G

P

E

R

F

E

K H K

I

O

S

Q

R

V

O

L M A

A

K

1. Eksieperfeksie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 5

5

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12.

13. 14.

Is die hoofkarakter, Jak, die populêrste seun in die skool? Bewys jou antwoord. Met watter twee woorde uit die leesstuk sou jy Jak beskryf? Wat droom Jak graag oor sy toekoms? Met wie, dink jy, praat die verteller as hy sê: “Oukei, oukei ...”? Wat sê die verteller alles oor Jak se hart? Kies die regte antwoord: Jak se hart kry menslike eienskappe en dit word (personifikasie/’n vergelyking/’n metafoor) genoem. a) Watter EEN woord beskryf die reaksie van die hele klas toe hulle vir Natasja sien? b) Hoekom voel die klas só? Beskryf die karakter, Natasja, in ongeveer twee sinne. Let op die verskil tussen Jak en Natasja. Jak word as “doodgewoon” beskryf, maar Natasja as ___. Op watter twee maniere affekteer Natasja vir Jak? Kies die regte antwoord. Wat beteken die sin “Jak het sy hart verloor”? a) Sy hart het heeltemal weggeraak. b) Sy hart het uit sy liggaam geval. c) Jak is dolverlief op Natasja. Wat, dink jy, gaan in die res van die jeugroman gebeur? Vertel ’n maat. Waarom, sou jy sê, help die prente om die storie interessanter te maak?

Post-lees (vervolg): Hoe goed verstaan jy die woordeskat? Gebruik die woordeskatlys. Gee sinonieme of een woord vir die woorde tussen hakies. Jak is miskien nie die a) (populêrste) seun in die skool nie, maar die meeste mense hou van hom. Hy is so ’n bietjie b) (deurmekaar) en weet nie altyd wat om hom aangaan nie. Hy wil graag ’n c) (iemand wat musiek maak) word en sy eie d) (gedigte wat gesing kan word) skryf.

6

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 6

Week 1 en 2

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Leestekens, byvoeglike naamwoorde, afkortings, die teenwoordige tyd 1. 2.

3. 4.

5.

Vul die leestekens in. a) Jak vra Wie is die mooi meisie b) Sjoe sy is sowaar eksieperfeksie fluister Julia Jak se beste vriendin Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies (byvoeglike naamwoord). a) Dit is die (nuut) meisie. b) Dit was ’n (vervelig) week, maar ’n (buitengewoon) dag. Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies. a) Hy is ’n (gewone) seun. b) Sy is die (nuut) meisie. Gee die afkorting van die woord tussen hakies. a) Ek kan (Afrikaans) en (Engels) praat. b) (Meneer) Brink stel die nuwe meisie voor. c) (Mejuffrou) Nel is die Afrikaansonderwyser. Skryf die sinne in die teenwoordige tyd. a) Ons het ’n nuwe leerder in graad 10 gehad. b) Jak was dolverlief op Natasja.

Luister en praat: Voorbereide gesprekvoering

Luister en praat

Formele assessering

Beplanning, navorsing en organisering Jy en maats gaan in groepe hierdie gesprek (conversation) van 15–20 minute voer vir jou eerste assesseringspunt vanjaar. Dit gaan 10 punte tel. • Kies een van die volgende onderwerpe vir julle gesprek: – Tiener-wees is die perfekte tydperk in ons lewens. OF – Dis sommer ’n storie dat tiener-wees perfek is, want dis moeilik. • Organiseer julle idees logies en skryf julle gesprek op kaartjies neer. Voorbereiding en aanbieding • Oefen eers om julle gesprek aan die klas aan te bied as daar tyd is. • Wees opreg: As jy glo wat jy sê, sal jou gehoor jou glo! Wenke (Hints) vir die gesprek • Die belangrikste is dat jy en jou maats na mekaar moet luister. • Deel julle idees oor tiener-wees met mekaar. • Maak beurte om te praat en reageer op mekaar. • Albei moet omtrent dieselfde tydsduur (duration) praat. • Verdedig jul standpunte en verskil vriendelik van mekaar. • Kom aan die einde tot ’n gevolgtrekking (conclusion). Totaal: 10 1. Eksieperfeksie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 7

7

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Selfstandige naamwoorde, sinsoorte, b.nwe., spelling, tye

Het jy geweet? Net selfstandige naamwoorde kry meervoude, bv. onderwyser – onderwysers. (Uit: JIP, Die Burger, 7 November 2011, bl. 2) Die meervoud is meer as een ding. • By ’n kort klank verdubbel die konsonant; dan bly die klank kort: kam – kamme; les – lesse. • By ’n lang klank val een vokaal weg as daar na twee a’s, e’s, o’s en u’s net een konsonant is: haar – hare. 1.

2. 3. 4. 5. 6.

8

Gee die meervoud van die woord tussen hakies. a) Hier gluur net een oog na jou en nie baie (oog) nie. b) Die (seun) spits hulle (oor). c) Die (kind) is bang vir die oog. Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies. a) Haar (tande) lyk gevaarlik en sy het ’n dun (nek). b) Hulle (oog) is rond. Gee die regte vorm van die byvoeglike naamwoord. a) Sy het ’n baie (lank) neus, maar die kinders het (rond) neusies. b) Die (benoud) (anxious) kinders haal nie asem nie. Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies. a) Die onderwyseres het (rooi) hare en dra (groen) klere. b) Die kinders is (bang) vir die juffrou. Kies die regte spelling van die woorde tussen hakies. a) Die oog (skitter/skiter) van die lekkerte. b) Die (kleure/klere) in die spotprent is groen en rooi. Skryf die sinne oor in die verlede tyd en die toekomende tyd. a) Die kinders is bang vir die kwaai oog. b) Die juffrou skryf die probleme op die bord. Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 8

Week 1 en 2

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Advertensie: Lees YOZA Pre-luister • Luister na die advertensie vir selfoonromans. • Lees die vrae goed deur. Vrae 1. Waarop kan jy ’n lekkerleesstorie lees? 2. Wat is Mxit volgens die advertensie? 3. In watter taal kry ons nou ook selfoonromans? 4. Watter twee maatskappye werk saam om selfoonstories uit te gee? 5. Watter twee goed hoef jy nie meer te doen as jy wil lees nie? 6. Wanneer sal jy in die mode wees? 7. Watter woord moet jy tik om by m-romans uit te kom? 8. Watter soort toegang moet jy op jou sel hê as jy stories wil lees?

W

gratis: free; kos jou nie ’n sent nie, verniet sappige: juicy; vol sap (letterlik), nie vervelig nie (figuurlik) selfoonbiblioteek: cellphone library; plek op die selfoon waar jy boeke kan uitneem selfoonroman: cellphone novel; storie wat jy op jou selfoon kan lees toegang: entrance; plek waar jy ingaan

Toets jou woordeskat (woordaanpakvaardighede). 1. Kies elke keer die regte woord. a) Jy betaal niks nie, want dit is (gratis/duur). b) Ek neem boeke by die (boekwinkel/biblioteek) uit. c) Elke nuwe selboek wat ek lees, is ’n ware (riller/skat). 2. Vul die ontbrekende woord in (woordeskat). a) Die _____ tot WAP op jou selfoon is verniet. b) Ek lees ’n _____ boek en eet ook ’n _____ perske. 3. Gee die antoniem: Jy kan baie boeke koop. 4. Gee die sinoniem: Dis nie ’n populêre tydverdryf om te lees nie. Tydens luister • Luister baie goed as die hele artikel twee keer hardop voorgelees word, en maak aantekeninge terwyl jy luister. Post-luister Skryf jou antwoorde neer en bespreek dan die antwoorde in groepe. 1. Eksieperfeksie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 9

9

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Visuele teks: ’n Advertensie Pre-lees Laat jou oë oor die advertensie vlieg en vluglees die slagspreuk (slogan) onder die opskrif. Kyk ook vlugtig na die boek wat die kind vashou. • Wat beteken die slagspreuk? • Wat is verkeerd op die foto? Tydens lees • Kyk hoe die lettertipes en -groottes, en vetgedrukte letters ons aandag trek. • Lees nou die advertensie hardop.

(Deur skrywer saamgestel)

Post-lees Is dit vir jou ’n geslaagde advertensie? Motiveer.

10

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 10

Week 1 en 2

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Post-lees (vervolg): Hoe goed verstaan jy die advertensie? 1. Waarom kyk ons dadelik weer na die foto op die advertensie? 2. Is die volgende stellings waar of onwaar? Motiveer. a) Die meisie maak of sy lees, maar sy kan nie. b) Die fotograaf is dom, want die boek is onderstebo. 3. Kies die regte woord om die sin te voltooi: bly/jammer/gelukkig Ek voel _____ vir die meisie omdat sy wil ONTHOU: Breek lees, maar nie kan nie. lang woorde in 4. Vul die slagspreuk se woorde in: Want ______ kleiner woorde op om behoort ______ te wees. dit beter te verstaan. 5. Watter organisasie wil kinders wat sukkel om te lees, help? 6. Hoeveel kinders in Afrika, suid van die Sahara, kan glad nie lees of skryf nie? 7. Waarmee sukkel 80% van Suid-Afrikaanse leerders nog wanneer hulle in graad 5 kom? 8. Wat is die belangrikste gedagte in die advertensie? 9. Watter twee goed wil Lus-vir-lees graag laat gebeur? (hulle visie) 10. Wat, dink jy, moet die vrywilligers by die skole gaan doen? 11. Watter telefoonnommer moet jy skakel as jy wil help?

Taal in konteks: Woordafleidings, voornaamwoorde, antonieme 1.

2. 3.

Taalstrukture en -konvensies

Vul die korrekte woorde in (woordafleidings). a) As ek ’n leser is, _____ ek baie. b) Te veel kinders in ons land is nie geletterd nie, maar _____. c) As jy baie lees, sal jy mense kan lei en ’n _____ wees. d) As ek uit vrye wil kinders help om te lees, is ek ’n _____ helper. Kies die korrekte woord tussen hakies (antonieme). Ek sal vir (altyd/nooit) ’n leser bly, want dis lekker om te lees. Leer die volgende voornaamwoorde. Hy is ’n seun. Hy lees sy boek.

(persoonlike v.nw.) (besitlike v.nw.)

Sy is ’n meisie. Sy lees haar boek.

Kies die korrekte voornaamwoorde tussen hakies. Die meisie wil graag lees, maar a) (hy/sy) hou b) (sy/haar) boek onderstebo omdat c) (hy/sy) nog nie mooi kan lees nie. Dit is vir d) (hom/haar) nie moontlik om te lees nie. 1. Eksieperfeksie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 11

11

2013/08/21 9:15 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Advertensie Beplanning/pre-skryf Bestudeer eers die ABBA-beginsel (principle) van advertensies aandagtig deur. Jy gaan dit gebruik wanneer jy jou eie advertensie van 90 –100 woorde skryf. A

Trek Aandag

B

Kry Belangstelling Interest

B

Skep Begeerte

Create Desire

Adverteerders gebruik slim advertensies sodat mense begin glo hulle het die produk nodig (BEGEERTE).

A

Moedig aan tot Aksie

Encourage Action

AKSIE beteken eintlik KOOP! Sê waar om die produk te koop; hoeveel dit sal kos en sê dat dit maklik sal wees om die produk in die hande te kry.

Onthou

Draw Attention ’n Advertensie moet iemand lus maak om verder te wil lees en luister. Om AANDAG te trek, probeer interessante prente en woorde gebruik. Jy moet iets doen of sê of skryf wat hulle aandag of BELANGSTELLING sal hou. Vertel vir mense van iets wat anders is van jou produk.

• Wat is die doel van die advertensie? • Hoofletters en variasie van lettergroottes help om lesers se aandag te trek. • Skryf die belangrikste woord of sin in die grootste letters. • Hou altyd dié vraag in gedagte: Vir wie skryf jy die advertensie? (Teikengroep)

Toets jou kennis As jy ’n advertensie lees, moet dit jou a) _____ trek sodat jy die produk raaksien. Jy moet jou lesers se b) _____ wek sodat hulle meer van die produk wil weet. Skep die c) _____ om te koop sodat hulle glo hulle het die produk nodig. Die advertensie moet hulle oortuig om tot d) _____ oor te gaan en dan die produk te koop.

12

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 12

Week 1 en 2

2013/08/21 9:15 AM

Skryf en aanbied

Skryf ’n konsep Die advertensie van Lus-vir-lees het jou geïnspireer om ’n klomp graad neges bymekaar te kry om lees-vrywilligers te word. • Jy wil die graad neges in jou skool oortuig (convince) dat hulle laerskoolkinders moet help om beter te lees. • Jy het met die skoolhoof van die plaaslike laerskool gesels. Sy het gesê graad neges wat goed kan lees, word benodig om op Vrydagmiddae in kwartaal 2 van twee-uur tot vieruur graad viers en vyfs te kom help met lees. • Skryf nou ’n advertensie wat jy in julle skoolkoerant gaan plaas. • Onthou, die doel (aim) van die advertensie is om leerders te oortuig om lees-vrywilligers by die laerskool te wees. • Jy mag prente en kleur gebruik as dit jou aanbieding versterk. • Kies die regte woorde wat die aandag sal trek en op lesers se emosies sal speel. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Het jy onthou om die ABBA-beginsel te gebruik? • Het jy gekyk of jou sinne kort en kragtig is vir ’n advertensie? • Is al die woorde reg gespel? Gebruik ’n woordeboek. • Is al die inligting wat jy moet gee in die advertensie ingesluit? • As jy tevrede is, skryf jou advertensie netjies oor (redigering). • Proeflees dit voor finale aanbieding.

1. Eksieperfeksie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 13

13

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening 1.

2.

3. 4. 5.

6. 7. 8.

Kies die regte voornaamwoord tussen hakies. Jak is ’n doodgewone ou. a) (Hy/Sy) is vyftien jaar oud. b) (Hy/Sy) het donker hare en c) (hy/sy) oë is blou. Die nuwe meisie in die skool is Natasja. d) (Sy/Hy) is baie mooi. e) (Sy/Haar) hare is blond en f) (sy/haar) oë is blou. Die seuns kan g) (julle/hulle) oë nie van haar afhou nie. (7) Gee die meervoud van die selfstandige naamwoorde. a) Tieners skryf graag (gedig). b) Sy het die mooiste (been). c) Haar (oog) is helderblou en haar (lip) is rooi. (4) Gee die verkleinwoord van die selfstandige naamwoorde. a) Die juffrou het ’n maer (nek). b) Die seun se (hemp) is te klein vir hom. (2) Gee die intensiewe vorm (byvoeglike naamwoorde). a) Jak is dadelik (verlief) op die nuwe meisie. b) Die juffrou het (rooi) naels. (2) Skryf die sinne in die teenwoordige tyd. a) Die seuns het dadelik van die mooi meisie gehou. b) Hulle was sowaar almal op haar verlief. c) Hulle sal alles wat sy sê, glo. (3) Skryf die sinne in die toekomende tyd. a) Die seun het die boek gelees. b) Baie leerders sukkel om te lees. (2) Skryf die sinne oor in die verlede tyd. a) Lus-vir-lees help kinders om te lees. b) Dit verbeter hulle lewens vir ewig. (2) Lees die sinne, soek en verbeter die woorde wat verkeerd gespel is (spelreëls). Alle tieners behoort leesers te wees. In Suid Afrika is omtrent fyf miljoen mense ongeleterd en ons moet dit regmaak. Die organisasie se visie is dat alle laarskoolleerders lus vir lees moet wees waaneer hulle graad 7 bereik. (6 ÷ 2 = 3) Totaal: 25

14

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 14

Week 1 en 2

2013/08/21 9:15 AM

2

Spor t spieël

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• oor sportfoto’s en koerantopskrifte praat, hulle by mekaar pas en verder oor sport gesels • ’n leesteks (sportberig) aanbied en aandag gee aan toon, intonasie, volume, tempo, uitspraak en vlotheid • na klasmaats se voorlesings luister, dit krities evalueer en vrae daaroor beantwoord

Lees en kyk: Begrip Letterkunde

• ’n artikel vluglees, soeklees en aandagtig lees, en begripsvrae daaroor beantwoord • ’n kortverhaal lees, die kenmerke bestudeer en vrae daaroor beantwoord • ’n gedig lees en let op kenmerke soos tema en beeldspraak • Leesboek bl. 59: “Altyd vierde” (storie)

Skryf en aanbied

• ’n informele brief beplan en skryf

Taalstrukture en -konvensies

• taal-in-konteks-oefeninge oor die volgende aspekte doen: korrekte spelling, bv. skryftekens, afkortings, akronieme, voor- en agtervoegsels, soortname, eiename, byvoeglike naamwoorde, direkte en indirekte rede, idiomatiese uitdrukkings en enkelvoudige en saamgestelde sinne

2. Sportspieël

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 15

15

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat: Gesels oor foto’s en opskrifte 1.

Werk twee-twee saam. Kyk na die aksiefoto’s van sportpersone en pas elke foto by ’n koerantopskrif. Maak beurte om te praat.

1.

2.

3.

4.

a)

b)

Enjins brul in pylvak

Kishou in laaste stel

c) Groot tra p laat wiele sin g

e)

Pragdrie reg onder pale

g)

16

Gholfkampioen verras

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 16

f)

Kolwer pr esteer weer eens

h)

d)

Pragdoel van seiso en

Kampioen wys slag in branders

Week 3 en 4

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

5.

6.

7.

8.

2. 3.

Gesels met jou maat oor die sportsoorte waarvan julle hou en hoekom julle daarvan hou, as spelers en/of as toeskouers. Praat ook oor hoe julle wys dat julle ’n span ondersteun en wie julle sporthelde is. Lees die volgende koerantberig:

Uitgeskop ná kophou ’n Skolerugbyspeler wat sy humeur tydens ’n wedstryd só erg verloor het dat hy ’n skeidsregter met die kop bewusteloos geslaan het, is vir drie jaar uit alle rugby geskors. Hy is in graad 11 by die Hoërskool Uitsig. (Verwerk uit: Die Burger, 30 April 2012, bl. 2)

Gesels in groepe van drie of vier oor vuilspel soos in hierdie berig of in enige ander sportsoort. Sê wat julle daarvan dink en of julle dink die speler se straf is te swaar of te lig. 2. Sportspieël

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 17

17

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Ongewone sportsoort Pre-lees: Gesels oor die sportsoort, yshokkie. Tydens lees: Lees die artikel oor ’n interessante sportsoort.

Yshokkie 1

2

3

4 5

Niemand is seker wanneer mense yshokkie begin speel het nie. Op ou skilderye verskyn dorpsmense in Nederland wat ’n soort hokkie op ’n gevriesde kanaal speel. Die eerste georganiseerde binnenshuise yshokkiewedstryd is in 1875 in die Kanadese stad Montreal op ’n skaatsbaan gespeel. Sedert dit in 1924 by die Winter Olimpiese Spele ingesluit is, het dit ’n gewilde toeskouersport geword wat in meer as 30 lande gespeel word, o.a. Finland, Rusland, Swede en die VSA. Yshokkie word deur twee spanne van ses spelers elk gespeel en die wedstryd duur 60 minute. Aan elke kant van die baan is die doelhok, waarheen spelers ’n rubberskyf slaan. Dit word deur ’n doelwagter bewaak. Die skyf kan teen 195 km/h op ’n speler afpyl. ’n Yshokkiebaan se soliede ysvloer is 2 cm dik. Die lyne van die baan word onder die ys getrek en is deur die ys sigbaar. Twee spelers van teenoorgestelde spanne staan teenoor mekaar in die middel voordat die spel begin. Iemand laat dan die skyf tussen hulle val en die spelers begin met hul stokke om besit van die skyf baklei – en om mekaar erg met die stokke seer te maak! Yshokkiespelers moet dik, beskermende klere en ’n harde helm dra. Yshokkie is een van die enigste sportsoorte wat volle kontakgeveg toelaat. Spelers wat in gevegte betrokke raak, word nie van die baan afgestuur nie. Hulle kan mekaar “aanvat” totdat een op die ys neerval, waarna die “geveg” gestaak word en weer van voor af begin. Dan kan hulle weer hul “wapen”, ’n 2 m-lange stok van hout en veselglas, opneem. Ja-nee, yshokkie is beslis nie kinderspeletjies vir papbroeke nie!

(Verkort uit: myloopbaan, http://www.myloopbaan.co.za_cfm?)

18

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 18

Week 3 en 4

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

W

doelwagter: goalkeeper; speler wat moet keer dat die opponente ’n doel aanteken reghoekig: rectangular; ’n vierhoek, met twee lang sye en twee kort sye skaatsbaan: ice rink; ’n ysbedekte baan waarop mense skaats (skate) skyf: disk; ’n plat, ronde voorwerp, soos ’n piering wedstryd: match; ’n kompetisie in sport

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die teks? 1. Kyk na die illustrasie op bladsy 18 en kies die gepaste woorde: Die speler wat die ander een met sy stok slaan, lyk (ongelukkig/verskrik/ aggressief) en op sy teenstander se gesig is ’n uitdrukking van (pyn/simpatie/blydskap). 2. Die illustrasie wys dat sommige spelers bly is. Waaraan sien jy dit? Noem twee dinge. 3. Vluglees die artikel deur die volgende te doen: • Lees die eerste paragraaf. • Lees daarna die eerste sin van elke ander paragraaf. • Lees die laaste paragraaf. Antwoord slegs waar of onwaar op die volgende vrae. a) Mense in Nederland het lank gelede yshokkie op skaatsbane gespeel. b) Yshokkie is heel eerste in Finland gespeel. c) Yshokkiespelers moet hul liggame beskerm. d) Yshokkiespelers slaan soms hul opponente totdat hulle neerval. 4. Soeklees die hele artikel en beantwoord hierdie vrae. a) In watter jaar is die eerste yshokkiewedstryd binnenshuis gespeel? b) Aan watter groot wêreld-sportbyeenkoms neem yshokkiespelers sedert 1924 deel? c) Waarvan word die skyf gemaak wat die spelers slaan? d) Vul die woord in: Die skrywer vergelyk ’n yshokkiewedstryd in paragraaf 5 met ’n ______. 5. Beantwoord hierdie vrae nadat jy die artikel aandagtig gelees het. a) Gee ’n werkwoord uit paragraaf 3 wat beteken “om seer te maak”. b) Watter twee byvoeglike naamwoorde in paragraaf 4 beskryf die spelers se klere? 6. Gee die idioom in die teks vir die onderstreepte dele: Yshokkie is nie ’n maklike spel vir lafaards nie.

2. Sportspieël

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 19

19

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Afkortings en akronieme Afkortings • is letters wat gebruik word om ’n langer woord te verkort, bv. Ma. (Maandag), antw. (antwoord), fam. (familie). • met kleinletters kry gewoonlik punte in Afrikaans, bv. gr. (graad), h.v. (hoek van), lg. (laasgenoemde), vlg. (volgende). • wat metrieke eenhede aandui, word sonder punte geskryf, bv. kg (kilogram), ml (milliliter), c (sent), km/h (kilometer per uur). Akronieme • is afkortings wat soos woorde uitgespreek word en nie geklank word nie. Hulle word gewoonlik sonder punte geskryf, bv. ESKOM, Telkom, ABSA, SASOL, UNISA, PIN. 1. 2.

In die voorafgaande teks oor yshokkie is die afkortings o.a., m, cm en km/h gebruik. Skryf hulle uit in woorde. Skryf die agt afkortings in die volgende paragraaf in woorde. Sommige mense speel yshokkie (a. i.p.v.) veldhokkie. Ons het op (b. Wo.) 6 (c. Mrt.) in die klas hiervan gelees. Ek weet nie baie (d. i.v.m.) dié sportsoort nie, want dit word nie in (e. SA) gespeel nie. Spelers dra beskermende klere, (f. bv.) helms en skutte. (g. Dr.) Jabu Keswa en (h. mej.) Smith het in Finland yshokkie gespeel.

Taal in konteks: Enkelvoudige en saamgestelde sinne • Baie kort sinne met net een werkwoord (gesegdedeel) is enkelvoudige sinne, bv. Die yshokkiespeler dra (werkwoord) ’n sterk helm. • Wanneer kort enkelvoudige sinne met een (of meer) voegwoorde verbind word, word die langer sin ’n saamgestelde sin met meer as een werkwoord, bv. Die yshokkiespeler dra (werkwoord) ’n sterk helm; daarom (voegwoord) sal hy nie seerkry (werkwoord) nie. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies. Gebruik die regte leestekens en korrekte woordorde. 1. Niemand weet wanneer mense yshokkie begin speel het nie. Dit is nooit opgeteken nie. (omdat, want) 2. Die skyf het die teiken geraak. ’n Doel is aangeteken. (daarom)

20

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 20

Week 3 en 4

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Sportartikel/sportberig 1.

2.

Formele assessering

Soek in ’n koerant, tydskrif of op die internet ’n interessante sportartikel of sportberig wat jy in die klas kan voorlees. Julle sal in groepe van vier of vyf na mekaar se voorlesings luister. Stel vyf waar-en-onwaar-vrae op uit die teks wat jy gaan voorlees. Skryf of tik die vrae netjies uit en maak vyf afskrifte, een vir elke groeplid, om te toets of hulle verstaan wat jy gelees het. Teken ook ’n tabel soos hierdie een. Jou luisteraars moet ’n regmerkie plaas in een van die kolomme om jou voorlesing te evalueer.

Naam: Baie goed

Goed

Taamlik goed Moet verbeter

Taamlik swak

Swak

Duidelikheid (stemprojeksie) Volume Tempo Uitspraak Vlotheid

Beplanning • Berei voor totdat jy maklik, vlot en duidelik kan lees. Vra iemand om te luister en die tyd te neem. Jy moet sowat 2–3 minute lees. • Lees jou teks vir iemand voor en ook vir jouself voor ’n spieël. Voorbereiding en aanbieding • Moenie die papier of boek voor jou gesig hou terwyl jy lees nie. • Kyk soms op na jou luisteraars en maak oogkontak. • Moenie te vinnig of te onnatuurlik stadig lees nie. • Beklemtoon die korrekte lettergrepe in woorde en spreek jou woorde duidelik uit. • Moenie te hard lees nie, maar ook nie te sag dat die luisteraars jou nie goed kan hoor nie. Totaal: 10 2. Sportspieël

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 21

21

2013/08/21 9:15 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Informele brief

Formele assessering

Brandon het hierdie brief van ’n vriendin, Josephine, ontvang. Kyk na die vorm van die brief (bv. in die adres en slot). Verbeel jou jy is Brandon en beantwoord Josephine se brief in 140 tot 160 woorde.

Bloekomlaan 51 Oos-Londen 5201 13 Februarie 2014 Hallo Brandon Die skooljaar is ook al weer twee weke aan die gang. Ek mis jou baie en is só spyt dat julle Port Elizabeth toe getrek het. Ek kan verstaan dat jy ’n probleem het met skoolsport wat by jou nuwe skool verpligtend is, want ek weet jy speel liewer kitaar of sing in die koor.

Adres in blokvorm (sonder leestekens, straatnaam voor huisnommer, datum onder poskode) Reël oop Aanhef (groetwoorde) Inhoud van brief in paragrawe met reëls oop tussenin

Wat ek wel kan sê, is dat ’n mens baat vind by enige sport en oefening. Dit verbeter jou gesondheid, want jy word fiks. Jy sê jy weet nie of jy tennis moet kies of liewer aan atletiek moet deelneem nie, en vra my raad. Vir die naellope is spoed nodig en vir lang afstande uithouvermoë. Veldnommers soos diskus, spies en gewigstoot vereis krag en springnommers vra soepelheid en lang bene. Ek dink jy sal dalk goed vaar in diskus. Jy het die krag en sal die tegniek maklik aanleer.

Paragrawe met reêls oop tussenin

(Deur die skrywer)

Tennis is ’n sport waaraan ’n mens jou lewe lank, byna op enige plek, kan deelneem. As ’n mens nie op skool die atletiekspan haal nie, kry jy maar min kans om deel te neem. Ek hoop hierdie raad help jou om ’n keuse te maak en beter te voel oor die sport waaraan jy nou moet deelneem. Ek sal binnekort bel om te hoor wat jy besluit het, en stuur ’n sportartikel wat ek dink jou ook sal help. Een van die dae is jy dalk die fiksste kitaarspeler in die skool! Groete en laat dit goed gaan.

Slotsin (groetsin)

Jou vriendin Josephine

Slot, geen leestekens nie Naam, sonder ’n leesteken

22

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 22

Week 3 en 4

2013/08/21 9:15 AM

Skryf en aanbied

Beplanning/Pre-skryf Beplan wat Brandon aan sy vriendin kan sê om sy waardering uit te spreek vir haar raad. Skryf jou idees puntsgewys neer. Skryf ’n konsep • Sorg dat jou inleiding oorspronklik (original) is. • Skryf in volsinne en let op punktuasie. • Rangskik die sinne in paragrawe wat by mekaar aansluit. • Verbind korter sinne met voegwoorde soos omdat en dus. • Skryf ’n gepaste slotparagraaf vir jou brief (net een of twee sinne). • Die inhoud moet tussen 140 en 160 woorde wees. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Proeflees en redigeer die eerste poging baie deeglik om foute reg te stel en verbeterings aan te bring. • Skryf jou verbeterde brief netjies oor en lewer dit in. Totaal: 10 Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Basisvorme, voor- en agtervoegsels Voorvoegsels (prefixes) en agtervoegsels (suffixes) is woorddele wat vooraan of/en agteraan ’n woord (die basisvorm) gelas kan word om ’n nuwe woord te vorm, byvoorbeeld: • ver- (voorvoegsel) + ys (basisvorm) = verys (to freeze) • naam (basisvorm)+ -loos (agtervoegsel) = naamloos • on- (voorvoegsel) + hoor (basisvorm) + -baar (agtervoegsel) = onhoorbaar (inaudible) Voor- en agtervoegsels kan nie alleen staan as woorde nie. Lees die berig oor die boodskap en beantwoord die taalvrae.

Boodskap op ’n sokkerbal ’n Tiener wat dakloos gelaat is weens ’n tsoenami in Japan, was verstom toe hy hoor dat een van sy kosbaarste besittings, ’n sokkerbal, aan die ander kant van die Stille Oseaan uitgespoel het. Misaki Moerakami se sokkerbal, vol persoonlike boodskappe, het in Alaska wat deel vorm van Noord-Amerika, 5 000 km van sy tuisdorp af, uitgespoel. Misaki sê dis byna ongelooflik dat dit gebeur het. So iets het hy nie verwag nie. Dit is wonderlik. Hy het die vrou wat die bal gevind het, in ’n e-pos bedank. (Verwerk uit: JIP, Die Burger, 30 April 2012, bl. 2) 2. Sportspieël

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 23

23

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Skryf twee woorde uit die eerste en laaste reël van die berig wat gevorm is deur voorvoegsels te gebruik. Skryf twee woorde uit die eerste reël en tweede laaste sin neer wat gevorm is deur agtervoegsels te gebruik. Skryf die een woord in die berig neer wat gevorm is deur sowel ’n voor- as ’n agtervoegsel aan die stam te las. Gee een woord vir die woorde tussen hakies. Gebruik voor- en agtervoegsels. Misaki het sy bal a) (weer geken) toe hy die foto sien. Hy het gedink dit is b) (nie moontlik nie). Dis ’n seldsame c) (iets wat gebeur). Misaki sê die d) (mense wat werk) het die bal gevind.

1. 2. 3. 4.

• Eiename is die spesiale name van mense, diere en dinge soos plekke, berge en riviere. Hulle is selfstandige naamwoorde en word met ’n hoofletter geskryf, bv. Misaki, Japan, Stille Oseaan. • Soortname is die name van ’n groep van allerhande mense, diere en dinge. Hulle word nie met ’n hoofletter geskryf nie, kan gewoonlik getel (counted) word en hulle het meervoudsvorme en verkleiningsvorme, bv. tiener (tieners, tienertjie); sokkerbal (sokkerballe, sokkerballetjie).

Taal in konteks: Eiename en soortname 1. 2. 3.

Skryf twee eiename uit die berig neer. Skryf twee soortname uit die berig neer en gee hul meervoude en verkleinwoorde. Gee die meervoude en verkleinwoorde van dorp, e-pos en foto.

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede Lees die riglyne oor die direkte en indirekte rede op bladsy 259. 1. Skryf die sin in die indirekte rede: Die vrou het gesê: “Ek het gister die sokkerbal hier naby die strand op die water gesien dryf.” 2. Vul al die ontbrekende leestekens in. a) Is die bal deur seestrome meegevoer na Alaska het die seun gevra b) Misaki het uitgeroep dis fantasties ek kan nie glo dis my sokkerbal wat sy pad 5 000 km ver Alaska toe gevind het nie

24

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 24

Week 3 en 4

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Literêre teks: ’n Gedig Pre-lees: ’n Gedig is ’n skryfstuk wat in versreëls en strofes verdeel word, anders as ’n verhaal wat uit sinne en paragrawe bestaan. Digters gebruik dikwels ook rym in gedigte (nie noodsaaklik nie). Elke gedig het ’n tema. Tydens lees: Lees hierdie gedig wat uit net een strofe bestaan en beantwoord die vrae. Sportmanne Ons swenk met die puntbal – beur vir die lint (binne die baan en die sirkel gebind); vaartmanne, kragmanne – seuns van die son bou ons Olimpus weer blink bo beton G A Watermeyer (Uit: Versreise, Nasou Via Afrika, bl. 119)

Die berg Olimpus is waar die Olimpiese Spele die eerste keer gehou is.

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Watter sportmanne speel met ’n “puntbal”: sokkerspelers of rugbyspelers? 2. Watter sportmanne “beur vir die lint”? Is hulle “kragmanne” of “vaartmanne”? 3. Noem atletieknommers waarin atlete “binne” ’n “sirkel” optree. 4. Die sportmanne “bou” Olimpus. Waarom juis Olimpus? 5. Alliterasie is klankherhaling van konsonante. Sê watter klank (konsonant) in dié versreël herhaal word: “binne die baan en die sirkel gebind”. Soek nog ’n voorbeeld van alliterasie in die gedig. 6. Kies die gepaste antwoord: Die tema van die gedig is (die passie en fisieke vermoëns van sportpersone/rugbyspelers en atlete is die enigste sportpersone wat belangrik is). 7. Kies die gepaste woord: Die uitdrukking “seuns van die son” is ’n (vergelyking/metafoor). In ’n vergelyking word een ding aan ’n ander gelyk gestel met soos; ’n metafoor is ’n verkorte vergelyking sonder soos, bv. Hy is so sterk soos ’n bees (vergelyking). Hy is ’n bees (metafoor).

2. Sportspieël

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 25

25

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal Pre-lees: Voorspel waaroor die kortverhaal gaan. Tydens lees: Lees hierdie kortverhaal aandagtig.

Rooikoos hardloop die myl

’n Myl is sowat 1 600 meter. Dit word nie meer dikwels in atletiek gehardloop nie.

Rooikoos se pa was ’n brandarm sukkelaar. Sy plasie was maar klein en hy was ook nie die fluksste man in die wêreld nie. Omdat Rooikoos die oudste seun was, moes hy van kleins af met die plaaswerk help. Smiddae wanneer ons met die boeke sit, was hy op die lande en soggens voor skool moes daar gemelk word. Baiekeer, laatmiddag, wanneer ek ’n klop aan die deur hoor, weet ek dis Rooikoos of een van sy sussies wat kom sê Ma vra ’n skotteltjie meel, Antie, ’n koppietjie suiker, Antie, ’n bietjie suurdeeg, Antie. Rooikoos het nooit gekla nie. Saterdagmiddae kon hy sy eie ding doen en dan het ons gaan swem of in die veld gaan loop. Ek weet nie wat dit van Rooikoos was nie, maar almal het van hom gehou, selfs die onderwysers wat hom deur die een graad na die ander moes dra. Was dit oor hy die myl so goed kon hardloop, want met die skoolwerk het dit maar broekskeur gegaan? Hy het nooit smiddae kom atletiek oefen nie, want hy moes werk. Dan sê ou Ore, ons atletiekafrigter: “Rooikoos, as jy hierdie seisoen nie kom oefen nie, hardloop jy geen tree vir my span nie.” Die dag van die atletiekbyeenkoms sit Rooikoos op die pawiljoen. Die atlete vir die mylwedloop staan al in die bane wanneer ou Ore ingee en in die pawiljoen in roep: “Rooikoos, kom hol – maar dis die laaste keer, hoor jy!” Dan hol Rooikoos. In die eerste ronde hardloop hy heel agter, teen so ’n stadige pas. En hy kyk net voor hom op die grond. Dan word ons mal daar op die pawiljoen. Ons skree vir Rooikoos, want ons is bang hy raak te ver agter. Ons weet van sy sukkelende pa, van sy suster se asma en die winkel

26

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 26

Week 3 en 4

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

se lorrie wat hul sitkamerstel kom oplaai het. Ons wil hê hy moet die wêreld wys. Toe Rooikoos die derde ronde ingaan, skree ons vir hom hy moet nou sy ding begin doen, want die tyd word min. Hy hang nog altyd so ses treë agter die bondel. En almal weet die rugbykaptein, Lourens Malan, gaan met sy eindpoging begin as hulle die laaste ronde ingaan. Daar is vier draaie oor en dan die pylvak. Ons sien hoe Rooikoos se nek rooier word. Hy is steeds vier treë agter die bondel, maar op die tweede laaste draai gaan hy tussen hulle in. Jy kan nou sien sy lyf is ’n harde knop van verlange en begeerte. Hy hol weg van die mooi meisies wat vir sy krom bene lag; hy hardloop weg vir die sukkel wat hy met hom saamdra. Voor in die bondel kom hy uit die laaste draai. Rooikoos van Niekerk hol weg vir sy pa wat skel en die huiswerk wat hy nie gedoen het nie en sy suster se asma. Tien treë van die wenstreep af is Rooikoos vyf treë voor. Elke jaar het ou Ore vir hom gewag, en hom gevang wanneer hy die streep oorsteek, want dan was hy so moeg dat hy nie op sy voete kon staan nie. Ek vra al jare wat van Rooikoos geword het, maar niemand weet nie. Dalk het die lewe hom ingehaal; dit is langer as ’n myl. Chris Barnard (Verkort uit: Treffertekste, Maskew Miller Longman, 2000)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal? 1. Rooikoos se pa was “nie die fluksste man in die wêreld nie”. Dis ’n sagter manier (eufemisme) om te sê die pa was eintlik _____. 2. Hoekom, dink jy, moes Rooikoos se ma so dikwels kos leen? 3. Met Rooikoos se skoolwerk het dit broekskeur gegaan. Verduidelik in ’n sin wat die onderstreepte idioom beteken. 4. a) Wat kon Rooikoos baie goed doen? b) Vul die ontbrekende woord in: Hy sou moontlik nog beter gewees het, as hy _______ het. 5. Verduidelik waarom Rooikoos laat aangekom het vir die mylwedloop. 6. Wie, behalwe Rooikoos, het ook ’n bynaam (nickname)? Hoekom, dink jy, is die persoon so genoem? 7. Voltooi: Sy maats wou hê Rooikoos “moet die wêreld wys” deur die wedloop te _____ en mense te wys dat hy in één ding die _____ is. 8. Verduidelik hoekom sy maats bekommerd was tydens die wedloop. 9. Haal die sin aan wat wys dat Rooikoos baie graag wou wen. 10. Gee die woord vir die laaste deel van die baan, voor die wenstreep. 11. Rooikoos was vasbeslote om te wen, want hy wou beter voel oor die slegte dinge in sy lewe (’n tema in die verhaal). Noem drie van hierdie dinge.

2. Sportspieël

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 27

27

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Hierdie spotprent het in ’n koerant verskyn nadat SuidAfrika die Rugbywêreldbeker gewen het. Voer die opdragte uit. 1. Skryf die sin in die verlede en toekomende tyd. Die Springbok hou die bal trots vas. (2) HY WEN TOE ’N HELE HOOP OPPONENTE … 2. Verbind die (Uit: Die Burger, 15 September 2009, bl. 10) twee enkelvoudige sinne met die drie voegwoorde tussen hakies (drie aparte sinne). Die Springbok hou die bal trots vas. Hulle het gewen. (want, omdat, dus) (3) 3. Verbeter die spelling deur skryftekens in te voeg: Nieu Seeland is ’n span wat baie driee teen Australie en Argentinie gedruk het. (4) 4. Gee die twee afleidings: Die Springbok is só bly dat hulle ’n (oorwin) (haal) het. (2) 5. Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies: Al die lande het (goed) spanne. (1) 6. Skryf die vier afkortings uit: Die spelers van SA moet o.a. ’n oefenprogram volg en bv. elke dag strekoefeninge doen. Hulle moet ook in ’n gimnasium met gewigte, ens. oefen. 4 ÷ 2 (2) 7. Vul die woord in: Die Springbokke het die _______ teen Engeland gewen. (1) 8. Skryf hierdie sin oor en vul die leestekens en hoofletters in. Die sin is in die direkte rede: Thandeka het verlede week gevra is die vinnige sterk speler die kaptein (3) 9. Watter soort selfstandige naamwoorde is die twee onderstreepte woorde in elke sin? a) Die Springbokke het in Bloemfontein gespeel. (1) b) Ons het baie springbokke in die wildtuin gesien. (1) Totaal: 20

28

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 28

Week 3 en 4

2013/08/21 9:15 AM

3

Wakker loop!

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• ’n dialoog rolspeel • woordeskat oor kontrakte leer gebruik

Lees en kyk: Begrip Letterkunde en kontrakte

• ’n verhalende gedig lees en vrae beantwoord • ’n kontrak bestudeer en lees • ’n dialoog oor probleme met ’n mondelinge kontrak rolspeel • ’n kontrak noukeurig bestudeer en vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 8: “Jakkals nooi Ooievaar vir ete” (volksverhaal)

Skryf en aanbied

• ’n verslag skryf en aanbied

Taalstrukture en -konvensies

• • • • •

seker maak hoe hoofletters gebruik word met vraagwoorde en vraagsinne werk sinne met voegwoorde verbind afkortings, akronieme en verkortings gebruik sinstrukture, sinsoorte en die uitbreiding van sinne toepas • taal-in-konteksoefeninge doen oor: idiome en idiomatiese uitdrukkings, die direkte en indirekte rede, die verlede tyd, woordorde in sinne, sinonieme, antonieme en voegwoorde • die woordeskat van kontrakte leer ken (metataal) • jou algemene woordeskat uitbrei

3. Wakker loop!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 29

29

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Dialoog en ’n rolspel Wakker loop! is ’n idiomatiese uitdrukking. Dit beteken: wees versigtig. Pre-luister • Kyk na die prentjie. Kan jy raai wat hier gebeur? • Luister na die woordeskat. Dit sal jou help om die dialoog te verstaan.

W

beskerm: protect; beskut, keer dat iemand seerkry dringend: urgent; noodsaaklik, iets wat dadelik aandag vereis getuies: witnesses; iemand wat iets sien gebeur handtekening: signature; jou naam wat jy teken kontrak: contract, agreement; mondelinge of geskrewe ooreenkoms koper: buyer; iemand wat iets by iemand koop skuld: debt; geld wat jy nog moet betaal skyfies: chips/crisps; tjips, droë, bros aartappeltjips vergadering: meeting; mense wat saamkom en oor sake praat verkoper: seller; iemand wat iets aan iemand anders verkoop vertrou: trust; glo die ander persoon, glo iemand is eerlik (honest)

Tydens luister • Luister na die dialoog tussen David, die verkoper van die skyfies, en Danny, een van sy agente (die koper) wat die skyfies vir David gaan verkoop. Let op na die atmosfeer en toon tussen die twee seuns. • Rolspeel dan die dialoog (bl. 31) oor die mondelinge kontrak tussen David de Waal en Danny Daniels wat skeefgeloop het. Leerder 1 is David en leerder 2 is Danny. • Leef julle in die rolle in. Let op julle taalgebruik, stemtoon en liggaamstaal. Onthou, David is aggressief en Danny is uitdagend. • Julle rolspel moet so 4–6 minute neem.

30

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 30

Week 5 en 6

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Sonder ’n kontrak is daar probleme David: Môre, Danny. Danny: Môre, tjommie. Hoekom wil jy so dringend met my praat? David (aggressief): Danny, jy weet waaroor. Jy moet jou skuld aan my betaal! Danny (uitdagend): Skuld? Ek skuld jou mos niks nie! David: O nee, ou Danny. Ek het verlede Vrydag al vir jou twee bokse met 20 pakkies skyfies in elke boks gegee om te verkoop. Dis R5 per pakkie maal 40. Jy skuld my dus R200. Danny: Aikôna! Jy het vir my vyf pakkies tjips present gegee omdat ek verjaar het en niks van geld gepraat nie. David: Nou praat jy darem nonsens! Jy weet goed ek het jou gevra om een van my agente by die skool te wees en dat ek vir jou twee bokse vol skyfies gegee het om te verkoop. Dis twintig maal twee is gelyk aan veertig! Danny: Man, ek wéét ek het net vyf pakkies tjips van jou gekry. David: Hoor hierso! Jy sit nou met mý skyfies en mý geld wat jy al Vrydag vir my moes gegee het. Danny: Waar is jou getuies? Dit was net ek en jy daar. Ek het niks geteken dat ek iets vir jou sal verkoop nie. Ek skuld jou niks nie! My handtekening is nêrens nie! David: Jy wéét mos dit was ’n mondelinge ooreenkoms tussen my en jou. Ons is mos pêls. Waarom sou ons nou ’n formele kontrak op papier teken? Dit sou mos gelyk het ek vertrou jou nie … Danny: Ha, daar sê jy dit. Jy vertrou mý nie en jy lieg soos ’n vlieg. Jy los my nou uit of ek gaan die hoof vertel dat jy onwettig tjips hier by die skool verkoop. Ha, ha, ha, jy het nou jou tjips gehad! (Deur die skrywer)

Post-luister • Dink jy daar was regtig ’n kontrak of ooreenkoms tussen die twee? Gee ’n rede vir jou antwoord. • Watter fout het David de Waal begaan? • Wat, dink jy, het jy uit dié situasie geleer oor kontrakte? • Skommel die letters in die woorde. (woordeskat) Daar was ’n mondelinge a) trakkon tussen David en Danny. David weet daar was nie b) tuieges nie, maar hy het vir Danny as maat c) trourev.

3. Wakker loop!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 31

31

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Die verhaal van David de Waal Pre-lees • Voorspel wat in die gedig oor David de Waal gaan gebeur deur na die titel en prentjies te kyk. (Julle het mos die dialoog gelees!) Tydens lees • Lees die gedig hardop en met gevoel. • Let op die storie, wat die karakters doen en wat die oplossing is. Die verhaal van David de Waal Kom luister na die verhaal van David Diederik de Waal. Hy’t planne beraam, sonder om hom te skaam om geld soos bossies te maak. Hy’t alles verkoop wat hy kon: van ysies, tot lekkers aan stokkies, suurwurms, DVD’s, selfs sjokoladeblokkies. Ook skyfies en selfone, springmielies, toffies, oorfone, sherbet, lugtyd, lipsalf en wat nog al. Van al dié gekonkel was sy skooltasse só vol, dat hy altyd van die skoolhoof moes weghol! Toe kry hy agente, sy beste ou pêls, om pouses al dié goed te verkoop. Maar hul kul hom en deel sy skyfies uit en so is hy al sy profyt kwyt. Praat bly net praat, beloftes is leeg: David besluit om professioneel te wees; daarom teken hy en hulle nou kontrakte, sal hulle dan ooit weer kan lieg en bedrieg? Hy’t agent op agent wat nou vir hom werk, hy koop en verkoop, die sente word rande. David de Waal word baie vernaam, want hy’s nou ’n sakeman van faam! (Deur die skrywer)

32

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 32

Week 5 en 6

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

W

beraam ’n plan: make a plan; idiomaties om te sê jy maak ’n plan gekonkel: plot and scheme; knoei, ’n plan om geld te maak

hy’s: verkorting van hy is (informeel) hy’t: verkorting van hy het kwyt: lost; beroof van iets lugtyd: airtime; die tyd op jou selfoon

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Kies die regte woord: Dit is ’n (beskrywende/verhalende) gedig, want dit vertel ’n storie. 2. Wat is die hoofkarakter se naam? 3. Lees versreël 2: “van David Diederik de Waal” Vul in: Daar is assonansie (die herhaling van die lang _____), asook alliterasie (herhaling van die konsonante) van die _____. 4. Waarom het David so baie planne gemaak? 5. Haal die versreël aan waarin daar ’n vergelyking is. Ja, hy het nou 6. Met watter woorde rym “stokkies” en sakke vol geld, “vol”? want hy maak 7. Skryf dié versreël oor en onderstreep die geld soos bossies! alliterasie daarin: “suurwurms, DVD’s, selfs sjokoladeblokkies” 8. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer. David het net lekkergoed verkoop. 9. Wie het vir David gehelp om sy ware te verkoop? 10. Watter goeie plan het David beraam sodat almal geweet het wat hulle ontvang en hoeveel hulle betaal sal word? 11. Haal ’n reël aan wat ’n teenstelling in die gedig aandui. 12. Watter woord word herhaal om te wys daar was baie mense wat vir hom werk? 13. Bewys dat David goed geld gemaak het. Haal drie woorde aan. 14. Haal ’n versreël aan wat sê hy het ’n beroemde entrepreneur geword.

3. Wakker loop!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 33

33

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Hoofletters en idiome Hoofletters Eiename, vanne, tale en plekke word altyd met hoofletters geskryf, bv. David, Piet, Marais, (maar David de Waal), Russies, Italiaans, Afrika, Tshwane. 1.

2.

Skryf die paragraaf oor en skryf die hoofletters in waar nodig. die storie vertel van david en nie van piet nie. dit word in afrikaans en nie in engels vertel nie. ek wonder of die skoolhoof, mnr. du preez, nog kwaad is vir david. Voltooi die idiome of idiomatiese uitdrukkings. David het nou a) _____ vol geld, want hy maak b) _____ soos bossies.

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kontrak tussen ’n verkoper en ’n koper Pre-lees: Let goed op die woordeskat in geskrewe kontrakte.

W

bedrag: amount; hoeveel dit kos ID-nommer: identity number; identiteitsnommer kom ooreen/ooreengekom: agree; om saam te stem minderjarige: under age/minor; nog nie agtien jaar oud nie onderteken: sign; om jou handtekening onder aan ’n dokument te teken partye: parties; die twee mense wat die kontrak gaan teken voog: guardian; iemand wat ’n minderjarige kind versorg voorwaardes: conditions; iets wat nagekom moet word

34

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 34

Week 5 en 6

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Tydens lees: Lees die geskrewe kontrak en die wenke. ’n Kontrak 1. Die koper (agent): Danny Daniels Identiteitsnommer (ID): 9710300049085 2. Die verkoper: David de Waal Identiteitsnommer (ID): 9960929004085 3. Die partye kom ooreen dat die koper (agent) twee bokse skyfies ontvang. 4. Die bedrag vir die skyfies is R200. 5. Die partye kom ooreen dat die koper Vrydag 19 September 2014 R200 aan die verkoper sal betaal. 6. Indien die koper nie die pakkies skyfies verkoop nie, moet hy dit teruggee. Handtekening van Koper: Geteken op 12 September 2014 te Atlantis. Handtekening van Verkoper: Geteken op 12 September 2014 te Atlantis. Handtekening van voog (Getuie): Geteken op 12 September 2014 te Atlantis.

Belangrike wenke oor kontrakte • Lees elke kontrak wat jy teken versigtig deur voor jy dit onderteken. • Jou handtekening beteken jy verstaan wat in die kontrak staan. • As jy ’n kontrak geteken het, kan jy nie later sê dat jy dit nie verstaan het nie. • Altwee partye wat die kontrak teken, moet dit nakom. • Eintlik kan ’n minderjarige (jonger as 18) nog nie ’n kontrak sluit nie; daarom moet ’n voog (getuie) saam met jou teken. • ’n Kontrak word genommer sodat jy dit makliker kan lees.

(Deur skrywer saamgestel)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die leesstuk? 1. Pas die inligting in kolom B by die woorde in kolom A. Kolom A a) b) c) d)

2. 3. 4. 5. 6. 7.

verkoper koper (agent) bedrag vir skyfies identiteitsnommer

Kolom B i) ii) iii) iv)

9960929004085 Danny Daniels David de Waal R200

Tussen watter twee partye is die kontrak gesluit? Wat verkoop die verkoper aan die koper? Waaroor het die twee partye ooreengekom? Die datum waarop die kontrak onderteken is, is _____. Wanneer is jy gebind om die kontrak se instruksies te volg? Is die stelling waar of onwaar? Motiveer jou antwoord. Jy is vyftien jaar oud en mag nou al ’n kontrak teken.

3. Wakker loop!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 35

35

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Afkortings, akronieme, vraagsinne, woordeskat en samestellings • ’n Afkorting is ’n verkorte vorm van ’n woord: asb. (asseblief), Ma. (Maandag), Jan. (Januarie). • Terme soos c (sent) en R (rand) kry nooit punte nie. • ’n Akroniem word ook ’n letterwoord genoem en word as ’n woord uitgespreek, bv. NOKSA. 1. 2. 3.

4.

Skryf die afkortings uit. NOKSA Die kontrak is op a) (Vr.) 13 staan vir b) (Sept.) opgestel. Nasionale Kies die regte akroniem vir die Olimpiese Internasionale Sokkerfederasie. Komitee van Dis (FIFA/NOKSA/POLKOL). Suid-Afrika. Stel ’n vraag waarop die woorde in vet druk die antwoord is. a) Jou voog moet nou nog jou kontrak onderteken. b) Die koper en die verkoper moet die kontrak nakom. c) Julle moet die kontrak op 12 September 2014 teken. Gee elke keer een woord (woordeskat). a) Jy koop (buy) dan is jy die _____. b) Gee een woord vir: identiteit + nommer. c) Gebruik ook ’n woordeboek. Gee die Afrikaanse woord vir: My i) guardian moet die kontrak teken en seker maak dat ons ii) agreement korrek is. Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kontrak en ’n verslag Op bladsy 37 is daar ’n geskrewe kontrak tussen twee partye oor die verkoop van ’n selfoon. Lees eers die kontrak stil deur. Let op na die volgende dinge: die formaat en taalgebruik (kontraktaal) van die kontrak, en die formele taal (register) en konvensies van ’n kontrak. (Maak ook seker dat jy weet van hulpbronne in geval van dispuut.) Lees dit dan hardop aan ’n maat voor. (Dit is hoe ’n kontrak opgestel moet word; dit is bindend en niemand kan jou kul of bedrieg nie!)

36

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 36

Week 5 en 6

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

(Deur skrywer saamgestel)

Loop wakker! Moenie dat iemand jou ’n rat voor die oë draai nie. Dié twee idiome beteken: Hou altyd jou oë oop vir skelms wat jou wil kul of bedrieg. (Daarom moet jy kontrakte altyd goed lees en verstaan.)

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Verslag Pre-skryf • Jy is op die leerlingraad en moet ’n verslag aan die hoof skryf oor David en Danny se stryery, want hulle het toe oor die saak baklei. • Die dialoog op bladsy 31 en die gedig op bladsy 32 sal help. • Onthou, jy moet in die verslag sê wat jy uitgevind het. • Skryf ’n verslag van omtrent 140–160 woorde daaroor. 3. Wakker loop!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 37

37

2013/08/21 9:15 AM

Skryf en aanbied

Hoe moet ’n verslag geskryf word? 1. Gee ’n opskrif (titel). 2. Kort inleiding (oor die agtergrond van die stryery). 3. Beantwoord die volgende vrae in volledige sinne en brei uit (give more information). Gebruik dit as subopskrifte. • Tussen wie was die probleem of dispuut? • Waarom het die probleem ontstaan? • Waar het die probleem plaasgevind? • Wanneer het die stryery plaasgevind? • Wat het gebeur? 4. Skryf ’n slot wat alles saamvat en ’n aanbeveling (recommendation) insluit. 5. Onthou: • Die styl is formeel. • Skryf in die teenwoordige tyd en ook in die derde persoon. • Gee net die feite, nie jou mening nie. Skryf ’n konsep • Skryf ’n kopkaart van al jou inligting onder die opskrifte: Wie? Waarom? Waar? Wanneer? Wat? • Skryf jou eerste poging en let op jou spelling en woordeskat. • Is jou styl formeler as gewoonlik?

Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees jou verslag deeglik deur en probeer alle foute uitskakel. • Skryf die finale verslag netjies oor vir aanbieding.

38

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 38

Week 5 en 6

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede, vraagsinne Goed, maar dan moet ons eers die kontrak tussen ons invul.

Kan ek eers aan die einde van die maand betaal?

1

(Deur die skrywer)

Michelle, kyk na al die oulike goedjies wat jy by my kan koop.

Reg so. 2

Lees eers die strokiesprent. Doen daarna die taaloefeninge. 1. Skryf die sinne oor in die indirekte rede. a) Michelle sê: “Dis baie mooi.” (Onthou: Dis is Dit is.) b) Sy vra: “Hoeveel kos die selfoonplakkers?” 2. Skryf die sin oor in die direkte rede. Megan sê dat hulle eers ’n kontrak moet teken. Onthou

’n Vraagsin MOET met ’n vraagteken eindig. Die vraag

Wie (Who) verkoop oorfone? Wat (What) verkoop Megan?

3.

4. 5.

Die antwoord Megan Oorfone

Let op: Sy is ’n mens. Dit is dinge/goed.

Stel vrae waarop die vetgedrukte woorde die antwoorde is (vraagsinne), bv. Jy moet die kontrak teken. Wat moet jy teken? a) Daar is oorfone en haarversierings in die deksel. b) Megan verkoop gedurende die pouse selfoonbling. Begin die sin met die woord in vet druk (woordorde). Megan verkoop gedurende pouses haar goedjies. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies. a) Hulle teken ’n kontrak. Megan moet betaal word. (omdat) b) Michelle het nie nou geld nie. Sy betaal later. (daarom) 3. Wakker loop!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 39

39

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Koerantberig Pre-lees Vluglees die teks om ’n basiese idee daarvan te kry. 1. Lees die titel. 2. Lees die eerste paragraaf. 3. Lees die eerste sin van paragraaf 2, 3 en 4 en die slot. Tydens lees Lees nou die hele berig aandagtig.

Koebaai slegte gewoonte 1

Elkeen het ’n gewoonte wat iemand anders pla. Sielkundiges het die robottegniek gegee vir hoe om van slegte gewoontes ontslae te raak.

2

Jy moet weet watter slegte gewoonte jou lewe versuur. Dit irriteer jou byvoorbeeld dat jy jou naels kou.

3

Stel ’n plan op om die gewoonte stop te sit. Dink oor jou slegte gewoonte en wat jy gaan doen om daarmee op te hou.

4

Gaan voluit voort met jou plan. Moet nooit ophou en moed opgee nie. Dink aan ’n alternatief in die plek van die slegte gewoonte.

5

Deur te konsentreer op jou positiewe plan, kan jy tot siens sê aan jou slegte gewoonte.

(Verwerk uit: JIP, Die Burger, 30 Januarie 2012, bl. 4)

Post-lees: Vrae 1. Wat is die titel van die stuk? Gee die korrekte woord vir koebaai. 2. a) Noem die drie kleure wat gegee word. b) Waaraan laat die drie kleure jou dadelik dink? 3. Watter boodskap word in die eerste paragraaf gegee? 4. Hoe gaan jy die slegte gewoonte stopsit? 5. Hoe moet jy met jou plan aangaan? Gee twee woorde uit die groen lig. • Dink na: Watter drie stappe moet jy neem om die slegte gewoonte te breek?

40

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 40

Week 5 en 6

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

1

2

Paps, kan ons nie maar liewer ’n selfoonkontrak aangaan en ’n selfoon koop nie? Die landlynfoon is te ver!

3

(Deur die skrywer)

Taal in konteks: Sinstruktuur, direkte en indirekte rede

Voeg woorde by om ’n sin uit te brei. Die volgorde van sinstrukture in Afrikaans is tyd, wyse, plek. • Die telefoon lui. (Basissin) • Die telefoon lui nou. (Wanneer? – Tyd) • Die telefoon lui nou hard. (Hoe lui die telefoon? – Wyse) • Die telefoon lui nou hard in die kamer. (Waar? – Plek) 1.

Sê wat die onderwerp, voorwerp en gesegde in die volgende sin is (sinstruktuur): Die meisie se pa het ’n snor. Voorbeeld: Die pa koop ’n selfoon. onderwerp

2.

3. 4.

gesegde (werkwoord)

voorwerp

Beantwoord die vraag en maak die sin langer. (sinstruktuur) Die meisie hardloop. a) Die meisie hardloop ___. (Hoe hardloop sy?) b) Die ___ meisie hardloop ___. (Hoe lyk sy?) c) Die mooi meisie met ___ hardloop vinnig. (Wat dra sy?) d) Die mooi meisie met die jeans en ’n T-hemp hardloop ___ vinnig. (Wanneer hardloop sy?) e) Die mooi meisie met die jeans en ’n T-hemp hardloop nou vinnig ___ toe. (Waarheen hardloop sy?) Gee die indirekte rede. a) Die dogter vra: “Sal Pa nou vir my ’n selfoon koop?” b) Die pa sê: “Dit is ’n briljante plan.” Skryf die sin in die direkte rede. Die ma sê dat sy baie gelukkig is omdat hulle ’n selfoon gaan koop. 3. Wakker loop!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 41

41

2013/08/21 9:15 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening 1. 2.

Voltooi die idiome deur ’n woord in te vul. Skryf die sin uit. a) Hy het geld soos ___ gemaak. b) Hy het ’n goeie plan ___ om al sy skyfies te verkoop. Kies die regte woord uit die blokkie. (woordeskat in konteks) koper

3. 4. 5.

6.

7. 8.

identiteitsnommers partye op handtekeninge te koopsom paaiemente

Die koper, Palesa Mohapi, en die verkoper, Peter Smith, is die twee a) ___ in die kontrak. Die b) ___ sal R3 000 wees en die c) ___ moet die iPad aan die einde van die volgende maand in twee d) ___ afbetaal. Die e) _____ en die f) ___ van albei die koper en die verkoper verskyn op die kontrak wat g) ___ 2 Augustus h) ___ Polokwane geteken is. (8) Verbind die sinne eers met want, dan met omdat (voegwoorde). a) Danny kul vir David. Hulle het nie ’n geskrewe kontrak nie. b) David maak goed geld. Hy koop en verkoop baie goed. (4) Skryf die sinne oor en vul die hoofletters in waar nodig. a) ek het mnr. van der merwe gevra om my te help. b) sonder david de waal sou ek nie ’n fiets kon gekoop het nie. (4) Skryf die woorde tussen hakies oor in die regte woordorde (sinstruktuur). a) Ons het (in die klaskamer/’n kontrak/gister) opgestel. b) Môre (ek/sal/gee/vir hom/skyfies) om te verkoop. (2) Stel ’n vraag waarop die woorde in vet druk die antwoord is. a) Hy het gister ’n kontrak opgestel. b) Sy sal volgende week haar koopsom afbetaal. c) Hulle het die kontrak in Durban onderteken. (3) Skryf die sin oor in die indirekte rede. Die seun vra: “Wil jy regtig die fiets voetstoots koop?” (2) Pas die sinsoort in kolom B by die soort sin in kolom A. Kolom A

Kolom B

a) “Allawêreld, ek is trots op jou!” i) Vraagsin b) “Ek teken die kontrak.” ii) Stelsin c) Het jy regtig jou eie kontrak opgestel? iii) Uitroepsin

9.

42

(2)

Skryf die volgende afkorting en verkorting uit. a) mnr. b) hy’s

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 42

(3) (2) Totaal: 30

Week 5 en 6

2013/08/21 9:15 AM

4

Kook kos met kruie

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• oor ’n visuele teks praat • na ’n dialoog luister en vrae beantwoord • ’n onvoorbereide mondelinge aanbieding lewer

Lees en kyk: Begrip

• ’n dialoog in rolle lees en soekleesvrae daaroor beantwoord • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord • ’n kortverhaal vluglees en vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 12: “Die poel waarop daar nog nooit ’n rimpeling was nie” (volksverhaal) • Leesboek bl. 92: “Sproeireën” (gedig)

Letterkunde

Skryf en aanbied

• ’n verhalende of beskrywende opstel skryf • ’n opsomming van die gedig in drie reëls skryf

Taalstrukture en -konvensies

• • • • • •

werkwoorde in die verlede en toekomende tyd oorskryf direkte en indirekte rede korrek gebruik idiomatiese uitdrukkings in sinne voltooi afkortings en verkortings uitskryf tussen feite en menings onderskei woorde in die korrekte volgorde in enkelvoudige sinne oorskryf • taalfoute identifiseer en redigeer • woordeskat binne konteks aanleer

4. Kook kos met kruie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 43

43

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Visuele teks Pre-luister: Kyk na die prente van verskillende mense wat verskillende soorte kos maak. Lees die soorte kos hardop. Tydens luister: Sê wat julle op die prente sien. 1

2

4

44

5

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 44

3

6

Week 7 en 8

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Post-luister: Hoe goed verstaan jy die prente? Verdeel in groepe en voer die opdragte uit. Gesels met mekaar daaroor. 1. Maak ’n lys van al die disse wat gemaak word. 2. Vind uit wie in julle groep al van die kosse geëet het. Waar het jy die kosse geëet? Was dit in Suid-Afrika? 3. Watter boodskap word deur die prente oorgedra?

Luister en praat: ’n Dialoog Pre-luister Gesels in die klas oor al die kookprogramme en -kompetisies wat op die TV gewys word, soos Masterchef. Tydens luister Luister na die dialoog wat twee keer voorgelees gaan word. Jy kan aantekeninge maak terwyl jy luister. Die opskrif van die dialoog is: Die kookkompetisie. Post-luister Beantwoord die vrae skriftelik. 1. Waar ontmoet Salwa en Andiswa mekaar? 2. Waarom staan Salwa en Andiswa in ’n ry? 3. Noem TWEE dinge waaroor hulle gesels. 4. a) Het Salwa al vir ’n kompetisie ingeskryf? Motiveer. b) Hoe verskil die kompetisies van mekaar? 5. Wat dink alle ma’s van hul dogters? 6. Wat gaan Andiswa kook? 7. Wat gaan Salwa kook? 8. Waarom kook Andiswa en Salwa tradisionele kosse? 9. Wat beteken dit as jou “mond water” (idioom)? 10. Wat beteken die idioom “dit gaan voor die wind”?

4. Kook kos met kruie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 45

45

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Tydskrifartikel Pre-lees Beantwoord eers die soekleesvrae voordat julle die tydskriftartikel lees. 1. Soek die Engelse woorde (in die skuins letters) en skryf die Afrikaanse woorde daarvoor neer. 2. Hoeveel vraagsinne is daar in die artikel? Tydens lees Lees die tydskrifartikel hardop met gevoel.

Die beste en slegste van ’n braai Ek vertel vir julle ’n kort storie ... Ek is laas Sondag na ’n braai toe en vir die soveelste keer was die vleis droog, te gaar en gebrand. Braai is deel van ons kultuur. Stry? Van hoeveel lande weet jy wat nasionale braaidag het? Die meeste Suid-Afrikaners kan nie wag om elke nou en dan ’n braaitang in die hand te hê en ’n vleisie op die kole te gooi nie, of hoe? Ons is versot op die geur wat die kole aan ons vleis gee en amper almal word sommer van kleintyd af opgelei in braai-etiket. Waarom dan insist die meeste mense op well done-vleis? Dis hoe ek dink dit gebeur het – ’n Klomp boere het destyds almal om ’n braai gestaan en gesels ... Die kole was perfek – die vleis was omtrent net reg, die perfekte kleur aan die buitekant en nog sappig en pienk in die middel. Skielik hoor hulle die beeste bulk buite die kraal ... Die boere los die vleis net daar op die kole en hardloop ... Om ’n lang storie kort te maak, sort die boere die beeste uit, jaag hulle weer in die kraal en stap rustig terug na hul braai. Ongelukkig is die vleis nader aan kool as aan steak, maar die tye is swaar en die boere moes maar hulle well done-vleis eet – en daar hét jy dit – well done – vleis word deel van ons kultuur. So, ek wil officially ’n request aan alle braaiers maak. Waarom haal ons nie die vleis so ’n paar minute gouer van die kole af nie? Sodat daar nog sappige pienk in die middel is. (Deur Stefan Marais, sjef by Societi Bistro, Kaapstad)

Post-lees: Vrae • Hoe hou jy van jou steak as julle braai? Goed gaar, medium of half rou? • Is daar ’n ek- verteller of ’n derdepersoonsverteller aan die woord? • Wie, dink jy, vertel die storie?

46

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 46

Week 7 en 8

2013/08/21 9:15 AM

Luister en praat

Luister en praat oor kruie Verdeel in groepe en gesels oor die volgende stellings. 1. Kruie (herbs) is plante soos kruisement (mint), basilie (basil), tiemie (thyme) en vinkel (fennel). 2. Jy kan maklik self kruie plant. 3. Rooibostee word net in Suid-Afrika gekweek. 4. Knoffel (garlic) is lekker in kos. 5. Hulle maak parfuum van laventel (lavender). 6. ’n Mens gebruik kruie in jou kos sodat dit lekkerder smaak.

Luister en praat: ’n Onvoorbereide toespraak • Kies ’n onderwerp en lewer ’n mondelinge aanbieding: 1. Kruie kan ook medisyne wees 2. Rooibostee – trots Suid-Afrikaans 3. Kos bring mense bymekaar Beplanning • Organiseer jou inligting samehangend, as jy genoeg tyd het. • Jou praatjie behoort ’n inleiding, inhoud en slot te hê. • Gebruik die gepaste woordeskat en inligting wat jy al in die lesreeks gelees het. • Gebruik voorbeelde om jou toespraak interessant te maak. Aanbieding • Praat duidelik en maak oogkontak. • Jou praatjie moet kort en effektief wees.

4. Kook kos met kruie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 47

47

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig Pre-lees en tydens lees: Lees die gedig aandagtig deur en let op die kenmerke van die gedig. Rooibostee is Suid-Afrika se eie Gebruik tiemie saam met hoenderdye Vinkel opgekook keer die hoes – Saam met heuning sal jy ophou proes. Roosmaryn smaak heerlik saam met lamsboud En kruisement proe goed op roomys, ys, yskoud! Het jy al aan laventel geruik? Het jy al basiliekruid in sop gebruik? Kruie is lekker in baie kosse en dit werk soos medisyne. Kruie groei in berge en bosse, Maar in my tuin plant ek self myne. (Deur die skrywer)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Gee jou eie titel vir die gedig. 2. Maak ’n lys van die sewe kruie wat in die gedig genoem word. 3. Wat beteken dit dat rooibostee “eie” aan Suid-Afrika is? 4. Waarvoor help vinkel? 5. Haal ’n versreël uit die gedig aan wat bevestig dat kruie suksesvol in verskillende disse gebruik kan word. 6. Watter krui smaak lekker saam met nagereg? 7. Noem twee goed waarvoor kruie gebruik kan word. 8. Groei kruie net wild? Motiveer jou antwoord. 9. WAAR of ONWAAR: In die gedig is daar paarrym en kruisrym. Motiveer jou antwoord deur al die rymwoorde neer te skryf. 10. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? 11. Watter boodskap word deur die gedig oorgedra? Post-lees (vervolg): Maak ’n opsomming. Som die gedig in DRIE reëls op. (Daar is drie hoofgedagtes in die gedig.)

48

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 48

Week 7 en 8

2013/08/21 9:15 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal Pre-lees 1. Gesels oor jul gunstelingkos. Is daar iets spesiaals wat jou ma of jou ouma vir jou maak om te eet? Is daar ’n spesifieke manier waarop jou pa byvoorbeeld vleis braai of waarop jou ouma koekies bak? 2. Vluglees nou die kortverhaal deur net die onderstreepte gedeeltes te lees. Sê waaroor jy dink die leesstuk gaan.

Erfeniskos Vandat ek klein-kind was, het kos – my Ouma s’n – my gefassineer. Die reuk van haar kombuis – die stilte daar, maar ook die klanke van ’n kombuis, die reuk daarvan – was vir my soos ’n konsertsaal. Ek onthou in 1969 op die plaas, Dassieshoek – distrik Robertson, Ouma Nellie in die kombuis. Sy was ’n regte ouma, met die reuk van eau-de-cologne (as kinders het ons gevra waar kom die reuk vandaan – dan haal ouma die mooi botteltjie met die pers etiket uit en sê trots: “Oupa het dit by KWV gekoop vir my.” KWV was vreeslik grênd in dié jare). Ouma het haar eie brood gebak, groot witbrode met bruin korse, dan sny Ouma dik snye af. Saam met die brood smeer ons plaas-se-botter en Ouma se snipper-perskekonfyt daarop. Wanneer Oupa Koot van die lande kom, sit hy by die kombuistafel vir sy brêkfis. Sy hoed met die tarentaalveertjie lê langs hom, Kelpie, die skaaphond aan sy voete en Ouma Nellie skink vir hom koffie. Oupa skink die koffie met suiker gemeng in sy piering. Dan neem hy die piering na sy mond op drie vingers en vat klein slukkies terwyl hy blaasblaas met elke sluk. Hy eet dan van die brood wat Ouma vir hom gesny het en laat vir Kelpie wat heeltyd opkyk, stukkies val. Ouma bak dan plaaseiers in botter, skep die gesmelte botter oor die eiers soos dit stadig in die pan bak. Ouma gooi sout en fyn witpeper oor en dan eet Oupa dit saam met plaaswors wat Ouma vroeër al klaargemaak het. Ouma sê Oupa moet goed eet, want die dag is lank en Oupa het krag nodig. 4. Kook kos met kruie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 49

49

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Na Oupa sy loop vat, het Ouma aan die kook gegaan. Elke weeksdag was dit amper dieselfde kos. Ouma het haar skaaptjops in botter saam met aartappels gebak. Al geursel was sout, witpeper en naeltjies (cloves). Saam met die aansitkos was daar soetwortels uit die tuin, versoet met die dorp se witsuiker, rys vir die vleis se sous en KOO se ingemaakte ertjies. KOO se fabriek was anderkant Robertson net voor Ashton. Dit was grênd in dié dae om Koo-ertjies te eet en Sondae “canfruit” met vla en room. Ek het altyd die kersies uitgesoek, dit eenkant van die bord geskuif en heel-heel laaste die kersie op my tong se punt gesit – die soet stadig daaruit gesuig, totdat dit heeltemal verdwyn het. Daardie tyd het Mina vir Ouma gehelp. Dit was in die huisie met die twee slaapkamers, bo die gronddam, onder die bloekombome, langs die proteas op die plaas met die naam Dassieshoek. Niël Stemmet (Aangepas en verkort uit: Sout en Peper, LAPA Uitgewers, 2010)

Tydens lees: Lees nou die hele verhaal en beantwoord die vrae. Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal? 1. Wie is die verteller in die kortverhaal? 2. Waar speel die gebeure in die kortverhaal af? 3. Kies die korrekte woord: Die gebeure in die kortverhaal speel in die (verlede/toekoms) af. 4. Skryf TWEE eienskappe van die karakters, Oupa en Ouma, neer wat jy uit die kortverhaal kan aflei. 5. Wat is die tema van die kortverhaal? 6. Die volgende afkortings kom in resepte voor. Skryf dit uit. a) g d) l b) kg e) t. c) ml f) temp. 7. Sê of die volgende feite of menings is. a) Die plaas waar die verteller by sy ouma en oupa gekuier het, se ’n Feit (fact) is iets naam is Dassieshoek. wat waar is, want dit het b) Die verteller se ouma se kos is die so gebeur. ’n Mening is lekkerste in die hele distrik van ’n opinie, dis wat iemand Robertson.

oor iets dink of voel, dis nie noodwendig waar nie.

50

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 50

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Werkwoorde • ’n Werkwoord dui die aksie in die sin aan. • ’n Enkelvoudige sin het EEN werkwoorddeel. 1.

Soek die werkwoorde in die volgende sinne. Skryf hulle neer. a) Ouma sny die kruie met ’n mes. b) Sy het pietersielie in die bredie gegooi. c) Sy knip ’n resep uit die tydskrif. d) Ouma sal tiemie in die tuin plant. • Hulpwerkwoorde help om die tyd van die sin aan te dui. • het + ge- + werkwoord = verlede tyd (Werkwoorde wat begin met be-, ge-, her-, er-, ont-, ver- kry NIE ’n ge- in die verlede tyd NIE.) Gebruik het + ge- in die verlede tyd. • sal + werkwoord = toekomende tyd Gebruik sal in die toekomende tyd.

2.

Skryf die sinne in die verlede tyd en in die toekomende tyd. a) Oupa plant laventel in die tuin. Hy het ... Hy sal ... b) Die kleinseun onthou die kos uit sy ouma se kombuis. c) Sy vergeet die knoffel. d) Sy kerf die boontjies met ’n skerp mes. Onthou

3.

4.

• Sommige werkwoorde is skeibaar. • In die teenwoordige tyd is die twee deeltjies geskei en omgeruil, bv. skep ... in; in die verlede tyd word dit verbind met -ge-, bv. in + skep word ingeskep.

Skryf die sinne in die verlede tyd en in die toekomende tyd. a) Sy gooi ’n knippie sout in. Sy het ... Sy sal ... b) Sy skeur die resep uit. c) Sy knip ’n kruieblaar af. Skryf die woorde in die korrekte volgorde om ’n enkelvoudige sin te maak (woordorde). a) Sy (die uie) (sny) (’n skerp mes) (met). b) Hy (twaalf) (bak) (in ’n uur) (pannekoeke). c) Die kok (tiemie) (in die tuin) (soggens) (pluk). d) Sy (vinnig) (kook) (heerlike sop) (op die stoof). 4. Kook kos met kruie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 51

51

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede en idiomatiese uitdrukkings • Die direkte rede is die woorde wat iemand sê. Die woorde staan in aanhalingstekens. • Die indirekte rede is NIE in aanhalingstekens NIE. • Die voornaamwoorde verander na die derde persoon. Ek word sy en haar as dit ’n meisie is. Ek word hy en sy as dit ’n seun is. • ’n Stelsin gebruik dat. • ’n Vraagsin gebruik of. • Bywoorde van tyd en plek verander: hier – daar hiernatoe – daarnatoe vandag – daardie dag gister – die vorige dag môre – die volgende dag Die vrou sê: “Ek bak vandag ’n koek met laventelgeursel.” Dit verander so: Die vrou sê dat sy daardie dag ’n koek met laventelgeursel bak. 1.

2.

Kyk wat alles verander as die sin in die indirekte rede oorgeskryf word.

Skryf die sinne in die indirekte rede. a) Die man vra: “Het die kok peper in die kos gegooi?” Het jy geweet? b) Die kok sê: “Ek gebruik nie ’n stomp As ’n mens sê: mes nie.” Iemand se taal is c) Die man sê: “Die lemoen sal môre nog gekrui, beteken dit bitter smaak.” hy of sy gebruik d) Sy sê: “Ek skei die eierwit en die vloekwoorde. eiergeel.” e) Hy vra: “Kan ek hierdie komkommer rasper?” Voltooi die idiome deur die korrekte woord uit die blokkie te kies. meel

pap

a) As die muis dik is, is die ______ bitter: beteken as jy genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie. b) As dit _____ reën, moet jy skep: beteken jy moet van goeie geleenthede gebruik maak.

52

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 52

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf: ’n Verhalende of beskrywende opstel

Formele assessering

Kies een van die volgende onderwerpe en skryf ’n verhalende of beskrywende opstel van 210–250 woorde: • Die dag toe Ma siek is en ek moet kosmaak • My eerste besoek aan ’n restaurant • As Pa begin vleis braai ... Pre-skryf • Kies een van die onderwerpe. • Maak ’n kopkaart met ’n paar gedagtes wat jou storie kan vorm terwyl jy beplan. • Maak ’n lys gepaste woorde wat jy in jou opstel kan gebruik. • Dink aan ’n treffende openingsin. • Dink hoe jou storie gaan eindig (die slot). Skryf ’n konsep • Skryf die sinne in logiese volgorde, in paragrawe wat logies skakel. • Gebruik die verlede tyd om jou storie te vertel (verhalende opstel). Dit moet ’n goeie storielyn hê. • Gebruik beskrywende woorde (in die beskrywende opstel) om ’n prentjie te skep. • Gee ’n titel vir jou opstel. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Volg jou sinne logies op mekaar? • Bevat elke paragraaf ’n hoofgedagte? • Het jy ’n treffende inleiding geskryf? • Het jy ’n ongewone einde gebruik? • Het jy jou werk gelees? • Het jy gesoek vir spelfoute en ’n woordeboek gebruik? • Het jou opstel ’n titel? • Is jou werk netjies?

Totaal: 20

Woorde wat jy kan gebruik bestanddele (ingredients)) klits (beat) sny (cut) gooi (pour) bak (bake) spyskaart (menu) kok (chef)

metode (method) method method) roer (stir) prut (simmer) kook (boil ) braai (fry) kelner (waiter))

4. Kook kos met kruie

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 53

53

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening 1.

2.

3.

4.

Skryf die sinne eers in die verlede tyd, en dan in die toekomende tyd. a) Salwa en Andiswa skryf vir ’n kookkompetisie in. b) Salwa kook vissop. c) Andiswa maak paptert. d) Ouma skink Oupa se koffie in. e) Die kleinseun onthou sy ouma se lekker kos. f) Hy vergeet dit nooit nie. (6) Skryf die sinne in die indirekte rede. a) Oupa sê: “Die kos is baie lekker.” b) Die kleinseun sê: “Ek hou baie van suiker in my koffie.” c) Ouma vra: “Het jy lekker geëet?” d) Andiswa vra vir Salwa: “Gooi jy kruie in jou vissop?” e) Salwa sê: “Ek gooi ’n bietjie kerrie in my vissop.” f) Die twee meisies sê: “Ons het nou so lekker gesels.” (6) Skryf die woorde in die korrekte volgorde om ’n enkelvoudige sin te maak. a) Sy (vir die kinders) (elke dag) (maak) (toebroodjies). b) Hy (in die tuin) (braai) (Saterdae). c) Sy (die lamsboud) (versigtig) (in die oond) (sit). (3) Kies die beleefde antwoorde uit die blokkie. a) Wil jy koffie hê? b) Hier is jou bord kos. c) Dankie dat jy my gehelp het. (3) Dankie.

5.

54

Dis ’n plesier.

Ja, asseblief.

Verbeter die taalfoute (remediëring). (Die foute is in vet druk.) Ek ken van ’n meisie wie heerlike kos kan kook. Sy dink sy eie resepte uit en tower dan met sy kos. Sy weet al die resepte, omdat sy het dit by sy ouma geleer het. (7) Totaal: 25

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 54

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

5

Jou eie mense

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• • • •

Lees en kyk: Begrip

• ’n koerantberig lees en vrae oor die inhoud en kenmerke daarvan beantwoord • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 50: “Die dae van die rooi vlieër” (storie) • Leesboek bl. 75: “’n Pa vir Saterdag” (storie)

Letterkunde

aan ’n klasgesprek deelneem ’n onderwerp in groepe bespreek na ’n berig luister en vrae daaroor beantwoord ’n mondelinge aanbieding lewer

Skryf en aanbied

• ’n paragraaf skryf • ’n artikel skryf

Taalstrukture en -konvensies

• • • • • • • • • • •

oefen om voornaamwoorde reg te gebruik met register werk jou woordeskat uitbrei oefen om tye reg te gebruik sinsdele in die regte orde plaas met afkappingstekens, aanhalingstekens en ander skryf- en leestekens werk met idiome werk met letterlike en figuurlike betekenis werk met alliterasie, assonansie en personifikasie werk saamgestelde sinne vorm met vraagsinne werk

5. Jou eie mense

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 55

55

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Klasgesprek oor gesinne en families Regoor die wêreld is daar verskillende soorte gesinne: party kinders bly saam met een ouer (net by hulle pa of ma), party kinders woon saam met baie familielede in een huis, ander kinders woon by albei ouers, party kinders het nie meer ouers nie en bly by familie of in ’n weeshuis (orphanage). Kyk na die foto’s en praat oor die verskillende gesinne.

Luister en praat: ’n Groepbespreking Verdeel in groepe van vier. Gesels oor julle gesinne (julle pa’s, ma’s, broers of susters) of oor julle families (julle oupas en oumas, ooms en tannies, neefs en niggies).

56

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 56

Week 9 en 10

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Hier is vrae om te help: • Hoeveel broers en susters het jy? • By wie bly jy? By jou ouers, jou ouma en oupa, of dalk iemand anders? • Bly jou ouma of enige ander familielid by julle? • Wat doen julle as gesin of familie saam? • Voel jy soms nader aan sommige familielede as aan ander?

Skryf en aanbied: ’n Paragraaf

Skryf en aanbied

Skryf ’n paragraaf oor jou gesin. Jou paragraaf moet uit ’n kernsin (topic sentence) en sewe of agt ondersteunende sinne (supporting sentences) bestaan. Beplan dit logies, skryf die konsep. Redigeer dit en herskryf dit vir aanbieding.

5. Jou eie mense

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 57

57

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede Pre-luister Wanneer is ’n gesin gelukkig, dink jy? Gesels daaroor. Tydens luister • Luister terwyl ’n koerantberig die eerste keer voorgelees word. • Lees die lys woorde en die vrae hieronder aandagtig deur. • Luister na ’n tweede voorlesing van die teks en maak aantekeninge oor die antwoorde vir die vrae. Post-luister Beantwoord die onderstaande vrae. 1. Watter twee woorde in die opskrif sê waaroor die berig handel? 2. In ’n koerantberig word belangrike inligting gewoonlik heel aan die begin gegee. Watter inligting kry ons aan die begin van hierdie berig? 3. Met hoeveel tieners is daar onderhoude gevoer? 4. Skryf die ontbrekende woord neer: Temba Peyi sê ouers moet daarvan ____ om kinders in die huis te hê. 5. Wat is ’n goeie plan as ouers en kinders elke dag tyd saam wil deurbring, volgens Chantal? 6. Skryf die ontbrekende woord neer: Volgens Sarah sal ons land ’n positiewe toekoms hê as ons van jongs af leer om ____ vir ander mense te toon. 7. Noem een rede waarom Johan dink kinders moet hul probleme met hul ouers bespreek. 8. Skryf die ontbrekende woord neer: Die laaste paragraaf som die berig op deur te sê dat ____ die sleutel tot ’n gelukkige gesin is. 9. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Die berig sê net wat ouers moet doen om ’n gesin gelukkig te maak. 10. Watter een van die volgende woorde beskryf die berig se toon en taalgebruik die beste, dink jy? informeel, formeel, informatief

W

navorsing: research; ’n studie om meer oor iets uit te vind onderhoud: interview; ’n gesprek waarin vrae aan iemand gestel word om inligting te kry

58

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 58

Week 9 en 10

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voornaamwoorde (persoonlik en besitlik) en register Leer die voornaamwoorde (pronouns) en voer die opdragte uit. Persoonlike voornaamwoorde

Ek lees ’n boek. Sy lees ’n boek. Hy lees ’n boek. Ons lees ’n boek. Julle lees ’n boek. Hulle lees ’n boek.

Onthou

1.

Besitlike voornaamwoorde

Dit is my boek; die boek is myne. Dit is haar boek; die boek is hare. Dit is sy boek; die boek is syne. Dit is ons boek; die boek is ons s’n. Dit is julle boek; die boek is julle s’n. Dit is hulle boek; die boek is hulle s’n.

• Dit is ook ’n voornaamwoord, bv. Dit is ’n boek. • Die woord dis beteken dit is.

Herskryf Chantal se woorde asof jy dit aan iemand anders oorvertel. Vul die regte voornaamwoorde in. Chantal sê in (a. ____ ) huis is dit belangrik dat (b. ____ ) saam eet. Dan bestee (c. ____ ), (d. ____ ) broers en (e. ____ ) ouers tyd saam.

2.

Herskryf Johan se woorde deur die regte voornaamwoorde in te vul. Johan sê (a. ____ ) dink (b. ____ ) ouers kan vir (c. ____ ) raad gee oor hoe om probleme te hanteer. Dis goed as (d. ____ ) ma weet wanneer (e. ____ ) deur ’n moeilike tyd gaan.

In ons huis is dit belangrik dat ons saam eet. Dan bestee ek, my broers en my ouers tyd saam. Ek dink ons ouers kan vir ons raad gee oor hoe om probleme te hanteer. Dis goed as my ma weet wanneer ek deur ’n moeilike tyd gaan.

Register verwys na hoe formeel of informeel ’n mens praat of skryf. In formele situasies en vir respek gebruik ’n mens die voornaamwoord u in die plek van jy en julle, byvoorbeeld: • “Is dit u boek, Mevrou?” • “Stem u saam, Dames en Here?” 5. Jou eie mense

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 59

59

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Koerantberig Pre-lees: Kyk na die titel en voorspel wat in die berig staan. Tydens lees: Lees die berig aandagtig deur.

Oumas gee om Om meer agter te kom oor hoe oumas hul rol in hul gesinne en families sien, het Nicky Naudé met ’n paar oumas gaan gesels. 2 Oumas speel ’n groot rol in baie families – hulle gee tyd, hulle gee raad en hulle gee liefde. 3 Ouma Rasheeda Parker woon saam met haar dogter Elisabeth en haar drie kleinkinders teen die hang van die berg in Ocean View. Elisabeth werk bedags en die twee oudste kinders is op skool. “Klein Abie is die appel van my oog,” sê ouma Rasheeda. “Wanneer my dogter en die twee oudste kinders bedags uit is, is dit net ek en Abie hier. Ek trek hom aan, versorg hom, en hy gee vir my hande vol liefde.” 4 Sal ouma Rasheeda nie liewer op haar eie wil woon nie? “Nee, ek en Elisabeth en die drie kinders is ’n gesin. Ons hoort saam.” 5 Ouma Thembisa Witbooi woon alleen in ’n huisie in Masiphumelele naby Vishoek, waar sy vyf dae van die week werk. Sy kom van Humansdorp in die Oos-Kaap en dit is waar haar kinders en kleinkinders woon. Hoe gereeld sien sy haar familie? “Ek sien hulle elke Desember as ek vir ’n maand huis toe gaan. Dit is die kosbaarste 30 dae van my jaar,” sê ouma Thembisa. “Ek koop vir die kinders nuwe skoene en klere hier in die Kaap en neem dit dan op die bus saam met my wanneer ek huis toe gaan.” 6 Sal ouma Thembisa graag naby haar kinders en kleinkinders wil woon? “Ek kan nie wag tot ek aftree nie, want dan sal ek na aan my mense kan wees.” 7 Ouma Brenda Gibson van Kommetjie is baie bly dat haar twee getroude dogters naby haar woon. “Ek en oupa John sal verstaan as die kinders se werk hulle na ’n ander plek moet neem, maar dis vir ons almal lekker om net in die motor te kan spring en binne tien minute by mekaar te kan wees.” 8 En wat van die kleinkinders? “My oudste dogter se kinders is op hoërskool, en hulle hou daarvan om oor naweke hiernatoe te kom. Dan bring hulle hul branderplanke saam en ons sien hulle net vir ontbyt en vir aandete! Heerlik! Klein Katy, wat nou vier is, word gereeld hier afgelaai as haar ma weg van die huis af moet werk. Sy is te dierbaar. Sy help my met tuinwerk en ken nou al baie van die blomme se name! Sy’s my slim kind!” 9 Ja, oumas is beslis belangrik in baie mense se lewens! (Uit: Suid-Skiereiland Nuus, Maart 2012) 1

60

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 60

Week 9 en 10

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

W

branderplank: surfboard; plank waarmee ’n mens op die branders in die see ry raad: advice; iets wat jou kan help om ’n probleem op te los

Formele Post-lees: Hoe goed verstaan jy die koerantberig? assessering 1. Wat gee oumas alles vir hul families? Haal drie afsonderlike woorde uit paragraaf 2 aan. (3) 2. Trek die tabel in jou boek oor en vul die inligting oor elke ouma in. (6)

Ouma Rasheeda

Ouma Thembisa

Ouma Brenda

Op watter plek woon sy? Saam met wie woon sy?

3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10. 11. 12. 13.

Wie is Abie? (1) Is die volgende stelling waar of onwaar? Haal ’n sin aan om jou antwoord te staaf. Ouma Rasheeda is baie lief vir Abie. (2) Wat bedoel ouma Rasheeda wanneer sy sê “Hy gee vir my hande vol liefde”? (1) Haal ’n sin aan wat wys ouma Rasheeda wil graag by haar dogter woon. (1) Wil ouma Thembisa in Masiphumelele woon? Verduidelik. (2) Hoe lank elke jaar sien ouma Thembisa haar kinders? (1) Op watter manier help ouma Thembisa haar kleinkinders? (2) Skryf die ontbrekende woord neer: Ouma Thembisa gaan weer naby haar kinders en kleinkinders woon wanneer sy ____. (1) Hoe lank neem dit vir ouma Brenda se dogters om na hulle ma te ry? (1) Verduidelik waarom ouma Brenda se kleinkinders graag by haar kom kuier. (2) Haal ’n sin aan wat wys ouma Brenda is: a) trots op Katy b) baie lief vir Katy. (2) Totaal: 25

5. Jou eie mense

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 61

61

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Praat: ’n Mondelinge aanbieding oor ’n artikel Jy gaan ’n praatjie lewer oor ’n artikel wat jy gelees het. Jy kan oor die artikel oor oumas op bladsy 60 praat of jy kan ’n ander artikel kies. Die artikel wat jy kies, moet by die tema van “Jou eie mense” pas. Jou praatjie moet twee tot drie minute lank wees. Beplanning, navorsing en organisering • Besluit oor watter artikel jy ’n praatjie gaan lewer. • Beplan wat jy aan die begin, in die middel en aan die einde van jou praatjie gaan sê. – Begin: Sê wat die titel van die artikel is. – Middel: Vertel waaroor die artikel handel. – Einde: Sê of jy van die artikel gehou het en waarom. • Organiseer jou idees in ’n logiese volgorde. • Skryf jou praatjie uit en oefen om dit te lewer. Voorbereiding en aanbieding • Spreek woorde duidelik uit en praat hard genoeg. • Maak oogkontak met jou gehoor. • Praat soms vinniger, soms stadiger. • Gebruik pouses om jou woorde te laat insink. • Maak seker jou styl en taalgebruik pas by die doel van jou praatjie. • Jy kan soms gebare (gestures) gebruik om jou woorde te beklemtoon, maar moenie dit oordoen nie. Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Tye en woordorde in enkelvoudige sinne 1.

2.

3.

62

Skryf die sinne in die teenwoordige tyd. a) Die hele familie het my verjaardag gevier. b) Ons sal gedurende die vakansie by my ouma gaan kuier. Skryf die sinne in die verlede tyd. a) Ek het my ouma se telefoonnommer. b) Sy is altyd baie vriendelik. c) Ons wil by haar gaan kuier. Skryf die woorde in die regte volgorde neer. a) Ek (nou) (gaan) (winkel toe) (gou). b) Ons (my ouma se verjaardag) (môre) (vier).

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 62

Lees die inligting oor tye op bladsy 249 tot 252.

Week 9 en 10

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Af kappingstekens en aanhalingstekens ’n Afkappingsteken is ’n skryfteken en word gebruik: • in die meervoud en verkleinwoord van woorde wat op i, o, u en ’n beklemtoonde a eindig, bv. ski’s, ski’tjie; ’tjie; foto’s, foto’tjie; skadu’s, skadu’tjie; ma’s, pa’tjie maar:: oumas, oupas, babas (sonder ’n afkappingsteken). • as ’n deel van ’n woord in ’n verkorting weggelaat word, bv. Ouma Brenda sê: “Sy’s (sy is) dierbaar!” ’n Aanhalingsteken is ’n leesteken. Gebruik dit so: • voor en na iemand se direkte woorde, bv. Ouma Rasheeda sê: “Klein Abie is die appel van my oog.” • by ’n aanhaling, bv. Ouma Brenda sê Katy is “dierbaar”. dierbaar”



domino – domino’s

Vul afkappingstekens en aanhalingstekens in. 1. Ouma Thembisa sê: Ek kan nie wag tot ek aftree nie. 2. Klein Abie weet hys gelukkig om so ’n liewe ouma te hê. 3. Ouma Brenda sê haar kleinkind is ’n slim kind. 4. Sys dierbaar, sê ouma Brenda. 5. Daar is taxis waarmee die kinders en hul mas en pas kan ry.

Taal in konteks: Skryftekens en spelling 1.

2.

Skryf die sinne oor met die nodige kappies, deeltekens, koppeltekens, afkappingstekens en aksenttekens. a) Hierdie fotos het in ’n koerant in KwaZuluNatal verskyn. b) ’n Leerder in die graad 9 klas is die beste in Suid Afrika. c) Terwyl dit reen, sit die voels op ’n tak in die eikeboom. d) Ons het genoeg geeet, ne? e) Die dogter dink haar ma hulle is die beste ouers in die wereld. Kies die korrekte woord tussen hakies. a) Ouma Rasheeda (sê/se) sy hoort by haar dogter. b) Elisabeth weet haar ma (spieël/speel) ’n groot rol in haar lewe. c) Ouma Thembisa werk vyf (dae/daë) ’n week. d) Katy se (oumas/ouma’s) en (oupas/oupa’s) is trots op haar. e) Ouma Brenda (hêt/het) nog altyd plante liefgehad.

5. Jou eie mense

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 63

63

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Werkende vrou Pre-lees: Verdeel in groepies van twee en gesels oor die volgende vrae: • Watter werk wil jy eendag doen? • Wil jy ’n gesin hê? Hoeveel kinders sal jy graag wil hê? • Hoe gaan jy ’n balans hou tussen jou gesin en jou werk? • Dink jy dit is moeiliker vir vroue as vir mans om te werk en ’n gesin te hê? Tydens lees: Julle gaan ’n gedig lees oor ’n vrou wat haar hele lewe lank werk en uiteindelik voel dat sy haar gesin afgeskeep (neglected) het. Sy besef dat sy eintlik nie genoeg tyd aan haar man en kind bestee het nie. Werkende vrou ek het die son gegroet, my huis, my man , die lug se voëls; my kind getroos: toe maar Mammie sal nounou weer kom; met my koplamp en ’n toebroodjieblik vir ’n dagskof afgedaal in die skag en toe ek na halfvyf weer uit die hysbak klim was my kind al groot, my man was grys en die swaels het reeds vertrek met die jaar se somervlug Eveleen Castelyn (Uit: Tussen hemel en aarde, Human & Rousseau, 1978)

Onthou, die vrou het nie regtig in ’n myn gewerk nie; in strofe 2 vergelyk sy net haar werk met dié van ’n mynwerker. 64

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 64

’n Verduideliking Strofe 1: Die spreker in die gedig is ’n vrou, ’n ma, wat werk. Sy gaan soggens as die son opkom uit haar huis uit om te gaan werk. Sy sien die somervoëls in die lug. (Die verwysing na die somer beteken die vrou is nog jonk.) Sy groet haar man en troos haar kind en sê dat sy nie lank weg sal wees nie. Strofe 2: Die vrou vergelyk haar daaglikse werk met dié van ’n mynwerker wat onder die grond werk. ’n Mynwerker dra gewoonlik ’n koplamp sodat hy in die donker kan sien. Hy neem sy kos vir die dag in ’n toebroodjieblik saam. Hy gaan met ’n skag in die myn af om vir die hele dag onder die grond te werk. Strofe 3: Die spreker sê dat sy aan die einde van die werksdag huis toe gaan. (Hierdie dag verwys na die vrou se lewe.) Sy besef skielik: haar kind het intussen grootgeword, haar man het oud geword en grys hare gekry en die swaeltjies wat somervoëls is, het reeds na warmer lande vertrek; die somer is verby en die winter van haar lewe het aangebreek – dit beteken sy het ook intussen oud geword.

Week 9 en 10

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

W

troos: comfort, console; om iemand se hartseer minder pynlik te maak koplamp: headlamp; ’n lamp wat mynwerkers aan hulle koppe dra toebroodjieblik: lunch box; houer waarin broodjies of ander kos gepak word dagskof: day shift; werktyd gedurende die dag afgedaal: went down, descended; afgegaan skag: shaft; ’n uitgrawing in ’n myn waarin ’n hysbak op en af kan ry swaels: swallows; swaeltjies, voëls wat in die herfs na warm lande toe vlieg somervlug: summer flight; vlug van swaeltjies na warmer lande

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Hoe weet ons dat dit vroeg in die dag is wat die werkende vrou haar huis verlaat? Haal een versreël uit strofe 1 aan. 2. Hoe weet ons dat die kind aan die begin van die gedig nog jonk is? 3. Noem vyf dinge wat die vrou groet voordat sy werk toe gaan. 4. Skryf die ma se trooswoorde aan haar kind neer. 5. Haal vier afsonderlike woorde in strofe 2 aan wat na ’n mynwerker se wêreld verwys. 6. Dink jy die werkende vrou is ’n mynwerker? Hoekom sê jy so? 7. Drie van die antwoorde voltooi die volgende vraag korrek: Tot hoe laat werk die vrou elke dag? Watter antwoord is nie korrek nie? a) 16:30 c) halfvyf b) 17:30 d) 4.30 nm. 8. Skryf die laaste reël neer en onderstreep die alliterasie daarin. 9. Voltooi die sin deur somer en winter op die regte plek in te vul. In die (a. ___ ) van die vrou se lewe, as sy nog jonk is, gaan sy werk en groet sy haar gesin by die huis. In die (b. ___ ) van haar lewe kom sy na ’n leeftyd van werk terug en sy besef sy en haar man het oud geword en haar kind het intussen grootgeword. 10. Som elke strofe in die gedig in een sin op. 11. Watter woorde word in die eerste en die laaste strofe herhaal? 12. Hoe laat die gedig jou voel? 13. Watter sin som die gedig die beste op? Kies die regte antwoord. a) Die werkende vrou het haar lewe lank met ’n koplamp in ’n myn gewerk en elke dag getrou werk toe gegaan. b) Alhoewel die vrou haar hele lewe lank gewerk het om haar gesin te help, besef sy dat haar gesinslewe by haar verbygegaan het.

5. Jou eie mense

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 65

65

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Artikel Skryf ’n artikel oor ’n interessante mens of interessante mense in jou gesin of familie. Jou artikel moet 140 tot 160 woorde lank wees. Pre-skryf Lees die onderstaande kenmerke van en wenke vir die skryf van ’n artikel. • ’n Artikel handel oor ’n interessante onderwerp of ’n interessante gebeurtenis wat plaasgevind het. • ’n Artikel het ’n treffende titel. • ’n Artikel bestaan uit ’n begin, middel en einde. • Die inleidende paragraaf lei die gebeure in ’n sin of twee in. • Die paragrawe in die liggaam van die artikel brei uit op die inleiding. • Name, plekke, tye en ander besonderhede moet ingesluit word. • Haal mense direk aan, indien gepas. • Die taal en styl moet by die doel pas. • Inligting moet duidelik en logies geskryf word. • Prente of foto’s kan ingesluit word om die artikel interessant te maak. • ’n Treffende slot vat alles saam. • Maak seker jy verstaan die opdrag. • Lees weer die artikel op bladsy 60 en kyk na die struktuur daarvan. • Gebruik ’n kopkaart om jou artikel te beplan. Skryf ’n konsep • Gebruik jou beplanning en skryf die eerste weergawe van jou artikel. • Maak seker dat jy die riglyne (guidelines) hierbo volg. • Skryf die korrekte lengte (140 tot 160 woorde). • Gebruik die regte styl, toon en register.

Kies ’n gepaste titel!

Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees deur jou artikel en verander alles waarmee jy nie tevrede is nie. • Skryf jou artikel netjies oor en maak seker dat die lengte reg is. • Lees weer deur jou artikel en sorg dat alles korrek en netjies is.

66

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 66

Week 9 en 10

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voornaamwoorde (vraend en aanwysend) Begin ’n vraagsin met ’n vraende voornaamwoord: • Wie ken my ouma? • Wat weet jy van haar? Aanwysende voornaamwoorde is woorde soos “hierdie” en “daardie” in sinne soos: • Hierdie familie van my is baie interessant. • Was jy al in daardie mense se huis? Kies die korrekte woorde tussen hakies. 1. (Wie se/Wie/Wat) ouers kom na die konsert? 2. (Wie se/Wie/Wat) gaan hulle by die ingang verwelkom? 3. (Wie se/Wie/Wat) gaan ons vir hulle gee om te eet? 4. (Hierdie/Daardie) seun wat saam met my is, is (hierdie/daardie) vrou daar ander kant se seun. 5. (Hierdie/Daardie) jaar is een van die lekkerste jare in my lewe.

Taal in konteks: Idiome, letterlike en figuurlike betekenis, alliterasie, assonansie en personifikasie 1.

Pas elke verklaring regs by ’n idioom links. Idioom

2.

3.

Verklaring

a) Elke huis het sy kruis.

Geen kinders of familie hê nie.

b) Die appel val nie ver van die boom nie.

Elke gesin het sy eie probleme.

c) Nóg kind nóg kraai hê.

Die kind aard na sy ma of pa.

Kies die korrekte woorde. a) Die herhaling van die ui-klank “Elke huis het sy kruis” is ’n voorbeeld van (alliterasie/assonansie). b) In “Nóg kind nóg kraai hê” is die herhaling van die n en die k voorbeelde van (alliterasie/assonansie). c) “Elke huis het sy kruis” het ’n (letterlike/figuurlike) betekenis. Verduidelik die personifikasie in die volgende sin. In my ouma se huis hoor ek altyd hoe huil die wind om die hoeke.

Personifikasie: ’n lewelose ding kry lewende eienskappe. 5. Jou eie mense

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 67

67

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening

Formele assessering

Lees die grappies en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is. Grappie 1

Grappie 2

“Hou nou op huil, Danny!” “My skoene druk my, Pa.” “Danny, jy het jou skoene aan die verkeerde voete!” “Dis dan die enigste voete wat ek het!”

“Ma, kan ek nog ’n glas water kry, asseblief?” “Liewe land, Devi! Dis die tiende glas water in vyf minute!” “Ek weet, maar my kamer is aan die brand!”

(Deur die skrywer)

1.

2. 3.

4.

5. 6.

68

Skryf die sinne met die nodige leestekens en hoofletters oor. a) danny sê my skoene druk my pa (3) b) devi vra vir haar ma ma kan ek nog ’n glas water kry asseblief (3) c) die ma sê liewe land devi dit is die tiende glas water (3) Skryf die sinne met die nodige skryftekens oor. a) Danny het gese: “Vroeer was my voete nie so seer nie.” b) Sys kort kort in die kombuis om nog ’n glas water te kry. (4) Skryf die ontbrekende woorde neer (voornaamwoorde). a) Danny sê vir ____ pa dat sy skoene ____ druk. (2) b) Devi ____ ma roep uit dat dit die tiende glas water is wat ____ kom haal. (2) c) Devi sê ____ weet, maar ____ kamer is aan die brand. (2) Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. a) Danny sê. Sy skoene druk hom. (dat) b) Sy voet is seer. Sy skoene druk hom. (want) c) Devi vra. Sy kan nog ’n glas water kry. (of) (3) Gee een woord vir die woorde tussen hakies. Devi sê haar (kamer waar sy slaap) is aan die brand. (1) Verander die sinne na vraagsinne. a) Danny se skoene druk hom. b) Devi se kamer is aan die brand. (2) Totaal: 25

Kwartaal 1

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 68

Week 9 en 10

2013/08/21 9:16 AM

6

Op safari

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• • • • •

na inligting in ’n brosjure luister na ’n storie luister en vrae daaroor beantwoord aan ’n groepbespreking deelneem vrae in groepe bespreek ’n testament bespreek

Lees en kyk: Begrip

• • • • • •

vrae oor ’n brosjure beantwoord ’n opsomming maak ’n testament lees ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord vrae oor ’n gedig beantwoord Leesboek bl. 82: “Die kameelperd” (gedig)

Letterkunde Skryf en aanbied

• inligting klassifiseer • ’n dagboekinskrywing skryf

Taalstrukture en -konvensies

• oefen om reg te spel • voor- en agtervoegsels gebruik om nuwe woorde te maak • oefen om die korrekte vorm van woorde te gee • samestellings vorm • oefen om reg te spel • met afkortings werk • letterlike en figuurlike betekenis, asook veralgemening identifiseer • jou woordeskat uitbrei • met punktuasie in die direkte rede en met voornaamwoorde werk • die verskillende tye gebruik • met idiomatiese uitdrukkings werk • hoofletters, skryftekens en leestekens reg gebruik • oefen om die korrekte woordorde te gebruik • sinsoorte identifiseer

6. Op safari

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 69

69

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Inligting in ’n brosjure Pre-luister: Het jy al enige wildtuin of die Krugerwildtuin besoek? Gesels daaroor. Tydens luister: Luister eers na die inligting in die brosjure en maak aantekeninge. Lees dan die woorde en sinne hardop.

Saans kan jy onder ’n groot Bosveldboom sit, na die naggeluide luister en na die helder sterre kyk.

Safari beteken ’n ontdekkingsreis (journey of discovery). Kom ons gaan op reis om die wild en die natuur te leer ken. ’n Brosjure (brochure) is ’n pamflet wat inligting oor iets gee.

’n kremetartboom ’n arend ’n hardekoolboom

ooievaars

buffels

blouwildebeeste

bobbejane

Vroegoggend en laatmiddag is die beste tyd om die diere by die drinkplekke dop te hou. koedoes

Hoe droër en warmer dit is, hoe meer dikwels sien jy diere by die watergate.

70

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 70

vlakvarke

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Post-luister: Klassifiseer inligting Tel die diere, voëls en bome. Skryf die getal en die name op die regte plekke in die tabel. Diere Naam

Getal

olifante

2

Voëls Naam

Getal

Bome Naam

Getal

In die somer word die meeste tropdiere se kleintjies gebore en is daar oral jong diertjies te sien. doringbome ’n olifant ’n likkewaan ’n sementdam

(Deur skrywer saamgestel) kameelperde

’n watergat

Die reuk van doringbome, die geroep van tarentale en die groot troppe diere maak ’n besoek aan die Nasionale Krugerwildtuin onvergeetlik. tarentale

Post-luister: Vrae 1. Wat is die naam van die wildtuin wat geadverteer word? 2. Wat kan ’n mens saans in die wildtuin doen? Noem twee dinge. 3. Wanneer is die beste tyd om na diere by die drinkplekke te gaan kyk? Noem twee tye. 4. Wanneer kry die meeste tropdiere kleintjies? 5. a) Vir wie is hierdie brosjure geskryf, dink jy? b) Hoe sal dit hulle help?

6. Op safari

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 71

71

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Basisvorm, voor- en agtervoegsels, afleiding en samestelling ’n Mens las voor- en agtervoegsels aan woorde om ander woorde te vorm, bv. be + soek + er = besoeker voorvoegsel + basisvorm + agtervoegsel = nuwe woord (afleiding) 1.

Las voorvoegsels en agtervoegsels uit die tabel aan die woorde om nuwe woorde te maak. Kyk hoeveel woorde jy kan maak. Soms sal jy die woord ’n bietjie moet verander, bv. blom + -e = blomme, bobbejaan + -e = bobbejane. Voorvoegsels ge-

on-

a) dier b) voël c) roep 2.

3.

4.

72

Agtervoegsels -e

-s

d) olifant e) boom f) groot

-tjie

-jie

-ie

-etjie

g) dam h) gelukkig i) vlakvark

-pie

-er

-ste

j) mooi k) bok l) rustig

Gebruik voor- en agtervoegsels om die korrekte vorm van die woorde tussen hakies te gee. a) Die Krugerwildtuin is die heel (groot) wildtuin in Suid-Afrika. b) Ons het twee groot (olifant) en ’n klein (olifant) gesien. c) In die (vroeg) oggend is daar baie diere by al die (drinkplek). d) Party (mens) dink ’n arend is (mooi) as ’n ooievaar. e) Hoe (droog) en (warm) dit is, hoe meer (dier) sien jy by die verskillende (watergat). Wat noem ’n mens iemand wat ... a) kyk d) leer b) lees e) oppas c) speel f) onderwys gee? Maak een woord van die volgende woorde. ’n Samestelling a) wild + tuin bestaan uit meer b) doring + boom as een woord, c) nag + geluid soos water + gat d) natuur + reservaat = watergat.

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 72

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede Pre-luister Waarom, dink jy, gaan mense na ’n wildtuin toe? Tydens luister • Luister terwyl ’n storie die eerste keer vir jou voorgelees word. • Lees die vrae hieronder aandagtig deur. • Luister na ’n tweede voorlesing van die storie en maak aantekeninge oor die antwoorde vir die vrae. Post-luister Beantwoord die onderstaande vrae. 1. Vir hoe lank kuier Annette Basson en haar ouers in die wildtuin? 2. Waarom is Annette so opgewonde om daar te wees? 3. Skryf die ontbrekende woorde neer: Annette hou van hulle ____ met sy klein kombuisie en mooi ____. 4. Noem drie goed in die ruskamp wat die gaste kan gebruik. 5. Wat wil Annette se pa graag sien wanneer hulle gaan ry? 6. Waaroor is Annette verstom wanneer hulle die elande sien? 7. Watter ander bokke sien die Bassons ook? 8. Skryf die ontbrekende woord neer: Annette verkyk haar aan die koedoes se grasieuse ____. 9. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer. Annette se ma en pa geniet dit baie om in die wildtuin rond te ry en na die diere te kyk. 10. Kies die korrekte woord: Die storie se (formele/informele) register en taalgebruik pas by die inhoud daarvan. 11. Hoekom, dink jy, sê die ma elke keer “Nog ’n bok”? Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Spelling en diktee, afkortings 1.

2.

Luister na die sin wat die onderwyser voorlees en skryf dit neer. Probeer die woorde reg spel. Daar is dikwels baie bobbejane in die bome by die damme en die drinkplekke. Waarvoor staan die afkortings in die volgende sinne? a) Die kafee in die kamp is van 8.00 vm. tot 6.00 nm. oop. b) Daar is pamflette i.v.m. die wilde diere, voëls, plante, ens. 6. Op safari

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 73

73

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: Maak ’n opsomming Lees die stappe en wenke vir hoe ’n mens ’n langer teks in minder woorde opsom (summarise). • Lees die instruksies sodat jy weet wat jy moet doen. • Lees die teks vinnig deur sodat jy verstaan waaroor dit gaan. • Lees elke sin noukeurig en besluit of dit belangrik genoeg is om in jou opsomming te gebruik. • Skryf die belangrike punte (hoofgedagtes) neer. Maak ’n kopkaart. • Gebruik hierdie hoofgedagtes om ’n opsomming te maak. • Probeer sover moontlik jou eie woorde gebruik. • Tel hoeveel woorde jy gebruik het en skryf dit tussen hakies. Opdrag • Lees die teks oor reëls in die wildtuin. • Skryf sewe reëls in een volsin elk neer. • Gebruik altesaam 50 tot 60 woorde in jou opsomming.

Reëls in die wildtuin Om die diere en die plante in ’n wildtuin te beskerm en seker te maak dat mense veilig bly, is daar sekere reëls wat alle besoekers streng moet nakom: ● In die wildtuin loop diere dikwels oor die pad of staan of lê in die pad. As jy te vinnig ry, kan jy een raakry, dus moet jy by die spoedbeperking hou. ● Bly in jou motor. Sommige diere is gevaarlik en kan jou aanval as jy sommer enige plek uit jou motor klim om ’n foto te neem. ● Dit is belangrik dat jy nie die diere voer nie. Die diere moet self kos soek, en nooit kos van mense verwag nie. ● Onthou, jy is ’n besoeker en moet respek vir die diere toon. Moenie skree of die wilde diere terg nie. ● Omdat daar nie tussen ruskampe ’n garage is waar jy petrol kan kry nie, moet jy seker maak dat jou motor vol petrol is sodat dit nie langs die pad gaan staan nie. ● Hou ’n kaart van die wildtuin in jou motor sodat jy nie verdwaal nie. ● Die ruskampe se hekke word snags gesluit en jy kan nie dan inkom of uitgaan nie. Maak seker hoe laat die hekke oopmaak en sluit. (Deur die skrywer)

74

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 74

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Letterlike en figuurlike betekenis, veralgemening 1.

2.

’n Woord of uitdrukking se letterlike betekenis is die gewone betekenis; die figuurlike betekenis is ’n dieper of ander betekenis, soos ’n metafoor. Is die vetgedrukte woorde letterlik of figuurlik gebruik? Verduidelik. a) Die buffels staan en wei onder die boom. b) Die onbeskofte motorbestuurder is ’n regte buffel. c) Ek was ’n regte bobbejaan en het ’n dom fout begaan. d) Bobbejane is baie bang vir slange. ’n Mens veralgemeen (generalise) as jy byvoorbeeld sê almal in ’n groep is skelm omdat daar ’n paar skelm mense in die groep is. Waarom is die volgende sin ’n veralgemening? Mense wat van die natuur hou, hou ook van troeteldiere.

Luister en praat: ’n Groepbespreking

Luister en praat

Formele assessering

Gesels in groepe oor die dierestories wat in verskillende kulture vertel word vir ’n punt uit 10. Dink aan die volgende vrae: • Watter stories oor diere ken jy? • Hoekom is daar so baie stories oor diere? • Watter lesse is daar soms in stories oor diere? Beplanning, navorsing en organisering • Verdeel in groepe en bespreek wat elke vraag hierbo beteken. • Maak aantekeninge wat jy tydens die bespreking kan gebruik.

Voorbereiding en aanbieding • Maak beurte om te praat. • Maak oogkontak met die ander sprekers. • Luister na mekaar. Maak seker jy verstaan wat die ander sê. • Oppas dat jou eie idees nie die bespreking oorheers (dominate) nie. • Moenie mekaar ru in die rede val (interrupt) nie – wees sensitief oor hoe jy ’n volgende spreekbeurt by ander oorneem. • Moenie van die onderwerp afdwaal (digress) nie. Totaal: 10 6. Op safari

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 75

75

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal: Million skrik groot Pre-lees: Het jy al ooit ’n olifant in lewende lywe gesien? Tydens lees: Lees die ware verhaal van ’n man wat deur ’n olifant aangeval is.

Million skrik groot As daar nou ooit ’n man was wat sy geheue heeltemal weggeskrik het, was dit Million Mabunda, ’n werker in die Nasionale Krugerwildtuin. Ná daardie dag in die bos wou hy nooit weer ’n olifant sien nie. Million is vroeg een oggend saam met ’n span werkers op hulle fietse weg om ’n pad te gaan regmaak. Maar as hy geweet het wat later die dag op hom gewag het, het hy by die huis gebly!

As ’n mens baie groot skrik (get a big fright), kan dit gebeur dat jy vir ’n lang ruk niks onthou (remember) nie.

Senior veldwagter Kobus Krüger het die saak ondersoek. Toe hy die spore in die grondpad sien, het hy besef Million was baie gelukkig om ná die aanval nog te lewe. Volgens die veldwagter was die groepie werkers laat die middag op hulle fietse op pad huis toe. Million het om die een of ander rede agter geraak. Toe hy sy oë uitvee, was hy skielik in die middel van ’n teeltrop olifante – ’n lewensgevaarlike situasie! Million het hom koud geskrik: hy was tussen ’n olifantkoei en haar kalf wat weerskante van die pad gewei het. Toe die olifantkoei hom sien, het sy dadelik haar kalf probeer beskerm en reg op die arme Million afgestorm.

76

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 76

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Voordat Million kon roer, het sy hom met haar slurp van sy fiets afgeslaan. Hy het ’n goeie ses meter verder op die grond geval. Gelukkig het die olifantkoei haar woede op die fiets uitgehaal en al in die rondte daarop gedans! Terwyl die koei die fiets vertrap het, het Million eers hande-viervoet gekruip, daarna opgespring en verskrik na sy blyplek genael. Die mense op die dorpie wou dadelik van die verskrikte man weet wat gebeur het. Hy het histeries van skrik en met groot oë vertel dat ’n warrelwind hom van sy fiets afgewaai het. “Maar daar het glad nie ’n wind gewaai nie!” het die mense geantwoord. “Dan was dit die werk van twee renosters,” het Million gesê. Toe die mans vir hom sê dat daar nie renosters in die omgewing is nie, het hy besluit dat ’n leeu hom so laat skrik het. “As ’n leeu jou beetgehad het, sou jy baie slegter gelyk het!” het hulle geantwoord. “Dan was dit buffels,” het hy vir oulaas probeer. Die mense het toe besef dat Million baie geskok was. Hulle het hom in die bed gesit waar hy bly lê het totdat hy van die skok herstel het. “Toe ek kort daarna van Million se groot skrik gehoor het,” vertel Kobus, “het ek gaan kyk wat gebeur het. Die spore het die hele storie vertel. Ek kon duidelik sien waar die olifantkoei begin storm het, waar sy hom van die fiets afgeslaan het, waar sy die fiets stukkend getrap het en waar Million geval het. “Nadat hy geland het, het Million ’n paar meter ver hande-viervoet gekruip voordat hy skielik so vinnig weggespring het dat sy voete gate in die harde grond agtergelaat het! As jy nie geweet het dit was ’n mens nie, sou jy kon sweer dit was ’n koedoebul wat skielik ’n leeu gesien het.” Toe Million weer by sy sinne kom, het hy dadelik uit sy werk bedank. Hy wou nooit weer ’n olifant sien nie – ook nie eers ’n foto van een nie! Jan Roderigues (Uit: Die veldwagters vertel, J. A. Roderigues, 1991)

Post-lees: Bespreek vrae • Watter werk het Million gedoen? • Hoekom, dink jy, het Million uit sy werk bedank? • Sou jy dit ook gedoen het as jy Million was? Hoekom? Hoekom nie? • Dink jy dit is reg dat werkers in ’n gevaarlike plek soos die wildtuin op fietse moet rondry om hulle werk te doen?

6. Op safari

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 77

77

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die woordeskat? Werk saam met ’n maat en maak ’n lys van die woorde in die storie wat julle nie verstaan nie. Slaan die woorde in ’n woordeboek na. Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal? 1. In watter wildtuin het Million gewerk? 2. Kies die korrekte antwoord. Toe Million weer sy oë uitvee, is hy a) tussen ’n olifantbul en ’n olifantkoei. b) tussen ’n olifantkoei en haar kalfie. c) in die middel van ’n trop buffels. 3. Hoekom het die olifantkoei op Million afgestorm? 4. Is die volgende stellings waar of onwaar? Sê hoekom. a) Die dag toe Million so groot vir die olifant geskrik het, het hy ’n pad gaan regmaak. b) Million kyk elke dag na die foto’s van die olifante in sy kamer. 5. Haal twee opeenvolgende woorde uit paragraaf 3 aan wat sê dat Kobus Krüger ’n belangrike pos het en met wilde diere werk. 6. Haal een woord uit paragraaf 4 aan waaruit ’n mens kan agterkom dat die klomp olifante kalfies by hulle gehad het. 7. Ses van die volgende antwoorde is korrek. Watter een is nie korrek nie? Die veldwagter, Kobus Krüger, kan die volgende dinge wat die hele storie vertel, in die spore sien: a) waar die olifantkoei begin storm het b) waar die olifantkoei Million van die fiets afgeslaan het c) waar die olifantkoei die fiets stukkend getrap het d) waar Million geval het e) waar Million bly lê het totdat hy van die skok herstel het f) hoe Million ’n paar meter ver hande-viervoet gekruip het g) hoe Million skielik vinnig weggespring het en sy voete gate in die harde grond gemaak het 8. Toe die mense vir Million vra wat gebeur het, kon hy niks onthou nie. Watter dinge wat hy gesê het, het die mense laat besef dat hy baie geskok was? 9. Wat beteken die volgende sinsdeel in die laaste paragraaf? Verduidelik in jou eie woorde. “Toe Million weer by sy sinne kom”? 10. Hoe was Million ná die insident anders as voor die insident? 11. Wat, dink jy, sal gebeur indien Million weer ’n olifant sien?

78

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 78

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte rede en voornaamwoorde 1.

2.

Skryf die sinne met die nodige punktuasie oor. a) Kobus sê Ek het gaan kyk wat gebeur het b) Dit was die werk van twee renosters vertel Million c) Million roep uit Ek wil nooit weer ’n olifant sien nie Skryf die ontbrekende voornaamwoorde neer. a) Million het geskrik: ____ was tussen ’n olifantkoei en ____ kalf. b) Toe die olifantkoei ____ sien, het ____ dadelik ____ kalf beskerm. Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Die wonder van ’n boom Pre- en tydens lees: Praat eers oor die wonder van bome. Lees die gedig hardop. Die wonder van ’n boom Sit of lê plat onder ’n boom. Maak jou oë en mond toe. Luister na die takke as die mossies hulle neste bou. Maak jou oë oop en beskryf die geluid in jou joernaal soos ’n gedig sonder rym. Maak woorde van die blare. Michael Khoosal (Uit: Toulopers: Verse vir tieners, LAPA Uitgewers, 2011)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Die spreker sê jy moet ’n gedig skryf. a) Waar moet jy wees as jy die gedig skryf (strofe 1)? b) Waarom moet jy jou oë en mond toemaak (strofe 2)? c) Watter geluid moet jy beskryf (strofe 3)? d) Haal twee woorde uit strofe 3 aan wat wys dat die gedig wat jy skryf, nie hoef te rym nie. 2. Skryf die volgende uit strofe 3 neer: a) ’n voorbeeld van alliterasie b) ’n vergelyking. 3. Dink jy die gedig het ’n goeie titel? Verduidelik. 6. Op safari

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 79

79

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing Jy gaan ’n dagboekinskrywing van 90 tot 100 woorde oor die volgende onderwerp skryf. Jy het ’n noue ontkoming (narrow escape) gehad – uit enige soort gevaarlike situasie. Daardie aand skryf jy in jou dagboek oor wat gebeur het en hoe jy daaroor voel. Beplanning/Pre-skryf • Kyk na die voorbeeld van ’n dagboekinskrywing en lees die aantekeninge daarby. • Gebruik die voorbeeld om jou dagboekinskrywing te beplan. Skryf ’n konsep Skryf die dag en datum bo-aan jou dagboekinskrywing. Gebruik woorde wat wys hoe jy voel. Gebruik woorde soos vandag, gister en môre.

Skryf in die eerste persoon (gebruik “ek” en “my”.) Gebruik leestekens soos uitroeptekens om gevoelens uit te druk. Gebruik eenvoudige taal.

80

Saterdag, 15 April Sjoe! Ek is so gelukkig dat ek nog lewe! Vandag was amper die dag waarop Ma my begrafnis moes begin reël ... Toe ek vanoggend saam met die gids in die wildtuin rondgestap het, was ek nie bekommerd nie, want hy het mos ’n groot geweer oor sy skouer gehad! Maar die luiperd wat bo in die boom gewag het, was honger ... Dankie tog die gids het BLITSVINNIG gereageer! Nou lê ek hier in die hospitaal met dramatiese verbande om my regterskouer en -arm. Ek voel nog bewerig en geskok, maar regtig bly dat ek nog asemhaal! Nou ja, nou weet ek hoe dit voel om die dood in die gesig te staar! Theo (Deur die skrywer)

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 80

Wanneer jy van jou ouers en vriende praat, noem hulle op die name wat jy hulle gewoonlik noem. Skryf in die verlede tyd oor gebeure wat reeds plaasgevind het.

Gevoelens wat jy nou ondervind, word in die teenwoordige tyd beskryf. Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

• Skryf die eerste weergawe van jou dagboekinskrywing. • Skryf die korrekte lengte. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Verbeter enige spelfoute, taalfoute en leestekenfoute. • Skryf die finale weergawe netjies oor. • Lees weer deur jou skryfstuk en sorg dat alles korrek en netjies is. Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Testament

Nadat Theo die noue ontkoming met die luiperd gehad het, het hy hierdie testament (last will and testament) opgestel. Hiermee bemaak ek, Theo Fourie (ID 9903030007084), al my besittings en my hond Bella aan my suster, Theresa Fourie (ID 0115080078082). Geteken: T. Fourie _____________

Getuie: J.J. Banda _____________

Datum: _______________________

Datum: _______________________

Post-lees: Bespreek ’n testament Lees goed deur Theo se testament en besluit of julle dink dat dit goed genoeg is om ’n wetlike (legal)) dokument te kan wees. Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Tye, idiome en vergelykings 1. 2.

3.

Skryf die sinne in die teenwoordige tyd. a) Die luiperd het vir Theo aangeval. b) Die gids sal vir Theo beskerm. Skryf die sinne eers in die verlede tyd en dan in die toekomende tyd. a) Hy loop en gesels met die gids. b) Die gids met die geweer reageer blitsvinnig. Weet jy wat Voltooi die idiome en vergelykings deur die hierdie idiome korrekte woord uit die blokkie te kies. wolf

leeu

olifant

kwartel

beteken?

a) Die klavier is ’n wit _______, want niemand speel daarop nie. b) Moenie vir ____ skaapwagter maak nie. c) Hy is so doof soos ’n ____. d) Hy is so dapper soos ’n ____. 6. Op safari

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 81

81

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Lees die paragraaf waarin ’n nag in die Bosveld beskryf word. Voer dan die opdragte uit. Die bos, die stil nagte, die helder sterre en die geselskap van ’n vuur maak jou weer die mens wat jy eintlik is. Die groot bome, die suikerbekkies tussen die aalwyne, die kwêvoëls in die hoë jakkalsbessiebome; alles laat jou weet: net so moet die hemel lyk.

(Deur die skrywer)

1.

Kyk na die woorde wat onder trap 1 ingevul is en voltooi dan die trappe van vergelyking van die woorde uit die paragraaf. (8) Trap 1

Trap 2

Trap 3

a) stil b) helder c) groot d) hoog

2.

3.

4. 5.

6.

82

Skryf die sinne met die nodige hoofletters en punktuasie oor. a) in die wildtuin is daar leeus luiperds olifante buffels en renosters b) emma was jy al ooit in die krugerwildtuin vra siswe Verbeel jou jy was ook in die Bosveld en jy praat daaroor. Skryf die paragraaf in die verlede tyd. Begin so: Ek het saans … Ek sit saans in die Bosveld. Dit is so stil dat ek net die vuurtjie se geknetter hoor. Daar is nie ’n boomblaar wat ritsel of ’n wind wat waai nie. Rangskik die dele van die sin in die regte volgorde. Ons (rustig) (ry) (in die wildtuin) (gedurende die dag) (rond). Pas elke sinsoort aan die regterkant by ’n sin aan die linkerkant. a)

Skyn die sterre altyd so helder?

stelsin

b)

Kom kyk net na die sterre!

vraagsin

c)

Die sterre in die Melkweg lyk asof jy daaraan kan vat. uitroepsin

Skryf die sin oor met die nodige skryftekens. Ons neem fotos van die voels in die bome.

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 82

(5)

(6) (1) (3)

(2) Totaal: 25 Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

7

Kan jy dit glo?

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• vir begrip na ’n mondelinge aanbieding luister • onvoorbereide lees doen

Lees en kyk: Begrip

• ’n tydskrifartikel lees en begripsvrae daaroor beantwoord • ’n gedig bestudeer, literêre vrae en begripsvrae daaroor beantwoord • ’n Chinese volksverhaal bestudeer, literêre vrae en begripsvrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 18: Antjie Somers (volksverhaal) • Leesboek bl. 28: Doederomandro (volksverhaal)

Letterkunde

Skryf en aanbied

• ’n resensie skryf

Taalstrukture en -konvensies

• • • • •

werkwoorde in saamgestelde sinne identifiseer die infinitief korrek in sinne gebruik taalstrukture soos direkte en indirekte rede hersien taal- en spelfoute uit leerders se skryfwerk redigeer idiomatiese uitdrukkings of spreekwoorde in konteks toepas • voor- en agtervoegsels gebruik • afkortings, verkortings en akronieme leer • sinne in die verlede tyd en toekomende tyd skryf

7. Kan jy dit glo?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 83

83

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Beskrywing en prente Kyk na die prente op hierdie bladsy. Luister na die beskrywings van die TV-aanbieder wat die onderwyser voorlees. Daar is meer beskrywings as prente! Jy luister twee keer daarna. Pas daarna die regte beskrywing op bl. 85 by die regte prent deur die sinne te voltooi. 1

2

3

4

5

7

6

84

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 84

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Voltooi die volgende feite. 1. ’n Mens slaap ongeveer _____ jaar van jou lewe om. 2. Die gemiddelde mens drink ongeveer _____ koppies _____ in hul lewe. 3. Jou _____ pomp hard genoeg om die bloed _____ meter ver te spuit. 4. Daar is ongeveer _____ _____ ander mense wat op dieselfde dag as jy verjaar. 5. Die gemiddelde mens wat graag TV kyk, bring ongeveer _____ _____ van sy of haar lewe voor die televisie deur. 6. Die spoed waarteen ’n mens nies, is _____ kilometer per uur. 7. ’n Mens eet ongeveer 30 _____ kos in jou leeftyd op.

Luiter en praat: Onvoorbereide lees

Formele assessering

Lees die leesstuk hardop in die klas vir ’n punt uit 10. Onthou

• • • •

Lees teen ’n rustige tempo en probeer vlot lees. Maak oogkontak wanneer jy ruspouses maak. Lees harder, dan sagter en wissel jou stemtoon af. Let op jou uitspraak sonder om die betekenis te verloor.

Watter dier het die grootste eetlus ter wêreld? Die blouwalvis is die grootste vreter op aarde. Elke dag vreet die walvis omtrent soveel soos wat ’n gewone mens in ’n jaar kan eet. Hierdie walvis weeg 160 ton. Dit is so swaar soos 30 olifante. Hulle eet seediertjies soos kril en plankton. Wanneer so ’n walvis die dag regtig honger is, kan hy tot 40 miljoen kril op ’n dag opvreet. Michele Gerlack (Uit: Raar, maar waar! Vol vreemde feite en gebeure, Fantasi, 2004)

Totaal: 10 7. Kan jy dit glo?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 85

85

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Sal daar nog ysbere wees? Pre-lees en tydens lees: Gesels oor die moontlike feit dat daar dalk oor ’n honderd jaar nie meer ysbere gaan wees nie. Kan dit waar wees? Lees dan die gedig hardop. Oor ’n honderd jaar sal vliegtuie soos ruimteskepe lyk. Oor ’n honderd jaar sal almal 3-D-televisie kyk. Al hierdie dinge het ek iewers gelees. MAAR SAL DAAR OOR ’N HONDERD JAAR NOG YSBERE WEES? Jaco Jacobs (Uit: My boetie dink hy’s Batman en ander rympies, LAPA Uitgewers, 2010)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. In die gedig wonder die spreker oor die moontlike toekoms van die aarde as gevolg van aardverwarming (global warming). a) Hoeveel keer word die woorde “’n honderd jaar” herhaal? b) Noem die twee feite in strofe 1 wat die spreker êrens oor die toekoms gelees het. c) Wat word in versreël 1 en 2 met mekaar vergelyk? Haal die vergelyking aan. 2. Soek twee pare rymwoorde. Wat rym met lyk en met gelees? 3. Kies die regte antwoord. Die tipografie (hoe die woorde getik is) van strofe 2 is interessant. Daar is (een/twee/drie) woord(e) per versreël. 4. Waar of onwaar? Die doel van die tipografie van strofe 2 is: a) om die gedig langer te maak. b) om die onsekerheid oor die toekoms van ysbere uit te beeld. 5. Hoekom begin strofe 2 met “maar” en eindig met ’n vraagteken?

86

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 86

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Tydskrifartikel Vluglees en soeklees Pre-lees: Vluglees die titel, die inleiding en slot en die eerste sin van elke paragraaf. Sê wat die hoofgedagte van die artikel is. Soeklees Soeklees die artikel om die volgende vrae te beantwoord. 1. Wie is Mandy Kline? 2. Wat is die naam van die Indiese dokter wat lagterapie ontdek het? 3. Hoeveel lagklubs is daar wêreldwyd? Tydens lees: Lees die teks aandagtig en beantwoord die vrae wat volg.

Om te lag is terapie Lag is vir seker die beste manier om spanning te oorkom. Al bedoel jy dit nie, sê hardop: “Ha-ha!” En nou: “Ho-ho!” Herhaal dit ’n paar keer en jy lag later regtig. Mandy Kline is ’n lagfasiliteerder vir sake-ondernemings landswyd. Sy leer mense om te lag. ’n Indiese dokter, Madan Kataria, het lagterapie twee dekades gelede al met groot sukses ontwikkel. Hy het begin om mense bymekaar te kry om saam vir grappe te lag. Navorsing het getoon dat lag skadelike emosies soos vrees verminder en die voordele (advantages) is groot. Nou word lagterapie wêreldwyd in skole, staatsdepartemente, hospitale en die polisie gebruik. Daar is meer as 5 000 lagklubs in meer as 50 lande en nuwes maak byna daagliks oop. Lag het baie voordele: 1. Lag maak jou gelukkig. 2. Dit dwing jou om beter asem te haal. 3. Lag verminder spanning. (Deur skrywer saamgestel)

Moenie in jou vuis lag nie, lag jou ’n papie! Ha-ha-ha!

7. Kan jy dit glo?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 87

87

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die tydskrifartikel? 1. Is die volgende stellings feite of menings? Motiveer jou antwoord. a) Mandy Kline bied lagterapiesessies aan. b) Alle mense lag maklik. 2. Watter werk doen Many by verskillende sake-ondernemings? 3. Noem vyf voordele van lag. 4. Wat is die doel van hierdie artikel? Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Saamgestelde sinne, idiomatiese uitdrukkings, voor- en agtervoegsels, afkortings, verkortings en akronieme 1.

2.

Saamgestelde sinne bevat meer as een werkwoord, want dit bestaan uit twee sinne, bv. Mandy is ’n lagfasiliteerder en sy gee lesings. Onderstreep die werkwoorde in die volgende saamgestelde sinne. a) Madan Kataria doen navorsing en skryf baie artikels. b) Lag verminder spanning, want dit maak jou gelukkig. Pas die betekenis in kolom B by die spreekwoord in kolom A. A Jou ’n papie lag. Skater van die lag. In jou vuis lag.

88

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 88

B Stilletjies lag. Hard lag. Baie hartlik lag.

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

3.

4.

Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (voor- en agtervoegsels). a) Madan Kataria het jare gelede ’n artikel oor die (belangrik) van lag in die mens se lewe (skryf). b) Om te lag is die (goedkoop) manier om spanning te verminder. Leer die volgende afkortings, verkortings en akronieme. Afkortings mnr. – meneer mev. – mevrou dr. – dokter

5.

Verkortings Dis = dit is Daar’s = daar is Hy’s = hy is

Akronieme SASOL TELKOM ABSA

Verbeter die spelling in die volgende sinne. Die nut van lag is twintig jaar geleede deur ’n man van indie beskryf. Hy het oor die voordeele van lag vir die mens geskryf. Vandag word lag terapie wereld wyd toegepas om mense gelukiger te maak.

7. Kan jy dit glo?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 89

89

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Chinese volksverhaal: Die blou roos Pre-lees: Het jy al ooit ’n blou roos gesien? Ek het nie! Tydens lees: Lees die storie oor ’n keiser in China en sy dogter hardop. Die blou roos Lank gelede was daar ’n keiser in China wat ’n pragtige dogter gehad het. Die keiser wou graag hê sy dogter, die prinses, moes met die regte man trou. Die keiser sê: “Die man wat vir my dogter ’n blou roos gee, kan met haar trou.” Die eerste man, ’n winkelier, dink aan ’n plan. Hy vat ’n wit roos en kleur dit blou. Hy gee die blou roos vir die prinses. Sy sê: “Jammer, maar dit is nie ’n blou roos nie. Hierdie roos was eers wit.” Die arme winkelier draai om en stap teleurgesteld weg. Die tweede man, ’n juwelier, maak ’n roos van blou saffiere en gee dit vir die prinses. Sy sê: “Dit is baie mooi! Maar ek het baie saffiere, en baie juwele. Ek wil ’n blou roos hê.” Die juwelier draai om en stap weg. Die derde man is ’n musikant wat fluit speel en liedjies sing. Die prinses stap na hom en luister na sy musiek. Hy sê: “Môre kom ek jou pa vra of ek met jou kan trou. Ek bring vir jou ’n blou roos.” Die volgende oggend gee die musikant vir die prinses ’n pragtige wit roos en sê: “Hier is vir jou ’n blou roos.” Die keiser kyk na sy dogter: “Dié musikant sê hy het vir jou ’n blou roos gebring. Is dit reg?” Die prinses vat die roos en sê bly: “Ja! Dit is ’n pragtige blou roos!” Die keiser sê: “Dis dan ’n gewone wit roos!” Die prinses antwoord: “Natuurlik is die roos blou. Is Pappa dan kleurblind (colour blind)? Pappa, ek wil met die musikant trou!” Die prinses en die musikant het getrou en vir ewig gelukkig gebly. (Aangepas en oorvertel uit oorlewering)

90

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 90

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die volksverhaal? Kies die regte antwoord. 1. In watter milieu (plek) speel die volksverhaal af? a) ’n Paleis b) ’n Plaas 2. Watter soort verteller vertel die verhaal? a) Ek-verteller b) ’n Derdepersoonsverteller 3. Wat is die tema of hoofgedagte van die verhaal? a) Die keiser wil ’n blou roos vir sy dogter vind. b) Die keiser wil die regte man vir sy dogter vind. 4. Die slot sê dat die keiser se plan: a) misluk het, want sy dogter het die verkeerde man gekies. b) ’n sukses was, want sy dogter het op die regte man verlief geraak sodat die kleur van die roos nie saak gemaak het nie. 5. Vul die regte woord in die blokkies. a) Die dogter van ’n keiser of koning P

b) Iemand wat juwele maak J

c) Iemand wat musiek maak M

d) As jy nie kleure kan raaksien nie, is jy K

6.

Plaas die sinne wat die gebeure opsom, in die regte volgorde. a) Die derde man, ’n musikant, gee vir die prinses ’n wit roos, maar sy sê dis blou, want sy is verlief op hom. b) Uiteindelik trou die prinses met die musikant en haar pa is tevrede. c) Die keiser sê dat die man wat met sy dogter wil trou, vir haar ’n blou roos moet gee. d) Eendag was daar ’n keiser wat ’n pragtige dogter gehad het.

7. Kan jy dit glo?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 91

91

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Resensie

Formele assessering

Skryf ’n resensie (’n beoordeling van ’n boek, storie, fliek, ens.) oor enige teks van jou keuse sodat die leser kan besluit of hulle tyd en geld daaraan wil bestee. Jou resensie moet 140–160 woorde lank wees en dit tel 10 punte. Onthou, jy moet vir die leser of kyker ’n aanbeveling maak oor die waarde van die boek, storie of fliek. Pre-skryf Gebruik ’n kopkaart om jou resensie te beplan.

Skryf ’n konsep van jou resensie • Gebruik jou beplanning en skryf die eerste poging. • Die paragrawe moet logies op mekaar volg. • Maak seker jou taalgebruik en styl bly formeel. • Gee jou opinie oor die werk eerlik, maar ook regverdig. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Redigeer jou resensie en skryf dit netjies oor. • Proeflees jou finale weergawe en dui aan hoeveel woorde gebruik is.

92

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 92

Inhoud is WAT jy sê en styl is HOE jy dit sê.

Totaal: 10

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Die hoofwerkwoord, die infinitief en indirekte rede 1.

In die verlede tyd gebruik ons het as hulpwerkwoord, in die toekomende tyd gebruik ons sal. Die hoofwerkwoord is aan die einde van die sin, bv. • Die kind het klere gekoop. (verlede tyd) • Die kind sal klere koop. (toekomende tyd) Skryf die sinne eers in die verlede tyd, dan in die toekomende tyd. a) Die keiser soek na ’n goeie man vir sy dogter. b) Die juwelier maak ’n roos van blou saffiere. c) Die prinses kies die musikant as man vir haar. Onthou

2.

3.

• Na behoort kom daar ’n infinitief te, maar nie ’n om nie. Ek leer my werk. – Ek behoort my werk te leer.  Ek behoort om al my werk te leer.  • Na hoef kom daar ’n infinitief te, maar nie ’n om nie. Die sin moet altyd in die ontkennende vorm wees. Ek leer my werk. – Ek hoef nie my werk te leer nie.  Ek hoef my werk te leer. 

Vul behoort of hoef in die sinne. a) Die man wat met die prinses wil trou, _____ vir haar ’n blou roos te gee. b) Die musikant _____ nie vir die prinses ’n blou roos te gee nie, want hy het reeds haar hart met sy musiek gesteel. Skryf die volgende sinne in die indirekte rede oor. a) Die keiser sê: “My dogter moet met die regte man trou.” b) Hy sê: “Die man moet vir haar ’n blou roos gee.” c) Die prinses sê vir die winkelier: “Die roos was eers wit.” d) Sy sê vir die juwelier: “Ek wil nie ’n roos van blou saffiere hê nie.” e) Die musikant sê: “Ek sal vir jou ’n blou roos bring.” f) Die prinses sê: “Die musikant se roos is nie wit nie.” g) Sy sê vir die keiser: “Ek wil met die musikant trou.”

7. Kan jy dit glo?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 93

93

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae.

Duurste poeding ter wêreld Alles aan hierdie poeding is suikersoet, maar die prys kan net die sak ’n bietjie skud. Teen ’n verstommende R290 000 is dit seker die duurste poeding in die wêreld. Dit is in die vorm van ’n Fabergé-paaseier van vier verskillende Belgiese sjokolades en met kaviaar en goud versier. Binne-in is die kersie op die koek, naamlik ’n diamant van twee karaat!

1 2 3 4

(Deur skrywer saamgestel)

1.

2. 3. 4.

5.

6.

7.

94

Skryf die volgende sinne in die infinitief. Begin soos aangedui. a) Dit is suikersoet. Dit behoort ... b) Die prys kan net die sak ’n bietjie skud. Die prys behoort ... c) ’n Mens koop die duur paaseier. ’n Mens hoef nie ... (3) Kies die regte woord vir die betekenis van die idioom. Die prys kan net die sak ’n bietjie skud, beteken dat dit (spotgoedkoop/peperduur) is. (1) Skryf die volgende afkortings en verkortings uit. a) R c) Dis b) nl. d) Daar’s (4) Skryf die volgende sinne in die direkte rede. a) Die keiser sê dat sy dogter met die regte man moet trou. b) Hy sê dat dié man vir haar ’n blou roos moet gee. c) Die prinses sê dat sy met die musikant wil trou. (3) Skryf die sinne in die verlede tyd. a) Die musikant speel vir die prinses mooi musiek. b) Sy raak verlief op hom. c) Die prinses en die musikant trou met mekaar. (3) Gee die regte vorm van die volgende woorde deur voor- en agtervoegsels by te voeg. a) Die poeding wat beskryf word, is die (duur) op aarde. b) Die (versier) poeding is met vier (verskillend) soorte Belgiese sjokolade (maak). (4) Verbeter die spelling van die volgende sinne. Alles in hierdie poeding is suiker soet. Dit is die dierste poeding in die wereld. Dit is in die form van ’n paas eier en is met kaviaar en gout versuur. (7) Totaal: 25 Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 94

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

8

Gesonde verhoudings

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• • • • •

Lees en kyk: Begrip Letterkunde

• • • •

Skryf en aanbied

• ’n kennisgewing, agenda en notule skryf

Taalstrukture en -konvensies

• • • •

uitdrukkings in verskillende tale sê iemand beskryf na ’n liedjie luister en vrae daaroor beantwoord paragrawe bespreek aan ’n groepbespreking deelneem

’n opsomming maak ’n strokie lees en vrae daaroor beantwoord vrae oor ’n gedig beantwoord ’n uittreksel uit ’n drama lees en vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 35: “Valentynsdag” (storie) • Leesboek bl. 87: “Vry in die bondel” (gedig)

• • • • •

sinne met die korrekte woordorde voltooi oefen om byvoeglike naamwoorde reg te gebruik met voorsetsels en idiome werk voor- en agtervoegsels gebruik om die korrekte vorm van woorde te gee die verskillende tye gebruik met idiomatiese uitdrukkings werk leestekens reg gebruik oefen om reg te spel sinne met homofone maak

8. Gesonde verhoudings

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 95

95

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Sê dit in baie tale Hoe sê ’n mens I ❤ you in Afrikaans? Ek het jou lief!

Ek hou van jou.

Ek is lief vir jou.

Gesonde verhoudings is healthy relationships in Engels. Ons moet gesonde verhoudings in ons lewe hê en nie met mekaar baklei nie. Ek is mal oor jou!

• Hoe sê jy Ek is ❤ vir jou in jou eie taal? Probeer dit in baie verskillende tale sê.

96

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 96

Week 5 en 6

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: Sinne

Die voegwoorde want, omdat en aangesien beteken al drie because in Engels.

Voltooi die sinne in jou eie woorde. 1. Ek is lief vir my oupa en ouma, want … 2. Ek is mal oor my hond omdat … 3. Ek hou van my broer aangesien … 4. Ek het jou lief, want …

Luister en praat

Praat: Beskryf iemand vir wie jy lief is Verdeel in pare. Elkeen gaan ’n beurt kry om iemand te beskryf. Kies iemand van wie jy baie hou of iemand wat baie vir jou beteken. Hier is ’n paar idees om jou te help. Hare lank kort donker lig bruin krullerig (curly) reguit (straight )

Goeie eienskappe vriendelik (friendly) fluks (diligent) liefdevol (loving) onselfsugtig (unselfish)

Wenk

Persoonlikheid (personality) (Hoe iemand is)

Onthou, niemand is perfek nie. ’n Mens is nie net goed of sleg nie. Oë groot klein swart blou bruin

Naam Voorkoms (looks) (Hoe iemand lyk)

Slegte eienskappe jaloers ( jealous) kwaai (strict ) lui (lazy) onvriendelik (unfriendly)

Beskryf die persoon in die teenwoordige tyd. 8. Gesonde verhoudings

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 97

97

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede Pre-luister • Jy gaan na ’n liedjie met die naam “Meisie sonner sokkies” deur David Kramer luister. • Jy sal hoor dat die liedjie in lekker loslit-Afrikaans geskryf is. Lees die woorde in die woordeskatlys om jou te help om die informele taal te verstaan. Tydens luister • Luister een keer na die liedjie of hoe dit voorgelees word, en lees dan die vrae hieronder aandagtig deur. • Luister ’n tweede keer na die liedjie en maak aantekeninge oor die antwoorde vir die vrae. Post-luister Beantwoord die volgende vrae. 1. Wat noem die spreker die meisie? 2. Skryf die ontbrekende woord neer: Die spreker sê sy hart klop nes ’n ____. 3. Watter Engelse woord word in die liedjie gebruik? 4. Noem enige drie (van die agt) woorde in die liedjie wat met “bokkie” rym. 5. Met watter twee dinge vergelyk (compares) die spreker homself? 6. Skryf die ontbrekende woorde neer: Die spreker droom sy meisie staan voor die sendingkerk in ’n ____ hoed, ’n ____ rok en ’n ____ doek op haar kop. 7. Voltooi: Die spreker wil baie graag hê die meisie moet met hom ____. 8. Sê in een sin waaroor die liedjie handel. 9. Dink jy dit is ’n vrolike of ’n hartseer liedjie? Waarom sê jy so? Party woorde in die liedjie is geskryf soos mense informeel praat. ’aar: daar mettie: met die oppie: op die willie: wil nie

98

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 98

iewers: êrens nes: net soos sonner: sonder jokkie: jok nie

okkie: ook nie stoppie: stop nie

Week 5 en 6

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde Byvoeglike naamwoorde vertel ons meer van selfstandige naamwoorde, bv. • Dis ’n pragtige fiets. Die fiets is pragtig. • Dis ’n lang pad. Die pad is lank. Byvoeglike naamwoorde kan trappe van vergelyking hê, bv. • mooi mooier as die mooiste • groot groter as die grootste Byvoeglike naamwoorde het dikwels ’n intensiewe vorm, bv. • Iets wat baie klein is, is piepklein. • Iets wat baie duur is, is peperduur.

Lees meer oor byvoeglike naamwoorde op bladsy 242 tot 245. 1.

2.

3.

Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies. Voorbeeld: Die (moeg) sanger drink (koud) water. Antwoord: Die moeë sanger drink koue water. a) Die (jonk) meisie staan onder die (hoog) boom. b) Die sanger sit op die (laag) muurtjie en sing ’n (lank) liedjie. c) In die (vroeg) oggend ry hy op sy fiets op die (breed) pad. d) Dit is ’n (goed) liedjie oor ’n (pragtig) meisie. e) Die (gelukkig) paartjie staan voor die (oud) kerk. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies. Voorbeeld: Hoe (eensaam) hy is, hoe (mooi) sing hy. Antwoord: Hoe eensamer hy is, hoe mooier sing hy. a) Hoe (baie) hy van sy meisie droom, hoe (mooi) is sy in sy gedagtes. b) Hoe (laat) dit in die aand is, hoe (groot) is sy verlange. c) Hoe (stil) jy bly, hoe (goed) sal jy die woorde kan hoor. d) Hoe (baie) hy sy meisie sien, hoe (min) verlang hy na haar. e) Hoe (lank) hy na haar verlang, hoe (bly) sal hy wees as hy haar sien. Gee die intensiewe vorm van die volgende woorde. Onthou, ons skryf a) droog en nat intensiewe vorme b) jonk en oud altyd as een woord. c) verlief en kwaad d) moeg en fris 8. Gesonde verhoudings

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 99

99

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: As Lara glimlag Pre-lees en tydens lees: Lees die titel van die gedig en voorspel waaroor dit gaan. Lees dit dan hardop. As Lara glimlag

5

10

As Lara glimlag word my skooltas onverwags lig, wiskunde eensklaps maklik en verstaan ek daai Shakespeare-gedig. As Lara glimlag verdwyn die grys ou skoolgebou. Haar glimlag kan jou selfs van Maandae laat hou. As Lara glimlag kry my rugbytoks vlerke, kan selfs verloor okei voel. Ek wens net Lara se glimlag was spesiaal vir mý bedoel.

Jaco Jacobs (Uit: Toulopers: Verse vir tieners, LAPA Uitgewers, 2011)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Wie is die spreker in die gedig? 2. Watter wonderlike uitwerking (effect) het Lara se glimlag op die spreker in die eerste agt reëls van die gedig? 3. Die spreker sê sy rugbytoks (rugbystewels) kry “vlerke” as Lara glimlag. a) Wat bedoel hy? b) Is hierdie beeld ’n vergelyking (simile) of ’n metafoor (metaphor)? Verduidelik. 4. Watter woorde in die gedig rym? 5. As jy die gedig in strofes moes verdeel, hoe sou jy dit gedoen het? 6. Dink jy die gedig het ’n goeie einde? Verduidelik. 7. Hoe verander die toon (gevoel) van die gedig van die begin na die einde?

100

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 100

Week 5 en 6

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voorsetsels, idiome 1.

Kies voorsetsels uit die blokkie om die sinne te voltooi. vir

2.

3.

op

vir

oor

vir

van

a) Die seun is verlief ____ Lara. b) Lara se glimlag laat hom ____ Maandae hou. c) Hy is nie kwaad ____ die ander span as hy verloor nie. d) Hy wens Lara se glimlag was ____ hom bedoel. e) Die gedig is ____ ’n seun wat lief ____ ’n meisie is. Skryf die ontbrekende voorsetsels neer. Die paartjie is verlief a) ____ mekaar. Hy wens dat hy al b) ____ haar verloof is, maar hy moet haar nog vra om c) ____ hom te trou. Hopelik sal hulle altyd goed d) ____ die weg kom en nooit e) ____ mekaar skei nie. Pas elke verklaring aan die regterkant by ’n idioom links. a) Kalwerliefde

Verlief raak.

b) Jou hart verloor.

’n Mens sien niks verkeerd in iemand wat jy liefhet nie.

c) Liefde is blind.

Eerste liefde wat nie lank hou nie, soos tussen tieners.

Taal in konteks: Afleiding (basisvorme, voor- en agtervoegsels) 1.

2.

Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies (afleidings). a) Lara het vriendelik (glimlag). b) Die seun is (lief) op haar. c) Sy is ’n (vriendelik) meisie. d) Haar glimlag laat sy skooltas (lig) as gewoonlik voel. e) Vir hom is sy die (mooi) meisie in die hele wêreld. Gee een woord vir ... Voorbeeld: iemand wat help Antwoord: helper a) iemand wat speel d) iemand wat swem b) iemand wat gedigte skryf e) iemand wat verloor c) iemand wat lees

8. Gesonde verhoudings

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 101

101

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Opsomming

Lees die wenke oor hoe om ’n opsomming te maak op bladsy 74.

• Lees die artikel oor die geskiedenis van Valentynsdag goed deur. • Skryf een hoofgedagte uit paragraaf 2 tot 8 neer. • Skryf die sewe hoofgedagtes onder mekaar neer. • Gebruik altesaam 50 tot 60 woorde in jou opsomming.

Wys jou gesig, Valentyn! 1

2 3

4

5 6

7 8

9

Waar kom Valentynsdag vandaan? Navorsing toon dat ’n baie ou Romeinse fees en twee Christen-heiliges tot die ontstaan van Valentynsdag bygedra het. Die Romeinse fees van Lupercalia is volgens geskiedkundiges elke jaar op 15 Februarie deur die Romeine gehou. Tydens hierdie fees van Lupercalia het jong mans vroue met stukke diervel geslaan. Die antieke Romeine het geglo dat die ritueel sou help om hulle teen wolwe te beskerm. Die ou Romeine het ook geglo dat die vroue wat met diervel geslaan is, vrugbaarder sou wees en meer kinders sou hê. Dit is hoe daar ’n konneksie met Valentynsdag ontstaan het. Vandag weet ons ook van minstens twee heiliges in die Christendom met die naam Valentyn. Volgens een storie het die Romeinse keiser Claudius II jong mans verbied om te trou omdat hy gedink het dit sou hulle beter soldate maak. Maar een priester het hom nie aan dié bevel gesteur nie en in die geheim jong paartjies laat trou. Dié priester se naam was Valentyn. Valentyn is glo op 14 Februarie in ongeveer 200 n.C. tereggestel en in 496 n.C. het Pous Gelatius dié dag Valentynsdag gedoop. ’n Ander storie vertel weer Valentyn was ’n vroeë Christen wat baie kinders as vriende gehad het. Toe die Romeine hom in die tronk gooi omdat hy nie hul Romeinse gode wou aanbid nie, het die kinders vir hom briefies deur sy sel se tralies gegooi. Dit verduidelik dalk die tradisie van om op dié dag boodskappe te stuur. Dis interessant hoe ’n fees wat eeue gelede ontstaan het, nou nog in ’n effens ander vorm voortbestaan.

(Deur die skrywer)

Luister en praat

Praat: Bespreek paragrawe Bespreek waarom ’n mens kan sê dat die artikel oor Valentynsdag ’n goeie inleidende paragraaf (eerste paragraaf) en ’n goeie slotparagraaf (laaste paragraaf) het.

102

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 102

Week 5 en 6

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Groepbespreking Julle gaan die volgende vraag in groepe bespreek: • Is dit ’n goeie idee om Valentynsdag te vier? Beplanning, navorsing en organisering • Verdeel in groepe en bespreek wat elke vraag in die kunswerk beteken. • Maak aantekeninge (notes) wat jy tydens die bespreking kan gebruik. • Oefen om tyd te hou. Julle moet 15–20 minute praat.

Voorbereiding en aanbieding • Maak beurte om te praat. • Maak oogkontak met die ander sprekers. • Luister na mekaar. Maak seker jy verstaan wat die ander sê. • Oppas dat jou eie idees nie die bespreking oorheers nie. • Moenie mekaar ru in die rede val nie – wees sensitief oor hoe jy ’n volgende spreekbeurt by ander oorneem. • Moenie van die onderwerp afdwaal nie.

Taal in konteks: Soorte sinne, tye 1.

2.

Taalstrukture en -konvensies

Verander die volgende stelsinne na vraagsinne. a) Valentynsdag is pret vir almal. b) Sy het ’n mooi kaartjie gekry. c) Die winkels verkoop baie rose op Valentynsdag. Skryf die volgende sinne in die verlede tyd. a) Valentyn lewe in die Romeinse tyd. b) Hy het baie kinders as vriende. c) Die Romeine gooi hom in die tronk. d) Hy wil nie hul Romeinse gode aanbid nie. e) Die kinders gooi vir hom briefies deur sy sel se tralies. 8. Gesonde verhoudings

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 103

103

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Kennisgewing, agenda en notule

Formele assessering

Die graad 9’s beplan ’n spesiale program vir die laaste dag van die kwartaal. Jy is die sekretaris van die beplanningskomitee. Stuur ’n kennisgewing (notice) van die volgende vergadering (meeting) aan al die komiteelede. Skryf die agenda en notule (minutes) van julle vorige vergadering om saam met die kennisgewing te stuur. Al drie skryfstukke moet saam 140 tot 160 woorde lank wees en sal 20 punte tel. Beplanning/Pre-skryf Lees die voorbeeld van ’n kennisgewing van ’n vergadering. • Lees die voorbeeld van ’n agenda en notule op bladsy 271 en 272 agterin die boek. • Gebruik die voorbeelde om jou kennisgewing, agenda en notule te beplan.

Kennisgewing van vergadering Welsynkomitee Wanneer: 13:00, 8 Mei 2014 Waar: Skoolbiblioteek

Brenda Jacobs (sekretaresse)

Skryf ’n konsep • Skryf die eerste weergawe van jou kennisgewing, agenda en notule. • Maak seker jy volg die riglyne in die voorbeelde. • Skryf die korrekte lengte. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees weer deur jou kennisgewing, agenda en notule en verander die dele waarmee jy nie tevrede is nie. • Verbeter enige spelfoute, taalfoute en leestekenfoute. • Skryf die finale weergawes netjies oor. • Lees weer deur jou skryfstukke en sorg dat alles korrek en netjies is. Totaal: 20

104

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 104

Week 5 en 6

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Strokie Pre- en tydens lees: Kyk na die strokie en lees dit dan hardop. Moet ek bel?

Dit sal lekker wees, dankie. Hallo, Jackie, dis Brandon.

2

Het jy nie lus om saam met my te gaan koeldrank drink nie?

O, ek’s bly. Ek sal jou drie-uur kom haal.

3

(Deur die skrywer)

1

Sien jou dan.

4

5

Jei!

6

Jei!

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die strokie? 1. Hoe, dink jy, voel Brandon in raam 1? Waarom? 2. Hoe weet ons dat Jackie bly is om van Brandon te hoor? 3. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Jackie aanvaar Brandon se uitnodiging. 4. Watter reëling tref Brandon met Jackie? 5. Vergelyk Brandon en Jackie se reaksies in die laaste twee rame. 6. Skryf die ontbrekende woord neer: Brandon maak ’n ____ met Jackie. 7. In watter raam kan die volgende woorde by Brandon of by Jackie pas? Verduidelik waarom. a) verlig b) opgewonde c) senuweeagtig 8. Gesonde verhoudings

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 105

105

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Drama: Hy bly my broer Pre-lees: Lees eers die beskrywing hieronder. Marius, Amina, Dude en Ida is almal op die redaksie van hulle skoolkoerant. Die uittreksel begin net nadat hulle na skool ’n vergadering gehad het. Amina het gehoop om met Dude te praat oor ’n artikel wat sy vir die skoolkoerant wil skryf. Marius, wat verlief op Ida is, wag vir haar naby die skoolhek om met haar te gesels. Tydens lees: Lees nou die uittreksel uit die drama. Lees dit in rolle. Ida en Dude stap verby Marius sonder om hom raak te sien. Hy staar hulle agterna tot die trane in sy oë hulle wasig laat word. Toe hy opstaan, bots hy byna teen Amina. Sy glimlag op ’n snaakse manier vir hom. So asof sy hom jammer kry.

Amina:

Ek wou met Dude gesels, maar die kompetisie is kwaai.

Marius:

Hóú jy van hom?

Amina:

Nee. Ek bedoel nie soos jy van Ida hou nie. Ek wou net ...

Marius:

Is dit só duidelik?

Amina:

Dat jy mal is oor Ida? Ek weet nie of almal dit kan sien nie. Ek sien soms dinge wat die ander nie sien nie. Miskien oor ek ... eerder my oë as my mond gebruik. Hulle stap saam deur die skoolhek.

Marius:

So jy dink ek mors my tyd met Ida?

Amina:

Ek sal nie só sê nie.

Marius:

Maar ek het nie ’n kans teen ’n ou soos Dude nie.

Amina:

Aag, ou Dude. Hy’s meer bek as binnegoed.

Marius:

Hoekom wou jy dan met hom gesels?

Amina:

Oor die vigs-storie wat ek wil doen. Ek weet nie hoekom hy so teen die idee is nie, maar ... ek het gedink ... as ek vir hom kan verduidelik hoekom dit vir my so belangrik is ...

106

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 106

Week 5 en 6

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Hulle stap in stilte op die sypaadjie langs die skoolheining. ’n Ent voor hulle verdwyn Dude en Ida om die hoek. Marius:

Hoekom is dit vir jou so belangrik?

Amina:

My pa is dood aan vigs.

Gebruik ’n woordeboek as daar woorde is wat jy nie verstaan nie.

Marita van der Vyver (Uit: Hy bly my broer, Maskew Miller Longman, 2005)

W

bots: bumps; stamp kwaai: fierce; sterk redaksie: editorial staff; groep wat ’n koerant beheer vergadering: meeting; bespreking vigs: Aids; ’n ernstige siekte wasig: blurred; dof

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die drama? 1. Wanneer en waar gesels Marius en Amina met mekaar? 2. Hoe weet ’n mens dat Marius aan die begin ontsteld is? 3. Wat bedoel Amina as sy sê “die kompetisie is kwaai”? 4. Amina sê Dude is “meer bek as binnegoed”. Wat beteken dit? 5. Hoe leer ons die karakters in hierdie drama ken? 6. Kies een van die twee hoofkarakters (Amina of Marius) en skryf ’n paragraaf oor sy of haar karakter. Motiveer alles wat jy sê met bewyse (evidence) uit die teks. 7. Dink jy Amina en Marius is aan die einde van die uittreksel nader aan mekaar as aan die begin? Verduidelik. Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Spelling en punktuasie 1.

2. 3.

Kies die korrekte woord. a) Marius probeer (hard/hart) om met Ida te gesels. b) Dis (swaer/swaar) as jy van iemand hou en hulle hou nie van jou nie. c) Amina se pa het aan vigs (gely/gelei). Maak sinne met die woorde wat jy nie hierbo gekies het nie. Skryf die sinne oor met die nodige leestekens. a) Amina sê Ek wou met Dude gesels maar hy is besig b) Marius vra Hou jy van hom Amina c) Nee ek hou nie op daardie manier van hom nie antwoord Amina 8. Gesonde verhoudings

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 107

107

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening 1.

Lees die telefoongesprek tussen Pat en Martin. Wat sê Martin? Jy moet elke keer eers vooruit lees wat Pat sê voordat jy Martin se woorde kan skryf. PAT: MARTIN: PAT: MARTIN: PAT: MARTIN: PAT: MARTIN: PAT: MARTIN: PAT: MARTIN:

Hallo, dis Pat wat praat. a) … Dit gaan goed met my, dankie. En met jou? b) … Ek is jammer, maar ek kan nie saam met jou na die Valentynsdans toe gaan nie. c) … Want John het my eerste gevra. Ek gaan saam met hom. d) … Ja, ek het Margaret se telefoonnommer. Hier is dit: 012-711-1022. e) … Dis my plesier. Ek hoop jy kom reg. f) …

(Deur die skrywer)

(6 × 2 = 12)

2.

3.

4. 5.

108

Skryf die ontbrekende voorsetsels neer. a) Pat en Martin praat ____ die telefoon. b) Martin het ____ Pat gebel. c) Pat sê sy gaan saam met John ____ die dans toe. d) Martin gaan uitvind of Margaret ____ ____ hom wil gaan. (5) Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies. a) Pat antwoord die telefoon op die (reg) manier. b) Martin moes vir Pat (vroeg) gebel het. c) Dit gaan (goed) met Pat as met Martin. (3) Skryf die sinne in die teenwoordige tyd. a) John het my eerste na die dans gevra. b) Ek het gesê ek sal saam met hom gaan. (2) Skryf die sinne in die verlede tyd. a) Dit gaan goed met my. b) Ek kan nie saam met jou gaan nie. c) Ek het Margaret se telefoonnommer. (3) Totaal: 25

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 108

Week 5 en 6

2013/08/21 9:16 AM

9

Koop my!

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• • • • •

prente bespreek vrae oor advertensies bespreek ’n advertensie bespreek ’n mondelinge aanbieding oor ’n advertensie lewer na ’n advertensie luister en vrae daaroor beantwoord

Lees en kyk: Begrip Letterkunde

• • • •

’n advertensie lees en vrae daaroor beantwoord ’n opsomming maak ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord Leesboek bl. 71: “Die fiets” (storie)

Skryf en aanbied

• ’n resensie oor die advertensie skryf

Taalstrukture en -konvensies

• taal-in-konteks-oefeninge oor die volgende taalaspekte doen: versamelname, voornaamwoorde, paronieme, metonimia, neologismes, tye, direkte rede, afkortings, sinsbou, sinonieme, antonieme • jou woordeskat uitbrei • aandag gee aan spelling en punktuasie

9. Koop my!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 109

109

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Bespreek prente Kyk na die prente hieronder en bespreek dan die vrae in groepe.

1. 2. 3.

110

Sê nou maar jy het ’n nuwe selfoon of nuwe paar sportskoene nodig, hoe besluit jy watter soort om te koop? Wat is die belangrikste vir die meeste tieners, ’n produk se prys of ’n produk se handelsnaam (brand name)? Waarom? Help advertensies jou om te besluit wat om te koop as jy iets wil hê? Verduidelik. Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 110

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Bespreek ’n advertensie Pre-luister: Bestudeer eers die woordeskat voordat jy na die advertensie luister. Tydens luister: Luister na die advertensie wat die onderwyser vir jou gaan voorlees. 1. Wat word hier geadverteer? 2. Waarvoor gebruik ’n mens dit?

W

beskerm: protect; dit bied beskerming bestanddeel: ingredient; deel van iets gesiene: renowned; baie goeie

goedgekeur: approved; aanvaar keuse: choice; wat jy kies sagkens: gently; saggies vreedsame: peaceful; rustige

9. Koop my!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 111

111

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Post-luister: Hoe goed verstaan jy die advertensie? Lees eers die inligting hieronder voordat jy die vrae beantwoord. • ’n Advertensie se doel (aim) is om ’n mens te oorreed (persuade) om iets te koop. • ’n Advertensie se teikengroep (target group) is die mense op wie dit gerig is. • ’n Advertensie gebruik kleur (colour) en verskillende lettertipes (fonts) om ’n mens se aandag te trek. • ’n Advertensie gebruik illustrasies om die boodskap sterker te maak. Vrae 1. Skryf elke keer net een woord neer. a) Hoe werk Sweet Dreams Kidz op ’n mens se vel? b) Wie het die produk goedgekeur? c) Soek ’n woord wat “jong kinders” beteken. 2. Wie is die “hulle” in die advertensie se kop (die reël heel bo)? 3. Hoe pas die illustrasie by die advertensie se kop? 4. Waarom, sê die advertensie, is hierdie produk goed vir kinders? 5. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Hierdie advertensie se teikenmark is ma’s wat jong kinders het. 6. Hoekom sal ma’s hierdie produk vir hul kinders wil koop? 7. In die advertensie word genoem dat ’n velspesialis die produk goedgekeur het. Hoekom word dit in die advertensie gesê? 8. Kyk na die verduideliking van die ABBA-beginsel op bladsy 115. a) Hoe trek hierdie advertensie ’n mens se aandag? b) Voltooi: Die advertensie prikkel jou belangstelling, want … c) Wat moet ’n mens wil hê (begeer) as jy die advertensie lees? d) Wat wil die advertensie hê moet ’n mens doen (aksie)? 9. Dink aan ’n goeie Afrikaanse naam vir hierdie produk.

112

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 112

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: Maak ’n opsomming Wat moet kopieskrywers (copy writers) onthou wanneer hulle ’n advertensie skryf? • Lees eers die sewe riglyne vir die skryf van ’n resensie. • Skryf dan die sewe riglyne (guidelines) onder mekaar neer. • Begin elke riglyn met ’n werkwoord en skryf dit in ’n volsin. • Skryf 50 tot 60 woorde. Skryf jou getal woorde neer. Emmentrude Oosthuizen, ’n ervare dosent (lecturer) wat kopieskrywers oplei, het die volgende riglyne gegee vir kopieskrywers wat advertensies vir tydskrifte en koerante skryf.

Riglyne vir kopieskrywers • •



• • • •

Wanneer jy ’n advertensie vir ’n produk moet skryf, is jou eerste stap om soveel moontlike inligting oor die produk in die hande te kry. Jy kan net ’n goeie advertensie skryf as jy presies weet waaroor jy skryf. Wanneer jy ’n advertensie skryf, moet jy besluit of die produk iets is wat mense nodig het om te kan lewe en of dit iets is wat mense gaan koop omdat hulle dit wil hê. Dink of die produk in ’n behoefte of ’n begeerte gaan voorsien. Jy moet dink aan wie die teikenmark vir die produk is – wie dit gaan koop en wie dit gaan gebruik. Is jou teikenmark jonk of oud, arm of ryk? Wanneer jy jou advertensie beplan, moet jy heeltyd jou teikenmark in gedagte hou. Jy moet dink aan hoe jy mense se aandag gaan trek. Wat kan jy doen dat hulle die advertensie wil lees? Onthou, ’n slim kop in jou advertensie sal mense se aandag trek. Jy moet dink aan watter illustrasies jy in jou advertensie gaan gebruik. ’n Goeie illustrasie gaan help om die advertensie suksesvol te maak. Die taal wat jy in jou advertensie gebruik, moet by die teikenmark en die produk pas. Die taal in ’n advertensie vir jeans sal byvoorbeeld anders wees as die taal in ’n advertensie vir ’n duur motor. Jy moet besluit watter slim maniere jy gaan gebruik om die lesers te oorreed om die produk te koop, want dit is tog die doel van ’n advertensie.

(Deur die skrywer)

W

begeerte: want; iets wat jy graag wil hê, maar jy kan daarsonder klaarkom behoefte: need; iets wat jy moet hê om te kan lewe

9. Koop my!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 113

113

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voornaamwoorde Kies die korrekte voornaamwoord tussen hakies. 1. Die kopieskrywer hou van die advertensie wat (sy/haar) geskryf het. 2. (Ons s’n/ons) sal binnekort die advertensie in tydskrifte sien. 3. Die produk (waarin/waaroor) die advertensie is, is (iets/niks) wat (jou/jy) nodig het. 4. (Waarop/Waarvoor) gebruik jy (daardie/dit) produk? 5. (’n Mens/’n Mense) gebruik dit as (jy/jou) (jy/jou) gesig was. 6. Ek skaam (jou/my) dat ek nie kan raai wat (daardie/dit) is nie! 7. Almal (wie/wat)) hulle gesig wil was, moet mos seep gebruik!

Taal in konteks: Paronieme, metonimia en neologismes

Nog neologismes is lokfilm (trailer), stempos (voicemail), spertyd (deadline).

Paronieme is woorde met dieselfde stam, maar verskillende voor- en agtervoegsels, byvoorbeeld: • Ek erken dat ek van die advertensie hou. • Ons herken hom aan sy stem in die radio-advertensie.

Metonimia kom voor as ’n deel van iets na die hele ding verwys, byvoorbeeld: • Jy moet respek hê vir my grys hare. (Grys hare verwys na ouderdom.) Neologismes is nuwe woorde wat in ’n taal geskep word, byvoorbeeld as daar ’n nuwe uitvinding is: • Baie mense gaan na die jolkol (fan park) om na die sokker te kyk. 1.

2. 3.

114

Kies die korrekte woord (paronieme). a) Ek het die advertensie (verlede/gelede) week gesien. b) As jy geld (bedien/verdien), kan jy dit bekostig. c) Kan jy jou antwoord (bewys/verwys)? Skryf die ontbrekende woord neer (metonimia). As jy sê die ketel kook, bedoel jy die ____ binne in die ketel kook. Maak jou eie sinne met die volgende woorde (neologismes, sinsbou). a) skootrekenaar b) rekspring Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 114

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Bespreek vrae Onthou jy? Die ABBA-beginsel word in baie advertensies gebruik. ’n Advertensie: trek jou AANDAG prikkel jou BELANGSTELLING laat jou iets BEGEER (wil hê) motiveer jou om tot AKSIE oor te gaan. 1. 2. 3.

4. 5.

Wat is jou gunstelingadvertensies? Waarom hou jy daarvan? Van watter advertensies hou jy niks nie? Waarom nie? Dink jy ’n irriterende advertensie kan ook ’n goeie advertensie wees? Verduidelik. Voltooi die sin: Dit is ’n advertensie se doel (aim) om jou iets te laat ____. Kyk saam na hierdie advertensie. Dink jy die ABBA-beginsels is in hierdie advertensie gebruik? Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Versamelname Kies die korrekte versamelnaam uit die lys. skool, swerm, laning, trop, span, tros, bundel, swerm, bondel, reeks 1. ’n ____ muskiete 6. ’n ____ wasgoed 2. ’n ____ spelers 7. ’n ____ voëls 3. ’n ____ gedigte 8. ’n ____ skape 4. ’n ____ druiwe 9. ’n ____ produkte 5. ’n ____ bome 10. ’n ____ visse 9. Koop my!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 115

115

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Resensie Skryf ’n resensie (review) van die advertensie op bl. 111 (140–160 woorde). Beplanning/Pre-skryf • Lees deur die vorm op bladsy 117. • Maak twee kopieë van die vorm in jou boek – een vir die eerste weergawe van jou resensie en een vir jou finale resensie. Skryf ’n konsep • Vul die eerste weergawe van jou resensie in. • Beantwoord al die vrae volledig. • Antwoord in volsinne. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees goed deur jou resensie. • Verbeter enige taal- en spelfoute. Skryf dit netjies oor. • Voltooi die finale weergawe van jou resensie en proeflees dit.

Praat: ’n Mondelinge aanbieding oor ’n advertensie Jy gaan ’n Afrikaanse advertensie in ’n koerant of tydskrif soek en dit dan in ’n praatjie van 2–3 minute ontleed (analyse) en bespreek. Gebruik die vrae op bladsy 117 om jou praatjie op te baseer. Beplanning, navorsing en organisering • Besluit oor watter advertensie jy gaan praat. • Beplan wat jy aan die begin, in die middel en aan die einde gaan sê. Begin: Sê oor watter advertensie jy praat. Middel: Bespreek die verskillende aspekte van die advertensie (soos op die resensievorm). Einde: Som jou mening van die advertensie in een sin op. • Organiseer jou idees in ’n logiese volgorde. • Skryf jou praatjie uit en oefen om dit te lewer. Voorbereiding en aanbieding • Spreek woorde duidelik uit en praat hard genoeg. • Maak oogkontak met jou gehoor. • Praat soms vinniger, soms stadiger. • Gebruik pouses om jou woorde te laat insink. • Maak seker jou styl en taalgebruik pas by die doel van jou praatjie.

116

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 116

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Resensie van advertensie Produk wat geadverteer word: ____________________________________ Teikengroep van die advertensie: _________________________________ Wie sal die produk gebruik? ______________________________________ Wat maak die produk spesiaal? ___________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ Word illustrasies goed in die advertensie gebruik? Verduidelik. _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ Word verskillende lettertipes goed gebruik? Verduidelik. _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ Hoe probeer die advertensie ons manipuleer om die produk te koop? _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ Dink jy dit is ’n goeie advertensie? Verduidelik. _________________________________________________________________ _________________________________________________________________ Persoonlike besonderhede: _______________________________________ ___________________________________________________ Naam en van: _____________________________________ Adres: ____________________________________________

_______________________________________________ _______________________________________________ Handtekening: _____________________________________

Probeer baie eerlik wees as jy ’n resensie gee. 9. Koop my!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 117

117

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Oefen jou luistervaardighede Pre-luister Nie alle advertensies adverteer goed wat ’n mens koop nie. Wat anders kan geadverteer word? Tydens luister • Luister terwyl ’n advertensie die eerste keer vir jou voorgelees of gespeel word. Let op die taalgebruik, toon en tempo. • Lees die vrae hieronder en die woordeskat aandagtig deur. • Luister ’n tweede keer na die advertensie en maak aantekeninge oor die antwoorde vir die vrae. Post-luister Beantwoord die onderstaande vrae. 1. Wanneer kan ’n droom ’n realiteit word, sê John Lennon? 2. Vir watter kinders help Reach for a Dream? 3. Hoe help Reach for a Dream hierdie kinders? 4. Skryf die ontbrekende woorde neer. a) Reach for a Dream wil die ____ in die kinders se lewens terugbring. b) Hulle wil kinders ____ en inspirasie gee om bo lewensbedreigende siektes: hul siekte uit te leef. life-threatening illnesses; siektes 5. Hoe kan ’n mens Reach for wat jou kan doodmaak a Dream help om siek kinders te help?

W

Taal in konteks: Tye, direkte rede, punktuasie, afkortings 1.

2.

3.

118

Taalstrukture en -konvensies

Skryf die sinne in die verlede tyd. a) Die organisasie help siek kinders. b) Elke kind het ’n droom. c) Die kinders se drome word waar. Skryf die sinne in die direkte rede oor met die nodige punktuasie. a) John Lennon sê ’n Droom wat jy alleen droom bly ’n droom b) ’n Droom wat jy saam droom word ’n realiteit sê John Lennon Waarvoor staan die afkorting in die volgende sin? Help ons asb. om ons drome waar te maak! Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 118

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Stille Nag, Heilage Nag Pre-lees: Dink aan hoe dit elke jaar net voor Kersfees in die winkels is. • Watter soort musiek word gespeel? Hoe word die winkels en winkelsentrums versier (decorated)? • Waarom gebeur dit? Tydens lees: In hierdie gedig deur Adam Small stem twee mense nie saam oor die aanhoudende speel van die Kerslied “Stille nag” in die winkels voor Kersfees nie. Let op dat die gedig in Kaapse Afrikaans geskryf is. Stille Nag, Heilage Nag Wanneer kry djulle dan klaar met daai song? Gwaan loep, djy’s naar – Betlehemster flikker dan nou elke djaar hellerder innie O.K. Bazaar! (Uit: Sê sjibollet, Tafelberg Uitgewers, 1963)

W

daai song: that song; daardie lied djulle: you; julle Gwaan loep: go on; toe nou, loop heilage: holy; heilige hellerder: more brightly; helderder innie: in the; in die naar: horrible; lelik

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Na watter lied verwys die spreker in strofe 1? 2. Waarom is die spreker in strofe 1 geïrriteerd? 3. Hoe reageer die tweede spreker op die eerste spreker? 4. Volgens die Bybelse geskiedenis het ’n spesiale ster (Betlehemster) Christus se geboorte aangekondig. Waarvoor word die ster met Kerstyd in die winkels gebruik? 5. Wat is die gedig se boodskap, dink jy?

9. Koop my!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 119

119

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Bestudeer weer die advertensie op bl. 115 en beantwoord die vrae. 1. Kies die korrekte woorde: a) Hierdie kussings en mandjies vir troeteldiere is spesiaal, want dit kan (verhit/verkoel) word. b) Die woorde “Pet Pleasure” links bo is in ’n hartjie geskryf om te wys ’n mens (is lief vir/haat) jou troeteldiere. c) Die woord (koubestand/waterbestand) wys dat die troeteldierbed droog sal bly as ’n nat dier daarop lê. d) Die woorde “Keer die koue” wil ’n mens (oorreed/afraai) om die produk te koop. (4) 2. Watter woord sê ’n troeteldier sal lekker op so ’n bed slaap? (1) 3. Skryf die ontbrekende woorde neer: a) Die woord “verhitte” beteken amper dieselfde as ____. (1) b) Hierdie beddens is ideaal vir ___ diere met ____, jong diere of ____ diere. (3) 4. Waarom is dit goed om die prente van die hond op die kussing en die kat in die mandjie in die advertensie te hê? (2) 5. Voltooi die sinne. Skryf elke keer die hele sin uit. a) “Verhitte troeteldierbeddens” is groot geskryf, want ___. b) Die advertensie se doel is om ___. c) Die advertensie se teikengroep is ___. d) Die gebruik van die kleur rooi werk goed, want ___. (8) 6. Is die volgende stellings waar of onwaar? Verduidelik jou antwoord. a) As jou troeteldier so ’n bed het, sal daar baie dierehare op jou meubels wees. (2) b) Al die kussings en mandjies is dieselfde grootte. (2) 7. Skryf antonieme uit die teks vir die volgende woorde neer. a) gesond b) onwasbaar c) toekoms d) koue (4 ÷ 2 = 2) Totaal: 25

120

Kwartaal 2

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 120

Week 7 en 8

2013/08/21 9:16 AM

10

Wie erf wat?

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• na stories oor testamente luister, dit lees en bespreek • die onderhandelinge oor ’n testament rolspeel, daarna luister en die probleme probeer oplos

Lees en kyk: Begrip

• ’n strokiesprent lees, bekyk en vrae daaroor beantwoord • wenke waarop ’n mens moet let as jy ’n testament opstel, lees en vrae daaroor beantwoord • ’n voorbeeld van ’n verkorte testament bestudeer en vrae daaroor beantwoord • ’n gedig lees, analiseer en literêre vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 93: “Die halssnoer” (drama)

Letterkunde Skryf en aanbied

• ’n testament vir jouself opstel en aanbied

Taalstrukture en -konvensies

• • • •

voegwoorde en verbindingswoorde in sinne gebruik bysinne en bepalings benut deelwoorde leer vorm taal-in-konteks-oefeninge doen oor: deelwoorde, paronieme, verskillende sinsoorte, meervoude, homofone, antonieme, idiome, indirekte rede en toekomende tyd • jou woordeskat oor veral testamente uitbrei

10. Wie erf wat?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 121

121

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Luister en praat: Stories oor testamente • Verdeel in groepe van vier. • Kyk na die prente by die drie situasies (stories) op hierdie twee bladsye. • Lees eers die wenke op bladsy 130, Basiese wenke om ’n testament op te stel, hardop saam met ’n maat deur. Baie van die antwoorde op die vrae op hierdie bladsye sal jy daar kry. • Beantwoord dan die vrae.

Kinderhuis kry R30 miljoen ’n Boer het sy hele boedel van ongeveer R30 miljoen aan ’n kinderhuis in Potchefstroom bemaak. At van der Merwe het glo een keer toe hy gevra is om geld in ’n blikkie te gooi, gesê hy gaan niks daarin gooi nie, want eendag gaan die Abraham Kriel-Kinderhuis genoeg kry.

(Uit: Die Burger, 12 Augustus 2012)

Die boer, At, het soos ’n kluisenaar (hermit) gelewe. Hy was ’n suksesvolle boer en het niemand by die kinderhuis geken nie. • Wat is julle opinie oor die boer se goeie daad? Sou julle dit gedoen het? • Wat, dink julle, moet die kinderhuis alles met die geld wat hulle geërf het, doen?

122

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 122

W

bemaak: leave, bequeath boedel: estate erf: inherit erfgenaam: heir erfporsie: share of the inheritance geërf: inherited getuie: witness onderteken: sign spaargeld: savings testament: will

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Siek seun bemaak geld aan skool Klein Heiné Hansmann (11) bemaak in 1962 sy spaargeld van R100 aan sy skool.

(Uit: Die Burger, 12 Augustus 2012)

• Kan Heiné regtig volgens wet ’n testament opstel? • Sou jy ’n testament opstel as jy baie siek word? • Vertel vir jou maat hoekom jy dit tog sou doen.

Geen erfgename nie? Johannes Kerkorrel, ’n bekende Afrikaanse sanger, het wel sy eie testament opgestel en onderteken, maar geen getuies het dit onderteken nie. Hy het ’n ma, ’n seun en ’n goeie vriend gehad.

(Uit: Beeld, 5 Desember 2002)

• Waarom is dit ’n probleem? Dink jy sy testament was geldig? • Wie, dink jy, het sy besittings geërf?

As iemand sonder ’n wettige testament sterf, kry die eggenoot alles. As daar nie ’n eggenoot is nie, kry die kind alles. 10. Wie erf wat?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 123

123

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Onderhandelingsgesprek: Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament Pre-lees Werk in groepe van vier. Elkeen speel ’n karakter. Tydens lees • Dramatiseer die toneel. • Let goed op wat oor testamente gesê word en hoe mense baie emosioneel daaroor raak. (Die gesprek vind plaas tussen die Hemelbesems, Ma, Pa en Bessie, wat baie lang mense is, en tante Potjierol wat kort en koeëlrond is. Sy het so pas skielik by die Hemelbesems opgedaag.) Ma: (Sug) Is dit ’n afskrif van die testament? Bessie: Ma, Pa, luister mooi. Kort voor sy dood het oom Sak Sarel ’n paar klein veranderinkies aan sy laaste testament gemaak. Ma: ’n Paar klein v-veranderinkies? Wie weet watter wonderwerk dalk in oom Sak Sarel se sterwende hart gebeur het? Was ek nie altyd sy gunsteling nie? Nee, ek is seker daar wag ’n verrassing op ons! Pa: (Gespanne) Ek sal nie stry dat allerhande vrese aan my knaag nie. Ek wag in vrees en bewing. Tante: (Snuif) ’n Paar veranderinkies wat behoorlik onderteken en heeltemal wettig is. Niks wat maak dat iemand die testament in die hof sal kan beveg nie. Bessie: (Besluit om die bom te gooi.) Ma en Pa, die testament lyk só: julle erf vir tante Potjierol en Pietersielie, vir ewig en altyd. Ma: (Spring op met krete van blydskap.) Hoera! Ek is so bly. Pa: (Brom) Die erfporsie is erger as wat ek verwag het! Bessie: Wie is Pietersielie? Pa: (Sak met ’n hol kreun inmekaar.) Dalk is dit net ’n slegte droom ... Ma: Ek wou nog altyd familie in my huis ontvang. Pa: (Gooi sy arms in die lug.) Maar – maar – ’n mens kan mos nie dat iemand ’n méns by jou erf nie ... Tante: (Vies) Sak Sarel kan! Dis heeltemal wettig. Vra enige prokureur wat sy sout werd is. Van nou af bly ek hier by julle. Vir ewig en altyd, soos Sak Sarel in sy testament sê. Pa: (Skree) Wie is Sak Sarel om vir ons te sê wat ons moet doen?

124

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 124

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Ma:

(Huil) Die arme man is in sy graf. En tante Potjierol is my oudste familielid. Sy het geen ander plek om heen te gaan nie. Dis hoekom oom Sak Sarel op hierdie mooi manier vir haar sorg. Pa: (Skel) Aan wie se kant is jy? Hoekom moet sy by ons kom woon? Hoekom kan sy nie op Seepfontein bly woon nie? Vir wat het oom Sak Sarel sy testament verander en haar aan ons afgesmeer? Ma: (Pers haar lippe saam sodat sy nie sê wat sy dink nie) Bessie: (Troos) Onthou, daar is altyd ’n geluk by die ongeluk ... Pa: Geluk? Soos wat? Tante: Soos daardie oerwoud in die agterplaas. Pietersielie sal dit mak maak. Sy is mal oor seldery en pietersielie. Dis al wat sy ooit eet. Bessie: Wie is Pietersielie? (Verwerk uit: Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament, LAPA Uitgewers, 2009) Janie Oosthuysen

Kyk na die prentjie, dan sal jy weet wie Pietersielie is! Lees gerus die hele leesreeks oor die snaakse Bessie Hemelbesem en haar speuravonture. Post-lees: Hoe goed verstaan jy die onderhandelinge? Bespreek die volgende vrae en probeer dit oplos. 1. Hoe het Sak Sarel in sy testament die Hemelbesems gemanipuleer? 2. Wie en wat het die Hemelbesems geërf? Wat is julle opinie daaroor? 3. Bespreek die probleme as jy iemand of iets erf wat jy nie wil hê nie. 4. Watter moontlike oplossing is daar vir die probleem? 5. Wat het julle oor testamente in die toneel geleer? 10. Wie erf wat?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 125

125

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Strokiesprent: Hond se gedagtes Pre-lees Baie mense laat hulle diere besittings en geld erf. Oprah Winfrey het ook miljoene dollars aan haar honde bemaak. • Vluglees eers die storie oor die poedel. • Soeklees nou in die teks na sekere besonderhede – kyk hoe die poedel lyk en hoe haar karakter deur die prentjies uitgebeeld word. Tydens lees Testament van Leona Helmsley Hiermee bemaak ek, Leona Helmsley, R87 miljoen aan Trouble, my geliefde Maltese poedeltjie, sodat sy tot haar dood uitstekend versorg kan word. Straathonde en honde wat ly, kry die res van my miljarde dollars.

L Helmsley Datum: 3 Maart 2004 Bedorwe brakkie!

Lekker. Lekker! Elke hond kry sy dag!

1

2

Trouble, hou op om my te byt!

3

Hoekom moet ek aan die kleinste been kou? Wat het al die straathonde vir my nooi gedoen om soveel geld te erf? Net mooi niks nie!

4

(Deur die skrywer)

126

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 126

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die strokiesprent? 1. Wie is die hoofkarakter? 2. Gee vier redes wat jy kan aflei dat Trouble bederf was. 3. Watter een woord in raampie 2 sê dat die hond bederf word? 4. Is die volgende stelling waar of onwaar? Bewys jou antwoord. Trouble het die meeste geld uit mev. Helmsley se testament gekry. 5. Kies die korrekte figuurlike betekenis van: Ek kou aan die kleinste been. (Die been is baie klein./Ek kry die minste geld.) Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voegwoorde, verbindingswoorde, deelwoorde en paronieme

Voegwoorde en verbindingswoorde verbind sinne. • Voegwoorde is woorde soos want (Groep 1), tog (Groep 2), aangesien (Groep 3). – Mev. Helmsley bemaak geld aan honde. Sy is jammer vir hulle. (aangesien) – Mev. Helmsley bemaak geld aan honde aangesien sy vir hulle jammer is. • Verbindingswoorde is ook voegwoorde en woorde soos wat, wie en waarvan (betreklike voornaamwoorde). – Dit is die bedorwe hond. Die hond gee baie moeilikheid. (wat) (Groep 3) – Dit is die bedorwe hond WAT baie moeilikheid gee. (Die tweede Die hond val weg.) 1.

2. 3.

Verbind die sinne met die voegwoorde en/of verbindingswoorde. a) Die poedel dra ’n halssnoer. Haar eienaar bederf haar. (want) b) Mev. Helmsley het haar poedel lief. Sy laat haar miljoene dollars erf. (daarom) c) Dit is die hond. Sy het so baie geld geërf. (wat) Begin so: Dit is die hond wat ... Gee die regte vorm van die woord (deelwoorde). a) Trouble was regtig ’n (bederf) hond. b) Sy was mev. Helmsley se (lief) hondjie. Gee die regte vorm van die woord (paronieme). a) Ek het dadelik vir Trouble op die foto (ken). b) Al die mense het Trouble se storie (ken).

10. Wie erf wat?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 127

127

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: Gedig: Uitveër Pre-lees Kyk na die titel van die gedig en raai waaroor dit gaan. Tydens lees • Lees die gedig hardop, want ’n gedig wil hê jy moet hoor hoe hy klink. • Lees dit ’n paar keer deur sodat jy dit regtig verstaan. Uitveër Ek wens ek kan my foute wegvat, uitwis uitvee soos ’n spelfout in ’n klaswerkboek Sodat niemand anders kan sien wat ek weet daar was nie. Ek wens ek kon gister oorhê, herstel of uitvee sodat daar net ’n skaduwee van my woorde oorbly Sodat ek kan vergeet wat gesê is en ek kan terugkry wat ek verloor het.

Herhaling van sinonieme vir klem omdat die spreker heeltemal van haar foute ontslae wil raak. Letterlik: jy vee foute met ’n uitveër uit. Figuurlik: om vry te wees van haar foute Vergelyking: “lewens”-foute soos spelfoute Metafoor – Haar verkeerde dade wat uitgevee is, is nou ’n skaduwee. Sy gee twee redes waarom sy voor wil begin. Let op na die woorde “sodat” en “Sodat”.

Nanette Burger (Gr. 12 Hoërskool De Kuilen) (Uit: Poort, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2004)

128

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 128

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

W

herstel: correct, mend it; om iets wat verkeerd is, heel te maak skaduwee: shadow; donker vorm waar die lig nie skyn nie uitvee: rub out; uitwis, letterlik: met uitveër skoon te maak uitveër: eraser; stukkie rubber om verkeerde merke op papier uit te vee

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Wie is die spreker in die gedig? 2. Wat wens (wish) sy in die eerste strofe? 3. Waarom gebruik sy die sinonieme “wegvat, uitwis, uitvee”? 4. Kies die regte antwoord: Die aanhaling: “ek kan my foute/uitvee soos ’n spelfout in ’n klaswerkboek” is (personifikasie/’n vergelyking/’n metafoor). 5. Is die volgende stelling waar of onwaar? Sy is baie skaam oor haar foute. 6. Praat sy regtig van foute in haar skoolboeke? Motiveer jou antwoord. 7. Wat wens sy in strofe 2? 8. Waarom wens sy dit? Gee twee redes vir jou antwoord. Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Bysinne en bepalings, sinsoorte, meervoude, homofone Jy kan sinne uitbrei deur meer van die werkwoord te vertel. • Die meisie maak pizzas. • Die meisie maak elke dag pizzas. (Tyd) • Die meisie maak vinnig pizzas. (Wyse) • Die meisie maak pizzas in die kombuis. (Plek) 1.

2. 3. 4.

Brei die onderstreepte werkwoord in die sin uit met ’n woord van jou keuse. (bepalings – bywoorde) a) Die meisie het ___die spelfoute uitgevee. (Tyd) b) Die meisie het die spelfoute ___ uitgevee. (Wyse) c) Die meisie het die spelfoute ___ uitgevee. (Plek) a) Verander die vraagsin in ’n stelsin: Vee sy die foute uit? b) Verander die stelsin in ’n bevel: Jy vergeet wat jy gesê het. Gee die meervoud. Jy het te veel a) (uitveër) en jou skrif is vol donker b) (kol). Kies die korrekte woord (homofoon). Die meisie (ly/lei) oor haar optrede in die verlede. 10. Wie erf wat?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 129

129

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: Die opstel van ’n testament Pre-lees • ’n Testament is ’n belangrike dokument waarin jy sê hoe jou sake na jou dood afgehandel moet word. • Jy kan daarin sê hoe jou besittings verdeel moet word, maar ook wie verder jou geliefdes (bv. kinders, troeteldiere) moet versorg en selfs hoe jy begrawe wil word. Tydens lees Lees die wenke en die voorbeeld goed deur. Basiese wenke om ’n testament op te stel 1 2 3 4 5 6 7

Jy moet 16 jaar oud wees as jy ’n wettige testament wil opstel. Jou testament is net geldig (officially acceptable) as dit geskryf is. Twee mense moet jou getuies wees en die testament teken. Jy moet elke bladsy van die testament parafeer (initial) en jou getuies moet by wees as jy jou handtekening (signature) op die laaste bladsy teken. Jou testament moet ’n datum hê. As jy nie ’n testament het nie, word jou besittings verdeel tussen jou naaste familielede. ’n Eksekuteur (executor) maak seker dat jou wense nagekom word en betaal enigiets wat jy skuld (owe).

(Gebaseer op: “Die opstel van ’n geldige testament”, Wes-Kaapse Regering www.westerncape.gov.za)

’n Voorbeeld van ’n verkorte testament

130

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 130

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy ’n testament? 1. Waarom stel ’n mens ’n testament op? 2. Hoe oud moet jy wees om ’n wettige testament te mag opstel? 3. a) Watter twee mense moet by jou wees as jy ’n testament teken? b) Hoe moet die twee mense bewys hulle was by jou? 4. Wat gebeur as jy nie ’n testament het nie? 5. Waarom moet jy ’n eksekuteur aanstel? 6. Wie sal die erfporsie ontvang?

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Testament Opdrag: Skryf jou eie testament (90–100 woorde) waarin jy jou besittings (bates) aan twee verskillende mense bemaak. Besluit ook wie iets geliefds, soos jou troeteldier, moet oppas. Beplanning/Pre-skryf • Dink mooi aan wie jy jou besittings wil bemaak. • Die dokument moet volledig wees. Jy mag niks weglaat nie. • Kyk goed na die voorbeeld van die testament. Skryf ’n konsep • Skryf jou eerste weergawe van jou testament. • Sorg dat jy al die inligting gee sodat jou testament wettig is. • Bestudeer weer die woordeskat wat in ’n testament gebruik word en gebruik dit in jou testament wat jy opstel. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees weer deur jou testament en maak seker dat al die feite daar is. • Vergelyk jou testament met die voorbeeld. • Verbeter enige spelfoute en taalfoute en skryf dit netjies oor. • Teken dit self en laat jou twee getuies dit teken. • Kopieer jou testament. • Sit dit in ’n lêer en bêre dit op ’n veilige plek. 10. Wie erf wat?

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 131

131

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening 1.

Vul die ontbrekende woorde in. Kies uit die blokkie. (woordeskat) erfporsie

2. 3. 4.

erfgenaam erf bemaak getuies wettig testament handtekening

eksekuteur

Elke mens behoort ’n a) ___ te hê om te sê wat met jou besittings moet gebeur. Die elfjarige Heiné het selfs in 1962 R100 aan sy skool b) ___. ’n Boer het ’n kinderhuis sy hele boedel laat c) ___. As jy wil hê die regte d) ___ moet jou bates ontvang, moet daar twee e) ___ by wees as jy die testament teken, anders is daar probleme soos by Kerkorrel se testament. Pa Hemelbesem was geskok oor hulle f) ___, naamlik die tante en die seekoei.Tante Potjierol sê egter dis g) ___. Dit is ook belangrik dat jou h) ___ onderaan die testament is. Stel ’n i) ___ aan om jou testament te bestuur en te sorg dat jou wense nagekom word. (9) Kies die regte homofoon. Neem die (lyding/leiding) en laat jou gesin ’n testament opstel. (1) Kies die regte vorm van stel. (paronieme) a) Hy het hom lank oor die testament (bestel/ontstel). b) Ek het ’n mooi lêer vir my testament (bestel/herstel). (2) Pas die sinsoort in kolom B by die sin in kolom A. Kolom A a) b)

Hoera! Ek is so bly ons erf tante Potjierol. Kan ons tante Potjierol erf?

Kolom B i) Vraagsin ii) Uitroepsin

(2)

5.

Brei die sin uit met ’n paslike woord. Tante Potjierol hou ___ van oom Sak Sarel. (1) 6. Gee die meervoud. Sommige a) (testament) gee vir b) (mens) groot c) (probleem). (3) 7. Gee die regte vorm (deelwoorde). Die a) (bederf) hondjie Trouble het so baie geld geërf omdat sy haar baas se b) (lief) hondjie was. (2) 8. Verbind die sinne met die woord tussen hakies (voegwoord). Johannes Kerkorrel se testament was ongeldig. Getuies het dit nie geteken nie. (aangesien) (1) 9. Skryf in die indirekte rede: Pa sê: “Ons gesin het ’n mens geërf.” (2) 10. Gee die toekomende tyd: Ons sorg nou vir tante Potjierol. (2) Totaal: 25

132

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 132

Week 1 en 2

2013/08/21 9:16 AM

11

Olifante

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• oor ’n prent praat en luisterbegripaktiwiteite uitvoer • na die voorlesing van ’n onderhoud luister • oor ’n CV praat en in pare bespreek watter inligting dit moet insluit

Lees en kyk: Begrip

• ’n geskrewe teks soeklees, vluglees en aandagtig lees • ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord • ’n gedig lees en die inhoud interpreteer en ontleed • Leesboek bl. 1: “Olifant en Seekoei trek tou” (volksverhaal) • Leesboek bl. 22: “Die olifantneste” (volksverhaal)

Letterkunde

Skryf en aanbied

• ’n CV en dekbrief skryf

Taalstrukture en -konvensies

• oefeninge doen oor spelling en spelpatrone, byvoeglike naamwoorde, direkte en indirekte rede, tyd, sinsoorte, sinonieme, antonieme en verwarrende woorde, soos homofone, homonieme en polisemie

11. Olifante

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 133

133

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Praat: Praat oor ’n prent en los ’n raaisel op

(Uit: Die Burger, 10 Mei 2008, bl. 4)

Kyk na die prent en bespreek wat julle dink hier gebeur het. Praat oor hoe julle sou gevoel het as julle in die motor was.

Het jy geweet? Olifante is die grootste landdiere op aarde.

Luister: Luister na ’n onderhoud Pre-luister • Jy gaan na ’n voorlesing luister van die onderhoud wat ’n koerantverslaggewer met Rico Beltrami, die bestuurder van die motor op die foto, gevoer het. • Lees die vrae op bl. 135 aandagtig deur, want dit sal jou help om vir die regte antwoorde te luister. Vra jou onderwyser as jy ’n woord in ’n vraag nie verstaan nie. • Jou onderwyser sal die teks twee keer voorlees. • Skryf die vraagnommers onder mekaar op jou antwoordblad neer. Tydens luister Skryf sleutelwoorde wat jy hoor, vinnig neer, maar moenie ophou luister nie, anders hoor jy nie alles nie. Post-luister Voltooi die antwoorde nadat jy die tweede keer na die voorlesing geluister het.

134

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 134

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Luister en praat

Vrae 1. Op watter datum en uur van die dag het die Beltrami’s die ondervinding met die olifant gehad? 2. Waar of Onwaar? Die olifant het albei sy voorpote op die motor gesit. 3. Wie het vir Rico Beltrami gesê hy moet die motor se enjin afskakel? 4. Ongeveer hoe lank het die olifant by die Beltrami’s se motor gebly? 5. Op watter manier het die Beltrami’s ’n foto van die gebeurtenis gekry? 6. Hoe weet jy dat daar skade aan die motor was? Raaisel Dink in pare saam aan ’n oplossing vir hierdie raaisel: Hoekom is olifante só gekreukel (creased)? Kyk of julle reg geantwoord het. Hier is die deurmekaargeskommelde antwoord vir die raaisel se vyf woorde: Isd kilioem mo elhul et kryst.

(Rangskik die letters in die woorde korrek om die antwoord te lees.) Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede Lees die strokie en voer die opdragte uit. En daar staan die olifant vas aan die slaap op my stert.

O heng!

1

Gelukkig kon ek as olifantkenner deur blote geduld die situasie hanteer.

2

Seker ’n dag of twee ...

Vir hoe lank?

3

(Uit: Die Burger, 21 Augustus 2010, bl. 17)

Skryf hierdie sinne oor in die indirekte rede. 1. “Die olifant staan vas aan die slaap op my stert,” sê die bobbejaan. 2. Die leeu vra: “Het hy lank gestaan?” 3. Die bobbejaan antwoord: “Seker ’n dag of twee.” 4. Watter leestekens wat in die direkte rede gebruik word, word nie in die indirekte rede gebruik nie? 11. Olifante

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 135

135

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Teks met inligting oor olifante Pre-lees Maak eers seker dat jy die betekenis van al hierdie woorde verstaan.

W

’n ton: a ton; 1 000 kilogram bloedvate: blood vessels; buise waardeur bloed in die liggaam vloei geruisloos: silently/quietly; sonder om ’n geluid te maak hegte verhouding: close relationship; ’n intieme band onafhanklik: independent; om alleen te kan klaarkom slagtand: tusk; lang ivoortand met ’n skerp punt sorgsaam: caring; om goed vir iemand of iets te sorg

Tydens lees

Die grys reuse van die Afrika-bos Die wetenskaplike naam vir die Afrika-olifant is Loxodonta Africana. Loxodonta is ’n samestelling van twee Griekse woorde wat “skuins tand” beteken. Bulle weeg tussen 5 en 6 ton. Só ’n groot dier neem natuurlik baie lank om so groot te word. Hulle kan tot 70 jaar oud word. As jy op die rug van ’n olifant is, sal jy 3 tot 4 meter bo die grond wees. Hulle ore alleen is meer as ’n meter groot. Hierdie reuse-ore word heeltyd beweeg om hulle liggaamstemperatuur af te bring. Olifante is mal oor water en sal minstens een maal per dag ’n draai maak by ’n watergat om te drink en te bad. Hulle kom soms bruin van die modder uit ’n dam. Die modder wat op hul grys, geplooide vel droog word, beskerm hulle teen die son en insekte, want die vel is byna haarloos. Hulle stap diep in en suig water in hul slurpe op om oor hul rûe te spuit. Die slurp is eintlik ’n lang neus wat ook as ’n arm of hand gebruik word om blare en takke af te pluk en swaar goed op te tel. Anders as mense se neuse, het die slurp duisende spiere – die slurp alleen kan tot 100 kg weeg. Vir so ’n reusedier beweeg olifante verbasend geruisloos.

136

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 136

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Dis net as ’n koei haar kalf beskerm of jy te naby aan hulle kom, dat hulle ’n groot geraas maak om hul gebied te beskerm. Die ivoortande word gebruik om bas van bome af te trek, wanneer hulle baklei en ook vir selfverdediging. Hierdie slagtande kan baie groot word en is een rede waarom olifantgetalle deur die jare so verminder het, want die ivoor is baie waardevol. Olifante eet hoofsaaklik gras, maar is ook vreeslik lief vir blare en takkies. Hulle kan 220 kg gras en blare per dag eet. Die olifantbevolking van ’n gebied word verdeel in familiegroepe, met die oudste koei as leier. Volwasse bulle lei onafhanklike lewens en word gewoonlik alleen gesien. Daar is ’n hegte verhouding tussen al die lede van die groep, maar veral tussen die koeie en hul kalwers. Olifante is intelligente diere wat op ’n manier wat ons nie verstaan nie met mekaar kommunikeer. Hulle het spesiale vermoëns en eienskappe, en is liefdevol en sorgsaam teenoor mekaar. (Deur skrywer saamgestel)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die teks? Vluglees en soeklees die teks vir antwoorde en lees dan die hele teks aandagtig om al die antwoorde te voltooi. 1. Hoe hoog kan ’n olifant min of meer wees? 2. Wat kan een rede wees waarom ’n olifant lank leef? 3. Kies die gepaste woord tussen hakies. ’n Olifant het sulke groot ore om hom te help om (koel/droog) te bly. 4. Noem een rede waarom olifante graag in ’n watergat bad. 5. Hoekom is ’n olifant se vel meer gevoelig vir die son as byvoorbeeld die vel van ’n leeu? 6. Wat maak ’n olifant se slurp so swaar? 7. Antwoord Waar of Onwaar: Olifante is altyd lawaaierige diere. 8. Kies die regte woord: Omdat ivoor baie waardevol is, word hulle deur jagters en wilddiewe (gejag/beskerm). 9. Watter lede van die olifantbevolking leef in groepe saam? 10. Haal twee woorde in die laaste paragraaf aan wat aandui dat olifante hul gevoelens vir mekaar wys.

11. Olifante

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 137

137

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Gesprek met ’n olifant Pre-lees: Kyk na die titel en die prente en voorspel waaroor die gedig gaan. Tydens lees Gesprek met ’n olifant Kolos van die Afrika-bos, geruisloos, katvoet op jou tone, beweeg jy, fassinerende reus; krul jy jou lang arm-hand-neus om die stamme van bome. Wat weet jy, grys grootvoet? Wat dink jy terwyl jy so ywerig die meeste van jou dag bestee aan blare afskeur en takke breek om in jou groot mond te steek? Swygsame alleenloper-bul, waar is jou een ivoor-slagtand? Het jy baklei en dit verloor hier in Addo, plek van die olifant? Wat sou jy sê as jy my kon hoor? Sterk wonderdier, breker van die bos, is dit waar dat jy kan huil? Daar word vertel dat jy treur as iets wat jou ontstel gebeur.

Loxodonta africana is jou deftige naam, ’n simbool van Afrika, soos ’n prent in ’n raam. Soos ons velde en vlaktes, soms rustig en stil, maar soms woedend en met ’n verwoestende wil. Laat dit goed gaan, ou grote, vaarwel! (Deur die skrywer)

W

fassinerend: fascinating/very interesting; wat jou sterk aantrek/interessant katvoet: idiom meaning very silently like a cat;; saggies en stil soos ’n kat kolos: a very big thing (colossal); ’n baie groot ding swygsaam: silent, not talkative;; wat nie baie praat/sê nie verwoestend: destructive; dit wat verwoes ywerig: enthusiastic/keen;; entoesiasties, met die wil om iets te doen

138

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 138

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Haal die metafoor aan wat sê dat die olifant baie saggies loop. 2. Wat is die “lang arm-hand-neus” (gee een woord)? 3. Wat doen die olifant die grootste deel van die dag? 4. Watter woord sê dat hierdie olifant nie in ’n groep leef nie? 5. Wat vra die spreker die olifant in strofe 3? 6. Haal twee afsonderlike woorde in strofe 4 aan wat na die olifant se gevoelens verwys. 7. Haal die twee woorde in die laaste strofe aan wat sê dat olifante ook kwaad word en kan vernietig. 8. Waarmee vergelyk die spreker die olifant in die laaste strofe? 9. Watter voorbeelde van alliterasie met die b- en w-klanke is daar in strofe 4 en 5? 10. Hoekom is dit gepas om die woord “kolos” in strofe een te gebruik, in plaas van om byvoorbeeld te sê: “Baie groot dier van die Afrikabos”?

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Leestekens Leestekens is die verkeerstekens in ’n taal. Hulle is die verkeerstekens in ’n taal wat vir lesers byvoorbeeld sê dat daar ’n ruspunt is (komma, kommapunt Ek hou só baie van my en punt), dat ’n uitroep gegee word jas dat ek nie wil hê die (uitroepteken), en dat iemand iets wil son moet uitkom nie. weet (vra) (vraagteken). Skryf hierdie paragraaf oor en voeg die leestekens en hoofletters in. shukuru die klein oulike olifantjie op die foto moet ’n reënjas kry want sy het nie ’n ma nie wildbewaarders het haar na dié wildpark gebring dus sorg hulle goed vir haar dr banda die veearts het hulle verseker sy is gesond maar hulle is só lief vir die olifantbaba dat hulle geen kanse waag nie wanneer shukuru haar oppassers sien steek sy haar slurpie uit om gestreel te word dit is asof sy roep ek is lief vir julle

(Uit: National Geographic Kids, Uitgawe 69, Mei 2012, bl. 9)

11. Olifante

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 139

139

2013/08/21 9:16 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Spelling, sinonieme, antonieme, homonieme, homofone en byvoeglike naamwoorde 1.

2.

3.

4. 5.

6.

7. 8.

140

Kies die korrekte spelling. Die a) (fyf/vyf) olifante b) (steur/stuur) hulle nie aan die c) (pêrs/pers) d) (kruiwaëns/kruiwaens) nie. Hulle vind dit nie e) (interresant/interessant) nie en stap f) (onmidellik/ onmiddellik) g) (veldtoe/veld toe). Verbeter die spelfoute in die volgende teks. Toe die filmstêr in Namibie was, het haar papagaai vir die viertien olifante geskrik en die baba’s het almal begin heil. Hul mas en pas moes hulle op tel. Gee antonieme vir die vetgedrukte woorde. Die a) oudste olifant tel b) swaar goed met sy c) sterk slurp op. Daar is d) meer olifantkoeie as -bulle. Olifante drink e) hoogstens twee keer per dag. Soms is die water f) diep. Gee sinonieme vir die volgende woorde: geruisloos, geraas; baklei. Kies die korrekte woord tussen hakies (homofone). a) Die olifante bad in die (vly/vlei) en stap ’n (end/ent) deur die bosse. b) Die (dokter/doktor) (ly/lei) die beseerde olifant aan ’n tou. c) Die vrou se gesig was ’n (faal/vaal) kleur toe sy geskrik het. Die sirkusolifant met die rooi saal se ore is meer as ’n meter groot. Soek die vetgedrukte woorde hierbo in ’n woordeboek en vind uit watter ander betekenis dit kan hê as wat dit in hierdie sin het (homonieme). Gebruik die woorde elk in ’n kort sin. Gee die regte vorm van die byvoeglike naamwoorde. Die (moeg) olifantbul eet (sag), (droog) blare wat op die (hard) grond lê. ’n Olifant wat baie vet is, is spekvet. Gee een woord vir die vetgedrukte dele (intensiewe vorme). Die baba-olifant is baie klein en baie mak.

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 140

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n CV en dekbrief

Formele assessering

Die olifantpark waar die olifantjie Shukuru versorg word, is op soek na hoërskoolleerders wat naweke wil help met die versorging van hul diere. Jy hou baie van diere, veral olifante, en het al ondervinding opgedoen toe jy by ’n ander wildtuin vakansiewerk gedoen het. Jy het gebel en is gevra om ’n CV en kort dekbrief te stuur. Stel die CV op en skryf die brief. Beplanning/Pre-skryf • Kyk na die voorbeelde van ’n CV en dekbrief op bladsy 266 en 270 in hierdie boek. Jou CV en brief moet saam 140–160 woorde lank wees. (Deesdae word die CV meestal elektronies gestuur.) Het jy geweet? • Bespreek in pare watter persoonlike inligting Curriculum vitae julle alles op jul CV sal sit om die werk te kry, is ’n Latynse woord en watter inligting nie nodig is nie. wat beteken “die storie van jou lewe”. Skryf ’n konsep CV • Sit die CV uiters netjies, puntsgewys, duidelik en aantreklik uiteen. • Daar moet geen spel- en taalfoute wees nie, want dit sal jou dadelik diskwalifiseer. • Sluit alle inligting omtrent jouself in wat jy dink belangrik is, bv. lidmaatskap van klubs en ander organisasies, sport waaraan jy deelneem, prestasies, belangstellings en stokperdjies. • Gee die name van referente (referees) wat jou goed ken en inligting oor jou bevoegdheid (competence) vir die werk kan gee as hulle gekontak word. Dekbrief • ’n Dekbrief is ’n kort, formele brief wat saam met die CV gestuur word (meestal per e-pos) maar nie deel van die CV vorm nie. Jy noem daarin vir watter werk jy aansoek doen en gee baie kortliks die vernaamste redes waarom jy dink jy die werk sal kan doen. Volle besonderhede is in die CV. • Gebruik die formele vorm en taal van ’n sakebrief. • Gee baie aandag aan spelling, leestekens en taalgebruik. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Gee jou CV en dekbrief aan ’n maat om te proeflees. • Tik of skryf dit dan baie netjies oor nadat jy self weer taalversorging gedoen het. Sorg dat dit jou heel beste poging is. Totaal: 20 11. Olifante

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 141

141

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

Lees: ’n Literêre teks: ’n Ware verhaal uit Afrika Pre-lees en tydens lees Lees hierdie verhaal en beantwoord die vrae wat volg.

Ou Grootvoet Hy was bekend as Mafunyane, wat beteken die buierige (moody) een, en het in die Krugerwildtuin gewoon. Sy ivoortande was so groot dat hy sy massiewe kop gelig moes hou om te keer dat hulle op die grond sleep. Maar aan Mafunyane was daar iets baie eienaardigs. Wildbewaarders (wat in ’n boom moes skuil), het dikwels die gat in sy kop gesien – so groot soos ’n man se vuis, en wat nog vreemder was, is dat hy asem daardeur kon intrek, amper soos ’n walvis. Dit moes baie ongemaklik gewees het en was waarskynlik die rede vir sy slegte humeur (bad temper). Eendag moes die wildbewaarders (game rangers) naby hom kom, want hulle wou ’n radiosender om sy nek sit wat seine uitstuur sodat hulle altyd kon weet waar hy in die bosse is. Dit was ’n opwindende dag. ’n Soekvliegtuig het Mafunyane naby die pad gewaar. Hulle het hom met ’n pyl met ’n verdowingsmiddel (drug) geskiet. Toe die middel begin werk, het Mafunyane op sy sy gaan lê. Die Parkeraad se mense het gou aan die werk gespring. Hulle het na sy wonderlike tande gekyk om sy ouderdom vas te stel en sy yslike liggaam gemeet. Hulle het dit reggekry om die radiosender (radio transmitter) om sy nek te sit en daarna op ’n veilige afstand gaan wag dat hy wakker word. Eers het een van sy leeragtige ore begin flap, maar Mafunyane het gesukkel om op te staan. Sy ivoortande was loodswaar en hy kon dit nie regkry om hom regop te trek op sy bene nie. Die wildbewaarders het nader gegaan, ’n tou om hom gebind, die ander punt van die tou oor ’n hoë boom gegooi en aan ’n viertrekvoertuig (4 x 4 vehicle) vasgebind. Die voertuig het begin ry en almal het aan Mafunyane begin stoot en trek. Maar verniet! Hy was te moeg en bedwelm (drugged) om regop te kom. ’n Radioboodskap om hulp is uitgestuur en kort voor lank het ’n sterk laaigraaf (power-mover) daar aangekom en het die bestuurder ’n hoop grond teen die olifant se rug begin opstoot. Dit het gehelp en gelyk of hy verstaan wat die mense probeer doen. Met elke vrag wat afgelaai is, het hy sy gewig (weight) makliker verskuif. Nog ’n stoot en ou Mafunyane se pote was uiteindelik stewig op die grond. Nou het hy gewys hoekom sy naam Mafunyane was. Hy het omgeswaai na die laaigraaf-vyand wat hom opgestoot het en dit woedend bestorm. Die bestuurder (driver) het uitgespring en gehardloop! Wat Mafunyane met die laaigraaf sou aangevang het, weet niemand nie, maar op daardie oomblik het die helikopter opgestyg. Die geraas en die

142

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 142

Week 3 en 4

2013/08/21 9:16 AM

Lees en kyk

skielike windvlaag het die olifant éérs woedend gemaak, maar omdat die laaigraaf nie meer beweeg het nie, het hy waarskynlik gedink hy het die geveg teen hom gewen. Daarna het hy die seil wat die mense oor hom gegooi het om hom teen stof te beskerm, aan flarde geskeur met sy ivoortande en dit wat oorgebly het in die grond vertrap. Hy het sy eer gered! In die weke daarna het die radioseine getoon Mafunyane lê soos gewoonlik lang afstande af, soos hy elke dag agter sy kos aan trek, maar ’n paar maande daarna word die sein weke lank net van een plek af gehoor. Twee van die personeel het gaan ondersoek instel – en daar was die sender, of wat daarvan oor was. Aasvoëls wat rondsweef, het gewys waar Mafunyane gevind kon word. Sy indrukwekkende skedel was wit van die son en die oorblyfsels van sy bene is deur hiënas rondgestrooi. Maar die wonderlike olifanttande was ongeskonde en kan in die olifantmuseum in Letaba gesien word. Hoewel die dood altyd hartseer is, is dit tog ’n troos dat die ou grootvoet natuurlik dood is en nie vermoor is deur olifantjagters, soos baie ander olifante in Afrika nie. (Uit: Ware diereverhale uit Afrika, Struik (Edms.) Bpk., 1995)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die verhaal? Soek die woorde in die teks wat die volgende beteken: in ’n slegte bui wees; baie kwaad wees; ’n toestand van nie weet wat om jou gebeur nie; met ’n doel doodmaak

1. 2.

Wat is die olifant se regte naam, en sy bynaam? Voltooi die sinne: a) Mafunyane se naam beskryf een van sy karaktertrekke: Hy was _________. b) Mafunyane is eendag met ’n verdowingsmiddel geskiet omdat _________. 3. Wat was uitsonderlik aan Mafunyane? Noem twee dinge. 4. Hoe kan mens uitvind hoe oud ’n olifant is? 5. Vul die woord in: Mafunyane se ore was soos _____. 6. Kies: Die laaigraaf het (gou gekom/lank geneem om te kom). 7. Waarvoor was Mafunyane baie kwaad? (twee dinge). 8. Gee sinonieme uit die teks vir “baie swaar” en “treurig”. 9. Hoekom het die wildbewaarders bekommerd geraak oor Mafunyane? 10. Hoe het die twee mense geweet presies waar om Mafunyane te vind? 11. Watter gedagte laat die skrywer beter voel oor Mafunyane se dood? 11. Olifante

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 143

143

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Lees eers die teks en beantwoord dan die vrae.

Indiese tandartse red Madu se slagtand 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

Madu, ’n 27-jarige olifantbul van Punjab in Indië, is deur twee tandartse van sy tandpyn verlos. Die tandartse het die olifant se (kraak) slagtand in ’n unieke operasie van sy soort herstel. Hulle het die operasie op Madu uitgevoer deur die kraak van 4 cm in die 50 cm-lange slagtand met ’n soort gom te vul. Hulle het altesaam 39 buise daarvan gebruik. Dis verstommend dat Madu sy volle samewerking gegee het. Hy was nie onder verdowing tydens die operasie nie. Die tandartse moes (spesiaal) toerusting vir ’n olifanttand vind. As die tand nie behandel is nie, sou ’n dodelike ontsteking ontstaan het. Madu is nou gesond en neem gereeld aan Hindoefeeste deel.

(Deur die skrywer)

Vrae 1. Gee sinonieme vir “kraak” (reël 4) en “verstommend” (reël 6). 2 Gee die antoniem van “eerste” (reël 3). 3. Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (reël 2 en 8). 4. Verander die onderstreepte sin in reël 5 in ’n vraagsin. 5. Skryf reël 9 in die teenwoordige tyd. 6. Skryf reël 10 in die verlede tyd. 7. Skryf die vetgedrukte getal en afkorting uit (reël 4). 8. Kies die regte spelling en vorm. Madu was a) (heeltemal/heeltemaal) stil b) (gedeurende/ gedurende) die operasie. Nou c) (ly/lei) hy nie meer aan pyn nie en staan d) (lanks/langs) die tandartse op die foto. 9. Verbind reël 6 en 7 met die voegwoord al sodat daar ’n bysin na die voegwoord is. Begin so: Al was hy nie ... 10. Skryf in die direkte rede. (Sorg dat jou leestekens korrek is.) Die tandartse het gesê dat Madu heeltyd saamgewerk het. 11. Skryf die rympie oor en verbeter die spelfoute daarin. Oom olifant, jou reuse dier, die mense lag met groot plisier, want waar het jy al oeit gehoor van ’n stêrkie van agter en ’n stêrt van voor!

Oe, maar die spelling is verskriklik!

(2) (1) (2) (2) (3) (3) (2)

(4) (2) (4)

(5)

Totaal: 30

144

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 144

Week 3 en 4

2013/08/21 9:17 AM

12

Ware vriende!

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• na ’n debat oor vriendskap luister en vrae daaroor beantwoord • aan ’n debat deelneem

Lees en kyk: Begrip

• na ’n foto kyk en vrae daaroor beantwoord • ’n kortverhaal lees, bespreek en vrae daaroor beantwoord • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 83: “Koffieklets” (gedig)

Letterkunde Skryf en aanbied

• ’n opsomming skryf • paragrawe skryf • ’n verhalende opstel skryf

Taalstrukture en -konvensies

• na alliterasie, assonansie, personifikasie, klanknabootsing, styl, toon en register kyk • taal-in-konteks-oefeninge doen oor: voegwoorde, direkte en indirekte rede, sinsoorte, sinstruktuur, letterlike en figuurlike betekenis, woordorde, tye, spelling, woordspeling, verbindingswoorde • jou woordeskat uitbrei

12. Ware vriende!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 145

145

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Debat Jy gaan na ’n debat oor vriendskap luister. Pre-luister • Lees eers die vrae sodat jy weet waarna jy moet luister. • Skryf die vraagnommers onder mekaar in jou werkboek neer. 1. 2.

3. 4. 5. 6.

7. 8.

Hoeveel sprekers het aan die debat deelgeneem? Wat word die twee groepe genoem wat aan die debat deelneem? Wat was die eerste standpunt vir vriende? Wat was die eerste standpunt teen vriende? Gee TWEE redes waarom die een span teen vriende gekant is. Kies die korrekte antwoord. Geld hoef glad nie ’n probleem te wees nie, want jy kan met ___ by vriende se huis kom. a) jou voete b) ’n fiets Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou antwoord. Die debat het in ’n bakleiery ontaard. Watter span ondersteun jy? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Tydens luister • Maak jou oë toe en luister goed wanneer jy die debat die eerste keer hoor. • Wanneer die debat die tweede keer gehoor word, kan jy vinnig aantekeninge maak en sleutelwoorde neerskryf. • Jy moet die hele tyd konsentreer en baie goed luister. Post-luister Beantwoord die vrae nadat jy geluister het.

146

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 146

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Debat Jy het pas geluister na die debatsprosedure en ’n voorbeeld van ’n debat gehoor. Kies twee spanne en debatteer 15–20 minute lank oor die volgende mosie: Dis beter om Facebook-vriende te hê as regte vriende. Beplanning, navorsing en organisering Span 1 dink dis beter om Facebookvriende te hê, en praat oor die voordele daarvan om elektroniese vriende te hê. Doen navorsing en dink aan argumente soos: • Daar is geen fisiese kontak nie, dis net op die internet. • Daar is geen tydmors om jouself mooi te maak nie. • Jy weet alles van jou Facebookvriende se lewens af, al is hulle ver. • Jy kan naamloos bly. (Dink aan nog voordele van Facebook-vriende en nadele van ware vriende.) Span 2 dink dis beter om regte vriende te hê. Doen navorsing en dink aan argumente soos: • Jy maak fisieke kontak. • Jy kan uitgaan saam met vriende. • Jy kan boelies net daar en dan uitsorteer. • Jy kan ’n geheim met een persoon deel. • Jy kan raad by ’n ware vriend kry. Voorbereiding en aanbieding Berei jou argument goed voor en bied dit met selfvertroue aan. Praat duidelik en oortuigend.

12. Ware vriende!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 147

147

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal Pre-lees: ’n Kortverhaal vertel ’n storie op ’n kort manier. Iets gebeur met die karakters op ’n sekere tyd en plek. Daar is ook karakterontwikkeling by die hoofkarakter. Dit beteken dat hy tot ander insigte kom. Die ander karakters help om die hoofkarakter beter uit te lig. Die verteller kan ’n eerstepersoonsverteller/ek-verteller of ’n alomteenwoordige verteller wees. Daar is gewoonlik konflik in ’n kortverhaal wat spanning skep. In ’n kortverhaal is daar net een tema. Dit is die gedagte waaroor dit in die verhaal gaan. Tydens lees

Vyande word vriende Rasheen en Michael stap ná skool van Hoërskool Saamwerk in die rigting van die rekenaarwinkel. Rasheen is omgekrap en sê vir Michael: “Die bleeksiele (nerds) is weer daar by die rekenaarwinkel!” Michael is ’n rugbyspeler wat graag moeilikheid met die bleeksiele soek. Hy wil die manne dadelik gaan aanvat. Hy dink dat Owen en Aiden wakker geskud moet word. Dis net rekenaars en boeke die hele dag lank. Gmpf!

Rasheen sê aggressief: “Dis tyd dat die twee ’n les geleer word. Daar is méér in die lewe as net rekenaars!” Intussen het Owen opgemerk dat Michael en Rasheen op pad na hulle is en hy is glad nie lus vir moeilikheid nie. Sy goeie vriend, Aiden, staan langs hom en sê hardop: “Eintlik dink ek dit sal beter wees as ons vriende met daai twee kan word. Al is ons verskillend, kan ons sekerlik tog saamwerk. Hulle kan ons help om fiks te word en ons kan hulle wys hoe om te leer.”

148

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 148

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Owen, wat nie sterk is nie, besef hoe hulle nou weer geboelie gaan word. Baie bang en doodbenoud besluit Owen-hulle om nie weg te hardloop nie. Rasheen en Michael hardloop blitsvinnig oor die pad na hulle toe. Uit die hoek van sy oog sien Owen ’n bus wat vinnig naderkom. Rasheen sien nie die bus nie. Owen hardloop vorentoe en gryp vir Rasheen uit die pad uit. Die bus mis hulle rakelings. Die twee seuns lê verskrik op die gras. Owen vra: “Rasheen, lewe jy nog?” Die wind is uit Rasheen se seile geneem. Hy sê: “Dankie Owen, jy het my lewe gered!” Owen steek sy hand na Rasheen uit en sê: “Hier’s my hand.” Rasheen hou ook skaam sy hand uit, want hy weet hulle was verkeerd. En om te dink hy het gedink Owen is ’n bleeksiel. (Deur die skrywer)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal? 1. Noem die name van die vier karakters. Wie was bleeksiele en wie was moeilikheidmakers? 2. Waar vind die kortverhaal plaas? 3. Hoekom noem Michael vir Owen en Aiden bleeksiele? 4. Hoekom is Owen so doodbenoud? 5. Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer. Owen het Rasheen se lewe gered. 6. Kies die korrekte antwoord. Rasheen is ___ omdat Owen hom uit die pad van die bus gestamp het. a) opgewonde b) kwaad c) verbaas 7. Hoe het Owen se lyftaal gewys dat hy vriende wil wees? 8. Hoe het Rasheen-hulle se mening oor Owen verander? 9. Stem jy saam dat Rasheen en Owen lewenslank vriende gaan bly? Gee ’n rede vir jou antwoord.

12. Ware vriende!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 149

149

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Beste vriende Pre-lees Lees eers die titel en kyk na die prente. Voorspel wat in die gedig gaan gebeur. Tydens lees Beste vriende Jy het bloedrooi hare, jy’s so lank soos ’n telefoonpaal. Ek is kort en dra ’n bril, en my hare is vaal.

vergelyking

Jy hou van hardloop; ek hou van swem. Ek praat nogal sag en jy’t ’n harde stem. Jy skryf met jou regterhand; ek skryf met my linker. My kamer is netjieser as joune, en my skoolskoene is blinker. Jy is goed met wiskunde; ek weer met musiek. Ek hou van lees en jy is dol oor fliek. Jou gunstelingkos is sosaties wat gebraai is; terwyl ek mal oor pasta of aartappelslaai is. Ek staan soggens vroeg op; jy slaap graag laat. Jy is geduldig; ek word gou kwaad. Jy hou van bordspeletjies; ek dink dis die toppunt van verveling. Maar as dit nie vir hierdie dinge was nie, was ons sowaar ’n tweeling. Jaco Jacobs (Uit: ’n Brulpadda in my tas, LAPA Uitgewers, 2008)

150

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 150

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? Onthou: 1. Wat is die titel van die gedig? Assonansie is die 2. Watter woorde in die gedig rym met: herhaling van vokale a) telefoonpaal e) gebraai is en alliterasie is b) swem f) laat die herhaling van c) linker g) verveling konsonante. d) musiek 3. In watter versreël kom assonansie voor en in watter versreël kom alliterasie voor? Dui die klanke aan. a) “Ek staan soggens vroeg op;” b) “jy slaap graag laat.” 4. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig? 5. Haal ’n vergelyking uit die gedig aan. 6. Watter TWEE uiterlike verskille is daar tussen die twee maats? 7. Hoe weet jy dat die ek-spreker se maat goed met syfers is? Haal ’n reël in strofe 4 aan. 8. Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Motiveer. a) Die ek-spreker is baie netjies. b) Die ek-spreker sal daarvan hou om Monopoly te speel.

Lees en kyk: ’n Foto Pre-lees en tydens lees Kyk na die foto en lees hardop wat die tieners sê.

Ek weet ek kan my vriendin vertrou en my probleme met haar bespreek. Sy is nie ’n mooiweersvriendin nie. Alida

Jabu

Elvis

Ek en my vriende oefen elke dag. Dis lekker om dinge saam te doen. Ons het baie pret!

Dis lekker as my vriendinne my laat goed voel oor myself en vir my komplimente gee.

Nomsa

Ek hou daarvan as my maats saam met my trots is as ek goed doen in my akademie.

12. Ware vriende!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 151

151

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die foto? 1. Hoe weet ons dat Elvis gelukkig is? 2. Wanneer laat Nomsa se vriendinne haar goed voel? 3. Sou jy sê dat dié tieners positief oor hulle vriende voel? 4. Wat kan Alida met haar vriendin bespreek? 5. Op watter manier, dink jy, kan Jabu se vriende hom ondersteun? 6. Wat is die figuurlike betekenis van mooiweersvriende?

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Opsomming van ’n gesprek Beplanning/Pre-skryf Lees eers die gesprek tussen die ses tieners.

Vriendskappe kan soms moeilik wees My vriendin het heeltemal oorgeneem in ons vriendekring. Sy het te veel beheer en besluit oor alles!

Ek is altyd die een wat my vriend bel en afsprake reël, maar hy kanselleer dit altyd later. Gee hy ooit om?

Rosemary

Jerome Lerato

Xintle

Ek en my vriendin is verskriklik jaloers op mekaar. Die een probeer beter as die ander een wees.

Een van die seuns in my groep wil altyd die aandag hê. Matthys

Sonja

Ek en my beste vriendin baklei oor net mooi alles. Ek is nou moeg daarvoor.

My vriend is kompeterend en wil altyd die beste en sterkste wees. Dit maak my kwaad.

Skryf ’n konsep • Skryf ’n opsomming van 50–60 woorde in ses volsinne. • Skryf die sinne onder mekaar neer. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied Maak al die foute reg en skryf dit netjies oor vir aanbieding.

152

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 152

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Voegwoorde, personifikasie, klanknabootsing, styl, toon en register 1.

Verbind die sinne deur die voegwoord tussen hakies te gebruik. a) Vriendskap is goeie medisyne. ’n Mens lag lekker. (daarom) b) Vriendskap laat jou positief voel. Dit help om stres te hanteer. (omdat) c) Ware vriende help mekaar. Hulle is altyd daar. (want)

Beeldspraak of stylfigure maak skryfwerk interessanter. • Personifikasie is beeldspraak waar menslike eienskappe aan lewelose dinge, plante en diere gegee word, bv. Die windjie huil in die bome; die lente trek haar bruidskleed aan. • Klanknabootsing (onomatopee) is ’n stylfiguur waar woorde gebruik word om klanke na te maak. Dit help jou om ’n prentjie te vorm van dinge wat beskryf word, bv. “Die volmaan het pardoems op die horison geland”. (Deur die skrywer)

2.

Sê watter stylfiguur of beeldspraak in die volgende sinne is. a) Die sonnetjie lag vir die vriende op die strand. b) Die motor waarmee die maats partytjie toe ry, maak “brrrrr”.

Die styl, register en toon van iets wat jy skryf, is die manier waarop dit geskryf word – is dit persoonlik of formeel (amptelike dokumente), of is dit humoristies of ernstig? Dis ook die manier waarop woorde en sinne in verskillende situasies gebruik word en die gevoelsboodskap wat dit in woorde uitdruk.

Maak seker vir wie jy skryf! Dit sal jou styl en toon beïnvloed. My maat skryf ’n vriendelike, informele briefie vir my! 3.

Skryf twee paragrawe: a) ’n beskrywende paragraaf wat jou beste vriend beskryf b) ’n verhalende paragraaf waarin jy ’n insident tussen jou en ’n maat beskryf. (Onthou, die paragrawe moet elk 120–140 woorde wees.) 12. Ware vriende!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 153

153

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Verhalende opstel

Formele assessering

Kies een van die volgende onderwerpe en skryf ’n verhalende (narrative) opstel van 210–250 woorde vir ’n punt uit 20. • Die dag toe ’n vriend my lewe gered het. • Ek het so lekker vir my vriend gelag. Pre-skryf • Onthou dat jou opstel ’n storie moet vertel. • Dis makliker om ’n storie te skryf wat op ’n ware insident of feite gebaseer is. • Dit word in die verlede tyd geskryf. • Beplan jou opstel met behulp van ’n kopkaart. • Skryf ’n lys van woorde neer wat jy kan gebruik. Skryf ’n konsep • Maak seker dat jou opstel ’n struktuur het: ’n begin, middel en einde. • Die inleiding moet dadelik aandag trek. • Skryf paragrawe wat logies op mekaar volg. • Laat die karakters nou en dan in die direkte rede met mekaar praat. • Maak seker dat jy geen leestekenfoute en spelfoute maak nie. • Die sinne se lengtes moet verskil. • Gebruik voegwoorde om sinne aan mekaar te verbind. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees jou opstel deur en redigeer dit deur al die foute reg te maak. • Let veral op na jou spelling, woordorde en leestekens. • Die finale weergawe van jou opstel moet netjies en leesbaar wees. • Skryf neer hoeveel woorde jy gebruik het. Totaal: 20

Taal in konteks: Sinsoorte

Taalstrukture en -konvensies

Lees die sinne hieronder en besluit watter soort sinne dit is. 1. Dis lekker om julle as vriende te hê. 2. Smeer sonbrandroom aan! 3. Wie gaan saam met my in die see swem? 4. Sjoe, maar die son is warm!

154

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 154

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede, letterlike en figuurlike betekenis • Die direkte rede: gebruik ’n dubbelpunt en aanhalingstekens. • Die indirekte rede: die aanhalingstekens en dubbelpunt val weg. • Voornaamwoorde verander van die direkte rede na indirekte rede. • Indirekte rede: by stelsinne word dat gebruik en by vraagsinne of of ’n vraagwoord. • Die woordorde verander as jy dat/of/vraagwoorde (groep 3 voegwoorde: werkwoord na einde van sin) gebruik. • Bywoorde van tyd en plek verander in die verlede tyd. • ’n Uitroepteken of vraagteken in die direkte rede verdwyn in die indirekte rede. 1.

Skryf die mense se woorde in die indirekte rede. a) Susan vra vir Thabo: “Is jy ’n ware vriend?” b) Thabo antwoord: “Ja, ek is ’n ware vriend.” c) Susan vra: “Thabo, sal jy jou vriende altyd help?” d) Thabo sê: “Ek sal uit my pad gaan om vriende te help.” • ’n Woord se letterlike betekenis (denotasie) verwys na die presiese betekenis van die woord, bv. ’n Kat is ’n troeteldier wat miaau: Die kat het ’n muis gevang. • ’n Woord se figuurlike betekenis (konnotasie) is ’n beeld van die woord en daar is gewoonlik emosie by betrokke, bv. ’n Kat verwys neerhalend na ’n meisie as sy katterig en lelik optree: Sy is ’n regte kat.

2.

Sê wat die idiome beteken (figuurlike betekenis). Gebruik ’n woordeboek. a) Die drie vriende gaan die dak laat lig by die partytjie. b) Goeie vriende sit skouer aan die wiel en help mekaar. c) Jy kan ’n sak sout opeet saam met ’n goeie vriend. 12. Ware vriende!

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 155

155

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening

Louw van den Heever is in graad 9 aan die Outeniqua-hoërskool in George. Hy het ’n artikel in die stadkoerant geskryf waar hy wonder hoeveel Facebookvriende tieners het. Dosyne gesigte kyk na jou as jy Facebook oopmaak – almal mense wat jy êrens moes ontmoet het. Jy ken al die name, maar hoeveel van die mense ken jy werklik? Tieners het prettige maats nodig met wie hulle pouses kan praat. As iemand jou dadelik moet help, wie sal dit wees? Louw voel dat dit nie jou vyf sekonde-Facebook-vriende sal wees nie. Hier praat ’n mens van ’n vriend in nood. Baie Facebook-vriende is beslis nie sleg nie, maar hy dink dis beter om minder Facebook-vriende te hê en meer régte vriende.

1.

2. 3. 4.

5.

6.

(Deur die skrywer)

Wie help jou as jy sou val?

Verbind die sinne met die verbindingswoorde tussen hakies. a) Louw is ’n leerder by Outeniqua-hoërskool. Hy het die artikel geskryf. (wat) b) Louw praat met vriende. Hulle wil minder Facebook-vriende hê. (wat) (4) Skryf die sin in die verlede tyd. a) Ek is ’n voorstander van Facebook. b) Die vriende vergewe mekaar. (2) Skryf die sin in die toekomende tyd. Baie vriende is beslis nie sleg nie. (1) Kies die korrekte spelling tussen hakies. a) Daar is baie (fotos/foto’s) van vriende op Facebook. b) Vriende het (dromme/drome) van wat hulle eendag saam gaan doen. (2) Skryf die volgende sinne in die regte woordorde oor (sinstruktuur). a) Louw kyk (op Facebook/elke Sondag/getrou). b) Ware vriende help mekaar (graag/elke dag/by die skool). (2) Wat is die woordspeling in die volgende grapprent? (4)

Ek is so gelukkig, want ek het ’n duisend vriende.

Dit maak jou ’n vriend duisend!

Totaal: 15

156

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 156

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

13

Lus vir leer en lees

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• oor ’n foto van ’n filmtoneel praat en voorspel wat gaan gebeur • na ’n mondelinge aanbieding luister • ’n mondelinge aanbieding voorberei en lewer

Lees en kyk: Begrip

• • • •

Letterkunde

’n koerantberig vluglees en taalvrae beantwoord ’n uitnodiging hardop lees raaiselrympies hardop lees en die antwoorde raai ’n uittreksel uit ’n jeugroman lees en literêre en begripsvrae daaroor beantwoord • ’n gedig hardop lees en vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 90: “Wat die digter bedoel het” (gedig)

Skryf en aanbied

• ’n uitnodiging ontwerp en skryf • ’n antwoord op ’n uitnodiging skryf

Taalstrukture en -konvensies

• jou woordeskat uitbrei • byvoeglike naamwoorde (attributief en intensiewe vorme) korrek gebruik • die regte woorde kies om ’n beskrywende paragraaf te voltooi • een woord vir ’n omskrywing gee • sinne in die verlede tyd skryf • sinne in die indirekte rede oorskryf • ’n gedig redigeer en die spelfoute en leestekens verbeter • meervoude, sinonieme, antonieme, homonieme en verkortings in taaloefeninge skryf • idiome leer en hulle toepas

13. Lus vir leer en lees

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 157

157

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Filmresensie Pre-luister: Kyk na die foto van ’n toneel in die film, The first grader, en sê wat ongewoon is. Voorspel wat in die film gaan gebeur. Tydens luister: Luister na die resensie en maak aantekeninge.

’n Film – The first grader The first grader – In ’n bergdorpie in Kenia as agtergrond word die inspirerende storie van ’n ou man wat wou leer in ’n fliek vertel. Die man, Kimani Maruge, is ’n trotse ou man wat ’n soldaat was en nooit kon leer nie. Hy gryp sy laaste kans aan om te leer lees en skryf – daarom skryf hy in by ’n klein plaasskooltjie om tussen sesjarige kinders te leer. Hy en sy jong onderwyseres veg vir sy regte om in die skool toegelaat te word. Uiteindelik kry hulle dit reg dat hy saam met die kinders kan leer. Dit is ’n aangrypende storie wat ’n mens altyd sal bybly. (Deur skrywer saamgestel)

The first grader beteken iemand wat in graad 1 is.

Film: Regisseur: Skrywer: Akteurs:

The first grader Justin Chadwick Ann Peacock Oliver Litondo (hoofkarakter), Emily Njoki, Hanna Wacera (2010)

Post-luister: Vrae 1. Wat is die titel van die film? 2. Wat is die naam van die hoofkarakter? 3. Dink jy ’n ou man (84) kan saam met sesjariges leer? As jy nee sê, is jy besig om te stereotipeer (jy dink alle ou mense kan nie meer leer nie).

158

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 158

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Mondelinge aanbieding

Formele assessering

Beplanning, navorsing en organisering Die minister van onderwys kom praat by jou skool. Luister eers na ’n uittreksel van sy toespraak (mondelinge aanbieding) voordat jy jou eie praatjie beplan. Let op sy taalgebruik en manier van praat. Beplan ’n praatjie oor enige persoon soos Kimani wat jou inspireer. • Doen navorsing en berei dit goed voor. • Sorg dat jy ’n goeie inleiding en slot het. • Let op jou taalgebruik. Wissel jou sinslengtes af. “Liewe seuns en dogters Die twee woorde wat julle vandag moet onthou, is LEER en LEES! Laat ek vir julle ’n mooi storie van leer en lees vertel. ’n Mens is nooit te oud om te leer nie. Kimani Maruge van Kenia is in 1920 gebore. Hy het op 12 Januarie 2004 vir die eerste keer skool toe gegaan. Hy was 84 en het vir graad 1 ingeskryf by Kapkenduiyo Primary School in Eldoret, Kenia, en in skooldrag aangemeld. Hy het besluit om te begin skool gaan toe die regering van Kenia aangekondig het dat almal gratis laerskoolopleiding sal kry. Hy kon nie lees nie en was vasbeslote (determined) om sy lewenslange droom om die Bybel te lees, te vervul. Aan die einde van die eerste kwartaal het hy A’s gehad vir Engels, Wiskunde en Ki-Swahili, sy huistaal. In September 2005 is hy as hoofseun van die skool verkies. Twee van sy 30 kleinkinders was in dieselfde skool. Toe hy later verskuif word na ’n ouetehuis (old age home) in Nairobi, het hy dadelik by die Marura Primary School daar naby vir graad 6 ingeskryf. Maruge het tragies weens maagkanker gesterf. Hy was toe in graad 7. Seuns en dogters, weet julle hoe bevoorreg (privileged) julle is om in hierdie skool te wees – om te leer en te lees?” (Aangepas uit: Feiteboek: ’n Kennis-Skatkis vir 8 tot 12-jariges, Metz Press, 2011)

Voorbereiding en aanbieding • Bied jou praatjie met selfvertroue aan. • Let op jou stemtoon en liggaamstaal.

Totaal: 10 13. Lus vir leer en lees

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 159

159

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Koerantberig Vluglees die koerantberig deur net die onderstreepte gedeeltes te lees. Jy sal ontdek wat die kerngedagte is.

Bonnievale se boekwurm

’n Boekwurm is iemand wat lief is vir lees.

Toe Natasha Klue (16) vir Malan Media per faks vra of dié uitgewery vir haar haar gunstelingreeks, Meisies se dinge en … en … en … kan stuur wat sy met haar sakgeld sal afbetaal, het dinge vir Natasha begin gebeur. Die joernalis, Leti Kleyn, het ’n storie oor haar geskryf. Natasha Klue van Bonnievale het ’n vurige leeslus waarby die biblioteek nie kan byhou nie. Natasha se passie is lees. “As jy goeie punte op skool wil kry, moet jy léés, baie lees,” verduidelik Natasha. Sy pluk haar biblioteekboeke van Jaco Jacobs en Fanie Viljoen uit haar rugsak. Sy vertel sy hou van amper alle storieboeke, Engels én Afrikaans, drama, avontuur, spanning, rillers. Haar ma, Fransien, beaam: “Daar is nie ’n boek wat hierdie kind nie verslind nie.” En haar oupa skud net sy kop oor al die boeke wat sy kleindogter al gelees het. “Haar liefde vir lees,” meen haar ma, “kom beslis van haar ouma. Sy was net so lief vir lees.” Haar biblioteek het net 6 van die 13 boeke in die reeks Meisies se dinge en … en … en … gehad. Sy het versot geraak daarop. Dis toe dat Natasha die uitgewery Malan Media gekontak het om die res van die reeks in die hande te kry. Sy wou met haar sakgeld daarvoor betaal. Malan Media het summier vir dié leeslustige tiener die volledige reeks gestuur. Dit pryk nou kiertsregop op haar boekrak. Die reeks is “fan-tas-ties”. Jy ontmoet Izzie, Lucy, Nesta en TJ en leer oor al die dinge wat hulle aanvang en beleef. Die taal is propvol pret en net die regte leesstof vir tienermeisies. Cathy Hopkins is die super-suksesvolle tienerskrywer van dié reeks. Haar boeke is blitsverkopers en is al in 26 lande buite Engeland verkoop. Natasha vertel dat sy al haar eie reeks boeke uitgedink het wat sy self wil skryf. Sy het dit al volledig beplan, met karakters, verskillende tonele en ’n behoorlike storielyn met elemente van liefde en drama, twis en geweld – al die dinge wat die leser sal interesseer. Miskien lees tieners eendag haar reeks boeke. Leti Kleyn (Uit: Rapport, 15 Februarie 2012)

• Sê wat jy dink die kerngedagte van die berig is.

160

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 160

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Byvoeglike naamwoorde (attributief, intensiewe vorme) en verlede tyd Byvoeglike naamwoorde beskryf selfstandige naamwoorde. Party verander of verbuig as hulle vóór die naamwoord staan, bv. Die man is oud. Dis ’n ou man. 1.

2.

Gee die regte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies. a) Natasha is ’n (jonk) leser met ’n (vurig) leeslus. b) Sy hou van (lank) stories met (interessant) karakters. c) Sy lees so baie, want sy wil graag (goed) punte op skool kry. d) Sy het die (heel) reeks van haar gunstelingboeke present gekry. e) Dis (snaaks) stories met (prettig) gebeure. Gee die intensiewe vorme van die volgende woorde. Kies uit die blokkie. wêreld-

3.

skreeu-

vuur-

stok-

piep-

peper-

bloed-

prop-

a) klein b) oud Kan jy nog onthou? c) snaaks Skryf intensiewe vorme d) duur as één woord, bv. baie e) jonk klein = piepklein. f) warm g) vol h) beroemd Skryf die sinne oor in die verlede tyd. a) Natasha stuur ’n faks aan Malan Media en vra vir nog boeke. b) Sy wil die boeke met haar sakgeld Onthou! Gebruik het afbetaal. en ge- in die verlede c) Daar is nie genoeg boeke in die tyd. Wil word wou en dorpsbiblioteek nie. is word was in die d) Natasha kry haar liefde vir lees verlede tyd. by haar ouma. e) Sy raak verlief op die reeks boeke.

13. Lus vir leer en lees

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 161

161

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Uittreksel uit ’n jeugroman Pre-lees: Skuinsdruk word gebruik om woorde uit ’n ander taal aan te dui. Daar is een Engelse aanhaling op hierdie bladsy. Soek dit en vertaal dit in Afrikaans. Tydens lees: Lees die uittreksel uit die roman Meisies en dinge & kosmiese soene waarvan Natasha vertel het aandagtig deur. Dis die laaste week van die termyn. Die onnies (slengwoord vir onderwysers) ontspan en die skool is versier vir Kersfees. Daar is ’n humongous (tiener slengwoord vir baie groot) boom in die saal en almal is in ’n goeie mood (slengwoord vir bui ). Almal behalwe ek. Ek is ’n regte ou suurknol. Vir ons laaste Engelse les het meneer Johnson gevra ons moet ’n aanhaling (quotation) uit ons gunstelingboek van die jaar voorlees. Die helfte van die klas het hul Harry Potters van J.K. Rowling saamgebring en ’n paar lees voor uit Philip Pullman se trilogie. Mary O’Connor het ’n boek deur die skrywer Louise Rennison gekies – waarin ’n veertienjarige girl (meisie) van haar liefdes vertel. Dis skreeusnaaks en almal lag toe Mary daaruit voorlees – selfs ek wat in so ’n miserable (slegte) bui is. Ek het my boek deur Dorothy Parker saamgebring, wat ek teen dié tyd deurgelees het. “Izzie, lees vir ons jou aanhaling,” sê meneer Johnson. “Dis baie kort,” sê ek. “Die skrywer is Dorothy Parker.” Meneer Johnson lig ’n wenkbrou. “Goed,” sê hy, “laat ons hoor.” “What fresh hell is this?” lees ek uit my boek. Meneer Johnson lyk verbaas. “Hoekom op aarde het jy dié aanhaling gekies, Izzie?” “Dit voel vir my gepas,” sê ek. Meneer Johnson glimlag effens. “Jy moet ook altyd anders wees, Izzie.” Dié aanhaling is vir seker op my van toepassing. Net toe my liefdeslewe begin vlam vat, en ek my dinge begin verbeel ... Ek verstaan nou nog minder van dié ding tussen ’n ou en ’n meisie. Mark het gesê hy sal bel. Maar nee, doodse stilte van sy kant. Cathy Hopkins (Uit: Meisies se dinge & kosmiese soene, Malan Media, 2009)

162

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 162

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die uittreksel? 1. Wat is die ek-verteller se naam? a) Meneer Johnson b) Izzie c) Mary d) Mark 2. Waar vind die storie plaas? (die plek) a) In die dorpie se biblioteek b) By die huis c) By die skool 3. Wanneer vind die storie plaas? (tyd) a) Aan die begin van die jaar b) Na die wintervakansie c) Aan die einde van die jaar 4. Wat moet die leerders vir hulle laaste Engelse les vir meneer Johnson gaan voorlees? 5. Vier van die volgende name is skrywers van boeke. Watter TWEE is nie? a) Harry Potter d) Mary O’Connor b) J.K. Rowling e) Louise Rennison c) Philip Pullman f) Dorothy Parker 6. Hoekom is die ek-verteller dié dag in ’n slegte bui? Kies die regte antwoord. a) Dis die laaste week voor die Kersvakansie. b) Die seun van wie sy hou, Mark, het haar nie gebel nie. c) Die spreker hou nie van haar naam, Izzie, nie. Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Indirekte rede, homonieme en spelreëls In die indirekte rede: • verdwyn die aanhalingstekens en dubbelpunt. • gebruik ons dat na sê en of na vra, bv. Hy sê dat ... Hy vra of ... • verander die voornaamwoorde, bv. – Ek (’n meisie) word Sy. My (boek) word haar (boek). – Ek (’n seun) word Hy. My (boek) word sy (boek). – Julle (die leerders) verander na Hulle.

13. Lus vir leer en lees

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 163

163

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Skryf die sinne oor in die indirekte rede. a) Meneer Johnson sê: “Julle moet ’n aanhaling kom voorlees.” b) Izzie sê: “My aanhaling is baie kort.” c) Meneer Johnson sê: “Jy kan dit maar hardop lees.” d) Izzie sê: “Die skrywer van die boek is Dorothy Parker.” e) Meneer Johnson vra: “Hou jy van die aanhaling?” f) Izzie antwoord: “Dit pas by my bui.”

1.

Homonieme is woorde wat presies dieselfde klink en lyk, maar verskillende betekenisse het. • As ’n mens op ’n perd ry, sit jy op ’n saal (saddle). Die kinders kom gewoonlik in die skool se saal (hall) bymekaar ter afsluiting van ’n skoolkwartaal. • As ’n mens in ’n slegte bui (mood) is, is jy nie baie gelukkig nie. As daar ’n goeie bui (shower) reën val, is die boere op die plase gewoonlik bly. 2.

3.

Lees die sinne. Kies die korrekte Engelse betekenis van die woord. (homonieme) a) Die ou man besluit op 84 om te leer (learn, ladder) lees. b) ’n Mens gebruik ’n leer (learn, ladder) om teen iets op te klim. Lees die gedig aandagtig deur en verbeter al die spelfoute en ). Skryf dit dan foutloos oor. Moenie die titel leestekens (spelreëls). vergeet nie!

Dit maak my oë seer om na al die spelfoute te kyk. Ek kan dit nie vat nie! Spel toets Die onder wyser se ek het ’n probleem met speling. Die critiek op my speling kom yt ale oorde: my friend fertel my van die afrikaanse spel toets op die rekenar: die folgende dag instaleer ek dit toe maar. Die rekenar kon al die voute uitwys: toe vat ek die cursor en die muis en gebruik die woorde boek waarin ek al die woorde op soek en verbeeter al my voute. Die folgende dag val die onder wyser agter oor in ’n floute!



(Deur die skrywer)

164

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 164

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Uitnodiging Beplanning/Pre-skryf Lees die uitnodiging hardop. Voltooi die antwoordstrokie in jou werkboek.

UITNODIGING! Wat? Boekemiddag Waar? In die skoolsaal Wanneer? 20 September, Donderdagmiddag, 15:00 Wie? Alle graad 9-leerders wat belangstel. Wat gaan gebeur? • Ons hou ’n voorlesingmiddag vir almal wat van boeke hou. • Bring jou gunstelingboek en lees ’n aanhaling of selfs ’n langer uittreksel daaruit. • Ons gaan ’n boekklub stig. • Koeldranke en verversings sal bedien word. Sien julle daar!



ANTWOORDSTROKIE Antwoord asseblief:  Ek aanvaar die uitnodiging.  Ek aanvaar nie die uitnodiging nie.

Ek gaan uit die volgende boek voorlees: Titel: ___________________________________ Skrywer:

___________________________________

Lewer dit by die kantoor by mev. Snyders (skoolsekretaresse) in. Skryf ’n konsep • Skryf jou eie uitnodiging van 90–100 woorde waarin jy jou maats na ’n partytjie of ’n uitstappie nooi. Beplan dit goed. • Beantwoord dit asof jy genooi is. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Hersien jou uitnodiging. • Proeflees en redigeer dit deur al die foute reg te maak. • Herskryf dit netjies. Maak seker dat die uitnodiging aantreklik en uitnodigend is vir aanbieding. 13. Lus vir leer en lees

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 165

165

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Hardoplees: ’n Gedig Pre-lees: Lees die titel van die gedig en kyk na die illustrasie. Voorspel waaroor die gedig gaan. Tydens lees: Berei die gedig by die huis voor en kom lees dit in die klas met gevoel. die BlackBerry en die duif

Onthou! Moenie woord vir woord lees nie. Besluit waar jy harder of sagter wil lees, waar jy vinniger of stadiger wil lees of watter woorde jy wil beklemtoon. Onthou ook om op te kyk en oogkontak te maak.

vandag het hierdie Annie ’n BlackBerry gekry

’n soort selfoon

sodat ek my emails op enige plek kan kyk

e-posse

selfs al staan ek in die ry by die Pick n Pay

ontbytkos

met: laevet melk, jogurt en Kelloggs Special K

koffiewinkel café latte – koffie met baie melk netwerk van vriende op die internet

en wanneer ek later sit by Vida e Caffé kan ek saam met my latte toegang tot Facebook kry en sien: Jack Parow het ’n nuwe musiekvideo uit X en Y het baklei en Z wil weet wat gebeur vanaand en op Twitter sal ek skryf “Annie sit by Vida e Caffé”

Suid-Afrikaanse sanger kort boodskappies op internet

en as ek in drukverkeer huis toe ry, sal ek onthou:

heavy traffic

ek moet nog ’n pouch vir my BlackBerry kry

houer

en moet terug na daai sentrum met die Pick n Pay, sommer ’n magazine en wat ook nog gaan kry, en terwyl ek staan en my emails kyk in die ry is daar ’n ander Annie – anderkant die stad verby – en sy het vandag ook iets gekry: ’n duif met ’n klein koppie wat sy kan vryf terwyl ek moeg alweer staan in ’n ry met ’n foon wat tjirp en piep en lui Annie Klopper (Uit: Onse mense, Marie Stander, 2010)

166

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 166

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Sê hoekom jy dink die titel van die gedig die BlackBerry en die duif is. 2. Pas die beskrywing in kolom B by die eiename in kolom A. (Let op: Al die eiename word met hoofletters gespel!) Kolom A 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

BlackBerry Pick n Pay Kellogs Special K Jack Parow Vida e Caffé Facebook Twitter Annie (met die BlackBerryfoon) 9. Annie (met die wit duif)

3.

4.

5. 6. 7.

Kolom B a) Naam van ’n koffiewinkel b) ’n Klein dogtertjie met dié naam c) ’n Soort selfoon waarop ’n mens e-posse kry d) Netwerk van vriende op internet e) Die naam van ’n soort ontbytkos f) ’n Plek waar jy inkopies doen g) ’n Baie ouer meisie met dié naam (sy het ’n selfoon) h) Kort boodskappies van mense op die internet i) Suid-Afrikaanse sanger

Sê watter EEN nie pas nie. As ’n mens ’n BlackBerry het, kan jy a) op enige plek na jou e-posse kyk. b) toegang tot Facebook kry. c) ’n koppie koffie in ’n koffiewinkel kry. d) toegang tot Twitter kry. e) gepla word as jou foon heeltyd lui. Daar is baie rymwoorde in die gedig, veral met die y-klank. Sê watter woorde nie by die rymklank pas nie: gekry, Pay, K, Caffé, uit, vanaand, onthou, ry, verby, vryf, lui. Sê wat die ooreenkomste tussen die twee Annies in die gedig is. Sê in jou eie woorde wat die kontras of teenstelling is tussen die ek-spreker, Annie en die ander Annie. (Dink aan waar hulle is en wat hulle elkeen dié dag gekry het.) Kies die regte woord tussen hakies om die tema of hoofgedagte van die gedig op te som. Waar die a) (jonger/ouer) Annie van die b) (stad/platteland) opgewonde is oor haar nuwe BlackBerry en al die voordele wat die selfoon bring, is die c) (jong/ouer) Annie van die d) (stad/ platteland) net so bly oor die duif wat sy gekry het. 13. Lus vir leer en lees

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 167

167

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

8.

Kyk na die tekening (skildery) wat die gedig illustreer. Beskryf wat jy daarop sien (visuele teks). Sê ook hoe jy oor die skildery voel: Hou jy daarvan? Motiveer. 9. Wat dink jy is die doel van die aandagstrepe in die volgende reël: “is daar ’n ander Annie – anderkant die stad verby –”. 10. Die gedig bestaan uit net een strofe met 19 versreëls. As jy dit in twee dele moes verdeel, waar sou jy die tweede strofe begin het? Gee ’n rede vir jou antwoord.

Taal in konteks: Meervoude, sinonieme en verkortings

Lees die twee raaiselrympies hardop. Wie kan eerste die antwoorde kry? Jy vind my Jy vind my Jy vind my Jy vind my Wie is ek?

in in in in

’n ’n ’n ’n

hamer, maar nie in ’n huis nie. mat, maar nie in ’n muis nie. dame, maar nie in ’n heer nie. appel, maar nie in ’n peer nie.

Die vokaal a.

1.

Taalstrukture en -konvensies

(Uit: Raai raai riepa, Die Afrikaanse raaiselboek, Protea Boekhuis, 2012)

a) Gee die meervoud van: mat, dame, heer. b) Soek sinonieme vir dié woorde in die rympie: kry, woning, tapyt, vrou. in in in in is

koring, maar nie in meel nie. suiker, maar nie in seël nie. koevert, maar nie in brief nie. tronk, maar nie in dief nie. ek?

Die konsonant k.

Ek’s Ek’s Ek’s Ek’s Wie

c) Gee die meervoud van: koevert, brief, raaisel, gedig. Onthou

2.

168

“Ek’s” is ’n verkorting van Ek is. “Jy’s” is ’n verkorting van Jy is.

Skryf die verkortings van die volgende uit. a) Hy’s c) Dis b) Sy’t d) Daar’s

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 168

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Idiome, byvoeglike naamwoorde, antonieme en ’n beskrywende paragraaf 1. 2.

Herskryf die sinne in die verlede tyd. a) Annie is baie opgewonde toe sy haar BlackBerry kry. b) Izzie wil graag die boekvoorlesing bywoon. Leer die idiome. Agteros kom ook in die kraal – die Die 84-jarige man, Kimani stadigste bereik ook die eindpunt. Maruge, het laat in sy Aanhouer wen – ’n mens bereik jou lewe begin leer, maar hy doel deur aan te hou.

het sy doel bereik. Albei idiome is op hom van toepassing!

3. 4. 5.

6.

7.

Skryf die volgende sinne in die indirekte rede. a) Kimani Maruge sê: “Ek wil leer lees en skryf.” b) Die onderwyseres sê: “Ek sal jou graag help.” Gee woorde wat sinonieme is vir die woorde in vet druk. Daar is ’n a) (fliek) gemaak van die aangrypende b) (verhaal) van ’n c) (bejaarde) man wat die d) (geleentheid) kry om te leer. Gee woorde wat die teenoorgestelde (antonieme) is van die woorde in vet druk. Kimani Maruge lyk te a) (jonk) om so b) (vroeg) in sy lewe te leer lees. Kies die regte woord tussen hakies (antonieme, byvoeglike naamwoorde). a) Kimani Maruge is in 2004 vir die (eerste/laaste) keer skool toe. b) Hy skryf by ’n (klein/groot) plaasskooltjie in, nie by ’n (klein/ groot) skool in die stad nie. c) Die (ou/jong) man, Kimani, sit saam met die (ou/jong) kinders in graad 1. d) Natasha se (liefde/haat) vir lees sal nooit verander nie. e) Annie is (gelukkig/ongelukkig) oor haar BlackBerry-selfoon. Skryf ’n paragraaf om ’n boekwurm te beskryf (beskrywende paragraaf). a) Die (leergierige/leergestremde) Natasha hou baie van lees. b) Sy hou van (interessante/geïnteresseerde) boeke. c) Sy besoek graag die (enige/enigste) biblioteek in die dorp. d) Sy lees die (volledige/onvolledige) reeks boeke sommer gou almal deur. 13. Lus vir leer en lees

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 169

169

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening 1.

Voltooi die blokkiesraaisel. Gee EEN WOORD vir ’n omskrywing. 1

B

2

K

V 3

R

K 6

U

7

4

5

D

G

G

G

J

R

S

DWARS: 1. ’n Plek waar ’n mens boeke kan lees en uitneem. 3. ’n Klomp boeke wat uitbrei op dieselfde titel en karakters. 4. ’n Gesprek tussen karakters in ’n teks. 6. ’n Kaartjie wat ’n mens na ’n geleentheid uitnooi. 7. ’n Skrywer van nuusberigte in ’n koerant.

2.

3.

170

AF: 1. Iemand wat baie lief is vir lees. 2. Die persoon wat die storie vertel. 4. Iemand wat gedigte skryf. 5. ’n Literêre teks wat uit versreëls en strofes (gewoonlik met rym) bestaan. (9) Gee die regte vorm van die woord tussen hakies (byvoeglike naamwoorde). Die film The first grader gaan oor ’n a) (trots) b) (oud) man wat ’n c) (goed) en d) (vinnig) leerder op skool is. Hy sit tussen e) (jonk) f) (sesjarig) kinders op die skoolbanke. Dit is ’n g) (aangrypend) storie wat mens altyd sal bybly. (7) Gee die intensiewe vorm van die byvoeglike naamwoorde tussen hakies. Kimani Maruge was ’n a) (baie ou) man wat b) (baie graag) wou leer lees en skryf. Hy moes saam met c) (baie jong) kinders in die klaskamer wees. Hy het d) (baie vinnig) leer lees. (4) Totaal: 20 Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 170

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

14

Groen, groener, die groenste

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• na ’n dialoog luister en dit hardop in rolle lees • na ’n storie luister en een vertel

Lees en kyk: Begrip Letterkunde

• • • • •

Skryf en aanbied

• ’n dialoog skryf • ’n agenda opstel en ’n notule skryf

Taalstrukture en -konvensies

• • • • • • •

twee gedigte lees en vrae daaroor beantwoord ’n drama lees en vrae daaroor beantwoord Leesboek bl. 5: “Wolf word ‘n waghond” (volksverhaal) Leesboek bl. 84: “Ekologiese voetspoor” (gedig) Leesboek bl. 85: “Krisis” (gedig)

werkwoorde in die verlede tyd oorskryf voornaamwoorde binne konteks identifiseer een woord vir omskrywings gee lees- en skryftekens invul spelpatrone en spelreëls leer en toepas idiome aanleer voegwoorde in sinne gebruik

14. Groen, groener, die groenste

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 171

171

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Vullisblikmentaliteit Pre-lees: Kan julle onthou wat hierdie teken vir ons sê?

Jy moet jou rommel of vullis in die vullisdrom gooi. Moenie rommel soos plastieksakke, papiere en blikkies rondstrooi nie!

Tydens lees: Lees die gedig “Vullisblikmentaliteit” (dustbin mentality).

Vullisblikmentaliteit Hulle mors orals met borrels en blikkies en plestieksakkies; onner ’n brug, langs ’n hys en soe wragtig byte ’n public toilet! by busstops, innie subway, op ’n mooi piekniekplek, tussennie bossies, oppie duine, op sypaadjies mors hulle vieslik ... En baie keer is daar ’n vullisblik. Peter Snyders (Uit: Ons klein en silwerige planeet, Van Schaik, 1997)

172

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 172

Week 9 en 10

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Wie is die “hulle” in Die gedig is in strofe 1? informele Kaapse 2. Wat gooi “hulle” Afrikaans geskryf. alles weg? Noem Probeer om jou drie dinge. antwoorde in meer 3. Kies die korrekte formele taal te woorde: Strofe 1 skryf! beskryf (wie/wat/ waar/wanneer) die mense rommel rondgooi, maar strofe 2 en 4 beskryf (wie/wat/waar/wanneer) hulle dit doen. 4. Waar moes hulle eintlik hulle rommel gegooi het? 5. Skryf reël 2 in strofe 1 neer en onderstreep die alliterasie. 6. Watter twee woorde in strofe 1 rym? 7. Watter drie plekke waar mense rommel gooi, word in strofe 2 genoem? 8. Is die volgende stellings waar of onwaar? Waarom sê jy so? Die uitroepteken (!) aan die einde van strofe 2 wys: a) die spreker is beïndruk met wat mense met hul rommel doen. b) daar is rommel onder brûe, langs huise en buite ’n toilet. c) die spreker is geskok oor al die rommel wat oral rondlê. d) daar is baie mense wat sommer oral rommel gooi. 9. Hoe lyk die mooi piekniekplek as dit vol rommel is? 10. a) Hoe verskil die laaste strofe van al die ander strofes? b) Hoekom is dit so, dink jy? 11. Wat is die gedig se boodskap? 12. Redigering: Skryf die volgende woorde in goeie Afrikaans en gee die Afrikaanse woorde vir die Engelse woorde in die gedig. a) borrels g) public toilet b) plestieksakkies h) busstops c) onner i) innie d) hys j) subway e) soe k) tussennie f) byte l) oppie

14. Groen, groener, die groenste

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 173

173

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Rolspel

Formele assessering

Lees eers die dialoog wat op ’n fabel van Aesopus gebaseer is stil deur. Lees dit dan hardop in rolle vir ’n punt uit 10. Leef julle in die rolle in, gebruik liggaamstaal en gebare, praat harder, dan sagter. Lees met gevoel.

Die geelhoutboom en die ghwarriebos Verteller:

Eendag was daar ’n trotse, hemelhoë geelhoutboom. Geelhoutboom: O, kyk hoe hoog is ek. Ek het ’n mooi vorm, digte blare en baie waardevolle hout. Ghwarriebos: Dis reg. Geelhoutboom: Jou arme ding. Ghwarriebos: Hoekom sê jy so? Geelhoutboom: Jy’s nie net lelik nie, jy is nog nutteloos ook. Die diere eet nie eers jou blare nie. Ek is trots en regop. Almal wil my hout hê. Ghwarriebos: Dis reg. En wanneer hulle jou eendag afkap vir jou waardevolle hout, sal jy wens jy is ’n lelike, nuttelose ghwarriebos soos ek! En ek is glad nie so nutteloos soos jy dink nie. (Deur die skrywer)

Skryf en aanbied: ’n Dialoog

Totaal: 10 Skryf en aanbied

Skryf jou eie dialoog in die vorm van ’n drama. Persoon 1 spreek persoon 2 aan omdat hy of sy rommel op enige plek rondgooi. Gebruik die prosesbenadering: • Beplan eers die dialoog. Gebruik ’n kopkaart om jou te help. • Skryf die name van die karakters links op die bladsy met ’n dubbelpunt ná die naam. • Moenie aanhalingstekens gebruik nie, bv. Anneke: Hoekom gooi jy ... • Skryf eers die konsep, redigeer dit, skryf dit dan netjies oor en proeflees die finale weergawe vir aanbieding.

174

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 174

Week 9 en 10

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: Storievertelling Luister na die kort volksverhaal van ’n padda wat voorgelees word. Kies dan enige storie wat oor die tema “bewaar die aarde, wees groen” gaan en vertel die storie vir die klas. Jy kan ook die storie van die geelhoutboom en die ghwarriebos gebruik as jy wil. Beplanning, navorsing en organisering • Beplan ’n goeie inleiding en slot en sorg dat jy ’n interessante storielyn het. Voorbereiding en aanbieding • Let op jou woordgebruik, uitspraak en sinstrukture. • Maak oogkontak en vertel die storie in ’n duidelike stem.

Lees en kyk: ’n Gedig: Groen?

Lees en kyk

Pre-lees en tydens lees Kyk eers na die titel en illustrasie en lees dan die gedig aandagtig deur. Groen? Groen is die spinasie – ’n gesonde sensasie. Groen is ’n komkommer en avokadopeer – eet al jou groente, Meneer! Groen is eko-vriendelik Groen gooi al die rommel in ’n blik. Groen skakel die ligte af en probeer oral heen draf. Groen spaar water en bêre plastieksakke vir later. Groen sorg vir die aarde En besef die aarde se waarde. (Deur die skrywer)

14. Groen, groener, die groenste

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 175

175

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Wat, dink jy, beteken die titel van die gedig? Motiveer. 2. Waarmee rym die volgende woorde: a) spinasie d) af Om eko-vriendelik b) avokadopeer e) water te wees, beteken om c) vriendelik f) aarde die aarde te bewaar 3. Soeklees die gedig en maak ’n lys van deur nie rommel te alles wat in die gedig opgenoem word strooi nie; deur nie wat letterlik groen van kleur is. water en elektrisiteit 4. In die tweede strofe word groen figuurlik te mors nie en nie gebruik, dis nie letterlik die kleur groen bome af te kap nie. nie. Sê wat groen in strofe 2 beteken. (Groen is ’n mens wat alles reg doen.) 5. Noem VIER dinge wat in die tweede strofe genoem word wat ekovriendelik is. 6. Wat is die tema van die tweede strofe? Kies die korrekte woorde tussen hakies. As jy vir die aarde sorg deur water en elektrisiteit te (spaar/mors), dan is jy “groen” en help jy om die aarde te (bewaar/vernietig).

Lees en kyk: ’n Drama Pre-lees en tydens lees: Kyk eers na die formaat waarin die drama geskryf is. Lees dit dan hardop in rolle

Die aarde weet TONEEL: Twee tieners sit-lê en gesels in ’n hiper-moderne sitkamer. KARAKTERS: Peter, seun van omtrent 13, lê op ’n bank en kyk na iets op ’n skootrekenaar. Hy dra ’n bril. Sarah is boheems aangetrek. Oorfone om die nek. Effens verveeld.

176

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 176

Week 9 en 10

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Peter: Ons het vandag in die klas geleer hoe sleg dit eintlik met ons planeet gaan. Ons sal iets moet begin doen om die aarde te red. Sarah: Ag! Wat is nou so erg? Almal herwin en her-iets. Peter: Dit is seker so. Maar, verbeel jou jy sit op ’n groot, gemaklike reddingsvlot. Jy’s besig om ’n boek te lees of na jou iPod te luister. Op die reddingsvlot is alles wat jy nodig het: kos, water en skuilplek. Sarah: Wat van krag? Peter: Daar’s ’n energiebron wat jy kan gebruik om kos te kook, water warm te maak, lig te verskaf wanneer dit donker is en om jou PlayStation of Xbox of wat ook al te laat werk. Sarah: Is daar enigiemand saam met my op die reddingsvlot? Peter: Ja! Jou vriende, familie en hond. Dit is, om die waarheid te sê, ’n baie luukse reddingsvlot. Sarah: Dit klink lekker. Waarnatoe gaan ons? Peter: Die probleem is, daar is nêrens om heen te gaan nie. Sarah: Gaan dit vir ewig aanhou? Peter: A ha! Dit is waar die sports begin! Ongelukkig ontwikkel die reddingsvlot ’n paar probleme. Nou werk dit nie meer so lekker nie, en stukke daarvan is besig om af te val. Dit moet reggemaak word. Dit kan sink, en wat word dan van jou? Sarah: Ek bel iemand om te kom help. Peter: Jy het vergeet – jou reddingsboot is die enigste een op die oseaan. Daar’s niemand om jou te help nie. Jy moet dit SELF doen. Want dis JOU reddingsvlot, en dis die enigste een wat daar is. Sarah: Ag nee man, Peter! Dit is ’n onrealistiese situasie! Peter: Dink mooi. Is dit regtig? Wat as ek sê die reddingsvlot is die aarde – die enigste een wat ons het? Sarah: Ja, oukei! Jy wen! Dit is ’n hengse probleem. Kom ons dink aan oplossings. Jacqui Bailey (Aangepas uit: Wat’s die punt van groen wees?, LAPA Uitgewers, 2010)

14. Groen, groener, die groenste

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 177

177

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die drama? 1. Kies die regte woord tussen hakies. Die reddingsvlot word gelykgestel aan die (huis/aarde/maan). Dit is ’n (metafoor/vergelyking). 2. Wat, sou jy sê, is die drie belangrikste dinge wat op die reddingsvlot is? Motiveer jou antwoord. 3. Wat lei jy uit die teks af beteken die woord luukse? 4. Wat is fout met die reddingsvlot? 5. Gaan dit maklik wees om die reddingsvlot te laat regmaak? Motiveer. 6. Wie sal moet help om die reddingsvlot reg te maak? 7. Wat is die tema of boodskap van die drama? 8. Hoe verskil die twee karakters se opinie ten opsigte van die toestand van die aarde? 9. Hoe word daar spanning in die drama verkry?

Taal in konteks: Idiome

Taalstrukture en -konvensies

Pas die idiome links by die korrekte beskrywing regs. 1. 2. 3.

’n druppel in die emmer hemel op aarde jou kant bring

a) ’n lekker lewe lei b) jou deel doen c) baie min

Taal in konteks: Spelpatrone, een woord vir ’n omskrywing, voegwoorde, voornaamwoorde • ’n Lang klank in ’n geslote lettergreep word met TWEE vokale gespel, bv. boom. In die meervoud word die lang klank met EEN vokaal gespel en word dit ’n oop lettergreep, bv. bo-me. • ’n Kort klank in ’n geslote lettergreep word met EEN vokaal gespel, bv. kat. In die meervoud bly dit ’n geslote lettergreep en word die konsonant na die geslote lettergreep verdubbel, bv. katte. • ’n Kappie op ’n vokaal dui aan dat die vokaal lank uitgespreek word, bv. skêr. • ’n Deelteken verdeel vokale in lettergrepe – dit dui aan waar die nuwe lettergreep begin, bv. geëet.

178

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 178

Week 9 en 10

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

1.

2.

3.

Verbeter die spelling van die vetgedrukte woorde. Die a) wereld is besig om warmer te word. Dit b) beinvloed die weer, die land en die c) oseaane. Wetenskaplikes glo dat skadelike d) gase van fabrieke en voertuie soos e) kare en f) buse die son se g) straale vasvang en die aarde verwarm. Dit word klimaatsverandering genoem. Soek een woord in die teks hierbo vir die omskrywings. a) karre, busse, treine, motorfietse b) as iets warmer word c) die verandering in die weer of klimaat Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. Let op na die posisie van die werkwoord na die voegwoord. a) Die klimaat verander. Die wêreld word warmer. (daarom) b) Die aarde verwarm. Daar is te veel skadelike gasse. (omdat) • Persoonlike voornaamwoorde vervang ’n eienaam, bv. Peter loop skool toe. Hy is haastig. • Besitlike voornaamwoorde dui besitting aan, bv. Nonnie gooi haar rommel weg. • Onpersoonlike voornaamwoorde verwys na die weer, bv. Dit reën. • Aanwysende voornaamwoorde verwys na iets of iemand spesifiek, bv. Daardie seun of Hierdie meisie. • Onbepaalde voornaamwoorde het nie betrekking op een persoon of saak nie, bv. iemand, ’n mens, sommige, niemand. • Wederkerende voornaamwoorde verwys terug na die onderwerp van die sin, bv. Die man ontstel hom, die vrou skaam haar.

4.

Vul die ontbrekende voornaamwoorde, soos aangedui, in. a) _______ sneeu al hoe meer. (onpersoonlike voornaamwoord) b) _______ moet minder krag gebruik. (onbepaalde voornaamwoord) c) _______ man herwin bottels. (aanwysende voornaamwoord) d) Die juffrou skaam _____ omdat ons so baie rommel strooi. (wederkerende voornaamwoord) e) Peter skakel die ligte af, want _____ wil krag bespaar. (persoonlike voornaamwoord) f) Nonnie tel _____ blikkie op en gooi dit in die vullisdrom. (besitlike voornaamwoord) 14. Groen, groener, die groenste

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 179

179

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Agenda ’n Agenda is ’n lys sake wat tydens ’n vergadering (meeting) bespreek gaan word. Die agenda word voor die tyd aan al die mense gegee sodat hulle kan voorberei vir die vergadering. Beplanning/Pre-skryf • Dink aan ’n rede waarom jy en jou maats vergadering wil hou, bv. wat die skool kan doen om meer papier te herwin (recycle) of die skoolterrein skoon te maak van rommel. • Hou ’n dinkskrum oor moontlike sake vir die agenda. Skryf ’n konsep • Stel ’n agenda of ’n lys van sake (90–100 woorde) op. • Kyk dat die lys logies op mekaar volg. • Kyk dat die sake genommer is. • Gee die naam van die komitee, plek, datum. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Redigeer jou agenda. • Soek vir spelfoute en woordordefoute. • Kyk dat jou werk netjies is en proeflees dit voor aanbieding. Onthou, ’n agenda is ’n formele skryfstuk.

Die Groen-komitee Hoërskool Vorentoe, Skoolsaal 19 November, Donderdag, 19:00 Agenda 1. Verwelkoming 2. Teenwoordig 3. Verskonings 4. Notule van vorige vergadering 5. Sake voortspruitend uit vorige notule 5.1 Boomplantdag 5.2 Herwinning van blikkies 6. Nuwe sake 6.1 Herwinning van papier 6.2 Skoonmaak van skoolterrein 7. Algemeen 8. Datum van volgende vergadering

180

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 180

Moenie vergeet nie! Gee die korrekte inligting oor waar, wanneer en hoe laat (tyd) die vergadering gehou gaan word, anders gaan niemand by die regte plek en op die regte tyd opdaag nie.

Week 9 en 10

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Notule ’n Notule (minutes) word tydens ’n vergadering deur die sekretaris/ sekretaresse gehou. Hy of sy skryf neer wat belangrik is, en stel na die vergadering ’n verslag op in die vorm van ’n notule. Beplanning/Pre-skryf Verdeel in groepe en stel die notule op (90–100 woorde) vir die Groenkomitee se vergadering. Gebruik die agenda wat gegee is. Julle behoort name by take wat uitgedeel is, te sit sodat die komiteelede weet wie moet wat doen. Skryf ’n konsep • Die sakelys van die agenda vorm die hoofpunte van die notule. • Gebruik dieselfde nommers as op die agenda. • Skryf die notule in die teenwoordige tyd. Die lydende vorm word dikwels gebruik, bv. Daar word besluit dat ... • Skryf bondig en akkuraat; moenie onnodige inligting gee nie. Die styl is formeel. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Hersien die konsep, redigeer en proeflees dit vir die finale aanbieding.

Taal in konteks: Werkwoorde, verlede tyd

Taalstrukture en -konvensies

Herskryf die sinne in die verlede tyd. 1. Die vergadering is op 19 November. 2. Die sekretaris stel ’n agenda op. 3. Die komiteelede berei vir die vergadering voor. 4. Sommige kinders plant bome. 5. Ander kinders herwin papier. 6. Die derde groep kinders maak die terrein skoon. 7. Die vierde groep kinders maak blikkies bymekaar. • Gebruik het en ge- in die verlede tyd, bv. spaar – het gespaar. • Is word was, bv. Sy is laat. Sy was laat. • Werkwoorde wat met her- begin, kry nie ’n ge- nie, bv. Die voorsitter herinner hulle aan die volgende vergadering. ... het hulle herinner. • Skeibare werkwoorde soos afskakel (skakel ... af) word afgeskakel, bv. Hulle skakel die selfone af. Hulle het die selfone afgeskakel. 14. Groen, groener, die groenste

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 181

181

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening 1.

2.

3.

4.

Skryf die volgende sinne in die verlede tyd (werkwoorde). a) Die seun skakel die lig af. b) Die meisie tel papiere op. c) Daar is besoedeling in die stad. d) In ons huis bespaar ons water. e) Ons hele land gebruik minder elektrisiteit. (5) Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies. Let op na die posisie van die werkwoord. a) Jy moet die ligte afskakel. Dit verminder die gebruik van krag. (omdat) b) Hy stort eerder as bad. Hy kan water spaar. (sodat) (4) Kies die regte woord tussen hakies (voornaamwoorde). a) (’n Mens/Niemand) moet jou omgewing skoonhou. b) Nora onthou om (haar/sy) gemors in die vullisblik te gooi. c) Dawid vererg (hom/haar) vir (sy/haar) maats wat hulle blikkies oral gooi. d) Sandra skaam (hom/haar) vir al die gemors wat rondlê. e) (Hierdie/Daardie) kinders wat naby is, tel die papiere op. f) (Hierdie/Daardie) boom wat ver is, is baie groot. (6) Vul die ontbrekende woord in om die idioom te voltooi. Kies uit die blokkie. hemel

5.

6.

druppel

kant

a) As een mens water spaar, is dit ’n _____ in die emmer, maar dit help. b) Jy moet jou ____ bring en help met herwinning. c) As ons die planeet red, sal dit ____ op aarde wees. (3) Verbeter die spelling van die volgende woorde (redigering). a) plastieksake b) boome c) geeet d) sker (4) Gee een woord vir die volgende omskrywings. Kies uit die blokkie. waterbesparing

elektrisiteit

rommel

a) energie wat lig en warmte verskaf b) water wat nie gemors moet word nie c) gemors wat nie rondgestrooi moet word nie, maar in die vullisblikke moet kom (3) Totaal: 25

182

Kwartaal 3

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 182

Week 9 en 10

2013/08/21 9:17 AM

15

Planne met platsakprobleme

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• • • •

in ’n groep ’n vergadering hou na die prosedure tydens ’n vergadering luister na ’n artikel luister en vrae daaroor beantwoord na ’n fabel luister en vrae daaroor beantwoord

Lees en kyk: Begrip

• • • • •

’n advertensie aandagtig lees en vrae beantwoord ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord ’n opsomming maak ’n kortverhaal lees, bespreek en vrae beantwoord Leesboek bl. 43: “Jana se selfoon” (storie)

Letterkunde Skryf en aanbied

• ’n curriculum vitae lees as voorbereiding om ’n aansoekbrief te skryf

Taalstrukture en -konvensies

• jou woordeskat uitbrei • die direkte en indirekte rede met punktuasie inoefen • kennis maak met jargon (vaktaal), cliché, sleng, sinekdogee, toutologie en dubbelsinnigheid • met sinonieme en antonieme werk • lydende en bedrywende vorm gebruik • direkte en indirekte rede toepas • spelling inoefen • sinne in die verlede tyd oorskryf • werkwoorde identifiseer

15. Planne met platsakprobleme

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 183

183

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: Vergaderingprosedure

Ek dink ons besigheid moet honde en huise oppas.

Is daar ’n sekondant vir die voorstel?

Ek sekondeer die voorstel.

Luister na die prosedure wat tydens ’n vergadering gevolg moet word: ’n Vergadering moet volgens spesifieke reëls verloop. Die voorsitter (chairman) is die leier van die vergadering en kyk dat daar orde is. Hy open die vergadering en verwelkom almal. Daarna verduidelik hy kortliks wat op die agenda (program van wat op die vergadering gaan gebeur) is. Hy hou by die agenda en keer dat die sprekers van die onderwerp afdwaal. Hy moedig deelname aan en sluit die vergadering as alle punte op die agenda bespreek is. Die sekretaris/sekretaresse skryf al die besluite wat geneem word, neer. Hy/Sy skryf ’n notule (minutes) of skriftelike verslag van wat op ’n vergadering besluit word.

Praat: Hou ’n vergadering Baie kinders in die klas is platsak (broke). Julle moet geld kry om op ’n sporttoer te gaan. Hou ’n vergadering van 8–10 minute in ’n groep waar julle besluit wat julle gaan doen om geld te maak (deur entrepreneurskap).

Onthou, neem beurte om te praat en na mekaar te luister.

184

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 184

Week 1 en 2

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: Luisterbegrip: Twee tekste

Formele assessering

Jy gaan na ’n voorlesing van ’n tydskrifartikel en ’n fabel luister en vrae daaroor beantwoord. Jy sal twee keer apart na elke teks luister. ’n Tydskrifartikel Pre-luister • Wat sê die titel “Entrepreneur se suksesverhaal”? • Wie, dink jy, is die man op die foto? • Lees die vrae baie goed deur. • Skryf die vraagnommers onder mekaar in jou boek neer. Tydens luister • Maak jou oë toe en luister goed terwyl die artikel voorgelees word. • Wanneer die artikel die tweede keer gelees word, kan jy vinnig aantekeninge maak en sleutelwoorde neerskryf. Post-luister 1. Hoe oud was Richard toe hy sy eerste besigheid begin het? 2. Waarmee het hy om die wêreld gereis? 3. Noem twee besighede wat Richard in sy beginjare gestig het. 4. Watter lugdiens het hy in die tagtigerjare gestig? 5. Kies die regte woord. a) Sy koeldrank, Virgin Cola, se verkope is besig om Pepsi en Coco Cola (stadig/vinnig) in te haal. b) Ten spyte van sy (leerprobleme/talente) as kind het hy sy (leerprobleme/talente) ontwikkel. 6. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer. Richard stel in verskillende soorte besighede belang. 7. Vul die ontbrekende woorde in. Sy kreatiefste idee nog is om mense se wildste a) ___ waar te maak deur na die buitenste b) ___ te vlieg.

(1) (1) (2) (1)

(2) (1) (2)

’n Fabel Volg die prosesstappe vir luister hierbo en beantwoord die vrae. 1. Wat moet die boer se seuns op die plaas soek? (1) 2. Wat is die les van die fabel? Verduidelik in jou eie woorde. (2) 3. Stem jy saam dat die twee tekste dieselfde boodskap oordra? Motiveer. (2) Totaal: 15 15. Planne met platsakprobleme

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 185

185

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal Pre-lees Lees eers die inligting in die woordwolkie.

Tydens lees

In ’n kortverhaal is daar ’n tema of hoofgedagte. Die karakters, plek, tyd en die omstandighede waarin die verhaal afspeel, is belangrik.

Thabo, die entrepreneur van Pretoria Thabo is moedeloos. Dié vakansie werk nie vir hom nie, want hy is platsak! “Ek kan nie eers gaan fliek of vir Ma ’n geskenk koop nie! Ek kry nie sakgeld nie, want my ouers kan dit nie bekostig nie.” Pragan, Thabo se boesemvriend, voel baie jammer vir Thabo. Hy kan hom nie met geld help nie. Die middag sê die buurman vir Pragan dat hy met vakansie gaan, maar dat die troeteldiere ’n probleem is. “Ek het iemand nodig om vir hulle kos te gee. Ken jy iemand?” Pragan dink dadelik aan ’n blink plan. Thabo kan mos na die diere kyk vir ekstra geld. En dis toe Thabo begin het om mense se honde en huise op te pas. Hy het met plakkate sy dienste geadverteer. Eers pas Thabo net drie huise met hulle troeteldiere op. Maar die mense praat oor sy goeie werk en gou pas Thabo tien huise op. Dit klink na ’n maklike werk, maar dis nie so eenvoudig nie. “Om elke dag deur tien huise te gaan om met die diere te speel, hulle kos te gee en met hulle te gaan stap, is nie ’n maklike werk nie,” vertel Thabo. “Diewe het by een huis ingebreek. Toe gaan die krag by ’n ander huis af. Die hek by die tweede huis word elektronies beheer. Niks kon oopgaan nie.” Hy leen toe ’n leer by die buurman, klim oor die huis se dak en breek by die huis in om by die troeteldiere uit te kom. “Ek was bang die polisie ry verby en arresteer my!” sê Thabo. Die vakansie het vir Thabo op ’n vrolike noot geëindig. Met die geld wat hy verdien het, kon hy sy plat sak met ’n vet beursie laat bult. Hendrik Grobbelaar (ongepubliseer)

186

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 186

Week 1 en 2

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

W

boesemvriend: bosom friend; beste vriend moedeloos: down in the dumps; sonder vertroue, moed en hoop platsak: penniless; sonder geld, met ’n plat beursie (figuurlik) troeteldiere: pets; huisdiere wat vir die plesier aangehou word

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal? 1. In watter ruimte of plek speel die verhaal af? 2. Wie is die hoofkarakter in die verhaal? 3. Waarom was Thabo so moedeloos? 4. Watter twee dinge wou Thabo met sy geld doen? 5. Sê of die stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord. Pragan het die geldmaakplan vir Thabo uitgedink. 6. Hoe het Thabo sy besigheid bemark? 7. Kies die antwoord wat nie pas nie. Die dinge wat vir Thabo verkeerd geloop het terwyl hy die troeteldiere opgepas het, was dat ___. a) diewe by die een huis ingebreek het. b) die krag by die ander huis afgegaan het. c) die polisie hom gearresteer het. 8. Hoe het Thabo dit reggekry om oor die huis se dak te klim? Verduidelik. 9. Wat is die letterlike betekenis van plat sak? 10. Wat is die figuurlike betekenis van platsak? 11. Wat is die storie se boodskap? 12. Stem jy saam dat Pragan ’n goeie vriend is? Motiveer. 13. Rangskik die volgende sinne in die regte volgorde (opsomming). a) Aan die einde glimlag Thabo weer, want sy beursie bult. b) Thabo pas eers net drie huise op. c) Pragan dink aan ’n briljante plan vir Thabo. d) Thabo moet met ’n leer oor ’n ander huis se dak klim. e) Die buurman is bekommerd oor sy troeteldiere. f) Diewe breek by die een huis in. g) Thabo is aan die begin moedeloos omdat hy nie geld het nie.

15. Planne met platsakprobleme

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 187

187

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: Thabo se plakkaat

(Deur skrywer saamgestel) Post-lees: Hoe goed verstaan jy die plakkaat? 1. Op wie is hierdie plakkaat gemik? 2. Hoe trek die plakkaat die mense se aandag? 3. Wie is die adverteerder van hierdie plakkaat? 4. Noem TWEE maniere waarop die troeteldiere versorg sal word. 5. Sê of die stellings WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou antwoord. a) Diereliefhebbers sal op die advertensie reageer. b) Die diere gaan afgeskeep word. 6. TWEE van die antwoorde is KORREK. Watter EEN is nie korrek nie? Die ekstra diens wat huiseienaars kry, is dat ___ a) daar elke dag skoon kos en water is. b) voornemende diewe weggehou word. c) die honde gereelde oefening kry. 7. Kies die regte antwoord (antonieme). Vakansiegangers hoef nie meer (gerus/bekommerd) te wees nie, want Thabo versorg die diere baie (sleg/goed). 8. Hoeveel geld kan Thabo maak as hy vir een week twee huise se diere elke dag oppas?

188

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 188

Week 1 en 2

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig My ma se varsgebakte brood Ek is mal oor my ma se varsgebakte brood. Warm uit die oond en reusagtig groot. Mense se oë rek, ja, hulle staan verstom as daai brood in ’n rookwolk uit die oond te voorskyn kom. Die rede waarom ek so baie daarvan hou? Dis omdat ’n mens dit kan gebruik om huise mee te bou! Is jy lus vir ’n snytjie? Wil jy dit regtig waag? Gaan haal dan asseblief eers gou my pa se ystersaag! Ek is mal oor my ma se varsgebakte brood: As ’n mens iemand daarmee gooi, is daardie iemand dood! Jaco Jacobs (Uit: ’n Brulpadda in my tas, LAPA Uitgewers, 2008)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Watter WOORD sê dat die brood nou uit die oond moet kom? 2. Noem TWEE eienskappe van die brood as dit uit die oond kom. 3. Op watter TWEE maniere reageer mense op Ma se brood? 4. Kies die korrekte woord: Die mense se (ore/oë) is groot en hulle kan dit nie (belowe/glo) as die reusebrood uit die oond kom nie. 5. Waarmee sny ’n mens gewoonlik brood? 6. Hoekom, dink jy, het die spreker ’n ystersaag nodig? 7. Sê of die volgende stellings ’n feit of ’n mening is. Motiveer. a) Die spreker hou van sy ma se brood. b) Die brood is baie groot. 8. Skryf al die rymwoorde neer. 9. Kies die regte woord om die interpretasie van die gedig te voltooi. In hierdie a) (humoristiese/ernstige) gedig spot die spreker met die b) (ma/pa) se c) (suksesvolle/mislukte) brood.

15. Planne met platsakprobleme

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 189

189

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Direkte en indirekte rede, punktuasie Direkte rede word so geskryf: • Skryf die dubbelpunt (:) na die naam van die spreker. • Die spreker se woorde kom tussen aanhalingstekens (“ ”). By indirekte rede gebeur die volgende: • Die aanhalingstekens val weg. • In ’n stelsin gebruik jy dat en die werkwoord skuif na die einde van die sin. • As ’n vraagsin met ’n werkwoord begin, gebruik jy of. • As ’n vraagsin met ’n vraagwoord begin, gebruik jy nie of nie. • Die voornaamwoorde ek, my, jy, julle en ons moet verander. • Gebruik die hulpwerkwoord moet in ’n bevelsin. • Die bywoorde van tyd en plek verander in die verlede tyd. 1. 2.

3.

4.

Vul die ontbrekende punktuasie in (direkte rede). a) die bestuurder het vir Derick gesê ek sal jou môre betaal b) die buurman vra sal jy die hasies nou voer Herskryf die stelsinne met dat (indirekte rede). a) Sir Richard Branson sê: “Ek het Virgin Cola begin.” b) Pragan sê: “Ek voel vreeslik jammer vir Thabo.” c) Thabo het gesê: “Ek het troeteldiere versorg.” Herskryf vraagsinne met of (indirekte rede). a) Sarah vra vir Thabo: “Is jy lus vir ’n snytjie brood?” b) Pieter vra aan die buurman: “Gaan julle met vakansie?” c) Pragan vra: “Thabo, wil jy die buurman se troeteldiere oppas?” Herskryf die vraagsinne met vraagwoorde (indirekte rede). a) Pieter het gevra: “Hoeveel wins het julle gemaak?” b) Maxine vra vir Thabo: “Wanneer is die katte bang vir jou?” c) Nelson het gevra: “Wat maak die honde hier?”

My mense is met vakansie. My hondmaat sê dat sy mense met vakansie is. 190

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 190

Week 1 en 2

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Jargon (vaktaal), cliché, sleng, sinekdogee, toutologie, dubbelsinnigheid • Jargon of vaktaal is die taal van bepaalde groepe, soos rekenaarmense, wetenskaplikes, taalkundiges, flora musikante, ens. Voorbeeld: In rekenaartaal LAN kinders as hulle saam by ’n plek met ’n klomp rekenaars teen mekaar speel. Wetenskaplikes praat van die diere as fauna en die plante as flora. Musikante praat van ’n vertoning as ’n gig en van donker wolk ’n orkes as ’n band. – silwer randjie • ’n Cliché is afgesaagde woorde wat oor en oor in gesprekke gebruik word, bv. Elke donker wolk het ’n silwer randjie (daar’s altyd hoop, al gaan dit sleg). • Sleng is ’n soort informele Afrikaans wat veral by tieners en studente gehoor word, bv. Ek het baie swot geswot (i.p.v. geleer) vir my toets, maar nogtans gepluk (gedruip). ouerlike • Sinekdogee is ’n geheel wat deur ’n deel genoem dak word, bv. Die ouerlike dak (deel) verwys na die ouerlike huis (geheel). • Toutologie is die onnodige herhaling van woorde wat dieselfde beteken, bv. ’n ronde sirkel, tortelduif (albei woorde beteken duif). tortelduif • Dubbelsinnigheid: iets wat meer as een betekenis kan hê en tot ’n misverstand kan lei, bv. Dokter help man wat hond byt. Dit kan twee betekenisse hê: Die dokter help die man wat deur ’n hond gebyt is. (of) Die dokter help die man wat die hond byt. hond en dokter

Kies die korrekte antwoord tussen hakies (vorm van taalgebruik). 1. Dis great om saam met cool ouers uit te hang. (dubbelsinnigheid/ sleng) 2. Die RAM van die rekenaar is 4GB. (jargon/cliché) 3. Dis ’n beginner wat so pas begin het. (sinekdogee/toutologie) 4. Ek het die slang deur die venster sien seil. (sleng/ dubbelsinnigheid) 5. Ek gaan vandag ’n dermatoloog besoek in verband met my velprobleme. (vaktaal/cliché) 15. Planne met platsakprobleme

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 191

191

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Lydende en bedrywende vorm In die bedrywende vorm is die onderwerp in die sin aktief en in die lydende vorm is die onderwerp van die sin passief. Bedrywende vorm (Aktief)

Lydende vorm (Passief)

Die ma bak ’n brood. Die onderwerp word hier beklemtoon.

’n Brood word deur die ma gebak. Die voorwerp word hier beklemtoon.

Skryf in die lydende vorm. Begin met die woorde in vet druk. 1. Die klas hou ’n vergadering. 2. Die entrepreneur begin ’n klomp besighede. 3. Thabo maak ’n plakkaat as advertensie. 4. Thabo pas troeteldiere vir sakgeld op. Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Curriculum vitae en ’n aansoekbrief Lees eers die CV as voorbeeld en skryf dan ’n aansoekbrief van 140 –160 woorde waarin jy aansoek doen vir die werk as kelner/kelnerin. ’n CV of curriculum vitae is ’n kort opsomming van wie jy is en wat jy gedoen het. In ’n aansoekbrief doen jy aansoek om ’n werk.

Curriculum Vitae: Hoshane Vuma 1. Persoonlike besonderhede Naam en van: Hoshane Vuma Geboortedatum: 26 Junie 1998 Nasionaliteit: Suid-Afrikaner E-posadres: [email protected] Selfoon: 071 232 4567 Adres: Mariastraat 7 Beauliegh 7123 Tale: Setswana, Engels, Afrikaans 2. Kwalifikasies Hoogste graad: Graad 9, Hoërskool Suthies 3. Belangstellings Sport: Landloop Kultuur: Redenaars

192

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 192

4. Ondervinding Werk by Tasty Food. Telefoonnommer: 011 468123 Pos: Kelner 5. Referente 1. Mnr. Andile Magagula: Skoolhoof 2. Mev. Kirti Goolab: Bestuurder: Tasty Food

Week 1 en 2

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Mariastraat 7 Beauliegh 7123 14 Mei 2014 Reël oop Die plek se adres links in blokvorm. Reël oop

Jou eie adres in blokvorm regs bo. Datum

Mev. Jantjes Ocean Basket Eldoraigne 0014 Geagte mev. Jantjes

Aanhef

VAKATURE: KELNER

Opskrif

Reël oop

Hiermee doen ek aansoek om ...

1e paragraaf

Reël oop

Xxx

2e paragraaf Gebruik u in ’n sakebrief.

Reël oop

Ek hoop om spoedig van u te hoor. U kan met my in verbinding tree by 0712324 567.

Reël oop Reël oop

Slotparagraaf

Die uwe

H Vuma H Vuma Beplanning/Pre-skryf • Kyk goed na die vorm van die aansoekbrief in die voorbeeld. • Beplan jou aansoekbrief met behulp van jou CV. Skryf ’n konsep • Skryf ’n eerste weergawe van jou aansoekbrief. • Maak seker dat die inligting in die brief in goeie Afrikaans is. • Sorg dat jou aansoekbrief uit drie paragrawe bestaan. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Redigeer die brief en skryf dit netjies oor. Woorde wat jy kan gebruik aansoek doen: apply for a post advertensie: advertisement

hardwerkend: diligent met verwysing na: in reference to 15. Planne met platsakprobleme

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 193

193

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening

Haar tandeborsel-plan ’n wenner! Chené Mostert het onlangs die eerste prys in Amerika gewen met ’n steriliseringstoestel vir tandeborsels. Dit het haar R17 000 in die sak gebring en sy gaan die toestel in Amerika patenteer. Sy voel ’n mens word nie as ’n entrepreneur gebore nie. Sy moes net die bal aan die rol sit en hard werk. Sy neem al van 11-jarige ouderdom aan Eskom-ekspo’s deel en is nou in matriek. Dit wys net: aanhouer wen! (Uit: Beeld, 28 Junie 2012, bl. 3)

1.

2. 3. 4.

5.

6.

7.

194

Kies die korrekte spelling van die woorde tussen hakies. a) Chené het (hard/hart) gewerk en nooit partytjie gehou nie. b) Sy het 150 (verskillende/verskilende) tandeborsels bymekaar gemaak. c) Baie van haar (vriende/friende) het haar gehelp. (3) Gee ’n sinoniem of antoniem vir die vetgedrukte woorde. Sy wil in die verlede medies studeer en ’n geneesheer word. (2) Herskryf die sinne in die verlede tyd (werkwoorde). a) Chené ontwerp ’n steriliseringstoestel vir tandeborsels. b) Haar ouers is baie bly oor haar prys. (2) Skryf die volgende sinne oor in die lydende vorm. a) Chené Mostert wen die eerste prys in Amerika. b) Sy ontwerp ’n steriliseringstoestel vir tandeborsels. c) Sy ontvang sewentien duisend rand as prys. (3) Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede. a) Chené sê: “Ek is in die wolke oor my prys!” b) Die joernalis vra: “Gaan jy dit patenteer?” c) Sy antwoord: “Ek wil die toestel in Amerika patenteer.” (6) Skryf die sinne korrek in die direkte rede (leestekens). a) Die skoolhoof sê baie geluk Chené jy het die eerste prys gewen b) Chené antwoord baie dankie mnr. Breedt ek is self verbaas c) Chené antwoord ek wil die toestel in amerika patenteer (3) Skryf die werkwoord in die volgende sin neer. Chené Mostert wen die eerste prys in ’n kompetisie. (1) Totaal: 20

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 194

Week 1 en 2

2013/08/21 9:17 AM

16

Musiek weerspieël emosies

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• foto’s bespreek • aan ’n paneelbespreking deelneem • na ’n dialoog luister en vrae daaroor beantwoord

Lees en kyk: Begrip Letterkunde

• ’n advertensie bestudeer en ontleed • ’n gedig lees en vrae daaroor beantwoord • ’n uittreksel uit ’n jeugroman lees en vrae daaroor beantwoord • Leesboek bl. 65: “Nog iemand vir pynappel op pizza?” (storie) • Leesboek bl. 86: “Taylor Swift” (gedig)

Skryf en aanbied

• ’n e-pos skryf

Taalstrukture en -konvensies

• jou woordeskat uitbrei • met afkortings, samevoegings en spelling werk • leer hoe om gevoelstaal, vooroordeel en stereotipering te identifiseer • oefen om hoofletters, punktuasie en woorde wat volgorde aandui, reg te gebruik

16. Musiek weerspieël emosies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 195

195

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: Bespreek foto’s Kyk na die foto’s van musiekinstrumente en bespreek die vrae in groepe. b)

a)

d)

c)

e) f)

g)

h)

i) j) l) k) 1. 2. 3.

Wat is die naam van elke musiekinstrument wat jy hier sien? Wat het al hierdie instrumente gemeen (in common)? Sal jy graag een van die instrumente wil leer speel? Indien wel, watter een? En waarom?

4.

Na watter soort musiek luister jy graag? Waarom hou jy van hierdie soort musiek? Waarom is musiek vir baie mense belangrik?

5.

196

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 196

Week 3 en 4

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Toets jou woordeskat Iemand wat kitaar speel, is ’n kitaarspeler. Wat noem ’n mens iemand wat die volgende instrumente bespeel? 1. klavier 2. viool 3. tromme 4. saksofoon 5. tjello 6. fluit

Formele assessering

Luister en praat: Hou ’n paneelbespreking Hou ’n paneelbespreking van 15 tot 20 minute oor die volgende onderwerp: • Sonder musiek sal die lewe nie die moeite werd wees nie. Beplanning, navorsing en organisering • Verdeel in groepe van vyf of ses leerders. • Bespreek wat die onderwerp beteken: waaroor kan ’n mens alles praat? Die voorsitter: • Besluit wie julle groep se voorsitter • stel die sprekers voor en (chairperson) gaan wees. verduidelik kortliks wat die • Besluit wie in die groep oor watter onderwerp is aspek van die onderwerp gaan praat. • lei die bespreking en bring • Maak aantekeninge wat jy tydens die die gesprek terug na die paneelbespreking kan gebruik.

onderwerp as sprekers afdwaal • som die bespreking aan die einde op.

Voorbereiding en aanbieding • Luister na mekaar en reageer op mekaar. • Maak oogkontak met die ander sprekers. • Stel jou idees duidelik en logies en motiveer dit met bewyse. • Wees sensitief oor hoe en wanneer jy ander in die rede val. • Hou by die onderwerp. Totaal: 10 16. Musiek weerspieël emosies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 197

197

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister: ’n Dialoog

Formele assessering

Pre-luister • Wat beteken musiek vir mense wat ’n instrument bespeel? • Lees die lys woorde en die vrae hieronder aandagtig deur. Tydens luister • Luister terwyl ’n onderhoud (interview) met ’n jong violis (violinist) die eerste keer vir jou voorgelees word. • Luister na ’n tweede voorlesing van die dialoog en maak aantekeninge. Post-luister Beantwoord die onderstaande vrae. Anele Mhlahlo (18), ’n jong violis van Imizamo Yethu 1. Gee twee redes waarom die onderhoud op ’n goeie noot (manier) begin. (Dink aan wat Ida vir Anele sê.) (2) 2. Wie het Anele se liefde vir musiek met hom gedeel? (1) 3. Wanneer het die twee seuns so lief vir musiek geword? (1) 4. Voltooi die volgende sinne: a) Toe Anele die eerste keer ’n viool gesien het, het hy gedink dit is ’n … b) Toe Anele die eerste keer ’n viool gehoor het, het hy geweet … (2) 5. Van watter twee dinge in Anele se lewe vertel die viool? (2) 6. Waarheen gaan Anele een van die dae? (1) 7. Dink jy die onderhoud eindig op ’n goeie manier? Verduidelik. (1) Totaal: 10

W

198

aangesluit: joined; deel geword van iets geleentheid: opportunity; kans klank: sound; wat jy hoor passie: passion; groot liefde solis: soloist; iemand wat ’n instrument alleen bespeel violis: violinist; iemand wat die viool bespeel viool: violin; musiekinstrument voorspoed: good luck; sterkte

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 198

Week 3 en 4

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Daar’s ’n liedjie ... Pre-lees en tydens lees In hierdie gedig vertel die spreker van ’n liedjie wat vreugde bring wanneer hy die dag gelukkig is en “bolmakiesie” wil slaan. Maar hy bêre ook ’n liedjie wat in die “stomtyd” sal help wanneer hy alleen voel en met niemand kan praat nie. Strofe 1 is links, strofe 2 is regs. Daar’s ’n liedjie in my sak en ’n versie op die rak vir die dag as ek wil sing of wil bolmakiesie spring:

’n versie vir die dag en ’n versie vir die nag en ’n liedjie in my bladsak vir die stomtyd wat nog wag

Philip de Vos (Uit: Daar’s bitterals in die heuningwals, Tafelberg Uitgewers, 1988)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Waar is die liedjie en versie vir wanneer die spreker gelukkig voel? 2. Watter twee dinge wil die spreker doen wanneer hy gelukkig voel? 3. Wat, dink jy, is die “stomtyd”? 4. Skryf die ontbrekende woorde neer. Die dag verwys na die tyd wanneer die spreker ____ voel; die nag verwys na die tyd wat hy ____ voel. 5. Watter woord rym met: a) sak b) sing c) dag? 6. Watter sin som die gedig se boodskap die beste op? a) Daar is altyd ’n liedjie en ’n gedig vir wanneer ’n mens gelukkig voel. b) Daar is altyd ’n liedjie en ’n gedig vir wanneer ’n mens ongelukkig voel. c) Daar is altyd ’n liedjie en ’n gedig wat ’n mens se emosies kan weerspieël.

16. Musiek weerspieël emosies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 199

199

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Advertensie Pre-lees en tydens lees Bestudeer die advertensie en lees dit hardop.

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die advertensie? 1. Wat trek jou aandag (attention) eerste as jy na die advertensie kyk? 2. Wat word hier geadverteer? 3. Is Muzos ’n nuwe musiekwinkel? Verduidelik. 4. Hoeveel takke van Muzos is daar? 5. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. As jy ’n stukkende musiekinstrument het, kan jy dit by Muzos laat regmaak. 6. Wat kan jy doen as jy Muzos wil kontak? 7. Wie is die teikengroep (target group) van die advertensie? 8. Pas die illustrasies goed by wat geadverteer word? Waarom sê jy so? 9. Hoekom, dink jy, is daar soveel verskillende lettertipes en -groottes (fonts) in die advertensie? 10. Dink jy dit is ’n goeie advertensie? Gee ’n rede vir jou antwoord. 11. Is die volgende stelling ’n feit of ’n mening? Verduidelik. Die kitaar in die advertensie is pragtig.

200

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 200

Week 3 en 4

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Afkortings, samevoegings, spelling 1. 2. 3.

Waarvoor staan die volgende afkortings in die Muzos-advertensie? a) e-pos b) za Skryf die vetgedrukte afkortings in die volgende sinne uit. a) Sê vir my waar die winkel is, asb. b) Sluit die prys van die kitaar BTW in? Lees die inligting oor samevoegings (samestellings) hieronder en gee dan een woord vir die woorde tussen hakies.

Samevoegings (samestellings) bestaan uit twee of meer woorde, bv. kitaar + snaar = kitaarsnaar. • Soms word verbindingsklanke tussen die woorde in ’n samestelling gebruik, bv. – volk + dans = volksdans – woord + lys = woordelys – lewe + verhaal = lewensverhaal – kind + konsert = kinderkonsert. • ’n Woord soos spreekkoor het twee k’s, want die eerste woord eindig op ’n k en die tweede een begin met ’n k.

4.

5.

a) Muzos is ’n (musiek + winkel). b) Hulle verkoop (klank + toerusting) en (musiek + boeke). c) Dit is my (lewe + droom) om my eie viool te hê. d) Hy het die nuwe CD in sy (jas + sak). e) Haar sussie sing in ’n (kind + koor). Vorm een woord van die volgende woorde. a) musiek + kamer d) stad + saal b) klavier + stoeltjie e) kind + musiek c) konsert + kaartjies f) kaartjie + kantoor Kies die korrekte spelling en maak ’n sin met die woord wat jy nie kies nie. a) Hulle (vier/fier) die opening van die nuwe winkel. b) Daar is een nuwe tak van Muzos, (maar/maer) ook twee ander takke. c) My (swaar/swaer) gaan ’n nuwe kitaar by Muzos koop. 16. Musiek weerspieël emosies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 201

201

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Uittreksel uit ’n jeugroman Pre-lees Bestudeer die woordeskat voordat jy die ’n Uittreksel is uittreksel lees. net ’n klein deeltjie Jy gaan nou ’n uittreksel uit ’n jeugroman lees. van ’n boek. Dit gaan oor Rolf en Klara wat saam in die skool is. Klara is nuut daar. Rolf is ’n baie musikale seun wat gereeld in die skool se musiekkamers klavier oefen.

W

agtervolg: pursue; agter iemand aanloop doelbewus: on purpose, deliberately; met ’n doel, aspris, met opset kleedkamer: cloakroom;; ’n kamer waar ’n mens kan aantrek knik: nod; kop op en af buig om te wys dat jy verstaan Mozart en Haydn: twee beroemde komponiste van klassieke musiek musiekkamers: music rooms; kamers waar musiekleerders oefen verbeel: imagine; in jou gedagtes iets voorstel, dink

Tydens lees: Lees die uittreksel deeglik deur.

’n Baie lang brief aan Rolf Bedags het ek na jou begin soek op die speelterrein, en in die rye op pad saal toe, pouse naby die musiekkamers, en in die middae terwyl ek buite die hek vir my ma wag. Ek het jou nie doelbewus gevolg nie, maar ek moet erken dat ek dikwels ’n paar treë uit my pad sou gaan as ek gedink het daar is ’n kans dat ek jou sou sien. Eenmaal het ek jou vir ’n lang tyd nêrens gesien nie. Toe het ek skielik bang geword dat jy dalk na ’n ander skool gegaan het. Een pouse het ek besluit om jou by die musiekkamers te gaan soek: ek kon maak of ek net daar verbyloop. Van ver af kon ek hoor dis jy wat speel, en toe ek nader gaan, kon ek nie weer wegkom nie. Ek dink dit was iets van Mozart of Haydn. Toe dit klaar was, het jy nie dadelik met iets nuuts begin nie. Skielik het die deur oopgegaan. Dit sou heeltemal onnosel gelyk het as ek sou probeer weghardloop, en buitendien, my knieë was te lam. Jy het reguit na my gekyk: “Agtervolg jy my?” ’n Sagte, kalm stem. “Nee … dis net jou musiek …” Heeltemal rustig het jy gewag dat ek my sin moes klaarmaak. “Jou musiek help my om te onthou waar die son opkom.” “Kom luister liewer binne, asseblief. Dit werk op my senuwees as jy soos ’n spook om my rondsluip.”

202

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 202

Week 3 en 4

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

“Nee, nee. Ek moet regtig nou gaan.” Jy het geknik. Ek het my verbeel jy gaan na binne, maar toe ek ’n ent van die musiekkamers af omdraai, het jy in die deur gestaan, en miskien was daar ’n glimlag op jou gesig. Vir die res van daardie pouse het ek in die kleedkamer gesit en huil. Fransi Phillips (Uit: ’n Baie lang brief aan Rolf, HAUM-Literêr, 1993)

• Wat, dink jy, gaan verder gebeur? • Het jy lus om die hele storie te lees? Neem gerus die boek ’n Baie lang brief aan Rolf geskryf deur Fransi Phillips by die biblioteek uit. Post-lees: Hoe goed verstaan jy die uittreksel? 1. Op watter vier plekke het Klara bedags na Rolf gesoek? 2. Haal ses afsonderlike woorde uit die openingsin (eerste sin) aan wat vir jou sê dat hierdie verhaal by ’n skool afspeel. 3. Haal een woord uit paragraaf 1 aan waaruit ’n mens kan agterkom dat Klara nie met opset (on purpose) vir Rolf gevolg het nie. 4. Soek ’n sinoniem in paragraaf 3 wat dieselfde as dom beteken. 5. Haal ’n vraagsin in die gesprek (dialoog) tussen Klara en Rolf aan wat sê dat Rolf wonder of sy agter hom aanloop. 6. Wat dink jy? a) Het Klara by die musiekkamer gestaan om na die musiek te luister, of om naby Rolf te wees, of albei? b) Hoekom het Klara in die kleedkamer gesit en huil (slotparagraaf)? 7. Wat, dink jy, bedoel Klara as sy vir Rolf sê sy musiek help haar “om te onthou waar die son opkom”? 8. Wat kan ons uit die uittreksel agterkom oor die soort mens wat Klara is? 9. Uit wie se perspektief word die storie vertel? 10. Som die inhoud van die uittreksel in een sin op.

16. Musiek weerspieël emosies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 203

203

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n E-pos Beplanning/Pre-skryf Kyk na die volgende voorbeeld en verduideliking van ’n e-pos. E-posadres van ontvanger E-posadres van sender Onderwerp van e-pos Dokument of foto wat aangeheg word

Aan: [email protected] Van: [email protected] Onderwerp: Musiekwinkel Aangeheg: img_110.jpg ___________________________

Geen komma kom na die aanhef nie. Paragraaf 1 lei die onderwerp in.

Beste Paula

Taal en styl pas by die doel van die e-pos.

Ek weet mos jy soek al lank na ’n nuwe kitaar, daarom moet ek jou van ’n uitstekende musiekwinkel vertel. Die winkel ...

In paragraaf 2 en 3 ontwikkel die inhoud. Laat ’n reël oop na elke paragraaf. Die slotparagraaf rond die e-pos netjies af.

Geen leestekens kom in die slot nie.

Die instrumente ... Ek weet hulle het volgende week ’n uitverkoping en ek is seker jy sal ’n goeie kitaar daar kan kry. Laat weet vir my wat gebeur. Jou vriendin Amanda

• Kies een van die onderwerpe en skryf ’n e-pos van 140 tot 160 woorde daaroor. 1. Jy was by ’n konsert waarvan jy baie gehou het en jy wil ’n maat daarvan vertel. Beskryf die konsert en vertel waarom jy dit geniet het. 2. Jy het begin musieklesse neem en wil jou maat alles daarvan vertel – watter instrument jy leer speel, waar jy die lesse neem, hoe jy daarvan hou, ens. • Gebruik ’n kopkaart om jou e-pos te beplan.

204

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 204

Week 3 en 4

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf ’n konsep Gebruik jou beplanning en die voorbeeld op bladsy 204 om die eerste weergawe van jou e-pos te skryf. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees weer deur jou e-pos en verander die dele waarmee jy nie tevrede is nie. • Skryf die finale weergawe van jou e-pos en proeflees dit voor jy dit ingee. Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Gevoelstaal, vooroordeel, stereotipering, hoofletters en punktuasie, volgorde Lees die inligting hieronder en voer die opdragte uit. Gevoelstaal is taal wat sterk gevoelens oordra en wek, bv. Die pragtige klanke streel ons ore. Vooroordeel: As ’n mens bevooroordeeld is, vorm jy idees oor ’n individu of groep sonder om aan al die inligting oor hulle te dink, bv. Geen ware man speel die viool nie. Stereotipering: As ’n mens besluit ’n hele groep mense het sekere eienskappe omdat sommige mense in die groep daardie eienskappe het, stereotipeer jy, bv. Alle rock-sangers gebruik dwelms. 1.

Pas elke term in die regterkolom, B, by ’n sin in die linkerkolom, A. A

2.

3.

B

a)

Alle operasangers is groot en vet. gevoelstaal

b)

Die viool kreun in die amateur se vooroordeel hande.

c)

Geen vrou is sterk genoeg om ’n saksofoon vas te hou nie.

stereotipering

Skryf die sinne met die nodige punktuasie en hoofletters oor. a) speel die orkes van kzn vanaand in durban se stadsaal b) as jy professioneel wil speel moet jy baie oefen c) daar is ’n klavier vier viole twee tjello’s en twee basviole in die orkes Gebruik die woorde tussen hakies om die twee sinne te verbind. Besluit wanneer jy na die konsert wil gaan. Jy moet kaartjies bespreek. (eers, en, dan) 16. Musiek weerspieël emosies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 205

205

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Beantwoord die vrae oor die foto en die teks. Keamogetswe Magau, beter bekend as Kamo, is van Bloemfontein waar sy lid is van die Bochabela-strykorkes. Sy verduidelik haar liefde vir musiek só: “Om ’n instrument te leer speel en musiek te maak, is soos om ’n berg met baie paadjies te klim. Elke paadjie wat jy kies, openbaar ’n ander perspektief, en weet jy daar wag nog vele plekke, uitsigte, geure en kleure om te ontdek. “My motivering om musiek te maak, is om myself te leer ken en te verbeter. Ek wil suksesvol wees, maar of ek nou ’n loopbaan in musiek volg of nie, musiek het deel geword van my identiteit. Dit leer my geduld en om ’n beter mens te wees.” Kamo met haar viool (Uit: Die Burger, 25 Augustus 2010)

1. 2. 3.

4.

5. 6.

7.

206

Watter instrument bespeel Kamo? (1) Soek ’n sinoniem vir “talle” in die teks. (1) Soek antonieme vir die volgende woorde in die teks. a) haat d) ’n mislukking b) min e) slegter c) versleg (5) Gee een woord vir die woorde tussen hakies. a) Musiek maak is soos om ’n berg met baie (klein paaie) te klim. b) Kamo is ’n (iemand wat die viool bespeel). c) Musiek het deel van haar (wie sy is) geword. d) Musiek leer haar om nie (nie geduldig nie) te wees nie. (4) Skryf die sinne in die verlede tyd. a) Sy is ’n lid van ’n orkes. b) Ek wil suksesvol wees. (2) Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies. a) Sy wil suksesvol wees. Sy weet nie of sy ’n loopbaan in musiek gaan volg nie. (maar) b) Sy sê. Musiek leer haar geduld. (dat) (2) Gee die meervoud van die volgende woorde. a) lid d) plek b) orkes e) loopbaan c) instrument (5) Totaal: 20 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 206

Week 3 en 4

2013/08/21 9:17 AM

17

Waaghalse en dapper dade

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• oor waaghalsige dade praat • ’n gesprek rolspeel • aan ’n klasgesprek deelneem

Lees en kyk: Begrip

• • • • • •

Letterkunde

’n teks soeklees, vluglees en aandagtig lees ’n kortverhaal lees ’n gedig lees ’n opsomming puntsgewys skryf Leesboek bl. 38: “Wolraad Woltemade” (storie) Leesboek bl. 55: “Kaalvuis teen tonne rots” (storie)

Skryf en aanbied

• ’n dagboekinskrywing skryf • skryfwerk proeflees en redigeer

Taalstrukture en -konvensies

• werkwoorde, selfstandige naamwoorde, spelpatrone en spelreëls hersien • aandag gee aan betekenisverandering van woorde en een woord vir ’n omskrywing gee • woordeskat binne konteks uitbrei

17. Waaghalse en dapper dade

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 207

207

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Klasgesprek ’n Ander woord vir hals is nek. As ’n mens jou nek waag (risk), waag jy jou lewe en doen jy iets wat baie gevaarlik of onseker is. Dan is jy ’n waaghals (daredevil). Die aktiwiteite in hierdie lesreeks is gebaseer op waaghalsige dinge wat mense doen of gedoen het. Luister na die teks en beantwoord die vrae. In talle lande waag tieners hul lewe wanneer hulle op die dakke van vinnige treine klim en van stasie tot stasie ry. Hulle moet vir die elektriese drade koes en iemand word soms doodgeskok. Hulle hang ook dikwels langs bewegende treinwaens en druk hulself tussen waens in sonder om aan iets vas te hou.

Vir baie mense in Amerika was Evel Knievel die naaste aan Superman. Hy het met die dood gedobbel (gambled) deur waaghalsige toertjies en spronge op sy motorfiets uit te voer.

208

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 208

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Lewis Pugh, “die menslike ysbeer”, was die eerste mens wat in die wêreld se hoogste meer, onder die kruin van die berg Everest, gaan swem het. Hy het net ’n speedoswembroek aangehad en die watertemperatuur was naby vriespunt.

Rotsklimmers tart (tease) ook soms die dood.

Kyk na die foto’s op hierdie bladsye en lees die byskrifte by elkeen. Praat oor die verskillende aktiwiteite wat uitgebeeld word deur die volgende vrae saam as klas te bespreek: 1. Aan watter ander waaghalsige dinge wat mense doen, kan jy alles dink? 2. Ken jy mense wat waaghalsige dinge doen, of doen jy self sulke dinge? 3. Om watter redes, dink jy, doen mense sulke lewensgevaarlike dinge? Is hulle dapper (brave) of bloot mal (crazy)? 4. Dink jy hierdie mense is bang voor of terwyl hulle sulke dinge doen? 5. Dink jy dit is onverantwoordelik (irresponsible) van hulle om dit te doen? 6. Weet jy van mense wat ernstig beseer of dood is terwyl hulle ’n waaghalsige ding gedoen het? Vertel daarvan. 7. Is daar ’n verskil tussen ’n dapper daad en waaghalsigheid?

Luister en praat: Rolspeel ’n situasie Werk saam in pare en rolspeel ’n situasie tussen ’n tienerseun (wat gereeld op die dak van ’n vinnige trein met sy lewe dobbel) en sy ma of pa, ouma of oupa. Die ouer persoon waarsku hom en pleit dat hy dit nie weer moet doen nie. Voorbeeld: Ma: Jason, hierdie speletjie van jou moet nou end kry. Dis gevaarlik – lewensgevaarlik! Jason: Maar, Ma ..., ens. 17. Waaghalse en dapper dade

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 209

209

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Betekenisverandering Die betekenis van woorde hang af van die doel waarvoor die woord in ’n teks gebruik word. In ’n ander teks of sin kan dit iets anders beteken. • Woorde kan ’n figuurlike betekenis sowel as ’n letterlike betekenis hê wat van mekaar verskil, maar tog verband hou, bv. Evel Knievel was die koning van motorfietswaaghalse (figuurlik). • Die koning van Swaziland het koningin Elizabeth in Engeland besoek (letterlik). • Woorde kan gebruik word om sarkasme uit te druk, bv. Dis wonderlik van jou om my so in die steek te laat (sarkasme) – dit het eintlik die teenoorgestelde betekenis. • My broer is ’n leeu as dit by waaghalsige dinge kom (figuurlik). • Die sirkuswaaghals steek sy kop in ’n leeu (wilde dier) se bek (letterlik). 1.

Pas die vetgedrukte figuurlike uitdrukkings by die verduideliking regs. Uitdrukking a) Sy het die jakkals vertrou.

sarkasme

b) Dis fantasties om so ’n fout te maak.

die mooiste/beste

c)

2.

Doel

Sy is ons prinses van waaghalse.

’n skelm persoon

Daar is woorde wat dieselfde uitgespreek word en dieselfde gespel word, maar verskillende letterlike betekenisse het (homonieme). Gebruik die volgende homonieme elk in twee afsonderlike sinne sodat die woord se verskillende betekenisse duidelik is. Slaan na in ’n woordeboek as jy sukkel. Jy moet altesaam tien sinne maak. arm

meer

bak

kies

keer

Voorbeeld: Die waaghals het sy arm (arm) gebreek. Daar is baie arm (poor) mense in die wêreld.

210

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 210

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Woordeskatuitbreiding Soek 12 woorde in die woordraaisel. Hulle kan dwars, af of skuins wees. Omkring elke woord, soos die voorbeelde wat gegee word. R

A

L

B

S

T

U

U

R

W

O

R

V

O

H

N

J

M

S

P

E

W

T

O

R

P

A

O

P

D

K

E

W

I

N

M

A

E

R

A

E

D

A

H

L

T

G

D

I

P

L

R

A

E

A

T

U

M

N

P

O

E

G

I

S

L

W

U

G

E

O

N

K

J

B

A

S

G

R

R

S

B

V

V

R

E

E

S

I

R

spring avontuur  vrees waag moed hals roekeloos dapper wedren stuur  bo jaag

Taal in konteks: Leestekens en spelling Leestekens is baie belangrik om die regte betekenis in skryfwerk oor te dra. 1. Lees die twee sinne. Kan jy sien watter verskil die komma hier maak? Kom ons eet Ouma 2.

Kom ons eet, Ouma

PUNKTUASIE RED LEWENS!

Skryf hierdie hele berig oor. Verbeter die 11 spelfoute daarin en voeg al die ontbrekende leestekens en hoofletters in. Onderstreep die spelfoute en omkring die leestekens en hoofletters in jou teks.

Skaatsers waag dit koel-koel straataf fyf lede van die graad 9 klas is in groot mooilikheid omdat hulle in ’n koelboks in ’n baie styl straat van die dorp afgeskaats het een van die leerders het in ’n groot swart plastiek houer gesit terwyl ’n ander hoerskoolleerder haar met ’n tou in die straat afgesleep het die leerder is viertien jaar oud en sy hou van advontuur ’n poliesieman, Brandon Wilson het gese ons het ook gesien hoe die waaghalse petrol op ’n ander stuk pad uitgooi en aan die brant steek een van hulle het geskree is jy gereed jaag nou deur die flamme. (Deur skrywer saamgestel) 17. Waaghalse en dapper dade

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 211

211

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal oor ’n dapper daad Pre-lees: Bestudeer eers die woordeskat op bl. 213 voordat jy die verhaal lees. Tydens lees: Lees die kortverhaal aandagtig.

Tsjaka en die swartmamba 1

2

3

4 5 6

7

8

9

Die wit bul wei in die son, sy skof ’n bult teen die hemel, en hy plant sy bene wyd. Hy weet dat hy die koning van die trop is en druk sy neus diep in die gras van die groen heuwelhang. Dis asof sy spiere sing onder die gladde vel. Hy lig sy magtige nek en hy bulk: diep en donker soos die aarde. Sy voorpoot kloof die grond en skiet ’n stortvloed kluite en gras teen sy lyf op. Die wit bul het dit nie bedoel nie, maar hy moes die slang wat in die gras lê, gepla het – die glimswart mamba met die gevurkte tong en die koue oë. Die slang lig sy lang lyf en slaan sy giftande vas. Hy pomp al sy venyn in die bul uit. Dis krag teen krag en dood teen lewe. Nou dans die bul teen die hang en hy swaai sy kop en skud om sy aanvaller van sy lyf af te kry. Hy bulk nog, maar die lied is vals. Toe kantel die son en die aarde gryp hom vas. Dan is hy stil. “Swartmamba!” gil die beeswagtertjies. “Hy het die koningsbul gepik!” Hulle het almal opgespring en staan gereed om te vlug. Almal staar na die bul se laaste oomblikke. Net één het van die groep af weggebreek. Net een skuif vinnig, soos die skaduwee van ’n valk oor die gras, reguit na die bul en die slang toe. Dis die seun, Tsjaka, skaars dertien jaar oud. Die slang het die bul doodgemaak; daarom moet hý ook dood. Tsjaka oorweeg nie eens die gevaar nie. Hy is vreesloos. Toe die mamba hom van die bul losmaak, flits die kierie al deur die lug. Tsjaka haal uit met al sy mag en die hou skud die slang, maar hy slaan sissend terug. Tog is die slang se bewegings nie meer so vinnig nie en die seun kan hom ontwyk. Weer en weer tref die kierie. Die slang pik magteloos heen en weer voor die genadehou sy kop pap slaan. Hy ril nog asof die lewe hierdie mooi, blink lyf nie wil verlaat nie. Maar dit is verby.

212

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 212

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

10 Die seun kyk nog een maal na die dooie slang. Dan spoeg hy in die gras, verslap sy greep op sy kierie en stap weg. 11 Ongelowig kom die ander beeswagters nader. “Hy het die swartmamba doodgemaak! Tsjaka het!” 12 Toe hy van die gebeurtenis hoor, roep die kaptein sy mense bymekaar en hy prys die seun Tsjaka sodat almal dit kan hoor: “Vandag het jy ’n dapper man se werk gedoen. Jy het jou lewe gewaag.” Hy gee aanvaller: attacker; persoon of dier wat Tsjaka ’n bok as aanval beloning. beloning: reward; ’n prys wat jy kry as jy 13 Daardie aand eet sy iets goeds gedoen het familie en die ander genadehou: last blow to stop suffering; beeswagters almal laaste hou om lyding te laat ophou saam aan die bok wat kluite: sods; harde stukke grond Tsjaka verdien het. magtige: powerful; wat baie mag het 14 Tsjaka knik-knik sy kop skof: shoulders; hoogste deel van ’n groot as hy praat, soos hy die dier se rug manne van die stam valk: hawk; soort roofvoël (bird of prey) sien maak. En sy oë venyn: malice/hatred; hatigheid/giftigheid blink in die vuurlig.

W

Pieter Grobbelaar (Uit: Die Groot Afrikaanse Heldeboek, Human & Rousseau, 1976)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal? 1. Wie is die hoofkarakter in die verhaal? 2. Watter eienskap (characteristic) van die hoofkarakter staan uit? 3. Daar is gewoonlik ’n hoogtepunt in ’n verhaal. Waar is die hoogtepunt in hierdie verhaal? 4. Waarmee word die bul se bulkgeluid vergelyk (par. 2)? 5. Noem twee eienskappe van die bul (par. 1 en 2) en drie eienskappe van die mamba (par. 3). 6. Haal ’n sinsdeel uit paragraaf 3 aan wat wys dat die slang baie kwaad vir die bul was. 7. Wat was die oorsaak van die slang se woede (anger)? 8. Waarom was die beeswagtertjies bang? 9. Watter sin van drie woorde in die teks sê Tsjaka is nie bang nie (par. 7)? 10. Kies die gepaste woord. Na sy heldedaad het die ander seuns Tsjaka baie (bekommer/ bewonder). 11. Kies die regte woord tussen hakies. ’n Gevolg van sy dapper daad was dat Tsjaka soos ’n (seun/man) begin voel het. 17. Waaghalse en dapper dade

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 213

213

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing Verbeel jou jy hou ’n dagboek waarin jy elke dag skryf. Jy was vandag by ’n plek waar waaghalsige dinge gedoen is. Skryf die inskrywing oor wat jy daar beleef het in jou dagboek. Dit kan ’n gebeurtenis soos die volgende voorbeelde wees, maar kan ook enige ander gewaagde gebeurtenis wees waaraan jy kan dink. • Iemand het op ’n tou tussen twee wolkekrabbers (skyscrapers) in ’n stad of oor ’n hoë waterval geloop om ’n wêreldrekord op te stel. • ’n Persoon het hom in ’n ronde vaatjie opgerol en daarin oor die rand van ’n waterval gestort om beroemd te word vir sy waaghalsigheid. • ’n Vertoning (show) waar asemrowende (breathtaking) toertjies met BMX-fietse, skaatsplanke, motors en motorfietse uitgevoer is. Beplanning/Pre-skryf • Beplan jou skryfstuk deur na te dink en ’n lys te maak van alle gedagtes wat by jou opkom. • Dink aan wat jy gesien, gehoor, geruik en gevoel het. • Jy moet 90–100 woorde skryf. Skryf ’n konsep • Kies idees wat vir jou uitstaan uit jou beplanningslys om vir jou dagboekinskrywing te gebruik. • Skryf dit in volsinne neer wat jy in ’n paar paragrawe rangskik, elk met ’n hoofgedagte. • Skryf die datum. • Skryf in die verlede tyd en skryf in die ek-vorm, want jy skryf dit vir jouself. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees jou inskrywing noukeurig deur en maak reg waar jy ’n fout sien. • Ruil uit met ’n maat en doen redigering van mekaar se dagboekinskrywings deur dit te proeflees vir spel-, taal- en leestekenfoute. • Skryf nou jou dagboekinskrywing baie netjies en so foutloos moontlik oor en lewer dit in om nagesien te word.

214

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 214

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: Som ’n teks op Maak ’n opsomming van die teks hieronder oor die waaghals se spronge. • Skryf die opsomming in ’n paragraaf wat uit volsinne bestaan. • Gee aandag aan taalgebruik, spelling en leestekens. • Lees die teks aandagtig deur en onderstreep belangrike feite of woorde. • Tel jou woorde. Die opsomming moet tussen 50 en 60 woorde wees. Verminder die woorde as jy meer as 60 het. • Skryf die getal woorde tussen hakies onderaan neer. • Lees jou opsomming deur, redigeer dit en skryf die finale weergawe.

Waaghals se spronge lok baie nuuskieriges 1

2

3 4 5 6 7

’n Groot groep nuuskieriges het gister vasgenael (riveted) gekyk hoe ’n man deur ’n venster op die sesde verdieping van ’n hoë gebou in Kaapstad spring. Die springer was ’n waagkunstenaar (stuntman/artist) wat gehelp het met die maak van ’n advertensie. Hy is nie beseer nie. ’n Oorsese produksiemaatskappy het gister die Vasco da Gama-plein beset om ’n advertensie vir die Europese mark te verfilm. Die maatskappy wou nie sê wie sy kliënt is nie. Die waaghals, Leander Lacey, van Stunt Network in Killarney Gardens, moes twee maal deur die venster van die gebou bars voordat die produksiespan tevrede was. Elke keer het die skare onder in die straat na hul asem gesnak en ’n paar het hande geklap toe hy op die groot lugkussing op die grond val. “Gelukkig vir my, bars die glas in stukkies voordat ek daardeur spring. Ek het net ’n paar snytjies op my lyf,” het Lacey, ’n professionele waaghals met 12 jaar ondervinding, gesê. Hy sê die verfilming is nog nie klaar nie, maar omdat hy nie verder nodig is nie, kom hy nie weer nie. Daar is egter genoeg werk vir iemand soos hy; dus het hy nooit ’n tekort aan werk nie.

(Uit: Die Burger, 4 April 2012, bl. 1) 17. Waaghalse en dapper dade

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 215

215

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Werkwoorde, selfstandige naamwoorde en een woord vir ’n omskrywing In die teks op bladsy 215 wat julle opgesom het, is daar baie selfstandige naamwoorde en werkwoorde, want sonder hierdie soort woorde kan ’n mens meestal nie sinne skryf nie. 1. Kies die regte woorde. a) Die selfstandige naamwoorde wat spesiale name van mense, diere en plekke is, noem ons (soortname/eiename/ versamelname). b) Werkwoorde is woorde soos spring en kyk wat sê wat ge_____ word. 2. Skryf die sewe selfstandige naamwoorde in die eerste paragraaf neer. 3. Daar is net drie werkwoorde in die eerste paragraaf (een hulpwerkwoord en twee hoofwerkwoorde). Skryf hulle neer. 4. Watter een van bogenoemde werkwoorde is ’n hulpwerkwoord? 5. Gee die meervoude van “maatskappy” en “gebou”. 6. Gee die verkleinwoorde van “verdieping” en “gebou”. “Nuuskieriges” is een woord vir die omskrywing “mense wat nuuskierig is”. Dit help ons om korter te skryf en te praat as ons een woord kan gebruik in plaas van ’n hele paar woorde. 7.

Gee een woord vir die volgende omskrywings. Kies uit die blokkie. verfilming

8.

adverteerder

wolkekrabber

stedeling

a) ’n gebou wat baie hoog is (skyscraper) b) die skiet van tonele om ’n film te maak c) ’n persoon wat in ’n stad woon d) iemand wat adverteer Gee een woord vir die woorde tussen hakies. Kies uit die blokkie. kindertyd

werkloos

heldedaad

lafaard

waaghalsig

Leander Lacey is nie ’n a) (iemand wat lafhartig is) nie, want hy is b) (soos ’n waaghals) en hy is ook nie c) (sonder werk) nie. In sy d) (tyd van ’n kind) het hy eenkeer ’n e) (daad van ’n held) verrig toe hy ’n maat se lewe gered het.

216

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 216

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Gedig: Avonturier Pre-lees Avonturier (adventurer) is een woord vir ’n persoon wat geluk soek deur opwindende, nuwe en onverwagte ervarings te hê. • Dink jy ’n mens word ’n avonturier gebore of kan jy ook een word later in jou lewe? • Dink jy jy is self ’n avonturier? Hoekom of hoekom nie? • Kyk na die onderstaande teks. Waaraan kan jy dadelik, voordat jy die woorde lees, sien die teks is ’n gedig en nie byvoorbeeld ’n kortverhaal nie? Tydens lees Vreeslose vaarder, eensaam in jou boot – net jy onder die wolke, die golwe wit en groot. ’n Mens wonder oor jou: het jy vrees vir die dood? Of is avontuur so in jou bloed dat dit vir jou beter is as alle ander goed?

Avonturier Jy wil wys dat mensalleen jy dit kan doen; alleen sonder hulp kan vaar van kontinent tot kontinent, en glo jy kom tot daar. In ’n boot op die see het jy jou eerste tree gegee. Jong vrou, jy’s nie bang nie, altyd, altyd sal jy waag en na nuwe avonture jaag!

(Deur die skrywer)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die gedig? 1. Wat is opvallend (noticable) anders aan die manier waarop woorde in ’n gedig gebruik word as byvoorbeeld in ’n kortverhaal? Kies die regte woord: Dit is in (kort versreëls/sinne/paragrawe) geskryf. 2. Vul in: Hierdie gedig het twee ____ wat elk uit tien ____ bestaan. 3. Gee een woord vir die omskrywing. a) Iemand wat van avontuur hou. b) Om alleen te wees en te voel. 4. Haal die versreël aan wat sê dat sy ver afstande vaar. 5. Dink jy dit is gevaarlik om dié afstande alleen aan te pak? Hoekom? 6. Na watter woord aan die begin (versreël 1) verwys die woorde: “Jy’s nie bang nie”? 7. Hoe weet ons dat sy bote van kleins af ken? 8. Wat is die hoofgedagte (tema) van die gedig? 9. Is die beginreël “Vreeslose vaarder” ’n voorbeeld van assonansie of alliterasie? 17. Waaghalse en dapper dade

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 217

217

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Lees die strokiesprent en voer die opdragte uit wat daarop gebaseer is.

1

2

3

(Uit: Die Burger, 6 Mei 2011, bl. 26, teks aangepas)

1.

2.

3. 4.

5. 6. 7.

218

Verkort die sinne deur een woord te gee vir die woorde tussen hakies. Die a) (persoon wat kanse vat), moet gereeld rus. Die vrou het ’n snaakse b) (styl van hare) en sy dra c) (skoene van ’n man). ’n Bestuurder wat d) (baie kwaad) is, kan ’n ongeluk maak. Dit is e) (nie verantwoordelik nie) om kanse te waag met die verkeersreëls, want jy kan f) (in ’n ongeluk sterf). Die g) (wat ’n waaghals is) vrou doen h) (wat roekeloos is) dinge. Sy is nie ’n goeie i) (persoon wat ’n motor bestuur) nie, maar ook nie ’n j) (persoon wat misdade pleeg) nie. (10) Kies die korrekte woord tussen hakies (spelling): Die bestuurder het ’n a) (vout/fout) gemaak en te vinnig op die motors b) (afgepyl/ afgepeil). Sy het snaakse c) (kleure/klere) aangehad en het geskrik toe die d) (poliesie/polisie) haar stop. (4) Kies die regte woord tussen hakies (betekenis). Spoed was die a) (oorsaak/gevolg) van die ongeluk. Die ongeluk was die b) (oorsaak/gevolg) van die spoed van die motor. (2) Skryf die sinne oor en verbeter die spelfoute. Onderstreep elkeen. Twee taxis het by ’n kaffee op die straat hoek stilgehou. Een van die pasasiers het ’n hammer uitgehaal om ’n verkeersbeamte mee te slaan. Hy is laater in ’n ambulaans hospitaaltoe geneem. (9) Kies die korrekte verduideliking: ’n Jaagduiwel is (’n lelike mens in ’n vinnige motor/iemand wat baie vinnig ry). (1) Skryf die twee selfstandige naamwoorde in die eerste raam van die strokie neer. (2) Skryf die twee werkwoorde in die tweede raam van die strokie neer. (2) Totaal: 30 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 218

Week 5 en 6

2013/08/21 9:17 AM

18

Selfoonstories

In hierdie lesreeks gaan jy: Luister en praat

• vrae in groepe bespreek

Lees en kyk: Begrip

• • • •

Letterkunde

na ’n grapprent kyk en vrae beantwoord vrae oor ’n spotprent beantwoord ’n kortverhaal lees en vrae daaroor beantwoord Leesboek bl. 88: “Moenie die smiley vergeet nie” (gedig)

Skryf en aanbied

• ’n dagboekinskrywing, dialoog en/of opstel skryf om skryftake te hersien

Taalstrukture en -konvensies

• jou woordeskat uitbrei en spelling hersien • verskillende taalstrukture hersien

18. Selfoonstories

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 219

219

2013/08/21 9:17 AM

Luister en praat

Luister en praat: ’n Groepbespreking Kyk na die prent en bespreek dan die vrae in groepe.

1. 2. 3. 4.

220

Beskryf wat jy in die prent sien. Kyk baie fyn! Wat sê die prent vir jou oor die rol wat selfone in mense se lewens speel? Is jou selfoon een van jou belangrikste besittings (possessions)? Waarom sê jy so? Dink jy mense gaan oor tien of twintig jaar nog altyd selfone en slimfone soos ons dit vandag ken, gebruik? Verduidelik. Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 220

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Grapprent

(Uit: www.kaaskrul.com)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die grapprent? 1. Hoe verskil die voorkoms (appearance) van die selfone aan die linkerkant en die regterkant? 2. Hoe verskil die manier waarop die selfone praat? Waarom praat hulle op verskillende maniere? 3. Wat sê die selfoon heel links? Skryf die woorde heeltemal uit. 4. Waarom wil die selfoon tweede van regs die een heel links na ’n spraakterapeut toe neem? Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Antonieme en punktuasie 1.

2.

Gee die antonieme vir die vetgedrukte woorde. a) Ek maak ’n oproep op my selfoon. b) Ek en my maat voer ’n kort gesprek. c) My selfoon lui baie selde. Skryf die sinne oor met die nodige punktuasie (direkte rede). a) Leonie vra Hoe gaan dit met jou Jason b) Goed dankie Leonie antwoord Jason

18. Selfoonstories

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 221

221

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Kortverhaal: Blind date Pre-lees Bestudeer eers die woordeskat op bl. 224 voordat jy die verhaal lees. Tydens lees Lees die kortverhaal oor ’n moeilike situasie waarin Nelda beland het en hoe haar vriendin Esmarie haar gehelp het om daaruit te kom.

Blind Date “Dit kán nie hy wees nie! Hy’t gesê hy’s vyftien, met blonde hare en blou oë. Kyk hier.” Nelda hou haar selfoon na Esmarie toe uit. Esmarie kan haar lag nie hou nie. Sy druk die selfoon weg. “Ek het al tagtig keer sy boodskappe gelees. Grys is naby aan blond,” lag sy. “En dalk het hy per ongeluk verkeerd getik. Die een moes seker ná die vyf kom.” Nelda gluur haar aan. “Dalk is dit nie hy nie. Dalk sit hy net toevallig daar by die tafel in die hoek.” “En hy het seker toevallig ’n pers blom op die tafel gesit.” “Dalk kon Marnus nie self kom nie en toe stuur hy iemand.” Nelda klink hoopvol. Esmarie trek haar gesig. “Sy pa?” “Met ’n vriendin soos jy het ’n mens nie vyande nodig nie.” Nelda gluur haar aan. “Jy het gedink jy gaan na jou eerste hoërskoolsokkie toe met ’n hunk aan jou sy. Jy’t nooit gedink dit gaan ’n ou omie wees wat aan jou arm hang oor hy dalk kan omval nie,” giggel Esmarie. “Kyk! Hy is nou besig met sy selfoon.” Nelda haal haar selfoon uit. “Ek gaan Mxit en kyk.”

222

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 222

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Hi Marnus. Wa is jy? Nelda se foon biep. Ek wg hie in Milky Lane. Nelda laat val amper haar selfoon. Sy gryp na haar mond. “O vrek. Dit ís hy!” Haar foon biep weer. Wa is jy? “Wat doen ek nou?” Nelda lyk of sy enige oomblik gaan flou word. “Gee hier!” Esmarie vat die foon by haar en tik vinnig. Ampr da. Ht jy di pers blom gbring? Oomblikke later lees hulle: Jip! Kani wag dt jy my ontmoet ni. Hopi jy skrik ni. Eks biki ouer as wt ek jo vrtel ht. “Ja, soos in: Ek is die pá van die ou van wie ek jou vertel het!” lag Esmarie en gee Nelda se foon terug. “Hoe raak mens van iemand op Mxit ontslae?” vra Nelda benoud. “Vee hom uit!” “Dit gaan nie help nie. My selfoonnommer is nie weggesteek op Mxit nie.” “Agge nee, Nelda!” Nelda sug. “Ek weet, ek weet! Maar hy het niks ander inligting van my nie, behalwe my ouderdom. Ek het nie eens ’n foto vir hom gestuur nie.” Esmarie glimlag. “Ek het ’n plan!” “O jinne, laas toe jy ’n plan gehad het, het die hoof ons vir ’n maand detensie gegee.” Esmarie gryp Nelda aan die arm. “Ek sê jou, jy gaan nooit weer van oom Marnus hoor nie!” Voor Nelda kan vra wat aangaan, staan hulle in Milky Lane voor die oom se tafel. “Marnus?” vra Esmarie onskuldig. “Ja ... Nelda!” Die man lyk vreeslik in sy skik. Esmarie glimlag. “Nee, my má is Nelda. Sy het gesê ek moet vir oom kom sê sy gaan nou hier wees. Sy’s bietjie besig. Dis vandag haar sestigste verjaarsdag.” Marnus se glimlag verdwyn. Dis nou sy beurt om te lyk of hy ’n spook gesien het. “Uhm ... wel ...” Hy krap sy kop ongemaklik. “Ek moet ongelukkig gaan. Sê tog vir jou ma dit was alles ’n misverstand.” Toe hy omtrent by Milky Lane uithardloop, lag Esmarie so hard dat sy aan ’n stoel moet vashou om nie om te val nie. “O,” sug Nelda, “wat sal ek sonder jou doen?” Esmarie lag nog steeds. “En dis hoe jy van iemand op Mxit ontslae raak.” Christie Nortjé (Uit: Sweef en ander verhale, LAPA Uitgewers, 2009) 18. Selfoonstories

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 223

223

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

W

beurt: turn; kans boodskappe: messages; SMS’e gluur: stare angrily; kyk kwaad hoërskoolsokkie: school dance; dans by die skool in sy skik: satisfied; tevrede misverstand: misunderstanding; as jy iemand verkeerd verstaan onskuldig: innocently; sonder om iets slegs te bedoel per ongeluk: by accident; nie met opset nie raak ... ontslae: get rid of; vry raak van toevallig: coincidently; nie beplan nie vyande: enemies; nie vriende nie

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die kortverhaal? 1. Waar speel die storie af? 2. Wie is die drie karakters in die storie? 3. Waarom is Nelda so bekommerd (worried) aan die begin van die storie? 4. Verduidelik waarom Nelda al hoe meer bekommerd raak nadat sy en Esmarie ’n rukkie in die restaurant is. 5. Sommige gedeeltes in die storie is skuinsgedruk. a) Waarom? b) Dink jy die soort taal in die skuinsgedrukte dele pas in die storie? Verduidelik. 6. Wie sê die volgende woorde in die storie en hoekom sê hulle dit? a) “Met ’n vriendin soos jy het ’n mens nie vyande nodig nie.” b) “Wat doen ek nou?” c) “Agge nee ... !” d) “Sê tog vir jou ma dit was alles ’n misverstand.” e) “O ... wat sal ek sonder jou doen?” 7. Skryf die ontbrekende woorde neer. Op Mxit het Marnus gesê hy is ____ jaar oud en dat hy blonde ____ en blou ____ het. 8. Beskryf Marnus soos hy in werklikheid is. 9. Watter soort mens is Marnus, dink jy? 10. a) Wat is ’n “blind date”? b) Dink jy dit is ’n goeie titel vir die storie? Verduidelik. 11. Som die inhoud van die storie in twee of drie sinne op. 12. Dink jy dis ’n goeie storie? Waarom sê jy so?

224

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 224

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Taal in konteks: Tye, direkte en indirekte rede, voorsetsels, woordkeuse 1.

2.

3.

4.

5. 6.

Skryf die volgende sinne eers in die verlede tyd en dan in die toekomende tyd. a) Esmarie kan haar lag nie hou nie. b) Sy druk die selfoon weg. c) Nelda laat val amper haar selfoon. d) Die man lyk vreeslik in sy skik. e) Marnus se glimlag verdwyn. f) Esmarie moet aan ’n stoel vashou om nie om te val nie. g) Esmarie maak ’n plan en dan stap sy na Marnus toe. Skryf die volgende sinne in die indirekte rede. a) Esmarie sê: “Ek het al tagtig keer sy boodskappe gelees.” b) Nelda sê: “Ek gaan Mxit en kyk.” c) Nelda vra: “Wat doen ek nou, Esmarie?” d) “Hoe raak ’n mens van iemand op Mxit ontslae?” vra Nelda. e) Esmarie sê met ’n glimlag: “Ek het ’n plan!” f) “Sê tog vir jou ma dit was alles ’n misverstand,” sê Marnus. g) Esmarie sê: “Dit is vandag my ma se sestigste verjaardag.” Skryf die ontbrekende voorsetsels neer. a) Nelda het ’n afspraak ____ Marnus gemaak. b) Nelda wonder of Marnus ____ ongeluk verkeerd getik het. c) Marnus sit ____ die tafel in die hoek. d) Esmarie is kwaad ____ Nelda omdat sy so dom is. e) Nelda het nie ’n foto ____ Marnus gestuur nie. f) Marnus lyk baie ____ sy skik toe hy vir Esmarie sien. Kies die korrekte woord tussen hakies. a) Nelda (stuur/steur) ’n boodskap vir Marnus. b) Nelda het ’n (dier/duur) les geleer. c) Sy hoop sy gaan (kortliks/binnekort) ’n aantreklike seun ontmoet. d) Die blomme op die tafel het pragtige (kleure/klere). e) Marnus het ’n (leun/leuen) vertel en gesê hy is vyftien jaar oud. f) Die meisies het lekker gelag (toe/wanneer) hulle by die restaurant uitstap. Maak sinne met die woorde wat jy nie in nommer 4 gekies het nie. Skryf die selfoonboodskap in korrekte Afrikaans (spelling). Ampr da. Ht jy di pers blom gbring?

18. Selfoonstories

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 225

225

2013/08/21 9:17 AM

Lees en kyk

Lees en kyk: ’n Spotprent

KLAAR GEPRAAT!

(Uit: Die Burger, 7 Julie 2012)

Post-lees: Hoe goed verstaan jy die spotprent? 1. Wat doen die verkeerspolisieman? 2. Waarom, sê die vrou, kon sy nie oor haar selfoon gepraat het nie? Antwoord in vier kort volsinne. 3. Skryf die ontbrekende woorde neer. Voor langs die vrou is daar ’n ____ en agterin die motor is ’n ____. 4. Die vrou noem die verkeerspolisieman “Generaal”. Waarom doen sy dit, dink jy? 5. Haal drie opeenvolgende woorde aan wat wys dat die vrou kwaad is. 6. Hoe weet ’n mens dat die roete wat die vrou volg, nie in ’n dorp of stad is nie? 7. Wie het hierdie spotprent geteken? (Wie is die spotprentkunstenaar?)

Taal in konteks: Ontkenning

Taalstrukture en -konvensies

Beantwoord die vrae in die ontkennende vorm 1. Luister die verkeersman na die vrou? (Nee, ...) 2. Praat die vrou nog oor haar selfoon? (Nee, ...) 3. Het die hond al kos gekry? (Nee, ...)

226

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 226

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

Skryf en aanbied

Skryf en aanbied: ’n Dagboekinskrywing, ’n dialoog en ’n opstel Kies een van die volgende onderwerpe en skryf ’n dagboekinskrywing (onderwerp 1), dialoog (onderwerp 2) of ’n opstel (onderwerp 3). 1. Verbeel jou jy is Nelda in die storie op bladsy 222. Daardie aand skryf jy in jou dagboek oor wat die middag in die restaurant gebeur het. Jou dagboekinskrywing moet 90 tot 100 woorde lank wees. 2. Verbeel jou jy is Esmarie in die storie op bladsy 222. Jy vertel daardie aand vir jou ma wat daardie dag in die restaurant gebeur het. Skryf julle gesprek in dialoogvorm. Jou dialoog moet 3 bladsye lank wees. Kies ’n goeie opskrif vir jou dialoog. 3. Skryf ’n opstel van 210 tot 250 woorde oor waarom dit goed en nuttig (useful) is om ’n selfoon te hê. Jou opstel moet ’n begin, ’n liggaam en ’n einde hê en die paragrawe moet logies ontwikkel. Kies ’n gepaste titel vir jou opstel. Beplanning/Pre-skryf • Maak seker jy verstaan die onderwerp. • Besluit wat aan die begin, in die middel en aan die einde van jou skryfstuk gaan gebeur. • Gebruik ’n kopkaart om jou skryfstuk te beplan.

As julle tyd het, skryf oor al drie die onderwerpe. Dis goeie voorbereiding vir die eksamen.

Skryf ’n konsep • Gebruik jou beplanning en skryf die eerste weergawe van jou skryfstuk. • Gebruik die regte formaat. • Skryf die korrekte lengte. Hersien, redigeer, proeflees en aanbied • Lees weer deur jou skryfstuk en verander die dele waarmee jy nie tevrede is nie. • Verbeter al die spelfoute, taalfoute en leestekenfoute. • Skryf die finale weergawe van jou skryfstuk netjies oor. • Proeflees jou skryfstuk – lees dit weer deur en sorg dat alles korrek en netjies is.

18. Selfoonstories

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 227

227

2013/08/21 9:17 AM

Taalstrukture en -konvensies

Hersiening Lees die strokiesprent en voer dan die opdragte uit.

1

2

3

(Uit: Louis, die laeveldleeu en trawante, LAPA Uitgewers, 2009)

1.

2. 3. 4.

5. 6.

7.

8.

228

Skryf die ontbrekende woorde neer. a) As jy iemand in die hande probeer kry, wil jy daardie persoon ____. b) Die bobbejaan wil vir die leeu sy oom se selnommer gee sodat die leeu hom kan ____. (2) Skryf die leeu se woorde in raam 1 in die indirekte rede. Begin soos volg: Die leeu vra ... (2) Skryf die leeu se woorde in raam 1 in die toekomende tyd. (1) Skryf die volgende sinne met die nodige punktuasie oor. a) Die leeu vra Bobbejaan waar kan ek jou oom Dirk in die hande kry b) Ek kan jou sy selnommer gee antwoord die bobbejaan c) Die leeu vra Ag nee is hy in die tronk (6) Kies die korrekte woord tussen hakies. Die leeu vra (teleurgesteld/tevrede) of hy in die tronk is. (1) Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies. a) Die bobbejaan wil oom Dirk se selnommer gee. Die leeu kan hom bel. (sodat) b) Die leeu dink oom Dirk is in die tronk. Hy het ’n selnommer. (want) c) Die leeu vra. Hy is in die tronk. (of) (3) Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies. a) Die bobbejaan ken die (lank) nommer uit sy kop. b) Die leeu stap na die (sit) bobbejaan. c) Die bobbejaan dink dat dit die (dom) leeu in die hele wêreld is. d) Is daar baie (bobbejaan) in die tronk? (4) Skryf die sin in die ontkennende vorm. Oom Dirk is in die tronk. (1) Totaal: 20 Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 228

Week 7 en 8

2013/08/21 9:17 AM

19

Taalstrukture en -konvensies

Vir dié wat meer van die taal wil weet … Het jy al gevoel dat jy baie woorde in Afrikaans verstaan, maar nie altyd weet hoe om dit reg te gebruik nie? Hier is ’n paar wenke en reëls om jou te help om beter te verstaan, te lees, te praat en veral te skryf.

Onthou, ’n vraagsin het ’n vraagteken en ’n bevelsin en uitroepsin het ’n uitroepteken .

Sinne en woordsoorte Soorte sinne Daar is vier soorte sinne in enige taal: Die stelsin (Statement): Die seun eet ’n piesang. Die vraagsin (Question): Eet die seun ’n piesang? Die bevelsin (Command ): Eet die piesang! Die uitroepsin (Exclamation): Haai, maar die piesang is lekker!

Vra vir jou maat ’n vraag!

Aktiwiteit 1

Lees die sinne op die prentjie en sê watter sin ’n stelsin, ’n vraagsin, ’n bevelsin of ’n uitroepsin is. Verdeel in groepies van vier. Elkeen kry ’n beurt om ’n sin te sê. Die res van die groepie moet dan sê watter soort sin dit is.

Hou jy van sokker?

Hou jy van tennis? Nee! Ek hou van netbal!

Ja, ek speel graag sokker.

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 229

229

2013/08/21 9:17 AM

Onthou die volgende: eers tyd, dan wyse, dan plek.

Woordorde in sinne Kyk na die woordorde van die volgende sinne (bywoorde).

Tyd (wanneer doen hulle dit?)

Wyse (hoe doen hulle dit?)

Plek (waar/ waarheen?)

Die seun

ry

soggens

per bus

skool toe.

Die meisie

stap

smiddae

vinnig

huis toe.

met sy motor

biblioteek toe.

Die onderwyser gaan elke dag

Aktiwiteit 2 Bou sinne: skommel die woorde reg. dorp toe Saterdag ek gaan Voorbeeld: Antwoord: Ek gaan Saterdag per trein dorp toe.

1. met Tom se fiets 2. gaan

winkel toe

ry

volgende wee

3. wenpaal toe

k

Pa

vinnig hardloop

vandag

Pulane

per vliegtuig

oorsee

Die atlete

per trein

altyd

Die woordorde van dié sinne verander as jy met ’n ander woord of woorde begin. Ek gaan Saterdag per trein dorp toe. Saterdag gaan ek per trein dorp toe. As ons ’n sin met woorde soos soggens, elke dag, skielik en in die winter begin, kom die werkwoord direk daarna. Aktiwiteit 3

Kan jy sien? Die werkwoord gaan staan nou direk ná Saterdag, in die tweede posisie.

Begin die sinne met die woorde in vet druk (woordorde). 1. Dit reën skielik hard. Skielik … 2. Hy lees elke dag die koerant. 3. Dit is koud in die winter. 4. Die kinders neem smiddae aan sport deel. 5. Die konsert gaan binnekort begin. 6. Ek het verlede week dokter toe gegaan.

230

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 230

2013/08/21 9:17 AM

Woordsoorte: ’n Kort opsomming

Selfstandige naamwoorde (Nouns) Dit is woorde wat mense, diere, plekke of dinge name gee: Harry, leeu, Durban, hospitaal. Determineerders (Determiners) Lidwoorde (Articles) Daar is twee lidwoorde in Afrikaans: ’n en die. Ons gebruik hulle voor selfstandige naamwoorde: ’n motor, die motor, die motors. Telwoorde (Numerals) Dit is woorde waarmee ons tel: een, twee, drie, agt, nege, tien of eerste, tweede, derde, agste/agtste, negende/neënde, tiende. Dis die tweede keer dat drie motors teen mekaar bots. Byvoeglike naamwoorde (Adjectives) Hierdie woorde pas by selfstandige naamwoorde – hulle beskryf die naamwoorde: duur, groot, arm, vet, goed. Dit is ’n duur motor. Voornaamwoorde (Pronouns) Hulle word in die plek van ’n naamwoord gebruik: ek, jy, hy, sy, dit, ons, julle, hulle. Ek werk hard.

Werkwoorde (Verbs) Dit is aksiewoorde. Hierdie woorde sê wat gedoen word: slaap, werk, plant, skryf. Die man werk. Die kinders slaap. Bywoorde (Adverbs) Hierdie woorde pas by die werkwoorde – hulle beskryf die werkwoord: gou, stadig, hard, vals, lelik: Die man werk hard. Voorsetsels (Prepositions) Hulle is klein woordjies soos: van, op, langs, tussen, voor, met, in. Hulle word voor ’n naamwoordgroep gebruik: in ’n motor, voor die deur. Voegwoorde (Conjunctions) Dit is woorde wat sinne aan mekaar bind: en, want, maar, daarom, dat, omdat, nadat. Sy eet baie, want sy is honger. Uitroepe (Exclamations) Woorde soos: O! Hoera! Eina! Sjoe! Hy sê: “Sjoe! Dis warm!” Sy sê: “Hoera! Ons het die wedstryd gewen!”

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 231

231

2013/08/21 9:17 AM

Selfstandige naamwoorde Lees die selfstandige naamwoorde op die prentjie. Wat, dink julle, gebeur hier?

’n Wenk: As jy wil weet of ’n woord ’n naamwoord is, kan jy ’n of die voor die woord sit. Aktiwiteit 4

Naamwoorde ’n fiets 

’n groot 

’n man 

’n bang 

’n muur 

’n hoog 

Watter woorde is selfstandige naamwoorde? Toets hulle deur die lidwoorde ’n of die voor die woord te sit. Skryf net die vier naamwoorde neer. onder

232

kat hardloop winkelvenster mooi sypaadjie fiets

Nie naamwoorde nie

Nog ’n wenk: net selfstandige naamwoorde het meervoude en verkleinwoorde!

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 232

2013/08/21 9:17 AM

Naamwoorde Nie naamwoorde nie enkelvoud meervoud verkleinwoord enkelvoud meervoud verkleinwoord maar onder boek boeke boekie   maar hardloop hond honde hondjie   fiets fietse fietsie maar doen  

Aktiwiteit 5 Watter woorde is selfstandige naamwoorde? Toets hulle deur meervoude en verkleinwoorde van hulle te maak. Skryf net die vier naamwoorde neer. winkel

op

motor

oop

dier

drink

stoel

slaap

Eiename Daar is party selfstandige naamwoorde wat met hoofletters geskryf word. Dit is die name van mense, diere, plekke of dinge. Hulle word eiename (proper names) genoem. Name van mense

Name van diere

Name van plekke

Name van dae

Name van die maande

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag

Gauteng

Donderdag Vrydag Saterdag

Nelson Mandela

Snuffels

Gauteng

Sondag

Maart

Die name van die dae en die maande word baie keer in kalenders en dagboeke afgekort. Afkortings Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag Sondag

Ma. Di. Wo. Do. Vr. Sa. So.

Januarie Februarie Maart April Mei Junie

Jan. Feb./Febr. Mrt. Apr. Mei Jun.

Julie Augustus September Oktober November Desember

Jul. Aug. Sep./Sept. Okt. Nov. Des.

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 233

233

2013/08/21 9:18 AM

Meervoude (meer as een) Meervoude met -e

Die meeste selfstandige naamwoorde se meervoude (plural) word met ’n -e gevorm. Dit is woorde met een lettergreep, dit wil sê woorde wat nie in twee verdeel kan word nie. Enkelvoud

Meervoud

Enkelvoud

Meervoud

hond

honde

neus

neuse

dorp

dorpe

dier

diere

hand

hande

huis

huise

Pas op! By party woorde gebeur snaakse dinge met die spelling! Enkelvoud

Meervoud

Enkelvoud

Meervoud

plaas

plase

plas

plasse

leer

lere

les

lesse

droom

drome

drom

dromme

muur

mure

mus

musse

As daar net een vokaal (a, e, o, u) in die enkelvoud is, skryf ons die konsonante dubbel in die meervoud: plas — plasse.

As daar twee vokale (aa, ee, oo, uu) in die enkelvoud is, val een vokaal in die meervoud weg: plaas — plase.

Daar is woorde met meer as een lettergreep wat ook ’n -e kry, maar dan val die klem op die laaste lettergreep. Enkelvoud

Die deel van ’n woord waar die klem val, sê jy harder. 234

Meervoud

koeránt

koerante

kombúis

kombuise

geváár

gevare

maniér

maniere

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 234

2013/08/21 9:18 AM

Meervoude met -s

Woorde met meer as een lettergreep en die klem op die eerste lettergreep, kry -s. Enkelvoud

Meervoud

Enkelvoud

Meervoud

wínkel

winkels

piésang

piesangs

éier

eiers

mótor

motors

Familiewoorde kry almal ’n -s in die meervoudvorm. Enkelvoud

Meervoud

Enkelvoud

Meervoud

oupa

oupas

swaer

swaers

seun

seuns

niggie

niggies

dogter

dogters

meisie

meisies

Meervoude met ’s

Kyk na hierdie woorde: Enkelvoud

Meervoud

Enkelvoud

Meervoud

bikini

bikini’s

radio

radio’s

skadu

skadu’s

hoera

hoera’s

Kyk na die laaste letter van die woorde. Woorde wat op ’n i, o, u en ’n beklemtoonde a eindig, kry ’n ’s in die meervoud. Leer ook die volgende meervoude. Enkelvoud

Meervoud

Enkelvoud

Meervoud

dag

dae

vlieg

vlieë

kalf

kalwers

lewe

lewens

skryfding

skryfgoed

buurman

bure

dagblad

dagblaaie

geleentheid

geleenthede

bees

beeste

kas

kaste

jas

jasse

graaf

grawe

wolf

wolwe

golf

golwe

lid

lede

waarheid

waarhede

As jy die meervoude in hierdie blokkies ken, is jy sommer baie slim! 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 235

235

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 6 Lees die gedig links. Skryf die woorde in vet druk in die meervoud. Onthou om elke keer die ’n uit te laat.

’n Duif het ’n veer aan sy lyf, dis warm en sag. Die duif bly snoesig in sy nes Dwarsdeur die nag.

(Deur die skrywer) Begin so: Duiwe het vere aan hulle lywe, ...

Aktiwiteit 7 Gee die meervoude van dié woorde. Verkleinwoorde (iets wat klein is) vlieg vlag hoera kussing das naam voet student pan skoonsuster lewe droom mat video

lig mango

Daar is baie woorde in Afrikaans wat verkleinwoorde (diminutives) het. huis – huisie (-ie) hond – hondjie (-jie) koning – koninkie (-kie) pa – pa’tjie (-’tjie)

236

seun – seuntjie (-tjie) boom – boompie (-pie) blom – blommetjie (-etjie) wang – wangetjie (-tjie)

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 236

2013/08/21 9:18 AM

Verkleinwoorde met -ie

Woorde wat op s, k, p, g en f eindig, se verkleinwoorde word gevorm deur -ie by te voeg. kas – kassie neef – nefie berg – bergie

lap – lappie stok – stokkie brief – briefie

Hoekom kry stokkie twee k’s? Wat het van die twee e’s in neef geword? Gaan terug na die meervoude van plaas en plas op bladsy 234 en kyk of jy self die antwoord kan kry. Verkleinwoorde met -tjie

soen – soentjie paal – paaltjie

haan – haantjie knie – knietjie

Onthou, ons spreek -djie en -tjie soos -kie uit.

Woorde wat op -d of -t eindig, kry ’n -jie in die verkleinwoord.

Verkleinwoorde met -jie

tand – tandjie pot – potjie

lied – liedjie mat – matjie

Verkleinwoorde met -pie

naam – naampie asem – asempie

besem – besempie stroom – stroompie

Die meeste woorde wat op -m eindig, kry ’n -pie in die verkleining.

Verkleinwoorde met -kie

Woorde wat uit meer as een lettergreep bestaan en op -ng eindig, kry ’n -kie. Onthou, die g val weg: kettinkie.

heining – heininkie ketting – kettinkie beweging – beweginkie lening – leninkie

Verkleinwoorde met -etjie

Woorde met ’n kort klank, bv. a, e, i, o en u voor l, m, n, r en ng kry -etjie in die verkleining. Hierdie woorde het gewoonlik net een lettergreep. pan – pannetjie tong – tongetjie ding – dingetjie

lem – lemmetjie blom – blommetjie vul – vulletjie 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 237

237

2013/08/21 9:18 AM

Verkleinwoorde met ’tjie

safari – safari’tjie radio – radio’tjie pa – pa’tjie

As jy hierdie verkleinwoorde ken, sal jy nie maklik ’n fout maak nie!

a – a’tjie balju – balju’tjie video – video’tjie

Kan jy sien? Woorde wat op i, o, u of ’n beklemtoonde a eindig, kry ’n -’tjie. Onthou die afkappingsteken ’ . Leer dié verkleinwoorde: vat – vaatjie pad – paadjie

koppie – koppietjie skilpad – skilpadjie

Aktiwiteit 8 Skryf die verkleinwoord van die woorde in die kolom waar dit pas. besem toring lied land tekening -ie

-tjie

muisie

tafeltjie

foto stroom

-jie hoedjie

-etjie

duif wang blaar plato kring vurk -kie

mannetjie dorinkie

-pie raampie

tuin

-’tjie safari’tjie

Aktiwiteit 9 Skryf die rympie oor deur verkleinwoorde te gee van die woorde in vet druk. Voëls is diere met vlerke wat ver kan vlieg: met twee maer pote sit hulle op takke in bome. Hulle wip hulle sterte as hulle op graspolle hurk en wurms insluk. (Deur die skrywer)

Begin so: Voëltjies is diertjies met vlerkies

238

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 238

2013/08/21 9:18 AM

Teenoorgestelde geslag: Manlik en vroulik Daar is sommige woorde wat ’n manlike en vroulike vorm het:

Aktiwiteit 10 Lees die rympie in kolom A hieronder. Herskryf die rympie in kolom B en gee die teenoorgestelde geslag van die woorde in vet druk. Kolom A

Kolom B

Hierdie man is gelukkig, want hy boer baie lekker. Op sy plaas is ’n haan, ’n bul en ’n trekker. In die veld staan ’n ooi, haar lam is alte mooi. In die stal staan ’n merrie, links van haar ’n hings. In die hok staan ’n sog, ’n vark waarmee die boer kan spog.

Hierdie ________ is gelukkig, want ___ boer baie lekker. Op _____ plaas is ’n ______, ’n ________ en ’n trekker. In die veld staan ’n _________, _____ lam is alte mooi. In die stal staan ’n _______, links van _______ ’n ____________. In die hok staan ’n ________. ’n vark waarmee die boer kan spog.

(Deur die skrywer)

Vroulike vorme met agtervoegsels

Die meeste vroulike vorme word gevorm deur iets agter aan die woord te las (’n agtervoegsel). -es

-in

-e

Manlik

-ise

-te

-esse -ster Vroulik

Manlik

Deesdae gebruik al hoe minder mense die vroulike vorm vir vroue in die werkplek, bv. Barbara Benges is die voorsitter van die vergadering.

Vroulik

sanger

sangeres

kunstenaar

kunstenares

president

presidente

joernalis

joernaliste

bibliotekaris

bibliotekaresse

vriend

vriendin

lektor

lektrise

voorsitter

voorsitster 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 239

239

2013/08/21 9:18 AM

Vroulike vorme: heeltemal ander woorde

Mense Manlik

Diere Vroulik

Manlik

Vroulik

pa

ma

ram

ooi

heer

dame

reun

teef

meneer

mevrou

beer

sog

seun

dogter

hings

merrie

Vroulike vorme: net ’n deel van die woord verander

Mense Manlik

Diere Vroulik

Manlik

Vroulik

kleinneef

kleinniggie

koedoebul

koedoekoei

oujongkêrel

oujongnooi

katmannetjie

katwyfie

Aktiwiteit 11 Gee die manlike of vroulike vorm van die woorde in vet druk. 1. Die vrou besluit om ’n aktrise te word. 2. My seun gaan by sy vriend kuier. 3. Die sekretaris praat met die voorsitter. 4. My suster is ’n kunstenares.

Lidwoorde Die lidwoorde ’n en die word voor naamwoorde gebruik: ’n fiets, die tafel. Ontdek self: Lees die volgende twee sinne, kyk na die foto en sê wat die verskil tussen ’n en die is:

Ek wil ’n appel hê.

Ek wil dié appel hê.

Ek wil ’n appel hê. Ek wil dié appel hê.

240

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 240

2013/08/21 9:18 AM

As jy ’n gebruik, kan dit enige appel wees, nie ’n spesifieke appel nie. (onbepaald) As jy die gebruik, verwys dit na ’n spesifieke appel. (bepaald) Die lidwoord ’n word net in die enkelvoud gebruik (vir een ding), bv. ’n appel. Die word in die enkelvoud én meervoud gebruik, bv. die appel, die appels, die mense.

As ons ’n sin met die begin, word dit met ’n hoofletter geskryf, bv. Die boek is interessant.

Onthou, ’n word nooit met ’n hoofletter geskryf nie. As jy ’n sin met ’n begin, word die tweede woord met ’n hoofletter geskryf, bv. ’n Mens moet boeke lees.

Aktiwiteit 12 Vul ’n of die aan die begin van die sinne in (lidwoorde). 1. ___ Apteker is iemand wat medisyne aanmaak en verkoop. 2. ___ apteker van Superapteek is me. Sadia Chothia. 3. ___ Mens moet hard werk as jy êrens in die lewe wil kom. 4. ___ mense koop medisyne by die apteek. Aktiwiteit 13 Lees die kort koerantberig. Vul ’n of die op die regte plekke in.

Rowers buit duisende Vyf rowers het vanmiddag om vieruur 1. ___ Nedbank in Roodepoort binnegestorm en R50 000 gesteel. 2. ___ rowers het swart maskers gedra. Een van 3. ___ rowers het 4. ___ rewolwer gehad. Hulle het 5. ___ kassier vasgebind, 6. ___ geld in swart sakke gegooi en in 7. ___ wit motor weggejaag. 8. ___ rowers is nog nie gevang nie. (Deur die skrywer)

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 241

241

2013/08/21 9:18 AM

Byvoeglike naamwoorde Die woorde nuwe en blou vertel ons meer van die fiets. Die woord swart vertel ons meer van die bande en rooi vertel ons meer van die handvatsels. Jy sal oplet dat die byvoeglike naamwoorde voor die selfstandige naamwoord kan staan, maar hulle kan ook ná is gebruik word.

My nuwe fiets is blou en die bande is swart. Die handvatsels is rooi.

Dis ’n nuwe fiets. Dis ’n blou fiets. Dis goeie bande. Dis rooi handvatsels.

Die fiets is nuut. Die fiets is blou. Die bande is goed. Die handvatsels is rooi.

Voor die selfstandige naamwoord (attributiewe byvoeglike naamwoorde)

Kan jy sien dat die byvoeglike naamwoord nie altyd presies dieselfde lyk nie? Kyk na nuwe en nuut; goeie en goed.

Sonder -e (bly dieselfde)

Die meeste kort byvoeglike naamwoorde (met een lettergreep) kry nie ’n -e as dit voor die selfstandige naamwoord staan nie. Die hond is groot. Dis ’n groot hond. Die water is vuil. Dis vuil water. ’n Lang woord (met meer as een lettergreep) wat op -er eindig, kry nie ’n -e nie. Die soldaat is dapper.

Dis ’n dapper soldaat.

Met -e

As kort woorde (met een lettergreep) op ’n f, s, d of g eindig, gebeur snaakse dinge met die spelling. f s d g

242

Die lig is dof. Die seun is fluks. Die water is koud. Die kussing is sag.

Onthou die woord feesdag vir f, s, d, g!

Dis ’n dowwe lig. Dis ’n flukse seun. Dis koue water. Dis ’n sagte kussing.

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 242

2013/08/21 9:18 AM

Leer die volgende: breed: dood: laag: vroeg: hoog:

Dis ’n breë pad. Daar is ’n dooie voël. Dis ’n lae dak. Ek drink koffie in die vroeë oggend. Dis ’n hoë gehou.

Nog woorde met -e

Lang woorde (met meer as een lettergreep) kry gewoonlik ’n -e. Die pad is gevaarlik. Die man is vriendelik. Die werk is dringend.

Dis ’n gevaarlike pad. Dis ’n vriendelike man. Dis dringende werk.

Moenie vergeet om lank en jonk reg te gebruik nie!

Woorde wat verander

’n Kameelperd se bene is lank. Die vrou is jonk.

’n Kameelperd het lang bene. Dis ’n jong vrou.

Aktiwiteit 14 Voltooi die sinne met attributiewe byvoeglike naamwoorde. Die hond is jonk. Dis ’n 1. ___ hond. Die hond is groot. Dis ’n 2. ___ hond. Die hond se ore is lank. Die hond het 3. ___ ore. Die hond se stert is lank. Die hond het ’n 4. ___ stert. Die hond se oë is groot. Die hond het 5. ___ oë. Die hond se hare is krullerig. Die hond het 6. ___ hare. Die hond se hare is sag. Die hond het 7. ___ hare.

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 243

243

2013/08/21 9:18 AM

Trappe van vergelyking As ’n mens enigiets met iets anders wil vergelyk, kan jy woorde soos klein, kleiner as en die kleinste gebruik. Vergelyk die diere met mekaar.

’n Muis is kleiner as ’n kat, maar ’n mier is die kleinste van die drie. Trap 1 klein Trap 2 kleiner as Trap 3 die kleinste

Lees die volgende trappe van vergelyking hardop. Trap 1

Trap 2

Trap 3

kort

korter as

die kortste

moeilik

moeiliker as

die moeilikste

gevaarlik

gevaarliker as

die gevaarlikste

Kan jy sien? -er word by die woord in trap 2 gevoeg; die word altyd saam met die woord + -ste in trap 3 gebruik. Leer die woorde. Sê dit hardop en skryf dit dan oor. Trap 1

Trap 2

Trap 3

Trap 1

Trap 2

Trap 3

koud

kouer as

die koudste

lank

langer as

die langste

jonk

jonger as

die jongste

duur

duurder as

die duurste

baie

meer as

die meeste

gaaf

gawer as

die gaafste

fiks

fikser as

die fiksste

vas

vaster as

die vasste

breed

breër as

die breedste

goed

beter as

die beste

maer

maerder as

die maerste

kwaad

kwater as

die kwaadste

kwaai

kwaaier as

die kwaaiste

sku

skuwer as

die skuuste

Die trappe van vergelyking van woorde wat op -e eindig, word gevorm deur meer en mees te gebruik. opgewonde ontevrede

244

meer opgewonde as meer ontevrede as

Sku beteken skaam. die mees opgewonde die mees ontevrede

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 244

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 15 Gee die regte vorm van die woorde tussen hakies (trappe van vergelyking). Hillbrow is ’n voorstad van Johannesburg. Dis ’n 1. (klein) voorstad as Parktown. Daar woon heelwat 2. (baie) mense in Hillbrow as in Parktown. Hillbrow is die plek in SuidAfrika waar die 3. (baie) mense woon. Die geboue in Hillbrow is 4. (hoog) as in Parktown. Die Hillbrow-toring is die 5. (hoog) gebou in die voorstad. Intensiewe vorme Lees die sinne en leer die intensiewe vorme. As iemand baie beroemd is, sê ons hy of sy is wêreldberoemd. As iemand baie vreemd in ’n plek is, sê ons hy of sy is wildvreemd. As ’n dier baie mak is, sê ons die dier is hondmak. As iets baie duur is, sê ons dit is peperduur. As iets baie goedkoop is, sê ons dit is spotgoedkoop. As iets baie skoon is, sê ons dit is silwerskoon. As iets baie groen is, sê ons dit is grasgroen. As iets baie rooi is, sê ons dit is bloedrooi. As iets baie leeg is, sê ons dit is dolleeg. As iets baie vol is, sê ons dit is propvol. As iets baie lig is, sê ons dit is veerlig. As iets baie swaar is, sê ons dit is loodswaar. As iets baie wit is, sê ons dit is spierwit. As iets baie swart is, sê ons dit is pikswart. Prinses Diana was wêreldberoemd.

Aktiwiteit 16 Voltooi die sinne met intensiewe vorme. 1. Die motor is nie spotgoedkoop nie, dis ___. 2. Die ou man se hare is nie meer pikswart nie, dis nou ___. 3. Die glas is nie meer propvol nie, dis nou ___. 4. Die skooltas is nie veerlig nie, dis ___.

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 245

245

2013/08/21 9:18 AM

Voornaamwoorde Daar is baie verskillende soorte voornaamwoorde. Hier word net die persoonlike, besitlike en betreklike voornaamwoorde gewys. Lees die sinne in die tabel hardop saam. Beklemtoon die voornaamwoorde. Persoonlike en besitlike voornaamwoorde Persoonlike voornaamwoorde

Besitlike voornaamwoorde

Persoonlike voornaamwoorde

ek, jy, sy, hy, ons, julle, hulle

my, jou, haar, sy, ons, julle, hulle myne, joune, hare, syne, ons s’n, julle s’n, hulle s’n

ek, jy, sy, hy, ons, julle, hulle my, jou, haar, sy, ons, julle, hulle, dit

Ek sê dis my appel.

Dis myne.

Ek vat dit vir my.

Jy sê dis jou appel.

Dis joune.

Jy vat dit vir jou.

Sy sê dis haar appel.

Dis hare.

Sy vat dit vir haar.

Hy sê dis sy appel.

Dis syne.

Hy vat dit vir hom.

Ons sê dis ons appels.

Dis ons s’n.

Ons vat dit vir ons.

Julle sê dis julle appels.

Dis julle s’n.

Julle vat dit vir julle.

Hulle sê dis hulle appels.

Dis hulle s’n.

Hulle vat dit vir hulle.

Die woord dit is ook ’n voornaamwoord, want dit staan in die plek van die naamwoord appel.

Die voornaamwoord u word in die plek van jy en julle gebruik in formele situasies en vir respek, bv. U sê dit is u appel.

Lees die woorde van die liedjie en beklemtoon die voornaamwoorde in vet druk. Dis nie myne nie, dis nie joune nie, dis ’n ander man se goed wat ons oor stry!

246

Onthou, dis beteken dit is.

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 246

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 17 Vul die ontbrekende voornaamwoorde in. Voorbeeld: John het ___ boek by die huis vergeet. Antwoord: sy Juffrou vra:

“John, waar is 1. ___ boek?”

John antwoord: “2. ___ het 3. ___ boek by die huis vergeet.” Juffrou sê:

“Dan moet 4. ___ vir Mary vra of 5. ___ langs 6. ___ kan sit en saam met 7. ___ in 8. ___ boek kan lees.”

John vra:

“Mary, mag 9. ___ langs 10. ___ sit en saam met 11. ___ in 12. ___ boek lees?”

Aktiwiteit 18 Gee die regte voornaamwoord vir die woorde tussen hakies. Pa sê: “(Pa) 1. ___ het vandag ’n klomp appels gekoop. (Jy en Jack) 2. ___ kan daarvan eet. Onthou net dat (Pa) 3. ___ die rooi appels vir (ek) 4. ___ gekoop het. Die ander is (jou en Jack se appels) 5. ___. Die rooies is (my appels) 6. ___.” Betreklike voornaamwoorde Dit is voornaamwoorde wat ná ’n selfstandige naamwoord gebruik word. Hierdie voornaamwoorde verwys terug na die mens, dier of ding wat direk voor hulle staan. ’n Mens: Die man wat daar loop, is lank. ’n Dier: Die hond wat daar blaf, is kwaai. ’n Ding: Die appel wat ek eet, is soet.

Onthou, ons gebruik wat vir mense, diere en dinge. ’n Mens sê nooit: Die man wie daar loop nie. ✘ 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 247

247

2013/08/21 9:18 AM

Met ’n voorsetsel

Mense

Diere en dinge

As daar ’n voorsetsel soos in, aan en van voor die betreklike voornaamwoord staan, word WIE vir mense gebruik.

As daar ’n voorsetsel soos van, op en met voor die betreklike voornaamwoord staan, word waar + voorsetsel vir diere en dinge gebruik.

Die seun van wie sy hou, is slim. 2. Die meisie aan wie ek skryf, woon in Oos-Londen.

1.

1.

Leer volgende: van die + wat = waarvan aan + wat = waaraan vir + wat = waarvoor

Die perd (op + wat) waarop ek ry, is vinnig. 2. Die pen (met + wat) waarmee ek skryf, is blou.

by + wat = waarby met + wat = waarmee op + wat = waarop

Aktiwiteit 19 Kies die regte woord tussen hakies (betreklike voornaamwoorde). 1. Die kat (wie/wat) daar lê, is siek. 2. Die kos (wie/wat) ek bestel het, is heerlik. 3. Die beeste (wie/wat) op die plaas loop, is vet. 4. Die atleet (wie/wat) daar hardloop, is fiks. beeste 5. Die mense (wie/wat) langs ons bly, is gaaf. Aktiwiteit 20 Voltooi die sinne. Kies die regte woord in die blokkie (betreklike voornaamwoorde). met wie

1. 2. 3. 4. 5. 6.

waaraan

op wie

waarop

waarmee

na wie

Die meisie ___ ek verlang, is baie mooi. Die plek ___ ek dink, is Port Shepstone. Die pen ___ ek skryf, is rooi. Die man ___ sy getroud is, werk by ’n bank. Die kêrel ___ sy verlief is, is ouer as sy. Die stoel ___ hy sit, is te hard.

248

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 248

2013/08/21 9:18 AM

Werkwoorde Werkwoorde is aksiewoorde: die woorde in ’n sin wat sê wat gedoen word. Aktiwiteit 21 Kyk na die prent en sê wat die tieners doen (werkwoorde).

Tye Daar is drie tye in Afrikaans: Die teenwoordige tyd Die verlede tyd Die toekomende tyd

dit wat nou gebeur. dit wat klaar gebeur het. dit wat nog sal gebeur. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 249

249

2013/08/21 9:18 AM

Kyk na die prentjies. Lees die sinne en ontdek self hoe die werkwoord se vorm of plek verander. Die toekomende tyd

Die teenwoordige tyd

Die haarkapper sal die meisie se hare knip.

Die haarkapper knip die meisie se hare.

Die verlede tyd

Die haarkapper het die meisie se hare geknip.

Onthou, gebruik het en ge- in die verlede tyd en sal in die toekomende tyd. Aktiwiteit 22 Voltooi die tabel. Gebruik gister in die verlede tyd en môre in die toekomende tyd. Teenwoordige tyd (Dit gebeur nou.) Die hond slaap vandag. 1. Die seun stap vandag. 2. Die son skyn vandag. 3. Die vrou lees vandag. 4. Dit is koud vandag.

Verlede tyd (Dit het gebeur.) Die hond het gister geslaap.

Toekomende tyd (Dit sal gebeur.) Die hond sal môre slaap.

Pas op! Die werkwoord is, werk anders as ander werkwoorde: Hy is vandag siek. Hy was gister siek. Hy sal môre siek wees. 250

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 250

2013/08/21 9:18 AM

Het jy geweet?

Daar is ’n paar werkwoorde wat nie ’n ge- in die verlede tyd kry nie. Dit is werkwoorde wat met ge-, be-, -er, her-, ont- en ver- begin, soos gebeur, begin, erken, herken, onthou en vergeet. Voorbeeld: Sy vertel die storie. Antwoord: Sy het die storie vertel. Aktiwiteit 23 Skryf die sinne eers in die verlede tyd en dan in die toekomende tyd. Voorbeeld: Antwoord: 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

Die seun koop skryfpapier. Die seun het skryfpapier gekoop. Die seun sal skryfpapier koop.

Patrick skryf ’n brief. Hy besluit om die brief te pos. Andrew Kramer Andrew ontvang die brief. Ba ringstraat 14 Hy geniet dit om die brief te lees. W or cester Hy beantwoord die brief. 6850 Patrick is bly om van Andrew te hoor. Hy herken sy handskrif dadelik. Andrew vertel hoe goed dit met hom gaan.

Jy ken reeds twee hulpwerkwoorde: het en sal.

Hulpwerkwoorde Hulpwerkwoorde word saam met ander werkwoorde in die sin gebruik; hulle help die werkwoorde.

Het help die werkwoord om die verlede tyd te vorm: Ek het gestap. Sal help die werkwoord om die toekomende tyd te vorm: Ek sal stap. Daar is nog hulpwerkwoorde soos kan, wil, moet: Ek kan stap. Ek wil stap. Ek moet stap. Hierdie woorde verander in die verlede tyd. kan word kon: wil word wou: moet word moes: sal word sou:

Ek kon gister stap/gestap het. Ek wou gister stap/gestap het. Ek moes gister stap/gestap het. Ek sou gister stap/gestap het. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 251

251

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 24 Verander die sinne deur die hulpwerkwoord by te voeg: Voorbeeld: Ek trek geld. (moet) Antwoord: Ek moet geld trek. 1. Ek gaan eers bank toe. (moet) 2. Daarna gaan ek groentewinkel toe. (moet) 3. Ek koop een potlood. (wil) 4. Mamma koop ’n sakkie aartappels. (wil) 5. Die vrou help my. (kan) Skryf nou dié sinne in die verlede tyd. Voorbeeld: Ek moet geld trek. Antwoord: Ek moes geld trek./Ek moes geld getrek het. Skeibare werkwoorde Dit is woorde wat uit twee dele bestaan, bv. aan + trek = aantrek. Teenwoordige tyd: Verlede tyd: Toekomende tyd:

Die seun trek sy skoene aan. Die seun het sy skoene aangetrek. Die seun sal sy skoene aantrek.

In watter sin is die twee dele van die woord heeltemal geskei? In watter sin word die twee dele deur ge- geskei? In watter sin is die twee dele nie geskei nie? Aktiwiteit 25 Die volgende sinne is in die toekomende tyd geskryf. Skryf die sinne eers in die a) teenwoordige tyd en dan in die b) verlede tyd.

Het jy agtergekom dat die twee dele van aantrek in die teenwoordige tyd omgeruil word? Onthou dit! Die seun trek sy skoene aan.

Voorbeeld: Hy sal die deur oopmaak. Antwoord: a) Hy maak die deur oop. b) Hy het die deur oopgemaak. 1. Sy sal haar baadjie uittrek. 2. Danny sal sy vriend gelukwens. 3. Rosy sal aan sport deelneem.

252

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 252

2013/08/21 9:18 AM

Voorsetsels Leer die voorsetsels. neem deel aan ly aan aan die linkerkant stel belang in woon in in hegtenis neem beskerm teen teen daardie tyd teen die muur om tienuur om die hoek om jou nek oor ’n rukkie oor ’n uur tot my spyt tot niet maak bestaan uit uit jou kop

Baie leerders neem aan sport deel. Die vrou ly aan ’n siekte. Ry aan die linkerkant van die pad. Hy stel belang in meisies. Ons woon in Gauteng. Die rower word in hegtenis geneem. Die huis beskerm ons teen die wind en die rëen. Teen daardie tyd sal die wedstryd verby wees. Die skildery hang teen die muur. Die konsert kom om tienuur uit. Die kar kom vinnig om die hoek. Jy dra jou das om jou nek. Ek sien jou oor ’n rukkie. Hy sal oor ’n uur weer bel. Tot my spyt het ek my boek by die huis vergeet. Maak die geheime brief tot niet sodat niemand dit kan lees nie. Die boek bestaan uit sewe hoofstukke. Jy sal hierdie werk uit jou kop moet ken.

Leer ook die voorsetsels wat sê waar die meerkatte is. in

langs agter

om teen

op

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 253

253

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 26

Vul die regte voorsetsels in. Kies die woorde in die blokkie. langs

In vir

Op met

teen Aan

om uit

uit oor

Voor in

in

1. ___ die huis waar Marlene saam 2. ___ haar ouers woon, het sy ’n groot kamer 3. ___ haarself. 4. V___ die venster hang gordyne en 5. ___ die muur hang ’n mooi skildery. 6. A___ die linkerkant van die skildery staan haar bed en 7. ___ die bed staan ’n bedtafeltjie. 8. O___ die tafeltjie lê ’n boek. Die boek bestaan 9. ___ 70 bladsye. Sy moet die feite 10. ___ die boek 11. ___ haar kop leer, want 12. ___ agtuur die volgende oggend skryf sy ’n toets. Sy stel baie belang 13. ___ die boek en besluit om 14. ___ ’n uur te begin leer.

Voegwoorde Voegwoorde word gebruik om sinne te verbind. Die woordorde van die sin ná die voegwoord is nie altyd dieselfde nie. Dit kan op drie maniere geskryf word, daarom praat ons van drie groepe voegwoorde. Groep 1 (Geen verandering in woordorde nie) en want

maar asook

Ek wil dadelik eet, want ek is honger.

254

Groep 2 (Werkwoord direk ná voegwoord) dus dan daarna

daarom toe

Ek is honger, dus wil ek dadelik eet.

Groep 3 (Werkwoord skuif na einde van sin) dat sodat terwyl aangesien

omdat nadat alhoewel

Ek wil dadelik eet omdat ek honger is.

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 254

2013/08/21 9:18 AM

Partykeer kan die sinne met die voegwoorde begin, maar onthou, dis net voegwoorde van groep 3 wat aan die begin van die sin gebruik word: “Omdat ek honger is , wil ek dadelik eet.” Let mooi op na die plek van die werkwoorde en moenie die komma tussen die twee werkwoorde vergeet nie! Aktiwiteit 27 Lees die storie oor die tent wat weggewaai het. Julle sal sien die sinne is baie kort. Maak die storie interessanter deur die sinne met die voegwoorde tussen hakies te verbind. 1. Paul en Fred gaan kampeer. (want) Dit is vakansie. 2. Hulle slaan hulle tent vinnig op. (daarna) Hulle maak ’n vuurtjie. 3. Die twee vriende het geëet. (nadat) (Begin die sin met nadat) Hulle gaan slaap. 4. Die wind waai dié aand. (dus) Dit is koud. 5. ’n Storm bars los. (toe) Hulle slaap vas. 6. Paul word wakker. (toe) Hy hoor die rukwind. 7. Die wind is so sterk. (omdat) (Begin met omdat) Die tent waai weg. 8. Hulle kry die tent in ’n boom. (maar) Die tent is baie nat. 9. Hulle besluit. (dat) Hulle gaan slaap in die skuur. 10. Die seuns slaap uiteindelik baie lekker. (omdat) Dit is veilig en warm in die skuur.

Onthou om ’n komma voor want en maar te skryf. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 255

255

2013/08/21 9:18 AM

Ontkenning As jy iets ontken, sê jy dit het nie gebeur nie, bv.:

Het jy die brief gepos? Soms is daar net een nie.

Nee, ek het nie die brief gepos nie.

Sy werk nie. Hy slaap nie. Twee nie’s (nie … nie) Die meeste sinne kry twee nie’s in die ontkenning. Jy werk nie hard nie. Hy slaap nie baie vas nie. Ontkenningswoorde en nie Kyk ook hoe die volgende vrae in die ontkenning beantwoord word. Ken jy iemand op die dorp? Nee, ek ken niemand op die dorp nie. Kan ek êrens ’n boek leen? Nee, jy kan nêrens ’n boek leen nie. Het jy al ooit perd gery? Nee, ek het nog nooit perd gery nie. Het jy iets gesien? Nee, ek het niks gesien nie. Is daar nog kos oor? Nee, daar is nie meer kos oor nie. Is jou ma al hier? Nee, my ma is nog nie hier nie.

Onthou

256

iemand word niemand … nie êrens word nêrens … nie al ooit word nog nooit … nie iets word niks … nie nog word nie meer … nie al word nog nie … nie

Daar kom altyd ’n nie aan die einde van die sin.

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 256

2013/08/21 9:18 AM

Bevele in die ontkenning Bevele sonder asseblief

Maak die deur toe! Skakel die TV af!

word word

Moenie die deur toemaak nie! Moenie die TV afskakel nie!

Bevele met asseblief

Maak asseblief die deur toe! word Skakel asseblief die TV af!

word

Moet asseblief nie die deur toemaak nie. Moet asseblief nie die TV afskakel nie.

Aktiwiteit 28 Kyk na die prent. Beantwoord die vrae in die ontkenning. 1. Is daar iemand in die motor? Nee, daar is … 2. Is die meisie treurig? Nee, die meisie is nie … 3. Is daar êrens ’n koeldrankblikkie wat rondlê? Nee, … 4. Sit die meisie? Nee, … 5. Het die meisie al die motor klaar gewas? Nee, … 6. Is die motor al heeltemal skoon? Nee, … 7. Sal die motor ooit kan ry? Nee, … 8. Is die motorbande nog styf gepomp? Nee, … 9. Maak die deur oop! Moenie … 10. Maak asseblief die deur oop! Moet …

Wanneer jy word saam met ge- in ’n Bedrywende en lydende vorm sin gebruik, is die sin Daar is sekere sinne wat ’n mens op twee maniere in die lydende vorm. kan sê, maar die betekenis van die sinne bly presies dieselfde, bv. as jy na die tabel kyk, kan jy sê: Bedrywende vorm Die man plant ’n boom.

Lydende vorm ’n Boom word deur die man geplant.

Die eerste sin begin met: Die man. Hy is die doener. Hierdie sin is in die bedrywende (aktiewe) vorm. Die tweede sin begin met: ’n Boom. Die klem val op die boom wat geplant word. Hierdie sin is die lydende (passiewe) vorm. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 257

257

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 29 Herskryf die sinne in die lydende vorm. Begin met die woorde in vet druk. Voorbeeld: Die man plant ’n boom. Antwoord: ’n Boom word deur die man geplant. 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8.

Die skeidsregter blaas die fluitjie. Die sokkerspeler skop die bal. Die tennisspeler slaan die bal oor die net. Die netbalspeler gooi ’n doel. Die krieketspeler vang die bal netjies uit die lug. Die bokser slaan die slaansak hard. Die spiesgooier gooi die spies ver. Die hengelaar vang ’n groot vis.

’n Mens kan hierdie sinne ook in die verlede tyd skryf, asof dit gister of lank gelede gebeur het. Voorbeeld: Die man het ’n boom geplant. Antwoord: ’n Boom is deur die man geplant.

Hierdie sinne is in die teenwoordige tyd. Onthou om word in die lydende vorm te gebruik.

In die verlede tyd word is in die lydende vorm gebruik.

Aktiwiteit 30 Herskryf die sinne in die lydende vorm en begin met die woorde in vet druk. 1. Die skeidsregter het die fluitjie geblaas. 2. Die sokkerspeler het die bal geskop. 3. Die tennisspeler het die bal oor die net geslaan. 4. Die netbalspeler het ’n doel gegooi. 5. Die krieketspeler het die bal netjies uit die lug gevang. 6. Die bokser het die slaansak hard geslaan. 7. Die spiesgooier het die spies ver gegooi. 8. Die hengelaar het ’n groot vis gevang.

258

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 258

2013/08/21 9:18 AM

Direkte en indirekte rede Direkte rede As ’n mens die woorde wat iemand sê, wil neerskryf, lyk dit so: Michael sê: “Ek gaan stad toe.” Bets vra: “Kan ek saamgaan?” Ons noem dit die mense se direkte woorde. In ’n storie of ’n koerantberig word die mense se woorde tussen aanhalingstekens geskryf: “…” In strokiesverhale of -prente word die woorde wat mense sê, in woordwolkies geskryf. Dan gebruik ’n mens nie aanhalingstekens nie.

Kan ek saamgaan?

Ek gaan stad toe.

Indirekte rede Dit gebeur elke dag dat ons vir iemand iets vertel wat iemand anders gesê het. As ons dit doen, gebruik ons die indirekte rede, dan lyk die sinne so: Michael sê hy gaan stad toe. Bets vra of sy kan saamgaan.

Twee dinge verander. 1. Daar is geen aanhalingstekens in die indirekte rede nie. 2. Die voornaamwoord verander: Ek word hy.

Wat is die verskil tussen die direkte en indirekte rede? Kan jy self agterkom wat alles verander?

Direkte rede: Michael sê: “Ek gaan stad toe.” Indirekte rede: Michael sê hy gaan stad toe.

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 259

259

2013/08/21 9:18 AM

In die volgende voorbeeld verander vier dinge. Kan jy dit self ontdek? Direkte rede: Bets vra: “Kan ek saamgaan?” Indirekte rede: Bets vra of sy kan saamgaan. 1. Daar is geen aanhalingstekens nie. 2. Die voornaamwoord verander: ek word sy. Vier dinge verander. 3. As jy ’n vraag in die indirekte rede skryf, gebruik jy die woord of. 4. Die woordorde verander: kan skuif tot voor saamgaan. Dit gebeur dikwels dat ’n mens dat in die indirekte rede gebruik. Ontdek self wat dan alles verander. Direkte rede: Michael sê: “Ek gaan stad toe.” Indirekte rede: Michael sê dat hy stad toe gaan.

Drie dinge verander. Aktiwiteit 31

1. Daar is geen aanhalingstekens nie. 2. Die voornaamwoord verander: ek word hy. 3. Die woordorde ná dat verander: gaan (die werkwoord) skuif na die einde van die sin.

Iemand wat vol fiemies is, is nie altyd tevrede nie en kla maklik oor iets soos kos.

Lees die strokie hardop in pare en sê daarna wat snaaks is.

Smaak die kos vir jou lekker? Ek eet lekker, maar daar is te veel bene.

Wat! Daar is nie bene in jou kos nie!

O, dan moes jy die noedels bietjie langer gekook het.

Die woord noedels is pasta. Dis ’n harde kossoort soos macaroni en spaghetti. Eers as ’n mens noedels gekook het, word dit sag. Die vrou in die grapprent het die noedels nie lank genoeg gekook nie.

260

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 260

2013/08/21 9:18 AM

Skryf die mense se woorde in die strokiesprent in die direkte rede. 1. Sy vra: “Smaak die kos vir jou lekker?” 2. Hy antwoord: “…” 3. Sy sê vies: “…” 4. Hy sê: “…” Skryf nou die dialoog in die indirekte rede. 1. Sy vra of die kos vir hom lekker smaak. 2. Hy antwoord dat hy … 3. Sy sê vies dat daar … 4. Hy sê sarkasties of verbaas dat sy dan …

Kommunikasie

Onthou om aanhalingstekens by die direkte rede te gebruik.

Dialoë: Goeie maniere Hoe praat ons met mekaar?

Wanneer jy iemand vra hoe dit met hom gaan, sê jy: “Hoe gaan dit met jou?” Wanneer hy antwoord, kan hy sê: “Goed dankie” of “Ek kan nie kla nie.” As jy iemand met iets gelukwens, kan jy sê: “Baie geluk met die prys wat jy gewen het.” Die persoon kan antwoord en sê: “Baie dankie.” As jy met iemand wil simpatiseer, kan jy sê: “Ek is jammer om te hoor van jou slegte nuus.” Die persoon kan antwoord en sê: “Dankie. Ek waardeer dit.” Werk in pare en voer die volgende Hoe meer ’n mens dialoë op. ’n taal praat, hoe Stem saam met iemand.

• Leerder 1: Leerder 2: • Leerder 1: Leerder 2:

gouer kry jy dit reg!

Sjoe, dis warm vandag. Ja, dis ontsettend warm. McCarthy was vandag die beste speler in die span. Ek stem saam met jou, hy’t baie goed gespeel.

Verskil van iemand.

• Leerder 1: Leerder 2: • Leerder 1: Leerder 2: • Leerder 1: Leerder 2:

Mary het drie broers. Nee, dit is nie waar nie. Sy het net twee broers. Ek dink Joe is die beste kitaarspeler in die land. Ek dink nie so nie, ek hou meer van Sam se spel. Ons moet nog ’n klaskamer bou. Ek stem nie saam nie, ek dink ons moet liewer ’n pawiljoen by die sokkerveld bou. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 261

261

2013/08/21 9:18 AM

Vra iemand om hulp.

• Leerder 1: Sal jy my help om kos te maak, asseblief? Leerder 2: Met plesier. Ek gaan net gou my hande was. • Leerder 1: Ek moet die swaar kas kombuis toe dra. Kan jy my help, asseblief? Leerder 2: Ek kan ongelukkig nie. My rug is seer. Die dokter sê ek mag nie swaar goed optel nie. Waarsku iemand.

• Leerder 1: Pas op vir die kwaai perd. Hy sal jou skop. Moenie by die stal ingaan nie. Leerder 2: Dankie dat jy my gewaarsku het. Vir my lyk die perd dan so mak. • Leerder 1: Oppas! Kyk waar jy loop. Daar’s ’n groot gat in die pad. Leerder 2: Oeps! Amper het ek in die gat geval. Hoe vra jy of iemand iets wil hê?

• Leerder 1: Leerder 2: • Leerder 1: Leerder 2: • Leerder 1: Leerder 2:

Wil jy ’n koppie tee hê? Ja dankie, ek is baie lus vir tee. Wil jy nog ’n stukkie koek hê? Nee dankie, ek het genoeg gehad. Nog ’n skeppie groente? Nee dankie, ek is versadig. Ek het regtig genoeg geëet.

Wil jy nog ’n stukkie koek hê?

Nee dankie, ek het genoeg gehad.

262

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 262

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 32 Kyk na die sinne in kolom A. Watter antwoord in kolom B pas by elke sin? Kolom A 1. Ek dink Orlando Pirates is die beste sokkerspan. 2. Wil jy ’n glas koeldrank hê? 3. Kan jy vir my die skinkbord dra, asseblief? 4. Pas op! Daar kom ’n motor. 5. Dis die lekkerste vakansie wat ons nog gehad het.

Kolom B a) Dankie. Ek het nie die motor gesien nie. b) O ja! Ek het ook nog nooit so ’n lekker vakansie gehad nie. c) Ek stem nie saam nie. Ek dink Kaizer Chiefs is ’n beter sokkerspan. d) Nee, dankie. Ek is nie dors nie. e) Seker. Gee die skinkbord vir my.

Lees eers wat ’n mens in die volgende situasies kan sê en doen dan die oefening. Hoe bied ’n mens hulp aan?

Kan ek u help? Is daar enigiets waarmee ek kan help? Hoe koop ’n mens iets in ’n winkel?

Ek wil graag ’n skryfboek/’n sakkie aartappels hê, asseblief. Het u miskien ’n liniaal/vars tamaties vir my, asseblief? Hoe sê ’n mens dat jy van iets hou of nie van iets hou nie?

Hou van Ek hou van tee. Ek hou regtig baie van koffie. Ek drink graag koeldrank.

Hou nie van … nie Ek hou nie van tee nie. Ek hou glad nie van koffie nie. Ek drink nooit koeldrank nie.

Hoe vra jy iemand om iets vir jou aan te gee?

Gee vir my die melk aan, asseblief. Kan ek die konfyt kry, asseblief?

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 263

263

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 33 Verdeel in groepies van twee en gesels met mekaar. Dink julle eie dialoë uit. 1. Hoe sal jy vir iemand hulp aanbied: a) as hy iets in ’n winkel koop? b) as hy inligting vra? (bv. Waar is die stasie?) 2. Wat sal jy sê as jy die volgende wil koop: a) skryfbehoeftes? b) ’n koerant? c) ’n sakkie aartappels? 3. Wat sal jy sê as jy van die volgende hou: a) roomys? b) vakansie? 4. Wat sal jy sê as jy nie van die volgende hou nie: a) koffie? b) huiswerk? 5. Hoe vra ’n mens iemand beleef om iets aan te gee: a) die sout? b) die botter?

Funksionele skryfaktiwiteite Hoe skryf ons vir ’n sosiale doel? Hier volg ’n paar voorbeelde van skryfaktiwiteite waar jy belangrike lewensvaardighede gaan toepas, bv. aansoek om ’n werk (application for a job): ’n faks-dekbrief, ’n faksboodskap, ’n CV, ’n aansoekbrief, ’n e-posboodskap; asook die vaardighede nodig vir die hou van ’n vergadering (meeting) en die skryf van ’n agenda en ’n notule. Aansoek om ’n werk Wanneer ’n mens om ’n werk aansoek doen (to apply for a job), is die koerant die beste plek om advertensies vir vakante poste te lees. Dit is belangrik om te weet wat jou belangstellings (interests), kwalifikasies (qualifications) en sterk punte (strong points) is voordat jy kan besluit watter werk by jou sal pas.

264

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 264

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 34: ’n Faks 1. Lees eers die advertensie wat in die skoolkoerant verskyn het hardop.

As ’n mens in die werk wat geadverteer is, belangstel, kan jy drie dinge doen: ’n faks stuur, die plek bel om ’n werksonderhoud (job interview) te reël of ’n e-pos stuur.

KELNERS/KELNERINNE

benodig vir Jimmy’s Tavern – Arcadia. Skakel Theo Henning by 012-653-0015 vir ’n werksonderhoud. Faks verkorte CV na 012-653-0010 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

2. Lees die faks wat Lerato Tshielo gestuur het nadat sy die advertensie in Beeld gelees het. Lerato Tshielo was ’n leerder aan Town View High. Sy het graad 9 geslaag en stel belang in die werk wat sy in die koerant geadverteer gesien het. Sy stuur dadelik die volgende faks. Lees dit hardop. Let op die inligting en die boodskap. POSTNET KEY WEST

FAKSDEKBLAD Datum: Aan: Tel: Faks:

22 Junie 2013 Dave 012-653-0015 012-653-0010

Van: Tel (sel): Faks:

Lerato Tshielo 084-296-6440 011-273-1278

Aantal bladsye: 2 Boodskap: Ek stel belang in die werk as kelnerin soos in Beeld van 20 Junie 2012 geadverteer is. Ek sluit my CV in en sal u skakel om ’n werksonderhoud te reël.

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 265

265

2013/08/21 9:18 AM

3. Lees die advertensie wat in die skoolkoerant verskyn het.

TELEBEMARKERS word in Maitland, Kaapstad benodig. Opleiding word verskaf. Skakel Chris September vir ’n werksonderhoud by 021-548-5247. Stuur CV per faks na 021-548-4471 of e-pos dit na [email protected].

4. Verbeel jou jy wil vir die werk as tele-verkoper aansoek doen. Skryf nou jou eie faks van 90–100 woorde aan Chris September. Aktiwiteit 35: ’n Curriculum vitae Lees eers Lerato Tshielo se curriculum vitae wat sy gestuur het en skryf daarna jou eie CV vir die werksaansoek as kelnerin.

Curriculum Vitae: Lerato Tshielo

Curriculum vitae is die Latynse naam vir ’n lys van jou kwalifikasies en jou werksondervinding, asook ander besonderhede wat vir ’n aansoek om werk nodig is.

PERSOONLIKE BESONDERHEDE: Van: Voorname: Geboortedatum: Nasionaliteit: Huistaal: Ander tale: Adres:

Tshielo Lerato 2 November 1993 Suid-Afrikaner Setswana Afrikaans en Engels Oliviastraat 23 Mogalestad 1739 Telefoonnommer: 084-296-6440

266

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 266

2013/08/21 9:18 AM

KWALIFIKASIES: Hoërskool: Hoogste graad: Vakke:

Town View High School Graad 9 Tale, Sosiale Wetenskappe, Tegnologie, Wiskunde, Natuurwetenskappe, Kuns en Kultuur, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Lewensoriëntering

WERKSONDERVINDING: Naam en adres van huidige werkgewer: Wimpy Key Westwinkelsentrum Paardekraalstraat Mogalestad, 1739 Telefoonnommer: 011-953-1903 Pos/Beroep: Kelnerin Datum: Februarie 2014

STOKPERDJIES: Sport: Algemeen: REFERENTE: Skool:

Werk:

Netbal Musiek en kos 1.

2.

Mev. Linda Jones Voorligtingonderwyseres Town View High School Schoemanstraat Mogalestad, 1739 Telefoonnommer: 011-953-7730 Mnr. Paul Mentoor Bestuurder: Wimpy Key Westwinkelsentrum Paardekraalstraat Mogalestad, 1739 Telefoonnommer: 011-953-8478

’n Referent (reference) is iemand soos jou skoolhoof of vorige werkgewer wat geskakel kan word om inligting oor jou te verskaf omdat hulle jou ken of omdat hulle al saam met jou gewerk het. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 267

267

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 36: ’n Aansoekbrief Lees eers die brief wat Lerato Tshielo geskryf het toe sy om die werk as kelnerin by Eastwood Tavern aansoek gedoen het. Skryf dan jou eie aansoekbrief van 140–160 woorde vir die werk as tele-verkoper of enige werk waarvoor jy aansoek wil doen. Let mooi op na die vorm van die brief. Let ook op na die formele styl van die sakebrief.

Oliviastraat 23 MOGALESTAD 1739 22 Junie 2014 Die maatskappy se adres links in blokvorm.

Mnr. Dave Smith Eastwood Tavern Hamiltonstraat 331 ARCADIA 0083

Jou eie adres in blokvorm regs bo. Reël oop

Reël oop Aanhef

Geagte mnr. Smith

Opskrif

VAKATURE: KELNERIN

1e paragraaf

Reël oop Reël oop Met verwysing na u advertensie in Beeld van 20 Junie 2014 doen ek hiermee aansoek om die werk as kelnerin. Reël oop

2e paragraaf

Wat my kwalifikasies en ondervinding betref, wil ek graag die volgende noem: In 2013 het ek graad 9 by Town View High School geslaag. Ek werk op die oomblik as ’n kelnerin by WIMPY in die Key Westwinkelsentrum in Mogalestad.

3e paragraaf

My belangstellings is musiek en kos. Ek is baie lief vir mense en hou daarvan om met die publiek te werk. Ek is ook baie lief daarvoor om kos te kook en met nuwe resepte te eksperimenteer. Ek wil my kwalifikasies verbeter deur ’n kursus in Hotel en spyseniering te doen.

Reël oop

268

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 268

2013/08/21 9:18 AM

4e paragraaf

Ek sluit my curriculum vitae by hierdie brief in. Indien u meer oor my werk as kelnerin wil uitvind, kan u die volgende referent skakel: Mnr. Paul Mentoor Bestuurder: WIMPY Telefoonnommer: 011-953-8478

Slotparagraaf

Ek hoop om spoedig van u te hoor. U kan met my in verbinding tree by telefoonnommer 082-289-9440.

Reël oop

Slot

Reël oop

Die uwe

Handtekening Mej. Lerato Tshielo

Het jy opgelet?

• ’n Mens gebruik die u-aanspreekvorm in ’n sakebrief, nie jy nie. • Beleefde woorde en frases word gebruik: met verwysing na, doen ek hiermee, die uwe. Aktiwiteit 37: ’n E-posboodskap Deesdae gebruik mense veral die rekenaar (computer) om met mekaar te korrespondeer. Dit staan bekend as e-pos (e-mail). In plaas daarvan dat mense vir mekaar briewe per pos of fakse per telefoon stuur, stuur hulle vir mekaar boodskappe of briewe op die rekenaar. Elke gebruiker (user) het ’n e-posadres, byvoorbeeld: [email protected]. ’n Mens tik net die spesifieke adres, klik op die stuurknoppie en die boodskap word binne sekondes na die ontvanger gestuur.

Gee die Afrikaans vir from, to, sent, subject en message.

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 269

269

2013/08/21 9:18 AM

Lees eers die boodskap wat Lerato Tshielo vir meneer Dave Smith by Eastwood Tavern gestuur het. Kyk mooi na die vorm van die kort e-posboodskap en die redelik formele styl. Skryf daarna jou eie kort e-posboodskap van 90–100 woorde vir die werk waarvoor jy wil aansoek doen.

Vergaderings Op vergaderings (meetings) kom mense bymekaar om besluite oor belangrike sake te neem. Wanneer ’n mens ’n vergadering hou, moet daar ’n agenda wees. Van elke vergadering moet daar ’n notule (minutes) geskryf word.

270

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 270

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 38: ’n Agenda

’n Agenda is die lys sake wat op ’n vergadering bespreek gaan word. Die items op die agenda word genommer.

Wanneer ’n groep mense ’n vergadering hou, het hulle ’n agenda of sakelys nodig. 1. Lees die punte op die agenda van die VSR (Verteenwoordigende Studenteraad) van Town View High School hardop.

AGENDA 1. VERWELKOMING (welcome) 2. PRESENSIELYS (attendance register) 3. VERSKONINGS (apologies) 4. NOTULE VAN VORIGE VERGADERING (minutes of previous meeting) 4.1 Sake uit notule 5. NUWE SAKE (new matters) 5.1 Dissipline by atletiekbyeenkoms 6. ALGEMEEN (general) 6.1 Netheid van leerders 6.2 Rookprobleem op skoolterein 7. DATUM VAN VOLGENDE VERGADERING (date of next meeting) 8. AFSLUITING (closing)

2. Stel nou jou eie agenda van 90–100 woorde op vir julle skool se Verteenwoordigende Studenteraad (VSR).

Onthou om die items op jou agenda te nommer! 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 271

271

2013/08/21 9:18 AM

Aktiwiteit 39: ’n Notule Lees eers die notule van die VSR van Town View High School se vergadering wat in die sportsaal gehou is. Skryf daarna ’n notule (90–100 woorde) van ’n vergadering van die VSR wat by julle skool plaasgevind het.

’n Notule is ’n verslag oor wat op ’n vergadering gebeur. Dit word in die teenwoordige tyd geskryf.

NOTULE VAN DIE VERGADERING VAN DIE VSR VAN TOWN VIEW HIGH SCHOOL GEHOU OP 21 FEBRUARIE 2014 OM 11:00 IN DIE SPORTSAAL 1. VERWELKOMING Die voorsitter, Bryan Petersen, heet almal welkom. 2. PRESENSIELYS Al die klasleiers van elke klas in die skool is teenwoordig. 3. VERSKONINGS Geen 4. NOTULE VAN VORIGE VERGADERING Die notule van die vorige vergadering word gelees, goedgekeur en onderteken. 4.1 Sake uit die notule Geen 5. NUWE SAKE 5.1 Dissipline by atletiekbyeenkoms Eric Tsidi spreek sy teleurstelling uit oor sommige leerders se swak gedrag (bad behaviour) by die atletiekbyeenkoms by Ruimsig en sê dat dit nie weer moet gebeur nie. Norma Bolton stel voor dat strenger reëls vir dissipline by die volgende byeenkoms toegepas moet word. Klasleiers moet die name van die leerders wat hulle swak gedra, neerskryf sodat hulle gestraf kan word.

272

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 272

2013/08/21 9:18 AM

6. ALGEMEEN 6.1 Netheid van leerders Mary Ginwala voel ongelukkig oor die lengte en netheid van die seuns se hare. Lize Stark stem saam en sê dat die meisies wat lang hare het se hare ook netjies vasgebind moet word. Daar word besluit dat Gerald Brown en Sally Marumo duidelike reëls oor hare vir meisies en seuns moet opstel sodat netheid verseker kan word. 6.2 Rookprobleem op skoolterrein Mally Pillay is bekommerd oor die leerders wat gedurende pouses rook. Daar word besluit dat daar elke dag klasleiers by die toilette en by die sportpawiljoen aan diens moet wees om die rokers uit te vang. Detensie sal as straf gegee word. Baby Zuma sal die toesigrooster opstel. 7. DATUM VAN VOLGENDE VERGADERING 21 Maart 2014 8. AFSLUITING Die voorsitter bedank almal vir hulle positiewe gesindheid en sinvolle bydraes. DATUM: ________________________ VOORSITTER: __________________ SEKRETARIS: ___________________

19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 273

273

2013/08/21 9:18 AM

Spelling en spelpatrone Vokale (klinkers) In die alfabet is vyf vokale: a, e, i, o, u. Vokale kan as kort of lang klanke uitgespreek word. • Kort vokaalklanke bv.: bos, vet, bus, vis, les, kas, los, vas. • Lang vokaalklanke word soms met een vokaalletter geskryf, bv. vader, bene, bure, bome, skape, bote, lepel, vure. • Lang vokaalklanke word ook soms met twee vokaalletters geskryf, bv. kaal, been, weer, boom, vuur, skaap. Konsonante (medeklinkers) Daar is 21 konsonante (medeklinkers) in die alfabet: b, c, d, f, g, h, j, k, l, m, n, o, p, q, r, s, t, v, w, x, z. • Konsonante verdubbel in woorde soos die volgende: penne/ pennetjie, balle/balletjie, busse/bussie, koppe/koppie; sakke/sakkie. • Die konsonant “c” word min in Afrikaans gebruik; slegs in woorde soos cowboy en casino wat van ander tale kom, en saam met die “h” in woorde soos chaos en chemie. • Die konsonante “q” en “x” word byna nooit in Afrikaans gebruik nie. • Die konsonante “v” en “w” word anders uitgespreek as in Engels: “v” soos in vis, voet en venster “w” soos in water, wind en wêreld. Aktiwiteit 40 Kies die korrekte spelling tussen hakies. 1. Die klein (meisie/muisie) kom in deur ’n (gatjie/gaatjie) in die (mier/muur) van die (kombuis/kombys) in die (boor/boer) se (hys/huis) op die (plas/plaas). 2. Die (klase/klasse) in die (skoole/skole) is baie (grooter/groter) in die (steede/stede) as op (plase/plasse). 3. Die (mensse/mense) is te (lei/lui) om te werk; (dis/dus) het hulle nie (geld/gelt) nie en beland in die (moelikheid/moeilikheid). 4. Die (viertien/veertien) (kinners/kinders) het (seergekry/ seurgekry) en hulle het baie (pein/pyn) in hul (beene/bene). (Hulle het piletjies/pilletjies) van die (dokter/docter) gekry om te slaap. 5. Die (boxer/bokser) het sy teenstander uitgeslaan. Hy het (qwart/ kwart) voor (twaalf/twelf) die aand in sy (bakie/bakkie) huis toe gery en in die (bose/bosse) langs die pad twee groot (boke/bokke) gesien.

274

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 274

2013/08/21 9:18 AM

Skryftekens Hierdie tekens is merke wat op vokaalletters in sommige woorde geplaas word om te wys hoe die klank waarop dit geplaas word, uitgespreek word. Deelteken Hierdie teken wys waar die tweede lettergreep begin as twee vokaalletters langs mekaar een lettergreep kan wees, maar twee lettergrepe moet wees, bv. oë, reën, vlieë, vroeë, Australië, geëet, ruïne, hoë, voël, droë. Let wel: Geen deelteken op hierdie woorde nie: dae, oorsee, tweede, vlae. Kappie ’n Kappie word op ’n vokaal geplaas om te wys dit word lank uitgespreek: skêr, blêr, lê, sê, hê, brûe, kêrel, wêreld, môre.

Dit is ’n spelfout om ’n skryfteken weg te laat.

Skryf hierdie woorde sonder ’n kappie: kombers, pers, stert, tert, perd, ster, vlermuis.

Koppelteken (hyphen) ’n Koppelteken is nodig: • wanneer vokaalletters in woorde langs mekaar staan, soos bo-op en mossie-eier (sparrow egg) ’n Koppelteken om die woord meer leesbaar te maak wys dat woorddele • in woorde met syfers, simbole, letters en vas geskryf word afkortings vooraan, soos graad 9-klas, TVas een woord. program, R50-noot, 2-literbottel, SMS(koppel = to join) boodskap • in woorde waarvan dele herhaal word, soos lag-lag, praat-praat • in samestellings met “hulle”, soos my broer-hulle, Abongile-hulle • in geografiese name soos Klein-Karoo, Bo-Kaap, Verre-Ooste • in plekname waarin windrigtings (wind directions) gebruik word, bv. Noord-Kaap, Wes-Europa, Somerset-Oos • in woorde waarvan ’n deel weggelaat word, staan ’n koppelteken in die plek van die weggelate deel, soos mans- en vroueklere (in plaas van die woord “klere”); sokker- en rugbyspanne (in plaas van die woord “spanne”). Afkappingsteken (apostrophe) Die afkappingsteken is nodig: • in die meervouds- en verkleiningsvorm van woorde wat eindig op die letters i, o, u en ook ’n lang, beklemtoonde a-klank, bv. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 275

275

2013/08/21 9:18 AM

radio’s/radio’tjie, ma’s, pa’s, hoera’s, Zulu’s/Zulu’tjie, Israeli’s/ Israeli’tjie, bikini’s, alibi’s. Let wel: Daar is nie ’n afkappingsteken in oupas/oupatjie; babas/ babatjie; paddas/paddatjie nie, want die a word nie beklemtoon nie. • in die meervoud en verkleinwoord van letters en syfers, soos k’s, t’s, l’e, 3’s,10’e/10’s. Aktiwiteit 41 Skryf hierdie sinne oor en verbeter al die spelfoute. Onderstreep elke verbetering. 1. Die ouma’s het die mamma’s se baba’s opgepas toe hulle na die filmstêr se huis gegaan het. 2. Die graad 10 leerder is in die Bspan wat teen ’n höerskool in Namibie sokker gespeël het. 3. Thailand is ’n land in Suid-oos Asie. Daar dra die vroue nie saris soos in Indie nie. 4. Die Swazis kom van Mbabane af en het nooit Sothos daar ontmoet nie. 5. Ek het vir John hulle ’n epos-boodskap gestuur toe ek hoor hulle het veilig in Noord-Ierland aangekom. Die los en vas skryf van woorde Woorde word soms vas aan mekaar geskryf om ’n nuwe woord (samestelling) te vorm. Die volgende woorde is Dis ’n spelfout samestellings. Dit kan uit twee of meer woorddele om dele van ’n bestaan: samestelling los • selfstandige naamwoorde soos huis, skool, te skryf. stad, speler, rekenaar, venster, wat met ’n ander selfstandige naamwoord verbind word, bv. koshuis, skoolboek, hawestad, krieketspeler, skootrekenaar, klaskamervenster • intensiewe vorme van byvoeglike naamwoorde en bywoorde, bv. stokoud, vuurwarm, peperduur, silwerskoon, grasgroen, hondmak • werkwoorde met “ge-” tussenin in die verlede tyd, bv. binnegestap, uitgegaan, afgespring, aangekom, gelukgewens, weggepak, afgeklim • name van plante en diere soos hierdie: groenmielies, blouwildebees, grysbok, rooijakkals, geelwortels, witborskraai • sesuur (six o’clock) en tweeuur/twee-uur (two o’clock), elfuur.

276

Kwartaal 4

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 276

2013/08/21 9:18 AM

Die volgende word los geskryf: • tydsduur, soos vyf uur (five hours), ses dae, drie maande, twee weke, vyf jaar (nie vyf jare nie) • kleure saam met ’n selfstandige naamwoord, soos geel hoed, pers armband, blou pen, swart motor, wit stoel • selfstandige naamwoorde saam met toe wat só gebruik word: Hulle loop skool toe, maar gaan per taxi huis toe en per trein stad toe. Die volgende kan los óf vas geskryf word: • telwoorde: een-en-twintig/een en twintig, vier -en veertig/vier en veertig, tweehonderd drie-en-dertig/twee honderd drie en dertig • eiename, soos: Johannesburg Dieretuin//Johannesburg dieretuin/ Johannesburg-dieretuin/Johannesburgdieretuin. Hoofletters Skryf die volgende woorde met hoofletters: • die eerste woord van ’n sin, behalwe die woord ’n • die spesiale name van mense, diere, plekke, berge, riviere, dae van die week en maande van die jaar, vakansie- en feesdae, tale, boeke en skole. Onthou die volgende: • Titels word nie in die middel van sinne met ’n hoofletter geskryf nie, behalwe as dit in die plek van ’n persoon se naam gebruik word, bv.: Hallo, Ma. Ek was saam met tannie Sandy by dr. Abrahams. Hy sê oom Paul is nie siek nie, maar Oupa en sersant Vos is siek. • Die lidwoord ’n word nooit met ’n hoofletter geskryf nie. Aktiwiteit 42 Skryf die sinne oor en verbeter die foute. Hoofletters ontbreek en sommige woorde moet los van mekaar of vas geskryf word. Onderstreep verbeterings. 1. Gister het ons onderwyser, mnr. peter simons ons huis werk na gesien en gesê ons moet vanoggend tien uur na sy kantoortoe kom. Hy wil met ons praat voor ons huistoe gaan van middag. 2. Toe my ma en pa maandag by ouma en oupa gaan kuier het, was oom percy ook daar. Hy het vir hom ’n nuwe sport motor gekoop. 3. Ek eet nie groen boontjies nie, maar hou van gebakteboontjies, geel-wortel slaai en boere wors rolle. 4. Gister het ons vroeg opgestaan en pa geluk gewens met sy verjaardag. Ons het mooiverjaardag kaartjies vir hom gemaak. 5. Al die graad neges gaan saterdag fliektoe. 19. Taalstrukture en -konvensies

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 277

277

2013/08/21 9:18 AM

Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en Opsomming Tyd: Twee uur

Totaal: 30 punte

Instruksies 1. Beantwoord al die vrae. 2. Nommer soos op die vraestel.

AFDELING A Leesbegripstoets

D L

Lees die onderstaande artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.

Ollie skok toeriste! 1. ’n Verwoede olifantbul het een van die toeriste in die Krugerwildtuin se motor Maandagoggend omgegooi. Minute nadat die olifant dié Britse paartjie se motor omgerol het, het hy sowat 100 m verder in die pad nog ’n motor aangeval en opgelig. Hulle was so bang nadat die olifant hulle motor omgegooi het dat die paartjie twee dae lank nie hul ruskamp verlaat het nie. 2. “Toe ek om die draai kom, was die ou grote reg voor ons. Hy het aangeloop na ons en ek het van die pad afgetrek.” Volgens die man het die olifant verby hulle geloop. “Toe ek omkyk, sien ek net hy stap op die motor af, druk sy tand teen my verloofde se deur en rol die motor om. Dit was vreesaanjaend en ek het net gedink: Maar dit kan nie moontlik wees dat dit gebeur nie.” Sy verloofde het ligte beserings en kneusplekke opgedoen. 3. Mense wat agter hulle gery het, het personeellede van die Lukimbi Safari Lodge in die wildtuin ontbied. “Ons was baie bang en is net bly dis verby. Maar ons het darem ’n lekker storie om eendag aan die kleinkinders te vertel,” het die Britse man gesê. Die geskokte paartjie was gisteroggend te bang om alleen uit die wildtuin te ry en moes van veldwagters vergesel word. 4. Die olifant het ook ’n tweede motor getakel. Die dier het in ’n stadium sy tand onder die Chevrolet Spark ingedruk, die motor opgelig en op die grond neergegooi. Die Amerikaanse motoris het verstar agter die stuurwiel gesit en prewel terwyl die olifant die

B R

O O

V

278

E E

Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 278

2013/08/21 9:18 AM

motor ’n paar keer bestorm het. Die mense in die ander motors het nie geweet wat om te doen nie. Veldwagters van die wildtuin vermoed dat die dier dalk ’n abses in sy tand gehad het. (Verwerk uit: Beeld, 15 November 2012)

Vrae 1.1

1.2 1.3

1.4 1.5 1.6 1.7 1.8 1.9

Kies die korrekte antwoord om die sin te voltooi. Skryf net die nommer en die antwoord neer. “Ollie skok toeriste” beteken dat die olifant ... A die mense met sy slurp getakel het. B die mense ’n elektriese skok gegee het. C die vreeslik opgewonde mense vermaak het. D iets gedoen het wat die toeriste skrikgemaak het. Haal EEN woord in paragraaf 1 aan wat sê dat die olifant woedend was. Is die volgende stelling waar of onwaar? Gee ’n rede vir jou antwoord. Die Britse paartjie het gou weer ontspan na hulle onderonsie met die olifant. Noem TWEE dinge wat die Britse vrou tydens die voorval oorgekom het. Wie moes saam met die paartjie uit die wildtuin gery het? Hoe weet jy dat die Britse man nie gou van sy ervaring gaan vergeet nie? Van watter land het die tweede slagoffer van die olifant gekom? Stem jy saam dat olifante gewoonlik motors bestorm? Gee ’n rede vir jou antwoord. Hoe sou jy gevoel het as ’n olifant julle motor in die wildtuin aangeval het? Gee ’n rede vir jou antwoord.

V

E E

B R

O O

D L (1) (1)

(2) (1) (1) (1) (1) (1) (1)

Totaal Afdeling A: 10

AFDELING B Taal in konteks Die taalvrae wat volg, is op die artikel hierbo gebaseer. 2.1 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord. Die mense was bang vir die olifant. 2.2 Gee die meervoud van die woord tussen hakies. Die mense was so verskrik dat hulle na ander (pad) gesoek het.

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en Opsomming

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 279

(1) (1)

279

2013/08/21 9:18 AM

2.3 Skryf die onderwerp en die voorwerp in die volgende sin neer. Die olifant het ook ’n tweede motor getakel. (1) 2.4 Skryf die sin oor in die lydende vorm. Die kwaai olifant het die motor omgegooi. (1) 2.5 Verdeel die vetgedrukte woord in lettergrepe. Die Amerikaanse motoris het verstar agter die stuurwiel gesit. (1) 2.6 Vorm ’n samestelling van die woorde tussen hakies. Die toeris het bang agter die (motor + stuur + wiel) gesit. (1) 2.7 Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies. Dis verstommend dat die olifant die (kar) omgekeer het. (1) 2.8 Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd. Die olifant het ’n abses in sy tand. (1) 2.9 Skryf die sin oor in die infinitief. Olifante moet nooit motors bestorm nie. Begin só: Olifante behoort ... (1) 2.10 Beantwoord die vraag in die ontkennende vorm. Het jy al ooit so ’n eienaardige storie gehoor? (1) 2.11 Skryf die volgende sin in die indirekte rede. Die veldwagter het gesê: “Ek het hier na die olifant gestaan en kyk.” (1) 2.12 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies. Volgens die man het die olifant verby hulle geloop. Hy het hulle bestorm. (daarna) Begin só: Volgens die man ... . (1) 2.13 Verander die volgende stelsin in ’n vraagsin. Die onderstreepte deel is die antwoord. Veldwagters van die wildtuin vermoed dat die dier dalk ’n abses in sy tand gehad het. (1) 2.14 Gee die oortreffende trap van die woord tussen hakies. Dit was die (kwaai) olifant wat die toeriste al ooit gesien het. (1) 2.15 Gee die kern en die bepaler van die volgende sin. Die veldwagters het die bang en verbouereerde paartjie gehelp. (1)

V

E E

B R

O O

D L

Totaal Afdeling B: 15

280

Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 280

2013/08/21 9:18 AM

AFDELING C Opsomming • • • • • •

Som die hoofgedagtes van die volgende teks in ses sinne op. Skryf elke hoofgedagte in ’n volsin neer. Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer. Laat ’n reël tussen die sinne oop. Jou opsomming moet 50–60 woorde lank wees. Dui die KORREKTE aantal woorde aan die einde van die opsomming aan.

Wat is die regte manier van verloor vir ’n goeie sportman of sportvrou? 1. Om te wen is heerlik, maar hoe gemaak as jy die dag verloor? Natuurlik is dit ’n teleurstelling om te verloor, maar jy kan leer hoe om in so ’n situasie te reageer. Eers sal dit moeilik gaan, maar later gaan dit makliker wees om positief te wees.

D L

E E

2. Kalmeer jouself deur vir jou en jou spanmaats daaraan te herinner dat julle jul harte uitgespeel en die beste gedoen het wat julle kon. Dis altyd moontlik om later met oefening te verbeter.

B R

3. Dit is belangrik dat jy saam met jou span vergader sodat julle die ander ouens kan gelukwens. Besluit of julle hulle hande wil skud of hulle ’n “Vat vyf!” wil gee.

O O

4. Moenie op die veld in trane uitbars nie. Dit is regtig nie goeie maniere nie. Wag tot jy van die veld af is voordat jy huil of kla.

V

5. Dit sal help as jy met jou spanmaats en afrigter gesels. Jy sal nie meer so ontsteld voel soos toe die wedstryd net klaar was nie. Dis belangrik om altyd jou beste te gee, want dit laat jou positiewer voel as jy weet jy het jou beste probeer. 6. Dis belangrik dat jy die wedstryd moet geniet omdat jy dan trots kan wees op wat jy bereik het. Dit sal die lekker wegvat as jy die heeltyd daaraan dink dat jy die ander span moet wen. 7. Jy moet nooit ’n spanmaat blameer of verskonings soek as jou span verloor het nie. Probeer leer uit die foute wat julle gemaak het. (Verwerk uit: Hoezit, Augustus 2012) Totaal Afdeling C: 10 ÷ 2 = 5 Groottotaal: 30

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en Opsomming

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 281

281

2013/08/21 9:18 AM

Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks Tyd: Een uur

Totaal: 30 punte

Instruksies en inligting 1. 2. 3. 4. 5. 6.

Die vraestel bestaan uit twee afdelings. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling A: Opstel. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling B: Transaksionele teks. Nommer jou skryfstukke presies soos op die vraestel. Skryf netjies en leesbaar. Jy moet jou skryfstukke beplan en redigeer.

AFDELING A

D L

Opstel • •

Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf tussen 210 en 250 woorde daaroor. Skryf die nommer en die titel van die opstel boaan.

E E

B R

1.

’n Kinderstorie Skryf jou eie storie vir klein kindertjies oor ’n goeie, slim olifant. Gee die dier ’n naam en gebruik die naam as titel vir jou skryfstuk. (20) OF 2. Hiersonder sou ek nie kon klaarkom nie Waarsonder sou jy glad nie in jou lewe kan klaarkom nie? Musiek, jou selfoon, jou rekenaar, boeke? Skryf ’n opstel oor die dinge wat vir jou die meeste beteken in die lewe. (20) OF 3. ’n Onderwyser wat ek nooit sal vergeet nie Skryf ’n opstel oor ’n onderwyser wat jy nooit sal vergeet nie. Probeer om die persoon so interessant moontlik te beskryf. (20) OF 4. Die slegte nuus Hier is die inleiding van ’n storie: Toe Jana haar selfoon afskakel, het haar hande gebewe. Moet sy glo wat haar vriendin nou net vir haar vertel het? Wat kan sy doen?

O O

V

282

Voorbeeldvraestelle: Halfjaareksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 282

2013/08/21 9:18 AM

Met wie moet sy gaan praat oor die slegte nuus? Gebruik dit as jou eerste paragraaf en skryf dan self die res van die storie.

(20)

AFDELING B Transaksionele teks Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 140 tot 160 woorde daaroor. Skryf drie bladsye vir ’n dialoog. OF 1. ’n Gesprek (dialoog) Skryf ’n dialoog waarin twee tieners met mekaar gesels. Die seun vra die meisie om saam met hom na ’n partytjie by een van sy vriende se huis te gaan. (10) OF 2. ’n Brief Skryf ’n brief aan jou eie ma waarin jy sê hoeveel sy vir jou beteken en hoe baie jy waardeer wat sy vir jou doen. (10) OF 3. ’n Resensie Skryf ’n resensie oor enige fliek wat jy onlangs gesien het. Jy moet kortliks sê waaroor dit gaan en of dit die moeite werd is om daarna te gaan kyk of die DVD daarvan uit te neem. (10) OF 4. ’n Verslag Jy en ’n maat het ’n mondelinge kontrak aangegaan. Daar was egter groot probleme omdat julle mekaar verkeerd verstaan het. Skryf ’n verslag aan die hoof van julle skool oor die kontrak wat verkeerd tussen julle twee verloop het en hoe julle die probleem opgelos het. (10)

V

E E

B R

O O

D L

Totaal vir Afdeling A en Afdeling B: 30

Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 283

283

2013/08/21 9:18 AM

Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen Vraestel 1: Mondelinge assesseringstake • Die punte van die vraestel word saamgestel deur assessering wat deur die jaar versamel word. • Sien Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring Senior Fase bl. 122, 128 en 129. • Kies uit die lys EEN praat-, EEN hardoplees- en EEN luisteraktiwiteit. Kwartaal Vaardigheid

Taak

1.

1

2.

1

en

Voorbereide gesprekvoering ’n Sportartikel/sportberig

3.

2

en

’n Groepbespreking

4.

2

5.

3

6.

3

7.

4

8.

284

en

en en

en

en

Punt

21

15

75

10

85

10

’n Mondelinge aanbieding

159

10

’n Rolspel

174

10

Luisterbegrip: Twee tekste

185

15

Hou ’n paneelbespreking

197

10

Onvoorbereide lees

10

D L

E E

B R

en

O O

V 4

Luister praat Luister praat Luister praat Luister praat Luister praat Luister praat Luister praat Luister praat

Bl. in LB 7

Totaal

30

Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 284

2013/08/21 9:18 AM

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming Tyd: Twee uur

Totaal: 30 punte

Instruksies 1. Beantwoord al die vrae. 2. Nommer soos op die vraestel.

AFDELING A Leesbegripstoets

D L

Vraag 1

Lees die artikel baie goed deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

E E

Voël sê “hallo” en laat rowers “koebaai” ’n Vrou is oortuig daarvan dat hul gryspapegaai, Didie, se “hallo” die inbrekers só laat skrik het dat hulle gevlug het. Dié verhaal het vroeg een oggend in Kempton Park gebeur.

B R

O O

“Dit was so vyfuur, toe hoor ek die ruit van die skuifdeur na buite breek. Ek het my seun wakker gemaak en ons het ons in die badkamer gaan toesluit,” vertel die vrou, wat anoniem wil bly. “Na die geraas was daar so ’n rukkie stilte. Toe klap die skote. Na drie skote was dit weer stil,” sê sy.

V

“’n Rukkie later, toe niks verder gebeur het nie, is ons uit die badkamer en het alarm gemaak. Binne ’n paar minute was die polisie hier en was baie behulpsaam.” Volgens ao. Cobus Holloway, polisiewoordvoerder, kon hulle eers nie agterkom wat gebeur het nie. “Die een koeël was bo teen die muur, amper in die plafon en die ander een in die teenoorgestelde rigting deur die gordyne. Maar ons kon nie uitwerk hoekom die rowers geskiet en gevlug het nie. Die DVD-speler en die TV het by die gat in die skuifdeur gelê, maar niks is gesteel nie. Jy kon sien die manne is blitsvinnig daar uit.” Tydens sy gesprek met die vrou het sy skielik besef dit kon net die papegaai gewees het wat die rowers so laat skrik het. “Ons het Didie by mense gekry wat hom nie meer kon aanhou nie. Ons is al die sesde eienaars en hy is nie mak nie. Sy hok is so twee tree van die deur waar die rowers ingekom het.”

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 285

285

2013/08/21 9:18 AM

“Ons gooi hom elke aand met ’n kombers toe. Ek dink toe hy die inbrekers hier langs hom hoor, toe groet hy maar net met sy gewone ‘hallo’. Hy sê dit in so ’n diep, swaar stem. Hulle het seker gedink hier staan die duiwel langs hulle. Hulle het toe skote in die lug geskiet en is met ’n hoë spoed daar uit.” Wolfram Zwecker (Verwerk uit: Beeld, 18 Julie 2012)

Vrae 1.1 1.2 1.3

Waarvan het die vrou wakker geword? Waar het die inwoners van die huis gaan wegkruip? Hoe weet ons die vrou wil nie hê die lesers en die diewe moet weet wie sy is nie? Gee drie opeenvolgende woorde uit die leesstuk as jou antwoord. 1.4 Is die volgende stelling waar of onwaar? Bewys jou antwoord. Die vrou praat sleg van die polisie. 1.5 Wat het die polisie gepla toe hulle die misdaadtoneel ondersoek? 1.6 Groet die papegaai gewoonlik die huismense? Motiveer jou antwoord. 1.7 Wat, dink jy, het die diewe gedink toe hulle die stem hoor? 1.8 Is die letterlike of figuurlike betekenis in die volgende sin gebruik? “Hulle het seker gedink hier staan die duiwel langs hulle.” 1.9 Wie was die held in die verhaal? 1.10 Verduidelik in jou eie woorde wat die titel en veral die twee woorde tussen aanhalingstekens beteken.

O O

V

D L

E E

B R

(1) (1)

(1) (1) (1)

(1) (1)

(1) (1) (1)

Totaal Afdeling A: 10

(Uit: Beeld. www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/ Voel-se-hallo-en-laat-rowers-koebaai-20120717)

286

Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 286

2013/08/21 9:18 AM

AFDELING B Taal Vraag 2 Kyk goed na die spotprent en beantwoord daarna die taalvrae wat daarop gebaseer is

D L

(Uit: Beeld, 19 Julie 2012)

E E

2.1 Noem nog twee ander troeteldiere wat ’n mens in ’n troeteldierwinkel kan koop. 2.2 Kies die woord wat wys hoe die sekuriteitsbeamptes voel. Hulle is (vies/gelukkig/bly) dat almal papegaaie koop. 2.3 Gee die korrekte vorm van die deelwoord tussen hakies. Daar is (wapen) polisiemanne in die kar. 2.4 Skryf die getal tussen hakies voluit. Die sekuriteitswagte is (24) uur aan diens. 2.5 Kies die korrekte voorsetsel tussen hakies. Die mense staan (aan/agter/langs)mekaar in ’n ry. 2.6 Gee die meervoud van die woord tussen hakies. Daar is vyf (voëlhok) in die spotprent.

B R

O O

V

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 287

(½ + ½)

Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming

(1) (1) (1) (1) (1)

287

2013/08/21 9:18 AM

2.7 Gee die regte vorm van die woord tussen hakies. Al die (koop) van die papegaaie is tevrede met hulle inkopies. 2.8 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies. Dis ’n (koud) dag, want die mense dra serpe. 2.9 Gee die verkleining van die woord tussen hakies. Die motor se (wiel) lyk pap. 2.10 Verander die stelsin in ’n bevelsin. Jy koop ’n papegaai. 2.11 Skryf die sin oor, maar rangskik die woorde tussen hakies in die korrekte woordorde. Die motor (die troeteldierwinkel)(het)(voor)(gister) stilgehou. Begin so: Die motor ... 2.12 Skryf die sin oor in die infinitief. Die diewe behoort nie (steel) nie. 2.13 Skryf die sin oor in die lydende vorm. Die man het twee papegaaie gekoop. Begin so: Twee papegaaie ... 2.14 Skryf die sin oor in die toekomende tyd. Die een man glimlag van oor tot oor. 2.15 Verbind die sinne met die woord tussen hakies. Didie, die papegaai, het die diewe weggejaag. Almal koop nou papegaaie. (daarom)

O O

V

288

(1) (1) (1)

(1)

D L

E E

B R

(1)

(1) (1)

(1)

(1)

Totaal Afdeling B: 15

Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 288

2013/08/21 9:18 AM

AFDELING C Opsomming Vraag 3 Lees die teks hieronder en voer die instruksies uit.

Instruksies 1. 2. 3. 4. 5.

Lees net die inleidingsparagraaf. Jy moet dit nie opsom nie. Gee SES wenke hoe om minder skaam te wees. Nommer jou sinne van 1 tot 6. Jou opsomming moet 50–60 woorde wees. Skryf die korrekte getal woorde aan die einde van jou opsomming neer.

D L

E E

Wees minder skaam As jy wens dat jy minder skaam is en meer selfvertroue het, mag die volgende wenke jou miskien help. 1. As vreemde mense by ’n partytjie met jou gesels, luister wat hulle wil sê. Moenie gaan wegkruip nie. Hoor wat hulle te sê het en probeer om met hulle te praat, al dink jy jy het niks vir hulle te sê nie. 2. Word deel van ’n spansport soos netbal, hokkie of rugby. Omdat jy en die spanlede almal in dieselfde span is, sal dit makliker wees om met hulle te praat. 3. Verander jou voorkoms. Laat jou hare sny en koop nuwe klere. Jy gaan dadelik anders lyk en sommer beter oor jouself voel. 4. Oefen om al die dinge wat jou skaam maak te verbeter. Oefen om daaraan te werk. As jy byvoorbeeld met iemand in jou klas wil gesels, moet jy dit ’n klomp keer voor die spieël oefen tot jy gemaklik daaroor voel. 5. Skryf al jou sterk punte neer op plekke waar jy dit elke dag kan sien. Jy sal dan makliker aan jouself begin glo. 6. Gesels met nuwe mense oor dinge waarvan jy baie weet. Dit sal verseker dat jy met selfvertroue daaroor kan praat. So sal jy die geselskap aan die gang kan hou as dit moet. 7. Probeer om liewer deel te wees van ’n klein groepie vriende. ’n Groot klomp mense kan jou miskien net meer in jou dop laat kruip.

B R

O O

V

Totaal Afdeling C: 10 ÷ 2 = 5 (Verwerk uit: www.jip.co.za, 1 November 2012) Vraestel 2: Leesbegrip, Taal en ’n Opsomming

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 289

289

2013/08/21 9:18 AM

Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks Tyd: Een uur

Totaal: 30 punte

Instruksies en inligting 1. Die vraestel bestaan uit twee afdelings. 2. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling A: Opstel. 3. Beantwoord EEN vraag uit Afdeling B: Transaksionele teks. 4. Nommer jou skryfstukke presies soos op die vraestel. 5. Skryf netjies en leesbaar. 6. Jy moet jou skryfstukke beplan en redigeer.

AFDELING A

D L

Opstel •

Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf tussen 180 en 210 woorde daaroor. Skryf die nommer en die titel van die opstel boaan.

• 1.

2.

3.

O O

V

4.

290

B R

E E

Kind in rolstoel se dapper daad Lees hierdie koerantopskrif, vertel wat gebeur het en waarom hierdie kind iets dappers gedoen het. OF Die rol van musiek in my lewe ’n Mens kan nie dink dat daar ’n wêreld sonder musiek is nie. Skryf ’n opstel met die titel Die rol van musiek in my lewe. OF Dit was nou spesiaal Beskryf ’n sportbyeenkoms wat jy bygewoon het, of waaraan jy self deelgeneem het en wat vir jou spesiaal was, byvoorbeeld ’n atletiekbyeenkoms, ’n sokker- of hokkiewedstryd, of ’n skaatsplankkompetisie. Skryf ’n opstel oor wat jy gedurende die byeenkoms gesien, gehoor, gevoel of geruik het. OF My toekomsdrome Ons het almal drome of ideale vir die toekoms – dinge wat ons graag wil sien gebeur in ons lewe. Skryf ’n opstel met die titel: My toekomsdrome.

(20)

(20)

(20)

(20)

Voorbeeldvraestelle: Jaareindeksamen

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 290

2013/08/21 9:18 AM

AFDELING B Transaksionele teks Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf tussen 140 en 160 woorde daaroor. Skryf drie bladsye vir ’n dialoog. 1.

2.

3.

4.



’n Verslag Skryf ’n verslag vir die polisie oor een van die volgende insidente wat jy sien gebeur het: • ’n Vrou se selfoon en beursie is deur ’n dief gesteel. • ’n Seun se sportsak is op ’n trein gesteel. (10) OF ’n Brief Skryf ’n brief aan jou skoolkoerant waarin jy sê dat klein motorfietsies gevaarlike rygoed is. (10) OF ’n Gesprek (dialoog) Dikwels baklei of stry kinders in ’n gesin met mekaar oor allerhande dinge. Skryf ’n dialoog tussen ’n broer en ’n suster (of twee susters/ twee broers) waarin hulle argumenteer oor ’n saak waaroor hulle nie saamstem nie. (10) OF ’n Pamflet Jy behoort aan ’n organisasie wat mense wil aanmoedig om afvalprodukte, soos papier, plastiek, blikke en bottels, te herwin. Skryf ’n pamflet wat by huise in die omgewing afgelewer kan word waarin jy volledig sê: • waarom dit belangrik is om te herwin • watter soort afvalprodukte herwin kan word • waar die plek is waarheen die afvalprodukte geneem kan word. (10)

V

E E

B R

O O

D L

Totaal vir Afdeling A en Afdeling B: 30

Vraestel 3: Skryf: Opstel en transaksionele teks

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 291

291

2013/08/21 9:18 AM

Woordelys aandag: attention; om op te let en jou gedagtes by iets te hou

gevoelens: emotions; emosies, dit wat ’n mens voel

afspraak: appointment; reëling of ooreenkoms om iemand te ontmoet

geweld: violence; mag gebruik om seer te maak of om te vernietig

bekommerd: worried; vol kommer en onrustig wees, besorg wees belangstelling: interest; jou meelewing of betrokkenheid by iets beseer (beseerde): injured; seermaak, wond biblioteek: library; plek waar baie boeke gehou word wat ’n mens kan uitneem of leen om te lees boekwurm: bookworm; iemand wat baie van lees hou dekbrief: cover letter; ’n brief wat die inhoud van die ingeslote inligting verduidelik flapteks: blurb; besonderhede oor die inhoud op die buiteblad van ’n boek geduld: patience; om moed te hou of te wag sonder om te kla geheue: memory; dit wat jy onthou geleentheid: opportunity; ’n kans om iets te doen geluid: noise; klank wat jy hoor gespanne: stressed; gestres, nie ontspanne nie

292

gewoontes: habits; om dieselfde ding op dieselfde manier te doen glo: believe; as die waarheid aanvaar gulsig: greedy; vraatsugtig of oorgretig (om te eet) helm: helmet; harde soort hoed wat jou kop beskerm juwelier: jeweller; iemand wat juwele maak konsertkaartjie: concert ticket; ’n bewys dat jy vir ’n konsert betaal het en dit mag bywoon lafaard: coward; bangbroek, iemand wat wegloop van gevaar leesteken: punctuation mark; kommas, punte, dubbelpunte, aandagteken naggeluide: night sounds; klanke wat jy snags hoor nutteloos: useless; iets wat geen nut of waarde het nie nuuskierig: curious; om graag iets te wil weet of uit te vind ondervinding: experience; ervaring ongeveer: approximately; omtrent

Woordelys

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 292

2013/08/21 9:18 AM

onverwags: unexpected; skielik, iets wat jy nie verwag het nie

veilig: safe; iets wat geen gevaar inhou nie

piering: saucer; klein bordjie waarin jy jou teekoppie sit

verbeelding: imagination; prentjies of voorstellings wat jy in jou gedagtes maak

senuweeagtig: nervous; onrustig, as jy op jou senuwees is skeidsregter: referee; persoon wat ’n wedstryd beheer en die fluitjie blaas skors: expell; tydelik laat ophou of verbied om iets te doen strykorkes: string orchestra; orkes wat strykinstrumente soos viole en tjello’s speel teenstelling: contrast; kontras, twee dinge wat die omgekeerde van mekaar is treffend: striking; iets wat die aandag trek uitdagend: challenging; wat jou aanmoedig om iets moeiliks aan te pak vakansiegangers: holiday makers; mense wat vakansie hou

verlig: relieved; minder swaar of pynlik maak vernietig: destroy; van kant maak, verwoes verpligtend: compulsory; dwingend, iets wat ’n mens moet doen volmaak: perfect; perfek voorkoms: looks; hoe iets of iemand lyk vyand: enemy; nie ’n vriend nie, teenstander waarskuwing: warning; iets wat jou waarsku of laat oplet oor gevaar wakker: awake; nie slaap nie winkelier: shopkeeper; iemand wat ’n winkel besit en bestuur

Woordelys

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 293

293

2013/08/21 9:18 AM

Indeks A aanhalingstekens 52, 63, 155, 163, 174, 190, 259–261 aanwysende voornaamwoorde 67, 179 advertensies 9–13, 111–118, 120, 188, 200–201, 215, 264–266 afkappingstekens 63, 238, 275–276 afkortings 7, 20, 28, 36, 42, 50, 73, 88, 94, 118, 144, 201, 233, 275 afleidings 11, 72, 101 agendas 104, 180–181, 184, 264, 270–271 agtervoegsels 23, 24, 72, 88–89, 94, 101, 239 akronieme 20, 36, 88, 89 alliterasie 25, 33, 65, 67, 79, 139, 151, 173, 217 antonieme 9, 120, 140, 144, 169, 188, 194, 206, 221 artikels 18–19, 21, 62, 66, 87–89, 94, 102, 106, 185 assonansie 33, 67, 151, 217 attributiewe byvoeglike naamwoorde 161, 242–243

B basisvorme 23, 72, 101 bedrywende vorm 192, 257 bepalings 129 besitlike voornaamwoorde 59, 179, 246 betekenisverandering van woorde 210 betreklike voornaamwoorde 127, 246, 247, 248 bevelsinne 190, 229 briewe 22–23, 141, 153, 192, 193, 268, 269 aansoekbriewe 192–193, 264, 268–269 dekbriewe 141, 264

294

informele briewe 22, 153 sakebriewe 268, 269 brosjures 70, 71 buiteblaaie 2–4 bysinne 129, 144 byvoeglike naamwoorde 7–8, 19, 99, 140, 161, 169, 231, 242–245 bywoorde 52, 129, 155, 190, 230, 231, 276

C curriculum vitae (CV), 141, 192–193, 264–266, 269

D dagboekinskrywings 80–81, 214, 227 debatvoering 146–147 deeltekens 63, 178, 275 deelwoorde 127, 132 determineerders 231, 240, 241 dialoë 30, 45, 174, 198, 227, 261–262 direkte rede 24, 28, 39, 41, 52, 79, 94, 118, 138, 155, 190, 228, 259–261 dramas 106, 107, 176–178 dubbelpunte 155, 163, 174, 190

E e-posboodskappe 24, 141, 166–167, 192, 201, 204, 205, 264–266, 269, 270 eiename 24, 34, 167, 179, 216, 233, 277 enkelvoud 234, 235 enkelvoudige sinne 20, 28, 43, 51, 54, 62 eufemisme 27

F fabels 174, 185 faksdekblaaie en -boodskappe 264–266

feite 38, 43, 50, 85–86, 88, 131, 154, 189, 200, 215, 254 figuurlike betekenis 55, 67, 69, 75, 127–128, 145, 155, 176, 187, 210 flaptekste 2, 3 formele taalgebruik 36, 38, 58–59, 92, 98, 141, 153, 173, 180–181, 246, 268, 270 foto’s en opskrifte 16, 66, 209

G gedigte 48, 64, 79, 86, 128, 166, 175, 189, 217 As Lara glimlag 100 Avonturier 217 Beste vriende 150 Daar’s ‘n liedjie 199 die Blackberry en die duif 166 Die verhaal van David de Waal 32 Die wonder van ‘n boom 79 Gedig 48 Groen 176 My ma se varsgebakte brood 189 Sal daar nog ysbere wees? 86 Sportmanne 25 Stille Nag Heilage Nag 119 Uitveër 128 Vullisblikmentaliteit 172 Werkende vrou 64 gesprekke, opsomming van 152 gesprekvoering 7, 56, 108, 138, 152, 191, 197, 203, 208, 220–221, 227 klasgesprek 56, 208 onderhandelingsgesprek 124, 125 telefoongesprek 108, 221 gevoelstaal 205 grapprente 156, 221, 260 groepbesprekings 3, 56, 75, 103, 220

Indeks

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 294

2013/08/21 9:18 AM

Million skrik groot 76–77 Rooikoos hardloop die myl 26–27 Thabo, die entrepreneur van Port Elizabeth 186 Tsjaka en die swartmamba 212–213 Vyande word vriende 148–149

H handelsname 110, 111 homofone 129, 132, 140 homonieme 140, 163, 164, 210 hoofletters 10, 12, 24, 28, 34, 42, 68, 82, 139, 167, 205, 211, 233, 241, 277 hoofwerkwoorde 93, 216 hulpwerkwoorde 51, 93, 190, 216, 251–252

I idiome 19, 27, 30, 34, 42, 45, 52, 67, 81, 94, 101, 155, 169, 178, 182 illustrasies 3–4, 19, 112, 113, 117, 168, 200 indirekte rede 24, 39, 41, 42, 52, 54, 93, 132, 135, 155, 163, 169, 190, 194, 228, 259–261 infinitief 93, 94 informele taalgebruik 59, 98, 173, 191 intensiewe vorme 7–8, 14, 99, 140, 161, 170, 245, 276

J jeugromans 162, 202–203

K kappies 63, 178, 275 karakterontwikkeling 148 kernsinne 57 klanknabootsing 153 klassifiseer 69, 71 koerantberigte 17, 40, 58, 60–61, 160, 241, 259 koerantverslaggewers 134 kommapunte 139 kommas 139, 204, 211, 255 konsonante 8, 25, 33, 151, 178, 234, 274 kontrakte 30, 31, 32, 34–37, 38–42 kopieskrywers 113, 114 koppeltekens 63, 275 kortverhale 26–27, 78, 186–187, 212–213, 222–224 Blind date 222–223 Erfeniskos 49–50

L lees jeugverhaal 4–5 onvoorbereide lees 85 pre-lees 4, 10, 18, 25, 26, 32, 34, 40, 46, 48, 49, 60, 64, 76, 86, 87, 90, 100, 106, 119, 124,126, 128, 130, 136, 138, 142, 148, 150, 151, 162, 166, 172, 175, 176, 186, 199, 200, 202, 212, 217, 222 soeklees 19, 46, 88, 112, 126, 137, 167, 176 vluglees 10, 19, 40, 49, 87, 126, 137, 160 leestekens 7, 20, 24, 28, 63, 68, 107, 139, 141, 144, 154, 164, 194, 211, 214 lettergrepe 21, 178, 234, 235, 237, 242, 243, 275 letterlike betekenis 9, 55, 67, 69, 75, 128, 129, 145, 155, 176, 187, 210 lettertipes 3, 10, 112, 115, 200 lidwoorde 231, 232, 240, 241 literêre tekste 25, 142, 170 luistervaardighede 58, 73, 98, 118 lydende vorm 181, 192, 194, 257, 258

M manlike vorm 239–240 meervoud 8, 14, 24, 63, 168, 178, 206, 232–237, 241, 275–276 menings 38, 43, 50, 88, 116, 149, 189, 200 metafoor 6, 25, 75, 100, 128–129, 139, 178

metonimia 114 mondelinge aanbiedings 47, 62, 116, 159

N naamwoorde 233 neologismes 114 notules 104, 180–181, 184, 264, 270–273

O omskrywings 171, 178–179, 182, 216–217 onbepaalde voornaamwoord 179 onderhandelinge 125 onderhoude 58, 134, 198, 265, 266 ondersteunende sinne 57 onpersoonlike voornaamwoorde 179 ontkennende vorm 93, 226, 228, 256– 257 opskrifte 16, 38, 45, 268 opsommings 48, 74, 92, 102, 113, 152, 187, 192, 215 opstelle 53, 154, 227

P paneelbesprekings 197 paragrawe, skryf van 23, 25, 53, 66, 92, 102, 153, 154, 193, 227 paronieme 117, 127, 132 personifikasie 67, 129, 153 persoonlike voornaamwoorde 59, 179, 246 plakkate 188, 192 prente (illustrasies), 4, 6, 12–13, 44–5, 66, 84, 110, 120, 122, 125–127, 220–221 punktuasie 23, 79, 82, 107, 118, 190, 205, 221, 228 punte 20, 36

R resensies 92, 114, 116–117 filmresensies 158 rolspeel 30, 174, 209 rymwoorde 48, 86, 167, 189

Indeks

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 295

295

2013/08/21 9:18 AM

S saamgestelde sinne 20, 88 samestellings 36, 72, 201, 275, 276 selfstandige naamwoorde 8, 14, 24, 28, 99, 216, 231–232, 234, 242, 276–277 sinonieme 6, 9, 128, 129, 140, 143, 144, 168, 169, 194, 203, 206 sinsoorte 8, 29, 42, 82, 129, 132, 154 sinstruktuur 41, 42, 156 skryftekens 28, 63, 68, 82, 275 slagspreuke 10 sleutelwoorde 134, 146, 185 soortname 24, 216 spanning, skepping van 3, 89, 148, 178 spelling 63, 89, 107, 156, 201, 211, 218, 234, 242, 274, 277 spelpatrone 178, 274 spelreëls 14, 163, 164, 171, 207 spotprente 8, 28, 226 stelsinne 42, 52, 82, 103, 129, 155, 190, 229 stereotipering 158, 205 storievertelling 175 strofes 25, 48, 64, 65, 86 strokies 105, 260 strokiesprente 39, 126–127, 218, 228, 261

T taalfoute 54, 81, 104, 131, 141, 227 teenstellings 33, 167 teenwoordige tyd 7, 14, 38, 51, 62, 80, 81, 108, 144, 181, 249, 250, 252, 258, 272 teikengroepe 12, 112, 117, 120, 200 telwoorde 231, 277 temas 25, 27, 50, 62, 91, 148, 167, 175, 176, 178, 186, 217

296

testamente 81, 122, 123–126, 130–132 toekomende tyd 8, 14, 28, 51, 54, 81, 93, 132, 225, 228, 249, 252 toesprake 47, 159 toon 30, 58, 66, 100, 118, 153 trappe van vergelyking 82, 99, 244, 245 tydskrifartikels 88, 185

U uitnodigings 105, 165 uitroepe 231 uitroepsinne 42, 82, 132, 229 uitroeptekens 80, 139, 155, 173, 229 uittreksels 106–107, 159, 162–163, 202–203

V veralgemenings 75 verbindingswoorde 127, 156 vergaderingprosedure 104, 180, 184, 270– 272 vergelyking 6, 25, 33, 79, 81–82, 86, 99–100, 128–129, 150–151, 178 verhaal 25, 201, 217 jeugverhaal 4, 162, 203 kortverhaal 26, 27, 49, 50, 76, 78, 148, 149, 186, 187, 212–213, 222, 224 spanningsverhaal 3 volksverhaal 90, 91, 175 verkleinwoorde 8, 14, 24, 63, 216, 232, 233, 236–238, 276 verkortings 33, 42, 89, 94, 168 verlede tyd 8, 14, 51, 93, 155– 156, 161, 181, 190, 249–252, 258, 276 versamelname 115, 216 verskillende betekenisse 164, 210 verslag 36–38, 181, 184

versreëls 25, 33, 48, 65, 86, 151, 168, 170, 217 verteller 6, 50, 91, 148, 163, 174 visuele tekste 10, 44, 168 voegwoorde 20, 23, 28, 39, 42, 68, 97, 127, 132, 144, 153–155, 178–179, 182, 231, 254–255 vokale 8, 151, 168, 178, 234, 274, 275 volgorde van sinstrukture 41, 43, 51, 53–54, 62, 82, 91, 116, 187, 195, 205 volksverhale 90–91, 175 volsinne 23, 74, 113, 116, 152, 214–215, 226 voornaamwoorde 11, 14, 52, 59, 67–68, 79, 114, 178, 231, 246 vooroordeel 205 voorsetsels 101, 108, 225, 231, 247–248, 253, 254 voorvoegsels 23, 24, 72, 89, 101 vraagsinne 36, 39, 42, 52, 67, 68, 82, 103, 129, 132, 144, 155, 190, 203, 229 vraagtekens 39, 139, 155, 229 vraagwoorde 155, 190 vraende voornaamwoorde 67 vroulike vorme 239–240

W wederkerende voornaamwoord 179 werkwoorde 19, 20, 41, 51, 88, 129, 155, 179, 181–182, 190, 194, 216, 230, 231, 249–252, 254–255, 260, 276 woordafleidings 11 woordorde 20, 29, 39, 42, 51, 62, 154, 155, 156, 180, 230, 254, 260 woordsoorte, opsomming 231

Indeks

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 296

2013/08/21 9:18 AM

AANTEKENINGE

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 297

2013/08/21 9:18 AM

AANTEKENINGE

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 298

2013/08/21 9:18 AM

AANTEKENINGE

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 299

2013/08/21 9:18 AM

Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk. Forestrylaan, Pinelands, Kaapstad webwerf: www.mml.co.za © Maskew Miller Longman (Edms.) Bpk. 2013 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, vermikrofilming of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring. Alle redelike pogings is aangewend om wettige kopiereghouers op te spoor. Die uitgewer verneem graag van kopiereghouers indien enige regstellings of byvoegings gedoen moet word. Eerste uitgawe 2013, eerste druk 2013 ISBN 978-0-636-11978-9 EPDF ISBN 978-0-636-15304-2 Illustrasies deur Karen Ahlschläger, Anni Axworthy (via Sylvie Poggio), Pandora Alberts, Alida Bothma, Liebrecht Fick, Erika Gouws, Tony Forbes (via Sylvie Poggio), Louisa Gerryts, Bethan Matthews (via Sylvie Poggio), Zinelda Mcdonald, Johan Stapelberg, Jo Taylor (via Sylvie Poggio) en Alex van Houwelingen Teksredigering deur Magdel Palm Kunswerkredigering deur Leoni Hofmeyr Geset deur Charlene Bate Boek- en omslagontwerp deur MML Studio Gedruk deur

Erkennings Die uitgewer bedank die volgende persone en instansies vir die gebruik van kopieregmateriaal: Tekste, advertensies, boekomslae en strokiesprente: Beeld: “Siek seun bemaak geld aan skool”, “Geen erfgename nie?”, 5 Mei 2002 (bl. 123); “Haar tandeborsel-plan ’n wenner”, 28 Junie (bl. 194); “Ollie skok toeriste”, 15 November 2012, http://m.news24.com/beeld/Suid-Afrika/Nuus/Ollie-skok-toeriste-20121114 (bl. 278); “Voël sê ‘hallo’ en laat rowers ‘koebaai’” deur Wolfram Zwecker, 18 Julie 2012 (bl. 284–285); Spotprent, 19 Julie 2012 (bl. 268) Die Burger: Spotprent, JIP, 7 November 2011 (bl. 8); “Uitgeskop ná kophou”, 30 April 2012 (bl. 17); “Boodskap op ’n sokkerbal”, uit JIP, 30 April 2012 (bl. 23); Spotprent, 15 September 2009 (bl. 28); “Koebaai slegte gewoonte” uit JIP, 30 Januarie 2012 (bl. 40); “Kinderhuis kry R30 miljoen”, 12 Augustus 2012 (bl. 122); Spotprent, 10 Mei 2008, (bl. 134); Strokiesprent, 21 Augustus 2010 (bl. 135); 25 Augustus 2010 (bl. 206); “Waaghals se spronge lok baie nuuskieriges”, 4 April 2012 (bl. 215); Strokiesprent, 6 Mei 2011 (bl. 218); Spotprent,7 Julie 2012 (bl. 226); “Wees minder skaam” verwerk uit www.jip.co.za, 1 November 2012 (bl. 288) Fantasi: “Watter dier het die grootste eetlus ter wêreld?” deur Michele Gerlack, uit Raar, maar waar! Vol vreemde feite en gebeure(bl. 85) HAUM-Literêr: ’n Baie lang brief aan Rolf deur Fransi Phillips (bl. 202–203) Hoezit: “Wat is die regte manier van verloor vir ’n goeie sportman of sportvrou?” verwerk, Augustus 2012 (bl. 281) Human & Rousseau: “Werkende vrou” deur Eveleen Castelyn, uit Tussen hemel en aarde, 1978 (bl. 64); “Tsjaka en die swartmamba” deur Pieter Grobbelaar, uit Die Groot Afrikaanse Heldeboek, 1976 (bl. 212–213) http://www.hy-se-sy-se.com: “Die beste en slegste van ’n braai” deur Stefan Marais, sjef van Societi Bistro, Kaapstad (bl. 46) http://www.myloopbaan.co.za_cfm?: “Yshokkie”, uit myloopbaan (bl. 18) http:// www.westerncape.gov.za: “Basiese wenke om ’n testament op te stel”, gebaseer op “Die opstel van ’n geldige testament”, Wes-Kaapse Regering (bl. 130) J.A. Roderigues: “Million skrik groot” deur Jan Roderigues, uit Die veldwagters vertel, 1991 (bl. 76–77) LAPA Uitgewers: [email protected] deur Carina Diedericks-Hugo, 2010 (omslag) (bl. 2); Perfek deur Jaco Jacobs, 2009 (omslag) (bl. 2); Ek was hier deur Nanette van Rooyen, 2012 (omslag) (bl. 2); Al die meisies hou van Divan Louw deur Tanja Brink, 2012 (omslag) (bl. 2); Perfek deur Jaco Jacobs, 2009 (bl. 4–5); “Erfeniskos” deur Niël Stemmet, uit Sout en Peper, 2010 (bl. 49–50); “Die wonder van ’n boom” deur Michael Khoosal, uit Toulopers:Verse vir tieners, 2011 (bl. 79); “Sal daar nog ysbere wees?” deur Jaco Jacobs, uit My boetie dink hy’s Batman en ander rympies, 2010 (bl. 86); “As Lara glimlag” deur Jaco Jacobs, uit Toulopers:Verse vir tieners, 2011 (bl. 100); Bessie Hemelbesem en oom Sak Sarel se testament deur Janie Oosthuysen, 2009 (teks en omslag) bl. 124–125); “Beste vriende” deur Jaco Jacobs, uit ’n Brulpadda in my tas, 2008 (bl. 150); “Die aarde weet” deur Jacqui Bailey, aangepas uit Wat’s die punt van groen wees?, 2010 (bl. 176–177); “My ma se varsgebakte brood” deur Jaco Jacobs, uit ’n Brulpadda in my tas, 2008 (bl. 189); “Blind date” deur Christie Nortjé, uit Sweef en ander verhale, 2009 (bl. 222–223); “Louis, die laeveldleeu en trawante”, Wim Bosman, 2009 (bl. 228) Malan Media: Meisies se dinge & kosmiese soene deur Cathy Hopkins, 2009 (bl. 162) Maskew Miller Longman: “Rooikoos hardloop die myl” deur Chris Barnard, uit Treffertekste, 2000 (bl. 26–27); Hy bly my broer deur Marita van der Vyver, 2005 (bl. 106–107) Marie Stander: “die BlackBerry en die duif” deur Annie Klopper, uit Onse Mense, 2010 (bl. 166) Metz Press: Toespraak, aangepas uit Feiteboek: ’n Kennis-Skatkis vir 8 tot 12-jariges, 2011 (bl. 159) Nasou Via Afrika: “Sportmanne” deur G A Watermeyer, uit Versreise (bl. 25) National Geographic Kids: Uitgawe 69, Mei 2012 (bl. 139)

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 301

2013/08/21 9:18 AM

Ongepubliseer: “Thabo, die entrepreneur van Pretoria” deur Hendrik Grobbelaar (verlof toegestaan deur Karen Grobbelaar) (bl. 186) Protea Boekhuis: Modjadji @ Makwena deur Irma Vermeulen, 2008 (omslag) (bl. 2); Raaisels uit Raai raai riepa, Die Afrikaanse raaiselboek, Protea Boekhuis, 2010 (bl. 168) Rapport: “Bonnievale se boekwurm” deur Leti Kleyn, 15 Februarie 2012 (bl. 160) SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: “Uitveër” deur Nanette Burger, uit Poort, 2004 (bl. 128) Struik (Edms.) Bpk.: “Ou Grootvoet” uit Ware diereverhale uit Afrika, 1995 (bl. 142–143) Suid-Skiereiland Nuus: “Oumas gee om”, Maart 2012 (bl. 60) Tafelberg Uitgewers: “Stille Nag, Heilage Nag” deur Adam Small, uit Sê sjibollet, 1963 (bl. 119); “Daar’s ’n liedjie …” deur Philip de Vos, uit Daar’s bitterals in die heuningwals, 1988 (bl. 199) Van Schaik: “Vullisblikmentaliteit” deur Peter Snyders, uit Ons klein en silwerige planeet, 1997 (bl. 172) Willem-Jan Orwagen: “Kaaskrul”, www.kaaskrul.com (bl. 221) Foto’s en gekopieregte kunswerke: Bateleur: musikante (bll. 195 en 197) Bigstock.com fietsryers (bl. 17) deur i4lcocl2; resiesmotors (bl. 17) deur kiankhoon; renoster (bl. 69); boom (bl. 79) deur hkartist; sirkels mense (bl. 95) deur Antonina Tsyganko; koeldranke (bl. 110); hamburger (bl. 110); jeans (bl. 110); sonbril (bl. 110); kinders (bl. 122) deur monkeybusinessimages; debatfigure (bl. 146) deur andres; meisie (bl. 147) deur NinaMalyna; groep maats (bl. 151) deur monkeybusinessimages; jongmense (bl. 184) deur Yuri Arcurs; mondfluitjie (bl. 196) deur Matthias33; musiekinstrumente (bl. 196) deur arbit; trompet (bl. 196) deur dmitriidesigner; waaghals (bl. 207) deur McIninch; bergklimmer (bl. 209) deur Dudarev Mikhail empire331 / Istock.com: houtfluit (bl. 196) Gallo Images: sport-entoesiaste (bl. 15); krieketspeler (bl. 16); rugby-speler (bl. 16); tennisspeler (bl. 16); gholfspeler (bl. 16); sokkerspeler (bl. 17); siek kind (bl. 123); Johannes Kerkorrel (bl. 123); Anele Mhlahlo (bl. 198); Keamogetswe Magau (bl. 206) Getty Images: Evel Knievel (bl. 208); Lewis Pugh (bl. 209) Greatstock / Corbis: meisie (bl. 9); kinders (bl. 83); mense (bl. 88); paartjie (bl. 89); klavierspeler (bl. 89) Marianne Peacock: olifante (bll. 133, 134, 135, 136, 140) Marié Stander: dogtertjie uit Onse Mense (bl. 166) National Geographic Kids: olifant (bl. 139) Picturenet: trein-waaghalse (bl. 208) Rapport / Gallo: boekwurm (bl. 160) Strickke / Istockimages.com: sokkerspeler (bl. 17) Videovision Entertainment: foto’s uit The first grader (bll. 158 en 159)

9780636119796_asg_2af_g09_lb_afr_zaf_master.indb 302

2013/08/21 9:18 AM